van: volle name: noemnaam: graad waarvoor...

12
VAN: VOLLE NAME: NOEMNAAM: GRAAD WAARVOOR INGESKRYF WORD: Leerders wat vir Graad 8 inskryf, moet kennis neem van die inligting in die onderstaande deel en dit volledig invul. Neem kennis dat hierdie vorm slegs ondersteunende inligting tot die e-platform bied en dat die voltooiing en inhandiging van die vorm nie toelating tot die skool waarborg nie. Registrasie op die e-platform volgens Departementele spelreëls en die Beheerliggaam se toelatingsvereistes bepaal toelating en word die vorm dan gebruik as aanvullende inligting om toelating te formaliseer. GEBRUIKERSNAAM (USERNAME): WAGWOORD (PASSWORD): KANTOORGEBRUIK TOELATINGSDATUM: INSKRYWINGSNOMMER:

Upload: others

Post on 12-Jun-2020

11 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: VAN: VOLLE NAME: NOEMNAAM: GRAAD WAARVOOR …zwarries.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Inskrywingsvorm-202… · GRAAD WAARVOOR INGESKRYF WORD: Leerders wat vir Graad 8 inskryf, moet

VAN:

VOLLE NAME:

NOEMNAAM:

GRAAD WAARVOOR INGESKRYF WORD:

Leerders wat vir Graad 8 inskryf, moet kennis neem van die inligting in die onderstaande deel en dit volledig invul.

Neem kennis dat hierdie vorm slegs ondersteunende inligting tot die e-platform bied en dat die voltooiing en inhandiging van die vorm nie toelating tot die skool waarborg nie. Registrasie op die e-platform volgens Departementele spelreëls en die Beheerliggaam se toelatingsvereistes bepaal toelating en word die vorm dan gebruik as aanvullende inligting om toelating te formaliseer.

GEBRUIKERSNAAM (USERNAME):

WAGWOORD (PASSWORD):

KANTOORGEBRUIK

TOELATINGSDATUM:

INSKRYWINGSNOMMER:

Page 2: VAN: VOLLE NAME: NOEMNAAM: GRAAD WAARVOOR …zwarries.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Inskrywingsvorm-202… · GRAAD WAARVOOR INGESKRYF WORD: Leerders wat vir Graad 8 inskryf, moet

INHOUDSOPGAWE A Toelatingsvereistes 1

B Leerderbesonderhede 2

C Gesinsbesonderhede 2

D Skoolgeld 4

E Akademiese vakkeuse 5

F Vrywaring 7

G Lojaliteitskaarte 7

H POPI-wet 8

I Onderneming deur ouers/voog en leerder 8

KONTROLELYS:

Afskrif van moeder en vader/voog se identiteitsdokumente

Inligting van beide biologiese ouers/wettige voog(de)moet volledig wees

Afskrif van leerder se identiteitsdokument of geboortesertifikaat

Afskrif van leerder se rapport van vorige skool

Afskrif van oorplasingsertifikaat (Gr 7 uitgesluit)

Afskrif van bewys van woonadres

QR-kode is geskandeer en inligting is elektronies gestuur.

Page 3: VAN: VOLLE NAME: NOEMNAAM: GRAAD WAARVOOR …zwarries.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Inskrywingsvorm-202… · GRAAD WAARVOOR INGESKRYF WORD: Leerders wat vir Graad 8 inskryf, moet

ZWARRIES KWEEK WENNERS 1

A

Aansoek vir: Graad 8 Graad 9 Graad 10 Graad 11 Graad 12

Geagte Ouer

Baie dankie dat u Hoërskool Zwartkop as akademiese tuiste vir u kind oormerk. Ons pronk met 'n gebalanseerde skool en

gelukkige kinders.

Wees egter bewus daarvan dat die voltooiing van hierdie vorm ook dien as stawende dokumentasie vir gr. 8 leerders se

registrasie op die GDO se E-platform. Neem asseblief ook kennis dat slegs die voltooiing van hierdie vorm nie u kind se

inskrywing waarborg nie. Elke aansoek moet finaal deur die Beheerliggaam goedgekeur word. Indien u kind by Hoërskool

Zwartkop ingeskryf word, vertrou ons dat u kind positief sal groei deur die geleenthede wat op die Zwarrie spyskaart

aangebied word.

Zwarrie groete

A TOELATINGSVEREISTES

1. VEREISTES VIR TOELATING

Die volgende vereistes vir toelating is deur die Beheerliggaam van die skool neergelê. 'n Leerder moet hieraan voldoen om tot

die skool toegelaat te word.

1.1 Volledige inligting van beide biologiese ouers/ wettige voog(de).

1.2 Ouderdom

Die toelatingsouderdom van 'n leerder tot gr. 8 moet sodanig wees dat hy/sy nie 16 jaar oud word in die jaar van

toelating nie. Ouderdomme van leerders in gr. 9 – 12 word onderskeidelik met een jaar by toelating aangepas.

1.3 Skolastiese en/of akademiese standaard

1.3.1 Om die leerder korrek te plaas, moet aanvaarbare amptelike bewys/e van bevredigende vordering van

die vorige skool gelewer word.

1.3.2 Aangesien die voertaal van die Hoërskool Zwartkop Afrikaans is, moet 'n leerder wat om toelating

aansoek doen, baat kan vind by onderrig in Afrikaans.

1.3.3 Nadat 'n leerder toegelaat is, moet die normale vorderingstempo gehandhaaf word en daar moet voldoen

word aan die vereiste soos bepaal in 1.2 hierbo.

1.4 Skoolgeld

Ouers/voogde van leerders wat toegelaat is, word wetlik verplig om skoolgeld soos deur die Beheerliggaam bepaal,

te betaal. Skoolgeld is jaarliks vooruitbetaalbaar en mag met die nodige toestemming op ‘n maandelikse basis

vooruit betaal word. Ouers/voogde moet onderneem om die betaling vol te hou vir die volle tydperk wat die leerder

aan die skool verbonde is. Wanneer 'n leerder die skool verlaat, moet skoolfonds ten volle vereffen wees.

2. ORDEREËLINGS

Wanneer 'n leerder tot Hoërskool Zwartkop toegelaat word, onderneem sy/haar ouers/voogde om toe te sien dat die

leerder aan die volgende vereistes sal voldoen en aanvaar dat stappe deur die Beheerliggaam as regspersoon

geneem sal word, indien daar onteenseglike bewyse is dat daar nie hieraan voldoen word nie:

2.1 Die etos van die Hoërskool Zwartkop sal handhaaf en nie die beeld van die skool, ook buite die skoolterrein,

deur sy/haar optrede sal skade aandoen nie.

2.2 Die gedragskode van die skool sal onderskryf en dit nakom.

2.3 Die algemene dissipline soos neergelê in die skoolreëls sal bevorder en nakom.

We

lkom

in Z

warr

iela

nd

Hoërskool Zwartkop Privaatsak X109 Centurion,0046 (012)654 4747/ (012)6548041 086 636 2423

[email protected]

Page 4: VAN: VOLLE NAME: NOEMNAAM: GRAAD WAARVOOR …zwarries.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Inskrywingsvorm-202… · GRAAD WAARVOOR INGESKRYF WORD: Leerders wat vir Graad 8 inskryf, moet

ZWARRIES KWEEK WENNERS 2

B LEERDERBESONDERHEDE VAN

VOLLE NAME

NOEMNAAM

GRAAD WAARVOOR AANSOEK GEDOEN

GESLAG M V

VORIGE SKOOL

GEBOORTEDATUM J J J J M M D D

ID-NO.

SEL NO.

PRESTASIES:

SPORT

KULTUUR

LEIERSKAP

AKADEMIE

C GESINSBESONDERHEDE

BESONDERHEDE VAN VADER/VOOG

IS VADER/VOOG ' n OUD-LEERLING VAN HOËRSKOOL ZWARTKOP? NEE JA JAARTAL

TITEL VAN

VOLLE NAME

ID-NO.

WOONADRES

POSADRES

POSKODE

TELEFOON HUIS

WERK

SELNO.

WERKGEWER BEROEP

WERKGEWER FISIESE ADRES

E-POSADRES

Pe

rso

on

like

In

ligtin

g

Page 5: VAN: VOLLE NAME: NOEMNAAM: GRAAD WAARVOOR …zwarries.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Inskrywingsvorm-202… · GRAAD WAARVOOR INGESKRYF WORD: Leerders wat vir Graad 8 inskryf, moet

ZWARRIES KWEEK WENNERS 3

BESONDERHEDE VAN MOEDER/VOOG

IS MOEDER/VOOG ' n OUD-LEERLING VAN HOËRSKOOL ZWARTKOP? NEE JA JAARTAL

TITEL VAN

VOLLE NAME

ID-NO.

WOONADRES

POSADRES

POSKODE

TELEFOON HUIS

WERK

SELNOMMER

WERKGEWER BEROEP

WERKGEWER FISIESE ADRES

E-POSADRES

STATUS VAN GESIN (merk met ‘n X)

LEERDER WOON BY:

BEIDE OUERS WEWENAAR/WEDUWEE VOOGDE

GESKEI, BLY BY PA GESKEI, BLY BY MA GROOTOUERS

AANTAL KINDERS

IN HIERDIE SKOOL (INSLUITENDE NUWE

AANSOEK)

AANTAL KINDERS

IN HIERDIE GESIN

HUISTAAL

Noemnaam: Kind 1 Graad & Klas

Noemnaam: Kind 2 Graad & Klas

Noemnaam: Kind 3 Graad & Klas

KERKVERBAND EN GEMEENTE

TELEFOONNOMMERS VIR NOODGEVALLE

(NIE OUERS SE BESONDERHEDE NIE ASB.)

NAAM VERWANTSKAP

TELEFOON SELNOMMER

WERK

E-POSADRES

MEDIESE BESONDERHEDE

NAAM VAN

HOOFLID

MEDIESE

FONDS

OPSIE/PLAN FONDS NO.

HUISDOKTER TEL. NO.

Pe

rso

on

like

In

ligtin

g

Page 6: VAN: VOLLE NAME: NOEMNAAM: GRAAD WAARVOOR …zwarries.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Inskrywingsvorm-202… · GRAAD WAARVOOR INGESKRYF WORD: Leerders wat vir Graad 8 inskryf, moet

ZWARRIES KWEEK WENNERS 4

D SKOOLGELD

1. BETALINGSVOORWAARDES

Alle skoolgeld is jaarliks vooruitbetaalbaar en wel voor/op die 31ste Januarie. Enige ouer mag wel op versoek en by

ooreenkoms die skoolgelde per maand vooruit vereffen en is die eerste maandelikse paaiement van die skoolgeld

reeds betaalbaar voor/op die laaste skooldag van die eerste skoolweek in Januarie en maandeliks daarna voor/op

die 1ste dag van elke maand. Alle skoolgeld moet voor of op 7 Oktober vereffen wees. Sou u in versuim wees met die

betaling van enige maandelikse paaiement, sal die totale skoolgelde vir die hele jaar dadelik opeisbaar en

betaalbaar wees. Stappe sal geneem word teen agterstallige rekeninge. Indien oorhandig, sal u verantwoordelik

gehou word vir alle regskostes op 'n prokureur-kliënt skaal, asook alle invorderingskostes, spoorkostes en verwante

uitgawes.

Die skool mag ‘n kredietnavraag en/of kredietinligting van die betrokke ouers aanvra by enige geregistreerde

kredietinstansie en/of kredietagente en/of kredietverskaffers.

Enige dispuut, meningsverskil of eis wat gebaseer is op 'n likiede eis of dokument, voortspruitend uit, of in verband

met hierdie ooreenkoms, sal besleg word deur die proses van Arbitrasie. Die dispuut, meningsverskil of eis sal

ingedien word by die “South African Chamber of Arbitration”, wie die Arbiter sal aanstel om die dispuut/verskil/eis te

besleg volgens die Reëls vir “Speedy Arbitration of Financial Claims”, welke beskikbaar is op

www.arbitrationsa.co.za. Enige uitspraak gelewer deur die “South African Chamber of Arbitration” is finaal en

bindend op die partye en sal geen van die partye 'n reg hê tot enige appèl rondom die uitspraak nie. Enige uitspraak

deur die arbiter van die “South African Chamber of Arbitation” is ten volle afdwingbaar deur enige gepaste hof met

die nodige jurisdiksie.

Aansoek om korting moet jaarliks gedoen word

Voorsiening word gemaak vir die gedeeltelike of algehele vrystelling van skoolgeld. Hierdie korting word op die

bruto inkomste per huishouding bereken deur die ouers wat verantwoordelik is vir die betaling van skoolgelde op

grond van 'n formule soos vervat in die Onderwyswet van SA.

2. DOMICILIUM CITANDI ET EXECUTANDI

Besonderhede en huishoudingadres van die persoon verantwoordelik vir die betaling van skoolgeld

Ek verklaar dat ek aanspreeklik sal wees vir die stiptelike betaling van onderriggelde wat uit hoofde van my/ons verbintenis met

Hoërskool Zwartkop betaalbaar is.

ONDERTEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN 20

HANDTEKENING VAN OUER/VOOG IDENTITEITSNOMMER

Sko

olg

eld

VOLLE NAME EN VAN

WOONADRES

POSKODE

WERKGEWER

WERKGEWER

FISIESE ADRES

POSKODE

TELEFOON WERK SELNOMMER

E-POSADRES

Page 7: VAN: VOLLE NAME: NOEMNAAM: GRAAD WAARVOOR …zwarries.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Inskrywingsvorm-202… · GRAAD WAARVOOR INGESKRYF WORD: Leerders wat vir Graad 8 inskryf, moet

ZWARRIES KWEEK WENNERS 5

E AKADEMIESE VAKKEUSE

GRAAD 8 & GRAAD 9

Daar kan gekies word tussen die Algemene of Tegno-Akademiese studierigtings.

Beide studierigtings neem die onderstaande verpligte vakke:

Indien die TEGNO-AKADEMIESE STUDIERIGTING gekies word, neem die leerders slegs Tegniese Teorie & Praktyk saam met

bostaande vakke. GEEN KEUSE word in dié geval uit die onderstaande lys gemaak nie.

Indien die ALGEMENE STUDIERIGTING gekies word moet bostaande vakke geneem word en moet daar nog 'n keuse

uitgeoefen word van EEN verrykingsvak

EEN VERRYKINGSVAK (Slegs vir algemene studierigting) Merk met 'n X

ADDISIONELE VAKKE (Vakke wat buite roosterure aangebied word) Merk met 'n X

Indien Alpha Wiskunde, Dans, Dramatiese Kuns, Filmkunde, Lugvaartkunde of Musiek & Solosang gekies word, is keuring

ook ter sprake en sal u verwittig word van keuringsdatums.

· Vir toelating tot Alpha Wiskunde moet 'n leerder 'n promosiepunt van 80-100% vir Wiskunde in gr. 7 behaal

· By Lugvaartkunde is hoë wiskundige vaardighede 'n vereiste

· Daar is addisionele kostes verbonde aan Dans en Lugvaartkunde

Filmkunde, Gholf en Tennis word as addisionele vakke beskou aangesien hierdie drie vakke buite die roosterure, voor/na skool

aangebied word. Hierdie vakke gaan met 'n addisionele koste gepaard. Beide leerders wat die Algemene studierigting kies en

leerders wat die Tegno-akademiese studierigitng kies, kan Filmkunde as ’n addisionele vak kies as hulle daarin belangstel, en

kan ook tussen Gholf en Tennis as ’n addisionele vak kies. Laasgenoemde twee vakke kan nie beide geneem word nie, omdat

die vakke twee oggende per week voor skoolure geneem word en onderrigtye oorvleuel.

Indien daar nie minstens 20 leerlinge 'n spesifieke vak kies nie, kan die leerders gevra word om 'n alternatiewe keuse uit te oefen.

Gr.

8 &

9 V

akk

euse

s

Studierigting (merk met 'n X)

ALGEMEEN TEGNO-AKADEMIES

AFR: Afrikaans Huistaal

ENG: Engels Eerste Addisionele Taal

LEO: Lewensoriëntering

WISK: Wiskunde

NW: Natuurwetenskappe (Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskap)

SW: Sosiale Wetenskappe (Geografie en Geskiedenis)

EBW: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (Bestuurswetenskap en Rekeningkunde)

KK: Skeppende Kuns (Kuns en Drama)

TEGN: Tegnologie en IGO

ALPHA WISKUNDE (onderhewig aan keuring) DANS (onderhewig aan keuring)

DRAMATIESE KUNS (onderhewig aan keuring) GASVRYHEIDSTUDIE

LUGVAARTKUNDE (onderhewig aan keuring) MUSIEK & SOLOSANG (onderhewig aan keuring)

REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE SPORTKUNDE

TOERISME

FILMKUNDE (onderhewig aan keuring) GHOLF

TENNIS

Page 8: VAN: VOLLE NAME: NOEMNAAM: GRAAD WAARVOOR …zwarries.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Inskrywingsvorm-202… · GRAAD WAARVOOR INGESKRYF WORD: Leerders wat vir Graad 8 inskryf, moet

ZWARRIES KWEEK WENNERS 6

E AKADEMIESE VAKKEUSE

GRAAD 10 - GRAAD 12

VERPLIGTE VAKKE:

KEUSEVAKKE: KIES DRIE VAKKE. Merk met 'n X.

TOELATINGSVEREISTES

· Die volgende kombinasies kan nie geneem word nie: Visuele Kuns en Ekonomie; Dansstudies en Musiek kan nie saam

met Gasvryheidstudie geneem word nie; Dansstudies, Gasvryheidstudie en Dramatiese Kuns kan nie saam met

Ingenieursgrafika en -ontwerp geneem word nie.

· Leerders wat Inligtingstegnologie en Fisiese Wetenskap kies, moet Wiskunde saam met hierdie vakke neem en

nie Wiskundige Geletterdheid nie.

· Om Inligtingstegnologie (nie van toepassing op addisionele vak nie) vanaf graad 10 te neem, moet 'n leerder ten

minste 65% vir Wiskunde aan die einde van graad 9 behaal, om die vak in graad 10 te mag neem.

· Om Wiskunde in graad 10 te mag neem, moet 'n leerder ten minste 50% vir Wiskunde aan die einde van graad 9

behaal, anders word dit aanbeveel dat 'n leerder Wiskundige Geletterdheid neem.

· Keuring word vereis in Inligtingstegnologie, Visuele Kuns, Dramatiese Kuns, Dansstudies en Musiek.

· Leerders wat die tegniese rigting wil volg moet Elektriese-, Meganiese- of Siviele Tegnologie kies, asook

Ingenieursgrafika en -ontwerp, Wiskunde (en nie Wiskundige Geletterdheid nie) en Fisiese Wetenskap. Daar mag ook

net een keuse uit Elektriese-, Meganiese- en Siviele Tegnologie gemaak word.

· Indien minder as 20 leerlinge 'n vak kies, kan die vak nie in Graad 10 aangebied word nie (Uitgesonderd Musiek)

ADDISIONELE VAKKE

Daar is leerders wat bo en behalwe die voorgeskrewe sewe vakke, nog vakke buite roosterure wil neem. 'n Leerder moet

die vak/ke wat addisioneel geneem wil word, vanaf graad 10 tot graad 12 neem. Geen jaar mag oorgeslaan word nie.

Leerders mag dus nie voor hul matriekjaar matriekvakke afskryf nie. Alle portefeuljewerk en assesseringsvereistes is ook

net so op die addisionele vakke van toepassing soos wat dit op die vakke wat in die gewone roosterure geneem word, van

toepassing is. Navrae kan aan die onderskeie vak-/departementshoofde gerig word vir kostes en vereistes.

Dit is belangrik om daarop te let dat sekere studierigtings by tersiêre instellings unieke vakpakkette vereis. Dit is u en u

kind se eie verantwoordelikheid om u van hierdie vereistes te vergewis en kan die skool nooit verantwoordelik gehou

word vir enige vakpakket wat u kind in die toekoms mag penaliseer nie.

BESIGHEIDSTUDIE DANSSTUDIES (keuring) DRAMATIESE KUNS (keuring)

EKONOMIE FISIESE WETENSKAP LEWENSWETENSKAP

GEOGRAFIE INLIGTINGSTEGNOLOGIE (keuring) VISUELE KUNS (keuring)

MUSIEK (keuring) REKENINGKUNDE TOERISME

GASVRYHEIDSTUDIE REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE

SIVIELE TEGNOLOGIE

ELEKTRIESE TEGNOLOGIE MEGANIESE TEGNOLOGIE

INGENIEURSGRAFIKA EN -ONTWERP GESKIEDENIS (SLEGS GR 10 & 11)

Gr.

10

- 12

Va

kke

use

s

AFRIKAANS HUISTAAL X

· DIPLOMA = Ten minste 40% in vier vakke, uitgesluit LEO

· GRAAD = Ten minste 50% in vier vakke, uitgesluit LEO ENGELS HUISTAAL

ENGELS EERSTE ADDISIONELE TAAL (TWEEDE TAAL)

LEWENSORIËNTERING X

WISKUNDE

· Let op toelatingsvereistes en merk met ‘n X · Kies tussen Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid. · Kies tussen Engels Eerste Addisionele Taal en Engels Huistaal

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

Page 9: VAN: VOLLE NAME: NOEMNAAM: GRAAD WAARVOOR …zwarries.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Inskrywingsvorm-202… · GRAAD WAARVOOR INGESKRYF WORD: Leerders wat vir Graad 8 inskryf, moet

ZWARRIES KWEEK WENNERS 7

F VRYWARING

1. TOESTEMMING VIR OPVOEDKUNDIGE AKTIWITEITE

Ek, (volle name), die ouer/wettige voog van

(kind se naam) gee toestemming dat my kind aan

sport-, kultuur- en ander aktiwiteite van die skool mag deelneem en toere en uitstappies mag meemaak.

Ek is daarvan bewus dat die bywoning en deelname van hierdie aktiwiteite, die moontlikheid van beserings kan inhou.

Ek aanvaar dat alle redelike voorsorgmaatreëls getref sal word om die veiligheid en welsyn van my kind te verseker.

Ek verstaan dat ek verantwoordelik gehou sal word vir die betaling van mediese en/of hospitaalrekeninge sou 'n besering

opgedoen word wat nie aan nalatigheid aan die kant van die opvoeder/personeel verantwoordelik, toegeskryf kan word

nie.

Ek dra my magte as ouer/wettige voog oor aan die hoof van die skool of sy/haar verteenwoordiger indien enige mediese

behandeling vir my kind nodig geag word.

2. MEDIESE INLIGTING

My kind ly aan die volgende chroniese siekte(s): (bv. asma, diabetes, foutes, epilepsie):

3. VRYWARING M.B.T. SIELKUNDIGE DIENSTE

Hoërskool Zwartkop beskik oor die dienste van twee sielkundiges wat voltyds by die skool betrokke is. Hierdie dienste word

gratis aan ons leerders gebied.

Hiermee verleen ek, ouer/voog van

toestemming dat my kind sielkundige hulp en ondersteuning mag ontvang, wanneer hy/sy dit nodig mag hê.

Ek begryp dat die gesprekke tussen die terapeut en leerder vertroulik is. Ek begryp dat die terapeut in die beste belang van

my kind sal optree en dat ek gekontak sal word wanneer dit nodig sou wees.

HANDTEKENING VAN OUER / VOOG

G LOJALITEITSKAARTE

Hoërskool Zwartkop het met verskeie maatskappye 'n ooreenkoms tot voordeel van die skool. Wanneer ouers, familie en

vriende ons verskaffers ondersteun, word die skool finansieel beloon. Spesiale aanbiedinge word by tye slegs aan lojale

kaarthouers toegestaan.

Vry

warin

gs &

Lo

jalit

eitska

art

e

“MAKRO” EN “MY SCHOOL” - KAART:

(Merk met ‘n X)

Kan ons aan u ‘n Makro-kaart, gekoppel aan Hoërskool Zwartkop, verskaf? JA NEE

Kan ons aan u ‘n My School-kaart, gekoppel aan Hoërskool Zwartkop, verskaf? JA NEE

Page 10: VAN: VOLLE NAME: NOEMNAAM: GRAAD WAARVOOR …zwarries.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Inskrywingsvorm-202… · GRAAD WAARVOOR INGESKRYF WORD: Leerders wat vir Graad 8 inskryf, moet

ZWARRIES KWEEK WENNERS 8

H “PROTECTION OF PERSONAL INFORMATION”

Die “Protection of Personal Information”/POPI-wet is daarop ingestel om u persoonlike inligting te beskerm. Neem kennis

dat Hoërskool Zwartkop u persoonlike inligting nie aan ’n derde party beskikbaar sal stel nie.

Neem egter ook kennis dat daar van tyd tot tyd foto’s en videogrepe van leerders wat ingeskrewe skoliere van

Hoërskool Zwartkop is, geneem kan word en dat dit in van die skool se publikasies, die media en in die sosiale media

gebruik mag word.

Hiermee gee ek, die ouer/wettige voog van

toestemming dat foto's van my kind by skool- en

buitekurrikulêre aktiwiteite geneem mag word en op bemarkingsmateriaal asook sosiale media geplaas mag word.

HANDTEKENING VAN OUER/VOOG IDENTITEITSNOMMER

I ONDERNEMING DEUR OUER/VOOG EN LEERDER

Hiermee word verklaar dat:

- hierdie vorm volledig ingevul is en dat die besonderhede hierin vervat waar en juis is;

- ek my neerlê by die vereistes tot toelating en die ordereëlings soos uiteengesit in

A. Toelatingsvereistes

Die volgende dokumente hierby ingesluit is: Merk met ‘n X

Afskrif van moeder en vader / voog se identiteitsdokumente

Inligting van beide biologiese ouers/wettige voog(de) is volledig.

Afskrif van leerder se identiteitsdokument of geboortesertifikaat

Afskrif van leerder se rapport van vorige skool

Afskrif van oorplasingsertifikaat (Gr 7 uitgesluit)

Afskrif van bewys van woonadres

QR-kode is geskandeer en inligting is elektronies gestuur

ONDERTEKEN TE OP HIERDIE DAG VAN 20

HANDTEKENING VAN OUER/VOOG IDENTITEITSNOMMER

HANDTEKENING VAN LEERDER

Page 11: VAN: VOLLE NAME: NOEMNAAM: GRAAD WAARVOOR …zwarries.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Inskrywingsvorm-202… · GRAAD WAARVOOR INGESKRYF WORD: Leerders wat vir Graad 8 inskryf, moet

ZWARRIES KWEEK WENNERS 9

PO

PI

-wet

& H

and

teke

nin

ge

Page 12: VAN: VOLLE NAME: NOEMNAAM: GRAAD WAARVOOR …zwarries.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Inskrywingsvorm-202… · GRAAD WAARVOOR INGESKRYF WORD: Leerders wat vir Graad 8 inskryf, moet