vandag hartlik welkom - durbanville gemeente web.pdf · die doop is ’n aksie van god aan ons. in...

4
HARTLIK WELKOM 09:00 Gesamentlike diens Ds. André Agenbag Ons staan vandag stil by Psalm 103 Praying our salvation 26 Augustus 2018 BYBELSONDAG VANDAG Jorrie en Coba Jordaan doop vandag vir DANIEL. By die DOOPVONT ... TEE/KUIER-GELEENTHEID NA DIE DIENS Kom geniet tee/koffie in die kerk se tuin vanoggend na die diens. Ons nooi ook spesiaal ons nuwe intrekkers en gaste wat vandag by ons diens is, om saam te kom kuier in ons kerk se pragtige tuin. Nagmaal en Doop is ons kerk se 2 sakramente en sakramente is Heilige tekens wat God vir en aan ons doen om ons geloof te verstrek. Sakramente is nie iets wat ons doen om ons geloof te bely of ons liefde aan God te wys nie. Nee dit is iets wat ons net ontvang om ons geloof mee te verstrek. Dit is soos ’n anker vir ons pad. Vandag vier ons Nagmaal en Doop. Die doop is ’n aksie van God aan ons. In die doop is ons passiewe ontvangers van die bevestiging van God se liefde. Daarom, om die doop aan kinders te bedien wat nie weet of kan onthou nie, verander niks aan die waarde of geldigheid of betekenis van die doop nie. Dit is juis die mooi daarvan dat God Homself aan ons verbind deur die doop en ons van die begin af insluit in hierdie genade verbond. 18:00 AANDDIENS Ds. Jana Dickason The uprising begins 18:00 JEUGGROEPE GR 6-11

Upload: others

Post on 13-Oct-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: VANDAG HARTLIK WELKOM - Durbanville Gemeente web.pdf · Die doop is ’n aksie van God aan ons. In die doop is ons passiewe ontvangers van die bevestiging van God se liefde. Daarom,

HARTLIK WELKOM09:00 Gesamentlike diens

Ds. André Agenbag

Ons staan vandag stil by

Psalm 103Praying our salvation

26 Augustus 2018

BYBELSONDAG

VANDAG

Jorrie en Coba Jordaan doop

vandag vir DANIEL.

By die DOOPVONT ...

TEE/KUIER-GELEENTHEID NA DIE DIENS

Kom geniet tee/koffie in die kerk se tuin vanoggend

na die diens.

Ons nooi ook spesiaal ons nuwe intrekkers en gaste

wat vandag by ons diens is, om saam te kom kuier in ons kerk se pragtige tuin.

Nagmaal en Doop is ons kerk se 2 sakramente en

sakramente is Heilige tekens wat God vir en aan

ons doen om ons geloof te verstrek. Sakramente

is nie iets wat ons doen om ons geloof te bely of

ons liefde aan God te wys nie. Nee dit is iets wat

ons net ontvang om ons geloof mee te verstrek.

Dit is soos ’n anker vir ons pad.

Vandag vier ons Nagmaal en Doop.

Die doop is ’n aksie van God aan ons. In die doop

is ons passiewe ontvangers van die bevestiging

van God se liefde. Daarom, om die doop aan

kinders te bedien wat nie weet of kan onthou nie,

verander niks aan die waarde of geldigheid of

betekenis van die doop nie. Dit is juis die mooi

daarvan dat God Homself aan ons verbind deur

die doop en ons van die begin af insluit in hierdie

genade verbond.

18:00 AANDDIENSDs. Jana Dickason

The uprising begins

18:00 JEUGGROEPE GR 6-11

Page 2: VANDAG HARTLIK WELKOM - Durbanville Gemeente web.pdf · Die doop is ’n aksie van God aan ons. In die doop is ons passiewe ontvangers van die bevestiging van God se liefde. Daarom,

So. 26 Augustus18:00 Kerkkoor tree op by

KOORFEES, Kuilsrivier NG

Di. 28 Augustus

08:00 Gebed en Stilwordgeleentheid

19:00 Kerkraadsvergadering

Wo. 29 Augustus11:00 - 18:30 LERING (De Oude Caab)

TEMA: Leer ken God se

teenwoordigheid

(Bespreek by kerkkantoor)

Do. 30 Augustus

08:00 Nagmaal en Gebed

09:00 Senior Klub basaar, Bergsig

Vr. 1 September06:00 - 06:45 Mannebediening

DAGBOEKWat gebeur hierdie week?

Op Woensdagaand 5 Sept 18h00-19h00

begin ons oefen vir die Kersprogram. Ons

benodig DRINGEND nog lede.

Belangstellendes kan vir Stephan kontak

by 084 4500 100 / 021 975 2212 /

[email protected]

ONS KERSPROGRAMOEFENING BEGIN!!

KERKKOORJAARLIKSE KOORFEES BY

NG KERK KUILSRIVIER

Ons koor tree tydens die jaarlikse

koorfees op Sondagaand 26ste

Augustus om 18h00

Almal is welkom.

Toegang is gratis en ondersteuning sal

waardeer word.

VOLGENDE SONDAG

So. 2 September 09:00 Klassieke Diens

Dr. Tinus van Zyl

09:00 Familiediens

Ds. Jana Dickason

18:00 ALIVE AANDDIENS

Intreepreek

ds. Wynand Breytenbach

Kerkgebou

Na die erediens kan u 'n koppie tee / koffie en 'n

kolwyntjie in die gemeentesentrum kom geniet en

persoonlik vir Wynand kom welkom heet.

WAAROM ‘N MANNEBEDIENING VRYDAGOGGENDE??

Daar is by baie mense 'n groeiende

behoefte aan sinvolle stilword en

gedagtewisseling rondom dit wat

regtig saakmaak in die lewe.

Ons mannegroep het 'n paar jaar

gelede, hierdie probleem identifiseer

en besluit om mekaar te help.

Ons gebruik die kerk se Leesrooster.

Ons wil alle mans nooi –

KOM WORD DEEL

Navrae: André Agenbag /

Scholtz Marais 082 448 4710 /

Charl du Toit 078 499 3946.

Page 3: VANDAG HARTLIK WELKOM - Durbanville Gemeente web.pdf · Die doop is ’n aksie van God aan ons. In die doop is ons passiewe ontvangers van die bevestiging van God se liefde. Daarom,

VOORBIDDING

Ons bid vir die volgende

lidmate wat siek is of besig is

met behandeling.

Mari van Niekerk

Johan Joubert

Helene Coetzee

Zelda Kriel, Meerenbosch, is

oorlede en ons bid vir troos vir haar

familie en vriende.

Ons wil graag vir elkeen wat in

nood verkeer, bid of julle besoek.

Laat weet asb. vir Christa

by ons kerkkantoor.

SPESIALE OFFERGAWE

KERSRITUEEL

Kom ons bid in

besonder vandag

vir ons Senior lidmate

Bybelgenootskap

van Suid-Afrika

Dit is vandag Bybelsondag en ons dink

spesiaal aan almal betrokke by Bybelver-

taling en -verspreiding.

Kom ons bid vir hierdie spesiale werk van die

kerk, hul visie om vir elke mens die lewe-

gewende Woord van God in hul hand te gee.

Ons bid ook vir die Bybelvertalers en die

verskillende vertalingsprojekte.

Ons deuroffers gaan vandag vir die

07 September om 19:00R120 pp vir volw

(300g steak, sous, bykosse en nagereg) en

R50 per kind (hamburger, soetgoed en sap).

Bespreek by die kerkkantoor voor 4 September

Bring asb. eie eetgerei, glase en

drinkgoed saam.

DEUROFFERS ONTVANGDURBANVILLE KINDERHUIS sê

baie dankie vir ons gemeente se onlangse

ruimhartige donasie van R2,829-00.

Ons gemeente se OMGEEDIENS het

R3 866.00 ontvang en bedank ons lidmate

daarvoor.

SAAMKUIER-GELEENTHEIDOns gemeente hou ‘n steakbraai

SPESIALE

GEBEDSVERSOEK

Bid asb saam met die Pitout-

familie vir hul kinders wat reeds

voorheen 'n baba verloor het.

Die mamma is tans in die

hospitaal vir behandeling.

Page 4: VANDAG HARTLIK WELKOM - Durbanville Gemeente web.pdf · Die doop is ’n aksie van God aan ons. In die doop is ons passiewe ontvangers van die bevestiging van God se liefde. Daarom,

Offergawes en spesiale

bydraes kan ook d.m.v.

SNAPSCAN gegee word. As u

ʼn slimfoon het, is dit baie

maklik. Laai net die

SNAPSCAN App af en volg

die instruksies.

BESONDERHEDETel: 021 975 6370

E-pos:

[email protected]

Webblad:

www.durbanvillegemeente.co.za

Facebook:

Durbanville Gemeente

Instagram:

@durbanvillegemeente

Twitter:

@Dgemeente

DURBANVILLE GEMEENTE

BANKBESONDERHEDEABSA, Durbanville-tak,

Rekeningnommer: 141 058 0019

Naam: NG Gemeente Durbanville

Verwysing bv. Pienaar/MDO

KERKKANTOOR

In ons omgewing ...

Durbanville / Bergsig Senior KlubSENIORS

BASAARDonderdag, 30 Augustus 2018

Tyd: 09:00 Plek: Bergsig Gemeente

Kom ondersteun en kuier saam met ons seniors.

Heerlike gebak, pannekoek, poeding,

Kerrie en Rys, Jafels,Koffie en tee

SEPTEMBER-UITSTAPPIE

Ons kuier op Donderdag 27 September 2018

by Klub Mykonos se Bouzouki Restaurant,

Wil jy saamgaan??

Bespreek en betaal jou R100pp in

voor 30 Augustus.

Lofsang en dank

met ‘n nuwe klank

MASSA-SAAMSINGBYEENKOMS

8 September 2018, 19:00

Kaapstad Stadsaal

Vir kaartjies kontak [email protected]

of skakel Bybel-Media by 0860 26 3342