uit die hoofmeisie se pen...uit die hoofmeisie se pen... hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012...

13
Uit die hoofmeisie se pen... Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en dat ons alreeds in die helfte van hierdie jaar is! Daar is heerlike feeste gevier saam met ons families om Moedersdag en Vadersdag te herdenk en ons kinders maak reg vir die lekker lang wintervakansie na die eksamens wat uiteindelik verby is. Ek glo daar is heelwat van die ouers daar buite wat ook opgewonde daarna uitsien om ‘n rukkie later op te staan in die oggend. Party van julle het al die tasse begin pak en sien daarna uit om Gauteng te verruil vir iewers waar dit warmer is. Steeds dink ons aan die wat nie so bevoorreg is soos ons nie. Praat nie eens van die vakansie nie, want vir soveel gesinne is daar nie eers basiese beskutting of geriewe teen die yskoue winterswind, of ‘n lekker snoesige kombers om hulself in toe te wikkel voor ‘n gunsteling TV program, met ‘n bakkie warm sop in die hand nie. Ons Daisies het weereens hierdie kwartaal besef daar is soveel om voor dankbaar te wees. Gesonde kinders en ouers, liefde, vriende en alles wat ons altyd so vanselfsprekend aanvaar. Hierdie voorreg is nie vir almal beskore nie, maar wees verseker ons Daisies is nie blind vir ander se swaarkry en pyn nie en sal dit altyd ons missie bly om soveel mense moontlik te help vir wie die swaarkry en seer aan hulle deure kom klop het. Ons was weereens bevoorreg om soveel mense te kon help, al is dit met ‘n kledingstuk hier en daar, of ‘n geldjie vir kruideniersware en sonder almal se oop hand en hulp van buite sal ons dit nie kon regkry nie. Hou asseblief daardie mense wat nie bevoorreg is soos ons nie in gedagte en in julle gebede hierdie koue winter. Of jy nou see toe gaan, gaan jag, kamp of sommer net kuier – geniet elke oomblik en kom veilig terug! Tot ‘n volgende keer... Anria van Heerden

Upload: others

Post on 19-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Uit die hoofmeisie se pen...Uit die hoofmeisie se pen... Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en dat ons alreeds in die helfte

Uit die hoofmeisie se pen...

Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en

dat ons alreeds in die helfte van hierdie jaar is! Daar is heerlike feeste gevier saam met ons

families om Moedersdag en Vadersdag te herdenk en ons kinders maak reg vir die lekker lang

wintervakansie na die eksamens wat uiteindelik verby is. Ek glo daar is heelwat van die ouers

daar buite wat ook opgewonde daarna uitsien om ‘n rukkie later op te staan in die

oggend. Party van julle het al die tasse begin pak en sien daarna uit om Gauteng te verruil vir

iewers waar dit warmer is.

Steeds dink ons aan die wat nie so bevoorreg is soos ons nie. Praat nie eens van die vakansie nie,

want vir soveel gesinne is daar nie eers basiese beskutting of geriewe teen die yskoue

winterswind, of ‘n lekker snoesige kombers om hulself in toe te wikkel voor ‘n gunsteling TV

program, met ‘n bakkie warm sop in die hand nie. Ons Daisies het weereens hierdie kwartaal

besef daar is soveel om voor dankbaar te wees. Gesonde kinders en ouers, liefde, vriende en alles

wat ons altyd so vanselfsprekend aanvaar. Hierdie voorreg is nie vir almal beskore nie, maar

wees verseker ons Daisies is nie blind vir ander se swaarkry en pyn nie en sal dit altyd ons missie

bly om soveel mense moontlik te help vir wie die swaarkry en seer aan hulle deure kom klop het.

Ons was weereens bevoorreg om soveel mense te kon help, al is dit met ‘n kledingstuk hier en

daar, of ‘n geldjie vir kruideniersware en sonder almal se oop hand en hulp van buite sal ons dit

nie kon regkry nie. Hou asseblief daardie mense wat nie bevoorreg is soos ons nie in gedagte en

in julle gebede hierdie koue winter. Of jy nou see toe gaan, gaan jag, kamp of sommer net kuier

– geniet elke oomblik en kom veilig terug! Tot ‘n volgende keer...

Anria van Heerden

Page 2: Uit die hoofmeisie se pen...Uit die hoofmeisie se pen... Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en dat ons alreeds in die helfte

CARMEN VAN DER MERWE

Carmen van der Merwe het twee dogtertjies van onderskeidelik vyf en ses jaar oud. Hulle is woonagtig in Marble Hall. Sy het al baie swaarkry in haar lewe gehad, maar sy

bly moed hou en aanhou opstaan! Haar dogtertjies se pa is oorlede toe hulle nog klein was. „n Paar maande gelede was sy in 'n verskriklike motorongeluk. Sy het baie seer

gekry en haar motor is in die proses afgeskryf. Sy het nie versekering vir haar motor gehad nie. Die Caring Daisies het haar bygestaan deur „n R3,000 geskenkbewys vir kruideniersware, asook klere en toiletware vanuit ons stoor te skenk. Ons hoop dat

hierdie klein bydrae wel „n verskil in hulle lewe kan maak.

BERTUS COETZEE

Bertus Coetzee (14) het met gedurige pyn gelewe. Hy het dringend „n mangeloperasie benodig, maar sy ouers het nie oor „n mediese fonds beskik nie. Hulle was by verskeie staatshospitale, maar omrede die staatshospitale oorvol is en hulle nie Bertus se kondisie

as lewensgevaarlik beskou het nie, kon hulle hom nie help nie. Die Caring Daisies kon met behulp van Dr Kluge (Oor-, Neus- en Keelspesialis) en Dr Venter (Narkotiseur), wat

hulle dienste gratis aangebied het, help dat Bertus se mangels in „n privaathospitaal verwyder kon word op 19 April 2012. Die Daisies het ook die “dag-bed” by Little Company of Mary Hospitaal gratis gekry. Ons moes slegs vir die teatertyd en mediese

produkte betaal.

Die Daisies het ook met Bertus se ontslag uit die hospitaal vir hom „n lekker bederfpakkie geneem met al die nodige lekkernye in wat hy na die operasie sou nodig hê om volkome

te kon herstel.

Page 3: Uit die hoofmeisie se pen...Uit die hoofmeisie se pen... Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en dat ons alreeds in die helfte

Page 3 MELISSA BEKKER

Melissa voer alreeds jare lank „n stryd teen kanker. Sy het haar hele vrouwees afgestaan om sodoende hierdie uitmergelende siekte te probeer wen. Haar familie en vriende reël

konserte en ander fondinsamelingsprojekte om sodoende geld in te samel vir haar chemoterapie behandeling. Haar vriendin het ons genader om uit te vind of die Daisies

moontlik „n bydrae kan maak. Ons het Melissa op ons gebedslys geplaas en ons het ook „n

skening van R3,000 gemaak om sodoende te help met haar mediese uitgawes.

MARTHA DIEDERICKS

Martha is „n enkel ouer en het die Caring Daisies genader vir hulp. Sy werk smiddae by „n kleuterskool en as gevolg van haar skamele inkomste wat sy verdien, het sy agter

geraak met haar finansiële verpligtinge. Die Caring Daisies het haar agterstallige huur van R1,160 betaal en het ook gehelp met klere vanuit die stoor vir haar en haar seun.

SANTA DU PREEZ

Santa en haar man is tans in hulle 40‟s en het vier kinders. Hulle gesin het al baie teëspoed in hulle lewe ervaar en daarom is hulle kinders en kleinkinders finansieël

afhanklik van Santa en haar man. Die Caring Daisies het Santa en haar gesin bygestaan deur vir hulle „n R3,000 se Checkers-geskenkbewys te gee.

RONÉL BOSMAN

Ronél se seun is 10 jaar oud. Daniël is in die Nuwe Hoop skool. Hy is gediagnoseer met „n lewensbedreigde siekte. Die diagnose is gemaak deur „n Pediatriese-Neuroloog by die

Unitas Hospitaal. Ronél is „n enkel ouer wat saam met Daniël se ouma woon. Sy sukkel

om skoolfonds te betaal en om haar finansiële verpligtinge na te kom. Daniël ry met „n

skoolbussie skool toe wat R1,000 per maand kos. Die Caring Daisies het aangebied om drie maande se busgeld vooruit te betaal en ons skenk ook skoolklere vir Daniël.

RIEKIE MYBURGH

Riekie het van die Caring Daisies in die Vrouekeur van 24 Februarie 2012 gelees. Sy versoek ons hulp vir „n kollega van haar se kind. Haar seun en sy vriendin woon in Elandspoort,

Pretoria-Wes. Hulle het twee kinders, „n 17 maande oue baba en „n seuntjie van 4 jaar. Die gesin trek finansieël baie swaar en versoek bystand met die basiese behoeftes. Die pa is „n

diabeet en lei ook aan epilepsie. Die Caring Daisies koop vir hulle „n dubbelbed en twee enkelbeddens om op te slaap en help met skenkings vanuit ons stoor.

Page 4: Uit die hoofmeisie se pen...Uit die hoofmeisie se pen... Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en dat ons alreeds in die helfte

RINUS KEYSER

Rinus is gebore met „n gesplete verhemelte en haaslippie. Hy het alreeds twee groot operasies ondergaan en lyk te oulik met sy nuwe lippie. Soos hy ouer word en groei moet hy nog so een

of twee operasies ondergaan en dan natuurlik moet daar baie werk aan sy tande gedoen word. Al sy bo-tandjies aan die kant van die spleet is gebreek en baie swak en die gevolg is dat hy

die tande kan verloor as dit nie reggemaak word nie. Om dit te laat doen gaan sy ouers R12,000 uit die sak jaag. Hulle beskik ook oor geen mediese fonds nie.

Die Caring Daisies het „n tandarts van Medicross Constantia Park genader in die verband. Sy

het die situasie met haar kollega (wat die operasie sou uitvoer) en die hospitaal bespreek. Die hospitaal en teater het ingestem om vir Rinus se ouers „n 30 % afslag toe te staan in die

verband en die tandarts en narkotiseur het hulle dienste ook gratis aangebied.

OOM FAAN SMIT

Oom Faan Smit is in sy 50‟s. Hy het vir jare by Nissan gewerk en in die vroee 90's is 'n paar van die werknemers pakette aangebied en het hulle hul werk verloor. Huidiglik sorg oom

Faan vir verskeie van sy familielede onder andere sy moeder. Hy het al soveel teëspoed in sy lewe ervaar, maar steeds ondersteun hy ander mense en neem hy hulle onder sy vlerk, al kan

hy dit nie bekostig nie. Hy is „n motorwag en glad nie gesond nie. Hy het „n maagseer en omrede hy nie behandeling daarvoor ontvang het nie, het hy op „n stadium inmekaar gestort en is hy opgeneem in die Kalafong Hospitaal. Aangesien hy vir langer as twee maande nie

kon werk nie, het die ander mense in die huishouding ook daaronder gely omrede daar geen inkomste was nie. Die Caring Daisies skenk aan Oom Faan en sy gesin „n R3,000 Checkers geskenkbewys ten einde hulle toe te laat om kruideniersware aan te koop. Ons hoop hierdie

bydrae sal die las so bietjie ligter maak en Oom Faan in staat stel om die hosiptaal te kan besoek en so die nodige mediese sorg te kan ontvang.

KOEKIE BASSON

Estelle Delport het ons genader om hulp te verleen aan die Basson-familie. Die Basson-familie is deur baie trauma in hulle lewe en is mev Basson baie sieklik. Sy kan uit die aard van

die saak nie werk nie en haar man het „n paar maande gelede sy werk verloor. Weens hulle finansiële omstandighede, is hulle later deur die huiseienaar gedreig vir uitsetting. Estelle het

ons genader en gevra as elke persoon net R100 kan bydra, sy hierdie mense kan help om hul agterstallige huur te betaal. Sy en haar man het probeer fondse insamel en het ook „n kontant bydrae gemaak.

Ons voorsitter het die voorstel gemaak dat sy die persoonlike bydrae wat elke Daisie maak, sal ewenaar met dieselfde bedrag uit die Caring Daisies se bankrekening. Die Daisies het ondermekaar R1,500 ingesamel en sodoende kon ons „n totaal van R3,000 aan die Basson

familie skenk.

Page 5: Uit die hoofmeisie se pen...Uit die hoofmeisie se pen... Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en dat ons alreeds in die helfte

ALEXIS BURGER

Alexis Burger is „n tweejarige dogtertjie wat met gehoorprobleme worstel. Haar ouers het op eenjarige ouderdom agtergekom dat daar iets fout is met haar gehoor, omrede sy geen reaksie

getoon het as hulle haar roep of wanneer daar geraas is nie. Hulle was vreeslik bekommerd en het van een spesialis na „n ander gegaan om te probeer vasstel wat fout is met haar. In Februarie

2011 het hulle op aanbeveling van ‘n oor-, neus en keelspesialis pypies in haar ore laat sit omdat daar baie vloeistof agter haar oordrom opgebou het en dit die rede was vir haar gehoorprobleme. Na „n paar maande het haar ouers meer bekommerd geraak aangesien daar geen wesenlike

verbetering was in haar gehoor nie. Hulle het „n professor gaan sien en sy mening was dat daar iets ernstig fout is omdat sy nie eens „n eenvoudige opdrag kon uitvoer nie. Hy het hulle verwys

na die Oor Instituut in Pretoria en uiteindelik was hulle in die regte hande. Alexis het haar

eerste brein skandering in Julie 2012 ondergaan waar hulle gehoorverlies bevestig het. Sy het „n gehoortoestel ontvang. Na verdere toetse in Oktober is haar ouers meegedeel dat die gehoortoestel alleen nie genoegsaam sal wees om haar spraak te ontwikkel nie. Nog verdere

toetse het getoon dat sy as geskikte kandidaat vir „n kogulêre inplanting sou kwalifiseer. Die Caring Daisies kon ongelukkig nie „n finansiële bydrae doen ten opsigte van die inplanting nie,

aangesien die kostes R325,000 sou beloop (die mediese fonds dek dit nie). Ons skenking was vir Alexis se ouers om klasse by Eduplex in Pretoria by te woon (teen R280 per maand) om hulle in staat te stel om Alexis te leer praat en luister.

Ons het onlangs die wonderlike nuus ontvang dat Alexis se ouers intussen donasies vanuit alle oorde ontvang het en kon hulle die inplanting agter haar oor doen op 4 Mei 2012. Daarna moes hulle vier weke wag vir die swelsel om te sak, alvorens hulle die eksterne toestel kon aanskakel.

Op 4 Junie 2012 was die groot dag en is die toestel aangeskakel vir „n toets. Alexis het groot reaksies getoon – eers bang geword, amper gehuil en daarna twee keer haar koppie geknik wanneer hulle gepraat het. Sy het kort daarna gewoond geraak aan al die nuwe geluide en het

selfs begin babbel en geluide maak. Die gehoortoestel sal weekliks harder gestel word, omdat hulle haar nie wou oorweldig die eerste keer nie. Ons glo en vertrou dat Alexis nou „n normale en

gelukkige kinderlewe gaan lei.

MIKAYLA ROBBERTSE

Mikayla Robbertse, „n 5 jaar oue dogtertjie van Ellisras, is op 19 Desember 2011 in haar bedjie deur 'n Mosambiekse Spoegkobra gepik. Omrede sy so klein is en tydens die voorval slegs 15 kg geweeg

het, het die gif „n vreeslike uitwerking op haar liggaam gehad. Kayla se ouers het nie „n mediese fonds nie en nadat hulle haar toestand kon stabiliseer by Motana-Hospitaal, is sy dadelik

oorgeplaas na die Steve Biko Staatshospitaal in Pretoria. Nadat sy drie dae lank in die intensiewe eenheid deurgebring het, was sy ook vir „n verdere ses weke in die hospitaal. Sy het tot dusver al ses operasies ondergaan. Huidiglik ry haar ouers op 'n weeklikse basis vanaf Ellisras na Pretoria om

die spesialiste te sien. Die gif bly volgens die kenners vir 7 jaar in haar gestel, maar die volgende 18 maande is nog krities, aangesien sy enige tyd 'n terugslag kan beleef. Haar ouers sal graag die rekonstruksie van haar hand privaat wil laat doen en het gevra vir „n moontlik skenking vir hierdie

groot operasie. Die Caring Daisies beskik nie oor die nodige fondse om so „n groot skenking te maak nie. Ons het dus die familie gekontak om te hoor wat hulle huidiglik benodig om die druk so bietjie te verlig. Mikayla se mamma, Charmaine, het laat weet hul grootste uitgawe tans is hul weeklikse

vervoerkoste om na die spesialiste te kom. Dit kos hulle tans R1,800 per week vir brandstof. Die Caring Daisies skenk „n bedrag van R7,200 sodat hulle vir „n maand lank hulle nie oor die

petrolgeld hoef te bekommer nie.

Page 6: Uit die hoofmeisie se pen...Uit die hoofmeisie se pen... Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en dat ons alreeds in die helfte

‘n Kornea vir Angelique Human

Ongeveer „n jaar gelede het Angelique „n ooginfeksie gekry en

probleme begin ondervind met haar een oog. Na vele

ondersoeke deur „n oogspesialis is daar bevind dat Angelique

se kornea sodanig beskadig is en dat sy „n oorplanting moet

kry. Sy kan niks meer sien uit hierdie oog nie. Haar mamma,

Tanya, het kwotasies aangevra en die oorplanting bedrae

tussen R40,000 en R50,000. Hulle het ook geen mediese fonds

nie.

Die Caring Daisies het die “Spaarvarkie-

Projek” begin ten einde geld in te samel

vir Angelique se kornea oorplanting. Die

Daisies gaan die spaarvarkies die hele

Pretoria vol versprei en probeer volmaak

vir dié doel. Ondersteun ons asseblief in

hierdie projek en help ons om „n

permanente verskil te maak in „n 16-jarige

meisie se lewe!

Page 7: Uit die hoofmeisie se pen...Uit die hoofmeisie se pen... Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en dat ons alreeds in die helfte

SVIN, ONS 4X4 SPAARVARKIE

In die vorige uitgawe het ons u

meegedeel van die nuwe “Spaarvarkie

Projek” wat ons begin het om sodoende

fondse in te samel vir Angelique Human

se kornea oorplanting.

„n Plaaslike 4x4 groep, die 4x4 Off-Road Adventure Klub GP,

het een van ons spaarvarkies “aangeneem” en aangebied

om te help met ons fondsinsameling terwyl hulle op toer is.

Hulle is tans besig om deur Suid-Afrika en Afrika te toer en

gaan die spaarvarkie al die avonture van hierdie 4x4 klub

meemaak.

Die spaarvarkie is deur Alan Goodway, sy oppasser, gedoop

en het hy die naam van Svin gekry. Dit beteken “varkie” in

Yslands. Die 4x4 klub gaan vir Svin saamvat op hulle 4x4 toer

na Ysland in 2014 waar hulle met hulle Toyota 4x4 voertuie oor

die ysvlaktes gaan ry.

Svin is die Caring Daisies se eerste rondreisende spaarvarkie.

Alan en sy 4x4 groep het ook „n reisdagboek vir Svin geskep

op Facebook. Gaan kliek gerus “like” op Svin se Facebook-

blad by 4x4 SVIN 4 CHARITY om in sy avonture mee te deel.

Vir elke “like” wat hierdie Facebook-bladsy ontvang, gaan

R10 aan die Daisies geskenk word deur die 4x4 klub.

Ondersteun ons asseblief! Vir meer inligting oor die 4x4 Off-

Road Adventure Klub GP se beplande toere kan u gerus hulle

webblad besoek by www.4x4offroadclub.co.za

Page 8: Uit die hoofmeisie se pen...Uit die hoofmeisie se pen... Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en dat ons alreeds in die helfte

Ons ontvang op „n daaglikse basis navrae van die publiek wat wil deel word van die Caring Daisies of selfs hulp aanbied om by van ons projekte betrokke te raak.

Ongelukkig kan ons nie nog nuwe lede aanstel nie, want ons het reeds ons

maksimum bereik.

Hierdie was ook een van ons redes waarom ons die “Spaarvarkie Projek” begin het.

Indien jy voel dat jy graag betrokke wil raak of die Caring Daisies wil ondersteun,

kom haal „n spaarvarkie of kontak ons sodat ons vir jou „n spaarvarkie kan bring wat volgemaak kan word. Alle fondse wat op hierdie manier ingesamel word, sal vir

toekomstige projekte gebruik word. Vir elke persoon wat vir ons drie vol spaarvarkies terugbesorg, sal ons „n gratis kopie van ons kookboek, SoetKoek,

skenk. Maak jy vyf spaarvarkies vol, kry jy „n gratis kalender en kookboek! Kontak

ons gerus, indien jy sou belangstel.

Wat kan ek doen?

Ons varkie meter

Hier is „n indikasie van hoeveel

geld ons al vir Angelique se

kornea ingesamel het. Help ons

asb. om by die R40,000 merk uit

te kom!

Page 9: Uit die hoofmeisie se pen...Uit die hoofmeisie se pen... Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en dat ons alreeds in die helfte

SPESIALE AANBOD

Ons het tans „n spesiale aanbod op ons Daisy items.

Verjaarsdagkalender nou slegs R50.

Soetkoek Kookboek vir R80.

As jy altwee saam koop betaal jy slegs R100

Maak gebruik van hierdie fantastiese geleentheid en begin sommer nou al

geskenke vir Kersfees aankoop. Hierdie aanbod is slegs geldig terwyl

voorraad hou.

Page 10: Uit die hoofmeisie se pen...Uit die hoofmeisie se pen... Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en dat ons alreeds in die helfte
Page 11: Uit die hoofmeisie se pen...Uit die hoofmeisie se pen... Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en dat ons alreeds in die helfte

DIE DAISIES IN DIE MEDIA....

„n Artikel wat in die Rekord koerant van 12 Junie 2012 verskyn het.

Women take off their clothes for good cause

A group of close friends in Pretoria opened their hearts and removed a bit of

clothing to make a difference in their community. Known as the Caring Daisies,

their fi rst project was a calendar with discreet nude photos of the women. “We

know you might frown but it was for a good cause. If you think about it, what

can possibly cause a few fat, overweight moms, covered with cellulite, to take off

their clothes to make a calendar?” The answer: “An opportunity to make a dif-

ference to the lives of three teenage children,” Anria van Heerden said. Accord-

ing to Van Heerden, their cause had been a fl at broke teacher in their communi-

ty who has three gifted children (triplets). The children had qualifi ed as the top

three students in their school and had been offered the opportunity to travel over-

seas for a school project. The problem was that the single mother could not afford

to give her children this exposure. “We decided to help and that was the begin-

ning of our life of giving. We called the fi rst project Kaalgat Daisies and had a sim-

ple goal, to raise R45 000 for these children,” Van Heerden said. She added that

they exceeded their wildest fantasies and managed to raise R200 000 in a single

evening, while having fun at the same time. The money was used to change a

few lives for the better and the women decided to continue living a life of giving.

“The success with our fi rst project resulted in the decision to continue on a formal-

ised basis and thus, the birth of Caring Daisies, as a close-knit group of friends. Our

aim, as ordinary mothers, is to make a difference where formal charity organisa-

tions are not able to reach. We embarked on several money raising projects,”

Van Heerden said. Their annual fundraising event will take place on 19 September

at Stone Cradle and they invite the public to participate. They were still going

strong with a passion to help where they can.

Page 12: Uit die hoofmeisie se pen...Uit die hoofmeisie se pen... Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en dat ons alreeds in die helfte

CARING DAISIES STAP TEEN GEWELD „n Paar van ons Daisies het op die 19de Junie 2012 deelgeneem aan „n staptog teen geweld

in Suid-Afrika. Hier is wat „n paar van hulle te sê gehad het oor die dag:

Theresa: “My eerste gedagte was: Dankbaarheid - dankbaar dat ek vandag kon stap sonder dat ek geweld al fisies aan my lyf (en my kinders se lyfies) gevoel het... Geweld is ook 'n Geestelike Stryd en trek ons as ouers, ons kinders se Wapenrusting, elke dag, namens hulle aan? “ Doreen: “My eerste gedagte is bewondering vir daardie ma en pa om so dapper oral te wees en nie met „n wrok en haat in hulle harte sit na dit alles nie. Dan voel ek ook trots om te s ê ek was deel van so iets om te help om „n verskil te maak. Almal praat oor die geweld in ons land wat hande uitruk, maar bitter min is bereid om iets te doen, miskien is dit omdat ons nog nie so naby geraak is deur die geweld nie.” Belinda: “Dit was vir my net awesome om daar te kon wees en weereens te besef hoe dankbaar mens kan wees dat die Here elke dag Sy hand oor my gesin hou en dat ons sulke geweld gespaar is!” Arnell: “Ek het bevoorreg gevoel om gister deel te kon wees van honderde mense wat

gestap het teen geweld! Net nog meer besef dat ons nie langer moet stilbly nie - ons moet

gehoor en gesien word en meer belangrik daar moet gehoor gegee word aan ons

hulpkrete! My gebed is dat die memorandum nie op dowe ore sal val nie, maar „n gevolg sal

hê van daadwerklike optrede”.

Page 13: Uit die hoofmeisie se pen...Uit die hoofmeisie se pen... Hier is ons by ons derde uitgawe vir 2012 en staan ek verstom oor hoe die tyd gevlieg het en dat ons alreeds in die helfte

CARING DAISIES BESONDERHEDE Posadres: Posbus 1714, Erasmuskloof, 0048

Tel: +27 86 155 3333

Faks: +27 86 632 9409

E-pos: [email protected]

Web: www.caringdaisies.co.za

Facebook: Caring Daisies

Twitter: @CaringDaisies

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om dankie te

sê vir die skenkings wat ons so mildelik ontvang. Weet dat elke

skenking help om „n verskil in mense se lewens te maak.

Indien u moontlik „n donasie aan ons wil maak, hiermee ons bankbesonderhede:

Rekeningnaam: CARING DAISIES

Bank: RAND MERCHANT BANK

(First National Bank)

Rekeningnommer 62321551906

Takkode: 222-026

Verwysing: Naam en Van

Stuur asb. bewys van inbetaling: Faks: 0866329409

Of e-pos: [email protected]

DONASIES AAN CARING DAISIES