upington bulletin 19 feb 2014

16
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 20 FEBRUARIE 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI GRATIS Upington Lizette Slabber ’n 1928-FORD, ’n Valiant en ’n Chevrolet Biscayne was maar drie van die ou motors wat ’n mens Sondag teruggevoer het na ’n vergane tydperk toe bestuurders handskoene gedra het en nie oor petrolverbruik bekommerd was nie. Op Sondag 16 Februarie het die Kalahari-oumotorsklub van Upington met ’n groot verskeiden- heid motors van verskillende tydperke die pad na Keimoes gevat om ontbyt by die Ou Skool-gaste- huis te eet. Dié statige stoet motors het toeskouers laat terugverlang na ’n tyd toe die genot in die reis gelê het en nie in die spoed waarteen die reis afgelê is nie. Die Kalahari-oumotorsklub bestaan uit ongeveer 40 lede wat meestal self hul motors herstel en restoureer. Die meeste lede het meer as een ou motor waaraan dikwels jare gewerk word. Die oudste motor wat Sondag die pad na Keimoes teen 80 km/uur aangepak het, is ’n 1928-Ford. Dié goudgeel pragstuk behoort aan André Jansen, voorsitter van die klub. Hy werk al 15 jaar aan dié motor wat hy as ’n algehele wrak uit ’n rivierloop op Grootdrink gegrawe het. Dié Ford loop nou al twee jaar. Volgens Trompie Burger restoureer die lede hul motors uit ’n behoefte om die ou modelle vir die jonger geslag te bewaar. “Ons hou die ou modelle gesond, en jy weet mos wat sê hulle van mans en hul speelgoed.” Die klublede vergader elke tweede maand en pak twee keer ’n kwartaal ’n uitstappie aan. Hulle was na George vir die nasionale oumotorsuitstalling en hulle gaan vanjaar weer die ou strydrosse op die Upington-land- bou-ekspo, die Marchant-skou en die Postmasburg-ysterfees uitstal. Hulle sal ook op 8 Maart by Pick n Pay hul motors ten toon stel. Die klublede sê hulle onderneem die meeste uitstappies in die winter, omdat die ouer tegnologie in die motors nie die hitte kan hanteer nie en oorverhit. ) Sien nog foto’s van die kuier op www.kalaharibulletin.co.za. Oud, maar nie koud DIE blinkswart 1961-Valiant van Stanley Chamberlain weerkaats die bloedrooi wiele van die 1948-Ratrod van Wynand Nel. Lede van die Kalahari-oumotorsklub van Upington het Sondag van hul ou motors op ’n uitstappie na die Ou Skool-gastehuis in Keimoes geneem. Foto: Lizette Slabber

Upload: kalaharibulletin

Post on 15-Mar-2016

245 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Upington bulletin 19 feb 2014

TRANSCRIPT

  • Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Danilskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

    20 FEBRUARIE 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI

    GRATIS

    Upington

    Lizette Slabber

    n 1928-FORD, n Valiant en n

    Chevrolet Biscayne was maar drie

    van die ou motors wat n mens

    Sondag teruggevoer het na n

    vergane tydperk toe bestuurders

    handskoene gedra het en nie oor

    petrolverbruik bekommerd was

    nie.

    Op Sondag 16 Februarie het die

    Kalahari-oumotorsklub van

    Upington met n groot verskeiden-

    heid motors van verskillende

    tydperke die pad na Keimoes gevat

    om ontbyt by die Ou Skool-gaste-

    huis te eet.

    Di statige stoet motors het

    toeskouers laat terugverlang na n

    tyd toe die genot in die reis gel

    het en nie in die spoed waarteen

    die reis afgel is nie.

    Die Kalahari-oumotorsklub

    bestaan uit ongeveer 40 lede wat

    meestal self hul motors herstel en

    restoureer.

    Die meeste lede het meer as een

    ou motor waaraan dikwels jare

    gewerk word.

    Die oudste motor wat Sondag die

    pad na Keimoes teen 80 km/uur

    aangepak het, is n 1928-Ford. Di

    goudgeel pragstuk behoort aan

    Andr Jansen, voorsitter van die

    klub.

    Hy werk al 15 jaar aan di

    motor wat hy as n algehele wrak

    uit n rivierloop op Grootdrink

    gegrawe het. Di Ford loop nou al

    twee jaar.

    Volgens Trompie Burger

    restoureer die lede hul motors uit

    n behoefte om die ou modelle vir

    die jonger geslag te bewaar.

    Ons hou die ou modelle gesond,

    en jy weet mos wat s hulle van

    mans en hul speelgoed.

    Die klublede vergader elke

    tweede maand en pak twee keer n

    kwartaal n uitstappie aan.

    Hulle was na George vir die

    nasionale oumotorsuitstalling en

    hulle gaan vanjaar weer die ou

    strydrosse op die Upington-land-

    bou-ekspo, die Marchant-skou en

    die Postmasburg-ysterfees uitstal.

    Hulle sal ook op 8 Maart by Pick

    n Pay hul motors ten toon stel.

    Die klublede s hulle onderneem

    die meeste uitstappies in die

    winter, omdat die ouer tegnologie

    in die motors nie die hitte kan

    hanteer nie en oorverhit.

    ) Sien nog fotos van die kuier

    op www.kalaharibulletin.co.za.

    Oud,maar nie koud

    DIE blinkswart 1961Valiant van Stanley Chamberlain weerkaats die bloedrooi wiele van die 1948Ratrod van Wynand Nel. Lede van die Kalaharioumotorsklub van Upington het Sondag van

    hul ou motors op n uitstappie na die Ou Skoolgastehuis in Keimoes geneem. Foto: Lizette Slabber

  • 2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

    Ren keer

    nie kuier

    DIE NG kerk Grootdrink het op Saterdag 15 Februarie n Valentynspiekniek

    aangebied. Di lekker kuier onder die bome is egter kortgeknip deur n hewige

    storm. Die geleentheid is in die kerksaal voortgesit. Dit het Saterdagaand

    42 mm op Grootdrink geren.

    LINKS: Die vroue wat die lekker kos gemaak het, is van links Carin Hssel

    man, Karen Loubscher, Marietta Burger, Lidie Goosen en Petra van Wyk.

    BEHALWE vir die blitse wat geslaan het en die kragtoevoer wat kortkort onderbreek is weens die swaar ren en

    bekommernis oor rosyntjies en druiwe wat gaan vrot, het almal lekker gekuier. Van links is Marianna, Hannes en

    Pieter van der Westhuizen en ds. Melt Loubscher. Fotos: Lizette Slabber

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014 3

    Elise Tempelhoff

    SES hidro-elektriese skemas wat saam sowat

    100 MW gaan opwek, word vir die Oranjeri-

    vier beplan.

    Sowat 90 MW hiervan is vir Suid-Afrika

    bedoel en 10 MW vir Namibi.

    Volgens Marcia Grimbeek, projekbestuur-

    der van HydroSA, sal di maatskappy se

    vier skemas sowat 60 MW tot Suid-Afrika se

    kragnetwerk bydra.

    Nog n maatskappy, Sidala Energy Solu-

    tions (SES), doen omgewingsimpakstudies

    vir twee ander hidro-elektriese skemas by

    die Vanderkloofdam tussen Douglas en

    Hopetown. Die skemas sal 40 MW opwek.

    Een van HydroSA se projekte, di by

    Kakamas (Neusberg) in die Noord-Kaap, is

    in aanbou en sal 10 MW krag opwek, het

    Grimbeek ges. HydroSA beplan ook n

    hidro-elektriese skema by die Boegoeberg-

    dam (10 MW) naby Groblershoop.

    Die derde projek wat nou in omstreden-

    heid gehul is is naby die Augrabies-water-

    val in die Augrabies- Nasionale Park by

    Riemvasmaak. As di projek voortgaan, sal

    dt tussen 30 en 40 MW krag opwek. Nog n

    skema word beplan by die Richie-waterval

    in die Oranjerivier op die grens met

    Namibi.

    Volgens Grimbeek sal di skema uitsluit-

    lik krag (10 MW) aan Namibi lewer. Alle

    konstruksiewerk sal in Namibi gedoen

    word en Namibirs sal in diens geneem

    word, het sy ges.

    Volgens Graeme Addison van die APA-om-

    gewingsgroep is die beplande hidro-elektrie-

    se skema by sowel die Augrabies- as by die

    Richie-val onaanvaarbaar. By die Augrabies-

    val gaan n natuurwonder beskadig word en

    by die Richie-val gaan Pofadder se enigste

    toerisme-attraksie vernietig word.

    Grimbeek het by navraag ontken die

    Augrabies- hidro-elektriese skema gaan in

    die natuurreservaat opgerig word. Sy het

    ges die infrastruktuur sal 3 km stroomop

    van die waterval, buite die nasionale park,

    opgerig word. Aurecon, die omgewingskon-

    sultante, meld egter in die voor-impakstudie

    di skema sal in die nasionale park opgerig

    word.

    Volgens di studie gaan die Oranjerivier

    by Augruabies verl word. Addison meen

    ses sulke projekte in die Oranjerivier gaan

    toerisme en die ekologie beskadig. Verskeie

    openbare vergaderings oor di projekte word

    vandeesweek oral in die Noord-Kaap gehou.

    Addison het ges die Noord-Kaap is vol

    son en hy wil weet waarom die Oranjeri-

    vier vir die opwekking van energie vernietig

    word. Omgewingsbewustes meen ook

    HydroSA en SES moet een strategiese

    omgewingsimpakstudie vir al ses skemas

    doen, omdat dit een ekologiese stelsel is.

    Grimbeek het ges hoewel die Oranjeri-

    vier een rivier is, bestaan dit uit verskillen-

    de biome wat elkeen op sy eie bestudeer

    moet word.

    Ses skemas vir Oranjerivier beplan

    GROOT omstredenheid heers oor n beplande hidroelektriese kragaanleg by die Augrabieswaterval wat di natuurwonder kan skend.

    Foto: Anena Burger

    Een van Hy

    d r o S A s e

    projekte, di

    by Kakamas

    (Neusberg)

    in die Noord

    Kaap , i s in

    aanbou en

    sa l 10 MW

    krag opwek.

  • 4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

    WNW-10

    Die geluk, dankbaarheid en

    verligting op die gesig van die

    mens wat die koeldrank,

    pasteitjie en brood ontvang het,

    het my oortuig dat mense wat

    n RAKnomination doen, n

    goeie ding doen.

    Dit maak nie saak wat sy doel

    daarmee is nie; of hy n meisie

    wil bendruk, sy gesig oral op

    Facebook wil sien of net n kick

    wil kry uit die hoeveelheid

    kommentaar en likes n die tyd.

    Op die ou end het hy of sy

    iemand se dag gemaak. Vir n

    rukkie is vreugde in iemand se

    lewe gebring en ek dink op die

    ou end is dit al wat saak maak.

    n Koeldrank op n snikhete dag

    sal enigiemand bly maak.

    Gaan kyk op www.kalahari-

    bulletin.co.za na een van ons

    joernaliste se RAKnominations

    en deel joune met ons. Stuur dit

    na lizette.slabber@volks-

    blad.com.

    Lizette Slabber

    SOSIALE MEDIA bly my

    verstom.

    Ek is nie mal oor Facebook

    nie, maar word keer op keer

    stomgeslaan deur die mag wat

    die eenvoudige webtuiste het.

    Dit irriteer my die meeste

    van die tyd, want dit voel asof

    een mens die heeltyd jou

    Facebookblad oorneem met die

    simpelste aanmerking oor hoe

    haar koffie geproe het of hoe

    haar hondjie haar skoene

    opgevreet het.

    Tog het Facebook my hele

    matriekklas van 20 jaar gelede

    binne twee dae bymekaarge-

    bring.

    Facebook verskaf my eindelo-

    se pret met al die duisende

    speletjies wat daarop is en dan

    is daar natuurlik altyd nuwig-

    hede soos RAKnominations.

    Di RAKnominations het my

    die afgelope tyd verstom.

    Aanvanklik het ek gedink dis

    nou weer net n spul narsissiste

    wat enigiets sal doen om

    raakgesien te word totdat ek s

    n RAKnomination beleef het.

    Paroolstelsel laat

    nmenswonder

    MET die onlangse vrylating van

    die Waterkloof-vier, Christoff

    Becker, Reinach Tiedt, Gert van

    Schalkwyk en Frikkie du Preez,

    het die Suid-Afrikaanse paroolstel-

    sel weer onder die soeklig gekom.

    Dit wil voorkom asof gevangenes

    wat op parool vrygelaat word die

    streng voorwaardes minag. Vrae

    rondom parool- en mediese

    paroolvoorwaardes en di wat

    daarvoor kwalifiseer, kan aanhan-

    gig gemaak word.

    Slegs n week nadat die soge-

    naamde Waterkloof-vier onder

    streng paroolvoorwaardes vryge-

    laat is, het n video op Youtube

    verskyn van Frikkie du Preez en

    Christoff Becker wat na bewering

    onwettig alkohol gebruik in die

    Kgosi Mampuru- Korrektiewe

    Sentrum in Pretoria waar hulle

    hul vonnis uitgedien het. Een van

    die paroolvoorwaardes is die

    gereelde terugrapportering aan die

    Kgosi Mampuru- Korrektiewe

    Sentrum. Die Waterkloof-vier

    het n vonnis van 12 jaar elk

    ontvang vir die moord op n

    hawelose man in 2001. Dit wil

    voorkom of Christoff Becker en

    Frikkie du Preez, terwyl hulle nog

    in aanhouding was, hul parool-

    voorwaardes, asook die gevange-

    nisrels, oortree het. Die saak

    word tans ondersoek, en die twee

    mans is vir n voorlopige 62 uur

    terug in aanhouding.

    Schabir Shaik se mediese parool

    in 2008 het ook groot opslae

    veroorsaak. Shaik is in Junie 2008

    op mediese parool vrygelaat nadat

    hy slegs 2 jaar en 4 maande van

    sy 15 jaar-vonnis uitgedien het.

    Tydens sy mediese parool is daar

    aantygings gemaak dat hy sy

    paroolvoorwaardes oortree het

    met onder meer die beweerde

    aanranding van n gholfjoggie, n

    onderonsie in n parkeerterrein by

    n moskee en die beweerde

    aanranding van n joernalis wat

    die gholfvoorval ondersoek het.

    Shaik is met ernstige hipertensie

    gediagnoseer en is op mediese

    parool vrygelaat omdat hy

    terminaal siek verklaar is. Vrae

    het na aanleiding van sy mediese

    parool ontstaan oor die geldigheid

    van sy toestand.

    Die omstrede voormalige

    polisiehoof Jackie Selebi is op 15

    Julie 2010 tot 15 jaar se tronkstraf

    gevonnis op aanklagte van

    omkopery. Hy is op 12 Julie 2012

    op mediese parool vrygelaat nadat

    daar bevind is dat hy aan onder

    meer nierversaking, diabetes en n

    harttoestand ly.

    Hy is egter net n sy vrylating

    by n inkopiesentrum opgemerk.

    Hoewel hy nie sy paroolvoorwaar-

    des oortree het nie, is vrae gevra

    oor die geldigheid van sy ernstige

    mediese toestand.

    Dit wil voorkom asof daar meer

    gekyk moet word na die kriteria

    van mediese parool en of geldelike

    bemiddeling en politieke betrok-

    kenheid n rol speel in die

    bepaling van die gevangene se

    geskiktheid vir di soort parool.

    Godmoet fondasie van lewewees

    Ds. Philip van Vuuren

    BOUWERK word vandag oral in

    die Noord-Kaap aangetref.

    Ondernemings en huise skiet

    oral op.

    As jy fyner waarneem, sal jy

    opmerk die standaarde van

    vakmanskap in die boubedryf is

    nie altyd meer soos jare gelede

    nie. Dit is nogal skrikwekkend om

    te verneem die gehalte van

    sommige van die bouwerk voldoen

    nie meer aan die standaarde nie

    en dat daar nie meer die nodige

    inspekteurs is wat die werk

    inspekteer en goedkeur soos

    voorheen nie. Maar nou ja, so sal

    elkeen van ons eendag rekenskap

    aan God moet gee vir ons dade

    goed of sleg.

    Die Bybel maak baie van

    bouwerk melding. Die ambag kom

    immers van die Here self af.

    Met die bou van die tabernakel

    vertel die Bybel in Exodus 35:35:

    Hy het hulle vervul met kunsvaar-

    digheid om allerhande werk te

    maak van n ambagsman en n

    kunstenaar en van n bewerker van

    veelkleurige goed.

    God is geensins onbekend met

    die werk van die ambagsman en

    kunstenaar nie.

    Ons is almal die bouers van ons

    lewe. En die bou van ons lewe op

    aarde is n groot verantwoordelik-

    heid. Vir bouwerk is n goeie

    fondasie nodig. As die fondasie

    swak is, kraak die huis.

    Christus behoort die fondasie

    van ons lewe te wees.

    1 Kor 3:11 lui: Want niemand

    kan n ander fondament l as wat

    daar gel is nie, dit is Jesus

    Christus. En as iemand op die

    fondament bou, goud, silwer,

    kosbare stene, hout, hooi, stoppels

    elkeen se werk sal aan die lig kom,

    want die dag sal aanwys, omdat

    dit deur vuur openbaar gemaak

    word; en die vuur sal elkeen se

    werk op die proef stel, hoedanig dit

    is.

    Tekens van krake in ons

    menslike mondering is wanneer

    huwelike verval, verhoudings met

    ons kinders en ons medemens faal

    en ons geldsake skipbreuk ly.

    Ons integriteit word ingeboet

    met oneerlikheid en ontrouheid op

    elke vlak van ons lewe.

    Dit gebeur wanneer Jesus

    Christus nie die fondasie van ons

    lewe en huise is nie. Daarom is

    dit belangrik om die erediens van

    jou gemeente by te woon waar

    Christelike beginsels aangeleer

    word. Dit is belangrik om die

    Bybel te lees en te bid en Hom

    Here van jou lewe te maak.

    Soms skop voormanne die mure

    om as dit skeef gebou word, en die

    bouers moet van voor af begin.

    Die Here wil ook alles wat

    verkeerd gebou is, afbreek en die

    ons die kans bied om van voor af

    te begin. Soveel verkeerde dinge

    kan insluip en maak dat ons lewe

    wil wankel soos n gebou wat

    gebou is sonder die regte fondasie

    en boumateriaal.

    God is n God van weer begin.

    Hy gun elkeen van ons n kans om

    daagliks ons lewe in Sy hande te

    gee. Kom ons waak oor wat ons in

    ons lewe toelaat. Kom ons bou

    saam met Jesus Christus aan n

    lewensgebou waarvan God self die

    argitek is.

    n GEMSBOK staan rustig en wei terwyl nog een oor die heuwel aangestap kom op n onlangse besoek aan

    dieKgalagadioorgrenspark.Gemsbokke in die park is normaalwegmensskuenhardloopwegwanneer toeriste

    naby hulle kom, maar die keer het die gemsbok doodluiters gestaan sodat talle fotos van hom geneem kan

    word. Foto: Ilse Watson

    17/34 19/32

    19/31

    17/31 18/29

    18/30

    OS-5 NNO-10

    NNO-10

    NNW-5

    NW-5

    17/32

    21/38

    O-5

    NNO-15 NNO-10

    20/38

    Dag s gemaak

    Poseer doodluiters

    WNW-10

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014 5

    Gesels saam op

    Facebook

    op die blad

    Kalahari Bulletin

    Kleur

    groen

    streek

    in silwer

    n ASEMROWENDE

    skouspel van

    bliksemstrale het

    Sondagaand weer

    die hemelruim

    in die Groen

    Kalahari dramaties

    verlig. Die foto is op

    Raaswater ge

    neem.

    Foto: Anena Burger

  • 6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

    LEEFSTYL

    Yolandi van Deventer

    HARTSIEKTES en beroertes

    is die hoofoorsaak van

    sterfte in Suid-Afrika.

    Een uit elke drie mans en

    een uit elke vier vroue sal

    n hartsiekte ontwikkel

    voordat hulle 60 jaar oud is.

    Sekere risiko-faktore

    verhoog die kans op n

    hartsiekte, en dit sluit in

    ho bloeddruk, cholesterol,

    diabetes, rook, oorgewig,

    slegte eetgewoontes,

    alkoholmisbruik, onaktiwi-

    teit, asook n familie-geskie-

    denis.

    Verskeie toetse kan

    gedoen word om vinniger

    diagnoses te doen en vroer

    met behandeling te begin

    indien jy n risiko vir

    hartsiektes het.

    Hierdie toetse sluit in n

    fisieke ondersoek deur n

    dokter, EKGs, bloedtoetse,

    hartsonars en x-strale.

    n Hartsonar is n toets

    sonder newe-effekte wat

    gebruik kan word om n

    wye verskeidenheid harttoe-

    stande te diagnoseer.

    Ultraklank word gebruik

    om na die hart te kyk. Al

    die strukture soos die

    hartkleppe, hartkamers, die

    hartspier en die aorta kan

    gesien word en daar kan

    waargeneem word hoe goed

    dit funksioneer.

    Daar is verskeie redes om

    na jou hart te kyk: hart-

    kloppings, n hartgeruis wat

    jou dokter kan hoor, pyn in

    die bors, erge moegheid,

    erge benoudheid en enige

    vorige hartprobleme.

    Hartsonars is n maklike

    manier om met klankgolwe

    wat deur die borskas na die

    hart beweeg na die hart te

    kyk en so n prentjie te

    vorm. Dit kan die dokter in

    staat stel om die beste

    moontlike behandeling voor

    te skryf.

    Hartsonars is nou by die

    Mediclinic Kathu beskik-

    baar en word deur n

    gekwalifiseerde kliniese

    tegnoloog, Esmarie Smit,

    uitgevoer.

    Vir meer inligting of n

    afspraak vir n hartsonar

    kan jy die volgende nom-

    mer skakel: 073-600-5927.

    Lewensbedreigende

    hartsiektes kan gedentifi-

    seer en behandel word.

    Beskerm jou hart vandag.

    Volg n goeie gebalanseerde

    dieet, oefen gereeld, behou

    n goeie gewig, kyk na jou

    bloeddruk, laat jou toets vir

    cholesterol en diabetes, en

    raadpleeg jou dokter.

    ) Die gesondheidswenke

    word deur die Mediclinic

    Kathu verskaf.

    Hartsiektes kom

    algemeen voor

    OP Vrydag 7 Februarie is die

    skoolsaal van die Horskool

    Martin Oosthuizen (HMO) in

    Kakamas in n speletjies-ar-

    kade verander.

    Leerlinge het op die HMO

    se Local Area Network-aand

    n groot verskeidenheid

    rekenaar-, Playstation- en

    Xbox-speletjies teen mekaar

    gespeel. Jannes van Niekerk

    en sy span, bestaande uit

    Tiaan de Wet, Rigardt

    Engelbrecht, Leanda van Zyl

    en Henri Warkus, wat die

    aand gerel het, het heelwat

    borge vir die aand gekry.

    Daar was goeie pryse of die

    spel.

    Die algehele wenners van

    die onderskeie speletjies op

    die aand is:

    ) Nathan Raman en Chris-

    topher Kriel het die Tekken-

    toernooi gewen.

    ) Klaas Mompe en Dylan

    Goeiman het die sokkertoer-

    nooi gewen.

    ) Die Counterstrike-toernooi

    is deur Guilliam van Nie-

    kerk, Jason Knop, Dale

    Gradwell en Barry van

    Niekerk gewen.

    Speletjiesaand n fees

    Ilse Watson

    AGTER Janke-gastehuis

    in Kuruman word n on-

    wettige plakkerskampop-

    gerig.

    Die inwoners van die

    informele nedersetting ry

    glo bakstene met winkel-

    trollies aan en bou hui-

    se.

    Die sage van die half-

    voltooide gebou wat op

    die berugte erf 489 deur

    die omstrede Wandile

    Bozwana, eienaar van

    TEB Properties, gebou is,

    duur al jare.

    Hy het die gebou ge-

    koop en afgebreek en

    onwettig daarop begin

    bou.

    Daar is beweer dat seni-

    or amptenare van die Ga-

    Segonyana-munisipali-

    teit ook hierby betrokke

    was.

    Verskeie inwoners van

    Kuruman beweer dat di

    geboue ook n nes vir

    prostitusie is.

    DIE halfvoltooide huis wat die omstrede Wandile Bozwana

    gebou het. Fotos: Ilse Watson

    AGTER hierdie boom en

    word huise opgerig met

    bakstene wat met winkel

    trollies aangery word.

    Plakkers bou hier huise

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014 7

    Leer meer oor

    biblioteek

    DIE gr. Oleerlinge van die Laerskool OranjeNoord het Donderdag vir

    hul eerste skooluitstappie die biblioteek besoek. Die kleinspan is met

    n storie getrakteer en het geleer hoe n biblioteekwerk. Hier kry Lynmari

    Nel haar klas eers in twee ordelike rye.

    Foto: Anena Burger

    STORIETYD bly maar net lekker. Hier luister die kleintjies aandagtig na n verhaal wat vir hulle voorgelees word.

  • 8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

    Meris Kocks

    DIE Rietfontein-biblioteek het

    drie nuwe rekenaars en n goeie

    drukker van die departement

    van sport, kuns en kultuur

    ontvang.

    Di biblioteek, wat as n

    trollie-biblioteek begin het met

    boeke wat in n mobiele trollie

    gepak is, is nou n volwaardige

    biblioteek wat n diens aan die

    gemeenskap en die leerlinge van

    die Gekombineerde Skool Rietfon-

    tein lewer.

    Maria Bezuidenhout (biblioteka-

    ris) s: Die publiek en veral die

    leerlinge moet nou in groot getalle

    en gereeld biblioteek toe kom

    om te lees en navorsing te doen

    om s beter resultate in hul

    skoolwerk te sien.

    Rekenaars is goudwerd vir biblioteek

    DIE nuwe Taadabestuur van die Gekombineerde Skool Rietfontein is pas aangewys. Taada is n tienertottienerprojek om tieners teen die gevare van dwelmmisbruik te waarsku. Die

    projek se leuse is I am fine without drugs. Di groep wil graag di leuse uitleef en meer leerlinge met die projek bereik. Van links is Padvil Vilander (tesourier), Warren deWee (hulpsekretaris),

    Ruben Izaks (sekretaris), Anthony du Plessis (ondervoorsitter) en Phillipa Kruiper (voorsitter). Foto: Meris Kocks

    CHANTELL BEUKES (gr. 12) werk op die internet terwyl Maria Bezuidenhout (bibliotekaris) haar help.

    MARIA BEZUIDENHOUT (bibliote

    karis) by die rekenaars wat deur die

    departement van sport, kuns en kul

    tuur aan die Rietfonteinbiblioteek

    geskenk is. Foto: Meris Kocks

    Waarsku met projek teen gevare van dwelms

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014 9

    All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

    s

    m

    a

    o

    v

    R

    e

    e

    L

    o

    w

    e

    s

    t

    P

    r

    i

    c

    e

    G

    u

    a

    r

    a

    n

    t

    e

    e

    d

    o

    r

    w

    e

    l

    l

    B

    E

    A

    T

    i

    t

    *

    E

    x

    c

    h

    a

    n

    g

    e

    o

    r

    R

    e

    t

    u

    r

    n

    -

    N

    O

    P

    R

    O

    B

    L

    E

    M

    !

    W

    i

    t

    h

    S

    O

    M

    U

    C

    H

    V

    A

    L

    U

    E

    ,

    w

    h

    y

    s

    h

    o

    p

    a

    n

    y

    w

    h

    e

    r

    e

    e

    l

    s

    e

    !

    *

    S

    e

    e

    w

    w

    w

    .g

    a

    m

    e

    .c

    o

    .z

    a

    fo

    r

    te

    rm

    s

    a

    n

    d

    c

    o

    n

    d

    it

    io

    n

    s

    W

    i

    t

    h

    s

    o

    m

    u

    c

    h

    v

    a

    l

    u

    e

    ,

    w

    h

    y

    s

    h

    o

    p

    a

    n

    y

    w

    h

    e

    r

    e

    e

    l

    s

    e

    ?

    We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

    Prices apply to Game Kathu

    and Upington stores only.

    19 - 23 February 2014

    Lean Beef Mince

    49

    90

    per kg

    Festive Fresh

    Chicken Value

    Braai 5 Piece

    R

    30

    per kg

    Texan Steak

    49

    90

    per kg

    Brisket

    39

    90

    per kg

    Lamb Braai Chops

    69

    90

    per kg

    for

    2

    R

    22

    Pears Econo

    1.5kg

    Veg Hamper 4.5kg

    t $POUFOUT NBZ WBSZ

    39

    90

    per pack

    for

    2

    R

    26

    Black Grapes

    500g

    Large Eggs

    18s

    R

    20

    per tray

    S het die bliksemstrale verlede Woensdagaand net duskant die gholfbaan geslaan. Die swaar weer bo die dorp het letterlik soos kanon skote geklink. Dit het Woensdagaand 23,5 mm en

    Donderdagaand 14 mm geren. Foto: Anena Burger

    Anena Burger

    DIE NEKNominations, n gier

    waar mense op sosiale netwer-

    ke uitgedaag word om hul

    drankies in een sluk weg te

    sluk, het wyd opslae gemaak,

    veral oor die aantal sterftes

    wat dit tot dusver veroorsaak

    het.

    n Suid-Afrikaner, Brent

    Lindeque, het egter sy NEKNo-

    mination in n positiewe

    geleentheid verander. Hy het

    besluit om eerder n kospakkie

    aan n hawelose man te gee en

    toe sy vriende uitgedaag om

    dieselfde te doen. Die nominasies

    staan nou as RAKNominations

    (Random Acts of Kindness) bekend.

    Op sy video dui hy statistieke

    van werkloosheid en armoede in

    Suid-Afrika aan.

    Volksblad, die Kalahari Bulletin

    se moederkoerant, het al oor die

    onlangsste NEKNomination

    sterfgevalle berig. Ng twee jong

    mans van Brittanje, Stephen

    Brooks (29) en Isaac Richardson

    (20), is albei na di gevaarlike

    speletjie waarin hulle bykans n

    halfliter drank weggesluk het,

    oorlede. Hul vriende het hierna n

    blad op die sosiale netwerk

    Facebook Ban NEKNominate

    gestig waarin hulle vra NEKNomi-

    tions moet verban word.

    Anena Burger, vryskutjoernalis

    van die Kalahari Bulletin Upington

    en Volksblad op Upington, het

    besluit om ook haar deel te doen

    deur n RAKNomination uit te

    voer. Sy het haar kollegas van

    Volksblad in Bloemfontein en

    Kimberley en die personeel van

    die kantore van die Kalahari

    Bulletin in Kathu en Kuruman

    uitgedaag om binne 48 uur

    dieselfde te doen. Burger het n

    kospakkie met n brood, n blik-

    kie koeldrank en n warm pas-

    teitjie aan n arm motorwag

    oorhandig wat in die bloedige

    son sy bes doen om motoriste te

    help parkeer en hul motors op

    te pas. Die Kalahari Bulletin

    het daarna sy RAKnomination

    gedoen en daag lesers uit om

    ook n RAKnomination te doen

    en aan die koerant te stuur.

    Stuur die RAKnomination na

    [email protected].

    )Gaan kyk na die videos op

    www.kalaharibulletin.co.za.

    LEES wat

    mense ges het

    oor die RAKno-

    mination op

    Facebook:

    Sanet Lieben-

    berg: Amazing

    Pieter Wepe-

    ner: Great Great

    Great

    Nadia Lucas: Ag cute man!!!

    Well done!!

    Nati Louw Harris: Dro

    brood . . . shame . . . hehehe

    Elna Veldsman: Dis n baie

    goeie idee.

    Mureda Hougaard-Kenyon:

    Fabulous! Well done!!

    Koerant daag lesers uit

    S s lesers op

    Facebook

  • 10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

    Rollerstyle

    REGS: Die //Khara

    Haisatletiekbyeen

    koms vir laerskole het

    op Vrydag 14 Februa

    rie plaasgevind. Hier

    gooi CarlushAnn van

    Staden van die Pri

    mre Skool op die

    Voorpos die spies in

    die spiesgooinommer

    vir meisies 13 jaar.

    BO: Jessi Wessels van die Primre Skool op die Voorpos seil oor die dwarslat in die hoogspringnommer vir meisies

    12 jaar. Fotos: Lizette Slabber

    LINKS: Izha Oliphant

    van die Laerskool

    Franciscus stoot ge

    wig in die meisies se

    o.11afdeling.

    Seil oor dwarslat

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014 11

    PERSOONLIKE

    DIENSTE

    SPYSENIERING

    & LOKALE

    1401

    SOSIAAL &

    ONTSPANNING

    1475

    MUSIEK VIR ALLE GELEENT-

    HEDE, troues, funksies, ens. Skakel

    Dirk 079 877 7134.

    TE KOOP

    KLERASIE

    1615

    AANDAG: ALLE GROOT MANS!

    Groot nommers in winkel beskikbaar.

    Kontantafslag gewaarborg. The Nu-

    Shop, Palm Gate Sentrum, Kuruman.

    Tel. 053 712 1264.

    TROETELDIERE

    1660

    BASSET-HONDJIES: Baie lief vir

    kinders. Driekleur. Ingent en ont-

    wurm. Foto's via MMS of e-pos. R1

    800 stuk. Beskikbaar vanaf 15

    Februarie. Skakel Willemien 083 669

    9068 of 078 457 0889.

    ALGEMENE &

    HUISDIENSTE

    DSTV/TV/DVD

    DIENSTE

    1807

    DStv INSTALLATIONS, repairs

    and upgrades, Explora, PVR and Xtra-

    view. Phone Kobus 082 040 5801.

    HUISVERBETERINGS

    BINNE

    1835

    FERMAR MATWASDIENSTE:

    Skakel Louwtjie 073 207 6797.

    HUISVERBETERINGS

    BUITE

    1836

    ALLE HERSTELWERK in en om die

    huis. Wasmasjiene, stowe, staal-

    werk, loodgieter, elektries, bouwerk,

    plaveisel, plafonne, dakke, tels, ens.

    Skakel 082 752 1600.

    VOLWASSENES

    PRIVAAT

    2015

    WARRIOR VIAGRA

    en

    STOK-STIMULANT

    Beskikbaar by Jimmy's Drankwinkel

    h/v Livingston- en Shortstraat

    073 522 8346.

    Sterker, langer ereksie

    Hou tot 5 keer langer uit

    Medies getoets en veilig vir ho

    bloeddruk.

    WARRIOR: R150 VIR 6

    STOK-STIMULANT: R150 VIR 6

    Skakel Jandre 073 894 5273.

    LANDBOU

    LEWENDE HAWE

    EN PLUIMVEE

    2210

    EK KOOP SKAPE, bokke

    en ou bakkies vir kontant.

    Koop u immergroen Rus-

    siese gras by my - tot 80

    skape per hektaar. Ook

    geskik vir alle diere. Sien

    www.russiangrass.co.za

    Skakel 072 604 5219.

    VOERTUIE

    BAKKIES/4X2s

    TE KOOP/HUUR

    3010

    COLT, 2003, R35 000. 2000 Hard-

    body, R35 000. 2001 Corsa, R33 000.

    Phone 071 967 0285.

    TOYOTA RAIDER 3.0D, 2000, R78

    500. 1998 Toyota Raider 2.8D, R63

    500. Phone 072 472 8686.

    MOTORS TE KOOP

    3025

    CAMRY, 1996, R38 500. 2002 Tazz,

    R33 000. 1991 Cressida, R23 500.

    Phone 071 967 0285.

    CORSA, 2002, R39 500. 2002

    Astra, R38 500. 1995 BMW, R26 500.

    Phone 071 967 0285.

    GOLF, 1999, R20 000. 1997 Uno,

    R18 000. 1998 Honda, R22 000.

    Phone 071 967 0285.

    INYATHI COMBI 2.2, 16-SEATER,

    2010, R65 000. Phone 071 967 0285

    or 072 472 8686.

    UNO PACER, 1991, goeie toestand,

    slegs 130 000 km op klok, CD-speler.

    Ideale studentevoertuig. Skakel 083

    772 2316.

    KOMMERSIEEL

    3060

    MASSEY FERGUSON TRACTOR

    MF 65, R29 500. Landini 7500, R34

    0000. Phone 071 967 0285.

    MITSUBISHI TRUCK, 1991, L300,

    rails, low km, R43 000. Phone 071

    967 0285 or 072 472 8686.

    VOERTUIE GESOEK

    OM TE KOOP

    3075

    CASH FOR CARS, bakkies, trucks,

    combi's, busses, caravans, 4x4s, etc.

    Phone 071 967 0285.

    EIENDOMME

    WOONSTELLE

    TE HUUR

    3250

    1-SLAAPKAMER-WOONSTEL in

    Kuruman, R4 800 p.m. DStv, water

    en krag ingesluit. Skakel 082 783

    1462.

    EENMANSWOONSTEL beskikbaar

    vanaf 1 Maart 2014. R3 300 p.m. plus

    R3 300 dep. Water ingesluit. Skakel

    073 688 1547 of 053 712 0534.

    TE HUUR

    3205

    LUUKSE OORNAGKAMERS te

    huur teen R600 per nag, B & B. Vei-

    lige parkering. Skakel 082 260 2181.

    MEENTHUIS te huur: 2 slaapka-

    mers met of sonder meubels, R5 000

    p.m. Skakel 082 791 4249.

    TE KOOP

    3201

    SOEK, KOOP, VERKOOP

    VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

    HUISE TE HUUR

    3270

    AIDA KURUMAN

    3 slaapkamers, 2 badk, 1 m/h, boor-

    gat, koopkrag. Te huur: R8 800 p.m.

    Skakel Annatjie 076 395 9422 .

    Ons benodig dringend woon-

    stelle/huise om te verhuur/verkoop.

    SKAKEL ONS GERUS!

    THOMPSONSVIEW: KURUMAN.

    3 slk, 2 badk, 1 garage, braaiarea,

    staanplek vir 2 motors. Skakel 082

    593 1331.

    BETREKKINGS

    3600

    DRYWERS

    3650

    'N GOED GEORGANISEERDE

    KOERIERMAATSKAPPY benodig

    die dienste van kode-8-bestuurders.

    Goeie kennis van omliggende gebiede

    en koerierondervinding sal voordelig

    wees. Skakel Riaan Badenhorst 082

    483 7032.

    ALGEMEEN

    3680

    HUISHULP BENODIG: met verwy-

    sings. Nie inslaap nie. Skakel 084 517

    0481.

    SOEK JONG MAN as battery-'fit-

    ter'. Matriek en moet goed Engels

    en Afrikaans kan praat. Stuur CV na

    053 712 2207.

    BOEDELKENNIS-

    GEWINGS

    BOEDELS:

    KREDITEURE EN

    DEBITEURE

    4201

    HLJ Moorcroft

    In die boedel van wyle Hendrik Lukas

    Johannes Moorcroft wat woonagtig

    was te plaas Ropermoor, distrik

    Kuruman.

    Boedelnommer: 3185/2013

    Skuldeisers en skuldenaars in boge-

    melde boedel word versoek om hul

    vorderings in te lewer en hul skulde

    te betaal by die kantore van onderge-

    noemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf

    21 Februarie 2014.

    DUVENHAGE & VAN DER MERWE

    Posbus 63

    Kuruman

    8460

    KV Mosang

    In die boedel van wyle Keeditse Vir-

    ginia Mosang, identiteitsnommer

    340402 0351 087, weduwee, in lewe

    van Huis no. C64, Matlhabanenong,

    distrik Kuruman.

    Boedelnommer: 2335/2013

    Skuldeisers en skuldenaars in boge-

    melde boedel word versoek om hul

    vorderings in te lewer en hul skulde

    te betaal by die kantore van onderge-

    noemde binne 30 (DERTIG) dae vanaf

    21 Februarie 2014.

    DUVENHAGE & VAN DER MERWE

    Posbus 63

    Kuruman

    8460

    BOEDELS:

    LIKWIDASIE EN

    DISTRIBUSIE

    4205

    MS Fourie

    In die boedel van wyle Magritha

    Susanna Fourie, identiteitsnommer

    331011 0037 082 en nagelate gade

    Jan Danil Fourie, identiteitsnommer

    311031 5005 086 van plaas Lincoln,

    distrik Kuruman.

    Boedelnommer: 1857/2013

    Kennis geskied hiermee dat die eer-

    ste en finale likwidasie- en distribu-

    sierekening in bogemelde boedel ter

    insae l by kantore van die Meester

    van die Hooggeregshof, Kimberley en

    die Landdros, Kuruman vir 'n tydperk

    van 21 dae gereken vanaf Vrydag 21

    Februarie 2014.

    FOURIE & BESTER OUDITEURE

    Hanmar Gebou

    Stewartstraat 32

    Kuruman

  • 12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

    B

    E

    T

    R

    E

    K

    K

    I

    N

    G

    S

    B

    E

    T

    R

    E

    K

    K

    I

    N

    G

    S

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014 13

  • 14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

  • KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014 15

    MR PRICE HOME - KATHU (NORTHERN CAPE)

    Mr Price Home is a leading homeware and textile retailer that offers contemporary

    designed homeware and furniture to value-minded customers at an exceptional

    value. We are on the hunt for a talented and passionate Store Manager to lead the

    team and sell our innovative products.

    STORE MANAGER

    Drive sales and turnover Merchandise management Lead a team of enthusiastic

    Retail Store Associates Create the ultimate customer shopping experience.

    As Store Manager it is expected of you to take ownership of the store to sell Mr. Price

    Home products. In this role you will be responsible for engaging with our customers

    on a daily basis. Your role will require you to open and close the store, engage with

    the Area/Operations Manager regarding stock flow, stock shrinkage, maintaining

    visual standards, budget management, employee relations and recruitment. Your fun,

    energetic approach to life will see you leading your team by example and also driving

    an unforgettable customer experience.

    Minimum Requirements: A Grade 12 qualification essential Previous experience

    managing a retail store Excellent merchandising and selling skills.

    To apply, please log onto www.mrpricegroupcareers.com and search for req 633.

    Click Apply now or apply With LinkedIn and one of our friendly Recruitment

    Facilitators will be in touch with you.

    CLOSING DATE: 07 MARCH 2014.

    If you have not been contacted within 3 weeks of the closing date please consider your

    application unsuccessful.

    MR PRICE HOME is an equal opportunity employer and committed to Employment

    Equity.

    Driven by passion - guided by value - built on partnership.

    It is always a great time to join our team

    Mr Price consists of five retail chains, focusing on clothing,

    footwear, sports equipment, accessories and homewear.

    AGT atlete van die Horskool Duineveld het

    op Hartswater se Top20-atletiekbyeenkoms

    medaljes gewen.

    Ongeveer 500 atlete het vanjaar aan die

    Hartswater-byeenkoms deelgeneem. Die

    volgende leerlinge het medaljes gewen:

    Dorothy-Ann du Preez het n goue medalje

    in hoogspring meisies o.15 gewen.

    Marn Visser het n bronsmedalje in

    diskusgooi meisies o.17 gewen.

    Rethe-Mari Lategan het n bronsmedalje

    in die 400 m-hekkiesnommer vir meisies o.17

    en n silwermedalje in die 100 m-hekkies-

    nommer gewen.

    Coenraad Kotz het n goue medalje in die

    gewigstoot vir seuns o.15 gewen.

    Floris Thirion het n silwermedalje in die

    3 000 m vir seuns o.17 gewen.

    Dutoit Visser het n silwermedalje in die

    diskusgooi-nommer vir seuns o.17 gewen.

    Francois Page het n goue medalje in die

    400 m-hekkies vir seuns o.19 gewen.

    Julian Titus het n goue medalje in die

    400 m-hekkies seuns o.17 gewen.

    Duinevelders wys hul slag in Hartswater

    REGS: DorothyAnn du Preez het n goue

    medalje in hoogspring verower.

    ONDER: Die groep atlete van die Horskool

    Duineveld wat aan die Hartswateratletiek

    byeenkoms deelgeneem het. Fotos: Verskaf

    RETHEMARI LATEGAN het n bronsmedalje en n goue medalje in

    hekkiesnommers gewen.

  • 16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 20 FEBRUARIE 2014

    DIE Horskool Upington se krieketspan

    het die 2014-seisoen op n ho noot

    begin.

    Hy het weer die Carltonians in n

    50-boulbeurtwedstryd oorwin.

    In die afgelope vier wedstryde het

    Uppies net een keer die onderspit

    gedelf.

    In n wedstryd teen die Horskool

    Duineveld in n T20-wedstryd het

    Uppies met ses paaltjies verloor.

    Teen die Carltonians het Uppies

    eerste gekolf en 128/10 in sy toegelate

    20 boulbeurte aangeteken met Geraldo

    Meintjies met 47 en Andr Share met 43

    lopies onderskeidelik.

    Die boulers van Uppies wat uitge-

    staan het, was Reinhardt Hayes met

    3-28 en Andr Share met 1-19.

    Teen die Apex-krieketklub het hulle

    laasgenoemde vir n slegs 73/10 uitge-

    boul en met agt paaltjies gesevier.

    Johannes du Plessis met 45 nie uit nie

    en Gert Rupping met 19 lopies en

    boulsyfers van 2-15 was van die sterre

    van die wedstryd.

    William Briekwa was die beste bouler

    met 4-19.

    Uppies se eerste krieketspan het ook

    in n 25-boulbeurtwedstryd teen Duine-

    veld te staan gekom en Duineveld

    beperk tot 59/10 in 21 boulbeurte.

    Uppies het daarna gekolf en geant-

    woord met 62-5 in 15 boulbeurte. Jaco

    Zietsman wat 22 lopies met die kolf en

    Gert Rupping wat 3-13 met die bal

    aangeteken het, was van Uppies se

    sleutelspelers. Zinedine Robinson (14

    jaar) het ook in sy eerste wedstryd hom

    goed van sy taak gekwyt.

    Die hoogtepunt was die oortuigende

    oorwinning teen Carltonians in n

    50-boulbeurtwedstrytd. Laasgenoemde

    het eerste gekolf en 162/10 aangeteken.

    Uppies het die telling verbygesteek met

    drie paaltjies staande. Johannes du

    Plessis (kaptein) met 42 en Geraldo

    Meintjies met 39 het goed gekolf en

    Gert Rupping met syfers van 4-17 het

    met die bal uitgeblink. Die Vikings en

    Duineveld kom volgende op Uppies se

    krieketveld teen mekaar te staan.

    Uppies-krieket

    begin 14 goed

    VOOR isMarcell van derWesthuizen; van links, middel: Nakkie Duvenhage, Giovanni Late

    gan, Zinedine Robinson,WilliamBriekwa en Andr Share; agter: Jaco Zietsman, Reinhardt

    Hayes, CurtleyMay,GeraldoMeintjies, BadoBeukes (afrigter), Christo Freeman,Gert Rup

    ping en Johannes du Plessis (kaptein). Foto: Verskaf

    TWEE tennisspelers

    van die Serfontein-

    tennisakademie het

    in die Desember-va-

    kansie aan tennis-

    toernooie deelge-

    neem.

    Lombard Conra-

    die het aan die

    Westelike Provinsie-

    Key Health Slazen-

    ger-tennistoernooi

    deelgeneem.

    In die o.10-enkel-

    spelafdeling het hy

    baie goed gevaar en

    tweede in die

    dubbelspelafdeling

    geindig.

    Connie Conradie

    het van 10 tot 12

    Januarie aan die

    Kloppers-tennis-

    toernooi in Bloem-

    fontein deelge-

    neem.

    Hy het die

    dubbelspelafdeling

    vir seuns o.16

    gewen.

    Twee speel land vol

    LOMBARD CONRADIE

    CONNIE CONRADIE Fotos: Verskaf