upington bulletin 20140409

8
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 10 APRIL 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI GRATIS Upington Eerste wenner van fotokompetisie DIE eerste wenner in die Kalahari Bulletin se fotokompetisie is Henk de Klerk. Hy het dié foto in Buffelsbaai geneem en dit is deur die span fotograwe van Media24 as die beste landskapfoto aangewys. Lees verder op bl. 6 watter foto die meeste likes op Facebook gekry het en waarheen om die inskrywings vir April te stuur. Foto: Henk de Klerk

Upload: kalaharibulletin

Post on 13-Mar-2016

257 views

Category:

Documents


18 download

DESCRIPTION

Upington Bulletin 20140409

TRANSCRIPT

Page 1: Upington Bulletin 20140409

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

10 APRIL 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI GRATIS

Upington

Eerste wenner van fotokompetisieDIE eerste wenner in die Kalahari Bulletin se fotokompetisie is Henk de Klerk. Hy het dié foto in Buffelsbaai geneem en dit is deur die span fotograwe van Media24 as diebeste landskapfoto aangewys. Lees verder op bl. 6 watter foto die meeste likes op Facebook gekry het en waarheen om die inskrywings vir April te stuur. Foto: Henk de Klerk

Page 2: Upington Bulletin 20140409

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014

Open vier nuwe brûeDIE vier nuwe brûeoor die Oranjerivierop die R27 tussenKeimoes en Ken-hardt is verledeWoensdag amptelikdeur Dipuo Peters(middel), ministervan vervoer, ge-open. Hier knip sydie lint om verkeeramptelik die eerstekeer deur te laat.Links van Peters isSylvia Lucas,Noord-Kaapse pre-mier, en heel links isGift van Staden, uit-voerende burge-meester van die ZFMgcawu-distriks-munisipaliteit.

DIE vier brûe, waarvan die eerste net buite Keimoes op die pad na Kenhardt is, bestaan nou uit twee enkelbane. Dit het voorheen net een baan gehad, wat meegebring het dat motoristevir aankomende verkeer moes wag. Die brûe is ook hoër as die oues. Die ou brûe was onder water met die vloed in 2011. Foto’s: Dirk Jacobs

DIE //KharaHais-munisipaliteit het in Kingstraat, Paballelo, ’n oefening-sessie met die brandweer- en ambulansdienspersoneel gehad om diereaksietyd van die noodpersoneel te oefen. Hier ‘red’ personeelledevan die brandweer- en ambulansdiens ’n man. Die doel van die oefe-ning is om ’n doeltreffender diens te lewer. Foto: Verskaf

‘Red’ man in oefensessie

Page 3: Upington Bulletin 20140409

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014 9

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

Lowest Price Guaranteed or we’ll BEAT it*

Exchange or Return - NO PROBLEM!

With SO MUCH VALUE, why shop anywhere else!

*See www.game.co.za for terms and conditions

With so much value, why shop anywhere else?

We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

Prices apply to Game Kathuand Upington stores only.

09 - 13 April 2014

SAVINGS!

Lamb Stew

5990per kg

Braaiwors3490per kg

Great ValueFrozen ChickenLeg Quarters 5kg

R

119per pack

Stewing Beef

4490per kg

Beef MinceMix3990

per kg

each1890

NutridayYoghurt 1kgt "TTPSUFE

RainbowSimply ChickenPolony 1kgt "TTPSUFE

each2790

for2

R

25

Mushrooms250g

IncludesBUNDLE

DEAL

R

23

Rainbow SimplyChicken Burgersor Steaklets 400gt "TTPSUFE

each2390

per pack1290

2290per pack

Potato 3kg

Vermaak op ekspoRAMON ALLEN gaan van 1 tot 3 Mei op dieUpington-landbou-ekspo in tradisionele Skotsekleredrag optree en mense met sy doedelsakvermaak. Foto: Verskaf

BOUWER BOSCH, bekende sanger vangroepe soos Die Straatligkinders, DansDans Lisa en Glaskas, tree op Saterdag-aand 3 Mei op die Upington-landbou-ekspoop.Hy beskryf homself só: “Ek kan nie sing

nie. Ek is nie ’n komediant nie, maarpartykeer is ek snaaks vir myself. Ek issoms meer verlore as die mense wat myvolg. Ek ken van seermaak, seerkry enteleurstelling. Ek het meer vrae as ant-woorde. Ek het nooit geld nie, maar ek hetgoeie vriende. Ek sing (soms vals) uit myhart, want my keel is seer geskree. Ek voelsoms verlore en wag om gevind te word.”Sy eerste video, Vertel My, van sy eerste

album, Almal Maak Foute, het ná die

eerste week van uitreiking 10 000 besoekeop YouTube gehad.Bosch het ook al saam met Steve

Hofmeyr, Jaco van der Merwe van Bitter-einder en Lindie Delport van Andersgewerk.Gaan kyk na Vertel My se musiekvideo

by www.facebook.com/kbulletin.

Musiek uit die hart

BOUWERBOSCH tree op Saterdag 3Mei opdie Upington-landbou-ekspo op.

PETER MITCHELL, ’n bekende Skotsesanger, tree op Saterdag 3 Mei op dieUpington-landbou-ekspo op.Mitchell het ’n paar jaar in Skotland

gewoon waar hy as straatsanger opgetreehet. Dit was juis op straat waar hy raakge-sien is en gevra is om in kroeë te beginoptree.

Sy liefde vir die kroegsing-kultuur het hysaam met hom na Suid-Afrika teruggebringen vandag is hy ’n baie gewilde sanger.Hy word gereeld gevra om op korporatie-

we gesellighede op te tree en het byDrienasies-wedstryde oor Suid-Afrika heengesing. Hy is ook deur Jake White, voorma-lige Springbokafrigter, gevra om vir hom ensy span in Bloemfontein op te tree.Sy album Hamlet by Night is baie bekend

en hy gaan verskeie van die liedjies op diéalbum op die ekspo sing.

Skotse sanger op ekspo

PETER MITCHELL tree op Saterdag 3 Mei opdie Upington-landbou-ekspo op. Foto: Verskaf

Page 4: Upington Bulletin 20140409

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014

Lizette Slabber

“MEER as 30 jaar gelede was hier’n baie bedrywige volkspelelaer enons wil graag weer só ’n laer inUpington vestig.”Só sê Willie Olivier, voorsitter

van die Noord-Kaapse Volkspele-beweging.Hy en ’n volkspelegroep toer die

Noord-Kaap deur as deel van dieeeufeesviering van die Volkspele-be-weging van Suid-Afrika.Hulle het op Dinsdag 1 April by

die NG kerk-Wes volkspele gespeelom só mense, veral jong mense watmin daarvan weet, van volkspelebewus te maak en om hopelik weer’n laer hier te begin.Volgens Mike Jacobs, voorsitter

van die Suid-Afrikaanse Volkspele-beweging, sluit dié toer besoeke aanJan Kempdorp, Keetmanshoop,Kuruman, Kathu, Grootfontein enAugrabies in.Daarna gaan hulle ’n paar dae in

Kimberley asem skep voordat hullesuidwaarts toer.Dié toer gedenk die 100-jarige

bestaan van volkspele.Volgens Jacobs is die eerste

volkspele op 28 Februarie 1914 op ’npan net buite Boshoff op ’n Sondag-skooluitstappie gedoen.Dr. S.H. Pellissier was in 1912 in

Europa waar hy die eerste keersoortgelyke danse gesien het. Hyhet ná sy terugkoms in Suid-Afrikadie danse verwerk en aan diekinders in sy skool bekend gestel.Jacobs sê die afgelope tyd kom ’n

oplewing in volkspele voor.“Ons begin pro-aktief om mense

meer van volkspele bewus te maak.Dit is iets waaraan die hele gesinkan deelneem. Dit is gesondeontspanning en kinders leervaardighede aan wat goed vir hulontwikkeling is. Hul groot- en klein-motoriese vaardighede wordontwikkel. Jy moet ook fiks weesom te kan speel en daarom vindmense wat hul gesondheid betrefook baat daarby,” het hy gesê.Ongeveer 1 700 lede is by die

beweging geregistreer, maar Jacobssê baie mense doen volkspelesonder om hulle te registreer.Volgens Olivier is daar ook ’n

oplewing van volkspele by kinders.In Julie vind die Pellissier-week

plaas waartydens 72 kinders watlandwyd gekies word, saam volkspe-le van ’n baie hoë gehalte doen.Volgens Olivier toer hulle ook

elke twee tot drie jaar na diestamlande. Die stamlande waarhulle aan volksdans-feeste deel-neem, is Holland, België en Duits-land. Hulle het ook al na Amerikagegaan om daar aan volksdansedeel te neem.Jacobs sê Suid-Afrika is die

enigte land wat sing terwyl hullespeel. Die ander lande dans opbegeleiding.Die klere, bewegings en liedjies

wat hulle sing, vul mekaar aan omsó ’n storie te vertel en volkspeleraak dus ’n vertoning.

Volkspele vier 100 j.

VAN links is Mike Jacobs (voorsitter van die Suid-Afrikaanse Volkspele-beweging) en Willie Olivier (voorsitter van die Noord-Kaapse Volkspele-bewe-ging).

OUD en jonk kan volkspele doen, wat dit die ideale gesinstydverdryf maak. Foto’s: Lizette Slabber

DIE klere, die passies en die musiek vertel saam ’n storie.

Page 5: Upington Bulletin 20140409

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014 11

Speak to Old Mutual to, settle your debt, apply for a personal loan and discuss your financial situation. Let us find a planthat is right for you! For more information visit your nearest Old Mutual branch. Visit our website www.omfinance.co.za orSMS your name + “apply” to 41575.

FREECREDITREPORT

Terms and conditions apply. Budget for illustrative purposes only.NCRCP35 Licensed Financial Services and Registered Credit Provider

Consolidation with Old Mutual R4576

Monthly budget:

Furniture account R1200Store account R1000Other repayments R4942

R7142

Cash in your pocket R2566!

CONSOLIDATE AND HAVE MORE IN YOUR POCKET!

* Free credit report on loan application.* Based on a 12 month loan of R45 876 at an interest rate of 20%. Total amount repayable (including interest, fees and insurance) is R54 912.

VANJAAR tref Spontaan, diebekende sangkompetisie, Upington.Dié sangkompetisie, wat jaarliks

deur Volksblad, die KalahariBulletin se moederkoerant,aangebied word, gaan vanjaar syvlerke sprei en van ’n sangkompe-tisie na ’n talentkompetisieuitbrei.Die eerste keer gaan ’n streek-

wenner vir Spontaan ook inUpington in die uitdunronde inMei gekies word.Enigiemand met enige talent

kan hieraan deelneem. Diekompetisie is oop vir almal oueras 16 jaar. Deelnemers moet netself alles wat hulle nodig het omdeel te neem na die uitdunrondesaambring.Dit is gratis om aan die uitdun-

ronde deel te neem. Die wennervan elke streekkompetisie sal netná die uitdunronde aangekondigword.Die beoordelaars behou die reg

om nie ’n streekwenner te kiesindien ’n gepaste kandidaat nie virdie streek bepaal kan word nie.Indien jy as ’n streekwenner

aangewys word, moet jy vir dieeindronde in Bloemfontein opSaterdag 19 Julie in Bloemfonteinop die Vryfees op die UV-kampusin die Blêrkas vir die eindrondewees. Jy moet self jou eie vervoeren verblyf reël.Hou die Kalahari Bulletin dop

vir die datum en lokaal waarin diéstreek se uitdunronde gaanplaasvind én vir die fantastiesepryse wat gewen kan word.

Wys ander talent ook

ANNERI LOUW is op 19 Maart asdie Hoërskool Upington seMatrieknooi vir 2014 aangewys.Saam met Pieter Koen, gasheer

en “vlieënier”, het die 10 finalistedie gehoor saam met hulle “omdie wêreld laat rits”. Elke finalishet ’n ander land verteenwoordigen Paula de Gois het die gehooren die finaliste met die dekor na’n ander wêreld geneem.Die kos wat met Pick n Pay se

hulp voorgesit is, het voorgeregteuit Hawaii, Franse padkos, Indiesehoofgeregte en Chinese nageregteingesluit.Al die finaliste moes hulself

voorstel en in die tradisioneledrag van “hul land” verskyn het.Leatitia Strauss is as eerste

prinses, Mej. Persoonlikheid endebutant van die jaar aangewys.Sy het ’n skootrekenaar gewen.Elandie Hanekom is as tweede

prinses aangewys. Gerrit Wickensis as Mnr. Sjarmant aangewys enJorge Isaacs en Eduard Killian asdie twee prinse.Salomé Hanekom is as Mej.

Bene aangewys. Sue-Ellen Preto-rius was Mej. Fotogenies. Sy gaanook in 2015 as au pair na Neder-land danksy die agentskap Nedsa.

Matrieknooi aangewys

VAN links is, voor: Elandie Hanekom(tweede prinses), Anneri Louw (Ma-trieknooi) en Leatitia Strauss (eersteprinses); agter: Jorge Isaacs (eersteprins), Gerrit Wickens (Mnr. Sjar-mant) en Eduard Killian (tweedeprins).

MERIS KOCKS, Rietfontein:

OM op maanlignagte op die stoepof voor die TV-stel te ontspan is ’nonbegonne taak met die alomteen-woordige gezoem en gebyt van diemuskiete.Volgens vertellings het die

departement van gesondheidvroeër jare huise, buitegeboue enoop water bespuit. Dit is bevestigdeur ’n kenner werksaam in diedepartement.Deesdae is die taak na die

munisipaliteite gedelegeer. In diegeval van die Mier-munisipaliteitwaarvan die geldelike verknorsingwyd bekend is, sal die sukkelendemunisipaliteit nie die gif kanaankoop om die muskietplaag te

beheer nie. Hulp moet dringendvan elders kom.Die toestand in die Mier-gebied

word vererger deurdat sommigehuishoudings rioolputte op die erfhet, en sommige huishoudings diestinkende en agterlike VIP-toilettehet wat broeiplekke vir muskieteis. Bydraend is die oksidasiedamwaarin die riool gestort wordsowat 2,5 km buite Rietfontein.Die goeie reën het die omstandig-hede vererger. Kan die distriksmu-nisipaliteit en die provinsieasseblief kom help?

Hulp nodig teenmuskietplaag

Wat is jou mening?Gesels saamopFacebookdeurte gaan na Kalahari Bulletin.

Page 6: Upington Bulletin 20140409

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014

Vier agtste bestaansjaarDIE Fruit Bear Buddies-kleuterskool het in Maart agt jaar oud geword. Die kleuters het dié verjaar-dag alte lekker gevier. Hulle het gegly en geëet en behoorlik die dag saam met die personeelen ouers geniet. Foto: Verskaf

MEER as 30 motorfietse en amper 50motorfietsryers en -entoesiaste het dieBray’s Spar in Keimoes op Woensdag 26Maart besoek.Die besoek was deel van dié groep

motorfietsryers se 2 331 km lange rit oorSuid-Afrika heen om 16 Spar-winkels tebesoek.Die groep motorfietsryers het terselfder-

tyd die nuwe parkeerterrein by die Bray’sSpar geopen. Dié terrein het ’n lekkerrusplek vir die motorfietsryers gebiedwaar hulle kon bene rek en lekker eet.Die My Spar My Community-projek is

ook in Keimoes begin toe die Bray’s Sparsaam met dié groep R10 000 aan dieMispa-kinderhuis oorhandig het om só indie Keimoes-gemeenskap terug te ploeg.Mispa is op 7 Maart 2010 deur Deon en

Hester Nieuwoudt gestig. Hulle fokusdaarop om kinders wat deur die samele-wing verwerp word en kinders watchronies siek is of gestremd is te help.Die Nieuwoudt’s het groot planne vir

die toekoms, maar hulle kry geen staats-hulp nie en is dus van bydraes van diepubliek afhanklik. Mense wat Mispa wilhelp, kan Hester by 073-682-6795 bel.Die Bray’s Spar is een van drie winkels

wat op die motorfietsryers se reis geld aangemeenskapsprojekte oorhandig het.

Motorfietsryers helpMispaDIE motorfietsryers en hul ondersteuningsgroep wat by die Bray’s Spar in Keimoes die nuwe parkeerterrein geopen en geld aan die Mispa-kinderhuis oorhandig het. Foto’s: Verskaf

DIE parkeerterrein word amptelik geopen.Van links is John Bray (eienaar van die Bray’sSpar), Mario Santana (besturende direkteurvan Spar in die Wes-Kaap en Namibië) enasst. supt. Bobby Ross.

Dra blye boodskap met sang oorSANI BEUKES, Glaire Benn en Ferdie Kortman het die Rietfontein-gemeenskapskoor ge-stig. Dié koor is interkerklik en spog al met 40 lede. Die fokus van die koor is lofprysingen om eredienste te vervrolik en die blye boodskap deur sang te versprei.

Foto: Meris Kocks

Page 7: Upington Bulletin 20140409

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014 19

NICHOLA DE BRUIN van die Hoërskool Upington het aan die Hofmeyr-skou deelgeneem en twee eerste plekke behaal.Nichola (gr. 9) het ’n eerste plek in die driegang-ryperd vir ruiters o.14 en ’n eerste plek in die kinderkampioenskapdriegang-ryperd behaal. Foto: Verskaf

Presteer op skou

Enige van die Kalahari Bulletin se vorige uitgawesmisgeloop? Lees artikels oor sport, nuus, leefstyl endagboek-inskrywings op die koerant se webbladwww.kalaharibulletin.co.za. Die koerant is ook opFacebook – besoek www.facebook.com/kbulletin.

Page 8: Upington Bulletin 20140409

20 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 10 APRIL 2014

UPINGTON se eerste parkrunhet op 29 Maart plaasgevind.Volgens Russel Nugent, een

van die organiseerders, was diéparkrun ’n reuse-sukses.Ongeveer 50 mense het

deelgeneem en hul uitslae is opwww.parkrun.co.za beskikbaar.Die eerste manswenner is

Wesley Rickert en Adri vander Merwe is die eerste vrouwat die parkrun voltooi het.’n Tradisie is om parkruns

op ander plekke te voltooi enparkrun-entoesiaste hetspesiaal van Gauteng gekomom aan Upington se eersteparkrun deel te neem.Die parkrun vind nou elke

Saterdag in die veilige,pragtige natuurskoon vanPokkies-eiland plaas.Elke deelnemer se tyd word

geneem en sal binne ure per

e-pos gestuur en op parkrun sewebtuiste geplaas word.Deelnemers kan hul tye metander deelnemers s’n van oordie wêreld heen vergelyk.Ma’s en pa’s met stootwaen-

tjies, drawwers en stapperskan hulle almal op die webtuis-te www.parkrun.co.za regi-streer om ’n strepieskode teontvang. Elke keer wanneer jydeelneem, moet jy die strepies-kode saamneem sodat jy ’namptelike tyd kan registreer.Discovery-lede kan met die

parkrun hul 500 Vitality-punteeis. Saterdae kom almal in diepark op die hoek van Dwars-en Wildebeesstraat in Middel-pos bymekaar om omstreeks07:00 weg te spring.Ná 50 parkruns word

deelnemers genooi om deel vandie 50-klub te word.

Drawwers sak toeWESLEY RICKET was die wennervan die heel eerste Upington-park-run.

VAN links is Jaco van der Walt, Jabulani Mkhize en Wakes Mjekula.Van der Walt en Mkhize is van Gauteng en het spesiaal Upingtontoe gekom om die parkrun te kom doen. Die parkrun is bekend daar-voor dat hy fanatiese ondersteuners het wat die wêreld vol reis omaan verskillende parkruns deel te neem.

VOOR draf Lawrence Verster en agter hom kom die ma-en-dogter-span, Marietha en Alicè Maritz,aan. Foto’s: Verskaf

DIE Kalahari Bulletinis op soek na die bestesportman of -vrou indie Supersport Let’sPlay-kompetisie.In 2008 het Z PR en

SuperSport die behoef-te by jong menseraakgesien om aktie-wer by sport betrokke te raak. Met diégedagte het SuperSport en Let’s Play diéspesiale projek begin.Die organiseerders wil jong mense in

laer- en hoërskole vereer wat goed in sportvaar of wat ander jong mense help omsportaktief te wees.Dié kompetisie, wat al jare in Bloemnuus

en die Express-groep plaasvind, word nouna die Kalahari Bulletin uitgebrei.Dit is ’n maandelikse kompetisie wat oop

is vir enigiemand tussen 6 en 18 jaar. Jykan jouself benoem of deur enigiemandanders benoem word.Die wenner word maandeliks uit al die

benoemings wat ontvang is, gekies. Diemaandelikse wenner ontvang ’n Let’sPlay-geskenkpak en die name word op dieLet’s Play-webwerf geplaas.Van al die inskrywings wat per maand

ontvang word, sal een inskrywing gekiesword. Teen die einde van die jaar sal eenalgehele wenner uit die maandeliksewenners gekies word en hy/sy sal as dieSuperSport Let’s Play-sportster van die jaaraangewys word.Let’s Play is ’n projek om ’n gesonde

leefstyl en ontwikkeling by skole deur spelen sport aan te moedig.Benoemings ontvang voor die 20ste van

die maand sal by daardie spesifieke maandse benoemings ingesluit word. Benoemingswat ná die 20ste ontvang word, sal na dievolgende maand oorgedra word.Jou benoeming moet jou naam, ouder-

dom, ’n kort paragraaf (minder as 200woorde) oor wat jy op sportgebied bereikhet, asook jou kontakbesonderhede, insluit.Jy kan jou benoeming na super-

[email protected] e-pos, na 072-311-7716 SMS,na 086-552-4922 faks of per hand by Z PR inReidstraat 22A, Westdene, Bloemfontein,aflewer.Vir meer inligting, bel Lynne Landman of

Juanré Viviers van Z PR by 051-430-3027.

Skryf nousportster in