uitgawe durbanville...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die...

19
1 Geagte ouers Die jaar is nou regtig in sy laaste stuiptrekkinge. Die graad 12’s se eksamen is verby die halfpadmerk en ons interne eksamen nader ook vinnig sy einde. Soos u weet word ons skool weer vanjaar vanaf 30 November deur die Departement van Onderwys gebruik. Ons gee dus op 29 November om 12:00 die rapporte uit, waarna die skool dan ook vir die vakansie sal verdaag. Ons is druk besig om ons onderwyserkorps vir 2019 te finaliseer. Die volgende onderwysers verlaat ons aan die einde van 2018: Me V. van Huyssteen tree af na baie jare van uitstekende diens aan ons skool. Ons wens haar alles van die heel beste toe vir haar nuwe avontuur. Mnr Van Lill tree af na sy siekbed vanjaar. Ons hoop dat hy spoedig volkome sal herstel. Hy laat ‘n groot leemte op ons personeel. Hy is baie geliefd onder die leerders en personeel - as oud-student lê sy spore ook oor lang paaie by die skool. Mnr Hamman vertrek ook. Hy gaan ‘n lang gekoesterde ideaal verwesenlik deur by ‘n skool vir talentvolle leerders uit moeilike omstandighede aan te sluit. Dit is ‘n redelik nuwe onderneming en ons glo sy insette sal baie waardevol wees om die mooi ideaal goeie gestalte te gee. Me Brink verhuis na Riversdal. Ons wens haar alles van die beste toe op haar nuwe loopbaanpad. Sy het in ‘n kort rukkie haarself bewys as ‘n puik onderwyser, afrigter en kindervriend. Me Francis het ons reeds aan die einde van die derde kwartaal verlaat. Sy het inderwaarheid ook die onderwys verlaat en ons wens haar en haar man baie voorspoed toe met hulle opwindende planne. Ons wil aan al hierdie onderwysers ons dank betuig vir baie ure van toegewyde werk : in die klaskamers en ook op buitemuurse gebiede. Julle was regtig staatmakers en gaan moeilik wees om te vervang. Ons het die volgende nuwe onderwysers aangestel : Afrikaans: Me A. Prinsloo; Engels: Me M. Wharren; Wiskunde: Me M. le Roux; Geografie: Me K. van Zyl; RTT: Mnr C. Landman; IGO en Tegnologie: Mnr E. van den Heever; Engels en LO: Me N. Loubser; Senior Biologie en LO: Mnr F. Bloem Die bouers het reeds begin met die voorbereidingswerk vir ons nuwe meerdoelige sentrum. Ons hoop om die lokaal in Mei 2019 in gebruik te neem. Die fasiliteit gaan aan ‘n verskeidenheid van behoeftes voldoen en ons sien baie uit daarna. Die hoof van die Voorbereidingskool tree ook aan die einde van jaar af. Mnr Nortier is ‘n legende in onderwyskringe. Sy nalatenskap gaan vir baie dekades in baie harte leef. Baie dankie vir baie jare se gemoedelike saamwerk, saam beplan en saam gesels. Voorspoed op jou nuwe reis. Dit was vir ons ‘n voorreg om ‘n onderwysforum met iemand soos jy te deel. Jou nalatenskap is enorm. Ons wil ook graag die Voorbereidingskool se nuwe hoof verwelkom. Me Adelle Mostert is ‘n Durbanviller in murg en been. Sy is ook ‘n oud-student van ons skool en was tewens ook hoofdogter hier in 1996. Haar pa was ook vir baie jare aan ons skoolpersoneel verbonde en baie oudstudente praat nog graag oor die legendariese Tobie Lerm. Voorspoed vir jou. Ons glo jy sal die massiewe voetspore van mnr Nortier goed kan vul. Groete tot volgende keer. G.L. Germishuys SKOOLHOOF Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected] HOËRSKOOL SEDERT 1827 DURBANVILLE UITGAWE 9/2018 INHOUD UIT DIE KANTOOR 2 • DURBIES SAXOFONE AANGEWYS AS BESTE ENSEMBLE 2 • DURBIES HOU AFSLUITINGKONSERT 2 • DURBIES HOU MATRIEKAFSKEID 2 • DURBIES KLARINETTE BEHAAL HOOGSTE LOF 3 • DURBIES GEE OM 3 • DURBIES KIES STUDENTERAAD VIR 2019 3 • REKENINGKUNDE PRYSWENNERS 3 • DURBIE-HOOFLEIERS VIR 2019 AANGEWYS 4 • DURBIE WEN SA XCE BERGFIETS REEKS 4 • DURBIE PRESTEER IN FILMBEDRYF 4 • DURBIES KWALIFISEER VIR SA BERGFIETS KAMPIOENSKAPPE 4 • TENNIS WEN INTERSKOLE TENNIS 5 • DURBIE HAAL SA O20 NETBALSPAN 5 • DURBIES NETBAL PRESTEER 5 • WP RUGBY ELITEGROEP 6 • DURBIE ONTVANG HENNIE JOUBERTPRYS 6 • DURBIE PRESTEER BY SA LUGGEWEER KAMPIOENSKAPPE 6 • DURBIE NAASWENNER VAN JOHAN VOS KOMPETISIE 6 • DURBIE PRESTEER BY NASIONALE JEUG MUSIEKKOMPETISIE 7 • DURBIES HOU KUNSUITSTALLING 8 • TOEKENNING VIR PRESTASIE 8 • DURBIES ONDERSTEUNERSDRAG BESKIKBAAR 10 • DURBANVILLE WEN O19 PETER BUTTNER KRIEKETLIGA 10 • DURBIES WEN INTERSKOLE KRIEKET 10 • DURBIES HOKKIE “HP” PROGRAM 11 • DURBIES PRESTEER BY PRESTIGE ATLETIEK 11 • DURBIE HAAL WP KRIEKETSPAN 12 • DURBIES RUGBYBLITSE PRESTEER 12 • OUD-DURBIES 13 • MATRIEK UITSTAPDAG 13 • DURBIES IS VREELOOS 14 • SPORTUITSLAE

Upload: others

Post on 18-Nov-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

1

Geagte ouers

Die jaar is nou regtig in sy laaste stuiptrekkinge. Die graad 12’s se eksamen is verby die halfpadmerk en ons interne eksamen nader ook vinnig sy einde. Soos u weet word ons skool weer vanjaar vanaf 30 November deur die Departement van Onderwys gebruik. Ons gee dus op 29 November om 12:00 die rapporte uit, waarna die skool dan ook vir die vakansie sal verdaag.

Ons is druk besig om ons onderwyserkorps vir 2019 te finaliseer. Die volgende onderwysers verlaat ons aan die einde van 2018: Me V. van Huyssteen tree af na baie jare van uitstekende diens aan ons skool. Ons wens haar alles van die heel beste toe vir haar nuwe avontuur. Mnr Van Lill tree af na sy siekbed vanjaar. Ons hoop dat hy spoedig volkome sal herstel. Hy laat ‘n groot leemte op ons personeel. Hy is baie geliefd onder die leerders en personeel - as oud-student lê sy spore ook oor lang paaie by die skool. Mnr Hamman vertrek ook. Hy gaan ‘n lang gekoesterde ideaal verwesenlik deur by ‘n skool vir talentvolle leerders uit moeilike omstandighede aan te sluit. Dit is ‘n redelik nuwe onderneming en ons glo sy insette sal baie waardevol wees om die mooi ideaal goeie gestalte te gee. Me Brink verhuis na Riversdal. Ons wens haar alles van die beste toe op haar nuwe loopbaanpad. Sy het in ‘n kort rukkie haarself bewys as ‘n puik onderwyser, afrigter en kindervriend. Me Francis het ons reeds aan die einde van die derde kwartaal verlaat. Sy het inderwaarheid ook die onderwys verlaat en ons wens haar en haar man baie voorspoed toe met hulle opwindende planne.

Ons wil aan al hierdie onderwysers ons dank betuig vir baie ure van toegewyde werk : in die klaskamers en ook op buitemuurse gebiede. Julle was regtig staatmakers en gaan moeilik wees om te vervang.

Ons het die volgende nuwe onderwysers aangestel :Afrikaans: Me A. Prinsloo; Engels: Me M. Wharren; Wiskunde: Me M. le Roux; Geografie: Me K. van Zyl; RTT: Mnr C. Landman; IGO en Tegnologie: Mnr E. van den Heever; Engels en LO: Me N. Loubser; Senior Biologie en LO: Mnr F. Bloem

Die bouers het reeds begin met die voorbereidingswerk vir ons nuwe meerdoelige sentrum. Ons hoop om die lokaal in Mei 2019 in gebruik te neem. Die fasiliteit gaan aan ‘n verskeidenheid van behoeftes voldoen en ons sien baie uit daarna.

Die hoof van die Voorbereidingskool tree ook aan die einde van jaar af. Mnr Nortier is ‘n legende in onderwyskringe. Sy nalatenskap gaan vir baie dekades in baie harte leef. Baie dankie vir baie jare se gemoedelike saamwerk, saam beplan en saam gesels. Voorspoed op jou nuwe reis. Dit was vir ons ‘n voorreg om ‘n onderwysforum met iemand soos jy te deel. Jou nalatenskap is enorm.

Ons wil ook graag die Voorbereidingskool se nuwe hoof verwelkom. Me Adelle Mostert is ‘n Durbanviller in murg en been. Sy is ook ‘n oud-student van ons skool en was tewens ook hoofdogter hier in 1996. Haar pa was ook vir baie jare aan ons skoolpersoneel verbonde en baie oudstudente praat nog graag oor die legendariese Tobie Lerm. Voorspoed vir jou. Ons glo jy sal die massiewe voetspore van mnr Nortier goed kan vul.Groete tot volgende keer. G.L. Germishuys SKOOLHOOF

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

HOËRSKOOL SEDERT 1827DURBANVILLE

UITGAWE 9/2018

INHOUDUit die Kantoor2 • DURBIES SAXOFONE AANGEWYS AS BESTE ENSEMBLE

2 • DURBIES HOU AFSLUITINGKONSERT

2 • DURBIES HOU MATRIEKAFSKEID

2 • DURBIES KLARINETTE BEHAAL HOOGSTE LOF

3 • DURBIES GEE OM

3 • DURBIES KIES STUDENTERAAD VIR 2019

3 • REKENINGKUNDE PRYSWENNERS

3 • DURBIE-HOOFLEIERS VIR 2019 AANGEWYS

4 • DURBIE WEN SA XCE BERGFIETS REEKS

4 • DURBIE PRESTEER IN FILMBEDRYF

4 • DURBIES KWALIFISEER VIR SA BERGFIETS KAMPIOENSKAPPE

4 • TENNIS WEN INTERSKOLE TENNIS

5 • DURBIE HAAL SA O20 NETBALSPAN

5 • DURBIES NETBAL PRESTEER

5 • WP RUGBY ELITEGROEP

6 • DURBIE ONTVANG HENNIE JOUBERTPRYS

6 • DURBIE PRESTEER BY SA LUGGEWEER KAMPIOENSKAPPE

6 • DURBIE NAASWENNER VAN JOHAN VOS KOMPETISIE

6 • DURBIE PRESTEER BY NASIONALE JEUG MUSIEKKOMPETISIE

7 • DURBIES HOU KUNSUITSTALLING

8 • TOEKENNING VIR PRESTASIE

8 • DURBIES ONDERSTEUNERSDRAG BESKIKBAAR

10 • DURBANVILLE WEN O19 PETER BUTTNER KrieKetLiGa

10 • DURBIES WEN INTERSKOLE KRIEKET

10 • DURBIES HOKKIE “HP” PROGRAM

11 • DURBIES PRESTEER BY PRESTIGE ATLETIEK

11 • DURBIE HAAL WP KRIEKETSPAN

12 • DURBIES RUGBYBLITSE PRESTEER

12 • OUD-DURBIES

13 • MATRIEK UITSTAPDAG

13 • DURBIES IS VREELOOS

14 • SPORTUITSLAE

Page 2: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

2

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

DURBIES HOU AFSLUITINGKONSERT

DURBIES SAXOFONE AANGEWYS AS BESTE ENSEMBLE

Die Hoërskool Durbanville het op Dinsdag 25 September 2018 die jaarlikse Afsluitingkonsert gehou. ‘n Stampvol Ouditorium het vir die laaste keer vanjaar na die Durbies Orkeste en Koor kom luister.

Baie geluk aan al ons Durbies en dankie veral aan ons seniors wie se laaste optrede dit was. Dankie vir jul insette en bydraes die afgelope vyf jaar tot Durbies Kultuur.

Die Hoërskool Durbanville se Saxofoonensemble is aangewys as die beste ensemble by die Tygerberg Eisteddfod.Baie geluk Durbies, ons is trots op julle!

agter v.l.n.r. Reghardt Jooste, Owen Ansley, Niel Theron, Liam Slabbert, Dawson Hooper, Emile Jansen van Rensburg,

Hendri FritzVoor v.l.n.r. Lize van Rooyen, Remi Malherbe, Leroux Cronje,

Me Suretha Theron, Stephan Carstens, Hannah Abeln

DURBIES HOU MATRIEKAFSKEID

#TrotsDurbanville#TrotsDurbanville

#TrotsDurbanville

DURBIES KLARINETTE BEHAAL HOOGSTE LOF

#TrotsDurbanville

Die Hoërskool Durbanville het op Donderdag 27 September 2018 Matriekafskeid gehou. Die Matrieks het vanjaar soos oudergewoonte by die skool aangekom vir fotos en daarna vertrek na die venue, D’Aria.

Ons Matrieks het asemrowend gelyk en het die aand behoorlik lekker weg gekuier. Baie dankie aan al die mense agter die skerms en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en sterkte met die eindeksamen.

Ons Klarinetensemble het Hoogste Lof by die Tygerberg Eisteddfod behaal. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle!

agter v.l.n.r. Paul Heyns, Andriku Kraay, Quin Barnard, Stefani Terblanche, Nicol Carstens, Danielle du Toit

Middel v.l.n.r. Lindi van Wyk, Anja Ontong, Heike Hellström, Mia de Villiers, Anja Coetzee

Voor v.l.n.r. Neil van Eeden, Bea van Huyssteen, Louisa Roux, Me Suretha Theron, Lené Swart, Cailin Aylward

Page 3: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 9/2018

3

reKeninGKUnde PRYSWENNERS

Ons Durbies het weer fondse ingesamel vir ‘n goeie doel, hierdie keer vir Magdalena Huis. Hier is Rouxné Maritz en Simóne Grundlingh saam met Oud-Durbie en voormalige Dux leerder, Zanne Stapelberg.

Dankie aan almal wat bygedra het, ons waardeer dit.

DURBIES GEE OM

DURBIES KIES STUDENTERAAD VIR 2019

Verlede Donderdag het hierdie drie leerders van Hoërskool Durbanville die 2018 C2M Rekeningkunde-Pryse terwaarde van R5000 gewen vir hulle uitstekende punte in Rekeningkunde.

As deel van C2M se verbintenis om Rekeningkunde as vak in skole te bevorder, borg C2M verskeie kontantpryse by plaaslike skole se prysgelde.

Baie geluk Amor van Greunen (94,67%), Anri Klopper (94,39%) en Schalk-Willem Burger (95,39%) met die wonderlike prestasies. C2M Direkteur, Carel Bester CA (SA) RA, het die aand bygewoon om die toekennings te oorhandig.Foto: v.l.n.r. (Gr.11) Amor van Greunen, (Gr.12) Anri Klopper en (Gr10) Schalk-Willem Burger.#DurbiesGeeOm

#TrotsDurbanville

#TrotsDurbanvilleDURBIE-HOOFLEIERS VIR 2019 AANGEWYS

Baie geluk aan ons Hoofleiers vir 2019.Sterkte en geniet elke oomblik.

V.l.n.r. Louwrens Wessels, Grete Burger, Runé du Plessis, Élan Stoffberg

Baie geluk aan ons Durbies wat verkies is tot die Studenteraad van 2019. Sterkte met die uitdagings en gryp dié geleentheid aan.

agter v.l.n.r. Rocco Nortjé, Riaan De Lange, Emile Jansen van Rensburg, Stef Boshoff, J.W. Wessels,

Dawson Hooper, Nellie Slabbert, Stefan Brundyn, Ben Venter, Quinton Weber, Schalk-Willem Burger, Stephan Carstens,

Xander van der WesthuizenVoor v.l.n.r. Maja Smith, Marietjie Slabbert, Kaylee Briel,

Louwrens Wessels, Grete Burger, Runé du Plessis, Élan Stoffberg, Inge Botes, Anke Hols, Mia de Villiers

Page 4: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

4

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

Dogters vs StellenbergOns Durbies Dogters Tennisspanne het teen Stellenberg gespeel en as volg gevaar:Dogters 1ste wen 8-6Dogters 2de wen 8-6

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle.

Seuns vs Curro DurbanvilleOns Durbies 1ste Seuns Tennisspan het teen Curro Durbanville gespeel en as volg gevaar:Seuns 1ste wen 10-4

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle!

#DurbiesMTB

In slegs die eerste amptelike seisoen as skoolsport, het die Durbies gekwalifiseer vir die SA Kampioenskappe.

Die Hoërskool Durbanville se Bergfietsspan het hul vanjaar baie goed van hul taak gekwyt deur bestendig reg deur die seisoen te presteer.

Die Durbies het algeheel 4de plek behaal in die SPUR MTB Skoleliga (Wes-Kaap). Roché Malherbe was die algehele wenner in sy kategorie en Danielle Barnard was die naaswenner in haar kategorie. Albei hierdie ryers het ook hul Wes-Kaap Bergfiets kleure behaal en is ook opgeneem in die XCO spanne en sodoende hul WP Bergfiets klere verwerf het.

Baie geluk Durbies, ons is trots op julle.

Danielle Barnard en talle van haar Durbie-spanmaats het die afgelope naweek aan die SA XCE Bergfiets-kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Danielle het ‘n silwermedalje losgery in die Eliminator en is sodoende aangewys as die algehele wenner van die SA XCE reeks.

Nog ‘n Durbie, Pierre le Roux het algeheel tweede in die XCE reeks geeindig.

Baie geluk Durbies ons is trots op julle!

DURBIE WEN SA XCE BERGFIETS REEKS

DURBIES KWALIFISEER VIR SA BERGFIETS KAMPIOENSKAPPE

TENNIS WEN INTERSKOLE TENNIS#TrotsDurbanville

#DurbiesTennisDie film (The Harvestors / Die Stropers) waarin Alex van Dyk ‘n hoofrol speel, het in Rome “Best Feature Award” gewen.

Baie geluk Alex, ons is trots op jou!

DURBIE PRESTEER IN FILMBEDRYF

#TrotsDurbanville

Page 5: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 9/2018

5

Nicola Smith het vanjaar ‘n droomjaar op die netbalbaan beleef.

Nie net het hierdie Durbie haar Wes-Kaap netbalklere verwerf nie, maar het Nicola Suid-Afrika op o17 vlak in Australië verteenwoordig. Nicola het in Augustus ook haar span tot ‘n Interskole sege oor Stellenberg gelei en daarna die Hoërskool Durbanville o18A-span gehelp om die WP Superliga titel in te palm.

Nicola het die afgelope naweek die finominale prestasie behaal deur vir die SA o20 netbalspan gekies te word.

Baie geluk Nicola, ons en die res van die Durbanville-gemeenskap is trots op jou!

V.l.n.r. Hanno Wessels, Daren Brown, Jade Filanie, Ruben Swanepoel, Dillon Oppelt

DURBIE HAAL SA O20 NETBALSPAN

Die Hoërskool Durbanville het vanjaar ‘n rekordgetal provinsiale netbalspelers opgelewer.

Die Durbies het vanjaar die volgende provinsiale spelers opgelewer:4 SA o18 spelers12 Wes-Kaap spelers16 WP spelers

Die Hoërskool Durbanville het ook die volgende provinsiale personeel opgelewer:1 Wes-Kaap afrigter1 WP afrigter2 WP spanbestuurders1 SA gegradeerde skeidsregter

Baie geluk Durbies en dankie aan ons Durbie-afrigters wat hard werk agter die skerms. Ons waardeer julle!

agter: Renicha Carelse, Jannah Smith, Ansley Solomons, Charleze Carmichael, Lene Stofberg, Kaylee Briel , Haylie Liebenberg, Me. Jania Kleinhans (bestuurder), Zeanne van As,

Eune van Gaalen, Martelle Smith , Danielle Fredericks, Kaylen O’Neill , Silke HellmannMiddel: Robyn McIntyre, Cara van der Westhuizen, Rune du Plessis , Gillian Fortuin, Mnr. Grant Daniels (afrigter), Nicola Smith, Mev. Annemarie Stoffberg (bestuurder), Mnr. Ashraf Majiet (skeidsregter), Taylynn Fortuin, Elan Stoffberg, Melissa Blaauw.

Voor: Ane le Roux, Carna Theron, Bianca de Lange, Danielle Roux, Courtney Hickson, Nellie Slabbert, Klia Verster

afwesig: Mev. Minette Roux (afrigter)

#TrotsDurbanville

DURBIES NETBAL PRESTEER

Die Hoërskool Durbanville het vanjaar vyf spelers opgelewer vir die WP o15 Rugby Elitegroep.

Ons is trots op ons seuns se harde werk en deursettingsvermoë.Sterkte met die program en geniet elke oomblik.

WP RUGBY ELITEGROEP

#TrotsDurbanville

#TrotsDurbanville

Page 6: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

6

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

Stephan Carstens ontvang die Hennie Joubertprys vir UNISA graad 5 Musiekteorie (99%).Baie geluk Stephan, ons is trots op julle!

Liam Slabbert word as naaswenner van die Johan Vos kompetisie aangekondig, wat by die Hoërskool Bellville aangebied is. Hierdie kompetisie word jaarliks aangebied en top musici ding mee om gesogte pryse.

Liam is ook vanjaar ‘n finalis by die Nasionale Jeugkompetisie wat later die jaar plaasvind. Hy is die enigste fagotspeler by hierdie nasionale kompetisie.

Baie geluk Liam, ons is trots op jou.

DURBIE NAASWENNER VAN JOHAN VOS KOMPETISIE

#TrotsDurbanville

DURBIE ONTVANG HENNIE JOUBERTPRYS

DURBIE PRESTEER BY NASIONALE JEUG MUSIEKKOMPETISIE

Ons is baie trots op Liam Slabbert (gr 9) wat die naweek uitstekend presteer het by die Nasionale Jeug Musiekkompetsie. Liam het deurgedring tot die semi-finale rondte en het die volgende pryse ontvang:Beste Uitvoering van ‘n Suid-Afrikaanse werkNaaswenner in die instrumentale afdeling - ander instrumenteMees belowende deelnemer wat nie ‘n finalis was nie

Liam het altesaam prysgeld ter waarde van R10 500.00 ontvang.

Veels geluk ook aan sy onderwyseres Carin Bam (Oud-Durbie) met hierdie wonderlike prestasie. Ons besef die massiewe rol wat ‘n onderwyseres speel.

Liam is ook lid van die Kaapse Jeug Philharmoniese orkes, onder leiding van Brandon William Phillips.

Baie geluk Liam, ons is trots op jou!DURBIE PRESTEER BY SA LUGGEWEER KAMPIOENSKAPPEZandre Hansen het onlangs aan SAARA se Nasionale Luggeweerskiet Kampioenskappe deelgeneem en as volg presteer:

- 10m 3P Sporter: Mans 0/14 - Silwer Medalje- 10m 3P Sporter: Span 0/14 - Goue Medalje

Baie geluk Zandre, ons is trots op jou.

#TrotsDurbanville

#TrotsDurbanville

Page 7: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 9/2018

7

#DurbiesKuns

DURBIES HOU KUNSUITSTALLING

Ons Graad 12’s se kunsuitstalling

Page 8: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

8

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

TOEKENNING VIR PRESTASIE

Die Durbie Ondersteunersdrag-projek word saam met Laer-skool Durbanville gedryf om te verseker dat ons Durbie-ondersteuners eenvormig kan ondersteun langs die velde en bane. Bestelvorms is beskikbaar op die d6 Connect en op die Facebook blad. Maak seker om betyds u bestelling te plaas. Die ondersteunersdrag sal in die Durbanville Klerewinkel beskikbaar wees. Pryse van ondersteunersdrag:

Kep – R100.00 | Hemp – R260.00 | Baadjie – R560.00 | Hoodie – R 465.00 Moulose puffer baadjie – R599.00 | Puffer baadjie – R999.00

Ondersteun asb. hierdie insisiatief en ondersteun ons Durbies met trots langs die bane en velde. #Durbies

DURBIES ONDERSTEUNERSDRAG BESKIKBAAR

“Fairtree Invest wil graag ‘n baie gebalanseerde leerder by die Hoërskool Durbanville gelukwens met uitmuntende prestasies op beide die sportveld asook akademiese gebied. Hanno Wessels het in beide sy o14 en o15 jaar die rugbyspeler van die jaar trofee ontvang, asook ‘n akademiese gemiddelde van meer as 80%.”

“Hy is vanjaar gekies vir die Blue Crane o15 rugbyspan na afloop van die o15 Boishaai toernooi en het getoer na Frankryk gedurende die September vakansie. Hy is ook verkies vir die WP o15 High Performance Rugby Elite squad.”

“By Fairtree Asset Management glo ons in gebalanseerde lewens en jong mense wat wêreldwyd met die beste sal meeding. Hanno ontvang ‘n R20 000 effektetrust belegging in ons nuwe Fairtree Worldwide Multi-Strategy Fund wat presies hierdie eienskappe verteenwoordig. Baie geluk jong man en hou vol met die harde werk!”

Dankie aan Fairtree Asset Management vir die toekenning, ons waardeer jul bydrae.

Baie geluk Hanno, ons is trots op jou harde werk! #TrotsDurbanvilleOp die foto ontvang Hanno sy pakkie vanaf Mnr Sybrand Engelbrecht en Durbanville Direkteur van Rugby Mnr Shaun Huygen.

Page 9: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

9

Raak betrokke by Hoërskool Durbanville Sport deur advertensiespasie vir u maatskappy te neem langs die

hokkieastro, netbalbane en of A-rugbyveld. Fondse word aangewend vir Hoërskool Durbanville Sport.

Indien u enige navrae het, skakel ons Bemarkingskantoor op 021 976 3188.

#Durbies

#Durbies

WOOLWORTHS MY SCHOOL- & MAKRO KAARTE

RAAK BETROKKE EN MAAK ‘N VERSKIL.Ouers, Oud-Durbies en Vriende van Hoërskool Dur-banville kan sonder veel moeite, deurlopend

bydra tot die skool.

Deur die implimentering van hierdie projekte, word ‘n lopende inkomste stroom vir die skool gegenereer. Onthou dus om Hoërskool Durban-ville die begunstigde te maak op u Woolworths

My School kaart sowel as u Makro kaart.

Indien u nog nie ‘n kaart het nie, of hulp benodig met die verandering van begunstigde, skakel HSD Bemarkingskantoor op 021 976 3188.

DURBIES ADS

Page 10: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

10

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

Die Hoërskool Durbanville het Saterdag die WPNS o19 Peter Buttner Krieketliga gewen. Durbanville het in die eindstryd teen Milnerton te staan gekom, op Milnerton se tuisveld.

Die Durbies het eerste gekolf en aanvanklik stadig begin, maar met paaltjies in die bank. Zak du Toit het goed gekolf vir sy 36 lopies en Martin Roux het teen die einde ‘n warrelwind onoorwonne 41 lopies aangeteken.

Durbanville het hul beurt gesluit op 173 lopies vir 9 paaltjies. Milnerton het gaan kolf en aanvanklik gesukkel a.g.v. ‘n gedissiplineerde boulvertoning van die Durbies. Durbanville het met reelmate paaltjies geneem en dit was veral Alexander Moore se 6/22 en Guhan du Bois 2/33 wat die deurslaggewende rol gespeel het. Milnerton eindig hul beurt op 149 lopies vir die verlies van 9 paaltjies. Durbanville wen die finaal met 24 lopies.

Die afgelope krieketseisoen was ‘n suksesvolle ene vir die Hoërskool Durbanville wat skole soos Bellville, DF Malan, Fairmont en Stellenberg geklop het.

Baie geluk aan ons Durbies en hul afrigtingspan van Mnre. Nicolaas Minnie en Anzo Lewis (Oud-Durbie), ons is trots op julle!

agter v.l.n.r. Aidan Carstens, Guhan du Bois, Regardt Potgieter, Tyron Lambrechts, DW du Plessis, Reyhan Strydom, Zak du Toit,

Martin RouxVoor v.l.n.r. Quinton Weber, Mnr. Nicolaas Minnie, Dian Barnard

(Kaptein), Mnr. Anzo Lewis, Alexander Moore

Ons Durbies HP (“High Performance”) is in volle swang en fokus op vaardighede ontwikkeling in die afseisoen.

Ons Hoof van Hokkie, Mnr Robin Pearton en sy span het die weeklikse program bymekaar gesit. Ons is bevoorreg om elke week besoek van ‘n nasionale hokkiespeler en of afrigter te kry wat die Durbies kom brei.

Dankie aan Durbies Hokkie vir hierdie wonderlike inisiatief.

DURBANVILLE WEN O19 PETER BUTTNER KRIEKETLIGA

DURBIES HOKKIE “HP” PROGRAM

#TrotsDurbanville

#DurbiesHokkie

Ons Durbies Eerste XI Krieketspan het vandag vir Stellenberg met 97 lopies geklop in die Interskole krieketwedstryd. Hoërskool Durbanville was in die knyp op 35/5 en 97/7 maar puik beurte van Martin Roux 60 en Alexander Moore 52 het die kastaaings uit die vuur gekrap.

Goeie boulwerk deur Martin Roux 3 paaltjies, Zak du Toit 2 paaltjies, Tyron Lambrechts 2 paaltjies en Guhan du Bois met 2 paaltjies het die knoop deurgehaak.

Geluk ook aan ons 2de XV Krieketspan wat ook gewen het. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle!

DURBIES WEN INTERSKOLE KrieKet #DurbiesKrieket

Page 11: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 9/2018

11

V.l.n.r. Lehan Willemse, Chiara Sutherland, Cole BoyesRocco Nortje (afwesig)

Die Hoërskool Durbanville se Atletiekspan het weer puik presteer by die afgelope naweek se Prestige Atletiekbyeenkoms op Bredasdorp.

Die Durbies het algeheel 6de gekom uit meer as 80 spanne wat deelgeneem het en sodoende 6 goud, 2 silwer en 2 brons medaljes ingepalm.

Durbanville se juniors het gesorg vir die beste prestasies, met drie van die Durbies onder die beste agt prestasies vir juniors op die dag.

Rocco Nortje was aangewys as junior atleet van die dag in die o14 afdeling. Cole Boyes, was 4de en Lehan Willemse 5de algeheel.

Chiara Sutherland het ook weer goed presteer en het gesorg vir die 4de beste prestasie algeheel in die o15 afdeling.

Baie geluk aan al ons Durbies wat deelgeneem het, ons is trots op julle.

DURBIES PRESTEER BY PRESTIGE ATLETIEK Dian Barnard het vanjaar puik presteer op die krieketveld.

Juis vir sy bestendigheid met bal en kolf is hy ingesluit in die WP o17A Krieketspan.

Dian sal die WP in Desember in Durban verteenwoordig.

DURBIE HAAL WP KRIEKETSPAN

#TrotsDurbanville

#TrotsDurbanville

Page 12: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

12

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

Die Hoërskool Durbanville se 7’s rugbyspanne het die afgelope naweek weer presteer.

Die Durbies het die afgelope paar jaar hul vaardighede blootgestel en puik presteer by verskeie 7’s toernooie.

Vrydagaand het ‘n jong Durbies o19 span aan die Villagers 7’s deelgeneem en was net-net 17-19 in die uitspeelrondtes deur Paarl Gimnasium getroef.

Durbanville se o16’s het 4de geeindig in die Cheslin Kolbe 7’s by Brackenfell terwyl die o14’s aan die Peter Buttner Sportswear 7’s, by Hoërskool Durbanville deelgeneem het. Die Durbies het as volg presteer:

vs DF Malan wen 47-0vs Monument Park wen 82-0vs Scottsdene wen 28-0Semi-finaalvs Paarl Boishaai wen 24-19

In die semi-finaal was die Durbies halftyd 0-19 agter teen Paarl Boishaai. Die Durbies het rat verander en teruggeveg om uiteindelik 24-19 te wen. Durbanville het ongelukkig in die finaal vasgeval en eindig as naaswenners van die toernooi.

Durbanville se o15 span het aan die Fieka Schools Cup 7’s by Monument Park deelgeneem en as volg presteer:

vs Hopefield wen 38-10vs Tygerberg wen 50-0vs Monument Park wen 30-0vs Stellenberg wen 31-0Semi-finaal vs Hopefield wen 34-7Finaal vs Paarl Boishaai wen 35-19

Die o15 A’s wen vir die tweede agtereenvolgende jaar in die finaal teen Paarl Boishaai. Baie geluk Durbies, ons is trots op julle!

Hierdie twee Oud-Durbies kook saam op “Maklik met Marinda”.

Oud-Durbie, Kay Smith in haar nuwe rol op Arendsvlei op kykNET.

Geluk Kay, ons is trots op jou!

Oud-Durbie, Cindy Swanepoel, is onlangs aangewys as Aktrise van die jaar deur Huisgenoot (Tempo). Cindy is ook BELLA Tydskrif se voorbladgesig vir November. Baie geluk Cindy, ons is trots op jou!

Oud-Durbie, Demi Lee Moore het deurgedring na die Top-4 van VIA TV se program #DieKontrak.

Baie geluk Demi, ons is trots op jou!

DURBIES RUGBYBLITSE PRESTEER

OUD-DURBIES

Oud-Durbie, Lloyd Zandberg was 3 November 2018 op die TV program, Oppiestoep, te sien.

#TrotsDurbanville

Page 13: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 9/2018

13

Hierdie jaar het 20 Durbie-dames deelgeneem aan Radio Tygerberg se inisiatief, VREESloos 2018. Tydends hierdie geleentheid het leerders vir 24 uur lank in ‘n kar gesit, vreesjaende uitdagings aangepak en vir die volle 24 uur lank ‘n trapfiets aan die gang gehou. Hoërskool Durbanville het weggestap

as wenners van die sosiale media- uitdaging. Ons prysgeld skenk ons aan Sowing Sparrows, ‘n liefdadigheidsorganisasie na aan ons harte. Ons Durbies was omtrent VREESLOOS en ons is baie trots op die dames wat deelgeneem het!

DURBIES IS VREESLOOS

Onderwys in Durbanville het sy ontstaan in 1826 gehad. Dieselde jaar wat begin is met die bou van die Moederkerk en as gevolg van die aksie deur die spesifieke gemeente om onderwys vir hulle kinders te verkry. Die matrieks en graad 11’s stap dan die onderwyspad vanaf die skool na die kerkgebou en weer terug. Op die stukkie pad loop ons ook verby die gebou wat tot 1870 as die skoolgebou gedien het. Die doel hiervan is om ons eenheid met al die geslagte van leerders voor ons te gedenk en ons plek in die hierargie van geslagte in te neem. Daarna volg ‘n teeparty vir die matrieks en hulle ouers en dan

‘n saalbyeenkoms. Tydens laasgenoemde neem die matrieks individueel afskeid van hulle onderwysers.

Die hoof se toespraak het vanjaar gedraai rondom o.a die inhoud van die 1920-gedig Desiderata. Wees aanpasbaar. Glo in jouself. Vermy dream killers.

Na afloop van die verrigtinge word die graad 11-leerders seremonieel verwelkom as die nuwe senior klas van die skool.

#TrotsDurbanville

MATRIEK UITSTAPDAG

#DurbiesIsVreesloos

Page 14: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

14

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

SPORTUITSLAE

Saterdag 21 Augustus 2018

Saterdag 1 September 2018

DOGTERSHOKKIE: vs Curro Durbanville

o.19 A Wen 1-0

o.16 A Wen 3-1

o.14 A Wen 2-0

DOGTERSHOKKIE: vs EDGEMEADDINSDAG 28 EN DONDERDAG 30 AUGUSTUS

o.19 A Verloor 2 – 3

o.16 A gelykop 1 – 1

o.14 A Wen 2 – 0

SEUNSHOKKIE: vs verskeie

o.19 A (Khayelitsha) Wen 2-0

o.19 B Geen Wedstryd

o.16 A Geen Wedstryd

o.16 B (Amy Foundation) Wen 1-0

o.14 A (Oude Molen) Wen 6-0

o.14 B (Amy Foundation) Verloor 0-2

RUGBY: o/15 7’s (Monument Park)

Vs Hopefield Wen 38 – 10

Vs Tygerberg Wen 50 – 0

Vs Monument Park Wen 30 – 0

Vs Stellenberg Wen 31 – 0

Vs Hopefield (½ trofee) Wen 34 – 7

Vs HJS Paarl (eindstryd) Wen 35 – 19

DOGTERSHOKKIE: vs BRACKENFELLVrydag 31 Augustus en Saterdag 01 September

o.19 A Wen 1 – 0

o.19 B Wen 3 – 0

o.16 A Wen 9 – 0

o.16 B Gelykop 0 – 0

o.14 A Wen 3 – 1

o.14 B Wen 2 – 0

RUGBY: o/14 7’s (Durbanville)

Vs DF Malan Wen 47 – 0

Vs Monument Park Wen 82 – 0

Vs Scottsdene Wen 28 – 0

Vs HJS Paarl (½ trofee) Wen 24 – 19

Vs Paarl Gim (eindstryd) Verloor 0 – 26

SKAAK: vs DF Malan Vrydag 24 Augustus 2018

o.19 Gelykop 3 – 3

NETBAL

Vs Diamantveld Wen 13 – 4

Vs Cambridge Wen 18 – 8

Vs Helpmekaar verloor 15 – 17

Vs Bergsig verloor 10 – 11

Vs Ben Vorster verloor 13 – 14

VsSentraal Bloemfontein verloor 7 – 12

Vs Crawford Wen 16 – 13

Vs Pietersburg verloor 7 – 12

Vs Upington Wen 16 – 13

RUGBY: o/16 7’s (Brackenfell)

Vs Monument Park Wen 57 – 0

Vs Bellville Wen 37 – 12

Vs Excelsior Wen 37 – 0

Vs HJS Paarl (½ trofee) Verloor 7 – 27

Hip HopWell done to Yanke Erwee, who qualifies to represent South Africa as a member of her Junior Hip Hop Team at the 2018 FISAF International World Fitness & Hip Hop Unite Championships that will be held from 16 – 20 October 2018 in Leiden, Netherlands. The team was ranked 2nd at the 2018 Southern African National Fitness & Hip Hop Championships held in Cape Town from 22 – 24 June 2018.

Mooi so Yanke!

HokkieDie dogtershokkie se A-spanne het as volg in hul liga gevaar:14A: Wen hul liga16A: Wen hul liga19A: Eindig 3de in hul liga

SkietBaie geluk aan Zandre Hansen wat deelgeneem het aan SAARA Westelike Provinsie se 2018 Provinsiale Kampioenskappe op 24 & 25 Augustus 2018, en dat hy die volgende prestasies behaal het:• 10m Sporter – Mans- 0/14 - Goud • 10m 3P Sporter – Mans - 0/14 - Goud

Westelike Provinsie 3P 10m Sporter (Mans) Skut van die Jaar 2018Zandre het ook na afloop van die Provinsiale Kampioenskappe sy Westelike Provinsie Kleure ontvang en is verkies tot die span wat die Westelike Provinsie gaan verteenwoordig by die SAARA Nasionale Kampioenskappe in Durban gedurende die Oktober skoolvakansie.Welgedaan Zandre!

B- en C-spanne het nie gespeel nie.

Winterliga is verby en ons A-spanne het as volg geëindig:1ste span = 2de in ligaO/16A = 3de in ligaO/14A = Wen hul liga

Baie geluk aan ons O/15A Netbalspan wat 11de geeïndig het by Top Skole

Dogtershokkie - Ligawedstryd: Curro Durbanville

Seunshokkie: Amy Foundation; Oude Molen & Khayelitsha

Page 15: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 9/2018

15

RUGBY: Paarl Gimnasium 7’s (0/15)Vrydag 07 & Saterdag 08 September 2018

Vs Outeniqua Wen 19 – 12

Vs Paarl Gimnasium Wen 12 – 7

Vs Hermanus Wen 26 – 12

Vs Grey Kollege Verloor 19 – 26

KrieketBaie geluk aan Dian Barnard wat die WP O/17A Krieketspan gehaal het wat in Desember vanjaar die WP verteenwoordig in Durban.

Welgedaan Dian, bou so voort!

Mixed Martial Arts en Jiu-JitsuBaie geluk aan die volgende seuns met hulle prestasies soos hier onder uiteengesit. Welgedaan manne!Franco het ook In September by Coetzenburg deelgeneem en soos volg presteer:

MMA (light) – silwer Jiu – Jitsu – silwer

StoeiChristiano Nel het aan die WP Stoeikampioenskappe deelgeneem. Hy het Goud gekry in die o/15 katagorie. Hy sal waarskynlik in Oktober 2018 aan die SA Kampioenskappe deelneem. Baie geluk Christiano

SPORTUITSLAE

O/19A Krieket vs DF Malan (opwarmingswedstryd)

Durbanville 165/6

Aidan Carstens 61*

Martin Roux 60

DF Malan 166/9

Alexander Moore 2/12

Reyhan Strydom 2/29

Guhan du Bois 2/32

Verloor met 1 paaltjie

O/19A Krieket vs Framesby (Punt Kriekettoer)

Framesby 136 almal uit

Martin Roux 3/15

William Moore 3/19

Durbanville 108/9

Dian Barnard 53*

Verloor met 28 lopies

O/19A Krieket vs Fairmont

Durbanville 162 almal uit

Dian Barnard 28

Alexander Moore 25*

Fairmont 117 almal uit

Tyron Lambrechts 6/19

Reyhan Strydom 2/40

Wen met 45 lopies

O/14A Krieket vs Fairmont

Durbanville 151 almal uit

Marnus Terblanche 50

Wihan Vorster 36

Fairmont 25 almal uit

Zander Nel 2/3

Wen met 126 lopies

FirstName Lastname YEAR JJ MMA (Light)

Daniel Jansen van Vuuren 2018 WP: B-Team

Devan Noble 2018 WP: B-Team WP: B-Team

Heindrich Pepler 2018 WP: B-Team

Franco van Schalkwyk 2018 WP: A-Team WP: A-Team

David van Zyl 2018 WP: B-Team

Franco van Schalkwyk 2018 WP: A-Team WP: A-Team

David van Zyl 2018 WP: B-Team

O/19A Krieket vs Nico Malan (Punt Kriekettoer)

Nico Malan 176 almal uit

Guhan du Bois 4/35

Tyron Lambrechts 2/26

Durbanville 176/7

Aidan Carstens 46

Gelykop uitslag

Page 16: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

16

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

SPORTUITSLAE

SAARA NASIONALE KAMPIOENSKAPPE (2018)Dit is vir ons ‘n plesier om onder u aandag te bring dat Zandre Hansen deelgeneem het aan SAARA se Nasionale Kampioenskappe vanaf 5-6 Oktober 2018, en dat hy die volgende prestasies behaal het:

• 10m 3P Sporter – Mans - 0/14 - Silwer Medalje• 10m 3P Sporter Span - 0/14 - Goud Medalje

Baie geluk met die prestasies Zandre!

O/19A Krieket vs Stellenberg

Durbanville 167 almal uit

Martin Roux 60

Alexander Moore 50

Stellenberg 70 almal uit

Martin Roux 3/20

Guhan du Bois 2/5

Durbanville wen met 97 lopies

O/19A Krieket vs DF Malan

DF Malan 137 almal uit

Tyron Lambrechts 6/35

Martin Roux 2/26

Dian Barnard 2/22

Durbanville 140/4

Aidan Carstens 47*

Dian Barnard 41

Durbanville wen met 6 paaltjies

O/19B Krieket vs Bellville – Suid

Durbanville 137/6

Andro Koen 28

Ben de Swardt 23

Bellville – Suid 97/5

Durbanville wen met 40 lopies

O/14A Krieket vs Stellenberg

Durbanville 86/9

Stellenberg 87/6

Durbanville verloor met 4 paaltjies

O/14A Krieket vs Fairbairn Kollege

Nico Malan 40 almal uit

Guhan du Bois 41/1

Durbanville wen met 9 paaltjies

O/14A Krieket vs DF Malan

Durbanville 89 almal uit

Wihan Vorster 44

DF Malan 90/3

Durbanville verloor met 7 paaltjies

O/19A Krieket vs Milnerton (WPNS Finaal)Saterdag 27 Oktober 2018

Durbanville 173/9

Martin Roux 41*

Zak du Toit 36

Milnerton 149/9

Alexander Moore 6/22

Durbanville wen met 24 lopies

Page 17: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

#TrotsDurbanville Tel: 021 976 3188 E-pos: [email protected]: www.durbanvillehs.co.za

UITGAWE 9/2018

17

DURBIES ADS

BETTER HEARING

MADE EASYNot being able to experience life’s simple joys can affect your quality of life. Now is the timeto have your hearing tested. Our warm friendly staff will make you feel relaxed and comfortable.

Call today for an appointment at the Hearing Centre Cape Town, Sonstraal Heights to have your hearing tested the easy way.

• Hearing Tests• Audiological Services• Medical Aids

• Hearing Aids• Hearing Protection• Repairs

Shop 10AIPIC Centre (Spar)Langeberg Road cnr Verdi BoulevardSonstraal HeightsDurbanville

[email protected]

SONSTRAAL HEIGHTS

DurbanvilleThe easy way to get your hearing tested

021 975 4760

HEARING CENTRE CAPE TOWN

Page 18: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

18

Tel: 021 976 3188 l Web: www.durbanvillehs.co.za l E-pos: [email protected]

CONTACT US: 021 931 8214

Choose He and She DTC to simplify your drivers license process. We provide a pick-up and drop-off service. Our vehicles are equipped with dual controls, fully insured, road worthy and well maintained.

CODE 08 - K53 DRIVER TRAINING

DRIVING LESSON PRICES AND PACKAGE DEALS:

INDIVIDUAL DRIVING LESSONS: Durbanville R195,00 per lesson (hour) outside of bundle deals Using of the vehicle for a driving test at the traffic department R520,00

PACKAGE DEALS – DURBANVILLE AND SURROUNDING AREA Pay for 10 lessons in advance: R1800,00 Using of the vehicle for a driving test: R520,00 R150,00 discount on package

Pay for 20 lessons in advance: R3600,00 Using of the vehicle for a driving test: R520,00 R300,00 discount on package

DETAILS Address: 1 Duncan Street Parow Tel: 021 931 8214 WhatsApp: 084 541 7735 Email: [email protected]

WE PROVIDE OTHER TRAINING COURSES: Learners License, First Aid, Fire Fighting, Health and Safety, Defensive and Economical Driver Training Etc.

DURBIES ADS

Page 19: UITGAWE DURBANVILLE...2018/11/01  · en ons graad 11’s wat die aand spesiaal gemaak het vir die Durbie-Matrieks. Baie dankie vir die spore wat julle in Durbanville getrap het en

19

CAPS and Cambridge curriculum based – Extra holiday and exam preparation included

VENUE: Palm Grove Centre Durbanville Classes: Mo – Fri (one hour / week) max 6 learners/class (Limited space available)

Email: [email protected]

DURBIES ADS

C2M Chartered Accountants Inc. gooi hulle gewig behoorlik in by Hoërskool Durbanville.

C2M, een van die trotse borge van Hoërskool Durbanville het ‘n projek geloods waar

hardwerkende, behoeftige leerders die geleentheid gebied word om by Hoërskool Durbanville skool

te gaan.

Om by te dra tot hierdie projek, gaan laai die gratis applikasie af vanaf die Apple App Store of Google

Play. Soek met die sleutelwoord C2M. Vir elke applikasie wat afgelaai word, sal C2M R50 bydra tot

hierdie projek.

Ons waardeer C2M Chartered Accountants Inc se bydraes tot ons skool en ons skolegemeenskap

en vra dat ouers hierdie inisiatief sal onder-steun, siende dat dit gratis is.

#DurbiesGeeOm

C2M RAAK BETROKKE