uit die hoof se kantoor - wordpress.com · nelius van graan – graadwenner 3. richard steenekamp...

17
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 5 22 Februarie 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Atletiek: D10-byeenkoms Baie geluk aan al ons atlete wat so puik gevaar het tydens hierdie byeenkoms. Ons is voorwaar trots op julle. Baie dankie aan al die ouers vir hul ondersteuning en die personeel wat tydens die byeenkoms werksaam was. Personalia Ons dink steeds aan Anroux Barnard wat nog ernstig siek is. Ons dink aan jou Anroux en glo en vertrou dat jy binnekort weer op die been gaan wees. Uit die Vink se nes..... Hoe kan ek my kinders motiveer? Groter klem op hul poging en werksetiek Kweek self-trots Die gevoel van “lekker tough” na ‘n aktiwiteit (goeie balans) Skep ‘n atmosfeer wat hiertoe bydra. Doen iets vir die regte redes. Klem op “herstel vinnig” en “probeer weer” en “hou aan”! BELANGRIKE DATUMS DATUM AKTIWITEIT ALGEMEEN 21 Februarie Gr. R-koekverkoping 9 Maart Medialeiers: Werkswinkel (13:30 16:30) en oorslaap (17:00) Leesklubleiers: Werkswinkel (15:30 16:30) en oorslaap (17:00) 12 Maart Beheerliggaamverkiesing 23 25 Maart Pa en seun-/Ma en dogternaweek 19 Mei VVF-pretloop 15 September VVF-funksie AKADEMIE 8 Feb. 16 Mrt. Toetsreeks (Gr. 4- tot gr. 7-leerders) KULTUUR 19 Februarie Interne redenaars ronde 1 gr. 6 en gr. 7 2 4 Maart Seniorkoor: Kamp SPORT 2 & 3 Maart Atletiek: Gautengkampioenskap (Ruimsig Atletiekstadion) 15 Maart SA-kampioenskap (voorlopige datum) - Paarl

Upload: others

Post on 25-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 5 22 Februarie 2018

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Atletiek: D10-byeenkoms

Baie geluk aan al ons atlete wat so puik gevaar het tydens hierdie byeenkoms. Ons is voorwaar trots op julle.

Baie dankie aan al die ouers vir hul ondersteuning en die personeel wat tydens die byeenkoms werksaam was.

Personalia

Ons dink steeds aan Anroux Barnard wat nog ernstig siek is. Ons dink aan jou Anroux en glo en vertrou dat jy binnekort weer op die been gaan wees.

Uit die Vink se nes.....

Hoe kan ek my kinders motiveer?

Groter klem op hul poging en werksetiek

Kweek self-trots

Die gevoel van “lekker tough” na ‘n aktiwiteit (goeie balans)

Skep ‘n atmosfeer wat hiertoe bydra. Doen iets vir die regte redes.

Klem op “herstel vinnig” en “probeer weer” en “hou aan”!

BELANGRIKE DATUMS

DATUM AKTIWITEIT

ALGEMEEN 21 Februarie Gr. R-koekverkoping

9 Maart Medialeiers: Werkswinkel (13:30 – 16:30) en oorslaap (17:00)

Leesklubleiers: Werkswinkel (15:30 – 16:30) en oorslaap (17:00)

12 Maart Beheerliggaamverkiesing

23 – 25 Maart Pa en seun-/Ma en dogternaweek

19 Mei VVF-pretloop

15 September VVF-funksie

AKADEMIE 8 Feb. – 16 Mrt. Toetsreeks (Gr. 4- tot gr. 7-leerders)

KULTUUR 19 Februarie Interne redenaars ronde 1 gr. 6 en gr. 7

2 – 4 Maart Seniorkoor: Kamp

SPORT 2 & 3 Maart Atletiek: Gautengkampioenskap (Ruimsig Atletiekstadion)

15 Maart SA-kampioenskap (voorlopige datum) - Paarl

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

2

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Geagte Ouers

Beheerliggaamverkiesing: 12 Maart

Ons wil u graag inlig ten opsigte van die komende beheerliggaamverkiesing vir 6 ouerlede op 12 Maart 2018 om 19:00 in die saal.

Registrasie begin reeds om 16:30 (Bring asb. bewys van identiteit saam om te registreer. ID dokument / paspoort / bestuurslisensie) Nominasievergadering open om 18:30 Verkiesing begin om 19:00 Kandidate sal die geleentheid kry om hulleself aan die kiesers voor te stel in ‘n kort (maks. 3 min.) aanbieding om 19:00. Slegs ouers/voogde van ingeskrewe leerders van Laerskool Fairland is stemgeregtig. Slegs 2 ouers per oudste/enigste kind. Maak seker dat u naam op die kiesersrol verskyn en dat u ID-nr. korrek aangebring is. (Kiesersrol te besigtig in die kantoor vanaf Maandag 26 Februarie 2018.) Die stemproses word streng volgens regulasies hanteer onder toesig van die amptelike kiesbeamptes soos aangewys. Geen dispute, indien enige, sal deur die skool hanteer word nie.

‘n Kworum van 15% van kiesers (270) is vereis vir die verkiesing om plaas te vind. Ons doen dus ‘n beroep op u om ons te ondersteun in hierdie baie belangrike saak. Neem in ag dat u die bestuur van u kind se skoolbelange vir die volgende 3 jaar bepaal deur u stem uit te bring. Die stemme word direk na die verkiesing getel en geverifieer deur die kiesbeampte en die uitslag sal daarna bekendgemaak word.

Die Fairland-voortrekkers het goedgunstiglik aangebied om na die leerders om te sien by mnr. Jordaan se klas indien u hulle moet saambring. Daar sal ook snoepiestalletjies wees voor die saal aangesien dit om etenstyd plaasvind en u moontlik direk vanaf u werk moet kom stem. Daar is ook ‘n vergunning gemaak ten opsigte van Vrydag 16 Februarie 2018 na die verkiesing. Indien u sorg dat ons die 15% kworum behaal op Maandag 12 Maart 2018, sal ons die skool, as blyk van waardering, reeds om 12:00 sluit vir al die leerders.

Ons vertrou dat ons u elkeen daar sal sien en dat u met entoesiasme sal deelneem aan hierdie belangrike dag.

Johan Kilian VOORSITTER: BEHEERLIGGAAM

FINANSIES – KWYTSKELDINGS

Soos per inskrywingsvorms gekommunikeer, handig asb. volledig voltooide aansoek om kwytskelding persoonlik in by Verna van Greunen voor 28 Februarie 2018.

VAKANTE POS: ALGEMENE WERKER

Algemene werker: Vereistes / aard van pos (maar nie beperk tot):

Algemene geboue-instandhouding (bv. verf, algemene terreinwerk)

Medies geskik wees

Sober gewoontes hê

Geen kriminele rekord nie

Verlengde werksure wanneer verlang

Salaris onderhandelbaar

Stuur asb. alle CV's voor of op Vrydag 23 Maart om 12:00 aan Karén Reyneke ([email protected]) - Verwysing: Algemene werker.

Vir enige navrae in verband met bogenoemde pos, stuur asb. e-pos aan [email protected].

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

3

REDAKSIE

Ten tye van groot veranderinge in ‘n mens se lewe, is elkeen geneig om buitensporig te reageer op die geringste prikkels. Oorreaksie is nie net die domein van die vroulike geslag nie. O neeeee... hou maar ‘n klomp manne dop om ‘n braaivleisvuur as die Bokke se spankeuses ter sprake kom, of oor die regte manier om steak gaar te maak, of hoe om ‘n rooie te kies of wat hulle eerste sou uitsorteer as hul die prez was! Elke outjie het ‘n opinie en elke opinie is die voorspel tot ‘n rusie. Ons het die kuns verfyn om te verskil van mekaar. Hierdie land se politieke geskiedenis het oud en jonk vaardig gemaak in die kuns van redekawel, maar wat ons eintlik nou die nodigste het, is die gawe van luister.

Daar is ‘n Engelse gesegde wat lui: “Practice the pause. When in doubt, pause. When angry, pause. When tired, pause. When stressed, pause.” En ek wil byvoeg: “When you disagree, pause. And when you pause, pray.”

Dis baie duidelik dat ons nou op vele gebiede nuwe tye en nuwe maniere van doen tegemoet gaan. Neem gerus tyd om die vernuwing te bepeins. Moenie sommer net reageer op die prikkels nie. Weeg alle kante van die saak voor jy jou besluite daaroor finaliseer. Dit kan die verskil tussen ‘n blink toekoms en ‘n rampspoedige werklikheid beteken. Dus is my boodskap vir die week:

“Pause and pray!”

So versit ons berge. Erika

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat hierdie week verjaar:

Marissa Maas - 24 Februarie Jaco van Rooyen - 26 Februarie

Mag julle nuwe lewensjaar voorspoedig en geseënd wees!

AKADEMIE

Toetsrooster: Eerste Kwartaal 2018 – Finaal

Eerste Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 23 Februarie Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde

Vr. 2 Maart NW NW NW EBW

Vr. 9 Maart Geografie Geskiedenis Geskiedenis Geskiedenis

Di. 13 Maart Geografie

Vr. 16 Maart Geskiedenis Geografie Geografie NW

LET WEL: Gr. 4: Geografie en Geskiedenis het omgeruil!

KULTUUR

REDENAARS

Die eerste ronde van die LFK-redenaarskompetisie is afgehandel en was sowaar 'n fees vir die oor. Ons sprekers het hulself baie goed van hul taak gekwyt. Baie dankie aan almal wat braaf genoeg was om hulself hiervoor in te skryf. Julle was tops! TOP 5 PER GRAAD (Daar was nie 5 sprekers ingeskryf by elke graad nie). LET WEL: Die leerders se name verskyn in alfabetiese volgorde.

TOP 5 VAN GRAAD 1 1. Hannah Dercksen 2. Imke Hodgskiss 3. Mieke du Toit 4. Ruben Vorster 5. Stefanie Viviers – Graadwenner

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

4 TOP 4 VAN GRAAD 2 1. Annabelle Kirstein - Graadwenner 2. Hannah Gogzell 3. Jeanne-Marie Kitshoff 4. Kristian van Gaalen

TOP 4 VAN GRAAD 3 1. Carla Janse van Rensburg 2. Genevieve du Toit – Graadwenner 3. Lika Human 4. Minke Böhmer

TOP 5 VAN GRAAD 4 1. Chemené Mentz 2. Eben van Graan 3. Gustav Vorster 4. Mignon Potgieter – Graadwenner 5. Niel Marais

TOP 5 VAN GRAAD 5 1. Anika du Preez 2. Jessica Janse van Rensburg – Graadwenner 3. Luané Human 4. Mia le Grange 5. Nicola Bredenkamp

TOP 3 VAN GRAAD 6 1. Delané Potgieter 2. Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp

TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria Kotzé 5. Mia Marais - Graadwenner

UITSLAG PER AFDELING 2018

Baie geluk aan die volgende sprekers wat deurdring na die eerste ronde van die ATKV-redenaarskompetisie wat op 22 en 23 Maart by Hoërskool Linden plaasvind. Hou asb. die Vinkie dop vir verdere reëlings in die verband.

TOP 6 – AFDELING A: 1. Annabelle Kirstein 2. Carla Janse van Rensburg 3. Genevieve du Toit – Afdelingwenner 4. Kristian van Gaalen 5. Lika Human 6. Stefanie Viviers

TOP 6 – AFDELING B: 1. Eben van Graan 2. Gustav Vorster 3. Jessica Janse van Rensburg – Afdelingwenner 4. Mia le Grange 5. Mignon Potgieter 6. Niel Marais

TOP 6 – AFDELING C: 1. Andries de Kock 2. Ezaan Husselmann 3. Isabella du Toit 4. Jessica Goosen 5. Maria Kotzé 6. Mia Marias – Afdelingwenner

LFK: Redenaars Ronde 2: Gr. 4 - 7 (Vrydag 18 Mei) - Onvoorbereid LFK: Redenaars Ronde 3: Gr. 4 – 7 ( Vrydag 27 Julie) – Spanredenaars

Juf. Corisa (Kamer 50)

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

5

LFK VISUELE KUNS

Die uitslae van die eerste rondte van die Visuele Kuns is soos volg:

Wenner per graad:

Gr. R: Ane Symimgton / Kara van der Poel Gr. 1: Lana Nienaber / Carla Du Toit Gr. 2: Alicia Viviers Gr. 3: Anita De Bod Gr. 4: Schalk du Plooy Gr. 5: Lome Robberts Gr. 6: Andrea Pietersen Gr. 7: Mia Marais

Baie geluk aan al die deelnemers met besonderse pragtige kunswerke! Onthou dat jou 3 rondtes se punte bymekaar getel word vir die toekennings aan die einde van die jaar. Moet dus nie een van die rondtes mis nie!

DANS

Dansklasse by juf. Adeline Muller het 5 Februarie begin. Klasse sal voortaan slegs 1 maal per week plaasvind op ‘n Maandag. Onthou dat die klasse gratis is, maar dat jy soos met enige ander aktiwiteit by die skool, elke oefening moet bywoon. Indien jy weens siekte ‘n oefening mis, moet jy ‘n doktersbriefie bring. Dansers sal ook ingeskryf word vir die Fairland Kunswedstryd (LFK) en sal ook die geleentheid kry om by ander kompetisies mee te ding op ‘n vrywillige basis.

Maandae: 14:00 - 14:30 ( gr. 1 en gr. 2) 14:30 - 15:15 ( gr. 3 en gr. 4) 15:15 – 16:00 (gr. 5 – gr. 7)

Inskrywingsvorms is op die Communicator beskikbaar en kan by juf. Erika in Kamer 36 (langs rekenaarklas) ingehandig word. Inskrywings sluit 28 Februarie.

DRAMA

Dramaklasse by juf. Suné Senekal sal op 8 Februarie begin. Klasse is op Donderdae en is ook gratis vir alle belangstellende leerders. Tye is soos volg:

Donderdae: 15:00 - 15:45 ( gr. 3) 15:45 - 16:45 (gr. 4 en gr. 5) 16:45 - 17:45 ( gr. 6 en gr. 7)

Inskrywingsvorms op die Communicator beskikbaar. L. W. Inskrywings sluit op 28 Februarie. Juf. Erika

SENIORKOOR

Ons is opgewonde oor al die geleenthede wat vir ons koorlede voorlê vanjaar, maar ons doen asseblief ‘n beroep op koorlede om baie gedissiplineerd te wees t.o.v koorbywoning. Ons vra asseblief dat u skriftelik verskoning sal maak by juf. Klariké (K.11) (Geelklas gr. R-sentrum) indien daar ‘n geldige verskoning is vir oefeninge wat gemis moet word.

Belangrike datums vir 2018

2 - 4 Maart: Verpligte koorkamp Alle vorms moet by juf. Klariké ingehandig word so gou as moontlik. Betalings vir die kamp is per EFT en die familikode/koorkamp moet as verwysing gebruik word, soos op die brief aangedui.

Voorlopige datums vir Musiekblyspel

13 en 14 Junie – Repetisies 15 en 16 Junie – Optredes Verdere inligting oor hierdie baie belangrike datums sal volg.

Juf. Chrisné

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

6

JUNIORKOOR

10 Maart : Verpligte werkswinkel – inligting volg later

Juf. Melissa

REVUE

Uitslae van die oudisies sal in volgende week se Vinkie geplaas word. Dansoudisies is reeds Woensdag afgehandel en sangoudisies sal Saterdag 24 Februarie en Maandag 26 Februarie plaasvind.

Oefentye

Maandae - SANG: [aanleer van musiek] 16:00 -17:00 juniors en 17:00 – 18:00 seniors Woensdae - DANS: [aanleer van choreografie en danse] 16:00 -17:00 juniors en 17:00 – 18:00 seniors (Dans sal eers in April begin as eerste liedjies aangeleer is.)

Juf. Karen Nel

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2018

Konka-toere: o/9A- en B-spanne Ma. 19 – Wo. 21 Mrt. o/10A- en B-spanne Do. 22 – Sa. 24 Mrt. o/11A- en B-spanne Di. 3 – Vr. 6 Apr. 1ste & 2de spanne Ma. 26 – Do. 29 Mrt.

Netbalkamp: o/11A- & B- tot o/13A- & B-spanne 16 – 18 Mrt. (Camp Discovery)

Oos-Kaaptoer: 17 – 21 Junie

ATLETIEK

16 van Laerskool Fairland se atlete het op Saterdag 17 Februarie aan die D10 - kampioenskap by Ruimsig Atletiekstadion deelgeneem. Uit die 16 atlete wat deelgeneem het, is daar ‘n totaal van 14 atlete wat deurdring na die Gautengkampioenskap wat op die 2 en 3 Maart by Ruimsig Atletiekstadion plaasvind. Baie geluk aan die volgende atlete met hierdie uitsonderlike prestasie:

Elri Coetzer (Dogters o/9 – 60m. en 80m.)

Chemené Mentz (Dogters o/10 – 1200m.)

Sophia Smith ( Dogters o/10 – 80m.)

Lara Boshoff (Dogters o/10 – Hoogspring en 70m. Hekkies)

Anshé Roos (Dogters o/12 – Hoogspring)

Kaili Botjé (Dogters o/12 – 100m. en 150m.)

Delané Potgieter (Dogters o/12 – Gewigstoot)

Euané Theart (Dogters o/13 – 75m- en 200m. Hekkies)

Vincent Graham (Seuns o/10 – Gewigstoot)

Dylan Engelbrecht (Seuns o/11 – Gewigstoot)

Kean Swanepoel (Seuns o/12 – 1200m.)

Jeandré Muller (Seuns o/12 – 75m. Hekkies)

Diaan Rooseboom (Seuns o/12 – 1200m.)

Corné de Fouw (Seuns o/13 – 800m. en 1500m.) Atletiekoefening (Slegs vir atlete wat deurgaan na volgende rondte.)

LANDLOOP

Die landloopseisoen begin eers in die derde kwartaal. Mnr. Jordaan beoog om gedurende die Junievakansie met ‘n oefenprogram te begin. Verdere besondere volg later.

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

7

TENNIS

Tennisligawedstryde – Seniorspanne (Voorlopige ligadatums)

Do. 22 Feb. Seuns A vs Crawford Sandton (t) Seuns B vs Heronbridge (w) Wo. 28 Feb. Dogters A vs King David Sandton (t) Dogters B vs TrinityHouse Randpark (w) Do. 1 Mrt. Seuns A vs Montrose Primary (onttrek) Seuns B vs Montrose Primary (onttrek) Wo. 7 Mrt. Dogters A vs Crawford Sandton (w) Dogters B vs BYE Do. 8 Mrt. Seuns A vs TrinityHouse RP (w) Seuns B vs Fontainebleau (t) Wo. 14 Mrt. Dogters A vs Crawford Lonehill (t) Dogters B vs Fontainebleau (t) Do. 15 Mrt. Seuns A vs Jan Cilliers (t) Seuns B vs Bryandale Primary (w)

Oefentye is op die School Communicator beskikbaar.

Uitslae: Tennis het uitgereën.

SWEM

Laerskool Fairland se swemspan het op Vrydag 16 Februarie by Bryanston Primary School aan ‘n swemgala

deelgeneem. Ons swemmers eindig in ‘n baie kompeterende gala in die 4de plek uit vier deelnemende skole.

Oefentye: Kwartaal 1 (Begin Maandag 29 Januarie)

Maandae Woensdae

Juniors 15:00 – 16:00 15:00 – 16:00

Seniors 16:00 – 17:00 16:00 – 17:00

Northcliff Primary se swembad sal gebruik word vir oefensessies.

Swemgala-datums: Vrydag 23 Februarie (Monument Primary)

RUGBY

Belangrike datums

Vriendskaplike wedstryde Wo. 7 Mrt. vs L/s Hennopspark (t) Di. 13 Mrt. vs L/s Anton van Wouw (t) 20 Mrt. vs L/s Van Riebeeckpark (w) Skeidsregterevaluering - wedstryde Sa. 17 Mrt.

Oefentye: SLEGS VIR MAANDAG 26 FEBRUARIE – 28 FEBRUARIE

Maandag: 14:10 – 15:10 (o/8xv; o/9A&B; o/10A&B) – geen oefening vir o/11 en oopspanne Dinsdag: Normale oefentye (alle spanne) Woensdag: 13:40 – 14:40 (o/11A&B en oopspanne) – geen oefening o/8xv; o/9A&B; o/10A&B

Normale oefentye:

MAANDAG

o/9A&B / & o/8xv o/10 o/11 3de 1ste & 2de

14:10 - 15:25 B-veld A-veld

15:25 - 16:40 B-veld B-veld A-veld

DINSDAG & WOENSDAG

o/9A&B & o/8xv o/10 o/11 3de 1ste & 2de

13:40 - 14:55 B-veld B-veld

14:55 - 16:10 A-veld B-veld A-veld

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

8

TAU-rugby: Maandag 26 Feb. (o/7 asook o/8’s wat nie opgeneem is in die o/8-vyftientalspan nie)

Oefentye Maandae: 13:35 – 14:10 A- en B-veld Dinsdae en Woensdae: 13:00 – 13:35 A- en B-veld

NETBAL

Belangrike datums

Vriendskaplike wedstryde Wo. 7 Mrt. vs L/s Hennopspark (t) Wo. 14 Mrt. vs L/s Randhart (t) Di. 20 Mrt. vs L/s Van Riebeeckpark (w) Fairland Fast 5 - aandreeks Wo. 11 Apr. Netbalkursus 12 en 13 Apr. (o/10C- & D tot o/13C- en D-spanne)

NB: GEEN NETBALOEFENING MAANDAG 26 FEBRUARIE VIR o/10- tot o/13-spanne. o/9-spanne oefen wel in gewone oefentye (soos hieronder).

Oefentye: (Vanaf 26 Februarie):

1ste Sessie: Maandae: 14:15 - 15:30

Dinsdae en Woensdae: 13:50 - 15:05

Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan Klein teerbaan

o/12A&B o/12C&D o/10A&B o/9A&B o/10C&D o/9C&D o/9-Ont.

2de Sessie: Maandae: 15:30 - 16:45

Dinsdae en Woensdae: 15:05 - 16:20

Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan o/13A&B o/13C&D o/11A&B o/11C&D

JOMO-liga (Voorlopige datums)

Do. 19 Apr. vs BPMS (w) Wo. 25 Apr. vs TrinityHouse Randpark (t) Do. 3 Mei vs Roodekrans (t) Wo. 9 Mei vs Kenmare (w) Wo. 16 Mei vs Helderkruin (t)

Mini-netbal (Oefening begin 26 Februarie (Slegs vir o/6- tot o/8-dogters)

Oefentye o/6 Maandae, Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50 o/7 en o/8 Maandae : 13:35 - 14:10

Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50

SKAAK

Oefentye

Donderdae: Gr. 1-leerders: Kamer 14 13:30 - 14:20 Gr. 2- en gr. 3-leerders: Mediasentrum 14:00 - 15:00 Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 15:00 - 16:30 EN/OF

Vrydae: Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 13:00 – 14:00

LET WEL: Daar sal voortaan op Donderdae en Vrydae skaakoefening vir die gr. 4- tot gr. 7-leerders aangebied word. Leerders kan een of beide van die klasse bywoon.

Maandag 26 Februarie “Supper league” TrinityHouse, Randpark

Kliniek: 24 Februarie Slegs vir gr. 2-leerders 09:00 – 12:00

HOKKIE

Baie geluk aan die volgende leerders wat in hul onderskeie ouderdomsgroepe in die D10-oefengroepe opgeneem is:

o/12-seuns: Daan Rooseboom o/13-seuns: Ethan Ceronio o/13-dogters: Inge Schoeman

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

9

ALGEMEEN

VERE-KAS-TYE:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige navrae in verband met die Vere-kas.

WATERPROJEK

Dis met GROOT dankbaarheid wat ons julle laat weet dat ons oor die 600 5liter-waterbottels ingesamel het en dat dit Vrydag deur Gift of the Givers opgelaai is! Dis oor die 3 TON water! Ons gemeenskap by Laerskool Fairland het harte van goud en ons sê baie dankie vir jul bydrae wanneer die nood druk.Julle maak 'n verskil! Groete Maritza Rothmann Vanessa Potgieter

SLUITKASSIES Daar is ongelukkig geen sluitkassies meer beskikbaar nie.

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

9

MEDIASENTRUM

LEESKLUBLEIERS 2018 Baie geluk aan die volgende leerders wat aangewys is as leesklubleiers vir 2018:

Anneska Beukes Logan Bezuidenhout Nelrie Bothma Pierre de Klerk Gideon Kok Denike de Villiers Emma du Plessis Emma Ferreira Abigail Fourie Akira Jacobs Mia Jamneck Mikka Janse van Rensburg Lucian Kleyn Kaylin Kleynhans Carmen Lehman Stephanie Lourens Marine Louw Chané Maré Abigail Moorcroft Nanise Mostert Delarey Myburgh Christina Nap Willianne Nap Andrea Pietersen Ettienne Pieterse Arno Pretorius Chris Rothman Tiaan Smit Niqoula Suttie Zander Steyn Simoné Swanepoel Liam van Damme Chandré van der Merwe Johan van der Merwe Landi van der Merwe Alexa van Loggenberg Mia van Niekerk

Die ATKV-kinderboektoekenning vir 2017 se wenboeke is soos volg: Voorleeskategorie: Gr. RR en gr. 1: Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Grom

Illustreerder: Karen Lilje (LAPA Uitgewers) – Grom Selfleeskategorie: Gr. 2 en gr. 3: Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Viskos

Illustreerder: Zinelda McDonald (LAPA Uitgewers) – Viskos Selfleeskategorie: Gr. 4 en gr. 5: Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Oepse daisy, Lulu

Illustreerder: Elsbeth Eksteen (LAPA Uitgewers) – Oepse daisy, Lulu

Selfleeskategorie: Gr. 6 en gr. 7: Skrywer: Elizabeth Wasserman (Tafelberg) – Elf dae in Parys Al die boeke is in die mediasentrum beskikbaar indien jy dit wil lees.

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

11

Die ATKV-kinderboektoekenning se 2018 leeslys is soos volg: Die gr. R- en gr. 1-boeke word voorgelees tydens mediaperiode en gedurende klastyd. Voorleeskategtorie: Gr. RR en gr. 1

Bennie Boekwurm se tonnelhuisie – Human & Rousseau

Bennie Boekwurm vertel lekker stories 2 – Human & Rousseau

Daar’s nie ‘n krokodil n hierdie boek nie – Lapa Uitgewers

Karel Kraai se kitaar – Human & Rousseau

Kattekwaad – Lapa Uitgewers

Sarel Seemonster se avontuur – Human & Rousseau

By gr. 2- en gr. 3- leerders nomineer die personeel 2 leerders per klas. Gr. 2- en gr. 3- leerders ruil boeke tydens pouse by ‘n klas. (Klasnommer sal later bekend gemaak word). Selfleeskategorie: Gr. 2 en gr. 3

Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die petrolpadda – Lapa Uitgewers

Die boosaardige broers Botha – Tafelberg

Goeie Nag, Goeie Dag, Stories vir die jong ore – Christelike Media Publikasies

Krappie en die kroon – Human & Rousseau

Professor Fungus en die monsterformule – Lapa Uitgewers

Z is vir Zackie 6 : Die tentavontuur – Lapa Uitgewers

Die Gr. 4-leerders word aangewys deur die betrokke klaspersoneel, ook 2 leerders per klas. Hulle ruil boeke in die mediasentrum. Selfleeskategorie: Gr. 4 en gr. 5 Aksieheld Austin: Operasie sabotasie – Lapa Uitgewers Hoendervleis – Lapa Uitgewers La-di-da, Lulu – Lapa Uitgewers Rodeo Rollie! Groenheide Boeke Sanri Steyn: Die Vampiere van Vlermuishoogte – Lapa Uitgewers Skwiek – Lapa Uitgewers Stalmaats 20 : Perdediewe – Lapa Uitgewers Zackie Mostert en die superstinkbom – Lapa Uitgewers

Gr. 5-, gr. 6- en gr. 7-leerders wat belangstel, kan hul name by die mediasentrum gaan opskryf en hulle boeke tydens pouses in die mediasentrum ruil. Selfleeskategorie: Gr. 6 en gr. 7

Blits: Perlemoendiewe – Tafelberg

Die fantastiese, rowwe, dodelike, uhm.... rykamp! – Groenheide Boeke

Die leeutemmer se assistent – Lapa Uitgewers

Dromers – Lapa Uitgewers

Elton die verskriklike April verloor dit – Tafelberg

Kupido.com – Lapa Uitgewers

Maanlig-meermin – Tafelberg

‘n Blonde bom – Human & Rousseau

Om te dans – Lapa Uitgewers

#PresiesAnders : Eksperimente en eerste soene – Human & Rousseau

Skool is ‘n riller – Human en Rousseau

Indien ‘n leerder aan die einde van die leestydperk aan die stemming vir die wenboeke wil deelneem, moet hy/sy al die boeke van die betrokke kategorie gelees het. Juf. Connie

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

12

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Rooiklas: Abigail Liebenberg en Driehan Erasmus Geelklas: Lana Heyns en Jean-Luc Westley Persklas: McKenzie Devenier en Ruan Maartens Oranjekas: Cari Passano en Henry Arnold Groenklas: Mieke J.v. Vuuren en Julian Pauw Blouklas: Xander Nortje en Kayli van Wyk

STER VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Neil Moore Gr. 1/22: Luané du Plessis Gr. 1/24: Emily Groenewald Gr. 1/25: Luhard Coetzee Gr. 1/26: Kylo van der Sluys Gr. 1/27: Ruben Vorster Gr. 2/15: Amoré Serfontein Gr. 2/16: Zanie Jacobs Gr. 2/17: Lana Bouwer Gr. 2/18: Anei van der Walt Gr. 2/21: Lizé Pelser Gr. 2/23: Micke Niemandt Gr. 3/12: Lohan Dirker Gr. 3/13: Kara van der Merwe Gr. 3/28: Karla Viljoen Gr. 3/29: Liam Sanderson Gr. 3/45: Chris Fourie Gr. 3/46: Elri Coetzer

GOEIE GEDRAG

Gr. 4/49 Richard Maree en Janesca Swart

“SAVE THIS DATE”

UITNODIGING AAN ALLE FAIRLAND PA’S EN OUPAS NA DIE 2018 PA EN SEUN-KAMP. JAARGANG 26.

MANS SONDER SEUNS IS OOK MEER AS WELKOM OM IN HIERDIE HEERLIKE ERVARING TE KOM DEEL .

Hierdie jaar kom ons weer by Koppisol bymekaar. As julle gedink het laasjaar het ons dinge bietjie anders gedoen, hou hierdie spasie dop.

DATUM: 22 - 25 Maart 2018

TYE: Vrydag 14:00 tot Sondagmiddag

PLEK: Klub Koppisol, op die R82 tussen De Deur en Vereeniging

TEMA: Kan ek ‘n “hero” wees? Ek is op soek na ‘n vrywillige aspirantfotograaf wat vir ons ‘n klompie foto’s sal vaslê gedurende die naweek.

Kontak my gerus met enige ander navrae of voorstelle!

Koördineerder Jaco Fourie ([email protected] / 083 6333 944)

VRIENDE VAN FAIRLAND-SPENS

Gr. R/07 Koffie Gr. R/08 Suiker Gr. R/09 Tee (Gewoon of Rooibos) Gr. R/10 Langlewe melk Gr. R/11 Poeiermelk of Cremora Gr. R/11A Ontbytgraan (nie Oats nie) Gr. 1/14 Marmite of Bovril Gr. 1/22 Grondboontjiebotter Gr. 1/24 Konfyt Gr. 1/25 Stroop

Gr. 1/26 Geblikte vis Gr. 1/27 Geblikte vleis

Gr. 2/15 Geblikte groente Gr. 2/16 Ingemaakte slaai (boksies)

Gr. 2/17 Ingemaakte vrugte Gr. 2/18 Pasta

Gr. 2/21 Ingemaakte groente Gr. 2/23 “Cup a soup” of pakkies sop of soja

maalvleis (Toppers)

Gr. 3/12 Geblikte sop Gr. 3/13 Oats Gr. 3/28 Ontbytgraan (nie Oats nie) Gr. 3/29 Beskuit ( Ouma-tipe) Gr. 3/45 Rys Gr. 3/46 Enige pasta (nie 2 min. “Noodles” nie)

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

13

Gr. 4/47 Soet koekies Gr. 4/48 “Two min. Noodles”

Gr. 4/49 Blatjang Gr. 4/50 Mayonnaise

Gr. 4/51 Olie Gr. 4/52 Tamatiesous

Gr. 5/02 Jellie Gr. 5/05 Aanmaak-koeldrank

Gr. 5/39 Beskuit (Ouma-tipe) Gr. 5/41 Provitas of soutkoekies

Gr. 5/42 Koekies (soet) Gr. 5/43 Geblikte groente

Gr. 6/03 Langlewe melk Gr. 6/04 Skottelgoedseep

Gr. 6/06 Waspoeier Gr. 6/34 Deodorant (dames)

Gr. 6/37 Langlewe melk Gr. 6/40 Ontbytgraan (nie Oats nie)

Gr. 7/01 Geblikte vleis (Worsies, Bully beef, ens.) Gr. 7/30 Waspoeier

Gr. 7/31 Geblikte vleis Gr. 7/32 Geblikte groente

Gr. 7/44 Geblikte vis

Irene Aucamp Spens Koördineerder 0836517230

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

SWEM

Daniela Popovic het op 10 Februarie haar derde Midmar voltooi. Baie geluk!

ADVERTENSIES

RESONANZE MUSIEKSKOOL

Begin 2018 reg, begin 2018 met MUSIEK!! Skryf nou in vir individuele musieklesse; viool, kitaar, dromme, sang of klavier, OF ons groepklasse; ‘“Shake it Off”, koor, marimbas en meer!! Resonanze Musiekskool, Berario Ontspanningsentrum, 081 351-7491 / [email protected]

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

14 FISIOTERAPEUT

Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat en groep-pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected].

SPESIALE AANBOD VIR LAERSKOOL FAIRLAND SE OUERS

Page 15: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

15

Page 16: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Nelius van Graan – Graadwenner 3. Richard Steenekamp TOP 5 VAN GRAAD 7 1. Andries de Kock 2. Isabella du Toit 3. Jessica Goosen 4. Maria

16

TUINWOONSTEL

Een van ons assistent-opvoeders, Bridgette Mabhude is op soek na 'n bekostigbare tuinwoonstel in die Fairland-omgewing. Kontak asb. vir Bridgette op 0826445905.