uit die kantoor sake vir volgende twee weke dankie vir u hulp en samewerking in hierdie verband! de...

4
19 22 Julie 2005 No 23 5 Augustus 2011 www.detyger.co.za UIT DIE KANTOOR Wanneer ’n mens gaan kyk na die verskillende faktore wat ’n rol speel in die suskes van leerders se akademiese vordering, is konsekwente skoolbywoning beslis een van die belangrikste “boustene”. Die verlede het al bewys dat daar verskeie oorsake is waarom leerders afwesig is. In die lig hiervan versoek ek u vriendelik dog dringend om ons asseblief in die volgende te ondersteun: * Maak asseblief seker dat ons ingelig word wanneer u kind afwesig is. * Beplan u vakansie volgens die amptelike nasionale skoolvakansiekalender sodat onderrigtyd nie verlore raak nie. * Moenie toelaat dat u kind stokkiesdraai indien daar ’n probleem by die skool mag wees nie. * Pas genoegsame gesondheidsorg toe om te voorkom dat u kind siek word. Ek wil dit baie graag weer beklemtoon dat deeglike onderrig ons erns is en dat ons die beskikbare tyd maksimaal vir onderrig tot die voordeel van elke aandeelhouer van die skool wil benut. HEELSKOOLEVALUERING : VRAELYS Baie dankie aan al die ouers wat reeds hul vraelys voltooi en aan ons teruggestuur het!! Ons waardeer regtig u moeite en samewerking in hierdie verband. Ouers wie se vorms nog uitstaande is moet dit asseblief op Woensdag, 10 Augustus 2011 aan ons terug stuur sodat die verwerking van die terugvoer afgehandel kan word. Ons gaan poog om die opsommende terugvoer in die Bulletin van 26 Augustus 2011 aan u deur te gee. SAKE VIR VOLGENDE TWEE WEKE Maandag, 8 Augustus SKOOLVAKANSIEDAG Dinsdag, 9 Augustus NASIONALE VROUEDAG Woensdag, 10 Augustus VLOOI uitstappie—Graad R tot 3 Judo Persoonlike Inspeksie Detensie Rugby @ Curro (tuis) Netbal @ Parow Voorbereiding (tuis) O/8A en O/9A Donderdag, 11 Augustus Hokkie @ Parow-Noord (tuis) Netbal @ Vorentoe (O/8 A tot O/13A) Vrydag, 12 Augustus Voortrekkers (17:30) Saterdag, 13 Augustus Mini-Rugbydag (Monte Vista—O/7 & O/8) Maandag, 15 Augustus Judo Netbalwedstryde finaal O/11—O/13 Detensie Dinsdag, 16 Augustus Karate Picasso Kunsklasse Skaak BLOEDSKENK Woensdag, 17 Augustus Judo Rugby @ Parowvallei (weg) Rugby @ Excelsior (tuis) Donderdag, 18 Augustus Hokkie @ El Shaddai (weg) Detensie Vrydag, 19 Augustus Voortrekkers (17:30)

Upload: dangthuy

Post on 08-Jul-2018

216 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UIT DIE KANTOOR SAKE VIR VOLGENDE TWEE WEKE dankie vir u hulp en samewerking in hierdie verband! DE TYGER WEBWERF Ter wille van die bekendstelling van ons webwerf bring ek baie graag

19 22 Julie 2005 No 23 5 Augustus 2011

www.detyger.co.za

UIT DIE KANTOOR Wanneer ’n mens gaan kyk na die verskillende faktore wat ’n rol speel in die suskes van leerders se akademiese vordering, is konsekwente skoolbywoning beslis een van die belangrikste “boustene”. Die verlede het al bewys dat daar verskeie oorsake is waarom leerders afwesig is. In die lig hiervan versoek ek u vriendelik dog dringend om ons asseblief in die volgende te ondersteun: ∗ Maak asseblief seker dat ons ingelig word

wanneer u kind afwesig is. ∗ Beplan u vakansie volgens die amptelike

nasionale skoolvakansiekalender sodat onderrigtyd nie verlore raak nie.

∗ Moenie toelaat dat u kind stokkiesdraai indien daar ’n probleem by die skool mag wees nie.

∗ Pas genoegsame gesondheidsorg toe om te voorkom dat u kind siek word.

Ek wil dit baie graag weer beklemtoon dat deeglike onderrig ons erns is en dat ons die beskikbare tyd maksimaal vir onderrig tot die voordeel van elke aandeelhouer van die skool wil benut.

HEELSKOOLEVALUERING : VRAELYS Baie dankie aan al die ouers wat reeds hul vraelys

voltooi en aan ons teruggestuur het!! Ons waardeer regtig u moeite en samewerking in hierdie verband. Ouers wie se vorms nog uitstaande is moet dit asseblief op Woensdag, 10

Augustus 2011 aan ons terug stuur sodat die verwerking van die terugvoer afgehandel kan word. Ons gaan poog om die opsommende terugvoer in die Bulletin van 26 Augustus 2011 aan u deur te gee.

SAKE VIR VOLGENDE TWEE WEKE Maandag, 8 Augustus • SKOOLVAKANSIEDAG Dinsdag, 9 Augustus • NASIONALE VROUEDAG Woensdag, 10 Augustus • VLOOI uitstappie—Graad R tot 3 • Judo • Persoonlike Inspeksie • Detensie • Rugby @ Curro (tuis) • Netbal @ Parow Voorbereiding (tuis) O/8A en O/9A Donderdag, 11 Augustus • Hokkie @ Parow-Noord (tuis) • Netbal @ Vorentoe (O/8 A tot O/13A) Vrydag, 12 Augustus • Voortrekkers (17:30) Saterdag, 13 Augustus • Mini-Rugbydag (Monte Vista—O/7 & O/8) Maandag, 15 Augustus • Judo • Netbalwedstryde finaal O/11—O/13 • Detensie Dinsdag, 16 Augustus • Karate • Picasso Kunsklasse • Skaak • BLOEDSKENK Woensdag, 17 Augustus • Judo • Rugby @ Parowvallei (weg) • Rugby @ Excelsior (tuis) Donderdag, 18 Augustus • Hokkie @ El Shaddai (weg) • Detensie Vrydag, 19 Augustus • Voortrekkers (17:30)

Page 2: UIT DIE KANTOOR SAKE VIR VOLGENDE TWEE WEKE dankie vir u hulp en samewerking in hierdie verband! DE TYGER WEBWERF Ter wille van die bekendstelling van ons webwerf bring ek baie graag

PERSONEEL Baie geluk aan die volgende personeellede wat verjaar: 14 Augustus - Hester van Antwerpen (Sekr) 21 Augustus - Aritha Oosthuizen (4C)

GEBOUE EN TERREIN : BOUMATERIAAL Die Geboue en terreinkomitee is tans besig om ondersoek in te stel om die huidige motorhuis aan die oostekant van die skool met ’n verdere 22m2 uit te brei. Hierdie besluit is geneem in die lig van die diefstal van toerusting (hokkiedoelhokke, 2 dele van palasade heining, ens.) waarvoor ons nie toesluitfasiliteite het nie.

Indien daar enige ouers is wat skenkings wil maak of kan help om die materiaal goedkoper te bekom, moet hulle asseblief vir mnr. Du Toit by die skool skakel. U hulp en ondersteuning in hierdie verband sal baie hoog op prys gestel word. Die volgende boumateriaal word benodig:

40 X 1,2m vibrecreet slabs 6 X 2,4m pale 8 lengtes van 3m (75mm X 75mm) houtbalke 2 X 6m lengtes (75mm X 75mm) houtbalke 1 standaard houtdeur vir binne/buite gebruik 6 sakke sement 1m2 klip 1m2 sand Arbeid

Baie dankie dat ons die Baie dankie dat ons die Baie dankie dat ons die Baie dankie dat ons die vrymoedigheid kan neem om u in hierdie verband te vrymoedigheid kan neem om u in hierdie verband te vrymoedigheid kan neem om u in hierdie verband te vrymoedigheid kan neem om u in hierdie verband te nader!!nader!!nader!!nader!!

SKOOLVAKANSIEDAG Ons wil dit weer onder u aandag bring dat die skool op Maandag, 8 Augustus 2011 (Skoolvakansiedag) gesluit sal wees a.g.v. Dinsdag, 9 Augustus 2011 wat Vrouedag is. As gevolg van die kort skoolweek verskyn daar op Vrydag, 12 Augustus 2011 géén Bulletin nie. Die week van 15 Augustus tot 21 Augustus se weekprogram verskyn ook in hiérdie Bulletin.

LOJALITEIT TEENOOR SPANMAATS EN SKOOL Ons het met teleurstelling kennis geneem dat van ons leerders nie na die Junievakansie verder aan die wintersportprogram deelneem nie. Dit bring mee dat sommige spanne nie genoeg spelers oor het om verder aan wedstryde deel te neem nie. Ek wil ’n baie ernstige beroep doen dat u as ouers vir ons sal help deur te verseker dat u kind wel hul lojaliteit teenoor hul spanmaats en die skool sal betoon deur enduit te oefen en deel te neem.

Hulle moet ook die lewensbeginsel aanleer dat ’n mens jou deelname aan sport deurvoer tot dit afgehandel is! Ons is dit verskuldig aan ons spanmaats -

ongeag of ons wen of verloor!!

VERKEERSPROBLEME RONDOM SKOOL As skoolhoof staan ek verslae en verleë oor die

verkeersprobleme wat steeds hoof-saaklik heers tydens die oplaai en aflaai van leerders asook tydens groot groepaktiwiteite (vergaderings, sport

– en kultuurgeleenthede). Tot op hede was ons onsuksesvol om ons parkeergeriewe te vergroot. Hiermee doen ek ’n ERNSTIGE en BAIE DRINGENDE beroep op u as ouers om: ♦ Die standaard verkeerreëls ten alle tye te

gehoorsaam m.b.t. hoe u moet ry, parkeer, ens.

♦ Die bure van die skool asook die skolierpatrollie te respekteer wanneer u die skool besoek.

Ek is daarvan oortuig dat die nakoming van bogenoemde versoeke beslis goeie verhoudinge en die veiligheid van alle belanghebbendes gaan bevorder. Baie dankie vir u hulp en samewerking in hierdie verband!

Page 3: UIT DIE KANTOOR SAKE VIR VOLGENDE TWEE WEKE dankie vir u hulp en samewerking in hierdie verband! DE TYGER WEBWERF Ter wille van die bekendstelling van ons webwerf bring ek baie graag

DE TYGER WEBWERF Ter wille van die bekendstelling van ons webwerf

bring ek baie graag die volgende inligting weer onder u aandag aangaande ons webwerf wat nou die afgelope paar maande funksioneer.

• Die webwerf-adres is www.detyger.co.zawww.detyger.co.zawww.detyger.co.zawww.detyger.co.za • Die webwerf word weekliks met relevante

skolenuus opdateer (Die weeklikse Bulletin, skoolbestuur, sportuitslae, weekprogram, algemene skoolinligting, adverteerders, videogrepe, ’n foto-album, ens.).

• Belangstellende ouers met besigheidsbelange kan hul besigheid op die webwerf teen ’n minimale koste van R50 per maand adverteer (skakel mev. Jynie Crafford in hierdie verband).

• Indien u Bulletin verlore geraak het kan u dit ook op die webwerf besigtig!

Doen gerus die moeite om ons webwerf te besoek Doen gerus die moeite om ons webwerf te besoek Doen gerus die moeite om ons webwerf te besoek Doen gerus die moeite om ons webwerf te besoek –––– u gaan verras wees!! u gaan verras wees!! u gaan verras wees!! u gaan verras wees!!

BEDFONDSINSAMELING Baie dankie aan die ouers wat reeds op ons versoek tot deelname en ondersteuning van die projek betrokke geraak het. Tans het ons reeds R16 920 ingesamel en is ons steeds baie ver van ons mikpunt. Soos vroeër vermeld nader die kompetisie nou die keerdatum en doen ons ’n finale dringende beroepfinale dringende beroepfinale dringende beroepfinale dringende beroep op elke ouer wat by die projek betrokke is om ons daarin te ondersteun. Die prystrekking geskied op Vrydag, 12 Augustus 2011Vrydag, 12 Augustus 2011Vrydag, 12 Augustus 2011Vrydag, 12 Augustus 2011 tydens die saalbyeenkoms en word deur die borg self hanteer. Hierdie “Wen“Wen“Wen“Wen----wen fondsinsamelingsgeleentheid”wen fondsinsamelingsgeleentheid”wen fondsinsamelingsgeleentheid”wen fondsinsamelingsgeleentheid”

kan vir ons van groot hulp wees indien elke ouer hul kant bring. Die slagspreuk EENDRAG MAAK MAG is ook hier van toepassing – ons maak staat op u!!!

VEILIGHEID VAN ONS KINDERS Ons het die afgelope week weer met skok en kommer kennis geneem dat daar ’n groepie jeugdiges op straat rondloop wat leerders van die Parow skole dreig en in die proses van hul eiendom (fietse, selfone, ens.) beroof. Die SAPD en Pinewatch (ons sekuriteitsmaatskappy) is in kennis gestel en mobiele- en voetpatrollies het intussen betrokke geraak.

Ons moedig ons leerders graag aan om die volgende handelinge te volg onder die volgende omstandighede: ⇒ Leerders wat by die skool afgehaal word,

moet presies weet WIE hulle WAAR en WANNEER kom haal;

⇒ Moenie met vreemde persone op straat praat nie;

⇒ Stap sover moontlik binne groepverband; ⇒ Stap sover moontlik in helder verligte

areas; ⇒ Moenie kortpaaie loop nie; ⇒ Stap ’n roete wat aan jou ouers bekend is; ⇒ Skree hard indien iemand iets teen jou sin

van jou vat; ⇒ Rapporteer die insident so gou moontlik aan

‘n volwassene.

LW : Ons motief met hierdie inligting is nie om LW : Ons motief met hierdie inligting is nie om LW : Ons motief met hierdie inligting is nie om LW : Ons motief met hierdie inligting is nie om paniek te veroorsaak nie, maar om hartseer te paniek te veroorsaak nie, maar om hartseer te paniek te veroorsaak nie, maar om hartseer te paniek te veroorsaak nie, maar om hartseer te voorkom! voorkom! voorkom! voorkom!

VEER IN DIE HOED Dehan Germishuys (Graad 7) het die hoofrol vertolk in die kinderopera, Brundibar. Hy is lid van die Tygerbergse Kinderkoor en het uitstekend presteer tydens die afgelope Eisteddfods. Dankie

Dehan vir die wyse waarop jy Laerskool De Tyger se naam hoog gehou het. BAIE GELUK!!!!

Page 4: UIT DIE KANTOOR SAKE VIR VOLGENDE TWEE WEKE dankie vir u hulp en samewerking in hierdie verband! DE TYGER WEBWERF Ter wille van die bekendstelling van ons webwerf bring ek baie graag

WAARDE-ONDERRIG 2011 : VERANTWOORDELIKHEID

WAT IS DIE GELOWIGE MENS SE VERANTWOORDELIKHEID TEENOOR GOD EN SY MEDEMENS?WAT IS DIE GELOWIGE MENS SE VERANTWOORDELIKHEID TEENOOR GOD EN SY MEDEMENS?WAT IS DIE GELOWIGE MENS SE VERANTWOORDELIKHEID TEENOOR GOD EN SY MEDEMENS?WAT IS DIE GELOWIGE MENS SE VERANTWOORDELIKHEID TEENOOR GOD EN SY MEDEMENS? Die mens is in sonde ontvang en gebore. Wanneer die mens tot geloof kom en Jesus as hul Saligmaker en Ver-losser aanvaar, is die mens onmiddellik verbonde aan ‘n verantwoordelikheid binne die verhouding van God tot mens. Hierdie verhouding bring die volgende verantwoordelikhede mee nl. dat die mens daagliks in : ♦ afhanklikheid van Godafhanklikheid van Godafhanklikheid van Godafhanklikheid van God sal leef; ♦ in gehoorsaamheid teenoor Godin gehoorsaamheid teenoor Godin gehoorsaamheid teenoor Godin gehoorsaamheid teenoor God sal leef; ♦ dankbaarheid teenoor Goddankbaarheid teenoor Goddankbaarheid teenoor Goddankbaarheid teenoor God sal leef. Om ‘n mens se afhanklikheidafhanklikheidafhanklikheidafhanklikheid van God te besef moet ‘n mens besef dat hy nietig en gering is teenoor die Almag en Heiligheid van God. Niks wat die mens het of kry is uit verdienste nie, maar word deur God uit Sy genade voor-sien. Wanneer ons as Sy kinders tot hierdie besef kom is dit baie makliker om spontaan ook dankbaar te leef omdat ‘n mens dan ook Sy almag daagliks in jou persoonlike lewe beleef. God verwag van die mens om in gehoorsaamheidgehoorsaamheidgehoorsaamheidgehoorsaamheid teenoor Hom te leef. Hierdie opdrag kom baie duidelik in Exodus 20 na vore wanneer God die 10 gebooie aan Moses oorhandig en Hy Sy wil aan die mens bekend maak. Wat baie belangrik is dat ons as mense God nie uit vrees en plig moet gehoorsaam nie, maar omdat ons Hom lief het. Omdat die mens uit God se genade leef en niks verdien nie, maak dit die verantwoordelikheid om met dankbaar-dankbaar-dankbaar-dankbaar-heidheidheidheid te leef soveel groter. Dit is baie belangrik om te weet en te onthou dat ons verantwoordelikheid teenoor God gebore word uit ons liefde uit ons liefde uit ons liefde uit ons liefde vir Hom vir Hom vir Hom vir Hom wat nie ‘n straf of las is nie. Wanneer ‘n mens tot die besef gekom het watter prys God deur Sy Seun Jesus se kruisdood vir die mensdom betaal het, is dit natuurlik en maklik om Hom lief te hê. Wat is die gelowige mens se verantwoordelkheid teenoor sy naaste?Wat is die gelowige mens se verantwoordelkheid teenoor sy naaste?Wat is die gelowige mens se verantwoordelkheid teenoor sy naaste?Wat is die gelowige mens se verantwoordelkheid teenoor sy naaste? God verwag van ons dat ons ons naaste so lief sal hê soos ons onsself het. Om te bewys dat ek dit regkry beteken dit dat my lewe van die volgende praktiese voorbeelde sal getuig dat ek : ♦ my naaste sal vergewe vir wat hulle ookal teenoor ons verkeerd mag doen; ♦ ander mense se belange bo myself sal stel; ♦ hulpvaardig sal wees en ander mense sal dien waar ek kan; ♦ hulle sal respekteer soos ek hulle respek teenoor my verwag. Daar is ‘n gesegde wat lui: “Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê. ‘n Kind moet leer om ander mense te respekteer, te help en nie te na te kom nie (Jak 2:14-26). ‘n Kind moet leer dat geloof ook dade behels – ons moet ook ‘n “doen”-geloof koester. Laat jou kind uitreik na hulpbehoewendes en dié wat om hulp vra.

GR. R-INSKRYWINGS 2012 Ons het reeds verlede kwartaal aandag gegee aan die opedae en om ouers bewus te maak oor die inskrywings van ons Gr. R- en 1-leerders vir 2012. Ons wil baie graag ons beplanning vir 2012 in orde kry en benodig daarom die inligting van alle leerders wat volgende jaar in hierdie grade ingeskryf sal wees dringend! Ons versoek u dus om u kind(ers) wat by hierdie proses betrokke is teen nie later as 12 Augustus 2011nie later as 12 Augustus 2011nie later as 12 Augustus 2011nie later as 12 Augustus 2011 in te skryf. Die inskrywingsvorms is by mev. Jynie Crafford beskikbaar. Onthou dat ons slegs 90 Gr. Rslegs 90 Gr. Rslegs 90 Gr. Rslegs 90 Gr. R----leerdersleerdersleerdersleerders in die drie klasse kan akkommodeer - indien u dus laat is met u inskrywing, kan dit lei tot teleurstelling! By voorbaat baie dankie vir u samewerking!