van en vir ons jeug · baie sterkte. baie dankie die afgelope twee maande was vir my en naomi ʼn...

4
Dagboek 1 Aug: 18:30 Susters- byeenkoms 2 Aug: Finansiële kommissie 18:00 13 Aug: Voorbereiding 20 Aug: NAGMAAL VAN ONS SUSTERS Al die Susters en ander belangstellendes word uitgenooi na die vergadering van die Susters eerskomende Dinsdagaand 1 Augustus om 18:30 waar Bets Schutte n.a.v. haar Meestersgraadverhandeling en baie jare se praktiese ondervinding in die onderwys, ons meer gaan vertel oor afknouery in skole en in die samelewing. Bets beklemtoon ook die invloed wat afknouery op die aanskouers daarvan het. Hierdie is beslis ʼn onderwerp wat alle opvoeders, ouers en oumas met klein kinders raak. Vir enige vrae rondom die verskynsel van afknouery kan u Bets reeds vooraf kontak by 082 338 7903 of [email protected]. Na afloop gaan ons heerlik kuier met tee en eetdingetjies. Jana van Ryssen, sekretaris BYBELSTUDIES Ons weeklikse Bybelstudies is soos volg: Dinsdag 15:00 by Huis Eikelaan Woensdag Begin 2 Augustus. 18:30 in die Jeugkamer Donderdag 09:30 in die konsistorie Donderdag 18:30 in die konsistorie. Nuwe deelnemers aan die Bybelstudie is baie welkom. H A M B U R G E R B R A A I Die volgende gemeente-aand en hamburgerbraai Ons kuier gesellig saam vanaf 17:30 by die saal. Vir 'n bestelling bel Johan du Plessis by die kerkkantoor 018 294 4600 of Pieter by 082 923 1384 R 20 per hamburger. Dit bly 'n “winskoop” Die tafels is gedek en daar is koffie en tee in die saal. Dit is ʼn wonderlike geleentheid om gesellig te verkeer. Susters van wyke A1 en A2 versorg vandag die tee en koffie Wyksusters is B5 Marlise Stoop en B6 Alta Hugo Op die Kerkwerf Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom Jaargang 33, nr 23 Sondag 30 Julie 2017 REDAKTEUR: RUDY VAN DER SPOEL 018 294 3402 [email protected] Eredienste: 09:30 en 18:00 Predikant: Ds Ronald Bain 082 339 0933 Kantoor 018 294 4600 Faks: 086 610 9283 Pastorie: 018 293 2116 Karin Bain 082 532 1620 Koster Pieter Bouwsema 082 923 1384 Orrelis: Magda Pelser-van der Merwe 079 872 2516 E-posadres: [email protected] Web: www.gkpotchefstroom.co.za Diensbeurte: Ouderlinge: Gert van Blerk wyk C4, André Vorster C5, diaken Fanie Coetsee. Teeskink na die erediens: Susters van wyke B5 en B6. Wyksusters is Marlise Stoop en Alta Hugo. Lidmate van die wyke word gevra om te help. Bussiediens: Vandag ry Johan Bisschoff 076 322 5819 Sondag 6 Augustus ry Gert Kruger 072 314 5534 EREDIENSTE Albei dienste word gelei deur ds Ronald Bain OGGEND: Skrifgedeelte: Markus 5: 1 - 20 Fokusgedeelte: Markus 5: 6, 7, 18, 19 TEMA: Bevry uit die mag van Satan tot die heerlikheid van God SING: Psalm. 136: 1 - 3, 20; Psalm 148: 1, 2, 5; Psalm 9: 3, 5, 7; Psalm 97: 4, 7; Psalm 71: 1, 12 - 14 -------------------------------------------------------------------------------- AAND: Skrifgedeelte: Eksodus 33: 12 - 34: 9 Fokusgedeelte: Eksodus 34: 7 Nederlandse Geloofsbelydenis: Artikel 20 TEMA: Christus is die openbaring van God se regverdigheid en barmhartigheid. SING: Psalm 111: 1, 4, 5; Psalm 40: 5, 6; Psalm 96: 1, 6, 8 LIEF EN LEED Giel Erasmus 082 494 5005 het Woensdag ‘n groot operasie ondergaan. Ons is dankbaar dat alles goed afgeloop het. Hy is vir eers opgeneem in die ISE en sal later oorgeplaas word na ʼn gewone saal. Mag die Here hom bewaar. VRYDAGAAND 25 AUGUSTUS 2017

Upload: others

Post on 14-Feb-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: VAN EN VIR ONS JEUG · Baie sterkte. BAIE DANKIE Die afgelope twee maande was vir my en Naomi ʼn baie traumatiese tyd. Gedurende hierdie tyd het ons egter weer opnuut besef hoe wonderlik

Dagboek 1 Aug: 18:30 Susters- byeenkoms 2 Aug: Finansiële kommissie 18:00 13 Aug: Voorbereiding 20 Aug: NAGMAAL

VAN ONS SUSTERS

Al die Susters en ander belangstellendes word uitgenooi na die vergadering van die Susters eerskomende Dinsdagaand 1 Augustus om 18:30 waar Bets Schutte n.a.v. haar Meestersgraadverhandeling en baie jare se praktiese ondervinding in die onderwys, ons meer gaan vertel oor afknouery in skole en in die samelewing. Bets beklemtoon ook die invloed wat afknouery op die aanskouers daarvan het. Hierdie is beslis ʼn onderwerp wat alle opvoeders, ouers en oumas met klein kinders raak. Vir enige vrae rondom die verskynsel van afknouery kan u Bets reeds vooraf kontak by 082 338 7903 of [email protected]. Na afloop gaan ons heerlik kuier met tee en eetdingetjies. – Jana van Ryssen, sekretaris BYBELSTUDIES Ons weeklikse Bybelstudies is soos volg:

Dinsdag 15:00 by Huis Eikelaan Woensdag Begin 2 Augustus. 18:30 in die Jeugkamer Donderdag 09:30 in die konsistorie Donderdag 18:30 in die konsistorie. Nuwe deelnemers aan die

Bybelstudie is baie welkom.

H A M B U R G E R B R A A I Die volgende gemeente-aand en hamburgerbraai

Ons kuier gesellig saam vanaf 17:30 by die saal.

Vir 'n bestelling bel Johan du Plessis by die kerkkantoor

018 294 4600 of Pieter by 082 923 1384 R 20 per hamburger. Dit bly 'n “winskoop”

Die tafels is gedek en daar is koffie en tee in die saal.

Dit is ʼn wonderlike geleentheid om gesellig te verkeer.

Susters van wyke A1 en A2 versorg vandag die tee en koffie

Wyksusters is B5 Marlise Stoop en B6 Alta Hugo

Op die Kerkwerf Gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom

Jaargang 33, nr 23 Sondag 30 Julie 2017

REDAKTEUR: RUDY VAN DER SPOEL 018 294 3402

[email protected] Eredienste: 09:30 en 18:00 Predikant: Ds Ronald Bain 082 339 0933

Kantoor 018 294 4600 Faks: 086 610 9283 Pastorie: 018 293 2116 Karin Bain 082 532 1620

Koster Pieter Bouwsema 082 923 1384 Orrelis: Magda Pelser-van der Merwe 079 872 2516

E-posadres: [email protected] Web: www.gkpotchefstroom.co.za

Diensbeurte: Ouderlinge: Gert van Blerk wyk C4, André Vorster C5, diaken

Fanie Coetsee.

Teeskink na die erediens: Susters van wyke B5 en B6. Wyksusters is Marlise

Stoop en Alta Hugo. Lidmate van die wyke word gevra om te help.

Bussiediens: Vandag ry Johan Bisschoff 076 322 5819

Sondag 6 Augustus ry Gert Kruger 072 314 5534

EREDIENSTE Albei dienste word gelei deur ds Ronald Bain

OGGEND: Skrifgedeelte: Markus 5: 1 - 20 Fokusgedeelte: Markus 5: 6, 7, 18, 19 TEMA: Bevry uit die mag van Satan tot die heerlikheid van God SING: Psalm. 136: 1 - 3, 20; Psalm 148: 1, 2, 5; Psalm 9: 3, 5, 7; Psalm 97: 4, 7; Psalm 71: 1, 12 - 14 -------------------------------------------------------------------------------- AAND: Skrifgedeelte: Eksodus 33: 12 - 34: 9 Fokusgedeelte: Eksodus 34: 7 Nederlandse Geloofsbelydenis: Artikel 20 TEMA: Christus is die openbaring van God se regverdigheid en barmhartigheid. SING: Psalm 111: 1, 4, 5; Psalm 40: 5, 6; Psalm 96: 1, 6, 8

LIEF EN LEED

Giel Erasmus 082 494 5005 het Woensdag

‘n groot operasie ondergaan. Ons is dankbaar

dat alles goed afgeloop het. Hy is vir eers

opgeneem in die ISE en sal later oorgeplaas

word na ʼn gewone saal. Mag die Here hom

bewaar.

VRYDAGAAND 25 AUGUSTUS 2017

Page 2: VAN EN VIR ONS JEUG · Baie sterkte. BAIE DANKIE Die afgelope twee maande was vir my en Naomi ʼn baie traumatiese tyd. Gedurende hierdie tyd het ons egter weer opnuut besef hoe wonderlik

Gertina Mostert is opgeneem in Medi-Clinic nadat haar gesondheid in so

mate agteruit gegaan het dat sy hospitaal toe moes gaan. Ons dink aan haar

in ons gebede.

Gerald Bezuidenhout 082 782 7875 het in sy woonstel geval en is ook

opgeneem in Medi-Clinic. Ons vertrou dat hy binnekort ontslaan sal word.

Dollie van der Walt is baie swak en opgeneem in Medi-Clinic. Ons dra

haar op aan die Here se genadetroon.

Marie Aucamp 082 421 1425 is ontslaan uit die hospitaal en sterk tuis

aan. Ons bid haar spoedige beterskap toe.

Ons dra steeds vir Kobus Fraser 082 442 7466 aan die Here op terwyl

hy in ‘n proses is van behandeling vir kanker. Baie sterkte.

BAIE DANKIE

Die afgelope twee maande was vir my en Naomi ʼn baie traumatiese tyd.

Gedurende hierdie tyd het ons egter weer opnuut besef hoe wonderlik dit

is om te wandel in die gemeenskap van jou medegelowiges.

Uit die diepte van ons harte sê ons dankie vir al die onbaatsugtige

bystand en liefde wat ons ontvang het. Ek dink in besonder aan al die

oproepe, besoeke en woorde van bemoediging, eetgoed en die aanbod

van vervoer en nog vele meer.

Die Here is vir ons baie goed en ons dank Hom dat Hy mense soos julle

op ons pad gebring het.

Baie dankie. Kobus en Naomi GEBOORTE Ons is die Here saam met Ruan en Anri van Heerden baie dankbaar nadat hulle Dinsdag ‘n babaseun ryker geword het. OORLEDE Issie Rautenbach is verlede Sondagaand oorlede en is

Vrydag begrawe. Ons dink in deernis terug aan haar en bid haar familie

en haar vriende in ons gemeente die Here se troos toe. Baie dankie vir

almal wat haar bygestaan het die afgelope tyd. Baie dankie ook vir ons

Susters se hulp met die eet- en drinkgoed Vrydag. In besonder dankie aan

Marie Coetsee wat haar elke dag besoek het en bygestaan het waar nodig.

Josef Hibbert word eerskomende Saterdag geëksamineer deur Klassis

Molopo met die oog op beroepbaarstelling. Ons dink in besonder aan hom

en Anelda in ons gebede. Mag hy kalmte en insig van die Here ontvang.

2

5. Die pous kan en wil geen ander

soort straf kwytskeld as die soort

straf wat hy volgens sy eie besluit of

volgens die kerkreg opgelê het nie.

6. Die pous kan sondeskuld op geen

ander manier vergewe nie as om net

te verkondig en te bevestig dat dit

deur God vergewe is nie. Die pous

kan tog sekerlik net vergewe in die

sake waarin hý die reg voorbehou.

Minag ’n mens hom hierin, dan bly

die (hierdie tipe) skuld verseker

voortbestaan.

7. Eintlik vergewe God nie een se

skuld wat hom nie terselfde tyd aan

die priester as God se

verteenwoordiger geheel en al

deemoedig onderwerp nie.

8. Die kerkregtelike boete-bepalings

is net van toepassing op mense wat

lewe. Mense wat gesterf het, mag

nie aan kerkregtelike bepalings

onder-werp word.

9. Die Heilige Gees bewys deur die

pous sy goedheid vir ons daarin dat

wanneer die pous dekrete

uitvaardig, hy elke keer die dood en

uiterste noodsaak uitsluit (uit sy

regsbevoegdheid uit)

10. ’n Priester wat vir mense wat

gesterf het nog steeds kerk-

regtelike boetestraf laat voort-

bestaan tot binne in die vagvuur,

tree onkundig en sleg op.

11. Die onkruid – dit is die

verandering van kerkregtelike

boetedoening in boetestraf tot binne

in die vagevuur – is heel duidelik

gesaai gewees omdat die biskoppe

aan die slaap was. (Matt. 13:25)

12. Vroeër was die kerkregtelike

boetedoening nie ná nie, maar vóór

die opheffing van sonde-skuld

opgelê, dit is om die opregtheid van

die berou te toets.

13. Deur die dood word ʼn mens wat

sterf van alles vry; ook vir die

kerkregtelike bepalings is ʼn mens

klaar dood en regtens is ʼn mens van

hierdie bepalings onthef.

14. Die onvolmaakte goedheid of

liefde van ’n sterwende mens, maak

’n mens bang en inderdaad is ons

meer bang hoe minderwaardiger die

goedheid of liefde was.

15. Hierdie vrees en ontsteltenis is alleen genoeg (sonder om van ander dinge nog te praat) om die smart van die vagevuur op te roep want dit is baie naby aan die verskrikking van wanhoop.

16. Dit lyk asof ’n mens die hel, die

vagevuur en die hemel van mekaar

kan onderskei net soos wat ʼn mens

wanhoop, naderende wanhoop en

sekerheid van mekaar kan

onderskei.

(Lees volgende week verder)

5

Page 3: VAN EN VIR ONS JEUG · Baie sterkte. BAIE DANKIE Die afgelope twee maande was vir my en Naomi ʼn baie traumatiese tyd. Gedurende hierdie tyd het ons egter weer opnuut besef hoe wonderlik

DÍT WAS NOU LEKKER Baie dankie aan almal wat saam kom kuier het by die pastorie. Dit was 'n heuglike okkasie gewees en ons het julle almal se besoeke baie waardeer. Dankie aan al die biltong, droë wors, sjokolade en ander geskenke wat die huis oorstroom het. Dit gaan nog lank baie feestelik in ons huis wees. Dankie aan elkeen wat 'n boodskap gestuur of ons gebel het met ons verjaardae. – Groete Karin

VAN ALLES EN NOG WAT

KOLLEKTES: Vandag en volgende Sondag: Onder die erediens vir

Barmhartigheid. By die deure vanoggend vir die Teologiese Studentekas.

Volgende week is die kollekte die oggend vir ons Jeugsorg.

Die kollekte vanaand by deure is vir Instandhouding van die erediens. -------------- KATKISASIE:

Vandag moet julle Les 16 en Psalm 9: 7 ken.

Volgende Sondag moet julle Les 17 en Psalm 16:1 leer. Die katkisasie op Woensdae is: 16:00 - 16:45 Graad 8 - 10 16:45 - 17:30 Graad 11. Dis by die Pastorie.

Verjaardae gedurende die week

Ons wens doop- en belydende lidmate wat gedurende die week verjaar baie geluk met hul verjaardag

30 Julie Mietsie Harman, Totiusstraat 11, 079 930 9824

31 Julie Orrie Oosthuizen, Teologiese woonstel 2, 082 871 9007

Nelly van der Spoel, Nieuwestraat 16, 072 733 5017

2 Aug Brechtje Jooste, Sol Plaatjiesstraat 131, 082 922 0181

4 Aug Hendrik du Plessis, Mooihof 1C, 083 675 7987

Santa Meyer, Chopinstraat 17, 072 289 4378

5 Aug Doane Vorster, Lanyonstraat 9, 018 290 5646

VAN ONS DIAKONIE

Verlede Sondag 23 Julie se kollektes was soos volg

Diens van Barmhartigheid R 3 700. Trans Oranje Instituut R 2 040.

Die koskas van die diakens het ʼn laagtepunt bereik. Die bydraes maak ʼn

werklike verskil in die lewe van mense.

3

31 Oktober 2017 is die herdenking van Martin Luther se 95 stellings wat

aanleiding gegee het tot die Reformasie. Wie van ons het al hierdie 95

stellings gelees of wanneer laas het u hulle onder oë gehad.

Vir die volgende aantal weke beplan ons om die 95 stellings in Op die

Kerkwerf te plaas.

Die 95 Stellings 31 Oktober 1517

Wittenberg Duitsland. Op 31 Oktober 1517 het Martin Luther 95 stellings aan die kasteelkerk in Wittenberg se deur as kennisgewing tot openbare debat opgesit. Hier kry u ʼn Afrikaanse vertaling van hierdie stellings deur ds PJ Kriel ter herdenking aan die 500 jaar se Reformasie na hierdie gebeurtenis.

DIE 95 STELLINGS 31 OKTOBER 1517 WITTENBERG DUITSLAND

Uit liefde vir die waarheid en met die begeerte om die waarheid openbaar aan die orde te stel, sal daar in Wittenberg oor die volgende stellings gedebatteer word onder die voorsitterskap van die eerwaarde monnik Martinus Luther, met ’n magistergraad in Vrye

kunste (geestes wetenskap) sowel as in die heilige teologie, tans volle

professor te Wittenberg. Daarom versoek hy die mense wat nie teenwoordig kan wees en mondelings met ons kan debatteer nie, om dit in hulle afwesigheid skriftelik te doen.

In die Naam van ons Here Jesus Christus.

1. Omdat ons Here en Meester Jesus

Christus sê: “Doen boete” (Bekeer

julle) (Matt. 4:17) wou Hy gehad

het dat die hele lewe van gelowiges

’n lewe van boete-doening

(bekering) moet wees.

2. Hierdie woord (bekering) kan nie

in die betekenis van die sakra-

mentele boetedoening verstaan word

nie. (Dit is nie in die sin van bieg en

vergoeding wat deur die amp van

die priester uitgevoer word nie)

4

3. Nogtans beteken dit, (bekering

volgens Matt. 4:17) nie slegs ’n

innerlike bekering nie; Eintlik is die

innerlike bekering niks werd nie as

dit nie uiterlik op baie wyses die

afsterwing van die vlees bewerk nie.

4. Dus bly die straf daar, net so lank

as wat die vyandskap teen jou self

bly (Dit is die ware innerlike

bekering) Dit beteken dit bly tot met

die binnegaan in die hemelryk in.

Page 4: VAN EN VIR ONS JEUG · Baie sterkte. BAIE DANKIE Die afgelope twee maande was vir my en Naomi ʼn baie traumatiese tyd. Gedurende hierdie tyd het ons egter weer opnuut besef hoe wonderlik