u i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | t yd p e r k : 3 0 m a ... gons 12...al ons huidige graad r...

10
1 Uitgawe: 12 van 2017 | Tydperk: 30 Maart tot 19 April 2017 SKOOL SLUIT Die skool sluit Vrydag, 31 Maart om 11:00. Rapporte sal uitgedeel word aan leerders gedurende voogperiode wat aan die einde van die dag is. Skool open Dinsdag, 18 April om 07:25 vir kwartaal 2. BEHEERLIGGAAM KENNISGEWING VAN NOMINASIE EN TUSSENVERKIESING VAN OUERLID MAANDAG, 29 MEI 2017 OM 18:00 n Tussenverkiesing van ouerlid vir Beheerliggaam vind plaas nadat Adv. Gerhard Soer bedank het vanaf die Beheerliggaam. Volgens regulasies moet daar dan n tussenverkiesing plaasvind. Die nuut verkose lid sal op die Beheerliggaam dien tot en met einde April 2018 waarna n Beheerliggaam verkiesing in Mei 2018 sal plaasvind. Sien asb. die amptelike kennisgewing aangeheg by hierdie Monnie Gons Uitgawe 12. INSKRYWINGS 2018 Ouers wat nuwe leerders wil inskryf vir 2018 Graad R, Graad 2 7 kan reeds die kantoor besoek en inskrywings voltooi. Inskrywings vir 2018 Graad 1 gaan van die aanlynplatform gebruik moet maak en die nuutste aanduiding van die Departement van Onderwys dui daarop aan dat die platform op 2 Mei 2017 sal oopmaak vir inskrywings. Al ons huidige Graad R ouers moet asseblief op 2 Mei 2017 om 08:00 registreer op die aanlynplatform. Meer inligting sal aan al die Graad R ouers gestuur word vroeg in volgende kwartaal. Alle huidige leerders van Graad 1 6 sal binnekort ‘n herregistrasievorm ontvang, ouers moet dan asseblief alle inligting kontroleer. Meer inligting sal ook in volgende kwartaal aan ouers deurgestuur word. Uit die Kantoor

Upload: others

Post on 24-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T yd p e r k : 3 0 M a ... Gons 12...Al ons huidige Graad R ouers moet ... Om uitnemendheid na te streef deur leerders se vaardighede te ontwikkel

1

U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 3 0 M a a r t t o t 1 9 A p r i l 2 0 1 7

SKOOL SLUIT

Die skool sluit Vrydag, 31 Maart om 11:00. Rapporte sal uitgedeel word aan leerders gedurende voogperiode wat aan die einde

van die dag is. Skool open Dinsdag, 18 April om 07:25 vir kwartaal 2.

BEHEERLIGGAAM

KENNISGEWING VAN NOMINASIE EN TUSSENVERKIESING VAN OUERLID

MAANDAG, 29 MEI 2017 OM 18:00

‘n Tussenverkiesing van ouerlid vir Beheerliggaam vind plaas nadat Adv. Gerhard Soer bedank het vanaf die Beheerliggaam.

Volgens regulasies moet daar dan ‘n tussenverkiesing plaasvind. Die nuut verkose lid sal op die Beheerliggaam dien tot en met

einde April 2018 waarna ‘n Beheerliggaam verkiesing in Mei 2018 sal plaasvind.

Sien asb. die amptelike kennisgewing aangeheg by hierdie Monnie Gons Uitgawe 12.

INSKRYWINGS 2018

Ouers wat nuwe leerders wil inskryf vir 2018 Graad R, Graad 2 – 7 kan reeds die kantoor besoek en inskrywings voltooi.

Inskrywings vir 2018 Graad 1 gaan van die aanlynplatform gebruik moet maak en die nuutste aanduiding van die Departement

van Onderwys dui daarop aan dat die platform op 2 Mei 2017 sal oopmaak vir inskrywings. Al ons huidige Graad R ouers moet

asseblief op 2 Mei 2017 om 08:00 registreer op die aanlynplatform. Meer inligting sal aan al die Graad R ouers gestuur word

vroeg in volgende kwartaal.

Alle huidige leerders van Graad 1 – 6 sal binnekort ‘n herregistrasievorm ontvang, ouers moet dan asseblief alle inligting

kontroleer. Meer inligting sal ook in volgende kwartaal aan ouers deurgestuur word.

Uit die Kantoor

Page 2: U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T yd p e r k : 3 0 M a ... Gons 12...Al ons huidige Graad R ouers moet ... Om uitnemendheid na te streef deur leerders se vaardighede te ontwikkel

2

U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 3 0 M a a r t t o t 1 9 A p r i l 2 0 1 7

U i t g a w e : 6 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 1 7 – 2 3 F e b r u a r i e 2 0 1 7

APRIL 2017 MEI 2017

18 SKOLE HEROPEN 1 WERKERSDAG

Leierontwikkeling 2 Netballiga vs. Lynnwood (t)

19 Sing in Harmonie - Opname in Saal 3 Wisk Toets Gr 7

20 KykNET Skole Top 10 4 Netballiga vs. Wierdapark (w)

Hokkie Inligtingsaand Rugbyliga vs. AvW (w)

21 Groot FM Geesdag 6 Bulletjie Rugbydag - Elarduspark

22 OPEDAG 8 Seniorkoor: Sing in Harmonie - Silver star Casino

Bulletjie Rugby - Villieria 9 NW Toets Gr 7

24 Oueraand Netbal vs. Louis Leipoldt (t)

25 Mini Netbal - Midstream College Mini-Netbal - Wierdapark

Netbal vs. Curro Hazeldean (w) 11 Netbal vs. Garsies (w)

26 Hoërskole besoek Gr 7's 12 Moedersdag oggend

Wisk Toets: Gr 4 - 6 13 Bulletjie Rugbydag Tuis

27 VRYHEIDSDAG 15 Spellathon Afrikaans

28 SKOOLVAKANSIEDAG 16 Netballiga vs. Hennopspark (t)

JUNIE 2017 Rugbyliga vs. Menlopark (w)

1 Eksamen Begin 18 Netballiga vs. Midstream (w)

3 Bulletjie Rugbydag - Loftus Rugby vs. Louis Leipoldt (w)

6 Rugby vs. Midstream College (t) 20 Bulletjie Rugby - Menlo / Midstream

8 Rugby vs. Villieria (w) 23 Wisk Toets Gr 4 - 7

12 BL TUSSENVERKIESING (2) Rugby vs. Tygerpoort (t)

13 Fotodag Mini Netbal - Garsfontein

15 Pa en Seun Geleentheid 25 HEMELVAARTDAG

15 - 17 Junie O/13 Hokkie Toernooi (Midstream) Muntlegging

16 JEUGDAG 27 Bulletjie Rugby Tygerpoort

19 & 20 April Krieketproewe O/9 & O/10 29 BL TUSSENVERKIESING

21 Eksamen Eindig 30 Rugby vs. Elarduspark (T)

22 & 26 Junie Krieketproewe O/12 & O/13 Mini Netbal - Lynnwood

23 Winteruitreik

26 - 29 Junie Monnies Expo

30 SKOLE SLUIT

Page 3: U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T yd p e r k : 3 0 M a ... Gons 12...Al ons huidige Graad R ouers moet ... Om uitnemendheid na te streef deur leerders se vaardighede te ontwikkel

3

U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 3 0 M a a r t t o t 1 9 A p r i l 2 0 1 7

U i t g a w e : 6 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 1 7 – 2 3 F e b r u a r i e 2 0 1 7

MONNIES SPORT VISIE

Om uitnemendheid na te streef deur leerders se vaardighede te ontwikkel en optimale deelname te bevorder. In ons strewe

word ons gelei deur die uitleef van die Monnie Manier op- en af van die veld.

Die Monnie-Manier van ouers:

• Ondersteun die Monnies en opponente op ‘n positiewe manier.

• Gee erkenning aan beide spanne vir goeie spel.

• Respekteer die skeidsregter se beslissing.

• Respekteer die afrigter en sy/haar spankeuse.

• Bespreek nooit ander spelers/leerders/afrigters nie.

• Hanteer sy/haar kind altyd positief.

• Stel nie wen eerste nie.

• Verloor met respek en wen met nederigheid.

• Gaan nie op die veld/baan nie.

Die Monnie-Manier van spelers

• Gee altyd sy/haar beste.

• Is altyd reg geklee.

• Woon altyd oefeninge by.

• Respekteer altyd die skeidsregter se beslissing.

• Respekteer die opponent.

• Is altyd betyds.

• Stel nie wen eerste nie.

• Verloor met respek en wen met nederigheid.

• Ondersteun sy/haar mede-Monnies.

Page 4: U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T yd p e r k : 3 0 M a ... Gons 12...Al ons huidige Graad R ouers moet ... Om uitnemendheid na te streef deur leerders se vaardighede te ontwikkel

4

U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 3 0 M a a r t t o t 1 9 A p r i l 2 0 1 7

U i t g a w e : 6 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 1 7 – 2 3 F e b r u a r i e 2 0 1 7

BINNE SKOOLVERBAND

Ons is baie trots op ons Monnies!

TENNIS

Uitslae vir Maandag, 27 Maart is as volg:

Oop A seuns wen teen Pretoria-Oos 15 - 2

Oop C1 seuns verloor teen Wierdapark 20 – 35

Oop A dogters wen teen Curro Hazeldean 12 - 5

Oop B dogters wen teen Elarduspark 16 - 1

Oop C3 dogters verloor teen Midstream 24 - 31

O/11 C2 seuns verloor teen Garsfontein 20 - 23

Baie geluk aan die volgende spanne en spelers wat hierdie kwartaal uitgeblink het. Ons is baie trots op elke tennisspeler wat

elke Maandag opgeoffer het en hulle beste gelewer het. Dankie veral aan ons ouers wat weekliks kinders aangery het en

gehelp het met die reëlings.

1. Oop A Dogters is die ligawenners van hulle afdeling.

2. Die volgende dertien spelers word ingesluit in die Gauteng-Noord oefengroep:

Francois van Wyk Mi-Kae Conradie Willem Sevenster Mikayla Scheepers

Janko Steyn Danielle Meiring Conrad Lucas Joshuan du Toit

Reuben Mattheus Emma Grant Emile Labuschagne James Roets

Corné Lindeque

SWEM

Vier Monnie-swemmers neem deel aan die NTS SA Vlak 3 Streekskampioenskappe waar spanne van Limpopo, Namibië,

Zimbabwe en Noord-Wes het saam met die Gauteng-spanne deelgeneem.

Ané Meier verower ‘n bronsmedalje vir 50 m rugslag, 100 m vlinderslag, 100 m vryslag, 200 m rugslag en 50 m vryslag asook ‘n

silwer medalje vir 100 m rugslag. Sy dring deur na die finaal met 50 m vlinder waar sy 8ste eindig.

Anke van Staden dring deur na die finale van 100 m vlinderslag, waar sy 10de eindig, asook die 50 m vryslag waar sy 8ste

eindig.

Danika Janssen swem in die finale van die 50 m borsslag, sy eindig 8ste en sy eindig 6de in die 50 m rugslag en mis die finale

net-net.

Nakita Joynt swem in die 100 m rugslag finale en eindig vyfde.

Baie geluk aan al vier hierdie swemmers.

Page 5: U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T yd p e r k : 3 0 M a ... Gons 12...Al ons huidige Graad R ouers moet ... Om uitnemendheid na te streef deur leerders se vaardighede te ontwikkel

5

U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 3 0 M a a r t t o t 1 9 A p r i l 2 0 1 7

U i t g a w e : 6 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 1 7 – 2 3 F e b r u a r i e 2 0 1 7

ATLETIEK

Baie geluk aan Cassidy Lacy en Nicole Siepker wat aan die SA Laerskole Kampioenskappe deelgeneem het in Potchefstroom

gedurende die naweek van 24 Maart.

Nicole gee haar beste en eindig 14de.

Cassidy eindig vierde in die 200 m, sewende in die 100 m en haar aflos-span eindig derde.

HOKKIE

Baie geluk aan die volgende O/13 spelers wat deur is na die finale rondte van die Gauteng-Noord proewe:

Clarissa Broos Carly Hollenbach Richele Norval Tamlyn Wessels

Nicole Siepker Danika Janssen Kira van Peer Anke van Staden

Franco Malan Louis Siebert

NETBAL

Baie geluk aan Karise Visser wat deur is na die volgende O/12 Gauteng Noord netbalproewe. Ons hou styf duime vas vir die

volgende rondte.

Netbal en Rugby aksie by vriendskaplike wedstryde by die Poort op Dinsdag, 28 Maart

SKAAK

Baie geluk aan Dané Bouwer wat uitgenooi is na die SA Geslote skaaktoernooi wat 5 – 12 April plaasvind. Baie sterkte!

Page 6: U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T yd p e r k : 3 0 M a ... Gons 12...Al ons huidige Graad R ouers moet ... Om uitnemendheid na te streef deur leerders se vaardighede te ontwikkel

6

U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 3 0 M a a r t t o t 1 9 A p r i l 2 0 1 7

U i t g a w e : 6 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 1 7 – 2 3 F e b r u a r i e 2 0 1 7

LANDLOOP INTERKLAS

Baie dankie aan elke leerder wat Woensdag, 29 Maart aan die landloop interklas deelgeneem het. Dankie vir al die ouers wat

gehelp het op die dag asook elke personeellid wat hulle drafskoene aangetrek het en saam met die leerders die roete gestap en

gehardloop het. Elke leerder het ‘n ysie gekry aan die einde van hulle wedloop en selfs die laaste deelnemer het soos ‘n wenner

gevoel. Selfs een van ons werkers, Johannes Mmametsi en die Noodhulp manne saam gehardloop.

Page 7: U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T yd p e r k : 3 0 M a ... Gons 12...Al ons huidige Graad R ouers moet ... Om uitnemendheid na te streef deur leerders se vaardighede te ontwikkel

7

U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 3 0 M a a r t t o t 1 9 A p r i l 2 0 1 7

U i t g a w e : 6 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 1 7 – 2 3 F e b r u a r i e 2 0 1 7

LAERSKOOLMONNIES FACEBOEK:

Laerskool Monumentpark het ‘n Faceboek blad, gaan besoek dit en “Like” ons blad asseblief. Stuur dit ook aan u vriende en

familie. https://www.facebook.com/LaerskoolMonnies

PRINCIPAL TALK TOEP / SKOOLKOMMUNIKEERDER Die skoolkommunikeerder word eersdaags deur die Principal talk Toep vervang. Ons vra asb. dat ouers die proses van installering

saam met ons volg en die toep aflaai. Die skoolkommunikeerder en die Toep sal saam gebruik word tot einde April waarna ons

net die Toep sal gebruik. Vir enige navrae kontak die skool asb.

MONNIES SNOEPIE:

Caroline Linde: 082 495 0274

MUSIEKSENTRUM:

Hannalie Claassen: 082 858-7566 Epos: [email protected],

Rekeningnavrae: Alrika Klopper: 083 454-9970 E-pos: [email protected]

TWEEDEHANDSE KLEREWINKEL:

Winkel tye: Maandag Oggende: 07:00 tot 08:00 en Eerste Maandag van die maand: 16:30 tot 17:00

Talitha Broos: 082 789-8727 (SLEGS oproepe vanaf 07:30 tot 13:00 Maandae tot Vrydae. GEEN boodskappe, SMS’e of

WhatsApps sal geantwoord word nie.)

MONNIES NASKOOL:

Marlene Pienaar: 071 604-3978 E-pos: [email protected]

Die kontakbesonderhede vir naskool is as volg:

*** SMS’e kan deurlopend van Maandae tot Vrydae vanaf 08:00 tot 17:30 na 071 604-3978 gestuur word.

*** Telefoniese oproepe en SMS’e word eers vanaf 12:00 beantwoord.

Page 8: U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T yd p e r k : 3 0 M a ... Gons 12...Al ons huidige Graad R ouers moet ... Om uitnemendheid na te streef deur leerders se vaardighede te ontwikkel

8

U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 3 0 M a a r t t o t 1 9 A p r i l 2 0 1 7

U i t g a w e : 6 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 1 7 – 2 3 F e b r u a r i e 2 0 1 7

OM TEVREDE TE WEES

Deur Theresa van den Berg

“ Wees tevrede met wat julle het ” Dit is belangrik dat ons nie ons kinders met materiële oorlaai nie, maar hulle leer om tevrede

en dankbaar te wees en eerder ‘n verskil in ander se lewens te maak. Leer hulle om te deel en te gee. Begin by die mense wat

vir jou werk en die mense wat naby jou leef.

Het jou huis- en tuinwerkers genoeg om vanaand nie honger te gaan slaap nie?

Is hulle kinders warm toegedraai in komberse soos wat elkeen van ons warm in ons beddens slaap?

Het elke maatjie in jou kind se klas ʼn kosblikkie met kos?

Kan my kind deel met die maatjie wat nooit ʼn snoepiegeld het nie?

As ons in liefde leef en weet dat ons so mildelik uit Sy hand ontvang, word dit ook moontlik om in liefde terug te kan gee. Om met

liefde te lewe help ons om blymoedig te lewe, in eenvoud, sonder oordaad.

Daar is ‘n liedjie wat Jannie du Toit lank terug gesing het wat sê:

“ Eenvoud is die vreugde van die lewe

Dis gee en neem net wat daar is

Dis dankbaar leef

Van elke stukkie brood

Wat liefde is.................”.

Vriendelike groete

SJ Kritzinger HOOF

Page 9: U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T yd p e r k : 3 0 M a ... Gons 12...Al ons huidige Graad R ouers moet ... Om uitnemendheid na te streef deur leerders se vaardighede te ontwikkel

9

U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 3 0 M a a r t t o t 1 9 A p r i l 2 0 1 7

U i t g a w e : 6 v a n 2 0 1 7 | T y d p e r k : 1 7 – 2 3 F e b r u a r i e 2 0 1 7

Vir advertensie geleenthede by Laerskool Monumentpark, skakel die

Bemarker, Me. Cherine Schmidt by [email protected]

HUIS TE HUUR WATERKLOOF RIDGE ESTATE

4 Slaapkamer, 2 badkamer huis te huur in WRE @ R15 000 / maand. Beskikbaar 1 Mei. Kontak Wynand Schoeman 082 920 3533

Page 10: U i t g a w e : 1 2 v a n 2 0 1 7 | T yd p e r k : 3 0 M a ... Gons 12...Al ons huidige Graad R ouers moet ... Om uitnemendheid na te streef deur leerders se vaardighede te ontwikkel

GAUTENG DEPARTEMENT VAN ONDERWYS BEHEERLIGGAAMVERKIESING - 2015

KENNISGEWING VAN NOMINASIE EN TUSSENVERKIESING VAN OUERLID VAN DIE BEHEERLIGGAAM

DISTRIK : TSHWANE SUID D4 SKOOL: LAERSKOOL MONUMENTPARK ================================================================ Hiermee word kennis gegee dat ‘n vergadering vir die nominasie van kandidate vir die verkiesing van een (1) ouerlid van die Beheerliggaam vir die bogenoemde skool gehou sal word op 29 MEI 2017 om 18:00 by Skoolsaal, Laerskool Monumentpark ‘n Kandidaat kan op twee maniere genomineer word: 1. deur die invul van ‘n nominasievorm wat gesamentlik voltooi is deur die

voorsteller, sekondant en genomineerde kandidaat, wat ingehandig word by die verkiesingsbeampte, nie meer nie as sewe dae en nie minder nie as een dag voor die nominasie vergadering; of

2. deur ‘n ouer as lid voor te stel tydens die nominasievergadering, mits nog ‘n

ouer wat teenwoordig is, die voorstel sekondeer en ‘n nominasievorm wat behoorlik ingevul is deur die voorsteller, sekondant en kandidaat by die verkiesingsbeampte ingedien word binne die tyd wat in die nominasie- vergadering deur die verkiesingsbeampte toegestaan word vir hierdie doel.

Indien meer kandidate genomineer word as die 1 ouerlid wat verkies moet word, sal ‘n verkiesing plaasvind op 29 Mei 2017 om 18:15 by Skoolsaal, Laerskool Monumentpark Indien ʼn kworum nie bereik word nie, sal ʼn opvolg verkiesingsvergadering plaasvind op 12 Junie 2017 om 18:00 by Skoolsaal, Laerskool Monumentpark