uit die hoof se kantoor - wordpress.com€¦ · sekuriteitshek (servaas) ons gee graag die volgende...

18
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 9 30 Maart 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Die eerste kwartaal het ten einde gespoed. Baie dankie aan al die ouers, leerders en personeel vir vele insette die afgelope kwartaal. Benut die vakansie ten volle en kom uitgerus terug volgende kwartaal. Voorsitters Baie geluk aan die volgende leerders wat tot voorsitters vir 2017 verkies is: Elize Naude Franco Vosloo Bianca Landman Adam Botha Dené Potgieter Reuben du Toit Louise Swart Arno Janse van Rensburg Clarise van Dyk Marcel Steyn Ons glo en vertrou dat julle ware “voorlopers” vir jul maats en die skool sal wees. Atletiek Baie geluk aan ons 3 atlete wat baie goed gevaar het tydens die afgelope naweek by die SA atletiekkampioenskap. Corné, Christiaan en Anroux ons is baie trots op julle! Gr. R- en gr. 1-aansoekproses - 2018 Die aansoekproses open op 2 Mei 2017. Ons sal aan die begin van die tweede kwartaal meer inligting vir u deurgee. Toere Aan al die rugby- en netbalspanne wat gedurende die vakansie sporttoere onderneem, sê ons baie sterkte! Gebruik die kompetisie om jul vaardighede nog verder uit te bou. Pa en seun/Ma en dogter Baie dankie aan elke ouer, leerder en personeellid wat betrokke was by die reëlings, asook hierdie besonderse naweek bygewoon het. . Personalia Ons dink aan Andri van der Westhuizen se pappa wat baie siek is. Ons glo en vertrou dat hy spoedig beter sal voel. Naskoolsentrum Baie dankie aan die naskoolpersoneel wat gedurende die vakansie diens doen.

Upload: others

Post on 15-Jun-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 9 30 Maart 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Die eerste kwartaal het ten einde gespoed. Baie dankie aan al die ouers, leerders en personeel vir vele insette die afgelope kwartaal. Benut die vakansie ten volle en kom uitgerus terug volgende kwartaal. Voorsitters Baie geluk aan die volgende leerders wat tot voorsitters vir 2017 verkies is: Elize Naude Franco Vosloo Bianca Landman Adam Botha Dené Potgieter Reuben du Toit Louise Swart Arno Janse van Rensburg Clarise van Dyk Marcel Steyn

Ons glo en vertrou dat julle ware “voorlopers” vir jul maats en die skool sal wees. Atletiek Baie geluk aan ons 3 atlete wat baie goed gevaar het tydens die afgelope naweek by die SA atletiekkampioenskap.

Corné, Christiaan en Anroux – ons is baie trots op julle! Gr. R- en gr. 1-aansoekproses - 2018 Die aansoekproses open op 2 Mei 2017. Ons sal aan die begin van die tweede kwartaal meer inligting vir u deurgee.

Toere Aan al die rugby- en netbalspanne wat gedurende die vakansie sporttoere onderneem, sê ons baie sterkte! Gebruik die kompetisie om jul vaardighede nog verder uit te bou.

Pa en seun/Ma en dogter Baie dankie aan elke ouer, leerder en personeellid wat betrokke was by die reëlings, asook hierdie besonderse naweek bygewoon het. . Personalia Ons dink aan Andri van der Westhuizen se pappa wat baie siek is. Ons glo en vertrou dat hy spoedig beter sal voel.

Naskoolsentrum

Baie dankie aan die naskoolpersoneel wat gedurende die vakansie diens doen.

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

2

Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n veiligheidshek aangebring aan die anderkant van die kantoorarea. U kry dus slegs toegang om deur die eerste hek te beweeg as u die kantoorarea betree. U moet dan aanmeld by die kantoordames alvorens u deur die ander hek mag beweeg. U samewerking in dié verband sal waardeer word. Oueraand / Algemene inligtingsessie met ouers Na afloop van die oueraand op 24 April (2de kwartaal) gaan daar ‘n inligtingsessie vir ouers wees. Vir meer inligting kan u gerus gaan kyk op die School Communicator onder Bronne / Algemeen. Die brief is ook op Dinsdag 28 Maart aan al die ouers per e-pos gestuur. Van die personeel Mnr. Willie, baie dankie vir die voorloop die kwartaal. Geniet die welverdiende vakansie saam met Mariëtte en die twee seuns. Ons sien uit om volgende kwartaal saam met jou aan te pak.

BELANGRIKE DATUMS

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week en gedurende die vakansie verjaar.

Monique Mouton - 31 Maart Emily-Kate Levendis - 1 April Liza de Jager - 1 April Bianca Haarhoff - 2 April Stefan Nel - 6 April Linda Dangoumou - 16 April

Mag dit vir julle ‘n geseënde nuwe lewensjaar wees.

OUD-LEERDER PRESTEER

Baie geluk aan Adé van Heerden wat tweede geëindig het in die Mej. SA-kompetisie. Ons almal het

vasgenael gesit voor die TV - ons is baie trots op jou!

DATUM AKTIWITEIT

KULTUUR 13 Mei Tegniese oefening vir gr. R-7 en kleedrepetisie

15 – 19 Mei Revue

SPORT 30 Maart – 1 April Konka o/10- A en B-spanne (rugby)

10 – 13 April Konka o/11A- en B-spanne (rugby) 3 – 6 April 1ste- en 2de-spanne (rugby) 3 – 6 April o/11- tot o/13 A- en B-spanne (netbal)

ALGEMEEN 31 Maart Skool sluit om 11:00

18 April Skool open

24 April Oueraand / Algemene inligtingsessie met ouers

27 April Vryheidsdag

28 April Skoolvakansiedag

11 Mei Gholfdag – Randpark

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

3

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Laerskool Fairland Gholfdag 2017

Ons jaarlikse gholfdag vind plaas op 11

Mei 2017 by Randpark Gholfklub. Inskrywings kos R3500 (slegs R200 meer

as verlede jaar) vir ‘n 4-bal. Inskrywingsvorms is beskikbaar op die

school communicator asook sie skool se webtuiste. Vir navrae of stuur ‘n e-pos

aan [email protected].

Indien u belang stel om ‘n putjie te borg, of ‘n skenking te maak, kontak Johan Nel

of stuur ‘n e-pos aan dieselfde e-posadres [email protected].

Borgvorms asook verdere inligting sal binnekort beskikbaar wees.

SUB-KOMITEES Baie dankie aan die ouers wat reeds aangedui het dat hul graag betrokke wil raak. Lede van die beheerliggaam sal u gedurende die tweede kwartaal kontak. Ons soek egter nog ouers wat belangstel om op ‘n sub-komitee te dien om sodoende die beheerliggaam behulpsaam te wees. Belangstellendes moet asb. net kennis neem dat u slegs op ‘n komitee gaan dien en insette lewer.

Die portefeuljes is soos volg:

Fondsinsameling / Borge Inligtingstegnologie / Sosiale Media / Kubertoegang Kommunikasie / Ouerbetrokkenheid / Sosiale media / Bemarking Alumni Kultuur / Kultuurontwikkeling Sport / Sportontwikkeling

Indien u sou belangstel om betrokke te raak, stuur asb. ‘n e-pos aan [email protected].

REDAKSIE

Die spreekwoord lui: ”All work and no play makes Jack a dull boy!” In hierdie sin beteken “dull” nie vervelig nie, maar wel, sal ons nou maar sê, effe stadig. Gelukkig lê daar vir ons almal ‘n lekker welverdiende speeltyd voor met die twee weke vakansie in die vooruitsig! Dus, geniet elke ruskans, speel hard en lekker en kom uitgerus en “skerp” terug vir ons nuwe kwartaal.

Wees asb. veilig op die pad en geniet die tydjie saam.

Erika

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

4

AKADEMIE

Let wel: Die skool sluit Vrydag 31 Maart om 11:00. Rapporte word om 10:45 in die registerklasse uitgedeel.

KULTUUR

REDENAARS

Die ATKV-redenaars se eerste ronde het plaasgevind op 23 Maart. Ons sal uitslae publiseer sodra ons dit van die organiseerders ontvang.

SENIORKOOR

Dit is moeilik om te glo dat die eerste kwartaal van 2017 reeds op sy einde is. Dit was ‘n goeie kwartaal

waarin ons reeds hard begin voorberei het. Mag elkeen ‘n geseënde Paastyd ervaar.

Belangrike datums

22 April Werkswinkel gekanselleer weens dirigente-opleiding.

15-19 Mei Revue

23 Mei Voorlopige datum vir Megafest – Curro. Inligting sal volg.

JUNIORKOOR

Belangrike datums: 23 Mei “Mega Fest” - Maragon (voorlopig) 26 Julie (Krugersdorp) – voorlopig 22 Oktober (NG Aasvoëlkop)

LAERSKOOL FAIRLAND KUNSWEDSTRYD

Visuele kuns Rondte 1 Baie geluk aan die volgende leerders. Hulle bekleё die Top 5-posisies van hul graad. Ons wys u graag daarop dat die beoordeling deur ‘n onafhanklike paneel van 3 kundiges gedoen is. Hulle het slegs genommerde kunswerke gekry om te beoordeel. Gr. 7 Gr. 6 1. Zoё le Grange 1. Ezaan Husselman 2. Maria Prinsloo 2. Mia Marais 3. Chantei Hoffman 3. Nadia Potgieter 4. Dené Potgieter 4. Jeanemari Hattingh

5. Kira Harkema 5. Julia Marx Gr. 5 Gr. 4 1. Nina Novella 1. Danielle vd Berg 2. Pierre de Villiers 2. Luke Barnard 3. Delané Potgieter 3. Mila Viljoen

4. Ané van der Westhuizen 4. Karli de Kock

4. Kayla van Metzinger 5. Kaylee Snyman 4. Lea Booyens

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

5 Gr. 3 Gr. 2 1. Schalk du Plooy 1. Taliya Moolman 2. Anneke Alberts 2. Sharné du Bruyn

3. Liam Benade van Niekerk 3. Symohne Schutte 4. Brigitte Robinson 3. Danika du Toit 5. Josh Jacobs 3. Leléna van Rooyen

3. Karla Viljoen Gr. 1 Gr. R 1. Bernard Judels 1. Indrid Kilian 2. Alicia Viviers 2. Lyla-Ann Filmater 3. Jeanne-Mari Kitshoff 3. Amy Barnard 4. KayLee Marx 4. René Huysamen

4. Gabby Potterton 5. Ilanȇ Louw 4. Claire Jooste 4. Megan Stahmer Belangrike datums Rondte 2: Gr. 4 - gr. 7 23 Junie (meer inligting volg later) Rondte 3: Gr. 4 - gr. 7 8 September (meer inligting volg later)

REVUE

REVUE NUUSBROKKIES Al ons sang- en dansnommers is besig om baie mooi te vorder. Ons is opgewonde om vir julle te wys wat voorlê. Baie dankie solank aan al ons leerders en onnies wat so hard oefen! Baie, baie dankie ook aan ons mammas wat so fluks help met kostuums en ook van die afrigting. Julle is goud werd! Ons hoop dat alle ouers onthou om die kostuumgeld te betaal voor die einde van die kwartaal. Aankope word reeds gedoen sodat kostuums betyds klaar kan kom. Ons beplan ‘n groepfoto-sessie in volgende kwartaal vir elke graadgroep. Meer inligting hieroor sal later deurgegee word. Kaartjies en besprekings sal volgende kwartaal beskikbaar wees. Lekker rus, volgende kwartaal gaan stampvol en opwindend wees! Belangrike datums

Verpligte tegniese oefening Saterdag 13 Mei Gr. R - gr. 7 09:00 Skoolsaal Kleedrepetisie Maandag 15 Mei Gr. R - gr. 7 Gedurende skooltyd Revueoptredes Ma. – Do. 15 – 18 Mei Gr. R - gr. 7 18:30 Vrydag 19 Mei Gr. R - gr. 7 14:30 Gr. R - gr. 7 18:30

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

6

DANS

N.B. LET ASB. OP DIE VERANDERDE TYE VIR DANS EN DRAMA vanaf week van 13/03

MAANDAE

Gr. 4 en gr. 5 14:15-15:00

Gr. 6 en gr. 7 15:00-15:45

WOENSDAE

Gr. 1 13:45-14:30

Gr. 2 en gr. 3 14:30-15:15

Dans word aangebied deur Adeline Sauermann.

DRAMA

Drama word aangebied deur Suné Senekal.

Erika Joubert

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017

KONKA Netbal: o/11- tot o/13A- en B-spanne: 3 – 6 April 2017 KONKA o/10A- & B-spanne: 30 Maart – 1 April 2017 o/11A- & B-spanne: 10 – 13 April 2017 1ste & 2de spanne: 3 – 6 April 2017 KAAPTOER 1ste spanne (netbal, tennis, rugby, hokkie) 23 – 27 Julie 2017

SENIORTENNIS

Oefeninge

Die top 12 seniorseuns en top 12 seniordogters oefen twee keer per week by Jean en Ruan.

Oefening is verpligtend en daar sal by die oefeningregister gehou word.

Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, mag hulle nie in die liga speel nie!

Dag Tyd Span Afrigter

Donderdag 30 Maart 06:30 – 07:30 Senior B Ruan

Belangrike datums

Bethlehem-toernooi: 8 – 12 Augustus vir Top 8 seuns en –dogters

Seniortennisliga (Jhb-liga)

Wedstryde (1ste en 4de kwartaal): Seniordogters: Woensdae Seniorseuns: Donderdae

DINSDAE 15:30 - 16:30 Solo-afrigting in klas

WOENSDAE 17:00 - 18:00 Gr. 6 en gr. 7

DONDERDAE

14:15 - 14:45 Gr. 1[a]

14:45 - 15:15 Gr. 1[b]

15:15 - 15:45 Gr. 2

15:45 - 16:30 Gr. 3

16:30 - 17:30 Gr. 4 en gr. 5

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

7

Uitslae Seniorseuns A verloor 35 – 46 vs Jan Celliers Seniordogters B wen 62 – 19 vs Fontainebleau. Baie geluk aan hierdie dogters wat dan ook die ligawenners is.

JUNIORTENNIS

Die top 8 juniorseuns en top 8 juniordogters oefen by Philip en Lizahn.

Oefening is verpligtend en daar sal by die oefeningregister gehou word.

Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, mag hulle nie in die liga speel nie!

Juniortennisliga

Wedstryde (3de kwartaal): Juniordogters: Woensdae Juniorseuns : Donderdae Donderdag 30 Maart om 14:00 Juniorseuns A vs Randhart Donderdag 30 Maart om 14:00 Juniordogters A vs Randhart

Ontwikkelingsprogram (Gr. 2- en gr. 3-leerders)

Die volgende gr. 2- en gr. 3-leerders speel die eerste Donderdag van die nuwe kwartaal weer uit om in die ontwikkelingsgroep te kom.

Dit sal die laaste geleentheid wees en slegs 20 spelers sal dan aangewys word vir verdere oefening:

Aidan Fourie Kian Vermaak Callie Symington Braydon Maxwell Christiaan Campher Jako-Martin Müller

Joshua Liebenberg Craig Rothmann Mignon Potgieter Lijan Smal Donna de Wet Jonathan Visagie Daniele Dixon Diederick Kleyn Ben Barnard Troy Kaminsky Zanique Theron Luke Vermaak Daniël du Toit Dian Bezuidenhout Carla Boshoff Johan Louw Ruben Bredenkamp Ethan Stander George Pienaar Rohan Bezuidenhout Kaelyn Grobler Qian Basson Juan Nieuwenhuizen Liam Benade van Niekerk Marieke Wiggett Willem du Plooy Theresa Richards Caelin van Lingen Elri Coetzer Minke Böhmer

Ben Brewis Mila van der Merwe Ilze van Niekerk Mia Moore Lee-Anay Louw Symohne Schutte Mareli Wessels Jana Jordaan Karla Viljoen Brigitte Robinson

Baie belangrik: Graad-1 leerders word nog nie nou in aanmerking geneem nie.

ATLETIEK

Drie van ons atlete het verlede naweek aan die SA-kampioenskap te Potchefstroom deelgeneem. Baie geluk aan: Corné de Fouw wat ‘n 4de plek behaal het in die 1200m

Christiaan Liebenberg wat ‘n 4de plek behaal het in hoogspring Anroux Barnard wat ‘n 5de plek behaal het in gewigstoot Dit is waarlik ‘n uitsonderlike prestasie!!

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

8

SWEM

Begin eers weer in die 3de kwartaal.

NETBAL

Uitslae: L/s Hennopspark o/10A gelykop 7 – 7 o/10B wen 7 – 4 o/10C wen 7 – 4 o/11A wen 17 – 16 o/11B verloor 4 – 7 o/11C wen 18 – 2 o/12A verloor 13 – 20 o/12B wen 18 – 12 o/12C wen 13 – 3 o/13A verloor 11 – 15 o/13B verloor 11 – 14 o/13C verloor 15 – 21 Ons o/13A-netbalspan het verlede Woensdag deelgeneem aan die Fasnet-netbaltoernooi by H/s Noordheuwel. Die uitslae was soos volg: Wen 11 – 1 vs Muldersdrift Wen 28 – 3 vs RAM 1 Wen 32 – 2 vs RAM 2 Wen 29 – 20 vs Helderkruin Wen 23 – 2 vs Kenmare Verloor 11 – 14 vs Roodekrans Baie geluk aan hierdie dogters wat ‘n algehele 2de plek behaal het uit die 7 deelnemende skole. ‘n Spesiale gelukwensing aan Simoné van Belkum (gr. 7) wat tydens die toernooi aangewys is as een van die belowendste speelsters. Gauteng Netbalproewe Baie geluk aan Maria Kotzé (gr.6) en Simoné van Belkum (gr. 7) wat deurgedring het na die

Gautengnetbalproewe wat Maandag 20 Maart plaasgevind het. Simoné van Belkum vorm deel van die groep o/13-speelsters wat deurding na die finale rondte proewe wat op 6 Mei plaasvind.

VOORLOPIGE JOMO-ligabepalings (o/10- tot o/13A- en C-spanne)

25 April vs BPMS (w) 4 Mei vs Roodekrans (w) 11 Mei vs Kenmare (t) 18 Mei vs Helderkruin (t) 25 Mei vs Fontainebleau (t – voorlopig) 1 Junie Distrik-uitspele 7 Junie Cluster-uitspele 9 & 10 Junie Gauteng-uitspele

VOORLOPIGE D10-ligadatums (D-spanne)

Woensdag 26 April vs King’s School (Robin Hills) (w) Donderdag 4 Mei vs Curro Aurora (w) Donderdag 11 Mei vs TrinityHouse (Randpark) (t) Dinsdag 16 Mei vs Boskop Primêr (t) Donderdag 18 Mei vs Cooper College (t) Donderdag 25 Mei vs L/s Unika (w)

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

9

MINI-NETBAL

Belangrike datums: 20 April (Interne toernooi) 25 April; 10 & 31 Mei (toernooie)

RUGBY

Uitslae: L/s Hennopspark o/8A verloor 10 - 12 o/9A wen 12 - 0

o/9B verloor 5 - 26 o/10A wen 26 - 0

o/10B wen 0 - 45 o/11A verloor 0 - 21

o/11B verloor 5 - 7 3de span wen 15 - 21

2de span wen 24 - 12 1ste span wen 17 - 14

Ligabepalings:

Ons liga die jaar is verander na ‘n Superliga A-afdeling wat bestaan uit 8 spanne. Die top 4 spanne gaan direk deur na die kwart-finaal en die laaste 4 spanne speel uit teen die Superliga B-afdeling. Die afdelings word jaarliks bepaal vanaf die uitspele se uitslae. Een punt word toegeken vir elke span wat in die uitspele per rondte wen. Dinsdag 2 Mei vs L/s Florida (tuis) Donderdag 4 Mei vs L/s Helderkruin (weg) Dinsdag 9 Mei vs L/s Orion (weg) Maandag 15 Mei vs L/s Pres. Steyn (weg – o/9A- & B- tot o/11A- & B-spanne) Dinsdag 16 Mei vs L/s Pres. Steyn (weg – 1ste tot 3de spanne)

(Geen alternatiewe datums is beskikbaar vir L/s Pres. Steyn wedstryde nie!) Dinsdag 23 Mei vs L/s Kenmare (weg) Woensdag 31 Mei vs L/s Randhart (tuis) Dinsdag 6 Junie vs L/s Roodekrans (tuis) Kwartfinaal 15 Junie H/s Florida (voorlopig) Semi-finaal 21 Junie H/s Florida (voorlopig) Finaal 24 Junie H/s Monument

TAU-RUGBY

Belangrike datums: 4, 11 Mei (toernooie)

SKAAK

Skaakkliniek: Word vir tweede kwartaal beplan.

INLIGTINGSENTRUM

ATKV-kinderboektoekenning gr. 1-7

Al die gr.2- en gr.3-leerders is fluks aan die lees! Tydens mediaperiode word die voorgeskrewe boeke

aan die gr.1-leerders voorgelees. Die gr.5- en gr.6-leerders is ook tans besig met die projek.

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

10

ATKV-leesprojek: Slegs gr. 6 en gr. 7

Vyf boeke moet deur elke leerder gelees word. Leerders neem op 27 Julie 2017 deel aan ʼn geskrewe olimpiade oor die inhoud van die boeke. Leerders wat belangstel mag hulle name en R20 inskrywingsgeld inhandig by die media voor of op 20 April 2017. Geen gelde sal terugbetaal word indien ‘n leerder onttrek nie. Die formaat van die vraestel bestaan uit 30 meerkeusige vrae.

Die leeslys is soos volg:

‘n Goeie dag vir boomklim – Jaco Jacobs

Sanri Steyn en die seun met die superkragte – Theresa van Baalen

Wat ‘n ramp! Nag van die vlieënde piering – R McGeddan

‘n Hondjie vir Cherise – Sarah Hawkins

Stalmaats: Waaghals – Lize Roux

[email protected] – Carina Diedericks-Hugo

Al die boeke word deur Lapa Uitgewers uitgegee en is reeds in die mediasentrum beskikbaar! Spring gou en gee jou naam vir juf. Connie sodat jy reeds in die komende vakansie kan begin lees. Ons sien uit na n opwindende tweede kwartaal vol hope leesgenot!

Santam Kinderkuns Kom kry so gou as moontlik jou inskrywingsvorm by juf. Connie!

Lees is lekker!

Connie Steenkamp

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

SWEM

Swimming South Africa

Coco Naude (gr. 5) het aan die provisiale kampioenskap (vlak 1) deelgeneem en ‘n 1ste plek verower in die 50m-borsslag en ‘n 2de plek in die 100m-borsslag. Baie geluk, Coco!

Die afgelope naweek het Bianca Landman, Simon Kilian, Chanel Fourie en Dawid Wiggett ook aan die provinsiale kampioenskap (vlak 3) deelgeneem. Dit sluit o.a. die streke Gauteng, Noordwes, Limpopo, Zimbabwe en Namibië in. Daar was strawwe kompetisie, maar ons Fairlanders het nie teruggestaan nie en elkeen het ‘n hele klompie persoonlike beste tye opgestel. Beide Bianca en Simon het deurgedring na die finale rondtes waar Bianca onderskeidelik ‘n 6de en 7de plek behaal het in die 50m- en 100m-vlinderslag. Simon het ‘n 9de plek in die 50m-rugslag behaal, asook 9de plekke in die 100m- en 50m-vryslag aflosse. Chanel was 11de in die 400m-vryslag. Baie geluk met hierdie puik prestasies!

Gimnastiek Payton Kleynhans het Saterdag 25 Maart aan die JGC Pre-Level 1-3 Challenge Invitational deelgeneem. Sy is Pre-level 1. Sy het eerste gekom met ‘n finale en algehele telling van 36.9.

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

11

ALGEMEEN

VERE-KAS

VERE-KAS Vere-kas-tye

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Lillian Ankersmit - 082 324-5034

Gr. R-fietsrydag Baie dankie vir elke leerder en ouer wat die kuierdag met ons gedeel het. Die leerders het dit so geniet, ons kon hulle omtrent nie van hul fietse afkry nie. Dit was ‘n lekker kuier om die braaiers, waar die reuk van boerewors wat braai, jou opgewonde gemaak het oor wat voorlê. Baie dankie vir elke ouer, klasmamma en borg wat gehelp het om van hierdie dag ‘n groot sukses te maak. Dis ‘n voorreg om saam met julle te werk. Gr. R-opvoeders WOW-SPELFEES 2017 Gr. 1- tot gr.7-leerders het reeds hul WOW-spellyste ontvang. Alle leerders neem deel aan die eerste skriftelike uitdunne wat soos volg gehou sal word in die tweede kwartaal: Gr. 1 Woorde 1 – 100 Donderdag 4 Mei Gr. 2 Woorde 1 – 150 Donderdag 4 Mei Gr. 3 Woorde 1 – 210 Donderdag 4 Mei Gr. 4 Woorde 1 – 252 Vrydag 5 Mei Gr. 5 Woorde 1 – 300 Vrydag 5 Mei Gr. 6 Woorde 1 – 300 Vrydag 5 Mei Gr. 7 Woorde 1 – 290 Vrydag 5 Mei Sterkte aan al ons spellers! Onthou: Woorde open wêrelde! WOW-groete! Leanie Taljaard DANKIE-Sê Baie dankie aan gr.7/33- leerders en -mammas wat my verjaarsdag so spesiaal gemaak het. Die oggend het sommer met ‘n groot lekkerte afgeskop met my gelukwense en bederf. Dankie dat julle almal saam aan die opgewondenheid gedeel het. Waardeer julle! Leanie Taljaard

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

12

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Groenklas: Juan Hattingh Blouklas: Lee vd Walt Oranjeklas: Leah Nel

Persklas: Mateo van der Merwe Geelklas: Olivia Drake Rooiklas: Karla Barkhuizen

STER VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Heinrich Knauff Gr. 1/22: Kayla du Preez Gr. 1/24: Kristy Roodt Gr. 1/25: Ethan Merrington Gr. 1/26: Joshua Nel Gr. 1/27: Juan Botha Gr. 2/15: Josh Rabé Gr. 2/16: Jana Jordaan

Gr. 2/17: Carla Steyn Gr. 2/18: Liam Pretorius Gr. 2/21: Marieke Wiggett Gr. 2/23: Caylee Kaminsky Gr. 3/12: Niel Marais Gr. 3/13: Heinrich Bothma Gr. 2/28: Ewan van der Walt Gr. 3/29: Mateo van Jaarsveld Gr. 3/45: Kian Vermaak Gr. 3/46: Armand Vermaak

GOEIE GEDRAG

Gr. 4/49 Janine Kitshoff en Juané van Niekerk

BOERESPORT

Boeresport met ‘n verskil!

Datum: Op die laaste dag van die kwartaal 31 Maart 2017

Drag: Beeld ‘n kreatiewe Suid-Afrikaner uit. Enige iets van ‘n Springbok, Voortrekker, braaier,

jagter of selfs ‘n Bloubul, ens. uit. (Maak net seker dat jy maar kan vuil word).

Koste: R25/persoon. Betaalbaar by die registerpersoneel.

Boeresport: Van eiergooi, armdruk, driebeenresies tot ‘n splinternuwe item genaamd “Melktertfluit”…

NASKOOLSENTRUM

Naskoolsentrum gedurende die vakansie Die naskoolsentrum is oop vanaf 3 - 7 April en ook 10 - 13 April. Gedurende Paasnaweek (14 - 17 April) is die naskoolsentrum gesluit. Slegs ingeskrewe naskoolleerders mag van hierdie diens gebruik maak. Die naskoolsentrum is daagliks vanaf 7:00 - 17:30 oop. Die snoepie sal daagliks vanaf 12:00 - 13:00 oop wees vir leerders. Heerlike roomys word ook daagliks verkoop. Maak asseblief seker dat alle skeurstrokies van vakansiebriewe by me. Marilet Vosloo ingehandig is.

MA EN DOGTER-KAMP

Vanjaar was daar 330 mammas en dogters wat deel gevorm het van ons ma en dogter-kamp. Baie dankie aan elke mamma wat die tyd afgestaan het om saam met haar dogter te spandeer. Koester elke oomblik!

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

13

PA EN SEUN-KAMP

Die 25ste pa en seun-kamp is vanjaar vanaf 24 tot 26 Maart 2017 by ‘n nuwe terrein, Koppisol, gehou. Daar het ‘n rekordgetal van 401 pa’s en seuns die kamp bygewoon. Baie dankie vir die goeie ondersteuning wat ons van die pa’s ontvang het. Baie dankie aan Jaco Fourie wat as organiseerder opgetree het. Hy het hom uitstekend van sy taak gekwyt en volgens die meerderheid kampeerders was dit die beste kamp ooit. Dankie ook aan Verna wat al die inskrywings hanteer het. Tot volgende jaar! Ebbe le Roux Koördineerder

ADVERTENSIES

FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale

rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386

of [email protected].

HUIS TE KOOP IN STRUBENSVALLEI

Netjiese 4-slaapkamerhuis, 3-badkamers (waarvan 2 “en-suite” is), ruim kombuis, eetkamer, sitkamer en

kuierarea. Dubbelmotorhuis met geautomatiseerde houtdeure, lapa en swembad. Ongeveer 8km vanaf

Laerskool Fairland. Vir verdere navrae kontak asb. Estelle na 15:00 op 082 332-7475.

Resonanze Project Musiekskool Tyd om musiek te maak by Resonanze Project Musiekskool!! Skryf in vir individuele lesse (viool, kitaar, klavier, sang, dromme), of kom maak musiek in ’n groep van Marimbas, Kinderkoor, Viole, Klawers of Kleuter Blokfluite! Berario Gemeenskaps Sentrum, [email protected], 081 351 7491 HUISHULP SOEK WERK

Ons voltydse bediende word ongelukkig afgeskaal, en sy benodig werk vir 2 of 3 dae per week. Sy gaan

vir die oorblywende dae steeds by ons werksaam wees, en kan ook steeds inbly by ons. Sy is fantasties

met kinders van alle ouderdomme, en kan kos maak. Sy het n kursus in “Childminding, First Aid and

Stimulation” voltooi. Vir meer inligting kontak my gerus by 082 778 1092. Liezel.

WAENTJIES TE HUUR

Gaan met vakansie en hou almal gelukkig. Met True Trailers kan almal se fietse en skopfietsies saam

op vakansie gaan.

Kontak ons gerus – 072 567-5486 of besoek ons webtuiste www.truetrailers.co.za.

NORTHCLIFF YOUTH SOCCER CLUB Practice days: Monday and Wednesday 16:00 – 18:00 Saturday 10:00 – 12:30 Adress: Northcliff Primary School, Weltevreden Drive & Scott Street Contact details: Frank 074 752-5585 / [email protected] / www.northcliffyouthsc.co.za

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

14

Page 15: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

15

Page 16: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

16

Page 17: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

17

Page 18: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com€¦ · Sekuriteitshek (Servaas) Ons gee graag die volgende inligting deur aan ouers wat die skool tydens skoolure besoek. Daar is nog ‘n

18

The Magic Olive Tree Nursery & Aftercare

CAPS Curriculum

Babies up to Grade R

Time: 6:00 – 18:00

Less than a kilometre from Fairland bridge! Daily Activities: Construction Play; Fine Motor Skills; Gross Motor Skills; Bake & Make; Outdoor & Indoor

activities; Healthy Cooked Meals Kiddies Party Venue at request

Languages: Afrikaans, English & Zulu Maryke Maritz: 083 941 1175 / [email protected] Place: 870 Kloofhout Turn, Weltevredenpark, Roodepoort

FEES FOR 2017

Ages: 4 months - Grade R & Aftercare

Half Day 06h00 - 14h00 R 1 800.00 per month paid in advance on or before the last day.

Full Day 06h00 - 18h00 R 2 200.00 per month paid in advance on or before the last day.

Day Visitors 06h00 - 18h00 R 150 per day paid on the first day of the month.

Toyfund per year R 750.00 is payable before the first of January 2017.

Registration Fees (once off) R 600.00 is payable on date of first enrolment.

Aftercare R 1 300.00 (Transport available depending on distance and area)

Extra Murials: Music Box; Little Kickers (soccer); Computers; Ballet; Modelling; Monkey Nastics