uitgawe 2 kontak ons by …inspirasie.weebly.com/uploads/7/0/4/8/7048646/inspirasie...6 vertel tanya...
TRANSCRIPT
Uitgawe 2 – April 2011
Kontak ons by
http://inspirasie.weebly.com/ of
Inhoud
3 Redakteursbrief
4 Vrede, Rus en Vreugde op Lelieblom Darling
6 Hoe om te Blog met Tanya O‟Connor
7 Pienk Strikkies vs. „n Skoon Canvas deur
Skoppensvrou
9 Laat jou Inspirasie vir jou Werk deur
Linda Knop
11 Lewe en Loopbaan van Dricky Beukes en
AG Visser
12 In gesprek met Ryno Herbert
13 Kinderhoekie Kat kry „n Naam
14 Hoe help ek myself deur Pandora
My Dream by Bianca Matlala
15 Gedigte Hoekie
16 Moenie Oordeel Nie deur Evan
17 Om te sien deur Blinde oë deur Ryno Herbert
18 Inspirasie op die Etenstafel deur Skoppensvrou
19 Die Trourok Kortverhaal
20 Uitnodiging na “Sugar Cakes Day”
21 Kompetisie Tyd Wen R350 se boeke!
22 Inspirasie Kompetisie vir Maart 2011
Die inskrywings
26 Inspirasie vir die maand
Indien jy ook „n bydrae wil lewer en jou stem
laat hoor in Inspirasie stuur gerus jou
bydrae na [email protected] met die woord “inspirasie” in die verwysings
boksie.
Besoek ook ons webwerf by http//:inspirasie.weebly.com/ of loer in by
Carstens Uitgewers se Blad op Facebook.
Redakteursbrief
Hier is ons weer. My gunsteling
tyd van die maand.
Die tyd wat ek kan kom sit om
„n brief te skryf oor hierdie
wonderlike blad.
Die meeste van julle weet dat
hierdie blad nog in sy baba
skoentjies is en dat ons tans be-
sig is om soveel moontlik te
doen om hierdie blad „n heerli-
ke leeservaring vir elke persoon
daar buite te maak.
So laat weet ons gerus – waar-
van hou jy? Waarvan hou jy
nie?
Bied ons lekker ontvlugting en
inspirasie en waar kan ons ver-
beter? Dit is immers julle lesers
se blad en ons wil dit graag so
inspirerend moontlik hou – spe-
siaal vir julle!
Hierdie maand is ons natuurlik
weer propvol inspirasie. Ons het
ook gevind dat dit vreeslik be-
langrik is om soms te rus. So
laai ons ook weer al ons batte-
rye vol inspirasie. Kyk gerus na
die pragtige artikel op bladsy 4.
Beplan sommer nou al vir jou
„n naweek na hierdie pragtige
gasteplaas!
Linda Knop deel ook op bladsy
9 hoe sy haar inspirasie vir haar
laat werk. Ja, jy het reg gelees!
Sy gebruik haar inspirasie om
geld te maak deur te doen
waarvan sy hou en wat haar in-
spireer!
Ons is ook weer terug met Tan-
nie Dalene (Heksie) se pragtige
kinderhoekie! Lees dit sommer
dadelik vir daardie woelwater
daar by die huis.
Kyk ook op bladsy 11 na die
Lewe en Loopbaan van Dricky
Beukes en AG Visser. As dit
nie vir hierdie skrywers was nie
sou ons seker nie nou kon skryf
soos ons graag wou nie. Ons is
soveel dank aan hulle verskul-
dig.
Evan deel weer hierdie maand
iets meer geestelik met ons.
“Moet nie oordeel nie” is haar
tema hierdie maand. En watter
ware woorde is dit dan nie? Ons
is so lief om die spreekwoorde-
like boek aan sy omslag te oor-
deel. Miskien is dit tyd om
daardie boek op te tel en te
lees?
Ons spog hierdie maand ook
met ons heel eerste kosrubriek
op bladsy 18. Dit is „n heerlike
pasta gereg wat vinnig, goed-
koop en maklik is om te maak.
En die hele gesin (en gaste) sal
hulle lippe afkou met hierdie
gereg.
Skoppensvrou het ook die
“Walk of Live” ten bate van
kanker hierdie maand byge-
woon. Op bladsy 7 skryf sy van
haar ondervinding en op bladsy
6 vertel Tanya O‟Connor vir jou
hoe jy ook kan blog.
Op hierdie noot wil ek sommer
vertel van ons eie Inspirasie
webwerf wat nou beskikbaar is
op die internet. Daar is ook „n
bladsy waar jy jou blog kan
gaan opsit sodat jou Inspirasie
met almal kan deel.
Die link daarvoor is onderaan
bladsy 2.
Julle kan gerus ook die webwerf
deur die maand dophou, want
anders as die blad wat slegs een
maal per maand uitkom sal daar
meer gereelde artikels geplaas
word. Hou egter aan om Inspi-
rasie te lees aangesien alles hie-
rin nie noodwendig op die
webwerf verskyn nie.
Op „n ernstiger noot het ons na-
tuurlik ook in die afgelope
maand „n ikoon aan die dood
afgestaan.
Elizabeth Taylor het op die ou-
derdom van 79 na „n baie lang
siekbed tot sterwe gekom.
Ek hoop dat almal „n gebed op-
gestuur het vir hierdie merk-
waardige en inspirerende dame.
En alhoewel sy nie meer hier op
aarde is nie sal haar rolprente
bly voortleef as „n bewys van „n
lang, vol en inspirerende lewe.
Dan in April is die hope vakan-
sie dae natuurlik ook op ons
met Paasnaweek om die draai.
Vir dié wat weggaan wil ons
hier by Inspirasie sê: Geniet dit.
Ry veilig en kom weer veilig
terug! En moet nie vergeet om
ons te kom vertel van jou won-
derlike paaservarings nie!
Ek wil ook hierdie geleentheid
gebruik om baie geluk te sê aan
Roné Malan Niemand. Sy is die
wenner van die Tanya
O‟Connor skildery wat verlede
maand gewen kon word.
Baie dankie aan almal wat inge-
skryf het. Moet asseblief nie ophou nie. Die Inspirasie wat
julle bied is werklik ongeloof-
lik! Loer gerus na die nuwe
kompetisie op bladsy 21.
En op hierdie inspirerende noot
sluit ek eers af.
Mag julle elkeen hierdie maand
„n heerlike maand van inspira-
sie ervaar. Tot volgende maand,
Jaygé Carstens
Vrede, Rus en Vreugde op Lelie-
blom Darling
elieblom. Darling Lelieblom - lui die Facebook naam, (elke respektabele plek het mos darem ‘n Facebook profiel!) ,MAAR dis was nie ALTYD so
nie! Wag... kom ons vat die pad van die begin af, daar van die Kaap af waar my man se droom my en my dogter se nagmerrie geword het... en toe ons tuiste... hier waar ons harte nou warm klop! My man, Michael het baie werk gedoen op die platte-land en ons het op die buitewyke van Kaapstad gewoon. Al sy plattelandse gewerskaf het meegebring dat hy baie moes reis - hy is ‘n plaaskind wat altyd terug ge-hunker het plaas toe en wat toe op ‘n dag aankondig dat ons ‘n plaas iewers moet koop, dat hy naby sy werk kon wees. Wel afgesien van die feit dat hy met my ge-troud is, is hy ook met die Cape Ads getroud, (deesdae met Gumtree!) waar hy toe op die lieflike plasie afkom!
Hy maak ‘n afspraak met die verkoper en ons almal ry Darling toe om die plaas te kom kyk en toe ons so die plasie inry met net ‘n groen watertenkie op ‘n stellasie en die piepklein nuwe pophuisie-plaashuisie omring van net sand en sand en nogmaals sand... en die vervalle waenhuis... toe WEET ek aan my water dat ek hier gaan kom bly!! So is die koop toe deurgehaak en in Januarie 2004 trek hy Darling toe en ek en my dogter volg April 2004. Al-mal van ons in die pophuis! Ek, Michael, my dogter van 12 en my seun van 26 wat hier tragies verongeluk het, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag... Ek het in die stad tuine uitgelê en ‘n eiendomsagent-skap bedryf in die area waar ons gewoon het. Dit was my bron van inkomste en ek het my dogter getuisskool. Toe Michael die plaas koop het vir hom gesê hy moet die waenhuis vir my inrig dat ons daar kan woon dat ek
die klein pophuis as gastehuisie kan bedryf sodat ek ook darem weer ‘n inkomste het. MAAR soos dit mos nou maar in die lewe gaan, woon ons al vier toe in die pop-huis. Dit is huis, skool, kantoor eetplek en slaapplek - alles! As jy van gedagte wil verwissel gaan jy buite toe; daar is nie plek binne nie. Die water is boorgatwater en jou lieflike wit stads wasgoed het nou onaansienlike bruin roes vlekke op, (dit kom nie uit nie!!!!) Dit was “tande kners” en “gevleuelde woorde” jare daardie!!! Op ‘n dag kondig hy aan dat hy ‘n kontrak gekry het en dat ek die geld kon kry om die waenhuis in ‘n woonhuis te omskep! Ek het ‘n stukkie bordkryt geneem en op die mure in die waenhuis kruise getrek waar ek vensters en deure wou hê. So is die vensters en deure ingebreek en die rame ingesit. Nou is die geld eers weer op, maar ek het ’n sitkamer kom inrig voor een van die oop ven-sters met ‘n koffie tafel en dekor daarby. Daar het gesit en tee drink en my “huis” bepraat met Joyce Meyer se boekie “The Secret Power of Speaking God’s Word” as my inspirasie om moed te hou, want ek het eerlik waar nie gedink ek sal ooit in die waenhuis kom woon nie!
Dis 2006/7; die Vader is getrou, ons kon die waenhuis klaar maak en intrek... MAAR SONDER KRAG!!!! Op die plaas moet jy dit self aanlê en dit kos BAIE BAIE geld en Michael LEEN NIE! So het ons vir 2 jaar aangekarring sonder elektrisiteit met krul hare wat in die Kaap ALTYD perfek geblaas was in ‘n netjiese styl, wat nou maar ge-los word om in ‘n natuurlike mop styl droog te word en badwater wat op die gasstoof gekook word en aller-hande ander ou dingetjies wat mens so vanselfsprekend aanneem. As alles so vir jou voorgesit word in die stede en dorpe, jy neem dit as ‘n basiese reg aan dat jou erf gediens en gebedraad en gedraad is!!! Michael parkeer ‘n generator buite wat met ‘n baie lang tou getrek moet word om te “start” en as ek die hare geblaas wil hê dan moet ek self die tou kom trek, want daar is nie mans op die werf wat vir my generator toue
L
kan kom trek nie. Nog gevleuelde woorde, maar ek trek soms suksesvol met reguit hare as goeie gevolg en soms onsuksesvol met mop styl. Dis waar manlief se droom toe mos ons nagmerrie word! En kyk ek is toe mos da-rem nou ook nie meer 25 nie ek moet nou al die Mer-cedes en trimming gehad het!!! Maar wat wou, hier trek ek anderkant die berg en BEGIN van VOOR af!
Ons werk alles met kerse. Kerse teen die mure, kerse in kandelare van die dak af, kerse op die tafels. Dit lyk baie mooi en kos net soveel soos krag in ‘n maand, maar as ek dan nou soos ‘n pioniersvrou moet leef in die 21ste eeu dan sal ek dit met styl doen. Mopkop, rooi naels, lippe, die hele gedoente! Saans as jy moet bad-kamer toe in die donker en jy val jou half dood oor iets wat in die pad lê dan praat jy eers weer in allerhande tale, maar ons het oorleef. Twee jaar later toe het ons krag!
Ek het vir Michael gesê toe ons hier in die waenhuis in-trek, dat die waenhuis altyd vol mense moet wees. Dis waar ons toe die idée gekry het om ‘n plaashuis “re-staurant” in ons huis te begin. Mense bespreek om te hier kom eet en word deel van die plaasgesin vir die
dag. Ons eet om lang tafels en dis egte boerekos, opreg-te plaas gasvryheid en mense wat omgee. Hier is geen pretensies nie, dis ‘n egte boereplaas ervaring met baie diere die wêreld vol. Deesdae doen ons klein troues, verjaardagpartytjies, huweliksherdenkings en eenmaal ‘n maand kry ons ‘n kunstenaar wat hier in ons waenhuis huis kom optree. Mense soos Danielle Pascal, Danie Niehaus, Niel Rade-man om net ‘n paar te noem het al hier gesing. Dis altyd baie feestelik. Ek het geleer mens is nooit te oud om iets nuuts te be-gin nie, ouderdom is net ‘n nommer! Elke nuwe dag is ‘n nuwe blad om op te skryf en ‘n geleentheid om jou om-standighede beter te maak. Mens moet glo in jouself en jou talente en deur druk. As iets die moeite werd is dan kan mens maar bietjie ongerief verduur, dis maak die uiteinde soveel soeter! Ek het die stad met al die geriewe agtergelaat om op ‘n skoon doek te kom skilder, die huis, die tuin, dis nog nie klaar nie. Daar is nog baie wat moet gebeur om my wêreld te maak soos ek dit baie graag wil hê, maar dis elke dag lekker om die natuur naby aan jou te voel, te sien, te ruik te ervaar. Die pragtige sonsondergange in skelpienk soms en ander aande ‘n sagte goue glans en ‘n fluweelsagtewindjie wat om jou waai. Dis alles gra-tis!!! Dis doodstil hier, Lelieblom is ongeskonde mooi! My hart lê hier stewig op die vlaktes, hier vir altyd verloor!
Hoe om te Blog
deur
Tanya O‟Connor
k kuier elke tweede week in „n woud, en elke
keer wanneer ek die woud inry om nog „n onbe-
kende paadjie te gaan ontdek is daar iets nuuts
wat op my wag. Die bobbejane het nie meer swartbruin
pelse nie, hulle begin al hoe meer groen lywe kry, altans
so lyk hulle wanneer hulle deur die woud galop. Dit is
asof die bome verander, asof hulle rondskuif en rond-
spring net wanneer ek wegkyk. Die paaie is net so
skelm, hulle verander gedurig van vorm en my bande ry
elke keer op „n nuwe stukkie aarde soos „n vorige woud-
bewoner of bakkie wat selde hier ry dit verskuif. Ek
skryf alles neer wat ek ervaar en wanneer ek dit weer
lees is dit elke keer nuut, ek is bly ek lê my lekkerte vas
op papier en op „n skerm.
Ek het begin “dagboek” hou twee dae nadat my man in
my arms dood is, ag jaar is al verby en ek doen dit nog
steeds so. Ek het begin skryf met „n inkpen in „n A5
boekie en wanneer ek nou weer die woorde lees kan ek
sien hoe ek as mens gegroei het. Hoe ek gesond geword
het en hoe ek nou na die wêreld kyk. Dit is die wonder
van skryf en die wonder van om „n blog te skryf. Jy kan
jou wêreld, jou lewe deel en ander kan hulle opinie gee
en jou verder inspireer.
Jy kan skryf net wat jy wil, hoe jy die lewe ervaar en hoe
jy jou dag ervaar. Jy kan onmiddelike terapie kry met
elke woord en sin wat jy sien voor jou „n prentjie maak.
Jy gaan ook elke keer “beter” skryf as skryf jou dryfveer
is agter “bloggery”. Jy gaan al hoe meer maniere kry om
dit wat om jou is te beskryf en jou kop gaan aan die be-
weeg kom.
Jy sal ook kritiek kry en mense lewer kritiek vir vele
redes. Of jy het „n snaartjie aangeraak wat sensitief van
aard is vir jou leser, of jou positiewe/negatiewe uitkyk
geval nie die persoon wat jou blog lees nie. Daar is ook
die wat jou sal inspireer met hul opbouende kritiek, lui-
ster daarna en gebruik dit. Jy sal dadelik weet of iemand
net eenvoudig aaklig is in hulle kritiek en of hulle werk-
lik gelees het wat jy skryf en dit hulle ook laat dink het.
„n Blog leer jou om „n dik vel te kry en „n blog leer jou
ook van selfvertroue. Elke woord wat jy neersit is joune
en hoe jy die wêreld en jouself sien is jou keuse, “It is
your take on whatever subject you choose.”
Skryf soos jy praat, skryf soos jy dink, moenie dink aan
hoe ander skryf of hoe “skrywers” skryf nie, hou dit oor-
spronklik. Indien jy absoluut taal korrek wil wees koop
Die Afrikaanse Taal en Spelreëls, dit is beskikbaar by
Exclusive Books en Wordsworth, die boek handelaars
sal dit ook vir jou bestel indien hulle nie voorraad het
nie.
Verskeie aanlyn publikasies bied blog geleenthede, Me-
dia 24, Leef en Sarie tydskrifte. Jy kan ook op Facebook
onder Notes jou skrywes plaas en jou vriende “tag”.
Begin net, begin sommer nou en geniet elke woord wat
jy skryf!
Kyk ook uit vir Tanya O‟Connor se boek “Hallo,
Lewe” by jou naaste boekwinkel.
Sy vertel van haar lewe. Haar ma, pa, man en ouma is
oor „n tydperk van 12 jaar oorlede. Een elke drie jaar.
„n Ma wat aan depressie gely het, „n perdry ongeluk
wat haar van haar reuksintuig stroop en haar man wat
sy laaste asem in haar arms uitblaas is net van die
dinge waaroor Tanya skryf.
Sy het begin blog om haar dag tot dag inspirasie van
opstaan en aangaan met ander te deel.
Hierdie is „n storie van opstaan, hoop, inspirasie en
geluk na die ongeluk.
Loer ook in by www.sarie.com of www.leef.co.za vir
Tanya se weeklikse blogs!
E
Pienk Strikkies vs. „n
Skoon Canvas
deur
Skoppensvrou
middernag haal ek die masker af bang en hartseer
skyn soos dag in die spieël
’n dubbel-beeld koggel my ek draai om en vergeet nie
hoe het ek eens gelyk
ek sit die masker versigtig ‘trug tot die volgende middernag.
ienk strikkies en kopdoeke van alle kleure om al die onkundiges of die’ kannie worry – dit raak ons nie’ in te lig oor kanker of die
vroeë opsporing daarvan. Kanker is aan die toe-neem – dit word gevrees of afgelag…. Jý wat te bang is om die siekte op sy naam te noem ek daag jou uit om dit tien keer of meer luid uit te gil. Kanker, kanker…… dit heet nie Groot k of Groot C nie. Jy hoef dit ook nie agter ’n bak hand te fluister nie. Dit is nie ’n skande siekte nie, nie-mand verdien dit nie. Dit is nie net ‘ander’ mense wat dit kry dit nie. Die onwelkome gas, kanker, klop aan enige deur - enige tyd - ongeag wie of wat jy is. RELAY FOR LIFE; ek besluit ek om vir die eerste keer daaraan deel te hê. Het ek maar liewer bly won-der….
Ek en my vriendin (ons is al twee survivors) is deel van my dogter Lindie se skoolspan. Ons daag net betyds by die verrigtinge op om te sien hoe die survivors met survivor-bande om hulle lywe die
‘skouperd’ rondte doen. Die toeskouers staan op die gras en klap hande, hulle cheer die stofpad bri-gade jillend en gillend aan. Die naarheid stoot in my keel op, dit is na my men-ing totaal en al onaavaarbaar. Daar is baie waar-diger maniere om saam met die survivors hul dankbaarheid te toon/vier. Ek byt om my tande, maak ek nou my mond ook sal die woord-woede-braaksel die rugbyveld oor-stroom. By ons karavaan word ek en Dot aan die personeel bekendgestel, ons maak ons tuis op ons kampstoele, ek verkyk my aan die joligheid om my. Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie, ek het nie ’n lang gesit treurmare verwag nie, net ‘n waardige – smaakvolle herdenking aan vriende, kennisse en familie wat deur kanker dood is of sur-vive het. Ek het absoluut niks teen die okkasie nie - net die wyse waarop dit aangebied word is so onaanvaarbaar dat ek nie die regte woordkennis het om my teenkanting behoorlik uit te druk nie. Nege uur Saterdagaand. ‘Is daar twintig vrywilligers wat op die verhoog kan kom staan om die kerse (as die lig van lewe) te kom aansteek.’ Ek gryp my vriendin aan die hand. ‘Kom Dot laat ons, ons lig van lewe gaan aansteek. Saam met ’n handjie vol stap ons die trappies op na die verhoog. (‘stage’ wat buite opgerig is ‘) Die voo-
P
raf seremonie is roerend en smaakvol aangebied. Op die tafel voor ons is ’n groot glaskandelaar met ’n kers in, een vir een stap ons verby en steek ons die klein kersie aan. Na ‘n minuut stilte stap die toeskouers saam met ons na die saal waar die gedenk-sakkies dig teen mekaar gepak staan. Tussen al die honderde brande ‘fakkels’ herken ek dadelik my sakkie wat ek vir vriende, kennisse en familie met kanker of dié wat dit oorleef het gemaak het. Ek het dit die vorige aan met helder orange en geel akriel verf versier met brande kerse daarop. Dit lyk pragtig en staan soos ‘n baken tussen die ander uit Die knop in my keel verdik, ek sukkel om asem te haal, ek staan voor die sakkie wat my Lindie-kind vir my gemaak het. Die mooiste, teerste woorde, haar liefde wat uit elke letter en woord straal tref soos ’n vuishou my hart . Onwillekeurig loop trane van dankbaarheid oor my wange. Ek vee dit nie af nie, ek gee nie om wie my sien nie, my hart loop oor, ek prewel ‘dankie Jesus vir U kosbare grote genade, dankie dat ek my ‘baby’ kon sien groot-word. Dankie, Liewe Jesus, sy was maar net drie jaar oud daardie eerste keer.’ Ek druk my amper ag en twintigjarige dogter styf teen my vas en ons trane meng saam in dankbaarheid. Ons stap tussen die rye sakkies - my hart wil breek by die lees van die boodskappe, die foto’s van oud en jonk. ‘Liewe Jesus wees hulle genadig’ Ek neem my vriendin en kind se hande en woorde-loos stap ons uit die saal. Terug by ons karavaan sit Lindie langs my op die grond met haar kop teen my bene. ‘Mamma ek het maar net altyd aan kanker soos verkoue gedink. Jy is siek en jy word gesond.’ Ek druk haar styf vas terwyl hartseer nie die woorde uit my keel kan wurg nie, weereens is die knop wurgend groot. In stilte dank ek weer die Here omdat ek altyd, on-geag hoe ek gevoel het, nooit my seer, vrees of pyn voor my kinders gewys het nie. Dít het ek snags in die badkamer met oop krane en ’n waslap in my mond uitgegil en geween. Die vrese probeer ver-werk en besweer. Ek kon deur God se genade hulle die fisiese uitmergeling van Kanker spaar.
Die res van die nag het ons as span mekaar afgelos en vir leef en hoop om die baan gestap. Ons was veronderstel om tot die volgende Sondagoggend 6h00 te bly. Gelukkig of ongelukkig – besluit maar vir jouself – het een of ander stoutgat/grapgat die rugbyveld se sproeier laat afgaan. Toe die eerste water spat het almal ‘n droë kol ge-soek waar die sproeier nie kon bykom nie, ek het my teen die aangrensende army tent kleingemaak. Van die brawe manne het stoele gegryp en oor die waterpunte gesit. Dit het weer die water laat op-dam. Ons stoele was poeletjies water en ek het geweet dat daar of die res van die oggend gestap en gestaan gaan word. Noodeloos om te sê ons is huis toe. Dit was kwart oor vier Sondagoggend. Terug by die huis het slaap my ontwyk. Die nag se gebeure het by my gespook. Jy vra of ek weer sal gaan? NEE, honderd maal NEE. Indien hulle nie die relay for life op ’n waar-diger manier hanteer nie, sien relay van onwaar-digheid my NOOIT weer nie. Werk vir KANSA sal ek wel, geld sal ek insamel. Behalwe Relay for life sal ek alles in my vermoë doen om kanker vir ander makliker en mensliker te help maak. Mag daar spoedig ’n kuur ontdek word teen die haatlike siekte. Kanker is ’n siekte (my mening) uit die hel gebore!!! Hoe het ek die hele petalje (relay for life) verwerk, blanko canvas en kwas. Glo my as ek sê dat skilder die beste verweer teen depressie en neerslagtighe-id is. Dankie, dat jy nog lees - Kanker kan oorwin word. Daarvan is ek ‘n lewensgroot gesonde bewys van. Ek glo dat jou geloof in God, jou medikasie en jou positiewe wil om te oorleef die sleutel van oor-winning oor kanker is. Spreek daardie siek selle aan, werp hulle in die diepte van die lieflike blou see of waar jy ook wil. Spreek lewe en lewe van oorvloed oor jou lewe en dit sal so wees. Tot ons volgende maand weer gesels Skoppensvrou.
Laat jou Inspirasie
vir jou Werk!
deur
Linda Knop
andat ek kan onthou wou ek nog altyd met my hande werk. Dit was altyd vir my
heerlik om te kon prentjies teken; iets maak uit niks...
Die liefde wat ek het vir skep be-oefen ek al 'n baie lang tyd. Ons het so 13 jaar gelede verhuis van Pretoria na Kaapstad en ek het uiteindelik die geleentheid gehad om my kantoorwerk te bedank en te verruil vir 'n werk waarin ek skeppend kon wees. Ek het geen pottebakkers ondervind gehad nie, maar wou dit graag beoefen. Ek het vir weke in die plaaslike biblioteek in Durbanville gesit en navorsing doen uit boeke wat my meer kon leer daaroor. Ek het wyd en syd gery oor die Kaap van die een fabriek na die volgende. Op soek na kennis en toerusting. Vier maande later koop ek vir my 'n kiln en al die benodigdhede en laat lê sommer ekstra krag aan by die huis. Dis ongelooflik baie werk as jy alle van nuuts af doen. Ek het ongeveer 45 vorms ten duurste natuurlik, vir my laat maak en be-
gin werk. Ek wou dit doen. Ek wou dit maak in die bedryf. Ek was so geïnspireerd dat niks my sou stop nie; ek en wou anders wees. Ek het baie skoolgeld betaal. Duur skoolgeld in die begin stadi-ums, maar mettertyd het dit so goed gegaan dat ek nie glo dat ek self 'n ontwerpers teepot, koppies en pierings kan maak van nuuts af, en die bonus was natuurlik dat mense my goed wou koop. Dit het my nog net meer aangepor om beter te doen, ek druk myself al-tyd tot die uiterste as ek sien ek is suksesvol, ek voel ek kan nog be-ter doen. Ek weet ek kan nog be-ter doen!!!
Dit was heerlik ek het die onder-neming 5 jaar gehad en vreeslik baie bestellings gekry van winkels, onder andere, Gifts at Oxford en Arcadium. Dit het baie goed ge-gaan en ek kon soms nie voorbly met bestellings nie. Dis baie harde werk maar niks het my gestop nie, van teepotte met vrouens met hoede op tot skok-helder oranje met swart 3D kolle-tjies op wit. Dit was wonderlik om gebruiksartikels te skep. Daar was ook pragtige beelde van vroue geskep, waarvan daar nog twee in my eie tuin pruik; vrouens was gaande daaroor. Dit was heerlik en baie leersaam. Elke item gaan deur drie bakprosesse van ten minste 1000 grade en dit kos baie geld en omdat dit in die tyd was wat krag kort-kort duur-
der geraak het, het ek besluit om die onderneming te verkoop. Daarna het ek vir 3 jaar met kris-talle en piouter gewerk, dit was ook ongelooflik bevredigend en het weereens aan winkels en vriendinne verkoop. Ek het dit baie geniet en gereeld werk ge-had. Ek was nog altyd baie lief vir bin-nehuisversiering. Dink ek is gebore met 'n groot liefde daarvoor. Ek het 'n oog vir 'n mooi meubelstuk, oud of nuut, mooi engele en dekor items en ek weet hoe om 'n spasie te versier. Ek het oor 'n tydperk van 8 maan-de 'n wonderlike kursus saamge-stel waarin ek die beste wenke en raad ooit gee om bestaande meu-bels en items in 'n vertrek reg aan te wend. Mens hoef nie nood-wendig duur uitgawes aan te gaan om 'n verandering in 'n vertrek aan te bring of goed te laat lyk nie. Jy moet net slim te werk gaan. Die kursus dek ook 'n baie wye area, vanaf jou voordeurpaadjie, reg deur jou huis, kinderkamers, tie-nerkamers, leefareas, kombuis, buite kuiervertrekke, ens. Ek het al in die verlede binnehuisversie-ring beoefen en dit baie geniet.
Ek het my liefde vir mosaïek begin beoefen en weereens 'n groot sukses gemaak daarvan. Ek het groot 3D harte gemaak en aan winkels en vriendinne verskaf. Ek het 'n groot 1 en 'n half meter by 1
V
meter muurbehangsel buite teen my huis muur gemaak van spieël, kristal en engele. Ek het 'n boekrak en verskeie tafels in my huis versier en selfs 'n plafeiblok. Tans is ek besig met 'n vintage prent van 'n vrou wat ek mosaïek. En binnekort gaan ek 'n 3D mosa-ïek cupcake maak van pienk, wit, room en spieël. Op 'n dag was ek weer besig op die internet en het besluit om na-vorsing te doen oor koekversie-ring. Dit het ek omtrent 'n maand lank elke dag gedoen. Navorsing en nogmaals navorsing. Toe besluit ek om koekversiering te beoefen. Ek het klas begin loop, twee keer per week en binne 3 en ‘n half maande my eie webtuiste naamlik, www.sugarcakes.co.za gehad. Ek is baie trots op Sugar Cakes. Ek werk baie hard en kan nie gou genoeg leer om meer ken-nis op te doen nie. Ek het so ver gekom in die 7 maande wat ek Sugar Cakes het, dat ek soms ver-stom staan, maar ek is baie dank-baar!!
Ek geniet dit vreeslik baie, daar is so baie dinge wat my inspireer, my mosaïek-roos-tafel wat ek self gemaak het. My familie - veral my twee dogters, onderskeidelik, 21 en 18; albei baie kreatief. As ek my oudste dogter se skeppings sien, (sy in nou in haar 3e jaar by Elizabeth Galloway International
School of Fashion Design) dan klop my hard warm van trots. My jongste dogter is nou in Gr 12 en het ook kuns as vak. Die pragtigste skildery; 'n naak vrou, is deur haar gemaak. Hier hang engele in my huis wat hulle elkeen geskilder het.
My liefde vir musiek, goeie leer-same flieks, my dekor in my huis en Franse dekor, my cherubs en my engele, harte, voëls, gedigte, goeie boeke, inspirerende stukke, positiwiteit, my rose in my tuin (ek het ongeveer 70 roosbome), alles waarmee ek my omring wat vir my mooi is - dit inspireer my. Ek is lief vir nuwe dinge skep. My Sugar Cakes skeppings is anders, ek is baie moeite en liefde daarin en glo elkeen moet 'n signature item van Sugar Cakes en my han-dewerk wees. Ek doen alles self, dis baie harde werk. Maak alles self, maar dit bly my trots. My studio in die dakvertrek, wat ek in pienk en wit ingerig het met twee inspirasieborde inspireer my. My studente vir wie ek klas gee inspireer my. Ek word geïnspireer deur Franse en Spaanse musiek al verstaan ek nie 'n woord nie. Die pragtige na-tuur inspireer my, mense se han-dewerk en skeppings, pragtige kunswerke. Wat my egter die meeste inspireer is die feit dat ek 'n gawe gekry het en dat ek dit wil uitleef, wil wys wat ek kan bereik en doen en skep met my hande. Die feit dat ek kan visualiseer is ook volgens my 'n gawe, ek kan iets uitdink en in my kop sien nog voordat ek dit gemaak het, en glo my, dit lyk altyd nes ek dit "ge-
sien" het in my kop. Soms lê ek nagte wakker en "sien" al die nu-we dinge wat ek wil skep met Sug-ar Cakes. Dit is nou my muse, my trots en my liefde en ek glo dis waarmee ek nog vir baie lank sal en wil aangaan. Al die ander dinge wat ek voor-heen beoefen het was vir my 'n steppingstone tot waar ek nou is. Ek is gelukkig in myself, dis wat ek wil doen - mense gelukkig maak met wat ek met my hande doen. Ek glo ook dat elke mens kuns in hom het, ons verskil net, maar dis daar... My Skepper en my familie se on-voorwaardelike ondersteuning inspireer my en ek weet ek maak mense gelukkig met wat ek doen. Ek glo ook vas aan Coco Chanel se woorde: "In order to be irrepla-ceable, one must always be diffe-rent" - ek glo my, dit sê alles oor Sugar Cakes.
Linda bied ook klasse aan in koek versiering.
Kontak haar gerus by 082 341 6037 en besoek haar
webwerf by www.sugarcakes.co.za
Lewe en Loopbaan
ven
Dricky Beukes
y is op 29 Desember, 1918 in Prieska gebore
as Hendrika Johanna van Staden. Sy was die
jongste van 13 kinders en het grootgeword op
Karos naby Upington, op die oewers van die groot
Oranje, in die Noord-Kaap. Dit was ook hier op
Karos, waar sy haar skoolopleiding begin het en
was later „n student aan die Hoër Handelskool in die
Paarl, waarna sy later posmeesteres geword het.. Sy
is later getroud met Abraham Opperman Beukes
van Prins Albert. Abraham Opperman Beukes was
die eerste skoolhoof van die Laerskool Vredelust in
Bellville en hy het self ook twee kinderboeke gesk-
ryf. Hulle het drie kinders, naamlik 'n seun en twee
dogters gehad.
Beukes was die skryfster van 110 Afrikaanse ro-
mans, verskeie kortverhale en talle Afrikaanse ra-
diovervolgverhale, waarvan talle maande lank
voortgegaan het, veral op die destydse kommersiële
radiosender Springbok Radio. Haar eerste kortver-
haal is gepubliseer toe sy nog maar agtien jaar oud
was. Haar eerste roman in boekvorm is egter eers in
1945 uitgegee, net na die afsterwe van haar moeder.
Sy was ook veral bekend vir haar daaglikse radio-
verhaal “Die indringer” wat om 3 uur op die desty-
dse Springbok Radio uitgesaai was met die aange-
kondig: `` 'n verhaal wat elke moederhart sal roer''.
Daar was ook “Skaduwees oor Summerdown”,
“Blinkwater” en “Dokter Karenien”.
Sy is op 8 November, 1999 in “Huis André van der
Walt” in Bellville oorlede.
AG Visser
ndries Gerhardus Visser is op 1 Maart 1878
op die plaas Zaaifontein, in die distrik van
Fraserburg, Republiek van Suid-Afrika, ge-
bore. 'n Groot droogte het sy ouers van hulle plaas
in Carnavon afgedryf, en hy is in n tentjie op die
werf van die plaashuis, onder die skaduwee van 'n
peerboom gebore. Hy gaan skool in Daljosafat,
(twee ander bekende skrywers, Totius en D.F. Mal-
herbe is in dié tyd ook saam met hom op skool),
ontvang opleiding in onderwys aan die Normaalkol-
lege te Kaapstad, en studeer as geneesheer in Edin-
burg, Skotland, vanaf 1901 tot 1906. Hy werk as
dokter te Carnarvon (1907-1909), Steytlerville
(1909-1916) en Heidelberg (1916 – 1929). Hy word
groot vriende met die digter Eugene Marais in die
Heidelberg-jare. Hy trou twee maal, in 1913 met
Lettie Conradie, oorlede in 1920; en in 1927 met
Marie de Villiers. Hy sterf op 10 Junie 1929.
Visser publiseer vroeg reeds; op agtien, in Ons
Kleintji. Sy werk word egter gesien nie as deel van
die Eerste Taalbeweging nie, maar as die einde van
die poësie vir die periode tot 1930. Hy wen twee
maal die Hertzog-prys vir letterkunde: vir beide sy
eerste en tweede digbundels. Sy verse is kenmer-
kend eenvoudig en sangerig. Hy dryf die spot met
die Afrikaner en sy gewoontes, maar met 'n goeie
hart. Hy maak gebruik van tradisionele versvorms
soos die rondeel; van intertekstuele verwysings; en
tegnieke soos die omdop van idiome, puntdigte, e-
pigramme en woordspelings.
S A
In Gesprek Met
Ryno Herbert
Waar het die pad as skrywer vir jou begin?
Die pad het begin toe ek in Graad 9 was toe ek aan my
eerste boek begin werk het op „n foliobladsy in die klas.
Van daar het die idée van Ginlaw begin. Die res soos
hulle sê is geskiedenis…
Jy het sopas jou tweede boek voltooi wat in Junie die
lig sal sien. Hoe voel jy daaroor dat dinge so vinnig
vorder?
Ek is baie dankbaar en ja, ek is baie trots op wat ek be-
reik het. Juis omdat ek blind is het ke nooit gedink dat
dit sal so vinnig gebeur nie. Dinge vorder so ongelooflik
vinnig dat ek myself soms moet knyp om seker te maak
dat ek nie droom nie.
Bestaan die karakters in jou boeke werklik of is hulle
pure fiksie?
Almal is pure fiksie. Dit is karakters wat geskep is in my
brein, maar wat almal dinge beleef wat werklik gebeur.
Veral in my tweede boek “Winkende Sterre” beleef die
tieners ware dinge. Ons sal nooit kan besef hoe moeilik
en vol moeilike keuses tieners se lewens werklik is nie.
Is die gebeure ware lewens insidente of ook uit die
duim gesuig?
Dit is alles op ware gebeure gegrond. DIt is dinge wat
elke dag met kinders kan gebeur, en jammer om te sê
wel gebeur. Hierdie dinge gebeur selfs met grootmense
ook, wat baie hartseer is as jy so daaraan dink.
Wat is jou gunsteling karakter/s in beide jou boeke?
In “Ginklaw” is ek veral geheg aan Mecha en Witfeer.
Mecha is gebasseer op my broer wat altyd daar is vir my
en Witfeer is vir my net te bekkig. Ek kan nie anders as
om hulle baie lief te hê nie.
In “Winkende Sterre” sou ek sê my gunsteling karakters
is Kevin en Lisa. Kevin is weereens op my broer gebas-
seer en Lisa is vir my „n inspirasie, want sy glo altyd in
hoop, geluk, liefde en sy gooi nooit tou op nie.
Wat was in jou oë die moeilikste deel van skryf?
Om net te begin. Daardie eerste stap om net te gaan sit
en te begin tik is altyd die moeilikste. van daar af vloei
alles net uit jou uit.
Is daar stukke wat vir jou emosioneel is om te skryf?
Ja baie beslis. Om te besef date en tiener se lewe heel-
temal verander het en dat hy nooit weer sal kan loop nie
was in “Winkende Sterre” vir my ongelooflik emosio-
neel.
Het jy enige kritiek gekry oor jou eerste boek?
Nee, ek het werklik geen kritiek gekry nie. net positiewe
terugvoer. Ek is baie dankbaar en bevoorregd wat dit
betref.
Hoe is die gevoel wanneer jy die laaste woord in „n
boek tik?
Verligting… Dankbaarheid… Opgewonde… en dan na-
tuurlik ook „n tikkie hartseer om te moet afskeid neem
van die wodnerlike vriende wat ek gemaak het in die
boek se karakters.
Hoe voel jy wanneer jy die eerste keer jou voltooide
boek in jou hand vashou?
Ongelooflik trots en baie opgewonde. Ek is baie dank-
baar aan die mense wat die pad saam met die boek loop
en dit laat gebeur. Dit is „n gevoel wat eintlik nie in
woorde beskryf kan word nie. Dis een van daardie knop-
in-die-keel oomblikke wat jy werklik moet beleef om dit
te kan verstaan.
Wat was die beste terugvoer wat jy nog gekry het oor
“Ginklaw”?
Dat my boek in „n fliek moet verander word. Dit wys dat
mense dit werklik genoeg geniet het om dit voor hulle
ook te wil sien afspeel.
Het jy enige raad aan jong skrywers?
Glo in jouself en moenie laat ander vir jou sê jy gaan jou
naam met „n plank slaan nie. Hou aan en moet nooit
moed opgee nie. Daar gaan tye wee swat jy voel jy wil
opgee, maar byt net vas. Wanneer jy die vrugte vir jou
harde werk begin pluk is daar niks wat wonderliker is
nie.
En enige brokkie inspirasie wat jy wil deel?
Maak nie saak hoe donker jou lewe voel nie – die lig sal
weer skyn. Jy sal wel bo uikom. Dinge is nooit so don-
ker soos wat dit lyk nie – daar is altyd lig.
Kinderhoekie
Kat kry „n Naam
deur
Dalene Laing (Heksie)
Maatjies, julle onthou nog hoe Blikkies en Brakken-
jan „n kat tussen die bosse opgetel het ne? Ouma het
haar veearts toe geneem en vir die kinders gesê
hulle mag haar maar hou.
Kat moet „n naam kry en Lollie het besluit sy moet
n baie mooi naam kry.
“Wat van Kietsie? vra Blikkies .
“Nee, almal gee hulle katte se name kietsie of Sok-
kies sê Lollie. Nee sy moet n besonderse naam hê .
Wat van Miaw Miauw?” sê ouma .
“Nee dit klink nie reg nie,” sê Lollie .
Almal dink en dink dat die rook so trek. Dis nie so
maklilk om „n naam uit te dink nie. „n Klomp name
word genoem. Liefie, Skatie, Hartjie, Skapie, maar
nie een naam gly lekker oor Lollie se lippe nie.
“Kom ons skryf n klomp name neer en sit dit in n
papbak, die eerste naam wat jy trek sal Lollie se kat
se naam wees,” stel oumma voor.
“Ja dis n slim plan,” sê Blikkies.
“Nee dit maak dit nog nie besonders nie,” sê Lollie.
“Ag man, Lollie jy is n pretbederwer,” raas Blik-
kies.
“Ek weet, ek weet!” roep Lollie opgewonde uit.
“Kat se naam gaan Estertjie wees, sy kry n Bybel-
naam. Ek vernoem haar n koningin Ester in die By-
bel. Net soos Ester gaan sy wonderlike dinge vir
ons doen. Haar lewe is gered om vir my en Blikkies
te leer hoe awesome God is .Hy kan „n kat gesond
maak,” sê Lollie
“Estertjie, Estertjie,” sê Blikkies die kat se naam
hardop.
Estertjie lig haar kop en miaauw saggies om te sê
ek hou van my naam.
“Awesome sussie, as Jesus „n kat kan gesond maak
dink net wat kan hy vir ons mense doen! Estertjie,
Estertjie, jou oulike kat,” en die kinders streel oor
Estertjie se lyfie.
“Ja kinders, julle is reg dink net wat kan Jesus vir
ons mense doen,” sê ouma.
“Ons moet net glo. Lollie. Estertjie is „n besonderse
naam vir kat.”
Die twee kinders sit albei by Estertjie op die grond
en hou aan om haar te streel. Estertjie maak purr,
purr van lekker kry.
“Estertjie, my kat kind ek is so bly Brakkenjan het
jou in die bos gevind. Nou het ek en Blikkies albei
„n beste maatjie,” sê Lollie.
“Brakkenjan jy maak nie vir Estertjie seer nie, sy is
nou ook jou beste maatjie,” hoor sê Blikkies vir
Brakkenjan .
Brakkenjan tjank opgewonde oor die nuwe maatjie
en lek vir Estertjie waar die vislyn vas was.
“Soet honne,” sê Blikkies vir Brakkenjan en krap
ook vir Brakkenjan agter sy ore.
“Lollie en Blikkies julle moet mooi kyk na julle di-
ere kinders .Julle moet onthou om hulle twee keer
per dag kos en en altyd vars water te gee. Julle moet
hulle gereeld borsel en baie aandag gee,” herhinner
oumma vir Blikkies en Lollie.
“Ja ouma ons sal,” belowe die kinders plegtig.
Hoe help ek Myself ?
deur
Pandora
et jy al ooit „n selfhelp boek gelees? Het jy al „n
ander se storie gelees wat in „n sukses verhaal
eindig? Lees jy graag woorde wat jou inspireer?
Stem jy saam met frases, kwotasies soos JY KAN „n
VERSKIL in JOU LEWE MAAK? Tel jy boeke soos
The Secret en Die Krag deur Rhonda Byrne van die rak
op wanneer jy in „n boekwinkel stap?
Alles klink so maklik, die antwoord om jou lewe te ver-
ander, te verbeter en „n verskil te maak in jou eie direkte
omgewing is in al hierdie boeke of so wil hulle my laat
glo? Nou hoekom werk dit nie? Hoekom is ons dan nie
omring deur suksesvolle, gelukkige, blye, tevrede mense
nie? Hoekom is daar dan soveel wat sukkel met verhou-
dings, vriendskappe, misverstande, probleme van emo-
sionele aard?
Dit het my lank gevat om „n moontlike antwoord op my
vrae te kry en ek weet nog steeds nie of ek die regte
antwoord ontdek het nie. Ek lees die boeke, ek verslind
hulle nou hoekom sukkel “ek” dan nog?
Die eenvoudige antwoord is ek lees, ek dink, ek wonder,
ek beplan, ek kies maar... EK DOEN NIE WAT EK
KIES NIE! Ek soek aanhou verskonings om daardie
finale stap te neem na verandering, verbetering en dit
wat ek in my lewe mis. Sonder dade, sonder om die
spreekwoordelike bul by die horings gryp gaan ek
nêrens kom nie. Sonder om nou te gaan en te gaan praat
oor wat my pla, sonder om nou te gaan en die deur toe te
maak op dit wat my afbreek en nadelig is vir my gaan ek
boek op boek lees en dit sal my niks help nie.
Gaan vandag oor tot aksie indien jy „n verskil in jou le-
we wil maak, skryf jou besluit neem, dra dit sommer
saam met jou. Skryf dit op jou hand en jou hart en in jou
verstand neem en DOEN DIT NET!
My Dream
hen I was eight, I used to dream of being a rock star. Then I was nine and I dreamt of being voted most popular. Soon enough I was ten, and I
stopped dreaming. My dream makers were gone, both of them, GONE! Buried three months apart-miles apart. Funny that I wasn’t hurt at all, rather excited. Something new was happening. Or maybe I was confused-so confused because I couldn’t believe my dreams were stolen. Shattered. Ripped away-For months on end I was trying to feel pain; I was dying to feel. I guessed I wasn’t feeling anything cause nothing felt real. Now I am fifteen and I started dreaming again; and I try to push back these dreams. Who dreams without a dream maker? Who makes these dreams real? ME! I DO! Five years later, I started feeling pain, started crying, started cursing, but I also started believing in myself. ME! The person in me bound by the limit of imagination in her mind. ME! A dream maker that wasn’t hard to find. ME! The eight year old dreaming of being a rock star. Who made these dreams? ME! If you can dream to be what you want to be then you can be what you want to be. My dream makers were never gone, but hidden deep within me. So many times, we rely on peo-ple to be and do for us what we have the capacity to be and do ourselves. ME! A future leader. ME! An orphan chosen by God. ME! A special, gifted, talented, and inspiring individual who can become tomorrow. And I ask myself “If my so called dream makers hadn’t left when would I become the dream maker myself?” ME! One of the most influential women of my time. And why? Because I have a dream. One that I made and no dream maker can take away. You have this constant fear within you because you are the only person who can take away the dream maker that becomes you. ME! That even though I can fail and be called a failure, I can teach me that I will succeed. That no matter how many “No’s”, “You cannot’s”, “It’s impossible’s” I might hear, it's only in me to decide if its true. I learned quite some time ago that the only person I can control is me. I’ll never stop dreaming for my dreams have become me, an orphan with absolutely nothing to lose. And sometimes we lose everything. Sometimes we lose our minds, our jobs, our loved ones, even ourselves, but as long as we stand up in the morning to see the sun there's hope, and where there's hope, there is me, Bianca Matlala-a young lady with a great mind who in the next twenty years will be voted one of the most influential minds of my time. And even if I don’t reach my goal and I die trying, I would die the winner, undefeated by my biggest enemy-my biggest threat. ME! The prizes of any Olympic game are never at the beginning, but at the end-when everybody is out of breath and falls on the floor. I am no sheep waiting to be praised by my shepherd. I am me! The slaughter house of failure is not my destiny. My life will not end with a failure because failure has no part of me. So when you sleep at night in the cosiest of homes with every thing you need, say "Thank you, LORD for making me." And when you go to bed with nothing but an empty stomach, look to the stars and say to yourself, "This is not me, it's part of the dream-the ride. The bumpy ride-The demons and pain I will face to become ME." I might never succeed in being what you want me to be, but I have the means to succeed in being me. I AM CHANGE. I AM LOVE. I AM POWERFUL. I AM THE MIND. I AM THE DREAM MAKER. You might ask yourself who I am. I AM ME-THE MAKER OF MY DREAM!
Your Faithful Dreamer BIANCA MATLALA (ME)
H
W
Gedigte Hoekie
Swart
deur Anneke
Hoe beskryf ek die leë ge-
voel in my hart
En eindig ek my lang dae
van smart
Die leemte van liefde hang
soos „n swaard oor my kop
Die gevoel van iemand wat
die stof in my oë skop
Die seermaak woorde wat
op my neer reën
Waar is die persoon op wie
ek jare kon steun
Beteken belofte dan so min
Waarom die wraak in elke
sin
Sal ek ooit weer liefde ken
Sal jy ooit weer my hart
kan wen
Na soveel seerkry
Wanneer voel ek dan weer
vry
Met gemengde gevoelens
in my hart
Wil ek graag „n einde maak
aan my smart
Jy maak my gelukkig
deur Jaygé Carstens
Jou gelag soos 'n kabbelen-
de waterstroom
Die heerlike wakker word
as ek van jou droom
Jy's dalk nie myne, maar ek
wens jy was
Ek is bly ek en jy is uit die
kas
Jou stralende persoonlik-
heid trek my nader aan jou
Ek voel verliefdheid blom
– hopeloos te gou
Ek dink reeds aan 'n toe-
koms al weet ek dis te
vroeg
Ek is egter klaar daarmee
om alleen te wroeg
Jy maak my gelukkig son-
der dat ek weet
Ons eerste dag saam sal ek
nooit vergeet
Ek gee nie om oor reg of
verkeerd
Ek wil als vir jou sê – on-
gesteurd
Dat ek verdrink in jou oë
Dit kan werk – jy moet dit
vas glo
Ek wil jou in my arms
neem
Vir jou die oë van my hart
leen
Ek hoop jy voel ook soos
ek
Ek glo dat hier kan liefde
verwek
„n Droom gedagte
deur Joherk
As die maan vlegsels sou
hê
Sou ek graag op my rug in
sy hare wou lê
En droom van sterre, ruim-
te, wolke en mis
Dan voel ek lus
En gly teen „n vlegsel af en
swaai deur die lug
Spring op die sterre
En trek deur die Melkweg
bo-oor die Orionsgordel
En vra aan die Suiderkruis
: “Waar is my huis?”
En strek my arms dat die
Sewe Susters my vang
Soen ek die maan saggies
op sy wang
Vra ek hom: “Waarheen ek
met al my bekommernisse
sal gaan?”
Sê hy: “Ag man, stuur dit
maar na die maan.”
Moenie oordeel nie
deur
Evan
it is „n ding wat ons baie doen. Om te oordeel. Gewetenloos
te oordeel. Sonder om te dink wat dit aan ander mense doen,
maar laat daar nou net „n vinger na hulle gewys word dan is
die gort gaar. Hoe durf? Hoe kan? Wie gee jou die reg? Vergete is al
die oordeel wat jy net gister gefel het.
Waar het dit alles begin. Hierdie oordelery. Ek dink daar reg aan die begin toe satan vir Eva verlei het en haar
die oordeel laat neem het om te dink die Here wil net Sy eie beuel blaas met die skinderstorie dat hulle net soos
die Here sal wees as hulle van die vrug van die lewe eet. En watter verkeerde besluit was dit nie!
Soms dnk ek satan het die Here op een of ander manier gekloon. Hoekom? Want orals waar „n mens jou bevind
staan daar „n god wat staan en vinger wys. Hoe kon jy ? Het jy gehoor? Om elke hoek en draai staan iemand
reg om jou siel uitmekaar te trek. Gewetenloos.
Die Here sê so duidelik in vele boeke vam die Bybel.:
• “Moenie oor ander oordeel nie, sodat….. oor julle nie geoordeel word nie…..want met met dieselfde
oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word.”
• “Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is….. maar die balk in jou eie oog sien jy nie
raak nie.”
• “Jy sien self: Vir die man wat praat sonder om te dink….. is daar minder hoop as vir „n dwaas.
• As „n dwaas sy mond oopmaak…. Is sy ondergang naby”
• “‟n Godlose mens laat „n ander …. ten gronde gaan.”
• “‟n Onverstandige persoon…. praat met minagting van ander
Mense, asseblief wees versigtig met die tong. Dit is „n magtige wapen. Hy beweeg teen „n spoed wat nie gepeil
kan word nie. Jou tong beweeg vinniger as verstand en as daardie woorde eers uit is kan jy dit eenvoudig net
nie weer terug trek nie. Dit is nie ons werk om te oordeel noe. Dit is ons hemelse Vader s‟n. Ons kan nie, ons
mag nie oordeel nie, want môre doen ons dalk net dieselfde en dan het ons „n ander geoordeel en veroordeel,
Om te oordeel is om te dink jyself is volmaak en verhewe en my mens niemand is verhewe nie, voor God bly
ons almal dieselfde grote. Niemand kan smetloos lewe nie. Almal, almal maak foute, ander s‟n is net meer op-
merkbaar as party mense s‟n. Dit is nie vir ons om dit ten toon te stel nie. Ons is breekbaar en het gevoel, el-
keen van ons. Neem dit in ag. Plaas „n wag voor jou mond: As jy nie iets goed kan sê nie, bly liewer stil. Laat
die een sonder sonde die eerste klip gooi.
Die liedjie “Huise van glas” sê so mooi. “Waarom sien jy die splint in „n ander een se oog en staar ons blind in
die van ons. Moenie oordeel nie en wys nie „n vinger nie. Ons almal bly in huise van glas.
Vriend , vriendin mag die krag van Jesus Christus jou behoed om te oordeel, want daar sal soveel keer meer oor
jou geoordeel word op die dag van die groot oordeel.
Jesusliefde,
Jou vriendin in Christus,
Evan
D
Om te sien deur Blinde Oë
deur
Ryno Herbert
k was „n normale tiener nes enige ander. Ek
het daarvan gehou om saam met vriende te
kuier, games te speel en om die normale
dinge van die jeug te doen.
Toe ek matriek kom het ek nes enige ander jong
mens van my ouderdom na die toekoms begin kyk.
Vir my was die toekoms om London toe te gaan.
Ek was redelik goed met rekenaars en my dinge was
stadig besig om in plek te val. Al my papierwerk
was alreeds in orde en ek moes net my eindeksamen deurkom en weg is ek London toe vir twee jaar
waar ek as iT konsultant sou gaan werk het.
In die middel van my matriek jaar het ek begin ag-
terkom dat my oë sig besig was om te verswak. Ek
het nie juis vir my daaraan gesteur nie. Ook jonk en
ook dom - weet mos altyd beter en niemand kan jou
mos enige iets leer of vertel nie.
Aan die einde van my matriek jaar is ek verpletter
gewees toe ek by die besef kom dat ek nie meer
London toe sal kan gaan nie, weens my swak sig.
My sig het so verswak dat ek daardie jaar my eerste
oogoperasie sou kry. Niks het meer vir my saak
gemaak nie. My sig het ingegee deur Diabetes en
bloedvate wat agter die oë gevorm het.
Met die aanloop tot die eerste oog operasie het ek al
meer en meer depressief begin raak. Na die operasie
was dit tien keer erger. Ek wou nie uit die huis kom
nie. Ek wou nêrens heen gaan nie. Ook in die begin
wou ek niemand naby my hê nie.
Nodeloos om te sê het al die kamstige vriende wat
ek op skool gehad het soos mis voor die son ver-
dwyn toe hulle agterkom dat ek besig was om blind
te raak. Net een van my ou skool vriende het by my
gestaan en nog na my toe gekom. Vandag is ons
steeds vriende en ek sal hom ewig dankbaar wees
vir wat hy vir my in daardie tyd gedoen en beteken
het.
Ook van my vriende buite die skool het net „n hand-
jie vol oorgebly. Hulle was daar en hulle het my
moed in gepraat tesame met my familie. Uit lojali-
teit uit vir een van my buite skool vriende het ek net
na hom toe gegaan. Hy behandel my steeds soos
een van die ouens.
Later van tyd het ek nog mense in my lewe gekry
wat vandag nog by my staan en my ten volle onder-
steun.
Op een stadium was ek so depressief dat selfmoord
gemiddeld twee keer per dag deur my kop gegaan
het .Ek het vir ure en ure op my bed gelê en na niks
gestaar nie. My familie het my opgekikker deur vir
my te lees of om te kom vra of ek net by hulle sal
kom sit en gesels. In daardie tydperk het ek ook nie
eens in rekenaars belangstelling gehad nie. Met tyd
en baie liefde en omgee opregte vriendskap en deur
die regte mense het dinge begin beter word.
Ek is so dankbaar vir die mense wat „n rol gespeel
het om my deur daardie donker drif te trek dat ek
vandag my lewe vir hulle sal gee.
My behoud was rekenaars. Gelukkig is ek vandag
nog redelik goed met dit en kan die keybord uit my
kop uit onthou. Dis ook hoe ek skryf op „n dood
normale keybord sonder braille. Ek skryf omdat dit
my tweede liefde is en omdat ek soveel genot en
satisfaksie daaruit kry.
Vandag kan ek nie meer „n IT tegnikus wees nie,
maar ek weet genoeg van rekenaars om myself te
help en om ander te help.
Ek sien nie skryf as my werk of loopbaan nie vir my is dit lekker en ek geniet dit terdeë. Om blind te
wees en te skryf word met tye baie moeilik, maar
dan kyk ek op. Ek besef dat ek „n inspirasie kan
wees vir ander in my posisie. Dat maak nie saak wat
met jou gebeur nie – jy kan altyd steeds bo uitkom.
Ten minste weet ek dat ek as blinde skrywer dit net-
so veel geniet om te skryf as ander skrywers wat
kan sien.
Tot volgende keer,
Ryno Herbert
E
Inspirasie op die Etenstafel
deur
Skoppensvrou
DELIZIOSAMENTE (MAKLIK)
omer baklei baie hard om haar plek in die jaar se draai te hou maar winter is op haar hakke en die uitklophou is ‘n realiteit.
Dit is mos ‘n uitgemaakte saak dat die soppotte een van die dae weer heerlik gaan prut, lus vir iet-sie anders – maak my volgende dis. Dit is heerlik en maklik. PASTA A FAGIOLI – dit klink volksvreemd en nee dit is nie ‘n vloekwoord nie Die Italianers in die platteland was/is nie baie wel-gesteld nie en het van die land af geëet, (wat ‘n voorreg en gesond (geen dodelike pesgif nie)en om uit jou agterplaas groente, kruie ens. te gaan haal, dit laat my nou aan Jan in die boontjierank dink, voorwaar ‘n rariteit . Die pasta het hulle self gemaak met net meel en eiers.
PASTA E FAGIOLI Jy benodig 3 Kopies gekookte Cannelli bone (ek gebruik die in die blikke, minder moeite en net so lekker. 3 Eetlepels Olyf Olie 2 Wortels hulle ‘chopped’ dit, ek rasper dit! 2 Selery stingels fyn gekap 1 klein rooi uit fyn gekap(moet asseblief nie ver-vang met wit uit nie) 2 huisies knoffel afgeskil en fyn gedruk 4 groot ryp Pruim-tamaties 4 tot 5 Kopies hoenderaftreksel. (ek maak verse-ker nie my eie aftreksel, die blokkies werk net so goed, wees net versigtig vir te veel ) 1 is voldoende. Sout en Peper. (hou die southand eers lig, proe wanneer dis klaar is) ¼ Koppie vars pietersielie – fyn gesny 1 Teelepel droë Origanum 2 Koppies droë pasta – jou eie keuse (ek hou van klein skulpies, is gou sag, nie te sag nie) 1 Koppie gerasperde parmesaan kaas. Laaste ekstra Olyf olie vir die opdien, - hier stop ek, ek hou daarvan om my kos in olyfolie te braai, maar dan nog oor die gaar dis gooi, dit is vir my net een stappie te ver.! (net my opinie)
Verhit die olie en braai die uie, selery wortel en garlic tot sag en geuring, (NIE BRUIN NIE). Gooi die 4/5 koppies hoenderaftreksel en die boontjies by en kook vir 10 minute. Geur met sout, peper, ori-ganum en helfte van die pietersielie.(sal jy lag as ek jou kielie!:-) Sny die tamaties in die helfte en druk liggies om al die pitte uit te kry. Sny die tamaties in klein blok-kies, gooi dit saam met jou keuse van pasta in die pot en kook tot die pasta reg is, ongeveer 10 tot 15 minute. Gooi nog hoenderaftreksel by indien dit te droog lyk. (ek hou daarvan nie te sopperig nie) Meng die helfte van die parmesaan kaas in. Skep in mooi bakkies. Versier met orige pietersielie en par-mesaan kaas. Die Italianers se ‘eet dit saam met Italiaanse brood en of groen slaai. Ek het brood en slaai bedien maar ek het myne nie so souserig gemaak nie. (ek het so bietjie gekierang en prosciutto (gerookte) – enige ou gerookte vleisie is goed maar die prosciutto
maak dit meer Italiaans – ‘all in the mind’ ( in my gereg gebruik, net vir ekstra geur). Die meeste resepte en daar is baie variasies gebruik nie vleis nie.
gustare il pasto
As jy skep, skep sommer hoog-vol!
S
Kortverhaal van die Maand
“Die Trourok”
deur
Jaygé Carstens
k staan in die paadjie en kyk voor my uit.
Die groot dag waarvoor almal gewag het het
aangebreek.
Ek vryf my hande oor my pragtige ivoor-wit rok,
laat sak die sluier en stap stadig in die paadjie af.
Elke oog in die kerk is op my gerig. Hulle staar my
aan. Ek kan elke persoon se oë op my voel brand,
maar ek bly gefokus. Ek hou my oë gerig op my
ouma wat voor in die kerk vir my wag…
Dit was die dag voor my matriek afskeid wat my
Ouma my in haar kamer in geroep het. Die ou wa
kis het oop gestaan en die reuk van motbolletjies
het my neus gekielie. Die troufoto's was besaai oor
die bed.
Stadig het ek een van die foto's opgetel. My ouma
was 'n mooi vrou toe sy jong was; sy is egter nog
steeds. Die ouderdom het ongelukkig met die
swaarkry van die jare die vonkel uit haar oog ge-
neem wat tog nog hier op die wit en swart foto glin-
ster.
"Hou jy daarvan?" kom my Ouma se stem van agter
my. Ek skrik so groot dat ek die foto weer op die
bed laat terug val.
"Ja Ouma, dis baie mooi," antwoord ek terug met 'n
gebrek aan beter woorde.
"Dis joune jy weet. Jy gaan ook eendag daardie rok
dra. Ek gaan voor in die kerk vir jou staan en wag,
reg oorkant jou bruidegom," praat Ouma en trek 'n
antieke rok uit die wa kis uit. Die ivoor-wit het al 'n
geel skynsel, maar die rok lyk steeds nuut.
Ek neem die pragtige rok in my hande en gly my
hand oor die fyn kant wat om die boordjie is. Ek lig
die rok op en laat gly die sagte ivoor sy oor my
wang. Dis ragfyn en ek kan die sentiment uit die rok
uit voel straal.
Daarna het Ouma die rok geneem en dit weer in die
kis toegesluit. Ek sou dit eendag kon aanpas as die
dag reg is het Ouma gesê.
Die trane rol oor my wange soos ek afstap in die
paadjie.
Die dominee staan voor in die kerk. Gereed om die
seremonie te begin. Hy wag net vir my – die per-
soon waarom alles draai.
Ek voel selfbewus voor die mense en die pad na die
voorkant van die kerk lê soos 'n ewigheid voor my
uit. Nog die helfte van die paadjie om te gaan.
Ek voel hoe ek duiselig word, maar ek stap voort.
Daar is niemand wat my deur hierdie seremonie kan
regop hou nie. Hierdie is iets wat ek alleen moet
doen.
Ek vind my Ouma se glinsterende gesig voor in die
kerk. Dit gee my moed om verder te stap…
Met my 30ste verjaarsdag het my Ouma behoorlik
uitgehaal en gewys. Koek gebak en terte in die ys-
kas geprop. Van drank was daar nie sprake nie, al-
hoewel Ouma nie die brandewyn gesien het wat ek
saggies oor die wortelkoek gegooi het nie. Solank
sy net nie daarvan eet nie sou als reg verloop.
Nadat al my vriendinne weg is het my Ouma my na
haar kamer geneem om my geskenk vir my te gee.
"Die kis is joune kind. Ek weet nie wanneer jy tot
trou gaan kom nie, maar dis joune. Jy mag egter
nog nie die sleutel kry nie. Die hou ek tot jy trou. Ek
sal dan voor in die kerk vir jou staan en wag tot jy
voor kom. Ek wil mooi sien hoe die rok aan jou
gaan lyk. Jy moet nou maar net plan maak om te
trou, jy het nou die rede om te trou. Ek raak ouer en
nie jonger nie," sê Ouma terwyl ek haar op die
wang soen om dankie te sê vir die mooiste geskenk
in die wêreld.
Ek kyk af na die wit rose in my hand. Die ruiker is
pragtig gedoen. Die rose lyk asof hulle in die reën
gebaai het en nou glimlag oor die skielike son.
Ek stap verder af in die paadjie, die pad voel so on-
gelooflik lank. Ek wonder of die mense sal omgee
as ek eers sou omdraai en terug hardloop vir 'n glas
water en 'n kalmeer pil voor ek verder stap.
Dan vang my oog weer my Ouma en ek besef dat ek
sal moet deurdruk. Ek sal moet aangaan en voort-
gaan en voor in die kerk uitkom. Gouer eerder as
later. Die mense gaan nie verewig wag nie.
My veertigste verjaarsdag was reg om die draai.
Ouma se lewe het na die winter daarvan begin sluip
E
en ek het geweet dat ek vinnig 'n plan sou moes
maak.
Ek sou die eerste beste man moes nader sleep. Dis
tog al wat my Ouma ooit van my gevra het. Sy het
so baie vir my gedoen en al wat sy wou hê was om
te sien hoe ek in die kerk se paadjie af stap in haar
pragtige trourok.
Dit is ook beslis die een ding wat ek graag vir haar
wil gee as 'n geskenk.
Die satisfaksie om my in haar trourok te sien...
Ek het uiteindelik die einde van die paadjie bereik,
en tog talm ek.
Ek wil nie vorentoe loop nie, maar ek kan ook nie
daaraan dink om om te draai en te vlug nie. Hierdie
doen ek vir my Ouma en nie vir my nie.
Ek kom voor my Ouma tot stilstand en kyk in haar
lewendige oë...
"Kind, dit lyk nie vir my jy gaan ooit trou nie. Jy's
dan al vandag glad veertig! Hier is die sleutel tog
nou maar. Gaan trek aan die rok laat ek kan sien
hoe jy lyk," sê-raas Ouma en oorhandig die sleutel
aan my.
"Nee Ouma, nie vandag nie. Ek sal trou, ek belowe
Ouma. Ek sal nog die rok dra en ek belowe Ouma
dat Ouma heel voor in die kerk vir my kan staan en
wag," antwoord ek terug.
"Dan is dit goed so my kind," sê Ouma en sak terug
in haar stoel.
'n Traan loop oor my wang terwyl ek in my Ouma
se oë staar.
Die mense in die kerk kyk my steeds aan, ek weet
dit. Ek is mos die hoof aap van hierdie sirkus, maar
dit maak nie aan my saak nie. Ek doen dit vir my
Ouma.
Dis immers al wat sy nog ooit van my gevra het.
Ek lig die rose in my hand tot by my lippe en soen
die middelste roos sag. Dan sit ek dit voor Ouma se
foto neer, wat op die eikehout kis staangemaak is,
waar Ouma soos beloof vir my voor in die kerk ge-
staan en wag het.
geskryf deur Jaygé Carstens
SUGAR CAKES DAY
Create your own masterpiece!
11 th JUNE 2011 10:30 am
Join us on the 11th of June 2011 @ 10:30 am at LELIEB-LOM FARM in Darling where we will set a festive table
for a morning of glamorous Sugar Cake creations!!
LINDA KNOP of SUGAR CAKES will demonstrate the exquisite art of creating spectacular sugar cake decora-tions. Each lady will create her own little novelty animal
under the careful guidance of Linda's master hand.
Paintings and hand painted greeting cards by TANYA O'CONNOR,author of HELLO LEWE, will be for sale
JAYGE CARSTENS author of several books will open the morning with a few motivational words to get us all in high spirits for a creative morning full of fun and laugh-
ter!
COST: R300.00p/p includes all materials and a light me-al.
Each guest will receive a signature SUGAR CAKES
CUPCAKE, specially designed by LINDA KNOP.
ADVANCE BOOKING ESSENTIAL PLEASE
Tel: 082 573 7736 Email: [email protected] http://www.lelieblom.co.za/
Kompetisie Tyd!!!
Wen hierdie maand „n boek pakket ter waarde van R350!
Om „n boek pakket ter waarde van R350 te wen kan jy die volgende doen:
In minder as 500 woorde vertel ons wat jy sien in die onderstaande pret. Laat dit jou kraai van die lag? Laat
dink dit jou dalk aan die buurvrou wat so aanhoudend kan kekkel? Sien jy dalk iets daarin wat niemand anders
sien nie? Vertel vir ons in jou woorde waaroor die prentjie gaan!
Stuur jou inskrywing na [email protected] met die woord “inspirasie kompetisie” in die verwy-
singsblokkie.
Terms en voorwaardes:
1. Die beoordelaars se besluit is finaal.
2. Die prys kan nie vir kontant verruil word nie.
3. Deur in te skryf gee die skrywer toestemming dat sy skrywe in die April uitgawe van Inspirasie mag
verskyn en dat hy/sy geen vergoeding daarvoor sal eis nie.
4. Die foto op hierdie blad is nie die skildery wat gewen kan word nie. Hierdie is slegs „n voorbeeld.
5. Werknemers van Carstens Uitgewers en hul naaste familie mag nie inskryf nie.
6. Beoordelaars sal eers bekend gemaak word na die wenners aangekondig is.
Sluitings datum is 25 April 2011 om 12nm.
En die wenner van Maart maand se Inspirasie Kompetisie is Roné Malan Niemand! Sy stap
weg met „n oorspronklike Tanya O‟Connor skildery!
Baie geluk Roné en baie dankie dat jy jou inspirasie met ons gedeel het!!!
Lees gerus op bladsy 22 Roné se inspirerende en hartroerende storie. Gaan kyk ook gerus daar
vir nog „n paar inskrywings wat ons ontvang het wat ons hartsnare net so vreeslik geroer het!
Inspirasie Kompetisie – Maart
2011
Die inskrywings!
k rol die woorde in my brein rond, en my kop tol
soos 'n tuimeldroër. Ek wil eerder vra, wat inspi-
reer my nie? Hoe maklik kyk ons nie inspirasie
rondom ons mis nie? Daar is soveel in die natuur wat bo-
natuurlike inspirasie bied, maar ek het besluit om my te
skaar by die Kroon van God se skepping: Die mens.
Die aansteeklikste inspirasie kom vanaf mense met pas-
sie en entoesiasme vir hul projek, stokperdjie of werk.
Dis soos lewende vibrasies wat ek wil inslurp. Dit maak
my so opgewonde, ek wil somaar inspring en probeer!
Mense bied vir my 'n kaleidoskoop van inspirasies. Die
een se skaterlag, die ander se "status updates", en die
mense met 'n altyd positiewe gesindheid. Ook my diere-
liefhebber vriendin wat elke verwaarloosde troeteldier
sou inneem as sy kon. Priceless! Ek het 'n pragtige tan-
nie in my lewe. Ten spyte van haar groot gesin en eie
verdriet, het sy 'n passie vir weeskinders. Hope mensies
is al deur haar liefdevolle hande vertroetel. Dit noem ek
goud.
As ek deur 'n kankersaal stap en ek sien kinders met die
gevreesde siekte, breek my hart in stukkies. Wat my
vervul met inspirasie is die mamma wat langs daardie
bed sit. Dag en nag. Haar oë gevul met ontelbare liefde
en moed. Mens voel somaar hoe hang haar smeekgebede
in die lug. Watter geskenk het God ons nie in 'n Ma ge-
gee nie? Onbeskryflik! My sussie was een van daardie
Mammas. Wanneer ek aan haar dink en in die angsbe-
vange tydperk, vloei strome krag deur my are. Sy het
aan haar terminale dogter behoort dag-en-nag! Nie vir
een sekonde het haar kind geweet wat in haar gemoed
aangaan nie. Haar verlammende vrees, magteloosheid
en haar kind se pyn het sy soos dolke in haar borskas
rondgedra. Sy het my geïnspireer om die paadjie wat
nou voor my le, met dieselfde krag aan te pak.
Wanneer ek 'n boemelaar dronk op die straat sien lê, in-
spireer dit my. Ja, om my lewe nuttig te lei. Dit laat my
besef dat ek iets moet ek kan doen om die gebrokenes in
die lewe te help. Hoe bevoorreg is ek nie?
Dan is daar my oudste suster. 'n Merkwaardige vrou wat
haar komende sterfbed vierkantig in die oe gestaar het.
Sy was 46. Haar woorde aan my refrein steeds: "Roné,
ek het geen vrees nie. God is in beheer! Maak die beste
van jou lewe, elke sekonde wat jy het. Ek sal by die
Hemelpoort vir jou wag." Gevolg deur: "Kom ons be-
plan my begrafnis. Onthou, jul moet almal vrolike kleure
dra!". Wow, dis al wat ek kon dink terwyl my trane
skaamteloos bly drup het.
Ek se dankie aan al die engele in my lewe wat my inspi-
reer. Van die boemelaar tot by die vrou wat by die He-
melpoort wag!
Roné Malan Niemand
at sê die woordeboek, is inspirasie nou eint-
lik? My oë soek koorsig en honger om by die
ware weet uit te kom.
“ A sudden brilliant idea, a happy idea, an inspiring in-
fluence, a divine influence, to breath in, infuse thought
or feeling into, to create”…
My gedagtes hardloop en gaan haal mense om pasmaats
te wees vir elkeen van dié woorde.
Ek put my energie uit mense. Mense en hul dinge is vir
my - sudden brilliant ideas. „n Vriendin wat my, soos
vanoggend, op kort kennisgewing bederf met „n „coffee
shop‟ ontbyt. Die hartskuier daarmee saam is vir my
voorwaar – „ a happy idea, an inspiring influence‟…
Daar is 2 vaders in my lewe wat tot nou toe, sekerlik vir
dié grootste inspirasie gesorg het. Die een – wat die
Bron is van alle lewe. Noem Hom/Haar wat jy wil. –
God, Universe…‟My divine influence, indeed.‟ „n Inspi-
rasie-in-persoon wat my nog nooit in die steek gelaat het
nie, wat my sorgsaam waarsku, bemoedig en beskerm.
Wat my boweal aanvaar en lief het nes ek is. Geen straf
is ooit aan die orde van die dag. Net onvoorwaardelike
aanvaarding.
Die ander vader, die een wat meegedoen het aan my
DNA, wat die lewe gehelp skenk het aan my, my aardse
Pa. My rots. Hy doen verseker sy naam gestand. Petrus.
Vir almal is hy sommer Pieter. En onwillekeurig kom
Jes 51:1 op in my hart…” Aanskou die rots waaruit julle
gekap is…” Verseker het hy al die kwaliteite van dié
Rots. Hy leef dit selfloos uit in omgee, geduld, vergifnis,
liefde, vreugde en lewe.
Die woorde – “to breathe in”, asem hulself uit via my
kosbare vriende – hulle word die ink wat uit my pen
vloei en is voorwaar dit – hulle maak „n merk, lig my,
skakel my aan, bou my op tot by my Ware Self. – die
water van lewe in my stroom van vrede,met die Bron as
gemene deler.
E
W
Tans inspireer die nuwe, groot liefde in my lewe my die
meeste!Met woorde wat soos malvalekkers in die kies
wegsmelt en aanraking wat alles wat dood is weer laat
opstaan tot nuwe vars lewe. Hy sorg vir soveel nuwe
geboortes in my lewe. En bowenal is hy vir my die „epi-
tome‟, die samevatting, die opsomming van wat vrede
en wysheid werklik is.
My gedagtes dra kinders aan tot by die woorde – “infuse
thought or feeling into”.Kinders met hul nog-
onaangetaste-uitkyk en belewenis van die lewe. “infuse”
– dit inspireer my tot in die kleintoontjie van my siel, die
manier waarop hulle, ons “grootmense-van-die-
toekoms”, hulself ingiet in „n absolute geniet van die
lewe. Hul onsmeltbaarheid maak hul immuun teen die
konvensionele boks van aangeleerde gedrag.
Die woorde – “to create”, gaan haal die mense wie se
skryfwerk my siel in die lewe hou. Wie vir my „n inspi-
rasie en „n suurstoftenk vir my siel, my hele wese is.
Wat en wie my inspireer aanvaar my onvoorwaardelik
en is verseker sonder mure en in die oomblik van „nou‟.
Nothing brings down walls as surely as accep-
tance. Deepak Chopra
Alone we can do so little, together we can do so
much. Helen Keller
Diana Stassen
ir my is inspirasie soos „n kleurvolle laslappie-
kombers of „n tapiserie of „n reënboog vol malse
kleure. Ek word nie net deur een voorval of per-
soon geinspireer nie, maar deur „n magdom van dinge.
„n Mooi minnelied, „n mooi natuurtoneel, woede, hart-
seer, liefde, „n ander skrywer se artikel. hang af in watter
gemoedstemming ek is. Inspirasie is om „n gevoel van „n
klomp fladderende skoenlappers in jou maag te kry dat
jy eintlik die gekielie in jou maag kan voel en van pure
lekkerkry uitbundig aan die lag gaan of om „n sjampan-
jeglas te vul en die borrels daarin te sien opstyg tot die
glas oorloop van plesier. Jy kan die inspirasie in jou
mond proe en sien jy al jou skeppingswerk in jou geeste-
soog vorm en jou hande begin al ritmies die beweging
van jou aksies uitvoer. Dit beweeg heen en weer maak
nie saak wat jou kunsinnigheid gaan fabriseer nie. So-
lank dit net tot uiting kom.
Vir my as skrywer, om geisnpireerd te wees, is soos om
op „n stortvloed van woorde branderplank te ry. Die
woorde spoel dan hoog, dan wild en maal dit onder op
die bodem tot dit sin maak en spoel dit dan saggies uit
oor die goue sand aan die soom van sagte skuimende
brandertjies waar dit rustig in die son lê en droog bak.
Om dit dan een vir een bymekaar te maak in „n blokraai-
selmandjie en dan te gaan herrangskik tot daar „n storie
uitvloei wat die leser op presies dieselfde rit te neem as
waar dit oorspronklik vandaan kom
Met al hierdie dinge werk ek my inspirasielaslappie-
kombers aan mekaar met „n dun lyn van ink of werk ek
elke stekie van my tapiserie ink vir woord, kleur dit in
met die kleurrykheid van die reënboog en vergaap my
aan die talent van kunstigheid geinspireer deur die
grootste talent en inspirasiegewer van alles en almal.
Ons wonderwerkende Skepper van die grootste skepping
ooit Die aarde, mens en dier.
Elsabé van der Westhuizen
ie mens wat my die meeste geïnspireer het was
my moeder. As ek moeg raak vir lewe en voel
als raak nou te veel, dink ek aan hoe sy was en
als raak beter. Sy het „n baie moeilike lewe ge-
had sy was baie sieklik. Sy het „n breuk gehad en dit het
veroorsaak dat sy nie meer kon loop of langer as n paar
minute staan nie. Sy het vir 5 jaar in die huis gesit son-
der om êrens te gaan. Al wie sy gehad het was haar verf
werk wat haar besig gehou het, „n paar lojale vriende en
liefdevolle familie om haar by te staan.
Dis nie n lewe wat ek enige iemand sal toewens nie,
maar tog het sy elke dag opgestaan met „n hoop in haar
hart dat als sal beter word; „n glimlag op gesit en almal
moed in gepraat terwyl sy geweet het daar is geen hoop
vir haar nie. Sy is vandag nie meer met ons nie maar nog
steeds is my gedagtes baie by haar.
So die mens wat my die meeste inspireer is Madelene
Moore, my moeder. Dit was n vrou met wilskrag wat my
verstom het.
Christel Moore
V
D
een die einde 1994, het ek 'n ongelooflike vrou
ontmoed... Op daardie stadium het ek nog nie
besef dat die vrou eendag my inspirasie sal wees
nie. Deur ongewone en tog 'n opwindende tyd van my
lewe het ons paaie gekruis. Met tyd het ek geleer dat die
vrou, al 'n dogtertjie van twee weke, moes af staan aan
die dood, en op die ouderdom van 14 het haar een seun
verdrink, kort daarna, het sy ook haar man verloor, deur
'n tragiese veldbrand. Ongeveer 6 jaar later het sy ook
haar oudste seun verloor, deur 'n tragiese Swaarvoertuig
ongeluk, op die ouderdom van 26. Maar nooit, het haar
geloof in God geknak nie... Die 13de September 2010 is
sy ook oorlede en laat twee kinders, en 'n kleinkind ag-
ter. Selfs in die tyd wat sy geleef het, was dit vir my
merkwaardig dat een vrou so alleen, so sterk kan staan .
Swaarkry het die vrou baie goed geken, veral in die
laaste tydjie van haar lewe. Maar tot op die laaste, het
sy altyd net die positiewe van die lewe raak gesien, drie
keer 'n week, was sy pligsgetrou in die huis van God,
selfs al was haar twee voetjies soos twee balle op ge-
swel, het sy verkondig dat sy dit doen vir God, en dat sy
gelukkig voel om die voorreg te he om die klein opoffe-
ringtjie vir Hom te doen. Die merkwaardige vrou Ma-
rietjie von Wielligh, sal vir so lank as wat ek leef in my
gedagtes en hart voort bestaan. As die vrou, voor sou
baie grafte moes staan, en nog steeds na al die pyn, gees-
telik en liggaamlik, so sterk kon staan in die woord van
God, en by haar twee kinders en kleinkind, kon staan
deur dik en dun, en altyd iets kon vind om voor uit te
sien... Wie is ons, om soms God se wil te bevraagteken,
en hoekom kan ons nie ook net eerder die goed raak sien
nie. En dankbaar wees, vir wie en wat ons is en het nie?
Verder kan ek nie veel se nie, die seer is nog so rou, haar
afwesigheid in liggaam en stem, word ongelooflik baie
gemis...
Elida Jansen van Niewoudhuizen
k is 43. Ek word een Sondag more wakker, en my
midlife crisis staan op n groot donker perd voor
my hek. Kyk, ek kan seker vir my n blink motor-
fiets, met tossels aan die handvatsels, en patroondoppe
op die trappe, gaan aanskaf, en hoop die ding is n waar-
dige terapeut. Dit werk blykbaar uitstekend vir die helfte
van die noordelike voorstede......
Iets pla my egter. As ek more deur n Putco bus moertoe
gery word, het ek nie n enkele ding wat ek agter los
nie.Nada...zilts. Ek het altyd n storie in my kop gehad.
Die donker perd proes lawaaierig, en skyt in my oprit.
Ek skuif die verslete sleutelbord reg, en begin skryf.
Inspirasie moet objektief na gekyk word. Mooi wolke en
groen gras doen dit nie vir my nie. Ek is n Oos Ran-
der. Gomgatgeit is deel van ons mondering. Ons
praat lelik, en ons is natuurlik maar skuurpapiererig. As
ek oom PH Nortje se boeke lees, en sien hoe hy skilder
met woorde, dan skiet ek kort. My stories kan nie so ver-
tel word nie. Ek wil kan relate. Deon Meyer het daardie
deur vir my tipe mens oopgemaak. n Vars nuwe styl, en
ek kon n groen lig vaagweg sien flikker.
So, hier is ek. My inspirasie is direk gekoppel aan my
ouderdom en al die stront wat daarmee gepaard gaan.
Deon as my rolmodel, en die movies in my kop.
Riekus van der Westhuizen
ie was daar van my heel eerste herineringe?
Wie het my die meeste gelei, geleer en gedra?
Wie is nogsteeds my bron van inspirasie? My
Nanna!
My Ouma op moeder kant, n klein vroutjie net 5 voet
hoog en hoogs Engels. N vrou wie die konvensionele
sieninge van haar tye teengestaan het.
Op 17 jarige ouderdom, en met haar familie se onderste-
uning besluit Clara Francis Cobbing om haarself as on-
derwyser te bekwaam. Nie die norm van trou en kinders
nie, dankie. Sy het tot met die geboorte van haar 3de
kind skoolgehou en tot vandag toe is daar n skildery van
Nanna op n klein plekkie genoem Three Bells waar sy
skoolgehou het.
Sy het op my Oupa verlief geraak terwyl sy op Onder-
wyskollege was maar het besluit om vir eers klaar te
studeer en ten minste 2 jaar klas te gee. Weereens hier
met die liefde was sy heel eie. Oupa se ouers was nie
getroud nie en sy Pa se familie het hom nooit erken nie.
Maar vir Nanna was hy haar liefde en na 42jaar se diepe
liefde is hy oorlede. Nanna het 7 kinders gehad van wie
net 4 volwassenheid bereik het. Aan elk van haar kinders
het sy een ding ingeboesem, dat jy enige iets kan wees
en dat daar geen limiet is nie. Nie geld of enige om-
standighede kan jou weerhou om jou doelwit te bereik
nie. Dit het haar 3 seuns en my Ma duidelik verstaan en
almal het loopbane gevolg waar hulle baie sukses behaal
het.
Maar Nanna het dieselfde van haarself verwag. Sy het
altyd n paar hoenders, eende en n speenvarkie gehad om
T
E
W
aan die vleis te voorsien. En haar groentetuin was n
lushof van oordadige lewe. Sy het ook n ekstra geldjie
ingebring deur die fynste baba klere vir die destydse
Greatermans te verskaf.
Met haar kleinkinders het sy voortgegaan om ons die
beginsels van lewe en lewe volheid te leer. My heel eer-
ste herinering is van myself en my 3 neefies en 1 niggie,
almal op ons matrassies met Nanna se handgemaakte
kwilte, eie vir elke kind. Daar was sy besig om voor
middag slaapie n Peter Rabbit deur Beatrix Potter voor
te lees. N daaglikse instelling. Ons het almal voor ons
skool begin het, gelees en geskryf en n diepe liefde vir
lees gekweek. Sy het ook verwag dat ons nooit die
woord kan en nie saam gebruik nie. Dit is net n situasie
waar jy moet soek vir die manier waar jy dit kan doen.
Nanna het haar familie, elke een, elke oggend aan God
opgedra. Maar net so ook het sy nooit vergeet wat sy self
kon doen vir haar familie nie. Elke November die 1ste is
al 6 groot oondplate uitgehaal en dan het sy begin bak.
As ek van skoolaf by die voordeur ingestap het was dit n
reuk van neut, kaneel, botter, gemmer, suiker en elke
moontlike genot,wat deur die huis beweeg het. Sy het
lakens gehad wat sy oor die eetkamer en kombuis tafel
gesprei het en hierin het sy die goue genot uitgestort
soos elke baksel klaar was. Soetkoekies, hawermout
koekies, sjokolade koekies, gemmer koekies en hope
hope Hertzog koekies. Al hierdie wonderlike genot was
versigtig tussen 4 stelle koekblikke verdeel. 4 blikke per
kind is elke Desember oorhandig sodat sy kon weet waar
ookal ons sou wees, elke familie sou soete genot tydens
Kersfees beleef. Die kerskoek is reeds vroeg gebak en
binne hulle koekblikke geberg. Elke paar dae is die
wonderlike baksels met brandewyn besprinkel, soos n
doop plegtigheid.
Nanna het met haar hande, met haar woorde, met haar
hart en met haar hele wese liefde uitgestraal en ook uit-
geleef. Sy is en bly my grootste inspirasie.
Willene Venter
a die gebeure van die afgelope 2jaar voel ek
leeg, 'sad' ag sommer net nie lus vir nuwe dinge
nie, ek vat elke dag soos hy kom. My huis is
deurmekaar, net soos my kop. Ek het beheer verloor,
niks is op hul plek nie, ek vrees die woorde "liefie weet
jy nie waar is die: die flitslig, die swart skêr, die rooi
Pacer pen nie? NEE! wil ek skree, maar ek kry skaam
want alles is deurmekaar, NET SOOS MY KOP. Ruk
jou reg Ouma begin by die begin en pak die berg aan jy
kan, probeer ek myself oorreed. Ok, ek besluit die huis is
Everest, dis dalk beter om met iets kleiner te begin en
die Rondawel word gekies. Die spinnekoppe pak hul
tassies want hierdie ouma is op 'n 'mission', die mat
word uitgetrek en die kaal sementvloer lyk sommer weer
mooi, kaste word rond geskuif en hope van my goetert-
jies wat ek so opgaar vlieg by die deur uit. Al die kamp
goed staan weer bymekaar, die voëls en honde kos is
mooi in hul houers (wat ek al 2 jaar terug aangeskaf het)
My kinders (almal Groot) se speelgoed (jip ek kry dit nie
oor my hart om hul speelgoed weg te gooi nie) is weer
uitgesorteer. Ek is moeg maar met nuwe innerlike krag
wat my voortdryf pak ek die naaldwerk kabinet aan, ek
gooi al die lappe uit op my mooi nuwe sement vloer.
Daar tussen die lappe ontdek ek toe weer die dele van
my menswees. Met elke stukkie lap wat ek uit die hoop
trek, trek ek die herinneringe ook terug in my kop. My
dogter Santjie: die baba blou satyn van jou matriek af-
skeid skepping wat ek van 'n prentjie af moes bou. 'Ma
kan mos' onthou ek jou woorde. Jy sal nooit weet hoe ek
ge'stress' het nie. Die trots het by my ore uitgeloop toe jy
die aand uit die geel taxi met die kwaito musiek klim,
die rok was perfek, jy was perfek. I DID IT! My seun
Andries: die 'surf short' lap was jou idee. Al jou maats
het gespog met hul billabong en ander 'name brand' surf
shorts, jy het geweet dis bo ons vuurmaakplek en saam
het ons beplan aan jou eie spesiale 'mamma style' shorts.
Jy het dit met trots by die dorp swembad vir almal
gewys , Velcro gulp en all. I DID IT! My seun Frederik:
Jou skapie kostuum van jou kleuterskool konsert lê nog
mooi opgevou in n plastiek sakkie. Ek het dae aaneen
wol stukkies daaraan vasgestik, jy was die wollerig'ste
skapie op die verhoog, 'sorry' ek het daai aand opgelet
hoe sweet jy, het bietjie vergeet van die Noord-Kaapse
klimaat in die somer maande. Jy het geblink op al die
foto's maar nooit het jou glimlag verdwyn nie. I DID IT!
Stukkie vir stukkie tel ek toe weer my lewe op, ek raak
opgewonde kry nuwe moed. Ek moet net nou eers vir
Everest gaan uitklim, my rugsak is gepak met lappe vol
herinnering en eendag gaan ek weer sê 'I DID IT!
Annette Vorster
N