uit die hoof se kantoor - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 mei 2018. slegs gr. 4 - 7...

17
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 12 26 April 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Toelatings 2019 Die aansoekproses vir 2019 het reeds geopen. Alle inligting beskikbaar op die skool se webtuiste. Wintersdrag Ons beskou die tydperk tot 23 April as ʼn oorgangstydperk en die leerders kan dus somers- of wintersdrag aantrek. Vanaf Woensdag 7 Mei is wintersdrag verpligtend. Bethelehem-toernooi Baie sterkte aan ons tennisspelers wat vanaf Dinsdag 24 April tot Saterdag 28 April aan die Truida Kestell- toernooi deelneem. Baie dankie ook aan die personeel wat die leerders vergesel. Personalia Ons neem hierdie week afskeid van Andri van der Westhuizen. Andri, ons beste wense vergesel jou en jou verloofde se nuwe “begin” in Switserland. Ons weet dat jy ook hiervan ‘n groot sukses sal maak. Baie dankie vir jou harde werk! Baie geluk aan Adele en Mervyn Ekron wie se seun Kierin met Tarryn more in die huwelik tree. Ons beste wense vergesel julle. BELANGRIKE DATUMS DATUM AKTIWITEIT ALGEMEEN 27 April Vryheidsdag 30 April Skoolvakansiedag 1 Mei Werkersdag 10 Mei Gholfdag 19 Mei VVF-pretloop 1 September Kuierfees 15 September VVF-funksie AKADEMIE 9 Mei AMESA Wiskunde Olimpiade 14 18 Mei WOW-Spelfees: Eerste uitdunronde (gr. 1 gr. 7) Skriftelik 31 Mei 13 Junie Junie-eksamen SPORT 24 28 April Juniortennis: Bethlehemtoernooi 3 5 Mei Rugby: Trinity Festival (1ste span) KULTUUR 11 Mei LFK - Visuele kuns gr. 4 gr. 7 (Ronde 2) 12 Mei Junior- en seniorkoor: Werkswinkel 18 Mei LFK - Redenaars: (Ronde 2) Onvoorbereid 26 Mei Revue: Dans Werkswinkel

Upload: others

Post on 17-Oct-2019

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 12 26 April 2018

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Toelatings 2019 Die aansoekproses vir 2019 het reeds geopen. Alle inligting beskikbaar op die skool se webtuiste. Wintersdrag Ons beskou die tydperk tot 23 April as ʼn oorgangstydperk en die leerders kan dus somers- of wintersdrag aantrek. Vanaf Woensdag 7 Mei is wintersdrag verpligtend. Bethelehem-toernooi Baie sterkte aan ons tennisspelers wat vanaf Dinsdag 24 April tot Saterdag 28 April aan die Truida Kestell-toernooi deelneem. Baie dankie ook aan die personeel wat die leerders vergesel.

Personalia

Ons neem hierdie week afskeid van Andri van der Westhuizen. Andri, ons beste wense vergesel jou en jou verloofde se nuwe “begin” in Switserland. Ons weet dat jy ook hiervan ‘n groot sukses sal maak.

Baie dankie vir jou harde werk!

Baie geluk aan Adele en Mervyn Ekron wie se seun Kierin met Tarryn more in die huwelik tree. Ons beste wense vergesel julle.

BELANGRIKE DATUMS

DATUM AKTIWITEIT

ALGEMEEN 27 April Vryheidsdag

30 April Skoolvakansiedag

1 Mei Werkersdag

10 Mei Gholfdag

19 Mei VVF-pretloop

1 September Kuierfees

15 September VVF-funksie

AKADEMIE 9 Mei AMESA Wiskunde Olimpiade

14 – 18 Mei WOW-Spelfees: Eerste uitdunronde (gr. 1 – gr. 7) Skriftelik

31 Mei – 13 Junie Junie-eksamen

SPORT 24 – 28 April Juniortennis: Bethlehemtoernooi

3 – 5 Mei Rugby: Trinity Festival (1ste span)

KULTUUR 11 Mei LFK - Visuele kuns gr. 4 – gr. 7 (Ronde 2)

12 Mei Junior- en seniorkoor: Werkswinkel

18 Mei LFK - Redenaars: (Ronde 2) Onvoorbereid

26 Mei Revue: Dans – Werkswinkel

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

2

REDAKSIE

Die swart worshondjie hou net mooi niks van die kat nie. Tóg, is hy heeltemal gefassineerd met die groot mannetjieskat en loop en soek hy heeldag na hom. Sodra hy die kat sien waar hy op ‘n kas of onder ‘n bed probeer wegkruip om uit die moeilikheid te bly, of dalk om nie die worsie verder te irriteer nie, grom hy vreeslik hoogdrawend en probeer kiets op so ‘n manier intimideer. Worsies is soos die meeste mense met minderwaardigheidskomplekse, altyd skoorsoekerig en loop heeltyd en rede soek om stoom af te blaas. Gewoonlik ontgeld die naaste slagoffer dit. Worsies is bekend as keffertjies en het die vermoë om jou moedeloos te maak met hulle eentonige en oorverdowende keffery. Sommige mense kan ook heeldag so loop en skoor soek. Dis asof hulle floreer op die klank van hulle eie stemme en onwrikbaar glo aan die korrektheid van hul optrede. Nou ja, soos ons almal weet, blaf worsies dikwels vir hul eie skaduwees en nog meer dikwels , sommer net uit gewoonte. Maar dan op ‘n dag, wip daai kat vir hom iets vreesliks. En dis dan dat hy daai wors klap dat hy sterre sien. Worsie hol tjankend-verontwaardig weg om te gaan hulp soek en al kermend, ‘n verhoor vir sy saak van onregmatige vervolging. Die mense lag hom uit, want almal weet: “As jy moeilikheid soek, sal jy moeilikheid kry.” My boodskap vir die week is: “Live and let live!” Hou op om te loop en mor oor alles en om als en almal om jou te kritiseer. Eendag is eendag dat iemand gaan omdraai en jou ‘n spreekwoordelike taai klap gee sodat jy kan wakkerskrik en aarde toe kom. ‘n Mens moet jou plek ken en katjies moet met handskoene aangepak word. Erika

VERJAARSDAE

Baie geluk aan al die personeel wat in die volgende paar weke verjaar: Verna van Greunen 30 April Mariëtte Goosen 1 Mei Karen Nel 8 Mei Nanzelela (algemene werker) 8 Mei Mag julle nuwe lewensjaar voorspoedig en geseënd wees!

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

VERDAGTE AKTIWITEITE IN ONS SKOOL SE OMGEWING

Indien u bewus word van verdagte aktiwiteite in die omgewing van die skool, vra ons dat u asb. ‘n foto sal neem en dit na een van die volgende nommers sal stuur:

Beagle Watch: Jakes - 082 901-2141 SAPD: Kaptein Makoa - 082 557-6976 (nuwe nommer/persoon)

Diensoffisier - 082 371 9477 (nuwe nommer)

Rapportering per landlyn: - (011) 478-9413

Hierdie “diens” is in samewerking met SAPD en Beagle Watch vir ouers opgestel.

LET WEL: ONS DOEN ‘N VRIENDELIKE DOG DRINGENDE OPROEP AAN OUERS OM NIE HIERDIE DIENS TE MISBRUIK NIE. DIT IS SLEGS VIR VERDAGTE AKTIWITEITE OM DIE SKOOL EN OMLIGGENDE AREAS.

Johan Kilian VOORSITTER: BEHEERLIGGAAM

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

3

AKADEMIE

EKSAMENROOSTER

Tweede Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Do. 31 Mei Wiskunde Wiskunde Geskiedenis Wiskunde

Vr. 1 Junie LV LV LV Tegnologie

Ma. 4 Junie Engels Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Di. 5 Junie

LO

Wo. 6 Junie Afrikaans Engels

Engels

Do. 7 Junie

Engels Geografie

Vr. 8 Junie Geografie Geografie Geografie NW

Ma. 11 Junie NW NW Wiskunde EBW

Di. 12 Junie SK

Wo. 13 Junie Gesk Gesk NW Geskiedenis

TOPPRESTEERDERS: 1STE KWARTAAL

Gr. 4: Jaco-Martin Müller Martin Nel Niel Marais

Mia Moore Donna de Wet Nina Nieuwoudt Mignon Potgieter Marlené van Niekerk Nina Theron Rentia Grové Amy Olivier Gustav Vorster Gr. 5: Rico Vosloo Luan Espach Mila Viljoen Franco Roos Nicola du Plessis Mia le Grange Anika du Preez Megan Jooste Jean Taljaard Karma Visagie Gr. 6: Anshe Roos Karo Bekker Nicola Nel Lené Dyson Jana Theron Megan Fritz Lea Booyens JP Reichel Mariné Louw Dawid Wiggett Jana Simpson Angelina Tappan Xanté Johnston Gr. 7: Andries de Kock Ezaan Husselmann Mia Marais Isabella du Toit Natalie Dixon Francois van Zyl Ian van Heerden Kara Schreuder Duan Brittion Simon Kilian Cayla van Rooyen Arno Brückner

Suné Boshoff Katje Herselman Chrizelle du Plessis

BUITE-AKADEMIE

WOW-SPELFEES Al die spellyste is reeds aan leerders uitgedeel. Die spellyste is ook op die School Communicator beskikbaar. Die eerste ronde is slegs SKRIFTELIK van aard en word in klastyd geskryf. Gr. 1 – gr. 7 Eerste ronde: Woensdag 16 Mei

Gr. 1 Woorde 1 – 100 Gr. 5 Woorde 1 – 300

Gr. 2 Woorde 1 – 150 Gr. 6 Woorde 1 – 300

Gr. 3 Woorde 1 – 180 Gr. 7 Woorde 1 - 288

Gr. 4 Woorde 1 – 252

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

4

KULTUUR

REDENAARS

LFK: Redenaars Ronde 2: Gr. 4 – gr. 7 (Vrydag 18 Mei) - Onvoorbereid LFK: Redenaars Ronde 3: Gr. 4 – gr. 7 ( Vrydag 27 Julie) – Spanredenaars

Juf. Corisa (Kamer 50)

LFK VISUELE KUNS

VISUELE KUNS RONDE 2 - 11 Mei Baie dankie aan almal wat reeds hulle inskrywings ingedien het! Ons is besig met ons 2de ronde en dit vind plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle argitektuurvernuf toets en gr. 6 - 7 gaan beeldhouwerk doen! Ons is baie opgewonde om te sien wat al ons talentvolle leerders gaan oplewer, so indien julle nog nie ingeskryf het nie, doen dit so gou as moontlik en handig die inskrywingsvormpies in by juf. Johanette by gr. R.

DANS

Maandae: 14:00 - 14:30 ( gr. 1 en gr. 2) 14:30 - 15:15 ( gr. 3 en gr. 4) 15:15 – 16:00 (gr. 5 – gr. 7)

DRAMA

Donderdae: 15:00 - 15:45 ( gr. 3) 15:45 - 16:45 (gr. 4 en gr. 5) 16:45 - 17:45 ( gr. 6 en gr. 7)

SENIOR- en JUNIORKOOR

MUSIKALE BLYSPEL

Wat voer Maestro Miserable Mineur en die Molle in die mou? Gaan die Rapsodie ooit die lig sien, of gaan dit inderdaad Rampspoedig wees?! Belangrike datums 12 Mei - Werkswinkel vir beide kore.

REVUE

Oefentye

Maandae - SANG [aanleer van musiek] 16:00 -17:00 juniors en 17:00 – 18:00 seniors N.B. DANS - Werkswinkel 26 Mei

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2018

Oos-Kaaptoer: 17 – 21 Junie

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

5

RUGBY

Superliga-uitslae vs L/s Kenmare

o/9A verloor 10 – 0 o/9B wen 27 – 5 o/10A gelykop 17 – 17 o/10B wen 10 – 0 o/11A wen 29 – 0 o/11B wen 30 – 0 3de span gelykop 24 – 24 2de span verloor 14 – 12 1ste span verloor 41 - 6

Oefentye

MAANDAG

o/9A&B / & o/8xv o/10 o/11 3de 1ste & 2de

14:10 - 15:25 B-veld A-veld

15:25 - 16:40 B-veld B-veld A-veld

DINSDAG & WOENSDAG

o/9A&B & o/8xv o/10 o/11 3de 1ste & 2de

13:40 - 14:55 B-veld B-veld

14:55 - 16:10 A-veld B-veld A-veld

Ligabepalings (Voorlopige datums en plekke waar wedstryde gespeel gaan word)

Week van Wo. 2 Mei vs Randhart (w) Sa. 5 Mei vs TrinityHouse, Randpark (w) - vriendskaplik Wo. 9 Mei vs Helderkruin (t)

Di. 15 Mei vs Roodekrans (w) Di. 22 Mei vs Orion (t)

Di 29 Mei vs Florida (w) (voorlopig) 4 Junie Uitspeelwedstryde

TAU-rugby: (o/7 asook o/8’s wat nie opgeneem is in die o/8-vyftientalspan nie)

Oefentye Maandae: 13:35 – 14:10 A- en B-veld Dinsdae en Woensdae: 13:00 – 13:35 A- en B-veld

TAU-toernooi 3 Mei (Unika); 9 Mei (Unika); 17 Mei (Unika); 24 Mei (tuis)

NETBAL

Uitslae vs TrinityHouse o/10A verloor 9 – 10 o/10B wen 10 – 6

o/11A wen 17 – 11 o/11B wen 8 – 3

o/12A verloor 16 – 19 o/12B wen 13 – 10

o/13A wen 19 – 7 o/13B wen 20 – 2

Oefentye

1ste Sessie: Maandae: 14:15 - 15:30

Dinsdae en Woensdae: 13:50 - 15:05

Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan Klein teerbaan

o/12A&B o/12C&D o/10A&B o/9A&B o/10C&D o/9C&D o/9-Ont.

2de Sessie: Maandae: 15:30 - 16:45

Dinsdae en Woensdae: 15:05 - 16:20

Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan

o/13A&B o/13C&D o/11A&B o/11C&D

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

6

JOMO-liga (Voorlopige datums) Do. 3 Mei vs Roodekrans (t) Di. 8 Mei vs Kenmare (w) Do. 17 Mei vs Helderkruin (t) Di. 22 Mei vs BPMS (t) Vriendskaplik: Sa. 5 Mei vs TrinityHouse, Randpark (w)

D10-liga (Voorlopige datums) Wo. uitgestel vs Piet van Vuuren (w) Wo. 9 Mei vs King David Victory Park (t) Wo. 16 Mei vs Cooper College (t) Di. 22 Mei vs McAuley House (t) Do. 24 Mei vs Reddford (w)

Vriendskaplik: Sa. 5 Mei vs TrinityHouse, Randpark (w)

Mini-netbal

o/9’s

Vier van ons o/9-netbalspannetjies het op Woensdag 18 April hulle eerste wedstryde by onderskeidelik Curro Aurora en Laerskool Esperanza gespeel. Hierdie spanne het hulself goed van hul taak gekwyt en hou Laerskool Fairland se naam hoog. Oefentye o/6 Maandae, Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50

o/7 en o/8 Maandae : 13:35 - 14:10 Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50

Mini-netbaltoernooi 3 Mei (Unika); 9 Mei (Unika); 17 Mei (Unika); 24 Mei (tuis) Let Wel: Donderdag 3 Mei - (o/6-, o/7- en o/8-spelers) neem by Laerskool Unika aan 'n mini-

netbaltoernooi deel. Spelers wat speel sal Donderdag 26 April hul briewe ontvang.

Op Saterdag 5 Mei neem die o/7- en o/8-dogters aan die TrinityHouse Festival deel. Slegs 4 spanne per ouderdom mag ingeskryf word. Die dogters wat speel, sal briewe met die nodige inligting ontvang.

SKAAK

Oefentye

Donderdae: Gr. 1-leerders: Kamer 14 13:30 - 14:20 Gr. 2- en gr. 3-leerders: Mediasentrum 14:00 - 15:00 Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 15:00 - 16:30 EN/OF

Vrydae: Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 13:00 – 14:00

LET WEL: Daar sal voortaan op Donderdae en Vrydae skaakoefening vir die gr. 4- tot gr. 7-leerders aangebied word. Leerders kan een of beide van die klasse bywoon.

TENNIS

Junior- en seniortennis

Oefentye vir kwartaal 2 verskyn op die School Communicator onder Bronne / Sport: Tennis

BETHLEHEM-TOERNOOI Baie sterkte aan ons juniorseuns en –dogters A- en B-tennisspanne wat vanaf Dinsdag 24 April tot Saterdag 28 April aan die Inter-Afrika Tennistoernooi te Bethlehem deelneem. Sterkte ook aan mnre. Rúan, Elardus, Claude en juf. Lizahn wat hulle vergesel.

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

7

ALGEMEEN

VERE-KAS-TYE:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige

navrae in verband met die Vere-kas.

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Rooiklas: Joshua Calitz en Lia Edwards Persklas: Eléna Bothma en Tiago Pimenta Geelklas: Kaylee vd Merwe en Dylan Gey van Pittius Oranjekas: Zannika Buys en Jano Roux Groenklas: Laila Underwood en Connor v Aswegen Blouklas: Meagan Coertzen en Jordan Lavery

STER VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Jenna Basson Gr. 1/22: E.J. Nel Gr. 1/24: Leah Nel Gr. 1/25: Christian Joubert Gr. 1/26: Miané van Zyl Gr. 1/27: Mia Lombaard Gr. 2/15: Maddison Burgess Gr. 2/16: Kristen Mann Gr. 2/17: Jordan Johnston Gr. 2/18: Annique Booysen Gr. 2/21: Talia Kruger Gr. 2/23: Arné van Nieuwenhuizen Gr. 3/12: Pierre Bothma Gr. 3/13: Caton Potgieter Gr. 3/28: M.C. Lategan Gr. 3/29: Nikolas Smit Gr. 3/45: Waylon Mengel Gr. 3/46: George Pienaar

INLIGTINGSENTRUM

WÊRELDBOEKEDAG: 23 APRIL Ons hele skool het deelgeneem aan ‘n 15 minute, “Drop all and Read”, ter viering van Wêreldboekedag! Die leerders het heerlik gelees! OPVOERING: OPSIONEEL Die National Children’s Theatre bied die produksie, Pied Piper, aan vanaf 11 Junie – 15 Julie. Dis dalk iets om aan te dink vir die wintervakansie! Besoek gerus www.nationalchildrenstheatre.org.za e-pos: [email protected] Onthou die inligtingsentrum is oop op Woensdaemiddae tot 15:00 as jy dalk ‘n boek wil kom uitneem, of net dalk lekker wil kom lees! Leesgroete Juf. Connie

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

8

VRIENDE VAN FAIRLAND

“It is well with my soul…”

Horatio Gates Spafford is op 20 Oktober 1828 in New York gebore, maar hy het homself in Chicago gevestig. Horatio was 'n prokureur, en hy het baie eiendomme in Chicago besit. Hy en sy vrou Anna was aktief in hul kerk en hul huis was altyd oop vir besoekers.

Die Spaffords het ‘n wonderlike en geseënde lewe gehad. Dit het ongelukkig skielik begin verander. Toe hy vier jaar oud was, het hul seun, Horatio Jnr., skielik van skarlakenkoors gesterf. 'n Jaar later, in Oktober 1871, het 'n massiewe vuur die middestad van Chicago verwoes, insluitend baie eiendomme wat deur Horatio besit was. Daardie dag het amper 300 mense hul lewens verloor, en ongeveer 100 000 is haweloos gelos. Ten spyte van hul eie aansienlike finansiële verlies, het die Spaffords probeer om die liefde van Christus te demonstreer, deur diegene te help wat in groot nood was. Twee jaar later, in 1873, het Spafford besluit om sy gesin vir 'n vakansie na Engeland te neem. Horatio se vertrek was vertraag weens sakebelange, en sy gesin het opgewonde sonder hom die tog aangepak. Hy sou sy vrou en hul vier oorblywende kinders, 11-jarige Anna, 9-jarige Margaret Lee, 5-jarige Elizabeth en 2-jarige Tanetta in Londen ontmoet. Op 22 November 1873, tydens hulle Atlantiese Oseaan kruising op die stoomskip, Ville du Havre, is hulle deur 'n ander skip getref. Die Ville du Havre het binne twaalf minute gesink, en tweehonderd-en-twintig mense het hul lewens verloor.

Al vier van Horatio Spafford se dogters het gesterf, maar Anna Spafford het wonderbaarlik die tragedie oorleef. Diegene wat gered is, insluitend Anna, wat bewusteloos gevind is, het later in Cardiff, Suid-Wallis, aangekom. Aan wal het Anna'n telegram na haar man gestuur, wat begin met die woorde "Saved alone ...". Nadat Horatio Anna se boodskap ontvang het, het hy dadelik die eerste skip na Londen geneem. Gedurende die reis het die kaptein hom na die brug van die skip geroep. Hy het verduidelik dat hulle naby aan die area is waar die Ville du Havre gesink het. Daar word gesê dat Spafford na sy kajuit teruggekeer het en die liedjie "It is well with my soul... " net daar en dan geskryf het. In Augustus 1881 het die Spaffords Amerika verlaat om hulle in Jerusalem te vestig. Daar het hulle behoeftiges gedien, armes gehelp, siekes versorg en daklose kinders ingeneem. Hulle begeerte was om diegene wat hulle pad kruis die liefde van Jesus te wys. Horatio Spafford is op 16 Oktober 1888 aan malaria dood. Anna Spafford het tot haar dood in 1923 in die omliggende gebiede van Jerusalem gewerk. Beide Horatio en Anna is in Jerusalem begrawe. Daar kan werklik gesê word, net soos in die woorde wat Spafford geskryf het dat: "It is well with their souls." Die vraag wat ons vandag moet vra is of ons met ons klein probleempies en uitdagings, dieselfde kan sê. Hoe gaan dit met joune?

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

9

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

STOEI Jesse Jonker (7 jaar) stoei nou eers vir 3 maande en het Saterdag 14 April 2018 aan sy tweede

stoeikompetisie (Mufasa Challenge) deelgeneem te Fochville. Hy het sy eerste goue medalje verwerf.

KARATE Op Saterdag 21 April 2018, tydens die Mpumalanga Kampioenskap van die Tenshinkan Karatefederasie, het verskeie van ons leerders deelgeneem en soos volg gevaar: Jana Mulder (gr. 1) lid van die Tenshinkan-Suid karateklub, het haarself goed van haar taak gekwyt. Sy behaal ‘n 1ste plek vir haar kata vir dogters 6-7 jr. geel/oranje belt en ook ‘n 1ste plek vir haar kumite (vegkuns) vir dogters 6-7 jr. geel/oranje belt. Amy Olivier het ‘n eerste plek behaal vir haar Kata, sowel as ‘n eerste plek vir Kumite (vegkuns) in die ouderdomsgroep 10 jaar, kategorie groen/blou belt. Marco Olivier het ‘n 2de plek behaal vir sy Kata en ‘n derde plek vir Kumite in die ouderdomsgroep 10 jaar, kategorie persbelt.

Juan Pretorius het goud verwerf vir sy Kumite in die geelbelt kategorie.

Baie geluk aan al die karate-leerders.

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

10

GIMNASTIEK

Annabelle Kirstein (gr. 2/17) het op 20 April 2018 aan die Gymmagic Invitational gimnastiekkompetisie in Kemptonpark deelgeneem waar sy ‘n silwermedalje verwerf het. Wel gedaan!

Payton Kleynhans (gr. 2/17) het die naweek aan die “Gymmagic Invitational” gimnastiekkompetisie deelgeneem te Kemptonpark. Sy verwerf ‘n goue medalje en ook die hoogste algehele totaal vir haar Level 2 ouderdomsgroep. Baie geluk Payton, hou so aan!

SWEM

Dawid Wiggett het die afgelope vakansie vanaf 3-6 April 2018 aan die SA streekskampioenskap vir vlak 3 swemmers deelgeneem. Hy swem in die finaal vir elke item waaraan hy deelneem en verwerf ‘n silwermedalje vir 400m vryslag en ‘n bronsmedalje vir 200m rugslag.

AKADEMIE

ATKV-SPELATHON Op Donderdag 19 April 2018 het vier van ons leerders deelgeneem aan die ATKV-Spelathon se eerste uitdunne te Leeuwenhof Akademie in Bedfordview. Dit was ‘n interessante ervaring en die spanning onder die spellers het hoog geloop. Met moeilike woorde soos “luikrugmotor” en “ensemble” of “klavesimbel” en “ghwarrieboom”, wat baie van ons eers in die woordeboek moes gaan opsoek, het die spellers teen mekaar uitbaklei vir amper twee ure lank. Mia Marais het ‘n eerste plek behaal in die gr.7- groep. Baie geluk aan Karo Bekker, Gardiol Keyter, Jana du Plessis en Mia Marais wat Laerskool Fairland se naam so hoog gehou het. Ons is baie trots op julle! Baie sterkte aan Mia Marais met voorbereiding vir die volgende ronde.

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

11

WISKUNDE OLIMPIADE Dit is weer tyd vir die AMESA (Association for Mathematics Education South Africa) wiskunde olimpiade! Laerskool Fairland neem al etlike jare hieraan deel en ons leerders kry altyd pragtige uitslae. In 2017 het twee van ons leerders goue sertifikate verwerf vir prestasies bo 80%. Hulle was Juan van der Merwe (gr. 7) en Nina Novella (gr. 6). Uitnodigings is reeds aan die betrokke leerders (gr.4-7) wat Laerskool Fairland vanjaar sal verteenwoordig, uitgedeel. SAMF (South African Mathematics Foundation) se doelstellings is soos volg:

Om belangstelling in wiskunde te genereer;

Om te toon dat wiskunde meer behels as slegs basiese hoofbewerkinge;

Om probleemoplossing aan te moedig;

Om te beklemtoon hoe belangrik lees is, ook in wiskunde;

Om kritiese, analitiese denke aan te moedig;

Om ‘n probleem kreatief te benader en logies daaroor te beredeneer.

Die olimpiade bestaan uit ‘n eerste en ‘n finale ronde vir gr. 4 – 7. Die vraestel sal ‘n uur duur en bestaan uit 25 meervoudige keusevrae. Die eerste ronde sal op Woensdag 9 Mei gedurende skoolure geskryf word. Die leerders wat 50% of meer behaal in die eerste ronde, sal deurdring na die finale ronde wat op Woensdag 1 Augustus geskryf word. Op grond van die finale ronde, word sertifikate deur SAMF toegeken soos volg:

Brons: 50% tot 59% Silwer: 60% tot 79% Goud: 80% en hoër

Besoek gerus die volgende webtuiste om vraestelle en memorandums van vorige jare af te laai wat gebruik kan word vir voorbereiding.

Webtuiste: http://www.amesa.org.za/Challenge/Wiskunde.html

“The essence of mathematics is not to make simple things complicated, but to make complicated things simple.” – S. Gudder

Leanie Taljaard Koördineerder: Wiskunde olimpiade

ADVERTENSIES

RESONANZE MUSIEKSKOOL

As jy lief is vir MUSIEK, maar die gewone instrument is net nie genoeg nie, skryf dan in vir Resonanze Musiekskool se nuwe instrumente – tjello, harp, trekklavier, klokkies en klawerbord!! Alle ander instrumentlesse steeds beskikbaar. Kontak Cindy Koen, 081 351 7491, Berario Ontspanningsentrum. FISIOTERAPEUT Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat en groep-pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected]. TUTOR Soek u na ‘n ervare tutor vir hulp met Afrikaans, Engels of Wiskunde? Kontak Chrissie 0763302754. BETROUBARE HUISHULP Betroubare huishulp is op soek na voltydse/ deeltydse werk, asook ‘n kamer vanaf Junie.

Martha Hlongwane 072 526 3483

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

12

HEART XPRESSIONS ART

heART Xpressions Art bied pret kuns sessies aan vir kinders. Kuns help kinders met sosiale en emosionele

ontwikkeling en gee vir hulle 'n unieke manier om uiting aan hulle emosies te gee. Gaan besoek gerus die

facebook bladsy, www.facebook.com/heartxpressionsart/ vir meer inligting of kontak vir Mischa by

072 034 6525.

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

13

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

14

Page 15: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

15

Fairland huis te koop – R4 500 000

Anton Tromp Selnr. 082 871 1564 e-posadres: [email protected]

Anneke Debronic Linde Selnr. 072 610 8737 e-posadres: [email protected]

Rezprop (Pty) Ltd Sweet Thorn Office Park Bosbokstraat Randparkrif

Ondersteun deur:

Het jy geweet? ONS BENODIG JOU EIENDOM OM TE VERKOOP

Help die skool - Ons benodig eiendome in Fairland, Berario en Northcliff Area. Ons maak ‘n skenking aan die skool vir elke eiendom wat deur ons gekoop of verkoop word.

Hierdie groot familie huis het dit alles! 4 slaapkamers, 3.5 badkamers, verhitte swembad,

vloerverwarming, groot kombuis, opwaskamer, was kamer, eetkamer, sitkamer, groot kantoor met

“fiber” internet verbinding en ‘n 2 slaapkamer woonstel! En dan het di took ‘n onderdak patio met

ingeboude braai wat uitkyk op ‘n aangelegde tuin! So, wat het dit nie? Jou gesin wat hier woon! Skakel

my vir ‘n privaat besigtiging! Anton 082 871 1564

Page 16: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

16

Page 17: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · plaas op 11 Mei 2018. Slegs gr. 4 - 7 neem deel aan hierdie ronde en die kompetisie begin reeds 13:30. Gr. 4 - 5 gaan hulle

17