uit die hoof se kantoor - wordpress.com · eggenoot, chris. ons harte gaan uit na mia basson (gr....

15
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 26 Nr. 22 18 Augustus 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Kunswedstryd Laerskool Fairland is tans besig met ‘n heel eerste! Ons eie kunswedstryd. Baie dankie aan juffrou Erika vir haar harde werk en inisiatief. Sover skitter ons eie leerders op die verhoog. Baie dankie aan al die betrokke personeel. Personalia Ons innige simpatie aan twee van ons leerders en hul mamma met die skielike heengaan van hul pa en eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk word deur die krag van ons Hemelse Vader. Ons betuig ook ons innige meegevoel met die Basson-familie, Hennie en Christine, wat twee van hul seuns, Chris en Gerrit so skielik aan die dood afgestaan het. Ons dink ook veral aan ons twee kollegas, Karin en Ruan Basson met die afsterwe van hul twee familie-lede. Beide was oud-leerders van Laerskool Fairland en ons treur saam met julle. Baie geluk aan Adele Ekron wat hierdie naweek ‘n dogter ryker word. Haar seun, Matthew, trou Saterdag met Tarryn Brady. Ons glo en vertrou dat ons Hemelse Vader hierdie verbintenis ook sal seën. Motorkompetisie Totaal verkoop 756. Ons moet ‘n minimum van 2000 kaartjies verkoop vir die kompetisie om voort te gaan. Ons doen ‘n beroep op ons ouers om ons hiermee te help. 2500 kaartjies @ R250 elk Pryse: 1ste Splinternuwe Toyota Corolla 1.6 Prestige (+R250 000) 2de Campster Sleepwa (+R11 000) 3de Kontantprys R5 000 0 10 20 30 40 50 Motorkompetisie 17 Augustus 2016

Upload: others

Post on 25-Aug-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 26 Nr. 22 18 Augustus 2016

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Kunswedstryd

Laerskool Fairland is tans besig met ‘n heel eerste! Ons eie kunswedstryd. Baie dankie aan juffrou Erika vir haar harde werk en inisiatief. Sover skitter ons eie leerders op die verhoog. Baie dankie aan al die betrokke personeel.

Personalia

Ons innige simpatie aan twee van ons leerders en hul mamma met die skielike heengaan van hul pa en eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk word deur die krag van ons Hemelse Vader.

Ons betuig ook ons innige meegevoel met die Basson-familie, Hennie en Christine, wat twee van hul seuns, Chris en Gerrit so skielik aan die dood afgestaan het. Ons dink ook veral aan ons twee kollegas, Karin en Ruan Basson met die afsterwe van hul twee familie-lede.

Beide was oud-leerders van Laerskool Fairland en ons treur saam met julle.

Baie geluk aan Adele Ekron wat hierdie naweek ‘n dogter ryker word. Haar seun, Matthew, trou Saterdag met Tarryn Brady. Ons glo en vertrou dat ons Hemelse Vader hierdie verbintenis ook sal seën.

Motorkompetisie

Totaal verkoop 756. Ons moet ‘n minimum van 2000 kaartjies verkoop vir die kompetisie om voort te gaan. Ons doen ‘n beroep op ons ouers om ons hiermee te help.

2500 kaartjies @ R250 elk Pryse:

1ste Splinternuwe Toyota Corolla 1.6 Prestige

(+R250 000) 2de Campster Sleepwa

(+R11 000) 3de Kontantprys R5 000

0

10

20

30

40

50

Motorkompetisie 17 Augustus 2016

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

2

BELANGRIKE DATUMS

KULTUUR SPORT ALGEMEEN 15 – 26 Aug.

Laerskool Fairland Kunswedstryd

22 Aug. Krieket: Ligawedstryde begin 30 Sept. Skool sluit

14 Okt. Koorfees met Johan Bester

23 Aug. Hokkie: (Dogters) L/s Louw Geldenhuys

10 – 12 Okt.

Leierskamp Gr. 6-leerders

23 Aug. Mini-hokkie: Toernooi by L/s Unika

24 Aug. Krieket: 1ste span Aandreeks H/s Randburg

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

ADVERTENSIEBORDE Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar: 5 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1600 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.) Kontakpersoon: ([email protected])

OUD-LEERDERS PRESTEER

Hoërskool Linden Die volgende oud-leerders is tot Hoërskool Linden se SVLR verkies: Rudolph Visagie, Ruan van der Merwe, Ernst Landman, Victor Peenz, Christiaan Smith, Michael van Duyn, Vincent Anderes, Lumé Botha, Chanel Breedt, Miné Gouws, Mia van der Westhuizen, Danielle de Villiers. Mégann Roux en Monique Taljaard. Uit ‘n totaal van 30 SVLR-lede is 14 oud-leerders van Laerskool Fairland. Ons is voorwaar trots op julle!

REDAKSIE

Al die implikasies van die onlangse verkiesingsresultate het ‘n mens weer laat besef dat die mens soms eers in ‘n hoek gedryf moet word, voordat hy optree. Die meeste van ons is al so apaties oor die onregte van die lewe en die onregverdigheid en korrupsie waarmee ons elke dag te doene kry, dat ons afgestomp raak. Konstante blootstelling aan gewelddadige gebeure het dieselfde uitwerking. Ons mor en kla en gaan aan met ons lewens. Die gedurige geteem oor dieselfde kwessies maak ‘n mens moedeloos en moedeloosheid lei tot apatie.

So, wat het dan die verskil gemaak? Ek vermoed dat dit dikwels net een harde, duidelike stem verg om met passie ‘n alternatief daar te stel. Baie mense voel eintlik dieselfde, maar ontsien die moeite en inspanning wat optrede van hul vereis. As daar egter iemand is wat bereid is om die eerste tree te gee, sal ander dikwels die nodige energie vind om die pad saam met so ‘n persoon te loop. Tenminste onstaan ‘n beweging in die regte rigting as gevolg van die bewusmakingproses. Die mens is inherent gemaksugtig en sal daarom instinktief die status quo wil handhaaf, maar as jy hom te vêr druk, sal hy hakke in die grond steek en begin terugbaklei.

Dikwels is dit te laat en is die proses onomkeerbaar. Dan help kla of gebare niks en moet jy maar sluk of stik. Dus, moenie wag vir die spreekwoordelike stem in die woestyn nie. As jy ‘n onreg aanskou, maak jou stem dik. Moenie ‘n stom getuie wees van dinge wat die lewe ondraaglik maak vir jou medemens nie. Wees JY die kampvegter, wees die een wat voorloop. Kort voor lank het jy die vlammetjie ook by ander aangesteek sodat goedheid en guns soos ‘n verterende vuur deur al die haat en onreg vreet. Dan bly net die as oor en winde van verandering sal dit gou na die uithoeke van die aarde verstrooi.

Dis die ideaal.

Erika

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

3

AKADEMIE

Toetsrooster:

Derde kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 19 Augustus Afrikaans Engels Afrikaans Engels

Vr. 26 Augustus Engels Wiskunde Wiskunde Tegnologie

Di. 30 Augustus Wiskunde

Vr. 2 September NW NW NW NW

Vr. 9 September SW SW SW SW

Vr. 16 September EBW

Verandering van toetsdatums:

Let asb. daarop dat die gr. 7-toetsdatums verander. Die aanpassing word gemaak om die groot hoeveelheid leerders wat deelneem aan die kunswedstryd, tegemoet te kom.

Daar word op Vrydag 26 Augustus Tegnologie geskryf en op Dinsdag 30 Augustus Wiskunde.

Toppresteerders: 2de Kwartaal

Gr. 4: Anshe Roos Nicola Nel Luke Groeneveld Karo Bekker Leah Groeneveld Lené Dyson Lea Booyens Megan Fritz

Ané van der Westhuizen Gabriël van der Westhuizen Jana Simpson Emma van der Waal

Gr. 5: Ezaan Husselmann Mia Marais Andries de Kock Kara Schreuder Ian van Heerden Francois van Zyl Isabella du Toit Duan Brittion Cayla van Rooyen Roeloff le Roux Gr. 6: Franco Vosloo Marcel Steyn Ben de Bruyn Elize Naude Bianca Landman Reuben du Toit Zack van Niekerk André van Graan Ryan Snyman Jacques Scheltema Andrea Beukes Wilmien Meyer Karla Rooseboom Dené Potgieter Lyné Olivier Kyle de Vos Dané Kotzé Ané Dannhauser Ruan Krause Juan Schoeman Reinhard van Zyl Anika Oosthuizen Bennu Dyson Margaux le Roux Gr. 7: Mathilda Steyn Lize-li Smit Charles de Kock Chloë Morrow Mika van Zyl Zoë Franck Suné Botha Kyla Booyens Schalk Viljoen Brendan Kruger Ela Babüroğlu Luan Husselmann Michelle Steenekamp Neal Keyter Luané Coetzer Lydia de Bruyn Nadia van Niekerk Michél Croucamp Inez Terblanche Zoé-Lee Botma Liam Keuler Emma Dirks Ilke Human Jean de Villiers Luc Sinclair Mieke le Roux

KULTUUR

KOOR

Ons wil graag beide ons kore gelukwens met hulle optredes die afgelope paar weke by o.a. die Foyer-kooraand en ook by die NG Weltevreden Koorfees. Hulle het ons skool met trots verteenwoordig en ons waardeer die tyd en moeite wat hieraan bestee is.

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

4 FAIRLAND KUNSWEDSTRYD

Na maande se voorbereiding het die tyd uiteindelik aangebreek vir ons eerste interne kunswedstryd. Dit het Maandag 15 Augustus afgeskop met die dansafdeling. Woensdag is ‘n dramadag en op Donderdag en Vrydag vind beide die sang- en instrumentale afdelings van musiek plaas. Daar was letterlik honderde inskrywings en ons is opgewonde om ons kultuurdiertjies in aksie te sien. Ons wens een en elk van julle dan ook baie sterkte toe vir die kompetisie. Onthou: Jy het ‘n gawe gekry wat spesiaal is aan jou. Laat jou liggie skyn!

Week 2 word deur al die ander drama-items opgeneem en op Vrydag 26 Augustus, kom die Beste van die Beste teen mekaar te staan in die finaal.

Ouers moet asb. van die volgende kennis neem:

Geen finale uitslae sal nou al bekend gemaak word nie. Dit sal eers by die jaarlikse Kultuurtoekenningsaand bekend wees. Deelnemers sal egter na elke optrede ‘n afskeurstrokie ontvang wat die persentasie aantoon wat deur hulle vir die item verwerf is. Geen rangorde sal egter bekendgemaak word nie. Verslae bly op rekord by die skool tot na die toekenningsaand, waarna dit aan die deelnemers uitgedeel sal word. Hou dus jou afskeurstrokie as bewys van jou uitslae!!

Gr. R – gr. 3 se deelnemers sal sertifikate kry wat tydens ‘n normale saalbyeenkoms aan hulle uitgedeel sal word, aangesien daar nie ‘n toekenningsaand vir hulle is nie.

Daar sal repliek gelewer word deur die beoordelaars na afloop van sekere afdelings om algemene riglyne en wenke te gee ten opsigte van die verskillende optredes. Dit dien as aansporing en vorm deel van die ontwikkelingsproses.

Die beoordelaars het ook die verantwoordelikheid om uit elke genre ‘n sekere aantal deelnemers te kies wat volgens hulle uitstaande vertonings gelewer het. Die deelnemers sal dan genooi word om aan die finale rondte, Beste van die Beste, deel te neem. Die beoordelaars se beslissings is finaal en daar sal GEEN redenasie of appél hieroor geduld word nie. Die skool het hom ten doel gestel om die beste beoordeling moontlik te reël en vertrou die professionele objektiwiteit van elke beoordelaar.

Daar sal geen uitslae van die finaal bekendgemaak word nie, aangesien die deelnemers uiteindelik sal geplaas word in ‘n rangorde deur die beoordelaars, uitsluitlik gebaseer op hulle optredes by die finaal. Hierdie rangorde bepaal watse tipe addisionele toekennings aan hulle gemaak sal word by die toekenningsaand en kan dus nie vooraf bekend gemaak word nie. Daar sal egter weer repliek gelewer word oor die optredes van die laaste deel van die kunswedstryd.

Bywoning van verskillende sessies Soos ons reeds genoem het, is daar baie deelnemers en het ons beperkte plek in die saal, mediasentrum en lapa. Ons wil dus die volgende versoek:

Verlaat asb. die venue aan die einde van u kind se sessie om plek te maak vir die volgende groep se optredes.

Moenie op die deelnemers se bespreekte plekke gaan sit nie. Hulle moet teenwoordig wees om te hoor as hulle item aangekondig word.

Bywoning is gratis, maar in ruil verwag ons stilte as optredes plaasvind uit respek vir ons kinders en beoordelaars. Niemand mag in- en uitloop tydens optredes nie. Wag vir die einde van ‘n item.

Geen besprekings word gemaak nie en dus is dit in swak smaak om plekke te hou vir ‘n horde ander mense. Die wat eerste opdaag, kry die sitplekke.

Die finaal is uitsluitlik vir genooide eregaste en die ouers van die finaliste. U kind se uitnodiging sal dien as u toegangskaartjies (2 kaartjies per deelnemer). Indien daar nog plek beskikbaar is, sal ons ander familielede eerste keuse gee. Daarna sal dit oopgestel word vir die res van die skool se ouers.

Ons vertrou dat ons op u samewerking kan staatmaak in die verband. Erika Joubert Organiseerder: Fairland Kunswedstryd

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

5 DANS EN DRAMA

Oefentye: Drama: Dans: Ma.: 14:30 - 15:00 (Gr. 1) Wo.: 15:30 - 16:30 (Solo-afrigting)

15:00 - 15:30 (Gr. 2) 16:30 - 17:30 (Gr. 6 en gr. 7) 15:30 - 16:30 (Gr. 3) Do.: 14:00 - 15:00 (Gr. 5 - gr. 7) 16:30 - 17:30 (Gr. 4 en gr. 5) 15:00 - 15:30 (Gr. 1 en gr. 2)

Di.: 14:00 - 15:00 (Gr. 5 – gr. 7) 15:30 - 16:00 (Gr. 3 en gr. 4) 15:00 - 15:30 (Gr. 1 en gr. 2) 15:30 - 16:00 (Gr. 3 en gr. 4)

JUNIORKOOR

Baie dankie vir almal se harde werk met die Foyer-optrede. Belangrike datums om op u kalender aan te teken:

18 en 19 Augustus - Laerskool Fairland Kunswedstryd 14 Oktober - Koorfees saam met Johan Bester

Juniorkoor-kleredrag vir optredes

Dogters: groen langmou skoolhemp, groen rompie, grys langkouse (geen sykouse), skoolskoene en 'n das. Hulle hare moet asb. in 2 “ponies” wees.

Seuns: groen langmou skoolhemp, grys langbroek, belt, skoolskoene en 'n das.

SENIORKOOR

Belangrike datums

18 en 19 Augustus - Fairland Kunswedstryd 14 Oktober - Koorfees saam met Johan Bester Kuns-aanhaling van die week Erika Joubert

SPORT

HOKKIE

Uitslae: Dogters: o/9A wen 6 – 0 vs Christiaan de Wet o/10A wen 3 – 0 vs Christiaan de Wet o/11A wen 10 – 0 vs Christiaan de Wet o/12A wen 4 – 0 vs Christiaan de Wet o/13A wen 3 – 0 vs Christiaan de Wet

Seuns: Junior A gelykop 0 – 0 vs NWCS 1ste span wen 3 – 0 vs Unika

Oefentye

MAANDAE DINSDAE WOENSDAE

o/7 & o/8 13:40 - 14:15 GEEN OEFENING 13:10 - 13:45

o/9 – o/11 14:10 – 15:10 13:40 – 14:40 13:40 – 14:40

o/12 & o/13 15:10 – 16:10 14:40 – 15:40 14:40 – 15:40

o/12A en o/13A oefen elke 2de Maandag by Northcliff Astro (14:30 – 16:30) Datums: 29 Augustus en 5 September

Seuns: Voorlopige datums vir ligawedstryde Dogters: Voorlopige datums vir ligawedstryde

19 Augustus; 2 September 23, 30 Augustus; 6 September

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

6 Mini-hokkietoernooi: 23 en 30 Augustus

MAANDAE DINSDAE WOENSDAE

o/7 & o/8 (Mini-hokkie)

13:4(0 - 14:15 13:10 - 13:45 13:10 - 13:45

TENNIS

Uitslae: Juniordogters A wen 18 – 10 vs TrinityHouse Randpark Juniordogters B wen 16 – 12 vs Unika

Juniortennis: Ligawedstryde bepalings:

Seuns A - 23 Augustus De la Salle (t) 30 Augustus Louw Geldenhuys (t) 6 September TrinityHouse Randpark (w) 13 September Fontainebleau (w)

Seuns B - 23 Augustus Louw Geldenhuys (w) 30 Augustus Loslootjie 6 September Unika (w)

Dogters A - 24 Augustus Fontainebleau (t) 31 Augustus NWCS (w) 7 September Loslootjie Dogters B - 24 Augustus Louw Geldenhuys (t) 31 Augustus Loslootjie 7 September Fontainebleau (t)

KRIEKET

Uitslae: o/9A wen met 9 paaltjies vs Orion o/10A verloor met 5 paaltjies vs Orion

1ste span verloor met 57 lopies vs Randhart

Oefentye

Tyd: (derde en vierde Kwartaal)

Maandae: 14:10 - 15:40 Dinsdae: 13:45 - 15:15 Woensdae: 13:45 - 15:15

Krieketvaardighede (o/7 en o/8)

Oefentye

Maandae: 13:40 – 14:15 Dinsdae: 13:10 – 13:45 Woensdae: 13:10 – 13:45

Krieketoefening vir gr. R-leerders (o/6) begin eers in die vierde kwartaal. Tye sal later deurgegee word.

LANDLOOP

UITSLAE:

o/7 Nathan van den Berg 8ste o/8 Joshua Liebenberg 2de Johan Louw 4de Cara Kilian 5de Simoné Mentz 6de

Ethan van Damme 7de

o/10 Kean Swanepoel 3de o/11 Corné de Fouw 2de

Claudi Greeff 3de Erica Spangenberg 2de Diaan Rooseboom 7de Francois van Zyl 3de Ezaan Husselman 6de

o/13 Mika van Zyl 6de Mathilda Steyn 8ste

Liga-byeenkomste

Saterdag 20 Augustus Ruimsig D10-byeenkoms Saterdag 3 September Sal aangekondig word Gauteng-kampioenskap

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

7 Oefentye: Maandag 15:45 – 17:00 Dinsdag 15:45 – 17:00 Woensdag 15:45 – 17:00 Donderdag 14:00 – 15:00 Bring tekkies, ‘n warm baadjie en ‘n waterbottel saam. SKAAK Oefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal) Skaak: Wagklas-oefentye

INLIGTINGSENTRUM

ATKV SPELATHON

Drie van ons leerders het op Vrydag 12 Augustus deelgeneem aan die ATKV-Spelathon se Gauteng-finaal. Hulle het almal uitsonderlik gevaar.

Marcel Steyn het 4de geëindig en André van Graan 3de nadat hulle vele woorde hardop moes spel. Mathilda Steyn het ook enduit korrek gespel en haar goed van haar taak gekwyt. Ons sal binnekort in kennis gestel word wie van die leerders deelneem aan die ATKV se nasionale spelathon.

Baie geluk aan julle almal!

Leanie Taljaard

ALGEMEEN VERE-KAS

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Vere-kasgroete Lillian Ankersmit - 082 324-5034 Kopluise Ons doen ‘n ernstige beroep op alle ouers om seker te maak hulle kinders is nie besmet met kopluise nie. Dit is tans ‘n groot probleem onder die leerders.

TYE DONDERDAE

Gr. 1(beginners) K.27 13:35 - 14:20 Maandae en Donderdae 13:30 - 14:00

Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K.22 13:50 - 14:50 Dinsdae en Woensdae 13:00 - 13:30

Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K.22 14:00 - 15:30

Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K.31 14:00 - 15:30

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

8 KASKAR-KUIERFEES: Saterdag 3 September 2016 Baanprogram

Optog: vanaf 9:30 - 10:00

Rondte Tyd Baan A Baan B Baan C

1 10:00 - 10:25 Gr. R/07 Gr. R/10 Gr. 4/47

Gr. R/08 Gr. R/11 Gr. 4/48

Gr. R/09 Gr. R/11A Gr. 4/49

2 10:30 - 10:55 Gr. 2/14 Gr. 2/17 Gr. 4/50

Gr. 2/15 Gr. 2/21 Gr. 4/51

Gr. 2/16 Gr. 2/23 Gr. 4/52

3 11:00 - 11:25 Gr. 1/18 Gr. 1/25 Gr. 6/04

Gr. 1/22 Gr. 1/26 Gr. 6/32

Gr. 1/24 Gr. 1/27 Gr. 6/34

4 11:30 - 11:55 Gr. 3/12 Gr. 3/29 Gr. 6/37

Gr. 3/13 Gr. 3/45 Gr. 6/40

Gr. 3/28 Gr. 3/46 Gr. 6/44

5 12:00 - 12:25 Gr. 5/02; 5/03; 5/05

6 12:30 - 12:55 Trekking vir motorkompetisie

7 13:00 - 13:25 Gr. 5/39; 5/41; 5/43

8 13:30 - 13:55 Gr. 7/01; 7/06; 7/30

9 14:00 - 14:25 Gr. 7/31; 7/33

10 Ouer/onderwyser resies!

Kaskarkuierfees 3 September 2016

Vanaf 10:00 tot 17:00 kan julle na hartelus kom speel en baljaar op die Junior- en ook Senior Gladiatorbane! Vanaf 29 Augustus tot 2 September kan jul R50 by jul registerklasse betaal vir die Gladiatorbane. Op Vrydag 2 September gaan jul dan ‘n bandjie ontvang wat jy die hele dag moet aanhou. Die juniors sal oranje bandjies ontvang en die seniors groenes.

Tydens die kaskarkuierfees op 3 September sal daar ook bandjies te koop aangebied word teen R50.

Kom deel in die pret en onthou jou R50!!

Baie dankie

Duisend dankies vir ‘n wonderlike verjaardag! Die moeite en opofferinge word opreg waardeer. Dankie aan elke ouer en klasmaatjie vir my oulike geskenke, blomme, briefies en die groot bederf. Waardeer dit uit die diepte van my hart.

Liefde Juf. Connie

GR. R: UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Die maatjies in elke gr.R-klas wat werklik tydens die week uitgeblink het, se naam verskyn weekliks in die Vinkie. Dié maatjies kry ‘n pragtige sertifikaat, dra die goeiegedrag-knopie en mag ‘n draai by mnr. Willie in sy kantoor maak.

Gr. R/07: Jordan Johnston Gr. R/08: Damian Long Gr. R/09: Tristan Mc Que Gr. R/10: Emma Kahts Gr. R/11: Carla Haasbroek Gr. R/11A: Nathan du Toit

STERRE VAN DIE WEEK (afgelope 2 weke)

Gr. 1/18 : Marlouise van der Merwe Gr. 1/22 : Kirsten Mann Minké Böhmer Brayden Maxwell

Gr. 1/24 : Carla Janse van Rensburg Gr. 1/25 : Daniel Schneider Willem Theron Gustaf de Lange

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

9

Gr. 1/26 : Lee-Aney Louw Gr. 1/27 : Callum Filmalter De Waal van Breda Lize Labuschagne Gr. 2/14 : Lisa van der Waal Gr. 2/15 : Frank Menezes Andrea Cuyler Mateo van Jaarsveld Gr. 2/16 : Kyle Fölscher Gr. 2/17 : Daniel Brink Craig Rothmann Jordyn de Klerk Gr. 2/21 : Llewellyn Haasbroek Gr. 2/23 : Stander Spangenberg Josh Jacobs Divan Pieterse Gr. 3/12 : Karla Strümpfer Gr. 3/13 : Zander van Tonder

Anré Ueckermann Estian du Toit

Gr. 3/28 : Juané van Niekerk Gr. 3/29 : Karli de Kock Bridget Campbell Brennan le Roux Gr. 3/45 : Daniёl Booysen Gr. 3/46 : Janine Kitshoff Abigail Louw Ané Minnaar

GOEIE GEDRAG

Gr. 4/49 Keatin Carlse en Carmen Lehmann

BIDGROEPIE

Kom bid lekker informeel en vinnig saam as jy klaar kinders afgelaai het op ‘n Woensdagoggend. (7:30 -8:00). Ons wil graag in die lapa vir ons skool, die kinders, personeel en werkers bid.

Vir enige inligting sms Kirsti 083 463-6600.

TOUCH RUGBY

Sondagmiddag touch rugby vanaf 15:30 op Laerskool Fairland se sportvelde. Alle pappas en seuns welkom.

Kaskardag / Kuierfees: Bestelling by Snoepie

CAFFE MOLINARE

Directors:ML Ambrosius and JG Blom Shop 16, Kurt Avenue, Florida Glen, 1709 Cell: 082 714 6676 / 082 416 8151 VAT NO: 4410186771

Klaar Gebraaide Etes Beskikbaar( R60,00 per persoon) Hoender of Lam Chop Wors Pap en Sous Aartappelslaai Griekse Slaai

Braaipakke Beskikbaar(Nie Gebraai Nie)( R30,00 per braaipak) Hoender of LamChop En Wors met Speserye

Bestellings: [email protected]

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

10

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

ALGEMEEN

ABACUS MATHS

Thorne van Blerk (gr. 1/24) het Saterdag 6 Augustus 2016 aan Abacus Maths-kompetisie deelgeneem waar hy ‘n bronsmedalje verwerf het

SPORT

SWEM

Galadatums: Vrydag 14, 21 & 28 Oktober, 4 November

GHOLF Na afloop van die 2016 Ernie Els SA Laerskole Kampioenskap in Port Shepstone wat op 3-5 Augustus plaasgevind het, het ons vierbal algeheel 16de geëindig uit 20 skole. Laerskool Fairland het die Gauteng Junior Golf Association verteenwoordig. Herman du Plessis het algehele 3de-plek behaal en Johan Bredenkamp het algeheel 30ste geëindig. Daar het ongeveer 80 gholfspelers die toernooi bygewoon. Baie geluk!

KULTUUR

SKOTSE DANSE Kiara Prall (gr. 5) het op Saterdag 30 Julie aan die SA Championship Highland Danskompetisie in Benoni deelgeneem. Hierdie is die grootste en laaste amptelike danskompetisie vir die jaar, waar dansers van reg oor die wêreld kom deelneem het. Drie van die beoordelaars het ingevlieg van Skotland af. Sy het een goue- en een bronsmedalje verower. Daar was altesaam 10 dansers van 11 en jonger in die kategorie waarin sy deelgeneem het. Sy het ook ‘n trofee verwerf deurdat sy die 2de algehele plek in haar Nasionale kategorie gewen het.

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

11

ATKV- redenaarsfinaal - 2016

Dit was vir Mathilda Steyn (gr.7) ‘n baie groot

voorreg om Laerskool Fairland verlede Donderdag by die ATKV- redenaarsfinaal,

Buffelspoort, te verteenwoordig. Die feit dat die geleentheid ook die 50ste

bestaansjaar van die kompetisie herdenk het, het dit nog meer besonders gemaak. Daar was 24

deelnemers vanoor die land, asook Namibië, wat in die gr. 6- en gr. 7-kategorie deelgeneem het.

Na afloop van die opening in die Buffelsaal het almal na die onderskeie lokale gegaan vir die

aanvang van die kompetisie. Mathilda het haarself baie goed van haar taak gekwyt in die

voorbereide, sowel as in die onvoorbereide afdeling waar hulle moes beredeneer of kinders

in advertensies gebruik moet word of nie. Sy was van mening dat kinders nie in advertensies gebruik moet word nie en het die gehoor en

beoordelaars daarvan oortuig. Die voorsitter was voorwaar oulik en het na elke

spreker ‘n kwinkslag gereed gehad.

Die aand is almal terug na die Buffelsaal vir die prysuitdeling. Alle deelnemers is gevra om op te staan en is gelukgewens met die groot prestasie

om hulle skole daar te kon verteenwoordig. Alhoewel Mathilda nie aangewys is as een van die top 3 sprekers in haar afdeling nie, voel sy

baie trots op haar poging en het Laerskool Fairland se naam hoog gehou.

GIMNASTIEK ARTISTIESE GIMNASTIEK

Xante Johnston het ‘n goue medalje verower in die Gauteng 2016 Vlak 2 Provinsiale gimnastiek. Wat die prestasie nog merkwaardiger maak, is die feit dat daar 131 deelnemers was in die vlak 2-kategorie (8 – 9 jaar). Baie geluk!.

Mila Pieterse (gr. 3/12) het op 30 Julie 2016 Visions Gymnastics verteenwoordig by die jaarlikse provinsiale kompetisie vir artistiese gimnastiek.

Sy verower ‘n algehele silwermedalje met haar totale puntetelling en verower hiermee haar Sentraal-Gauteng halfkleure.

Op 26 Augustus 2016 sal sy Sentraal-Gauteng verteenwoordig by die Zone-kompetisie te Kemptonpark. Baie geluk Mila.

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

12 NEA - UITSLAE

LET WEL: Enige NEA-sertifikate en repliekvorms moet asseblief binne ‘n week na optrede in die NEA-boks in die kantoor geplaas word. Dié betrokke uitslae sal dan te gelegenertyd in die saal uitgelees word en in die Vinkie gepubliseer word.

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL

Bly warm hierdie winter met musiek wat jou hart vul! Skryf nou in vir musieklesse te kies en te keur - kitaar, sang, dromme, klavier, viool, blokfluit en "Shake it Orff" groepsklasse! Kontak Anthea op 081 351 7491 // [email protected] // Berario Ontspanningsentrum.

FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8ste Laan, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected]

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

13

Erf in 251 Smit Straat, Fairland te koop

Plat pypsteel-erf van omtrent 1,400

vierkante meter geleë tussen 1ste en 2de Laan.

R1,000,000.00 onderhandelbaar Kontakbesonderhede:

Herman Breedt – 071 846 2800 Herman Bosch – 083 387 3809

OP SOEK NA BETROUBARE HUISHULP

Ek is opsoek na n betroubare middeljarige inslaap huishulp.

Sy moet reeds ervaring met kinders hê en verkieslik Afrikaanssprekend wees. Indien jy van iemand weet, kontak Cordelia 082 921 7833.

SKAAPTJOPS!!

Smaaklike, vars Vrystaat lamsvleis te koop teen R80.00 per kilogram. Opgesny en verpak na u bestelling. Heel of halwe lam. Navrae – Tinus de Wet [email protected].

AKSIE-NETBAL

Ons benodig 3 Aksie-netbalspelers vir ons span – jaar van geboorte 2007.

Skakel vir Karen (060 355-4499) vir meer Inligting.

KIDZ MOBI

Areas : Linden, Northcliff, Weltevredenpark, Randpark, Windsor, Darrenwood, Ruimsig, Little Falls, Allensnek. For service and quote, please sms all details: [Child’s name & grade, school, area from [home] and to[school]

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

14

Page 15: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · eggenoot, Chris. Ons harte gaan uit na Mia Basson (gr. 4/50) en Qian Basson (gr. 2/17) en ook mamma Danelle. Mag julle vertroos en versterk

15

KASKARKUIERFEES SATERDAG 3 SEPTEMBER 2016

Toegang is gratis. Geen donasielyste.

4 x 4 Kaskarbane

Braaivleisvure

beskikbaar vanaf 13:00, bring u eie

piekniekmandjie of bestel 'n braaipak

by die snoepie. [email protected]

R50 vir 'n hele

dag se Gladiator-pret!

Kom kuier saam en geniet die dag!