vandag - parys · 2019. 9. 18. · vandag is ook die kortstondige vaste punt vanwaar al my mores en...

13
1 Visie: Gedring deur God se Liefde leef ons om Hom te verheerlik Missie: Koinonia, Geloof en Getuienis Jaargang 20___________________________________________ _3de Kwartaal 2019 VANDAG “Wat is ‘vandag’?” wonder ek. ‘Vandag is maar net 12 korte ure van lig. Genesis 1 vertel hoe ‘vandag’ met ritmiese reëlmaat van ’dit was aand en dit was more’ poëties en geheimsinnig aan alle kante omsluit, omring en omraam word deur ‘n donker nag. In die ganse geskiedenis van die heelal en ook in my eie bestaanstyd op aarde was daar nog nooit een enkele dag presies soos vandag nie! En daar sal ook nooit ooit weer in die heelal se hele onbekende toekoms ‘n dag presies soos vandag wees nie! Vandag is enig in sy soort uniek, besonders, spesiaal en onvervangbaar! En van vlietende verbygaande aard. Vandag is die fokuspunt waarheen al my gisters sedert my geboortedag heen mik. Vandag is ook die kortstondige vaste punt vanwaar al my mores en oormores ookal heen mag lei tot op daardie heel laaste dag van my my sterwensdag. Vandag is die middelpunt van al my verlange en die wentelpunt van al my drome. As ek tog net kon besef hoe kosbaar en waardevol vandag vir my is, sou ek kwalik ongeraak en onverskillig deur vandag kon leef en sou ek kwalik enigiets van vandag sommer so sito sito as onsinnig beskou. Efesiers 5:16 Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons leef in ‘n goddelose tyd. Moenie julle te veel oor more en oormore kwel nie, daar’s heeltemal genoeg aan vandag, se Jakobus. Hebreërs 3:7 Vandag as julle sy stem hoor, moet julle nie hardkoppig wees nie. En die Here se oneindige ontferming oor my is elke more nuut (Klaagliedere 3:23). Vanoggend weer! Daarom sing ek saam met die Psalmdigter: ‘Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees!’ (Psalm 118:24) Ai dis so jammer dat ek merendeels oor vandag ween, murmureer en kla en daaroor treurig en hartseer is? Mag die Here my vergewe!

Upload: others

Post on 26-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1

Visie: Gedring deur God se Liefde leef ons om Hom te verheerlik Missie: Koinonia, Geloof en Getuienis

Jaargang 20___________________________________________ _3de Kwartaal 2019

VANDAG “Wat is ‘vandag’?” wonder ek. ‘Vandag is maar net 12 korte ure van lig. Genesis 1 vertel hoe ‘vandag’ met ritmiese reëlmaat van ’dit was aand en dit was more’ poëties en geheimsinnig aan alle kante omsluit, omring en omraam word deur ‘n donker nag. In die ganse geskiedenis van die heelal en ook in my eie bestaanstyd op aarde was daar nog nooit een enkele dag presies soos vandag nie! En daar sal ook nooit ooit weer in die heelal se hele onbekende toekoms ‘n dag presies soos vandag wees nie! Vandag is enig in sy soort – uniek, besonders, spesiaal en onvervangbaar! En van vlietende verbygaande aard. Vandag is die fokuspunt waarheen al my gisters sedert my geboortedag heen mik. Vandag is ook die kortstondige vaste punt vanwaar al my mores en oormores ookal heen mag lei tot op daardie heel laaste dag van my – my sterwensdag. Vandag is die middelpunt van al my verlange en die wentelpunt van al my drome. As ek tog net kon besef hoe kosbaar en waardevol vandag vir my is, sou ek kwalik ongeraak en onverskillig deur vandag kon leef en sou ek kwalik enigiets van vandag sommer so sito sito as onsinnig beskou. Efesiers 5:16 – Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons leef in ‘n goddelose tyd. Moenie julle te veel oor more en oormore kwel nie, daar’s heeltemal genoeg aan vandag, se Jakobus. Hebreërs 3:7 – Vandag as julle sy stem hoor, moet julle nie hardkoppig wees nie. En die Here se oneindige ontferming oor my is elke more nuut (Klaagliedere 3:23). Vanoggend weer! Daarom sing ek saam met die Psalmdigter: ‘Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees!’ (Psalm 118:24) Ai dis so jammer dat ek merendeels oor vandag ween, murmureer en kla en daaroor treurig en hartseer is? Mag die Here my vergewe!

2

As ek net vir ‘n oomblik onnadenkend leef, anderpad kyk, mag ek dalk net heel moontlik daardie iets of iemand waarvoor ek my hele lewe nog wag, verpas of mis. My gebed is dat ons vandag sal sien vir wat vandag regtig is, want kort voor lank is vandag ook iets van die vergete verlede. Dan noem ons ‘vandag’ sommer ook ‘n ander naam – ‘gister’ of ‘eergister’ …. Vir ewig onveranderlik verby! Al die ander dae van my lewe het óf verdwyn in die verbygaande vergetelheid óf het nog nie hulle verskyning uit die toekomstige raaiselagtige newels gemaak nie! Dus, vandag is die enigste wat ek het! Kom ons koester hom!

Barry van Wyk

DIENS- EN TAAKGROEPE BY PARYS-WES Die kerkraad het besluit dat die onderskeie diens- en taakgroepe hul aktiwiteite voor ‘n erediens aan die gemeente moet bekendstel. ‘n Lys van die diens- en taakgroepe is later in die Posduif. Suna Meyer, voorsitter van die Diensgroep Getuienis, was op Sondag, 4 Augustus aan die beurt. HOEKOM ‘N DIENSGROEP VIR GETUIENIS?

Die gemeente se logo wat die bestaansreg as gemeente verbeeld, het 3 pilare wat rus op ‘n boek, die Bybel. Die eerste een het te doen met ons persoonlike geloofsverhouding met God, die tweede met ons onderlinge verhoudinge met medegelowiges en die derde met ons getuienis na buite – anderkant die palissade om die kerkerf. Diensgroep getuienis probeer om, namens die gemeente, uitvoering te gee aan simboliek van die derde pilaar. Jesus se eie woorde was immers: “Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.” (Markus16:15)

Diensgroep Getuienis het ten doel

om vir die gemeente ‘n visie vir God se ganse Koninkryk te gee

om die gemeente te begelei en te motiveer om saam met ons eienaarskap van ons getuienistaak te aanvaar – dis nie net ‘n opdrag vir ‘n paar persone nie!

Hoe bereik ons hierdie doelstellings?

Deur gebed – op ons afkondigings en in nuusbriewe, verskyn gereeld sake wat voorbidding nodig het (van werk onder matrose op skepe tot wat Jews for Jesus onder hulle eie mense doen tot hulpverlening na sikloon Idai in Mosambiek)

Deur twee maal per jaar persone te nooi wat ten nouste gemoeid is met die kerk se getuienistaak, om in die erediens op te tree.

Deur praktiese dienswerk plaaslik en finansiële hulp te verleen aan sendelinge

(Getuieniswerk kan nooit net Woord-getuienis wees, dit gaan altyd met dade ook gepaard – dit was ook Jesus se werkswyse). Daarom …

…voorsien ons maandeliks 20 kospakkies aan behoeftige lidmate van

Schonkenville. …doen ons weekliks evangelisasiewerk by ons plaaslike gevangenis saam

met Lotsha Ministries …voorsien ons gedeeltelik in kos- en ander behoeftes by Eendjies

3

Kleuterskool in Schonkenville. (2 Christen onderwysers doen goeie werk daar.) … neem die hele gemeente deel aan die maandelikse sop en brood vir

Mponeng skool in die koepel. Moenie sug daaroor nie -dit word baie waardeer, baie dankie daarvoor. In Desember gee ons vir die ±100 kinders ‘n jaareindpartytjie. Verlede jaar het ons eers die Jesus-film in Sotho vir hulle gewys en toe partytjie gehou. In die verlede het ons verskeie behoeftes aangespreek: warm baadjies, ‘n rekenaar-drukker, grassnyer. …deur in die RSA en die buiteland aan 4 sendelinge gebeds- en finansiële

steun te gee. Hulle is ingeskakel by sendingorganisasies maar moet self vir hulle ‘n finansiële steunbasis opbou. Saam met baie ander ondersteuners maak ons dit dus vir hulle moontlik om hul roeping te vervul. Hulle is: Jaco en Helene Lourens in Machadodorp –ingeskakel by CYB Johan en Rita Bloemhof in Parys Frankryk - betrokke by die CEF Johan en Trudie Robbertze in Mtware Tanzanië – betrokke by SIM Japie en Dasha Hugo in Siberië in Rusland – ook ingeskakel by ‘n sendingorganisasie.

FONDSE

Vir alles wat ons aanpak en doen, moet ons self die fondse bymekaar kry. Behalwe vir ‘n maandelikse donasie van R750 vir ons kospakkies (waarvoor ons baie dankbaar is) en vir die borg van helfte van ons mieliemeel se koste deur Pride Milling, verkry ons fondse uit 4 pannekoekverkopings per jaar, nog self-beplande funksies soos ‘n kerrie-en-rys verkope en ‘n sop-en-broodaand.

Die getuienistaak van die kerk is oorweldigend groot en die arbeiders bly

maar min soos die Bybel sê. Maar deur die insette van die Diensgroeplede en nog hulp uit die gemeente, deur gebed en in die krag van die Heilige Gees, kry ons dit op een of ander manier reg om te investeer in die Koninkryk van God en so die evangelie te neem waar ons nie kan kom nie. Suna Meyer

NUWE INTREKKERS Baie welkom aan die volgende nuwe lidmate wat die afgelope tyd by die gemeente aangesluit het. Ons vertrou dat jul verblyf in ons gemeente geseënd sal wees en dat julle goed

sal inskakel. Die beste manier om dit te doen is om betrokke te raak. Vra gerus vir Annelie of Dries by die kerkkantoor waar jul kan inskakel.

Naam Van Adres Vorige

Gemeente Wyk Kontaknr

Paul Schoeman

Visarendstr 730

Barberton M1 0725916500 Vaaloewer

Esmé Schoeman

Visarendstr 730

Barberton M1 0824779206 Vaaloewer

Susanna De Klerk Leeudoringstad

Markus De Klerk (seun) Leeudoringstad

Mike & Alna Trollip Delverstr. 102A Pellisier End 0828990920

4

UITREIK IN PARYS: 1 – 8 SEPTEMBER 2019 Ons land beleef velerlei krisisse en die Diensgroep Getuienis het besluit: kom ons doen die ding waarvoor die kerk geroep is – ons versprei die boodskap van God se liefde en omgee in ons dorp. Hierdie uitreik is in samewerking met die NGKA en die NG gemeente in Schonkenville beplan en in ‘n gees van samehorigheid uitgevoer. Dit het onder andere die volgende behels: Sondag, 1 September: As bydrae tot die uitreikweek het die kategesekinders ‘n liedjie in die kerk gesing waarna ds Barry een van sy interresante kinderpreke, wat almal verstaan en geniet het, gelewer. Na afloop van die diens was daar ‘n muntlegging (wat gelukkig baie note ingesluit het) ten bate van Japie en Dasja Hugo se werk in Rusland. Dankie aan almal wat bygedra het tot die mooi bedrag van R4 300.00 wat op die twee se name uitgelê is.

Maandag, 2 September: Die evangelie is deur middel van ‘n traktaatjies met die lang toue mense by die OTM’e en die Poskantoor gedeel en hul is verseker van God se liefde vir hulle en so is die hoop wat ons almal nodig het, versprei. Daar is ook 4 Suid-Sotho Bybels by die Poskantoor verkoop.

Die span wat op 2 September begin het met die aktiwiteite vir die uitreikweek

Dinsdag, 3 September: Die Tumahole Selfhelp Association for the Disabled,

waar 65 kinders en volwassenes daagliks versorg word, is besoek. Ds Letsele van NGKA het ‘n boodskap van hoop gebring en inwoners het lekker aan die kolwyntjies wat uitgedeel is, gesmul. Daar is ook ander behoeftes soos ou klere, afval-lap vir naaldwerk, ou tydskrifte, speelgoed, prenteboekies, saad en kompos vir tuinmaak geïdentifiseer en van die items is voorsien. ‘n Tweede span het terselfdertyd die Eendjies Kleuterskool in Schonkenville besoek waar daar bietjie met die kindertjies gespeel is. Die groep het ook vir hulle kos en ander items waaraan hul ‘n behoefte het, geneem.

Woensdag, 4 September: Die werksoekers op die straathoeke is besoek en die evangelie is met hulle gedeel en elkeen het ‘n bakkie kerrie-en-rys ontvang.

Vrydag, 6 September: Die Diensgroep Getuienis en medewerkers het pannekoek vir Schonkenville se basaar gebak.

Op Sondag, 8 September het ds Tewie Pieters (foto) van Coligny-Oos die gemeente besoek en gepreek. Hy het ook vertel van die onrus in hulle dorp in 2017 en hoe dit deur samewerking van die gemeenskap opgelos is.

Dankie aan almal wat finansiële en ander bydraes gemaak het en wat op een of ander manier by die uitreikweek betrokke was.

5

Dit was lekker om hierdie taak saam met lede van die NGKA en die NG gemeente in Schonkenville aan te pak. Dankie ook aan elkeen van hulle wat gehelp het. Hier is enkele foto’s van die uitreikweek se gebeure. Dankie aan die fotograwe wat die foto’s voorsien het. Foto van ds Tewie is ex internet.

6

ONS SENIOR BURGERS - 80 JAAR EN OUER Ons sê lekker verjaar! “Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie.” Jes 40:29 JULIE: 06 – Jan de Beer (80): Deur die genade gaan dit met hom en sy gesondheid nog baie goed. 10 – Susan van der Colff (80): Sy gaan aan al pla die gewone skete en kwale, dankbaar vir wat sy nog kan doen en beleef. 16 – Madelief Wolmarans (84): Dit gaan goed. Knieë pla nog maar hou haarself besig met lees en godsdiensoefeninge in Najaarsrus. 20 – Chrissie Boshoff (84): Sy sukkel nog met haar knieë en bene, maar verder gaan dit goed. 24 – Bettie Smit (81): Dit gaan baie goed, geen klagtes nie! Piekfyn! 30 - Nicolette Terreblanche (87): Tannie Nicolette word in die afdeling vir verswakte bejaardes in Sally Martin Park versorg en onder omstandighede gaan dit nog redelik goed met haar. 30 – Maria J van Rensburg (80): Het geval en haar skouer en knie beseer. Het reeds ‘n skouer-operasie ondergaan en sal volgende jaar ook aan haar knie moet laat werk. AUGUSTUS: 09 – Babes Renney (82): Dit gaan baie goed, sy het nog genoeg krag om te doen wat sy moet doen! 12 – Ria Oosthuizen (86): Tannie Ria word in AMOT versorg. 23 - Bettie Fullard(86): Dit gaan baie goed. Haar gesondheid is nog goed en sy kuier tans by die kinders in Pretoria. 25 – Ina Mulder (83): Been pla as gevolg van artritis en sy loop moeilik, maar geniet baie goeie versorging in AMOT. 30 - Ester Reynecke (83): Sy sê sy het “niks om oor te kla en niks om oor te roem nie”. Dit gaan goed en sy is baie dankbaar. SEPTEMBER 09 – David Sussens (85): Dit gaan redelik goed. Pyne en kwale van die ouderdom kom, maar hy gaan nog aan. 09 – Johan Schultz (90): Gaan goed. Geniet nog goeie gesondheid en het baie rede tot dankbaarheid. 12 – Vissie Visser (81): Rug is soms seer, maar verder gaan dit baie goed – 100%! 15 – Leentjie Meyer (82): Sy kuier by haar kinders in Pretoria. 16 – RW Smith (82): Dit gaan nog heel goed met hom en sy gesondheid. 18 – Hennie Wentworth (82): Gaan goed. Rug pla (maar hy werk in die plafon!) , verder nie klagtes nie. 23 - Boetie van Niekerk (81): Gaan goed, het geen klagtes nie. 25 – Neels Mathee (83): Sukkel met sy rug as gevolg van komplikasies na operasie. Hy het baie pyn en loop moeilik, maar gaan nog aan. 28 – Albert Mitchell (81): Gaan goed. Loop bietjie moeilik as gevolg van rug, maar gelukkig geen pyn nie. 29 – Elsa Enslin (86): Tannie Elsa se gesondheid is nie van die beste nie, maar met die genade van Bo vat sy dit dag vir dag!

7

EM Bounds het gesê: “Gebed is ‘n heilige ambag. Net jammer dat die meeste Christene nog vakleerlinge is in die gebied!”

KERSKOSPROJEK 2019

Die tyd vlieg en ons begin reeds werk aan die vyfde

kerskosprojek in Parys-Wes. Die Diensgroepe

Getuienis en Diens van Barmhartigheid het namens

die gemeente en dus elkeen van ons, in 2015 met die

projek begin en vyf jaar later is die finansiële posisie

van die ontvangers van die pakkies selfs nog swakker as tevore. Daar word

maandeliks kospakkies aan 20 gesinne by die NG Kerk Schonkenville gegee

terwyl die Diens van Barmhartigheid tans 3 gesinne ondersteun.

Die doel met die kerskosprojek is om aan hierdie gesinne ‘n bietjie ekstra te gee

gedurende die kerstyd sodat hulle ook in daardie tyd iets meer het om te eet.

Die waarde van ‘n kospakkies is ongeveer R300.00 en gemeentelede word

vriendelik uitgenooi om weer vanjaar bydraes vir die projek te maak. Almal is

welkom om een of meer pakkies te borg. Alle bydraes is egter welkom en ‘n

klompie 10 / 20 / 50 / 100 rande koop ook ‘n pakkie. Bydraes kan tot einde

November by die kerkkantoor inbetaal word of jul kan dit in ‘n koevert wat gemerk

is “Kerskosprojek” in die kollektebord plaas.

By voorbaat baie dankie vir almal se ondersteuning van die projek.

‘N PAAR GEDAGTES WAT MY DIEP GERAAK HET

My kleindogter (14) kom na my toe:

“Ouma, een van ons babatjies is

dood”, hartseer in haar stem. Op die

palm van haar hand is ‘n piepklein

dooie vink-babatjie (2 weke, +- 4 cm).

Die lyfie is slap en sy kyk met sagte

oë na hom. Saam bekyk ons hom

terwyl hy op sy ruggie lê: die keeltjie,

half deurskynend, is volmaak gevorm;

twee piepklein vlerkies, nog sonder

donsies, gemaak om te vlieg, en

nogal ‘n stertjie ook.

Die kroppie, deurskynend, is

propvol saadjies, deur ‘n sorgsame,

liefdevolle mamma daar geplaas deur

‘n wyd-oop bekkie. Die klein

liggaampie sou dit verteer en gebruik

om te groei sodat hy eindelik kon

lewe, vlieg, rondspring en sing om sy

Skepper te verheerlik. Die dun

beentjies lê toegevou.

Sag lig sy met haar vinger elke

toontjie op; almal is daar, absoluut

volmaak gevorm. Sy draai hom sag

om op sy magie: volmaakte bekkie,

neusgaatjies, oortjies en ogies.

Ons kyk weer met aandag na

hom, altwee stil! God se skepping!

Volmaak! Geen menslike wese kan

dit doen nie!

Ons aanbid ‘n lewende,

Almagtige God van liefde en sorg.

Wat ‘n voorreg! Emma Booyen

8

ONDERHOUD EN OPGRADERING VAN EIENDOMME

Met verloop van tyd raak dinge oud en dit verweer en as dit nie herstel word nie, gaan dit tot niet. Die kerkraad het besluit dat daar nou aandag aan die saal gegee moet word. Die saal het die afgelope tyd ‘n gedaanteverwisseling ondergaan en die mense wat dit opgelet het, het baie positief daarop gereageer. Vir diegene wat nie baie daar kom nie, die krake in die kleedkamers, voorportaal, kombuis, spens en saal is behoorlik herstel en alles is geverf. In sekere gedeeltes is die kroonlyste en ligte ook vervang. Dankie aan Seacrest vir goeie werk. Die foto van die voorportaal tydens die wynveiling is ‘n goeie aanduiding van hoe dit nou lyk. (LW. Die matte en skilderye is net geleen vir die aand van die veiling!!). (Foto: Dries) Die volgende stap is om die staalpanele in die vensters en deure wat sleg roes te vervang en ook om die rame te verf. Daarna sal daar aandag gegee word aan die vervanging van die vloerteëls wat oud is en al meer verbrokkel.

Die vervanging van die vloerteëls is egter ‘n groot uitgawe en daar sal gekyk word na voldoende fondse voordat dit aangepak word. Dankie aan almal wat betrokke was of donasies vir eiendomme se onderhoud gegee het en nog

steeds bydra. Na afhandeling van die saalprojek sal ons weer ‘n mooi lokaal hê wat op sy beurt weer ‘n bron van inkomste vir die gemeente kan wees. Baie dankie aan oom Willie en Ivan Cuckhart wat die skuifdeure wat los was, herstel het. Dries de Jager : Gemeentebestuurder/Koster

WYNVEILINGHierdie was nie net ‘n wynveiling nie, dit was ‘n ondervinding! Dit het ‘n paar maande geneem om die veiling wat op Vrydag, 23 Augustus 2019 gehou is te beplan en al die reëlings te tref. ‘n Groot dankie aan Fanie en Tertia (Crater Coffees) wat die veiling georganiseer het. Calla en Wess-lee het die saal pragtig opgemaak en dit het bygedra tot ‘n heerlike atmosfeer. Dankie daarvoor. (Foto onder).

9

Country Ox het ‘n heerlike ete voorberei en die afslaer, Pieter van Rooyen, het gesorg dat die aand ‘n groot sukses is. Met so ‘n goeie afslaer kan dit nie anders nie! Dankie Pieter. Dan natuurlik baie dankie aan Jacques Borman van Boschkloof (foto) wat sy wyne kom bekendstel het. Die Kaapse Wynmakersgilde, het net 45 lede en Jaques is een van hulle. Lidmaatskap van die gilde geskied op uitnodiging en is beperk tot wynmakers wat wyn van ‘n baie hoë internasionale standaard maak Ongeveer R26 000.00 is ingesamel en ‘n bedrag van R1 600.00 is aan elk van Landelike Veiligheid en We Care, twee plaaslike organisasies wat baie vir die dorp beteken, geskenk. Dankie ook aan almal wat betrokke was, wat wyne geskenk het vir die veiling, hulle wat in die feestelikheid gedeel het en veral diegene wat aan die veiling deelgeneem het. Sonder julle insette en bydraes is dit nie moontlik om so ‘n geleentheid aan te bied nie. Ons dank ook ons Hemelse Vader vir die sukses van hierdie funksie!! Dries de Jager : Gemeentebestuurder/Koster

KOM ONS SPEL

Die korrekte spelling van woorde is

baie belangrik in ons daaglikse

omgang. Dit is wonderlik dat daar

deesdae ook spelkompetisies in die

skole en selfs op televisie is wat

kinders aanmoedig om van kleins

af te leer om reg te spel en dus reg

te skryf.

Baie geluk aan die twee jong

spellers in ons gemeente, nl

Lourens en Wium Potgieter wat

onlangs die Vrystaatse Gr3 –

10

skolespelkompetisie in

Bloemfontein gewen het. Op 19

Oktober moet hulle in Stellenbosch

wees waar hulle aan die nasionale

spelkompetisie sal deelneem. Ons

is trots op julle en wens julle

voorspoed toe met die spellery.

Hulle is twee besige mannetjies en

die laaste foto wat ek van hul saam

kon neem, was tydens die Stap vir

Bybels in Oktober 2014 toe die

spelfundi van die gesin hul nog

moes stoot. Daar het hul dalk al hul

eerste speloefening gekry met

s-t-o-o-t m-a-m-m-a, stoot. Wees

sterk manne en wys hul wat die

Vrystaters kan doen.

TAAK-EN DIENSGROEPE VAN PARYS-WES Die werk in die gemeente word deur verskillende diens- en taakgroepe uitgevoer. Die volgende tabel wat onlangs in die afkondigings verskyn het, sê wie die voorsitters van die verskillende groepe is. Die voorsitters kan egter nie alles self doen nie en hulle het meerdere gewillige hande nodig om te help. Indien u geroepe voel om by een van die groepe betrokke te raak, skakel gerus die voorsitter of die kerkkantoor en doen dit. Baie dankie aan die gemeentelede wat reeds by die groepe betrokke is. Dit word hoog op prys gestel.

Taakgroep Diensverhoudinge Piet du Preez 082 565 4797

Taakgroep Eiendomme Gert Olivier 083 293 4185

Taakgroep Fondse Ian van Rooyen 083 645 0210

Diensgroep Diens van Barmhartigheid Corina Grobbelaar 082 256 8729

Diensgroep Gemeentebediening Vakant Diensgroep Getuienis Suna Meyer 082 790 1934

Diensgroep Jeug Johan Beukes 079 473 9594

Diensgroep Thabita Ina van Wyk 083 655 1880

Leierouderling Thys van Zyl 072 733 5376

Leierdiaken Alet Verwey 082 643 1508

BASAAR – 3 AUGUSTUS 2019 Baie dankie aan almal wat bygedra het om van hierdie jaar se basaar 'n sukses te maak. ‘n Bedrag van ± R150 000.00 is ingesamel.

Die Parys-Wessers en vriende het weer op Saterdag, 3 Augustus basaar gehou en daar is lekker saam gekuier. Enige basaar of funksies in die gemeente is afhanklik van die ondersteuning

van en bydraes uit die gemeente en vanjaar het elkeen weer hul deel gedoen. Of dit 'n pakkie jellie, ‘n wit olifant, 'n bees, vleis, hoender of 'n kontant bydrae was, alles is altyd baie welkom. Die grootte daarvan maak nie saak nie. Daar is ook altyd die ouens wat sorg dat die bydraes verwerk en verkoop word en ons geniet die vleis, lekkergoed, kerrie-en-rys,

11

vetkoeke, groot- en kleinkoekies en dit wat op die naaldwerktafel uitgelê word. Die pannekoek en poeding bly natuurlik altyd ‘n gunsteling by ‘n basaar. Heelwat mense kon ook weer heerlik smul aan die ontbyt wat voorgesit is. Dankie ook aan almal wat betrokke was by die jeug items...dit was

lekker om soveel kinders hier te sien!

Ons is baie dankbaar vir die mooi bedrag wat ingesamel is, maar boweal ook vir nog ‘n geleentheid waar gemeentelede en vriende saam kon kuier en werk. Alle eer aan aan ons Hemelse Vader!!!

Woorde kan nie bene breek nie, maar wel harte

12

BAIE GELUK Baie geluk aan Parys-Wes se kranige rolbalspeler. Dries de Jager, ons Gemeentebestuurder/Koster is onlangs gekroon as die Mansenkelspelkampioen van Parys Rolbalklub. Welgedaan Dries en sterkte vorentoe. Mag daar nog vele lekker toernooie wees.

KOMENDE GEBEURE Afgesien van die normale aktiwiteite van die gemeente, is daar ook 'n paar spesiale geleenthede op die kalender wat nog tot aan die einde van die jaar plaasvind. Saterdag en Sondag, 14 en 15 September – Gemeente se

verjaarsdag.

- Saterdag – 07:00 Stap vir Bybels

- Sondag – 09:00 Nagmaal en Belydenisaflegging

Vrydag, 18 Oktober: Funksie vir senior burgers

Vrydag, 15 November: 18:00 - Kers Pik-en-Proe

Sondag, 8 Desember: 09:00 Gesamentlike Erediens – NG Parys Wes

Sondag, 15 Desember: 09:00 Gesamentlike Erediens – NG Suid

Maandag, 16 Desember: Versoeningsdag by Moedergemeente

09:10 Vlaghysing

09:30 Erediens

Sondag, 22 Desember: Gesamentlike erediens by NG Moeder

Sondag, 29 Desember: Gesamentlike erediens by NG Oos

KENNISGEWING IN KERKE Volgens ‘n betroubare internetbron (??), verskyn die volgende kennisgewing

nou in die meeste Franse kerke. Hier is die Engelse vertaling: “It is possible that on entering this church, you may hear the Call of God. On the other hand, it is not likely that he will contact you by phone. Thank you for

turning off your phone. If you would like to talk to God, come in, choose a quiet place, and talk to him. If you would like to see him, send him a text while

driving”.

Stuur asseblief enige kommentaar en bydraes na [email protected] of skakel Hansie Bekker by

056 811 4754 / 082 820 430

13