tygerburger durbanville 7 may 2014

36
Woensdag, 7 Mei 2014 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: [email protected] | www.tygerburger.co.za DURBANVILLE PRESIDENTSTOEKENNING: DR. SCHAAF ONTVANG ORDE Sy stryd teen TB erken MAGRIET THERON @magrietron “E k het ’n boodskap op my foon gekry van die kantoor van die president; hulle wou my e-posadres hê. Ek het gedink dit is ’n grap.” Só vertel prof. Simon Schaaf, pediatriese TB-navorser en -klini- kus van die fakulteit geneeskunde en ge- sondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch. Hy het op 27 April een van die land se hoog- ste eretoekennings gekry toe pres. Jacob Zu- ma die Orde van Mapungubwe (silwer) aan hom oorhandig het. Schaaf, ’n boorling van Durbanville, werk al vir 30 jaar op die Tygerbergse kampus in Parow. Hy sê hy is baie bly oor die toekenning – nie uit persoonlike belang nie, maar omdat dit die navorsing wat hy en die hele departe- ment oor middelweerstandige tuberkulose (DR-TB) by kinders doen, in die kollig plaas. En op dié navorsing is hy baie trots. “Ek dink die belangrikste ding wat ons reggekry het, is om die wêreld bewus te maak daarvan dat kinders ook MDR-TB kan kry. Dit kan doeltreffend behandel word as dit geïdentifiseer word,” sê hy. Hy sê in die verlede is daar geglo MDR-TB kan nie oorgedra word aan kinders nie. Nou het die departement dit bewys. En, sê hy, 90 % van hierdie kinders wat behandel word, word genees. “Daardie boodskap begin nou deurkom in ons land en die buiteland,” sê hy. Hy sê dit is baie belangrik om ’n kind met TB, wat in aanra- king was met ’n volwassene met MDR-TB, nie net die gewo- ne TB-behandeling te gee nie. “Die kans is goed dat daardie kind met MDR-TB aangesteek het. “Identifikasie van MDR-TB by kinders is baie moeilik, om- dat hulle eintlik so min kieme het,” sê hy. Hy beklemtoon dat kinders met TB nie net voor die voet vir MDR-TB be- handel kan word nie, omdat dié behandeling baie slegte newe-effekte het en ook langer duur as gewone TB-behandeling. Schaaf is ’n beskeie man, maar is een van die fakulteit se twee A-gegradu- eerde wetenskaplikes en het meer as 200 navorsingsartikels op sy kerfstok. Hy is ook die redakteur van die kliniese handboek, Tuber- culosis: A comprehensive clini- cal reference, wat reg oor die wê- reld gebruik word. Hy behandel kinders by die Tygerberghospitaal, Brooklyn Chest-hospitaal en met uitreik- programme in Khayelitsha en Scottsdene in Kraaifontein. Hy word gere- ken as wêreldkundige op die gebied van pe- diatriese MDR-TB en hy adviseer klinici dwarsoor die wêreld op hierdie vakgebied. V Na bladsy 2. Leerders van die Laerskool Durbanville spog hier met hul kleurvolle, kreatiewe hoede wat hulle skool toe gedra het om Crazy Hat Day op Vrydag 25 April te vier. Die “madhatters” is (voor van links) Chris Laubscher, Isabelle Vlok, Kirsty Sanders en Inge Kapp. Agter is Demi Thom, Daniel Middleton, Ayden Senger, Zelmarie van der Merwe, Hester Erasmus en Tertia Botes. Die skool het dié dag aangebied ter viering van Wêreld-Menigi- tis-dag. Hoede van alle kleure en vorms Prof. Simon Schaaf

Upload: tygerburger-newspaper

Post on 08-Mar-2016

260 views

Category:

Documents


17 download

DESCRIPTION

Tygerburger durbanville 7 may 2014

TRANSCRIPT

  • Woensdag, 7 Mei 2014 | Tel: 021 910 6500 | epos: [email protected] | www.tygerburger.co.za

    DURBANVILLE

    526( 63(&,$/ 5EXQFK

    %81&+(6 09< +023=681'$