uit die hoof se kantoor · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. in hierdie...

14
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 5 23 Februarie 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Ons betuig ons innige meegevoel aan Marilet Vosloo en familie met die heengaan van haar ouma. Ons bid jul die Here se vertroosting toe in hierdie moeilike tyd. Chrisné Ehlers se mamma is gister oorlede na ‘n siekbed. Chrisné, ons bid vir julle en glo ons Hemelse Vader dra julle in hierdie moeilike en emosionele tyd. D10-kampioenskap Baie geluk aan ons atlete wat so mooi gevaar het tydens die byeenkoms. Sterkte aan die atlete wat na die Gauteng-kampioenskap deurdring. VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende personeellid wat in die komende week verjaar: Jaco van Rooyen - 26 Februarie Mag dit ‘n geseёnde lewensjaar wees. BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN 25 Feb. Juniorkoor: Verpligte werkswinkel 28 Feb. & 1 Mrt. Netbal: Kliniek Juniors 24 Feb. Gr. R-koekverkoping 27 Feb. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 1 gr. 3) 24 Feb. Gr. 7-geslagsvoorligting 28 Feb. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 4 & gr. 5) 20 Mrt. Skoolvakansiedag 1 Mrt. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 6 & gr. 7 voorbereid en onvoorbereid) 21 Mrt. Menseregtedag

Upload: others

Post on 24-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 5 23 Februarie 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Personalia

Ons betuig ons innige meegevoel aan Marilet Vosloo en familie met die heengaan van haar ouma. Ons bid jul die Here se vertroosting toe in hierdie moeilike tyd.

Chrisné Ehlers se mamma is gister oorlede na ‘n siekbed. Chrisné, ons bid vir julle en glo ons Hemelse Vader dra julle in hierdie moeilike en emosionele tyd.

D10-kampioenskap

Baie geluk aan ons atlete wat so mooi gevaar het tydens die byeenkoms. Sterkte aan die atlete wat na die Gauteng-kampioenskap deurdring.

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeellid wat in die komende week verjaar:

Jaco van Rooyen - 26 Februarie

Mag dit ‘n geseёnde lewensjaar wees.

BELANGRIKE DATUMS

KULTUUR SPORT ALGEMEEN 25 Feb. Juniorkoor: Verpligte

werkswinkel 28 Feb. & 1

Mrt.

Netbal: Kliniek – Juniors 24 Feb. Gr. R-koekverkoping

27 Feb. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 1 – gr. 3)

24 Feb. Gr. 7-geslagsvoorligting

28 Feb. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 4 & gr. 5)

20 Mrt. Skoolvakansiedag

1 Mrt. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 6 & gr. 7 – voorbereid en onvoorbereid)

21 Mrt. Menseregtedag

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos

2

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

KWYTSKELDINGS

Let asb. daarop dat volledige kwytskeldingsaansoeke nie later as Dinsdag 28 Februarie 2017 ingehandig moet word nie. Die sluitingsdatum vir kwytskeldings is 28 Februarie 2017. Vir verdere navrae, kontak gerus vir Verna van Greunen ([email protected]).

SPORTBELEID

Die wintersporte soos rugby en netbal is reeds besig met hulle voorbereiding vir vriendskaplike wedstryde wat reeds oor twee weke begin.

In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos verskyn op die Communicator onder bronne en dit deeglik te bestudeer.

Die belangrikste waardes wat ons by ons kinders wil vaslê is goeie spangees, nederigheid, harde werk, goeie sportmanskap, dat die span altyd eerste kom, jy nooit jou span in die steek sal laat nie en te alle tye deursettingsvermoë sal toon deur nie sommer te wil ophou speel nie. Woon oefeninge getrou by en maak vroegtydig by jou afrigter verskoning indien ‘n oefening of wedstryd nie bygewoon kan word nie. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle kinders te dissiplineer, hulle en die spanne waarin hulle speel te ondersteun en ons by te staan in die vaslegging van hierdie belangrike waardes.

Ons doen ‘n beroep op ons ouers om die gedragskode vir ouers te respekteer. Tree te alle tye soos ‘n ambassadeur vir Laerskool Fairland op. U goeie gedrag en onberispelike optrede op en van die veld/baan moet te alle tye ‘n voorbeeld wees vir u kind. Geen vloek- of krutaal, uitskel of slegsê van spelers of beamptes sal geduld word nie.

Die afrigters van Laerskool Fairland beskik almal oor die nodige kwalifikasies om hulle onderskeie sportkodes af te rig en ons vra dat ouers nie uitlatings sal maak t.o.v. die spankeuses en/of spelpatrone van afrigters nie - veral nie voor u kind nie. Indien ouers ontevrede, vra ons dat afrigters nie direk na ‘n wedstryd of oefening “bestorm” word nie – die gemoedere loop dan gewoonlik hoog en dit kan tot ‘n konfliksituasie aanleiding gee. Gesels eerder met die voog wat oor die span aangestel is of maak ‘n afspraak by die skool om oor die aangeleentheid te gesels.

Elke afrigter en speler het elke ouer se onbaatsugtige en lojale ondersteuning nodig om ‘n sukses van sy/haar span te kan maak.

Dankie vir u passievolle ondersteuning en sterkte met die 2017-seisoen.

Ebbe le Roux Beheerliggaam en skoolbestuur

VAKANTE POS: TERREINBESTUURDER

Terreinbestuurder: Vereistes / aard van pos (maar nie beperk tot):

Baie goeie menseverhoudinge Moet inisiatief kan neem

Medies geskik wees Sober gewoontes hê

Meganiese kennis besit Kennis van Afrika-taal Soortgelyke ervaring Elektriese onderhoud Netheid van terrein Regkry van sportvelde en –bane

Moet noodgevalle kan hanteer PDP-lisensie

Geen kriminele rekord Verlengde werksure wanneer verlang

Herstelwerk kan doen aan voertuie, grassnyers, ens. Algemene geboue-instandhouding kan behartig

Bestuurder van algemene werkers en pligte

Salaris onderhandelbaar

Stuur asb. alle CV's voor of op Vrydag 24 Maart om 12:00 aan Karén Reyneke ([email protected]) - Verwysing: Terreinbestuurder. Vir enige navrae in verband met bogenoemde pos, stuur asb. e-pos aan [email protected].

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos

3

REDAKSIE

Een van die grootste probleme wat ons as opvoeders in veral die intermediëre fase ervaar, is dat leerders nie hulle regte boeke saambring skooltoe nie. Dis veral problematies as hulle besig is met take wat geassesseer moet word. Dubbelperiodes word gewoonlik hiervoor aangewend en as die leerder onvoorbereid is, of nie die regte boeke bring nie, gaan ‘n uur se opvoedingstyd verlore vir daardie leerder. Dit gebeur al te dikwels omdat hulle nie op ‘n daaglikse basis bewus is van hul werkprogram vir die week nie.

Dis so belangrik dat leerders van jongsaf verantwoordelikheid geleer word en verstaan dat dit deel is van hulle opvoeding. Om voorbereid te wees vir elke dag se skoolwerk, impliseer respek, nie net vir die opvoeder nie, maar ook vir hulleself en hulle eie vordering.

Kom ons leer hulle om georganiseerd te wees, om te besef hoe kosbaar tyd is en dat verlore minute verlore geleenthede beteken. Ons wil almal net die beste hê vir elke kind in ons sorg.

Erika

AKADEMIE

Eerste Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 24 Februarie Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde

Di. 28 Februarie Tegnologie

Vr. 3 Maart NW NW NW EBW

Vr. 10 Maart SW SW SW SW

Di. 14 Maart

NW

KULTUUR

Ons wil graag ‘n beroep op ouers doen om gereeld die kultuurprogram op die School Communicator, sowel as in die Vinkie, te volg. Ons kultuurprogram is in lyn met die nuutste kultuurnorm soos vasgemaak vir 2017 en die veranderinge het ‘n impak op u kinders se deelname. Skakel gerus as daar enige onduidelikhede is in die verband. Alle reëlings word op ‘n gereelde basis by herhaling in die Vinkie geplaas.

REDENAARS

Ma. 27/02 gr.1-3; Di. 28/02 gr. 4-5; Wo. 01/03 gr. 6-7 (voorbereid en onvoorbereid)

Baie sterkte aan al die redenaars wat volgende week deelneem aan die eerste ronde van die LFK-redenaars. Die topredenaars sal die geleentheid gebied word om aan die ATKV-redenaarskompetisie deel te neem. Name sal aan die einde van die kompetisie bekend gemaak word.

SENIORKOOR

Belangrike datums 2017:

10-12 Maart – Verpligte koorkamp. Verdere inligting sal volg.

BAIE BELANGRIK: Beide kore word op Vrydag 3 Maart opgeneem vir die revue. Tye en verdere inligting sal volg.

JUNIORKOOR

Baie dankie vir almal wat Saterdag18 Februarie se werkswinkel bygewoon het. Onthou ons volgende werkswinkel is Saterdag 25 Februarie van 10:00-14:00. Ouers moet asb teen 13:30 by die saal bymekaarkom vir 'n vinnige ouervergadering.

Onthou asb. ons oefen op Dinsdae 15:30-17:00 in die saal.

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos

4

Belangrike datums

25 Februarie - Werkswinkels 10:00-14:00

Juff. Chrisné & Melissa

LFK: Visuele kuns

Rondte 1: Gr. 1-7: 15 Maart

Revue: Maandag 15 Mei 2017 – Vrydag 19 Mei 2017

N.B. !! KOSTUUMGELD Die leerders se kostumering sal R150 elk kos. Dit word hulle eiendom aan die einde van die revue. Die kostuumgeld kan reeds betaal word in die skool se bankrekening. Die verwysing moet asb. FAMILIEKODE/REVUE wees. Stuur asb. dan ‘n bewys van betaling aan [email protected]. Baie dankie vir u samewerking in die verband!

GRATIS KLASSE IN DANS EN DRAMA (Inskrywingsvorm op School Communicator)

DANS DRAMA

MAANDAE DONDERDAE

Gr. 5-6 14:15-15:00 Gr. 1 14:15-14:45

Gr.7 15:00-15:45 Gr. 2 14:45-15:15

WOENSDAE Gr. 3 15:15-16:00

Gr. 1-2 13:45-14:30 Gr. 4-5 16:00-17:00

Gr. 3-4 14:30-15:15 Gr. 6-7 17:00-18:00

Dans word aangebied deur Adeline Sauermann en Drama deur Suné Senekal.

Kultuuraanhaling vir die week!

“Work for a cause, not for applause. Live life to express, not to impress. Don’t strive to make your presence noticed, Just make your absence felt.”

Erika Joubert

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos

6

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017 KONKA: Netbal: o/11- tot o/13A- en B-spanne: 3 – 6 April 2017 KONKA: Rugby: o/9A- & B-spanne: 27 – 29 Maart 2017 o/10A- & B-spanne: 30 Maart – 1 April 2017 o/11A- & B-spanne: 10 – 13 April 2017 1ste & 2de spanne: 3 – 6 April 2017 KAAPTOER: 1ste spanne (netbal, tennis, rugby, hokkie) 23 – 27 Julie 2017

TENNIS - SENIOR Seniortennis uitslae Dogters A wen 55 – 26 teen Laerskool Jan Cilliers Dogters B wen 63 – 18 teen Laerskool Unika Seuns A wen 71 – 10 teen Crawford Lonehill Seuns B wen 58 – 23 teen Crawford Sandton

Die top 8 juniorseuns en top 8 juniordogters oefen by Philip en Lizahn

Die top 12 seniorseuns en top 12 seniordogters oefen by Jean en Ruan

Oefening is verpligtend en daar sal by die oefeningregister gehou word

Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, mag hulle nie in die liga speel nie

Hier volg die oefenrooster tot en met Donderdag 2 Maart

Dag Tyd Span Afrigter

Donderdag 23 Februarie 06:30 – 07:30 Senior B Ruan

Maandag 27 Februarie 07:00 – 08:00 Juniors Philip

Dinsdag 28 Februarie 06:30 – 07:30 Senior B Jean

Woensdag 1 Maart 06:30 – 07:30 Junior Philip/Lizahn

Donderdag 2 Maart 06:30 – 07:30 Senior A Ruan

Belangrike datums 1 Mrt. Dogters A vs Fonties (tuis) Dogters B vs Randpark (weg) 2 Mrt. Seuns A vs Montrose (tuis) Seuns B vs Louw Geldenhuys (weg) 8 Mrt. Dogters A vs Crawford Sandton (weg) Dogters B vs King Robin Hills (tuis) 9 Mrt. Seuns A vs Bryneven (weg) Seuns B vs Jan Celliers (weg) 15 Mrt. Dogters A vs Crawford Lonehill (weg) Dogters B vs Fonties (tuis) 16 Mrt. Seuns A vs Jan Celliers (tuis) Seuns B vs bye TENNIS – JUNIOR: Ontwikkelingsprogram As gevolg van 'n tekort aan bane en te veel belangstelling, kan ons ongelukkig nie meer op Vrydagmiddae oefeninge oopmaak vir enige leerder wat tennis wil speel nie.

Leerders sal persoonlik uitgenooi word sodra ons die databasis opgedateer het. Gr.1-leerders sal nog nie in aanmerking geneem word nie. Meer inligting sal later deurgegee word.

Ouers moet asb. ook kennis neem dat die juniortennis vir kwartaal 3 geskeduleer is. Ons sal dan meer bane tot ons beskikking hê omdat die netbalseisoen afgehandel is en daar op tennis gefokus gaan word.

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos

6 ATLETIEK

D10-Kampioenskap

20 van Laerskool Fairland se atlete het op Saterdag 18 Februarie aan die D10-kampioenskap te Ruimsig deelgeneem. 16 van ons atlete kwalifiseer om op 3 en 4 Maart aan die Gauteng-kampioenskap in Pretoria deel te neem.

Baie geluk aan al ons atlete wat Fairland se naam hoog gehou het. Baie dankie ook aan die personeellede wat as beamptes opgetree het, asook die wat kom ondersteun het.

Atletiekoefentye: Word direk met atlete gereël

Daar is nie meer in die oggende oefening vir die junioratlete nie.

MIDDELAFSTANDE (800m; 1200m & 1500m) Word direk met atlete gereël

SWEM

Gala: Vrydag 24 Februarie om 14:00 by Rivonia Primary School

Oefentye: Kwartaal 1 Maandae Woensdae o/10 & o/11 15:15 – 16:16 15:15 – 16:15 o/12 & o/13 16:15 – 17:15 16:15 – 17:15

Northcliff Primary se swembad word gebruik word vir oefensessies. Alle inligting is op 25 Januarie op die School Communicator gelaai (Bronne / Sport: Swem). Oefening by die skool is nie verpligtend vir leerders wat privaat swem nie. Oefening is hoofsaaklik vir ontwikkeling van leerders wat nie privaat kan swem nie.

HOKKIE

Baie geluk aan Juan Schoeman en Steven de Jongh (o/13) wat die week by die finale oefengroep van die D10- seunshokkiespan ingesluit is. Ons is trots op julle!

NETBAL

Netbalkliniek: 3 en 4 Maart: o/10 – o/13

Oefentye: (o/10 – o/13)

1ste Sessie: Maandag: 14:15 - 15:30 Dinsdag en Woensdag: 13:50 - 15:05

Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 5

o/12A&B o/12C&D o/10A&B o/10C&D

2de Sessie: Maandag: 15:30 - 16:45 Dinsdag en Woensdag: 15:05 - 16:20

Baan 1 Baan 3 Baan 4 Baan 5

o/13A&B o/11A&B o/11C&D o/13C&D

MINI-NETBAL (Oefeninge begin Ma. 6 Maart 2017 vir o/6 – o/9)

Mini-netbalkliniek: o/6 - o/9: 28 Feb. en 1 Mrt.

Oefentye:

o/6-spanne Maandae, Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50

o/7- en o/8-spanne Maandae : 13:35 - 14:10 Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50

o/9-spanne Maandag: 14:15 - 15:30 Dinsdag en Woensdag: 13:50 - 15:05 LET WEL: GEEN NETBALOEFENINGE VIR o/9-SPAN MA. 27 FEB.

Baan 4 Teerbaan Klein teerbaan

o/9A&B o/9C&D o/9-Ont.

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos

7

RUGBY

Oefentye:

MAANDAG

o/9A&B

o/10 o/11 3de 1ste &

2de

14:10 - 15:25 B-veld A-veld

15:25 - 16:40 B-veld B-veld A-veld

DINSDAG & WOENSDAG

o/9A&B

o/10 o/11 3de 1ste &

2de

13:40 - 14:55 B-veld A-veld

14:55 - 16:10 B-veld B-veld A-veld

TAU-rugby

Oefentye:

MAANDAG DINSDAG & WOENSDAG

TAU (o/7 & o/8) o/8xv TAU (o/7 & o/8) o/8xv

13:35 - 14:10 A- en B-veld 13:00 - 13:35 A- en B-veld

14:10 - 15:25 B-veld 13:40 - 14:55 B-veld

SKAAK Oefentye

Oefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal)

TYE DONDERDAE

Gr. 1(beginners) K.27 13:35 - 14:20

Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K.22 14:00 - 15:00

Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K.22 15:00 - 16:30

Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K.31 15:00 - 16:30

Skaak: Wagklas-oefentye

Maandae en Donderdae 13:30 - 14:00 Dinsdae en Woensdae 13:00 - 13:30

INLIGTINGSENTRUM

ATKV – KINDERBOEKTOEKENNINGS 2017 Hier volg die leeslys vir 2017: Gr. R – 1: Voorlesingkategorie

Grom! deur Jaco Jacobs

Ink deur Ingrid Mennen

Z vir Zackie 1: Die rowwe resies deur Jaco Jacobs

Z vir Zackie 2: Die paddapoets deur Jaco Jacobs

Z vir Zackie3: Die besige boomhuis deur Jaco Jacobs

Z vir Zackie 4: Die perfekte pizza deur Jaco Jacobs

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos

8

Gr. 2 – 3: Selfleeskategorie

Groen vingers deur Jaco Jacobs

Hetta Elizabetta en die wêreld op haar skouers deur Milan Murry

Jason en die boekwurm deur Martie Peller

Professor Fungus en die diepseedilemma deur Jaco Jacobs

Professor Fungus en die vreeslike gevaarlike tuinkaboutes deur Jaco Jacobs

Viskos deur Jaco Jacobs Gr. 4 – 5: Selfleeskategorie

Agent Snoet en die windlawaai deur Fancois Bloemhof

Jenna en die leesperd deur Marga Jonker

Kaptein Verdwyn deur Fanie Viljoen

Oepsie daisy, Lulu deur Fanie Viljoen

Sanri Steyn: Die monsters van Middernagstraat

Sanri Steyn: Die nag van die weerwolwe

Stalmaats 17: Waaghals deur Lize Roux

Stalmaats 18: Perdepiekniek deur Lize Roux

Gr. 6 – 7: Selfleeskategorie

Die Engelsman in my slaai - Human en Rousseau Uitgewers

Ek en Prins Donkerkuif deur Dihanna Taute

Elf dae in Parys deur Elizabeth Wasserman

Gramadoelas! – Pearson Uitgewers

Monsterrugby deur Fanie Viljoen

Ridders van die vyfde dimensie deur Anton Döckel

Speurder Nina Lucky – Pearson Uitgewers

[email protected] deur Carina Diedericks

Vyf ponies gaan plaas toe! deur Mary Sadler

Al die boeke is bestel en 2 lesers per klas (gr. 2 – 4) sal geïdentifiseer word om deel te neem aan die leesprojek. Gr. 5 – 7 leerders wat belangstel om aan die projek deel te neem, mag hul name by juf. Connie kom inhandig. Enige leerder wat egter belangstel om deel te neem, mag privaat die boeke bekom of by ʼn openbare biblioteek die boeke uitneem. Kom kry net ʼn stembriefie by juf. Connie as jy die boeke klaar gelees het om te stem vir jou gunstelingboek. Die Internasionale Moedertaaldag vind plaas op 21 Februarie. As jy inligting wil hê loer gerus by Google: Internationalmotherlanguageday.

Lekker leesgroete!

Connie Steenkamp

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos

9 MEDIALEIER- EN LEESKLUB-OORSLAAP

Die opwinding was groot en die afwagting tasbaar toe ongeveer 76 media- en leesklubleiers vir die groot oorslaap op Vrydag 17 Februarie. Energie is eers verbruik op die rugbyveld met speletjies (of so het ons gedink!) Die MacDonalds-burgers het net betyds opgedaag en almal het heerlik daaraan gesmul. Hierna het die groot pret begin toe spanne gekies is en daar “Minute-to-win-it”-speletjies gespeel is. Die kommentator, juf. Eurique het gesorg dat die deelnemers opgewonde bly en hul spanmaats aanmoedig onder luide gejuig. Daar is watteballetjies aan gesigte vasgeplak, smarties vasgesuig, macaroni met chopsticks opgetel en moenie van die leeuloop met die tennisballe vergeet nie! Mnr. Elardus het dit juis so mooi vir ons gedemonstreer. Na die speletjies, het die DVD-aand begin en ons het tot laatnag of dan vroegoggend gefliek, kompleet met “hot chocolate” en springmielies om middernag! Daar was min geslaap en baie gelag! Baie dankie aan al die media- en leesklubleiers wat aan die pret kom deelneem het. Baie dankie aan mnre. Stefan en Elardus en juff. Lizahn, Emily-Kate, Eurique en Kyala wat saam kom speel het. Dankie aan juff. Connie, Leanie en Erique vir die “oorslaap” en juf. Lieneke wat Saterdagoggend kom help opruim het.

Julle is ‘n voortreflike groep en ek glo 2017 sal vir julle ‘n wonderlike jaar wees!

Juf. Leanie

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos

10

ALGEMEEN

VERE-KAS

Vere-kas-tye:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

“FLEECY”-TOPS

Die klerebank gaan weer vanjaar die oranje “fleecy-tops” verkoop. Volledige bestelvorm op School Communicator geplaas. Sluitingsdatum vir bestellings – Vrydag 24 Februarie 2017.

Aanpastye: Gewone Vere-kas-tye – leerders kan self gaan aanpas

Pryse: 5 – 10jr: R215.00 elk 11 – 14jr: R250.00 elk

Gebruik asseblief die volgende verwysing: Familiekode/Fleecy Bankbesonderhede: Rekeningnaam: Laerskool Fairland

Bank: FNB - Cresta Rekeningnommer: 6200 7496 228 Takkode: 254905 e-posadres: [email protected]

SLEGS EFT-BETALINGS WORD AANVAAR – GEEN KONTANT NIE.

Lillian Ankersmit - 082 324-5034

PA EN SEUN-KAMP

Datum: 24 - 26 Maart 2017.

Inskrywingsvorms is beskikbaar op die School Communicator.

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Groenklas: Carla du Toit Blouklas: Margitte Pretorius Oranjeklas: Mia Lombard

Persklas: Genevieve Koekemoer Geelklas: Luané du Plessis Rooiklas: Diani Balt

STER VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Timea Croucamp Gr. 1/22: Liam Clark Gr. 1/24: Wian Strassen Gr. 1/25: Wian Maartens Gr. 1/26: Tiffany Pienaar Gr. 1/27: Jeanne-Marie Kitshoff Gr. 2/15: Jordan Smith Gr. 2/16: Minké Böhmer

Gr. 2/17: Danika du Toit Gr. 2/18: Xandré Caetano

Gr. 2/21: Kehan Visser Gr. 2/23: Carla Boshoff Gr. 3/12: Danielle Dixon Gr. 3/13: Nina Theron Gr. 2/28: Lenéla de Jager Gr. 2/29: Charles Marais

Gr. 3/45: Christiaan Campher Gr. 3/46: Richard Maree

GOEIE GEDRAG

Gr. 1/26 Divan Brough Gr. 4/47 Emma Groeneveld en Liam van der Ness Gr. 4/49 Waldo Bensch en Isabell-Rose Lemon Gr. 4/52 Anieke le Roux en Keegan Klopper

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos

11

VERLORE GOEDERE

Maak asb. seker leerders se klere, beursies, balle, ens. is duidelik gemerk met hul name. Daar word daagliks naamlose items by die kantoor ingehandig wat dit byna onmoontlik maak om die regmatige eienaars op te spoor.

MAMMAS EN DOGTERS

Dit is amper alweer tyd vir ons jaarlikse ma en dogter-kamp!! Die opwinding loop hoog en ons beplan ‘n heerlike verrassing. Graag herinner ons julle aan die datum 24 – 26 Maart 2017 te Buffelspoort. Onthou asb. om R50 per persoon in te betaal in die skool se rekening en gebruik asb. FAMILIEKODE/MA EN DOGTER as verwysing. Bewys van betaling moet asb. by juf. Karen Nel, kamer 12, ingehandig word.

Juf. Karen Nel

ADVERTENSIES

FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale

rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386

of [email protected].

BETROUBARE HUISHULP SOEK WERK

Betroubare huishulp soek werk. Voltyds en verblyf. Het bestuurslisensie, kan kook en maak mooi

skoon. Kontak Priscilla 076 433-4028.

HULP MET WISKUNDE OF REKENINGKUNDE

B.Com (hons) Ekonometrie met 8 jaar ondervinding in onderwys en ekstra klasse. Gr. 4 – gr. 12 wiskunde, gr. 8 en gr. 9 EBW en gr. 10 – gr. 12 Rek. Gr. 11 en gr. 12 Ekonomie is ook welkom. Kom ons maak dit weer lekker! Skakel Yolande Potgieter 0836349992.

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos

12

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos

13

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR · 2017-02-27 · wedstryde wat reeds oor twee weke begin. In hierdie verband verwag ons van ons ouers om hulle te vergewis van die skool se sportbeleid soos

14

Heksie’s Bakery Lillian Ankersmit

Phone: 082 324 5034

E-mail: [email protected] Website: Heksies.co.za

Cakes: Birthdays, Weddings, Picture Transfer, Pops Cup Cakes: Basic Butter Cream, Novelty, Boutique Biscuits: Choc Chip, Oatmeal, Ginger, Sweet, Pecan, Peanut butter, other Rusks