uit die hoof se kantoor - wordpress.com · 2016. 9. 1. · lees-, skryf- en praatvaardighede is...

14
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 28 Nr. 24 1 September 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Dis heerlike lente ..... Kunswedstryd Hierdie eerste Kunswedstryd was ‘n suksesverhaal uit die boonste rakke. Baie dankie aan Erika en almal wat haar bygestaan het. Baie dankie aan die talentvolle deelnemers elkeen was ‘n wenner. Volgende jaar maak ons weer so en as daar enkele haakplekke was, skakel ons dit uit. Kaskardag / Motorkompetisie Dis met groot afwagting wat elke leerder uitsien na Saterdag. Hope pret wag! Ons versoek vriendelik dat elke ouer en kind ons met die heerlike dag sal ondersteun. Die motorkompetisie het Woensdag 31 Augustus om 12:00 gesluit. Baie dankie aan die leerders wat so flink kaartjies verkoop het. ‘n Groot dankie aan elke ouer wat ons in die poging ondersteun het. Dankie ook aan Selomie van der Straaten wat die administratiewe kant van die kompetisie behartig het. Saterdag weet ons wie met die blink, splinternuwe motor “wegry”. Spreiligte Soos u seker reeds bewus is, is ons besig met die installering van die spreiligte. Ons sal u op hoogte hou van dié proses.

Upload: others

Post on 30-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016. 9. 1. · Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 28 Nr. 24 1 September 2016

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Dis heerlike lente .....

Kunswedstryd Hierdie eerste Kunswedstryd was ‘n suksesverhaal uit die boonste rakke. Baie dankie aan Erika en almal wat haar bygestaan het. Baie dankie aan die talentvolle deelnemers – elkeen was ‘n wenner. Volgende jaar maak ons weer so en as daar enkele haakplekke was, skakel ons dit uit. Kaskardag / Motorkompetisie Dis met groot afwagting wat elke leerder uitsien na Saterdag. Hope pret wag! Ons versoek vriendelik dat elke ouer en kind ons met die heerlike dag sal ondersteun. Die motorkompetisie het Woensdag 31 Augustus om 12:00 gesluit. Baie dankie aan die leerders wat so flink kaartjies verkoop het. ‘n Groot dankie aan elke ouer wat ons in die poging ondersteun het. Dankie ook aan Selomie van der Straaten wat die administratiewe kant van die kompetisie behartig het. Saterdag weet ons wie met die blink, splinternuwe motor “wegry”. Spreiligte Soos u seker reeds bewus is, is ons besig met die installering van die spreiligte. Ons sal u op hoogte hou van dié proses.

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016. 9. 1. · Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting

2

BELANGRIKE DATUMS

KULTUUR SPORT ALGEMEEN 9 Sept. Kunswedstryd:

Skeppende kuns rondte 3 in saal

3 Sept. Skaakliga: Maragon (alle spanne)

3 Sept. Kaskarkuierfees

14 Okt. Koorfees met Johan Bester

3 Sept. Landloop: Gauteng Kampioenskap

21 Sept. Sosiale media (Gr. 4- tot gr. 7-leerders in skooltyd Ouers: 18:00 in skoolsaal

8 Sept. Hokkie: Seuns “Best of the Best”

22 Sept. Lentesokkie: Gr. 6- en gr. 7-leerdes

24 Sept. VVF-Winex

29 Sept. Begroting: Alg. Inligtingsessie (ouers)

30 Sept. Skool sluit

10 – 12 Okt.

Leierskamp Gr. 6-leerders

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Grondslagfase: Gr. R – gr. 2 Sportafrigting ‘n vereiste

Gr. 4 tot gr. 7 Rugby- en krieketafrigting ‘n vereiste

Aansoekers moet ten volle gekwalifiseerd wees. Sportafrigting ‘n vereiste

Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste

Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting ‘n vereiste.

Netbalafrigting

Gekwalifiseerde afrigter en skeidsregter Slegs smiddae --------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- Diensaanvaarding: 1 Januarie 2017 Salaris Onderhandelbaar Stuur verkorte CV na [email protected] of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Maandag 19 September om 12:00.

NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016. 9. 1. · Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting

3 BELEID SOGGENS VOOR SKOOL EN GEDURENDE POUSES Alle leerders moet soggens voor skool hulle tasse by hulle onderskeie klasse neersit en dadelik na die sportvelde beweeg. Daar is soggens vanaf 07:15 ‘n personeellid by die sportvelde aan diens wat toesien dat die leerders veilig is. Gedurende pouses mag die leerders slegs op die sportvelde speel waar daar toesig is om hulle veiligheid te verseker. Geen leerder mag gedurende pouses tussen die geboue of in die kleedkamers speel nie. Dit is belangrik dat ons leerders hierdie reëls gehoorsaam deur op die regte plekke te speel omdat die veiligheid van elke leerder vir ons belangrik is. Beheerliggaam en skoolbestuur ADVERTENSIEBORDE Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar: 5 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1600 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.) Kontakpersoon: ([email protected])

REDAKSIE Die blompruim by die skool is vol bloeisels. Die oranje clivias blom ook, heeltemal uit hul normale tyd uit. Ek het vanoggend ‘n houtkappertjie in die koorsboom gesien en die rooi hennetjie het ses opgeskote kuikens wat alreeds op hulle eie skrop tussen die irisse. Die jong poumannetjies probeer pronkerig stertgooi met hulle nog-te-kort stertvere en almal weet dis lente in Fairland! Soos die gewoonte is, begin die meeste van ons die winterkomberse, jasse en verwarmers wegpak om plek te maak vir somergewaad. In die proses kom ‘n mens dikwels af op klere en skoene wat jy glad nie deur die winter aangehad het nie; nooit eers van sy hanger agter in die kas afgehaal het nie, en jy wonder of jy dit ooit weer sal dra. As jy wonder, is die antwoord:”NEE!” Die kanse is goed dat jy destyds ‘n klein fortuintjie daarvoor betaal het met die idee dat jy dit vir nog vyf seisoene gaan gebruik, maar ons almal weet van beter, nê?! So…wat nou gemaak met al die goed? Sorteer uit! Maak skoon, gooi uit! Skenk vir iemand of hou ‘n rommelverkoping, want glo my, so ‘n spreekwoordelike en letterlike “spring clean” is goed vir die gees. ‘n Mens voel sommer ligter en lasvry. Moet nou net nie doen wat dikwels gebeur en die goedjies net op ‘n ander plek bêre nie! Dan skuif jy al daai ekstra “bagasie” net al in die rondte! Wees braaf! Raak ontslae daarvan! Ons wens julle ‘n lieflike, lasvrye lente toe! Erika

AKADEMIE

Toetsrooster:

Derde kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 2 September NW NW NW NW

Vr. 9 September SW SW SW SW

Vr. 16 September EBW

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016. 9. 1. · Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting

4

KULTUUR

Dis amper onmoontlik om in woorde om te sit wat ons skool die afgelope twee weke beleef het

met ons eerste eie kunswedstryd. Die opwinding, die entoesiasme, die voorbereiding, die

volgehoue oefeninge en die uiteindelike asemrowende optredes, was doodeenvoudig fantasties!

Ons is so trots op elke liewe deelnemer en hule afrigters vir ure se werk! Nodeloos om te sê,

gaan ons volgende jaar voort met die kompetisie en hoop ons om dubbel soveel inskrywings te

ontvang.

Die beoordelaars was streng maar regverdig in hul kritiek. Hulle was dit eens dat hierdie skool

besondere talentvolle leerders het, al is daar natuurlik altyd ruimte vir verbetering en dit maak

ons opgewonde vir die toekoms.

Gr. R-3-leerders sal hulle sertifikate binne die volgende twee weke ontvang. Gr. 4-7-leerders sal

hulle toekennings op die Kultuuraand ontvang. Dan sal hulle ook hulle replieke kry vanaf die

beoordelaars.

Soos met enige nuwe projek, was daar ‘n paar lesse om te leer by al die betrokkenes. Ons het

definitief een of twee baie belangrike dinge oor klank geleer en ook oor die inskrywingsproses.

Ons beplan om dit baie te verbeter vir 2017.

Hiermee wil ons dan ook baie dankie sê vir elkeen wat ‘n bydrae gelewer het, ongeag hoe groot

of klein dit ookal mag wees. Ons waardeer julle elkeen ongelooflik baie!

Tot volgende keer!

Erika Joubert

DANS EN DRAMA

Oefentye: Drama: Dans: Ma.: 14:30 - 15:00 (Gr. 1) Di.: 14:00 - 15:00 (Gr. 5 – gr. 7)

15:00 - 15:30 (Gr. 2) 15:00 - 15:30 (Gr. 1 en gr. 2) 15:30 - 16:30 (Gr. 3) 15:30 - 16:00 (Gr. 3 en gr. 4) 16:30 - 17:30 (Gr. 4 en gr. 5) Do.: 14:00 - 15:00 (Gr. 5 - gr. 7)

Wo.: 15:30 - 16:30 (Solo-afrigting) 15:00 - 15:30 (Gr. 1 en gr. 2) 16:30 - 17:30 (Gr. 6 en gr. 7) 15:30 - 16:00 (Gr. 3 en gr. 4)

SENIORKOOR

Belangrike datums:

14 Oktober Koorfees saam met Johan Bester. Inligting sal volg oor kaartjie verkope. Verkope sluit voor

30 September.

Oefeninge

Oefeninge hervat 30 Augustus. Almal moet asb. die oefeninge bywoon. Skriftelike verskonings moet

ingehandig word indien oefeninge nie bygewoon kan word nie.

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016. 9. 1. · Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting

5 JUNIORKOOR Die juniorkoor sing Donderdag 8 September tydens skooltyd vir die gr. R- en gr 1- opedag. Die gr. 1’s kom nie die dag skooltoe nie, maar die juniorkoor moet asb. almal by die skool wees. Almal moet asb. korrek geklee, teen 7:30 op die gras bymekaarkom.

Daar is geen kooroefening die middag van 8 September nie!

Onthou ook ons optrede op 14 Oktober! Juniorkoor-kleredrag vir optredes

Dogters: groen langmou skoolhemp, groen rompie, grys langkouse (geen sykouse), skoolskoene en 'n das. Hulle hare moet asb. in 2 “ponies” wees.

Seuns: groen langmou skoolhemp, grys langbroek, belt, skoolskoene en 'n das.

Belangrike datums:

14 Oktober Koorfees saam met Johan Bester. Oefeninge

Oefeninge hervat 30 Augustus. Almal moet asb. die oefeninge bywoon. Skriftelike verskonings moet ingehandig word indien oefeninge nie bygewoon kan word nie.

Kultuuraanhaling van die week “If you can dream it, you can achieve it!” Erika Joubert

SPORT

HOKKIE

Uitslae Dogters 9A wen 4-0 vs Unika 9B gelyk 0-0 vs Louw Geldenhuys 10A wen 5-0 vs Unika 10B wen 1-0 vs Unika 10C verloor 4-2 vs Louw Geldenhuys 11A wen 2-0 vs Unika 11B gelyk 0-0 vs Unika 12A wen 1-0 vs Unika 12B verloor 2-0 vs Unika 13A wen 1-0 vs Unika Oefentye: (Dogters)

MAANDAE DINSDAE WOENSDAE

o/7 & o/8 13:40 - 14:15 GEEN OEFENING 13:10 - 13:45

o/9 – o/11 14:10 – 15:10 13:40 – 14:40 13:40 – 14:40

o/12 & o/13 15:10 – 16:10 14:40 – 15:40 14:40 – 15:40

o/12A en o/13A oefen elke 2de Maandag by Northcliff Astro (14:30 – 16:30) Datums: 29 Augustus en 5 September Seuns Junior B gelyk 0-0 vs Louw Geldenhuys

Junior A wen 3-0 vs Louw Geldenhuys

1ste gelyk 0-0 vs Louw Geldenhuys

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016. 9. 1. · Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting

6 Oefentye: (Seuns)

MAANDAE DINSDAE DONDERDAE VRYDAE

Ontwikkeling 14:10 - 15:10 13:30 – 14:30 Geen oefeninge WEDSTRYDE Juniorseuns Geen oefening 13:30 – 14:30 14:10 - 15:10

Seniorseuns 15:30 – 16:30 13:30 – 14:30 14:10 - 15:10

Seuns: Voorlopige datums vir ligawedstryde Dogters: Voorlopige datums vir ligawedstryde

2 September 30 Augustus; 6 September

Mini-hokkietoernooi: 23 en 30 Augustus

MAANDAE DINSDAE WOENSDAE

o/7 & o/8 13:4(0 - 14:15 13:10 - 13:45 13:10 - 13:45

TENNIS

Uitslae: Juniordogters A wen 24 – 4 vs Fontainebleau

Uitslae: Juniorseuns B wen 17 – 1 vs Louw Geldenhuys Juniortennis: Ligawedstryde bepalings

Seuns A - 6 September TrinityHouse Randpark (w) 13 September Fontainebleau (w) Seuns B - 6 September Unika (w)

Dogters A - 7 September Loslootjie Dogters B - 7 September Fontainebleau (t)

Uitslae KRIEKET

Uitslae: o/9A en met 9 paaltjies vs Unika (Joof Enslin 37) o/10 A wen met 10 paaltjies vs Unika (JP Reichel 27, Chad Tingtinger 4/8) o/10 B wen met 5 paaltjies vs Esperanza (Hadrian Divito 24, Luke Groeneveld 2/10) o/11 A speel gelykop vs Unika (Corné de Fouw 3/19)

1ste span wen met 58 lopies vs Unika (Johan Bredenkamp 137*, Ulli Bronkhorst 58*, Reuben du Toit 3/16)

Oefentye

Tyd: (derde en vierde kwartaal)

Maandae: 14:10 - 15:40 Dinsdae: 13:45 - 15:15 Woensdae: 13:45 - 15:15

Krieketvaardighede (o/7 en o/8)

Oefentye

Maandae: 13:40 – 14:15 Dinsdae: 13:10 – 13:45 Woensdae: 13:10 – 13:45

Krieketoefening vir gr. R-leerders (o/6) begin eers in die vierde kwartaal. Tye sal later deurgegee word.

LANDLOOP

Volgende byeenkomste

Saterdag 3 September Gauteng-kampioenskap

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016. 9. 1. · Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting

7 Oefentye Maandag 15:45 – 17:00 Dinsdag 15:45 – 17:00 Woensdag 15:45 – 17:00 Donderdag 14:00 – 15:00 Bring tekkies, ‘n warm baadjie en ‘n waterbottel saam. SKAAK Oefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal) Skaak: Wagklas-oefentye

ALGEMEEN VERE-KAS

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Vere-kasgroete Lillian Ankersmit - 082 324-5034 Ons doen 'n dringende beroep op alle ouers om asseblief hulle kinders se skoolklere te merk met die

kind se naam en 'n KONTAKnommer. Die Vere-kasmammas kan dan 'n SMS stuur as u kind se klere

opeindig by die Vere-kas. Ons het veral baie KDA-klere en "lleece"-baadjies wat óf geen naam het nie,

óf 'n naam het maar geen kontakbesonderhede het nie.

Sou u aanstryk-"labels" wil bestel is u welkom om 'n e-pos te stuur aan Carli van Kreativo by

[email protected]. Baie dankie !

Vere-kasgroete Lillian Ankersmit - 082 324-5034

SKENKING Ons wil graag baie dankie sê vir Hansie Kruger wat krieket- en hokkie-apparaat vir die skool geskenk het. Baie dankie vir jou goedhartigheid in hierdie verband. Ons het groot waardering daarvoor. Ebbe le Roux

Finale reëlings: Kaskarkuierfees 3 September 2016 4 x 4 Kaskarresies Aangeheg vind u ook die baanprogram vir die dag. Die juniors (gr. R - 3) ry onderskeidelik op juniorbaan A en juniorbaan B en die seniors (gr. 4 – 7) op hul eie baan. Veral die seniorleerders kan maar droë/skoon klere saambring omrede daar ‘n modderput en ook water op hulle baan is. Die leerders moet asseblief alreeds om 9:15 Saterdag by die klasse aanmeld om gereed te maak vir die optog wat stiptelik om 9:30 gaan begin.

TYE DONDERDAE

Gr. 1(beginners) K.27 13:35 - 14:20 Maandae en Donderdae 13:30 - 14:00

Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K.22 13:50 - 14:50 Dinsdae en Woensdae 13:00 - 13:30

Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K.22 14:00 - 15:30

Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K.31 14:00 - 15:30

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016. 9. 1. · Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting

8 Gladiatorbane

Daar is ‘n aparte baan vir juniors (gr. R – 3) asook seniors (gr. 4 – 7). Die R50 toegangsbandjies is alreeds vanaf Maandag 29 Augustus te koop by die registerpersoneel. Leerders kan ook die bandjies óp die dag aankoop. Geen leerder sal ongelukkig toegelaat word as hul nie hul groen/oranje bandjie dra nie. Droë klere sal handig te pas kom, omrede sommige van die glybane nat gaan wees.

Kuier en braai

U word hartlik uitgenooi om saam te kom kuier en ook te kom braai. Pak u eie piekniekmandjie of bestel by die snoepie ‘n braaipak ([email protected] nie later as Vrydag 2 September om 12:00). Die skool verskaf die vure wat vanaf 13:00 sal gereed wees. ‘n Gedeelte van die A-veld sal afgekamp wees vir die saamkuier van ons ouers.

Aankondiging van die motorkompetisie wenner

Die wenner van die motorkompetisie word tussen 12:30 en 13:00 aangekondig!

Kom ondersteun ons asseblief Saterdag. Dit gaan groot pret wees!!

Kosstalletjies NB!! Die snoepie gaan kaartfasiliteite op dié dag beskikbaar hê!

Veld: Chip ‘n Dip; Slushy; Chipsticks; Corndogs; Biltong; Yskoffie Cappuccino’s / Cafe Latte’s; Ola Roomys; Ysies; Steak Burger Rack Snoepie: Sausage Saloon; Kerrie & Rys & Vetkoek; Braaivleis, Pap, Sous en Slaaie; Beef

Lasagne, Slaai en Rolletjies; Boereworsrolle; Rib-burgers; Hamburgers; Tramazini’s; Chicken Wraps; ABI Stasies

Ander: Sand Art

KASKAR-KUIERFEES: Saterdag 3 September 2016 Baanprogram

Optog: vanaf 9:30 - 10:00

Rondte Tyd Kuip Baan A Kuip Baan B Kuip Baan C

1 10:00 - 10:25 1 Gr. R/07 1 Gr. R/10 1 Gr. 4/47

2 Gr. R/08 2 Gr. R/11 2 Gr. 4/48

3 Gr. R/09 3 Gr. R/11A 3 Gr. 4/49

2 10:30 - 10:55 1 Gr. 2/14 1 Gr. 2/17 1 Gr. 4/50

2 Gr. 2/15 2 Gr. 2/21 2 Gr. 4/51

3 Gr. 2/16 3 Gr. 2/23 3 Gr. 4/52

3 11:00 - 11:25 1 Gr. 1/18 1 Gr. 1/25 1 Gr. 6/04

2 Gr. 1/22 2 Gr. 1/26 2 Gr. 6/32

3 Gr. 1/24 3 Gr. 1/27 3 Gr. 6/34

4 11:30 - 11:55 1 Gr. 3/12 1 Gr. 3/29 1 Gr. 6/37

2 Gr. 3/13 2 Gr. 3/45 2 Gr. 6/40

3 Gr. 3/28 3 Gr. 3/46 3 Gr. 6/44

5 12:00 - 12:25 1 Gr. 5/02

2 Gr. 5/03

3 Gr. 5/05

6 12:30 - 12:55 Trekking vir motorkompetisie

7 13:00 - 13:25 1 Gr. 5/39

2 Gr. 5/41

3 Gr. 5/43

8 13:30 - 13:55 1 Gr. 7/01

2 Gr. 7/06

3 Gr. 7/30

9 14:00 - 14:25 1 Gr. 7/31

2 Gr. 7/33

10 Ouer-/onderwyserresies!

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016. 9. 1. · Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting

9 GR. R: UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Die maatjies in elke gr.R-klas wat werklik tydens die week uitgeblink het, se naam verskyn weekliks in die Vinkie. Dié maatjies kry ‘n pragtige sertifikaat, dra die goeiegedrag-knopie en mag ‘n draai by mnr. Willie in sy kantoor maak.

Gr. R/07 : Jayden Smith Gr. R/08 : Johané Oelofse

Gr. R/09 : Miley Pienaar Gr. R/10 : Vian Oelofse Gr. R/11 : Suné Durow Gr. R/11A : Megan Kleynhans

STERRE VAN DIE WEEK

Gr. 1/18 : Ruaan du Toit Gr. 1/22 : Leléna van Rooyen

Gr. 1/24 : Bridgetta Kleynhans Gr. 1/25 : Charné du Bruyn

Gr. 1/26 : Wernich Barnard Gr. 1/27 : Daniёl du Toit Gr. 2/14 : Luke Comely-White Gr. 2/15 : Jandré Bester

Gr. 2/16 : Callie Symington Gr. 2/17 : Geen Gr. 2/21 : Heinrich Bothma Gr. 2/23 : Tayla Burgers Gr. 3/12 : Danielle van den Berg Gr. 3/13 : Lené Labuschagne

Gr. 3/28 : Jayden Kriel Gr. 3/29 : Nic van Niekerk Gr. 3/45 : Monique Pietersen Gr. 3/46 : JP Nieman

GOEIE GEDRAG

Gr. 1/26 Liam Sanderson Gr. 4/47 Suné van Heerden en Nelius van Graan

Gr. 4/48 Wilianne Nap en Leah Groeneveld

BIDGROEPIE

Kom bid lekker informeel en vinnig saam as jy klaar kinders afgelaai het op ‘n Woensdagoggend. (7:30 -8:00). Ons wil graag in die lapa vir ons skool, die kinders, personeel en werkers bid.

Vir enige inligting sms Kirsti 083 463-6600.

TOUCH RUGBY

Sondagmiddag touch rugby vanaf 15:30 op Laerskool Fairland se sportvelde. Alle pappas en seuns welkom.

Kaskardag / Kuierfees: Bestelling by Snoepie

CAFFE MOLINARE

Directors:ML Ambrosius and JG Blom Shop 16, Kurt Avenue, Florida Glen, 1709 Cell: 082 714 6676 / 082 416 8151 VAT NO: 4410186771

Klaargebraaide etes beskikbaar (R60,00 per persoon) Hoender of lamtjop Wors / Pap en sous / Aartappelslaai / Griekse slaai Braaipakke beskikbaar (nie gebraai nie) ( R30,00 per braaipak) Hoender of lamtjop en wors met speserye

Bestellings: [email protected] (Nie later as Vr. 2 Sept. Om 12:00)

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016. 9. 1. · Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting

10

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

ALGEMEEN

SPORT

RUITERSPORT

Rheinard Ferreira, gr.7, is gekies om die Gauteng provinsiale skolespan vir uithouritte, sowel as Laerskool Fairland, te verteenwoordig by die SANESA Nasionale Uithouritkampioen-skap. Hulle neem van 23 tot 25 September deel teen die ander provinsies, te Leandra, Mpumalanga. Baie geluk aan Rheinard met die pragtige prestasie! Ons hou styf duime vas!

GIMNASTIEK

Anneke Bezuidenhout het op 30 Julie aan die Gauteng provinsiale gimnastiekkampioenskap deelgeneem te Pretoria. Sy het ‘n silwermedalje verower, asook haar Gautengkleure verwerf. Sy sal haar provinsie by die “North Zone”-kampioenskap verteenwoordig.

Baie geluk, Anneke! Ons is trots op jou!

SWEM

Galadatums: Vrydag 14, 21 & 28 Oktober, 4 November

KULTUUR

NEA - UITSLAE

LET WEL: Enige NEA-sertifikate en repliekvorms moet asseblief binne ‘n week na optrede in die NEA-boks in die kantoor geplaas word. Dié betrokke uitslae sal dan te gelegenertyd in die saal uitgelees word en in die Vinkie gepubliseer word.

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL Bly warm hierdie winter met musiek wat jou hart vul! Skryf nou in vir musieklesse te kies en te keur - kitaar, sang, dromme, klavier, viool, blokfluit en "Shake it Orff" groepsklasse! Kontak Anthea op 081 351 7491 // [email protected] // Berario Ontspanningsentrum. FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND Fisioterapeut in 8ste Laan, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected]

SKAAPTJOPS!! Smaaklike, vars Vrystaat lamsvleis te koop teen R80.00 per kilogram. Opgesny en verpak na u bestelling. Heel of halwe lam. Navrae – Tinus de Wet [email protected].

SUPER SEWES 2016

Môrester-kampterrein: 2 – 6 Oktober – inskrywings www.supersewes.co.za

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016. 9. 1. · Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting

11 BEDIENDE SOEK WERK

My bediende Emah soek werk en verblyf. Sy werk al amper 11 jaar vir my. Ek verhuis en het nie 'n bediendekamer nie, dus soek ek vir haar blyplek en werk vir 2 dae. Sy moet nog 3 dae per week vir my werk. Annelie 0727185171.

VERJAAR JY AMPER? Doen vir ‘n slag iets anders! Bespreek PHILIPPA HIGGINS vir jou volgende

partytjie! Kies van jou gunsteling liedjies en maak ‘n

eie playlist vir ‘n show waarin jy en jou vriende kan deel!

‘The Voice Kids’-partytjie Bespreek nou!

Vir verdere navrae kontak: Philippa Higgins 076 062 327 E-posadres: [email protected] Melinda Higgins 082 560 1744

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016. 9. 1. · Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting

12

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016. 9. 1. · Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting

13

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2016. 9. 1. · Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste Goeie organisatoriese vaardighede en skakeling Rugby- en krieketafrigting

14

KASKARKUIERFEES SATERDAG 3 SEPTEMBER 2016

Toegang is gratis. Geen donasielyste.

4 x 4 Kaskarbane

Braaivleisvure

beskikbaar vanaf 13:00, bring u eie

piekniekmandjie of bestel 'n braaipak

by die snoepie. [email protected]

R50 vir 'n hele

dag se Gladiator-pret!

Kom kuier saam en geniet die dag!