uit die kantoor - hstygerberg.co.za · 7/2/2019  · geval ‘n skool se sukses, word somtyds...

18

Upload: others

Post on 24-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

2

UIT DIE KANTOOR Kommunikasie? Net nog ‘n woord? Ek dink nie so nie. ‘n Entiteit soos ‘n besigheid of soos in ons

geval ‘n skool se sukses, word somtyds gemeet aan juis die beginsel van kommunikasie. Die vraag

is: Is daar leemtes in die kommunikasiestyl en frekwensie van Hoërskool Tygerberg? Ek sal die

eerste een wees wat onomwonde uitskree: JA. In die Survey monkeyvraelyste van 2018 het die vol-

gende na vore gekom:

Vraag 2: Die kommunikasie tussen die skool en die ouers oor die algemeen:

Question 2: The communication between the school and the parents in general is:

In all honesty the 8.04% of parents who mentioned that communication with the school is poor, is

concerning as it is an urgent priority to improve the communication between the school and parents.

Ek weet nie of almal weet nie, maar hierdie is die eerste Tieroog sedert die derde kwartaal van

verlede jaar. Ek moes baie introspeksie doen oor die waarde van die Tieroog asook die relevan-

sie daarvan. Ek het gestoei met die gedagtes van hoeveel ouers dit lees en of dit van waarde is.

Nou moet ek bieg en sê: al doen ek dit net vir een ouer, sal ek dit doen.

The ‘Tieroog’ is one of the mechanisms used to communicate with parents. It is distributed via D6

Communicator, Facebook and the school’s website. Statistics indicate that 840 parents are regis-

tered on D6, with a user rate of 85%. Facebook seems to be our most effective method of

communication. The school has 4163 followers and reaches approximately 8400 viewers. The

distribution of hard copies is an alternative method, but learners often neglect handing news letters

to their parents. Positive criticism and suggestions in this regard will be appreciated.

TIEROOG | KWARTAAL 2 | JULIE 2019

3

Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank vir hulle bydrae hierdie kwartaal.

Die tweede kwartaal is altyd die volste en ons kinders is onder geweldige druk om buitemuurse aktiwiteite

met akademie te balanseer . Ek dink aan die afgelope wintersport wedstryde waar gemengde welslae

was. Dit kos tyd en harde werk om jouself te verbind om jou beste te gee. Ek pleit by leerders om deur-

gaans toegewyd te bly by al die aktiwiteite waarmee hul besig is. Afgesien van die sport was die revue

ook n groot hoogtepunt. Weer eens, baie dankie aan mnr van der Westhuizen en al die ander mense wat

‘n aandeel gehad het in die sukses van ons revue.

I said earlier in my letter that the second term is the busiest term but a lot of things need to happen in the

third term as well. We are looking forward to our drama (Toneel) show casts where we have 4 groups

competing in a variety of competitions. These learners and teachers will practice during the school holiday

in order to make us proud. Inter schools with Brackenfell High School take place in the week of 12 to 17

August.

Baie dankie vir almal se ondersteuning.

TIEROOG | TERM 2 | JULY 2019

4

Die tweede kwartaal van 2019 het, wat die akademie betref, heelwat uitdagings gehad. The teachers and students experienced very specific challenges to finish the syllabi as a result of the Easter weekend, Worker’s day and Voting day. Die eksamen het verloop en die graad 8’s moes gewoond raak aan hoe eksamens in die hoërskool gedoen word. A few irregularities were reported: one learner copied her friend’s project, a learner was caught in possession of crib-notes and one learner committed plagiarism. Ons wil graag ouers en leerders bewus maak van die nagevolge van sodanige optredes. Die skool hou in al hierdie gevalle ‘n Ongerymdheidkomiteevergadering en die gevolg is gewoonlik dat al hierdie leerders nul kry vir die betrokke assessering. Ouers moet asseblief met hul kinders hieroor praat en die gevare verduidelik. The Grade 8 learners attended two sessions to assist them with study methods and time management. The latter poses a huge challenge as too much time is spent on electronic media, rather than studying. Aangesien heelwat van ons senior onderwysers besig met die nasien van hereksamenvraestelle, gaan daar nie vanjaar ‘n winterskool vir die matrieks aangebied word nie. Ons beoog om in die Septembervakansie wel ‘n lenteskool aan te bied. Report cards will be made available on Friday, July 12th. Please engage with your son/daughter in this regard.

A parent-teacher evening will be held this term. A letter in this regard has been included with the reports. Certain parents are specifically invited, but all parents are welcome to fill in the attached form to make an appointment with individual teachers. Wat die dissipline in die skool betref, is die kamerastelsel en die kundigheid van die dissiplinêre koördineerder, ‘n groot hulpmiddel. Heelwat van die situasies spruit uit ‘n gebrek aan respek van die leerders vir hul onderwysers en mede-leerders. I hope everybody enjoyed the well-deserved winter holiday. Kom ons pak die derde kwartaal aan met nuwe ywer en lus vir leer.

.

DISSIPLINE

TIEROOG | KWARTAAL 2 | JULIE 2019

5

AKADEMIE

Nedbank and Western Cape Government and Provincial Treasury and Education held an essay writing competition. The topic was “radical

socio-economic transformation”. Twenty-six finalists from schools across the Western Cape were chosen and 15

learners received bursaries.

Two of Tygerberg High School's pupils, Carlie Solomon and Danelle Keown,

were finalists. Danelle was also one of the bursary

winners!

Congratulations to Anél Thompson

(Grade 12).

She has been appointed as one of

African Unity Life‘s 2019-ambassadors.

Op 13 April het Casey Smith, Cara van der Colff en

Bianca Stears,vergesel deur mev Henderson, aan die

Metro-Noord gr.11 Huistaalkompetisie deelgeneem. Daar

was 31 skole en ongeveer 93 leerders. Ons is trots op

Cara wat die eerste plek behaal het.

TIEROOG | TERM 2 | JULY 2019

6

KULTUUR

The “Tygerberg Mafia Boys” have been gaining acclaim since 2015. Not only is it the first time in Tygerberg High

School's history that we have a boys' vocal group, but this year they also entered the ATKV Applous choir

competition and received an ATKV Gold Award! They are under the direction of Mr Barend van der Westhuizen.

Our girls' choir (conducted by Mr Peter Roux) participated in the Cape Town Eisteddfod this past weekend.

They received two highest honour awards!

TIEROOG | KWARTAAL 2 | JULIE 2019

7

Revue - Flashback 2019

It’s been a decade since Mr Barend van der Westhuizen’s very first revue at Tygerberg High School! Nearly 600

young performers have been part of this wonderful journey. The core principle of Tygerberg High School’s revues is

to give all students an opportunity to find a place in our huge cultural family.

It was a pleasure to pay tribute to each and every original performer in this year’s programme and it was exciting to

watch the new performers taking the songs and making it their own. 120 learners and 25 teachers were part of

FLASHBACK 2019. We were also fortunate to have two of the 2011 performers returning to reprise their rendition of

‘I know him so well’. Mr Van der Westhuizen once again directed, choreographed, took charge of the music and per-

formed with the learners. Here at Tygerberg we are extremely proud of this year’s product and we look forward to

2020’s revue.

TIEROOG | TERM 2 | JULY 2019

8

Dit is lekker om so ʼn bietjie nabetragting te doen oor hierdie kwartaal se rugbywedstryde, waarvan 5 op

ons tuisveld was.

Ons het die 6de April afgeskop met 7 van ons spanne wat teen Milnerton gespeel het. Ons het wenrugby

gesien en was trots op ons O.14A, O.15A en O.19B-spanne wat hulle harte uitgespeel het. Die 1ste XV sorg

vir ‘n pragvertoning op die A-veld en wen 43-31.

Op die 27ste April word ons hartlik ontvang by Boland Landbou, waar ons egter bloutjies geloop en al 8

wedstryde verloor het. Die 1ste XV het gesorg dat die “boere” hard moes baklei vir hulle punte en het ʼn

sterk gedissiplineerde vertoning gelewer. Selfs die Boland-ondersteuners het beaam dat die telling van 17-

61 nie ʼn ware weerspieëling van die wedstryd was nie. Ons kon met ons koppe hoog huis toe gaan met die

wete dat ons alles gegee het.

Ons volgende tuiswedstryd was teen Hoërskool Strand op die 4de Mei. Hier wen 7 uit die 8 spanne wat

gespeel het. Die O.14B-span gee die Strand-manne ʼn groot pak en wen 65 -7. Die O.19B-span behaal ook

ʼn wegholoorwinning en wen 43-5. Die 1ste XV domineer hulle wedstryd en wen 50-24.

Die vreugde is egter van korte duur en op die 11de Mei loop Tygerberg hulle hard vas teen Hoërskool

Durbanville wat al hulle wedstryde teen ons wen. Slegs ons O.19B-span en 1ste XV kon punte op die telbord

kry.

Die 18de Mei pak die manne hulle aartsvyande DF Malan. Ons val egter vas en slegs 3 van ons 8 spanne

wen; die O.14A, O.19C en die O.19B-spanne doen hulle ding en die O.19C-span beïndruk met ʼn

pragvertoning. ‘n Mens kan sien hierdie is ʼn spannetjie wat lekker saamspeel en sonder onnodige druk net

die spel geniet en hulle beste gee. Om teen DF Malan te verloor, is altyd vir ons ʼn bitter pil om te sluk, en

met die 1ste XV wat in die laaste minuut van die wedstryd ʼn slegte oordeelsfout gemaak het, verloor ons 22

-24. Die trane het gerol, skouers het gehang en ondersteuners het net in stilte gesit.

Die 25ste Mei bring egter sy eie opwinding en Tygerberg wen 4 van hulle 8 wedstryde teen Hoërskool

Bellville. Die O.15A, O.19C en O.19B sorg vir uithaalrugby, veral O.19C met ʼn weghol sege van 31 -0. Ons

1ste XV stel ook nie teleur nie en die getroue ondersteuners word beloon met ʼn uitstekende wedstryd met

baie drieë en stap weg met ʼn oorwinning van 45 -41.

Ons as ondersteuners is trots op ons jong manne, veral dié wat so getrou opdaag vir oefening. Hulle pluk die

vrugte van hulle harde werk. Dankie vir ons afrigters wat ure met ons seuns spandeer. Hulle geduld,

ondersteuning en afrigting word raakgesien - ons salueer julle. Dankie aan die ROK wat elke Saterdag die

besoekende spanne met soveel styl ontvang en dat julle naam gemaak het vir julle gasvryheid en heerlike

verversings. Dankie aan al die getroue ondersteuners wat die paviljoen volsit met hulle groen

ondersteunerdrag. Ons is dankbaar vir elke ouer en besoeker wat vir die liefde van rugby kom ondersteun.

Tygerberg stel ook nie teleur nie en sorg vir 2 spelers hierdie jaar wat opgeneem is in die WP. Akademie

XV span wat van 1-6 Julie in Bloemfontein gaan deelneem. Baie geluk aan Liam Tattersall (slot) en HD

Stemmet (8ste man) vir die ongelooflike geleentheid wat julle kry om nie net die WP te verteenwoordig nie,

maar ook die Tiere se naam hoog te hou.

Ons sien uit na dit wat die volgende kwartaal gaan oplewer!

RUGBY

TIEROOG | KWARTAAL 2 | JULIE 2019

9

Liam Tattersall & HD Stemmet is gekies vir 2019 WP O.18 Academy Week XV Team.

Wynberg Rugbytoernooi 2019

Die afgelope vakansie het die Tiere se rugbyspanne

die voorreg gehad om aan die Wynberg Rugbytoer-

nooi deel te neem. Dit is ‘n toernooi wat al langer as

10 jaar aan die gang is en van die die land se top

rugbyskole neem, per uitnodiging, daaraan deel.

Elke span het oor ‘n tydperk van vyf dae aan 3

wedstryde van hoogstaande gehalte deelgeneem.

Die Tiere het onder andere teen SACS, Rondebosch,

Bishop, Wynberg en Pearson gespeel en hulself baie

goed van hul taak gekwyt. Die Tiere het ‘n 50%

wen/verloor ratio gehandhaaf.

O.19 - Spanfoto

TIEROOG | TERM 2 | JULY 2019

10

Adri Kannemeyer and Carlyn Diergaardt

were selected for the U/18 and U/17

Western Cape netball teams respectively.

They participated in the national All Ages

Tournament in Gauteng.

Kelsey Carolus, Eunice Musau-Kanyama

and Kelsey Pasha were selected to

represent the Western Province at

the Inter District Netball

Tournament in Wellington.

NETBAL

Die eerste netbalspan vir 2019:

(v.l.n.r.) Carlyn Diergaardt, Elmari Acker-

man, Anel Thompson, Karla Wagenaar

(o/k), Adri Kannemeyer (k), Mia Ger-

mishuys, Natasha Martins, Niena

Bornemeyer.

Tydens die April vakansie het die eerste

netbalspan aan die Klofie netbalfees in

Pretoria deelgeneem. Hulle het 11 wedstryde

gespeel oor 4 dae. Ten spyte van ‘n

uitmergelende program het, hulle baie goed

gedoen.

TIEROOG | KWARTAAL 2 | JULIE 2019

11

HOKKIE

1ST BOY’S HOCKEY The first boys’ hockey team is a relatively young team this year with the aim of building for the next two years. They have been very busy with training and immense improvements can be observed already. The boys played 3 matches last term with the highlight being the match against Soneike with a 3 – 1 win. The boys are looking forward to the 3rd term especially interschools. Stefan van Wyk attended the WP Hockey Goalie Trials and shows promise to become a very successful goalie in the near future.

DOGTERS HOKKIE

Ons het die seisoen begin met `n opwarm

wedstryd teen Hugenote en het ook

alreeds 3 liga wedstryde gespeel. Ons

sien baie uit na die 3de kwartaal en die

opbou na die interskole. Die hoogtepunte

van die seisoen so ver was Makendra Louw

in gr. 8 wat opgeneem is in die O.14 WP.

span. Ons O.14 span het Fairbairn 7-0

gewen. Ons hou die gedugte O.14 span

van ons met opwinding dop.

TIEROOG | TERM 2 | JULY 2019

12

LANDLOOP Ses van die 8 ligabyeenkomste is reeds afgehandel, waar ons ongeveer 16 atlete gehad het wat elke

keer deelgeneem het. Daar is 2 ligabyeenkomste oor in kwartaal 3. Alle atlete wat aan ten minste 6

byeenkomste deelgeneem het, kan deur gaan na die Noordsone proewe. Daar kies hulle die top 20 om

deel te neem aan die WP-proewe.

Leon Matata het op 1 Mei 2019 aan die Stellenberg-skaaktoernooi deelgeneem. Hy was algeheel 6de in sy kategorie! Welgedaan, Leon!

Die skaakliga het begin in die tweede kwartaal. Ons eerste

span het 7 wedstryde gespeel.

Leon Matata is opgeneem in die WP-skaak oefengroep.

Ons nuwe skaakafrigter, Christopher Londt, het ook die

kwartaal begin en leerders kan inskakel op Maandae en

Donderdae na skool. Tydens die WP-Ope skaaktoernooi

eindig Leon 16de en Nicole Osborne 74ste uit 151 spelers.

SKAAK

TIEROOG | KWARTAAL 2 | JULIE 2019

13

SKYFSKIET VERSLAG TYGERBERG SKIET

Hierdie jaar was tot dusver redelik suksesvol vir ons skuts. Daar is reeds vier kompetisies voltooi

asook ‘n INTER PROVINSIALE kompetisie in UPINGTON gedurende Maartmaand. Verder is die immer

gewilde POSLIGA die afgelope naweek geskiet, waar alle skuts van regoor Suid-Afrika deelgeneem

het. Tygerberg se skuts voel baie positief oor hul tellings, maar ons moet eers tot Augustus vir die

uitslae wag.

Presteerders, tot op hede, was (volgens ouderdom):

O.21 SPORTER: DEWALD VISSER SILVER MEDALJE X2; BRONS MEDALJE X1 O.16 SPORTER: MORNE CARSTENS BRONS MEDALJE X1; 4DE; 5DE JUSTIN ELLIOTT SILVER MEDALJE X1; 5DE; 5DE O.16 VEER: LISA-MARI COETZEE BRONS MEDALJE X1; 4DE O.16 NET-Lê: CHRISTIAAN THEART GOUE MEDALJE; 4DE O.14 NET-Lê: ALMARI VAN DER MERWE 4DE O.12 PPP (PISTOLE) RYAN OSBORNE BRONS MEDALJE X3

Skyfskiet is ‘n individuele sportsoort waar jy jouself wel teen ander skuts in dieselfde kategorie kan

meet, maar dit bly maar ook ‘n sport waar jy teen jouself meeding. Die sport leer selfdissipline,

geduld en deursettingsvermoë. Nie almal is suksesvol in die eerste jaar van skiet nie, maar die wat

wel uithou en aanhou, pluk die vrugte. Ons het in 2018 drie skuts gehad wat na die SA’s in Kwazulu-

Natal gegaan het en dus die WES-KAAP span verteenwoordig het. Hulle was DEWALD VISSER,

MORNE CARSTENS en LISA-MARI COETZEE. Dit was ‘n uiters goeie ervaring vir hulle en ons hoop dat

hulle vanjaar weer die prestasie sal herhaal. JUSTIN ELLIOTT het ook ons skool en die Wes-Kaap

gaan verteenwoordig in Upington by ‘n INTER-PROVINSIALE kompetisie en het hom heel goed van sy

taak gekwyt deur 9de in die land, en eerste van die Wes-Kaap skuts in sy ouderdomskategorie, te

eindig.

Ons hoop vir groot dinge in die toekoms.

Johan Fourie

TIEROOG | TERM 2 | JULY 2019

14

LANDSDIENS

Elzanne Swart en Carla van Schalkwyk

druk besig om hondebakke te vul tydens

die Woefiewandel. Die DBV bied dit

jaarliks aan en vanjaar moes die

Landsdieners sorg dat die 900 honde en

1600 stappers water kry en die roetes

geniet.

Dante Joubert bederf 'n bejaarde van

Huis Martina tydens die Landsdiens se

pamperlang uitreik. Moenie dink die

tannies skrik vir helder kleure op hul

naels nie!

Dogs Deserve Better, hondeskuiling naby

Malmesbury: die volgende groepie het

gaan werk en sommer net liefde aan die

32 honde gegee: Nicole de Wet,

Danelle Groenewald, Isabella Hugo,

Daniël Rossouw, Daniël Cleary en mnr.

Cleary. Al die honde kan aangeneem

word. (Kontak mev. I. Lingenfelder)

Dean Beukes fluks aan die

plant.

Landsdiensareakamp met

ander skole by Kopbeenskloof.

Dane Kroon besig met die

maak van n boekmerk vir haar

"kampbuddy". Daar is ook

lekker gesokkie.

Saterdag strandskoonmaak by Mouille Point

Baie geluk aan die vlg. Landsdieners wat verkies

is om vir 3 jaar op die Junior Provinsiale Bestuur

te dien: Megan Mangiagalli en Dewald

Geustyn.Ons is voorwaar trots op julle!

Mar l i van de r Meu l e n (organiseerder van die planta-thon), en Hano Groenewald kry die groenteplantjies gereed. Daar is gekyk wie die meeste plantjies in 10 minute kon plant. Die wenner is Dewaldt Geustyn met 27. Die oes sal na minderbevoorregtes gaan.

Die Landsdieners het hul eie stalletjie by die Wes-Kaap basaar gehad. Van ons Landsdieners het ook

op ander plekke gehelp.

TIEROOG | KWARTAAL 2 | JULIE 2019

15

TIGER LILLIES Congratulations to the team of

2019:

Kara-lee Conyers (captain).,

Coreen MacGregor (vice captain)

Lene-Mari Brown, Carmen van

Willingh, Sunelle Kalis

Cleo Saal, Jessica Kleinbooi,

Papama Qawu

Edrocha Orr, Aniska Mouton,

Chanté Lassen

Monique Lassen, Kate-lynn Moremi

Anje Le Roux, Cassidy Hendricks

Tallulah Boonzaier

TIEROOG | TERM 2 | JULY 2019

Ons het Mnr Barend Ritter gevra om sy kundigheid as beleggingsspesialis met

ons te deel. Mnr Ritter is ‘n oud-Tier wat nou betrokke was by die skool as

voorsitter van die Beheerliggaam. Hy het verskeie senior posisies by Allan Gray en Sanlam Beleggings beklee voor hy ‘n onafhank-

like advies-besigheid, Redwood Wealth, begin het. Hier volg ‘n paar wenke vir ‘n hupstoot op jou pad na finansiële sukses.

Leer ken jouself. Alle mense het gedragspatrone wat herhaaldelik oor hul lewens uitspeel. Van die patrone is opbouend en lewer

wonderlike resultate, ander is destruktief. Besoek www.redwoodwealth.co.za en volg die skakel “Tools & Resources / Insights” om

meer hieroor te lees. Leer ken en vermy gedrag wat jou kniehalter.

Ontwikkel ‘n proses wat jou help om goeie besluite te neem. Dink krities en sê nee. ‘n Mens se brein is geprogrammeer om

kortpaaie te neem en sake emosioneel te weeg. ‘n Proses met ‘n “checklist” is ‘n goeie teenvoeter hiervoor. Goeie besluite is een van

die sleutels tot langtermyn finansiële gemoedsrus.

Lewe binne jou vermoë. Soos jou salaris styg, is ’n mens geneig om luukshede aan te skaf. Ons raak baie vining gewoond aan ‘n

nuwe luuksheid en soek gewoonlik gou weer na iets nuuts. Leer om jou uitgawes van vroeg in jou loopbaan te beperk, sodat jy vol-

doende het om te spaar. Moenie jouself met ander vergelyk nie.

Begin vroeg spaar en beperk skuld. Stel doelwitte en beloon jouself. Die bedrag wat jy maandeliks moet wegsit om een miljoen

rand oor tyd te spaar, is eksponensieël laer as jy dit oor ‘n lang tyd doen as wat jy dit oor ‘n kort tyd probeer doen. Begin dus

vroeg spaar. Beloon jouself wanneer jy jou doelwitte bereik.

Neem berekende risiko’s, diversifiseer en beskerm jouself teen die impak van inflasie. Doen huiswerk vooraf om die gevolge van

jou finansiële keuses te verstaan en te kwantifiseer. Versprei jou beleggings tussen bate

klasse en belê ook in die buiteland. Pasop vir inflasie wat koopkrag van kontant oor tyd

verminder.

Kry advies van ‘n kundige. Doen moeite om ‘n onafhanklike, kundige adviseur te vind wat

jou raad kan gee oor finansiële besluite. Dit kan van groot waarde wees. Besoek

www.redwoodwealth.co.za om te leer hoe produkte soos Uittree-Annuiteite, “Tax free sav-

ings accounts” en “Endowments” jou belastinglas kan verlig.

Vir ‘n gratis gesprek oor finansiële geleenthede wat jou sal pas,

kontak Barend gerus by [email protected].

PITKOS

16

TIEROOG | KWARTAAL 2 | JULIE 2019

17

TIEROOG | TERM 2 | JULY 2019

18

TIEROOG | KWARTAAL 2 | JULIE 2019