uit die hoof se kantoor - wordpress.com...ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat...

14
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 35 17 November 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons glo en vertrou dat ons leerders goed voorbereid skool toe kom gedurende die eksamen. Toekenningsaande Baie dankie aan Leanie Taljaard wat al die aande gekoördineer het. Jou harde werk word opreg waardeer! Kospakkies Baie dankie aan ons ouers en leerders wat ‘n bydrae gelewer het om vir ons werkers kospakkies moontlik te kan maak. Spesiale woord van dank aan Maritza Rothmann en haar span vir die verpakking en reëlings. Inskrywingsboeke Dit is onder ons aandag gebring dat baie van dié boeke teruggestuur word skool toe sonder dat daar enigsins iets in die boek geskryf is of ‘n handtekening gemaak is. Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die skool gaan aanvaar dat u kind nie in 2017 Laerskool Fairland gaan bywoon nie. U kind/ers se name moet ons dan aan die GDO stuur vir plasing by ander skole. ALGEMEEN 11 28 Nov. Eksamen: Gr. 4 gr. 7-leerders 28 Nov. Gr. 1- tot gr. 6-afsluiting 30 Nov. Gr. 7-afsluiting (Gold Reef City) 7 Des. Skool sluit om 11:00 VERJAARSDAE Baie geluk aan personeel wat in die volgende week verjaar: 17 November Theresa Schutte 21 November Karén Reyneke 21 November Arinda Nap 23 November Dalene Oosthuizen Mag dit ‘n vreugdevolle en geseёnde lewensjaar vir julle elkeen wees.

Upload: others

Post on 15-Jan-2020

18 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 35 17 November 2016

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ons glo en vertrou dat ons leerders goed voorbereid skool toe kom gedurende die eksamen.

Toekenningsaande

Baie dankie aan Leanie Taljaard wat al die aande gekoördineer het. Jou harde werk word opreg waardeer!

Kospakkies

Baie dankie aan ons ouers en leerders wat ‘n bydrae gelewer het om vir ons werkers kospakkies moontlik te kan maak. Spesiale woord van dank aan Maritza Rothmann en haar span vir die verpakking en reëlings.

Inskrywingsboeke

Dit is onder ons aandag gebring dat baie van dié boeke teruggestuur word skool toe sonder dat daar enigsins iets in die boek geskryf is of ‘n handtekening gemaak is.

Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die skool gaan aanvaar dat u kind nie in 2017 Laerskool Fairland gaan bywoon nie. U kind/ers se name moet ons dan aan die GDO stuur vir plasing by ander skole.

ALGEMEEN

11 – 28 Nov. Eksamen: Gr. 4 – gr. 7-leerders

28 Nov. Gr. 1- tot gr. 6-afsluiting

30 Nov. Gr. 7-afsluiting (Gold Reef City)

7 Des. Skool sluit om 11:00

VERJAARSDAE

Baie geluk aan personeel wat in die volgende week verjaar:

17 November – Theresa Schutte

21 November – Karén Reyneke

21 November – Arinda Nap

23 November – Dalene Oosthuizen

Mag dit ‘n vreugdevolle en geseёnde lewensjaar vir julle elkeen wees.

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die

2

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

SAVETNET

Sosiale netwerke DEEL 1: Dit is amper vakansie tyd! Tydens die vakansie voel almal meer vry en opgewonde om die hoogtepunte deur sosiale netwerke met die wêreld te deel. SaveTNet Cyber Safety deel ‘n paar riglyne om te onthou voordat jy die ‘like’, ‘share’ of ‘post’ knoppie druk: 1. Daar is ‘n moontlikheid dat dit wat jy gaan deel, wel wêreldwyd kan versprei. 2. Is dit wat jy deel waar, opbouend en goed vir die mense wat dit gaan sien?

3. Gaan dit jou skool, besigheid, familie of enige iemand in die verleentheid stel en kan jy die moontlike gevolge dra? 4. Sal jy oor 2 jaar bly wees oor die tipe foto’s wat jy gedeel het of gaan dit jou dalk op ‘n negatiewe manier beïnvloed? 5. Kan die foto’s wat jy van jou kinders deel hulle enigsins in gevaar of in ‘n verleentheid stel? 6. Het jy toestemming van die mense in die foto om dit te deel en om hulle te ‘tag’? 7. Voordat jy iets ‘share’ of ‘like’ besin net eers oor die impak wat dit op die betrokke mense kan hê en of jy deel van die verspreidingskanaal wil wees. 8. Installeer die nodige sekuriteit en sagteware op alle fone en toestelle om kinders te beskerm teen bloodstelling van ongepaste informasie en foto’s.

Dit is altyd lekker om inspirerende en opbouende boodskappe te sien, so deel gerus mooi oomblikke en bou so ‘n positiewe digitale voetspoor. Kontak gerus vir [email protected] indien jy hulp benodig en raak deel van die gesprek op die Facebook blad.

DEEL 2: Sosiale Media Hulpmiddels vir ouers SaveTNet Cyber Safety beoog om lewens te red deur bewustheid te skep onder ouers en die jeug oor verantwoordelike aanlyn interaksie. Hier is voorstelle van toeps (Apps) wat gebruik kan word om kinders se sosiale media gewoontes beter te bestuur met opsies soos: - Om jou kind se internetaktiwiteite te bestuur - Om jou kind se gebruik van toepassings te bestuur - Om jou kind se gebruik van toestelle soos selfone, tablette, skootrekenaars, ens. te bestuur - Om ‘n ogie te hou oor jou kind se posisie (“location”) - Om dit maklik te maak om jou kind se aktiwiteite op ‘Facebook” ens. te monitor - Om jou in staat te stel om oproepe en sms’e te monitor - Om werklike tyd waarskuwings en kennisgewings te ontvang.

TimeWize (www.timewizeparentalcontrol.com) ‘n Suid Afrikaans ontwikkelnde produk wat bestaan uit twee toeps: 1. "TimeWize Parental Control Parent App" word op die ouer se foon gelaai en is

beskikbaar vir Android fone op die stadium. 2. “TimeWize Parental Control Child App" wat op die kind se slimfoon (ook Android)

gelaai word.

Spesiale SaveTNet aanbieding: Koop 1 lisensie en kry 1 gratis vir ‘n jaar 12 x R33 per maand vooruit betaalbaar (lisensie per foon/toestel) Epos [email protected] Subject: Laerskool Fairland Boodskap van die epos: • Laerskool Fairland • Jou naam en van • Kontak nommer/s • Epos adres wat ons kan aanstuur aan TimeWize

SaveTNet sal dan jou epos aan die relevante kontakte by TimeWize stuur sodat julle deur die aanbieding kan voordeel trek.

Kaspersky Safe Kids (http://www.kaspersky.co.za/safe-kids ) ‘n Internasionale maatskappy wat daarop focus om sekuriteit sagteware vir verskeie doeleindes beskikbaar te stel. Dit kan op enige tipe foon of toestel gebruik word.

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die

3

Spesiale SaveTNet aanbieding: The Kaspersky Safe Kids toepassing kos gewoonlik R199,99 - R239,99. Deur SaveTNet kan jy dit vir ‘n beter prys kry deur ‘n spesiale kode woord te gebruik. Stappe om te volg: Gaan na www.SaveTNet.com Beweeg af met die blad tot by die “Digital doesn’t have to be dangerous” Kaspersky advertensie en klike daarop. Op die nuwe blad, kies “BUY NOW”. Kliek op die blokkie “I have a discount coupon”. Tik dan die woord “SCHOOL” (in Engels asseblief) en gaan voort om die besonderhede vir die betaling in te tik.

Contact us: [email protected] www.SaveTNet.com https://www.facebook.com/savetnetsa

REDAKSIE

Liewe lesers, kom ons lag ‘n slag! Hier volg ‘n paar kostelike voorbeelde van die tipe antwoorde wat ons in eksamenvraestelle kry. Party is al oud, maar ander is vars gepen! “Eksaminflatirs”

Hoekom moet ons asemhaal? Antw. “As jy asemhaal maak dit jou bruin weer vars en dan werk jou senewedrade.” “Jy moet asemhaal om te kan praat, anders gaan jou lippe net op en af!” Plural of ox Antw. Oxygen Watter bekende dansvorm het 600 jaar gelede in Italië ontstaan? Antw. “Die haka.” Wie het eerste met ballet as dansvorm begin? Antw. “Desmond Tutu” Wat beteken “genre”? Antw. “Dit sê of jy manlik of vroulik is of dis die ding wat die ligte laat werk.” Hoekom dink jy is die “robot” se arbeidsproduktiwiteit hoër as sy menslike kollega s’n? Antw. “’n Robot kanni swanger word en op krampvakansie gaan nie.”

Nou ja, daar het jy dit! Ons leer hulle definitief om aan kreatiewe oplossings te dink vir probleemsituasies! Erika

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die

4

AKADEMIE

Eksamenrooster: November 2016

Graad 4

Graad 5

Graad 6

Graad 7

Vr. 18 Nov. Wiskunde Wiskunde Wiskunde (Common) Wiskunde

Ma. 21 Nov. Engels Engels Engels (Common) Engels

Di. 22 Nov.

Wo. 23 Nov. SW SW SW SW

Do. 24 Nov.

Vr. 25 Nov. SK SK SK SK

Ma. 28 Nov. PSW PSW PSW Tegnologie

KULTUUR TOEKENNINGS Baie geluk aan al ons kultuurleerders met julle pragtige prestasies en toekennings. Ons is so trots op elke deelnemer van die kleinste gr. 1 tot by ons senior gr. 7’s. Dankie vir julle entoesiasme vir kultuur en die mooi manier waarop julle aan die kunswedstryd deelgeneem het en mekaar aangemoedig het. Volgende jaar hoop ons dat nog meer van julle sal inskryf vir die LFK en dat ons sommer die skool vir 2 weke op sy kop sal laat staan van al die opwinding! Hou die Vinkie dop vir die inskrywingsdatums!

ATKV-interne redenaars Gr. 1-3: 27 Februarie (Saal) Gr. 4-5: 28 Februarie (Saal) Gr. 6-7: 01 Maart (voorbereid en onvoorbereid) (Saal)

LFK: REDENAARS RONDTE 1 (VOORBEREID) Gr. 1-3: 22 Maart (Saal) Gr. 4-5: 23 Maart (Saal) Gr. 6-7: 24 Maart (Saal

LFK: REDENAARS RONDTE 2 (ONVOORBEREID) Gr. 4-5: 20 April (Saal) Gr. 6-7: 21 April (Saal)

LFK: REDENAARS RONDTE 3 (GROEPREDENAARS) Gr. 4-5: 13 September (Saal) Gr. 6-7: 20 September (Saal)

LFK: Visuele kuns Rondte 1: Gr. 1-7: 15 Maart Rondte 2: Gr. 4-7: 23 Junie Rondte 3: Gr. 4-7: 08 September

LFK 2017 Kunswedstryd: 14-25 Augustus 2017 Finaal: 31 Augustus 2017

REVUE 2017 Finale oefening gr. R-7: Saterdag 13 Mei 2017 Revue Maandag 15 Mei 2017 – Vrydag 19 Mei 2017

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die

5

SENIORKOOR Belangrike datums 2017 16 Januarie – Oudisies seniorkoor 14:00 tot 19:00 17 Januarie – Eerste oefening vir 2017 17:00-19:00 in die saal 11 Februarie – Verpligte werkswinkel 09:00 -16:00 (Ouervergadering 15:00-16:00) 10-12 Maart – Verpligte koorkamp. Verdere inligting sal volg. Geniet ‘n welverdiende blaaskans. Sien julle in 2017!

JUNIORKOOR Na baie navrae is daar nog 'n rondte oudisies Maandag 21 November vanaf 13:00-16:00. Belangstellendes moet hulle name op die lys by juf. Marzaan se klas opskryf. Jou naam moet op die lys wees aangesien daar beperkte tyd is. Indien jou naam nie op die lys is nie kan ek jou ongelukkig nie toets nie. Sien uit om julle te sien!

Kultuuraanhaling van die week “Everything you can imagine, is real.” Pablo Picasso Erika Joubert

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017

Potchefstroom: Netbal: o/11- tot o/13A- en B-spanne: 2 – 7 April 2017 Konka: Rugby: o/9A- & B-spanne: 27 – 29 Maart 2017 o/10A- & B-spanne: 30 Maart – 1 April 2017 o/11A- & B-spanne: 10 – 13 April 2017 1ste & 2de spanne: 3 – 6 April 2017 MINI-KRIEKET

Uitslae

Twee o/7- en twee o/8-mini-krieketspanne het verlede Donderdag by die Randburgsportgrond wedstryde gespeel.

Die uitslae is soos volg:

o/7 vs Fontainebleau: Groenspan verloor en Oranjespan wen o/8 vs Cliffview Primary: Groenspan wen en Oranjespan verloor.

Gr. 1- en gr. 2-spelers: Afsluiting: Maandag 21 November 13:00 – 13:30

MIDDELAFSTANDE Oefentye Vanaf 10 November tot 4 Desember oefen die middelafstandatlete Maandae tot Vrydae vanaf 10:30 tot 11:45. Onhou om jou waterbottel en hoed saam te bring. ATLETIEK Daar sal geen verdere oefeninge wees hierdie jaar nie. ‘n Oefenprogram is op die School Communicator onder Bronne / Sport: Atletiek, gelaai sodat atlete tydens die vakansietyd kan oefen.

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die

6

ALGEMEEN

VERE-KAS

Ek wil graag aan almal ‘n vriendelike versoek rig om asb. te kom kyk na verlore KDA-baadjies en fleece-tops. Die wat teen die einde van die jaar nie afgehaal word nie, gaan gewas word om verkoop te word.

Die Vere-kas sal tydens die eksamen alleenlik op die volgende oggende oop wees.

Vr. 18 Nov., Ma. 21 Nov., Wo. 23 Nov., Vr. 25 Nov. en Ma. 28 Nov.

Die Vere-kas sal van 8:30 - 10:00 oop wees op die dag voor die skool sluit, indien iemand wil kom voorraad kry vir volgende jaar. Dan sal die Vere-kas ook volgende jaar oop wees op die Maandag en Dinsdag voor die skool begin, van 8:30 - 10:00.

Vere-kasgroete Lillian Ankersmit - 082 324-5034

TOEKENNINGSAANDE

Graag bedank ek die volgende Fairland-rolspelers:

Irene Aucamp: Vir die pragtige blomme tydens die toekenningsaande. Jou bereidwilligheid om ons te help met die blomme word hoog waardeer!

Heidi Lategan: Vir die heerlike bederfkoekies vir die besige onderwyser/es. Ek is bevrees die meerderheid het nie tot by die Kersboom gevorder nie!

Ewald Taljaard van Ewald Taljaard Photography vir die neem van die foto’s: Jou tyd en moeite hiermee word waardeer.

Melani Dirks, Gerda Smit, Phyllis de Fouw, Vivia Muller, Haidee Babüroğlu, Mariëtte Fernandez-

Greyling, Dalene van Niekerk, Amanda de Kock, Hettie Viljoen en Liana Husselmann wat verversings vir die ouers en leerders vir die gr. 7-toekenningsaand so keurig voorgesit het. Dit was baie spesiaal.

Julia du Plessis, oud-leerder, wat tydens die gr. 4- tot gr. 7-toekenningsaande gehelp het met die uitdeel van die spesiale toekennings. Wat ‘n voorreg om so ‘n pragtige en talentvolle sportvrou hier by ons terug te verwelkom. Jy is beslis ‘n rolmodel vir ons leerders!

Elke leerder wat so hard gewerk het deur die jaar: Ons is baie trots op julle!

Elke ouer/voog/familielid wat die toekennings bygewoon het: Dit is en bly spesiaal vir elke kind!

Me. Charmaine Graham: Jy het nagte deurgewerk om die gr. 7’S se DVD betyds klaar te kry. Baie dankie dat jy bygedra het tot ‘n herinnering wat die gr. 7’s met hul kan saamdra.

Me. Erika Joubert vir die verwerking van die menigte kultuurpunte en me. Karén Reyneke wat gehelp het met die druk van die kultuursertifikate. Julle is ‘n gedugte span!

Die graadorganiseerders en al die kollegas wat ingespring en gehelp het waar nodig, al was dit net om koffie aan te dra of om gou ‘n briefie te kom skryf.

Me. Louisa van Rensburg: Vir die tik van al die spesiale toekennings se sertifikate en druk van al die ander sertifikate. Jy is elke jaar ‘n ware staatmaker!

Mnr. Willie Goosen, me. Bettie Viljoen, mnr. Ebbe le Roux, mnr. Servaas Nel en mnr. Dean Benade: Baie dankie vir julle ondersteuning en hulp met die raakvat van elke toekenningsgeleentheid.

Beheerliggaam: Dankie vir julle teenwoordigheid en belangstelling in ons leerders.

Mnre. Jaco van Rooyen en Ruan Basson wat gesorg het dat die klank doeltreffend werk, die ligte aangeskakel is, die lugversorger op die regte temperatuur gestel is, ens.

Lizzie, wat elke jaar so getrou help om al die drukwerk wat ‘n toekenningsgeleentheid behels, betyds en keurig klaar te kry.

Al die helpers wat elke dag gesorg het dat die saal skoon, netjies en gereed is vir die volgende funksie.

Baie dankie! Leanie Taljaard

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die

7 GR. R: UITBLINKERS VAN DIE WEEK Die maatjies in elke gr.R-klas wat werklik tydens die week uitgeblink het, se naam verskyn weekliks in die Vinkie. Dié maatjies kry ‘n pragtige sertifikaat, dra die goeiegedrag-knopie en mag ‘n draai by mnr. Willie in sy kantoor maak.

Gr. R/07: Ruan Vorster Gr. R/08: Anje Pieterse Gr. R/09: Suné Strauss

Gr. R/10: Cornelia Remmers Gr. R/11: Timea Croucamp Gr. R/11A: Oratile Matshego

BIDGROEPIE

Kom bid lekker informeel en vinnig saam as jy klaar kinders afgelaai het op ‘n Woensdagoggend. (7:30 -8:00). Ons wil graag in die lapa vir ons skool, die kinders, personeel en werkers bid.

Vir enige inligting, sms Kirsti 083 463-6600.

TOUCH RUGBY

Sondagmiddag touch rugby vanaf 15:30 op Laerskool Fairland se sportvelde. Alle pappas en seuns

welkom.

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

SWEM Nathan Wootton (gr. 6) het deelgeneem aan die 3de en 4de Waterborn juniorgala- swemliga van hierdie jaar op Sondag 23 Oktober en 13 November. Hy het eerste gekom vir o/12 vryslag op 23 Oktober. Hy het Saterdag 13 November saam met Cameron van der Burgh geswem. Hy het weer ‘n 1ste plek behaal vir die 50m vryslag met ‘n verbeterde tyd (0,98 sek.).

KARATE Tydens die Tenshinkan South Gauteng prysuitdeling is Daniella Brown aangewys as die ‘Best Female Student’ vir die Fairlandgroep en sy het ‘n toekenning vir leierskap ontvang. Baie geluk Daniella!

BOOGSKIET

Nathan Wootton (gr. 6) het op 29 Oktober aan die Junior Schools League boogskietkompetisie deelgeneem te Markspark. Nathan het ‘n gouemedalje verower vir Laerskool Fairland, sowel as ‘n trofee as beste boogskutter met die hoogste puntetotaal. Die kompetisie is deur die SA Boogskiet Vereniging gereël.

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die

8

JUDO Die Kano judoklub-trofee vir die sportman van die jaar vir 2016 van die Fairland Dojo is aan Eric Beyl toegeken. Baie geluk Eric!

ATLETIEK

Baie geluk aan die volgende dogters: Kaili Botje - 80m dogters o/11 1 ste plek 100m dogters o/11 2de plek Verspring dogters o/11 2de plek

Chanté Botha - 100m dogters o/13 1ste plek

Hul het vir hul onderskeie klubs deelgeneem. Hulle is beide verkies tot die Sentraal Gautengspan en neem deel op Saterdag 19 November aan die Sentraal Gauteng Atletiekkampioenskap. Baie geluk – ons glo dat dit goed sal gaan met julle!

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL

Lentetyd is hier - kom vul die atmosfeer met musiek!! Resonanze Project Musiekskool bied musieklesse aan te kies en keur - blokfluit, klavier, kitaar, viool, dromme, sang en musiektegnologie. Kontak Cindy 081 351 7491 of [email protected].

FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8ste Laan, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected]

SKAAPTJOPS!!

Smaaklike, vars Vrystaat lamsvleis te koop teen R80.00 per kilogram. Opgesny en verpak na u bestelling. Heel of halwe lam. Navrae – Tinus de Wet [email protected].

BEDIENDE

Indien iemand ‘n baie betroubare en oulike bediende soek, kontak asb. vir Chris 082 659-0822.

BETROUBARE BEDIENDE BENODIG

Besondere betroubare bediende benodig 2 dae 'n week vir ekstra werk in die Fairland omgewing. Happy

is flink en vriendelik en was in 3 jaar nog nooit 'n dag siek of weg nie. Kontak LOMA 074 868 3556

JNDR TRANSPORT

Looking for safe & reliable transport for your child in Northcliff, Berario, Fairlands, Quellerina, Florida

Hills, Panorama, Weltevreden Park, Strubensvalley, Clearwater, Little Falls, Honeydew Manor,

Wilgeheuwel, Harveston, Bush Hills, Boskruin, Sundowner and Randpark. Pick a trustworthy transport,

which collect and drop off at your door. Contact Joselin on 082 308 2819

FEITLIK SPLINTERNUWE SKOOLKLERE TE KOOP

11-12jr/13-14jr Laerskool Fairland dogters-uniforms te koop. 3x elk, somers drag,wintersdrag, KDA winter en somer, Blazer, fleece jacket. Kontak Lindi 0715662199

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die

9

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die

10

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die

11

EQuip Holiday Club

The Minke Saayman Child and Family Therapy Centre is running an emotional intelligence holiday club for

children this December! We will focus on emotional intelligence, social skills, self- esteem and communication

skills while having fun! The club will be run by Amanda Nurcombe-Thorne, a qualified clinical social worker

who has 8 years of experience in this field. The club will be run in both English and Afrikaans.

Date: Thursday 8 December – Wednesday 14 December 2016

Time: 08h00 – 13h00 (latest pick up 2pm)

Venue: Minke Saayman Child and Family Centre, 85 14th Avenue, Northcliff

Cost: R200 per day or R900 for 5 days (includes, light lunch, snacks and drinks)

Contact details: Tel: 011 678 0190 / 082 326 5959

Email: [email protected] or [email protected] Limited space available so please book ASAP!

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die

12

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die

13

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Ons wil dit weereens onder ons ouers se aandag bring, dat indien ‘n boek onvolledig voltooi is of nie teruggestuur word skool toe nie, die

14

Pragtige aksie-foto’s geneem deur een van ons leerders, die 12 jarige Zoë le Grange, tydens laaste vriendskaplike byeenkoms by Laerskool Orion: