vanuit die redakteur se pen geestelike ervaring kwartaal 4 - 2014.pdf · vanuit die redakteur se...

14
Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het die jaar nie by ons verby gevlieg nie. Maar voordat ons verval in ‘n bui van depressie, laat ons eerder positief terugkyk oor die jaar wat op sy rug lê. Het u 2014 geniet? Daar was baie uitdagings gewees en nou dat ons terugkyk, kon ons ‘n sukses maak van al die uitdagings? Ja, beslis was dit ‘n aangename en geseënde jaar gewees vir elkeen van ons. As ons ons seëninge tel, dan sal ons verbaas wees oor wat aan ons geskenk is. Ja, ons het dalk foute ook gemaak, maar ons het oneindig baie geleer uit ons foute. En wees verseker dat ons nie weer dieselfde foute gaan maak nie. Baie dankie vir u bydraes vir die Wesnuus van 2014. Ek waardeer dit. Mag u ‘n vreugdevolle Christus fees geniet en ‘n geseënde 2015. Saam met Christus kan ons 2015 by die horings pak en ook daarvan ‘n sukses jaar maak. Groetnis Hannes Zwarts ([email protected]) GEESTELIKE ERVARING In Lukas 10 lees ons van die twee-en-sewentig dissipels wat deur Jesus uitgestuur is na die dorpe waarheen Hy van plan was om te gaan. Die dissipels moes daar die siekes gesond maak, en in vers 17 lees ons dat hulle ook duiwels uitgedryf het by die noem van Jesus se naam. Dan lees ons ook verder dat die dissipels “vol blydskap was” juis hieroor: oor die duiwels wat hulle onderwerp het. Dit moes vir die dissipels ‘n baie groot geestelike ervaring gewees het om so deur die Here gebruik te word. Die meeste van ons verlang tog ook maar na geestelike ervarings, al is dit in die geheim. Maar dan is dit tog asof Jesus ‘n demper plaas op die dissipels se blydskap as Hy in vers 20 sê, “en tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is.” Hierdie woorde van Jesus is ook vir ons vandag ‘n ernstige vermaning. Ons is tog so ingestel op die buitengewone, ons gebruik selfs name soos ‘tegnieke’ om ons in die regte stemming te plaas vir ‘n geestelike ervaring, ons soek dit en dan teer ons daarop. Hierdie soort goed bring geen verdieping in jou geloofslewe nie, eerder word dit ondergrawe omdat jy net op jou eie emosies bou. Baie gelowiges het al ondervind dat dit beter is om in stilte op God te vertrou, in ‘n lewe van innige geloofsverbondenheid met Jesus Christus die Here. Dit sluit glad nie geestelike ervarings uit nie, inteendeel, hulle is wel min, maar so diep en intens dat hulle jou jou hele lewe lank vars sal bybly, Hy ken jou beter as wat jy jouself ken, Hy weet beter as jy wanneer jy dit nodig het. Sorg net dat jy naby Hom bly. En hierdie naby Hom moet jy dan gaan uitlewe in Sy gemeente, want dit is waartoe Hy jou geroep het. Omdat Kersfees om die draai is, van my dan, hartlike somer kersfeesgroete. Roland

Upload: others

Post on 27-Sep-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Vanuit die redakteur se pen GEESTELIKE ERVARING Kwartaal 4 - 2014.pdf · Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het

Vanuit die redakteur se pen

En daar is die laaste uitgawe

vir 2014 van die Wesnuus in u

hand! Hoe vinnig het die jaar

nie by ons verby gevlieg nie.

Maar voordat ons verval in ‘n

bui van depressie, laat ons

eerder positief terugkyk oor

die jaar wat op sy rug lê.

Het u 2014 geniet? Daar was

baie uitdagings gewees en nou

dat ons terugkyk, kon ons ‘n

sukses maak van al die

uitdagings? Ja, beslis was dit

‘n aangename en geseënde

jaar gewees vir elkeen van

ons. As ons ons seëninge tel,

dan sal ons verbaas wees oor

wat aan ons geskenk is. Ja,

ons het dalk foute ook

gemaak, maar ons het

oneindig baie geleer uit ons

foute. En wees verseker dat

ons nie weer dieselfde foute

gaan maak nie.

Baie dankie vir u bydraes vir

die Wesnuus van 2014. Ek

waardeer dit.

Mag u ‘n vreugdevolle Christus

fees geniet en ‘n geseënde

2015. Saam met Christus kan

ons 2015 by die horings pak en

ook daarvan ‘n sukses jaar

maak.

Groetnis

Hannes Zwarts

([email protected])

GEESTELIKE ERVARING

In Lukas 10 lees ons van die

twee-en-sewentig dissipels

wat deur Jesus uitgestuur is na

die dorpe waarheen Hy van

plan was om te gaan. Die

dissipels moes daar die siekes

gesond maak, en in vers 17

lees ons dat hulle ook duiwels

uitgedryf het by die noem van

Jesus se naam. Dan lees ons

ook verder dat die dissipels

“vol blydskap was” juis

hieroor: oor die duiwels wat

hulle onderwerp het.

Dit moes vir die dissipels ‘n

baie groot geestelike ervaring

gewees het om so deur die

Here gebruik te word. Die

meeste van ons verlang tog

ook maar na geestelike

ervarings, al is dit in die

geheim. Maar dan is dit tog

asof Jesus ‘n demper plaas op

die dissipels se blydskap as Hy

in vers 20 sê, “en tog moet

julle nie bly wees net omdat

die geeste hulle aan julle

onderwerp nie, maar wees

veral bly omdat julle name in

die hemel opgeskryf is.”

Hierdie woorde van Jesus is

ook vir ons vandag ‘n ernstige

vermaning. Ons is tog so

ingestel op die buitengewone,

ons gebruik selfs name soos

‘tegnieke’ om ons in die regte

stemming te plaas vir ‘n

geestelike ervaring, ons soek

dit en dan teer ons daarop.

Hierdie soort goed bring geen

verdieping in jou geloofslewe

nie, eerder word dit

ondergrawe omdat jy net op

jou eie emosies bou.

Baie gelowiges het al

ondervind dat dit beter is om

in stilte op God te vertrou, in

‘n lewe van innige

geloofsverbondenheid met

Jesus Christus die Here. Dit

sluit glad nie geestelike

ervarings uit nie, inteendeel,

hulle is wel min, maar so diep

en intens dat hulle jou jou hele

lewe lank vars sal bybly, Hy

ken jou beter as wat jy jouself

ken, Hy weet beter as jy

wanneer jy dit nodig het. Sorg

net dat jy naby Hom bly. En

hierdie naby Hom moet jy dan

gaan uitlewe in Sy gemeente,

want dit is waartoe Hy jou

geroep het.

Omdat Kersfees om die draai

is, van my dan, hartlike somer

kersfeesgroete.

Roland

Page 2: Vanuit die redakteur se pen GEESTELIKE ERVARING Kwartaal 4 - 2014.pdf · Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het

KERSFEES!!!!!

Is daar enige ander tyd van die jaar wat ‘n

spesifieke gebeurtenis die lewens van mens

so intens beïnvloed as Kersfees? Almal mag

dalk nie Kersfees met soveel verwondering en

afwagting tegemoet gaan as die klein

kindertjies met hulle glinsterende ogies nie,

maar almal binne die Westerse beskawing

word vir hierdie tyd van die jaar meegesleur

deur die totale omvang van die feesgety.

En hoekom?

Want eenmaal is daar vir die verlore

mensdom ‘n Verlosser gebore, ‘n Verlossing

om die mensdom te bevry van die

gebrokenheid van die wêreld. Of jy nou glo en

of jy nie glo nie, in hierdie tyd van die jaar vier

jy dit. Of jy dit gebruik om hierdie tyd van die

jaar daaruit geld te maak of watter

selfgesentreerde doelwit jy ookal daarmee

mag probeer verwesenlik, met dit wat jy doen

herdenk jy in wese saam met die ganse

Westerse kultuur hierdie ontsaglike

belangrike gebeurtenis.

So laat ons dan hulde bring aan die Een wat

gekom het. Laat ons dank betuig vir die

geskenk wat ons ontvang het. Laat ons saam

met die kindertjies, soos kindertjies wat

opgewonde wag vir Kersvader, wag op die

Een wat weer sal kom.

&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&&

KERSFEES BOODSKAP

Matt. 9:13 “Ek het nie gekom om mense te

roep wat op die regte pad is nie, maar die

sondaars.”

Elke jaar gaan Kersfees gepaard met baie

besluite. Waar gaan ons wees, wat gaan ons

eet en wie gaan wat kry? Met Jingle Bells in

jou ore breek die frustrasie van nog ‘n jaar se

Kersfeesinkopies aan. Jy en jou vrou is al

klaar kwaad vir mekaar nog voor die eerste

geskenk gekoop is.

As jy soos ek sukkel met geskenke, lees

hierdie verhaal en gee dit vir iemand weg

voor dit te laat is!

Waarheen is jou skip van drome oppad?

Sy het bekend gestaan as die “skip van

drome”. Sy was agt honderd en negentig voet

lank. Veertien duisend mense het aan haar

gebou. Die anker het vyftien en ‘n half ton

geweeg en is deur twintig perde van die

fabriek af tot by die skip getrek. Die

binnekant van hierdie skip het tien maande

geneem om te voltooi, altesaam ‘n paar

miljoen ure se werk aan Louis Quinze-,

Klassieke Versailles- en Victoriaanse

versierings, Crown Berger-skilderye, Franse

kafees en Turkse baddens om maar net ‘n

paar op te noem.

Sy is ook genoem: Die onsinkbare skip en in ‘n

koerant van 1912 word berig dat selfs God

haar nie kan sink nie.

Maar op Sondagaand 12 April 1912 sink die

Titanic binne twee ure en neem 1500 lewens

saam na haar watergraf.

Tydens hierdie twee ure het interessante

verhale afgespeel. Te min reddingsbote.

Rykes en vernames het gesorg dat hulle

eerste plek kry. Later het die Kaptein oor sy

megafoon afgekondig dat net vrouens met

babatjies plek op die reddingsbote mag kry.

‘n Man met ‘n babatjie in sy arms het verby ‘n

Page 3: Vanuit die redakteur se pen GEESTELIKE ERVARING Kwartaal 4 - 2014.pdf · Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het

vrou gehardloop wat nie ‘n kind gehad nie.

Vir haar was die afkondiging ‘n doodsvonnis.

Skielik het haar situasie verander toe die man

sy kind in haar arms sit en sê: Dit is

joune…hardloop vir jou plek op die

reddingsboot!

Wat is jou grootste Kersgeskenk?

Ons is almal daarvan bewus dat ons

lewensvaart iewers soos die Titanic gaan sink.

Ons is ook bewus daarvan dat nie almal in

hierdie lewe die reddingsboot van Jesus gaan

haal nie.

Met Kersfees kom sit God opnuut weer sy

kind in jou arms en sê: Dit is joune… hardloop

na My reddingsboot. Moenie wag tot dit te

laat is nie. Wanneer ‘n skip sink, word lug

uitgeblaas en water ingesuig. Wag jy tot dit

te laat is, word jy saam ingesuig al spring jy.

Die meeste mense wat hulle lewe in die

Titanic-ramp verloor het, het nie verdrink nie,

maar verkluim. Wie wil in koue water

ronddobber as Jesus reeds vir jou ‘n plek op

sy onsinkbare reddingsboot voorberei het?

EER AAN GOD IN DIE HOOGSTE HEMEL

Skielik was daar saam met die engele ‘n

menigte engele uit die hemel wat God prys en

sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en

vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n

welbehae het!”

(Lukas 2 : 13 – 14)

Vir die gemiddelde mens was die lewe nie

merkbaar anders as op die nag toe Jesus

gebore is nie. Kroeë en tavernes was besig

met hulle klante. Herders het om hulle vure

gehurk om warm te bly en oor hulle skape

wag gehou. In ‘n afgesonderde hoek van

Bethlehem, in ‘n eenvoudige stal, het ‘n Baba

in ‘n krip gelê. Toe die herders wou gaan

slaap, het die engele in ‘n magtige koor

saamgetrek en is die stilte van die nag met

hemelse lofsange verbreek.

Stel jou die herders se reaksie voor : skok,

vrees en dan verwondering. Hulle het geweet

dat hulle hierdie buitengewone Kind moes

vind wie se geboorte deur die engele

verkondig is.

Terwyl jy die heuglike geboorte van Christus

vier, maak seker dat jy Jesus self soek en vind.

KERSFEES BOODSKAP

“Kersfees kom, Kersfees kom, gee aan God

die eer. Skenk ons ‘n helder Somerkersfees in

hierdie land, o Heer.”

Met Kersdag wat vinnig nader kom, is die

winkels stampvol en beplan ‘n ieder en elk

aan maaltye, geskenke, vakansies en familie-

kuiers.

Ons raak behep met die uiterlike vertoon van

kersbome en liggies. Die ware betekenis van

Kersfees raak weg in die mensgemaakte

rituele en tradisies.

My hartewens is dat elke mens op aarde die

wonder sal raaksien van ‘n God wat na die

wêreld toe gekom het om ons lig te wees. Ek

wens elkeen die vrug van die Gees toe: liefde,

vreugde, vrede, vriendelikheid, geduld,

nederigheid, getrouheid en goedhartigheid.

Mag ons aan God alleen die eer gee.

‘n Geseënde Christusfees aan almal en mag

die nuwe jaar met entoesiasme en

nederigheid aangepak word, met God as

stuurman van ons lewens.

(Henrietta Schoeman)

Page 4: Vanuit die redakteur se pen GEESTELIKE ERVARING Kwartaal 4 - 2014.pdf · Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het

NET..........................

Omdat G o d my liefhet, laat Hy my nooit in

die steek nie, al doen baie van my beste

vriende dit.

omdat G o d my liefhet, hou Hy ook nie boek

van my oortredinge wat Hy vergeef het nie.

Hy vergeet daarvan.

Omdat G o d my liefhet, sê Hy nooit daar is

nie meer hoop vir my nie. Hy werk eerder

geduldig met my en dissiplineer my.

Omdat G o d my liefhet, ondersteun Hy my

wanneer ek 'n punt van wanhoop bereik; as

ek myself sien soos ek regtig is - en dit dan

vergelyk met sy geregtigheid, sy heiligheid,

skoonheid en liefde.

Dit is in sulke oomblikke dat ek werklik kan

glo dat G o d my liefhet. Jy, die grootste van

alle geskenke, is G o d se volmaakte liefde.

(Gebaseer op 1 Korintiers 13: 4 - 8.)

OMDAT JESUS CHRISTUS DIE WET VOLKOME

VERVUL HET, WORD DIE TIEN GEBOOIE IN

HOM TIEN BELOFTES AAN ONS!

Eerste belofte: As Ek die belangrikste in jou

lewe is, sal jy geen ander gode wil dien nie,

omdat jy My sal ken en weet dat Ek die

enigste ware en lewende God is – Ek sal die

ereplek in jou lewe hê

Tweede belofte: As Ek in jou hart is, sal dit

nie nodig wees om gesnede beelde van my te

maak nie, want jy sal My beeld wees

Derde belofte: As jy My liefhet, sal My naam

nooit ‘n vloekwoord oor jou lippe kan wees

nie, maar in alle omstandighede deur jou

geëer en gerespekteer word.

Vierde belofte: As Ek die ereplek in jou lewe

het, sal die Sondag die hoogtepunt van die

week vir jou wees. Dit sal vir jou ‘n vreugde

wees om in die gemeenskap van die heiliges

My te aanbid. ‘n Dag nie om na op te sien

nie, maar om na uit te sien.

Vyfde belofte: As Ek in jou lewe is, sal dit vir

jou ‘n voorreg wees om jou ouers te eer en

lief te hê. Dit sal nie vir jou moeilik wees nie,

want agter hulle sal jy My sien wat hulle vir

jou uitgekies het.

Sesde belofte: As jy in My liefde leef, sal jy

nooit iemand wil seermaak nie, om iemand

dood te maak sal nie eers in jou gedagtes

opkom nie.

Sewende belofte: As jy My liefhet, sal dit nie

moeilik wees om aan jou lewensmaat getrou

te wees nie. As Ek ‘n plek in julle huwelik het,

sal julle vir mekaar lief wees, want julle liefde

vir mekaar, is ‘n beeld van My liefde vir julle.

Agste belofte: As Ek op die troon van jou

lewe sit, sal jy daagliks vra: Aan wie en waar

kan ek aan ‘n ander iets gee of goed doen? En

sal jy nie iets van ‘n ander wil neem nie.

Negende belofte: As Ek in jou lewe is, sal dit

nie meer vir jou lekker wees om van ‘n ander

kwaad te praat nie. Deur My Gees sal jy ‘n

mens wees wat van ‘n ander niks sal sê as dit

nie iets goeds is nie.

Tiende belofte: As jy een is met My, sal My

Gees jou tevredenheid gee om vergenoegd te

wees met wat jy het, met die besef dat Ek gee

soos wat jy dit nodig het. Wat Ek gee, is altyd

genoeg en niks sal jou ontbreek nie – jou

beker loop oor.

(Skrywer onbekend)

Page 5: Vanuit die redakteur se pen GEESTELIKE ERVARING Kwartaal 4 - 2014.pdf · Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het

Uittreksels

Die driejarige lees vir sy boetie uit die Bybel na

die vorige aand se huisgodsdiens. Hy lees hoe

Noag die ark gebou het. Hy vertel hoe die diere

aangekom het, alle soorte diere en voëls wat hy

ken. “Toe klim Noag en sy kinders in die ark.” En

toe sê Noag vir God: Kom klim nou in en maak die

deur toe.” “Nee sê God, Ek wil eerder buite

speel.” Noag antwoord: “Maar dit gaan reën en

die ark wil ry.” Toe antwoord God: “Ek kan

swem.”

Hy maak toe die Bybel toe en kyk met groot oë na

sy boetie en sê: “Dit is die storie van Noag en

onthou , God is al groot.”

Dit was ‘n ontsettende warm en droë jaar gewees

in die Noord-Weste. En een mooi warm dag

steek die weer op. Die swerm energieke

voorskoolse kinders kuier by die pastorie. Tydens

huisgodsdiens word daar ernstig vir reën gebid.

‘n Rukkie later steek ‘n dwarrelwind op en nie

lank daarna nie is daar ‘n hewige stofstorm. Toe

is die natuur gereed vir sy simfonie.

Die kinders het met stille afwagting geluister toe

die eerste groot druppels op die sinkdak

neerplons. Niemand kon glo dat die reëns gekom

het nie. Maar dan bars die groot wolke-orkes los

en oorverdowend stort die reënsimfonie oor die

aarde neer. Die heerlike klank van genade bevry

almal van alle ongeloof. Dit is alles groots en

aansteeklik. Daar kom elektrisiteit in die kinders

se voete, daar is nuwe vars lug in hulle longe en

hulle gaan aan die hardloop soos ‘n stroom

bruisende water in vloed wat spat en raas. Om

hulle uit die pastorie te kry beveel ek aan dat

hulle hulle hemde uittrek en in die reën gaan

speel. Die hempies trek soos weggooilappe deur

die lug en jy hoor net hoe hulle hardloop om

eerste in die reën te kom. ‘n Verstopte geut

maak ‘n watervalletjie en almal gaan staan onder

die waterval. Hulle spring en skree almal tegelyk.

En toe roep een van hulle:

“Haai! Dit is die Here se reën! Drie harde hoera’s

vir die Here...” Soos uit een mond kom dit .

“HIEP-HIEP!....... HOERA!, HIEP-HIEP!.......HOERA!

‘n Mens lees hiervan in Ps 33: Jubel in die Here,

regverdiges, sing ‘n loflied, opregtes! Sing vir

Hom ‘n nuwe lied, speel met volle oorgawe, jubel

dit uit!

Toe my gebed meer toegewyd en inniger geword

het, het ek al hoe minder te sê gehad.

Uiteindelik het ek stil geword, heeltemal stil.

Eers het ek gedink bid is praat, maar ek het geleer

bid is nie net swyg nie, dit is luister.

So is dit. Bid is nie om jouself te hoor praat nie,

bid is om stil te word en te bly en te wag totdat jy

God hoor.

(Uit: Kruisgenoot Mei/Sept 1984 (verwerk) )

STANDBEELD CHRISTEN

vs

VOORBEELD CHRISTEN

@@@@@@@@@@@@@@@@@@@

God said in His word that you are Special

and Every hair on your head is

counted,,,,,,,,,,so if your hair is deurmekaar

today....do not worry; it is an angel doing stock

take!

Page 6: Vanuit die redakteur se pen GEESTELIKE ERVARING Kwartaal 4 - 2014.pdf · Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het

Mag jy altyd hê...

... genoeg GEDULD om jou dierbaar te maak

... genoeg VERDRIET om jou menslik te maak

... genoeg HOOP om jou gelukkig te maak

... genoeg TERUGSLAE om jou nederig te maak

... genoeg VRIENDE om jou te troos

... genoeg VERDIENSTE om jou gemaklik te laat

lewe

... genoeg GEESDRIF om jou na die dag van more

te laat uitsien

... genoeg GELOOF om jou swartgalligheid af te

weer

... genoeg WILSKRAG om elke dag 'n beter dag as

gister te maak.

#####################################

Om Christus te ken is nie om te spekuleer oor

die manier van sy menswording nie, maar om

eerstehands te weet van Sy verlossende genade.

(Philip Melanchto

Vriendskap is eers opreg wanneer beide

vreugde kan vind in mekaar se geselskap

om ‘n woord te sê.

(Anoniem)

HELP ASSEBLIEF!!!!!!

Ds, help asseblief met hierdie onduidelikheid

waarmee ek worstel:

VRAAG : Wanneer 'n mens bid, dink jy aan die

persoon of instansie vir wie jy bid en kan 'n mens

dit visualiseer. My vraag is nou, wanneer 'n

mens bid, en jy wil die naam van die Here loof en

prys, waaraan moet/kan 'n mens dink om al die

eer aan Hom te gee.

ANTWOORD : Inderdaad ‘n interessante vraag!

Dieselfde geld natuurlik ook vir lofprysing deur

middel van sang en musiek.

Die Bybel gee vir ons twee duidelike riglyne in

hierdie verband. Hierdie riglyne moet egter uit

mekaar gehou word, anders kan dit dalk

verwarring veroorsaak.

Die eerste riglyn is in die negatief. God onderskei

Homself duidelik van die mens deur die vraag:

“By wie wil julle My vergelyk? Ek is God en nie ‘n

mens nie.” (Jesaja). God eis ook van die mens in

die Tien Gebooie om geen afbeelding van Hom te

maak nie. Dit sou selfs ‘n afbeelding in die

geestesoog tog insluit.

Die Israeliete het by die heidense buurvolke

aangesteek en ook behoefte gehad aan die

islamisering van God tydens hulle aanbidding.

Daarom het hulle die beeld van die goue kalf in

hulle “erediens” ingebring, natuurlik tot groot

onmin en afkeur by Moses en God self.

Die sonde by hierdie geleentheid was nie die

behoefte van die volk om “God te kan sien nie”,

dit is eg menslik, soos die vraag onder bespreking

tog ook maar bevestig. Nee, die gevaar van

afbeelding het hom hier ten volle gemanifesteer:

dit het oorgegaan daarin dat die volk die beeld so

verabsoluteer het, so in die fokuspunt geplaas

het, dat die hele erediens in ‘n afgodsdiens verval

het. En dit is waarteen God Sy volk gewaarsku

het toe hy hulle belet het om Hom deur middel

van beelde voor te stel. Die gevaar lê daarin

opgesluit dat die voorstelling die uiteindelike

aanbidding word; anders gestel, dat die

afbeelding die ware God in die aanbidding

uiteindelik vervang.

Page 7: Vanuit die redakteur se pen GEESTELIKE ERVARING Kwartaal 4 - 2014.pdf · Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het

In Johannes 1:18 bevestig Johannes die

onaanskoulikheid van God met die woorde:

“Niemand het God ooit gesien nie.” Tog het ons

voorbeelde van mense wat God gesien het:

Adam en Eva, Moses, Gideon, Manoag en sy vrou,

asook Jesaja. By elkeen van hierdie voorbeelde is

dit egter opvallend dat iets van God se

teenwoordigheid beleef was, maar dat die mens

God nie direk kon sien nie. Adam en Eva het God

se teenwoordigheid in die aandwind ervaar.

Moses kon net God se agterkant, die kleed, sien.

En dan lees ons van die teenwoordigheid van God

in die brandende braambos.

Dit is baie belangrik dat ons die verskil tussen die

aanskoulikheid van God en die sigbaarheid van

God verstaan. God is wel sigbaar, maar

Hy belet die mens om Hom te aanskou (sien)

weens die sondigheid van die mens, asook

vanweë God se heiligheid teenoor die mens se

gebrokenheid / gevallenheid. Johannes se

stelling dat niemand God ooit gesien het nie,

weerspreek dus nie die voorbeelde van mense

wat God gesien het nie. Hulle het God dus op ‘n

besondere wyse ervaar, maar nie direk gesien

nie. Verder kry ons min of meer dieselfde reaksie

by elkeen van die Voor- beelde van mense wat

God gesien het: vrees (vir hulle lewe) / ontsag.

Die ervaring van God se teenwoordigheid gaan

dikwels ook met ‘n visioen gepaard, soos in die

geval van Jesaja. Ander voorbeelde van God se

teenwoordigheid is ‘n wolk, vuurkolom en

stormwind.

Lig speel ook ‘n belangrike rol in sommige van die

intense ervarings van die teenwoordigheid van

God. Een voorbeeld hiervan is die verskyning van

God aan Paulus op die Damaskuspad deur Sy

engel.

In 1 Timoteus 6:16 leer Paulus ons dat God “’n

ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien

het of kan sien nie.” Dit herinner ons aan die

voorval by die berg Sinaï, daar in die Ou

Testament, waar die volk gevra het vir ‘n

middelaar tussen hulleself en God, aangesien

hulle nie die glans van die heerlikheid van God

kon aanskou nie (vgl. Hebreërs 12:18-21). In

hierdie geval dreig God Self dat hy die een wat

Hom sien, sal doodmaak.

In Openbaring lees ons dat daar eendag in die

hemel nie ‘n kerk nodig sal wees nie, aangesien

ons dan by God sal wees. Hoe hierdie

teenwoordigheid by God gaan lyk,

word ook vir ons voorspel: daar sal nie eers meer

‘n son wees nie, aangesien ons direk sal lewe in

die lig van God se heerlikheid (= heerlike

teenwoordigheid).

Die Bybel gee ook vir ons ‘n positiewe riglyn

aangaande die visualisering van God. Die Ou

Testament is vol menslike beskrywings van God (=

Antropomorfismes). Hiervolgens het God oë, ore,

‘n arm, ‘n (regter-)hand, vingers ens. ens. God

praat met die mens, Hy hoor hulle geroep, Hy

deursoek die mens, ens. ens. En dan is die

hoofboodskap van die Bybel dat God die mens

lief het. God se binneste kom selfs in beroering

oor Sy volk se sonde, maar Hy kan dit nie oor Sy

hart kry om hulle te vernietig nie. Hierdie

menslike beskrywing van God word sekerlik ook

geïmpliseer wanneer Jesus by Lasarus se dood

ween oor die mense se ongeloof.

Antropomorfismes is ‘n handige middel waarmee

God gevisualiseer kan word. Maar daar is egter

ernstige waarskuwings: die mens sal nooit ‘n

identiese vergelyking van God kan wees nie. Die

mens is geskape, nietig, sy lewe is kortstondig, hy

is sondig en leef in gebrokenheid. God kan nie

met hierdie menslike eienskappe gelyk gestel

word nie. God sal dus altyd méér wees as wat

mens enigsins uit ‘n vergelyking met die mens

kan voorstel. En as die mens volgens Genesis

beeld van God is, beteken daardie beeld eerder ‘n

skadubeeld, nie ‘n identiese replika van God nie.

Antropomorfe denke oor God mag dus nooit ‘n

vermensliking van God wees nie, slegs maar ‘n

naïewe wyse van denke oor God.

Page 8: Vanuit die redakteur se pen GEESTELIKE ERVARING Kwartaal 4 - 2014.pdf · Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het

Daarby moet onthou word dat God driemaal

heilig is, ‘n geestelike wese, drie persone, elk met

hulle eie identiteit en taak, maar nie drie mense

nie.

Jesus Christus is tog inderdaad God wat mens

geword het. Dit beteken dat die Seun van God,

ook gees, maar met ‘n eie persoonlikheid, die

menslike gestalte aangeneem het. ‘n Identiese

ooreenkoms kan dus nie vanuit Jesus se

menswording afgelei word nie. Tog antwoord

Jesus Filippus, waneer Hy Jesus vra om die Vader

te sien, dat Filippus vir Jesus sien en wie Jesus

sien, ook die Vader sien. Weereens beteken dit

nie ‘n identiese fisiese ooreenkoms nie, maar

bedoel Jesus dat God op menslike wyse by die

mens betrokke is. En juis as Vader.

So, hoe visualiseer mens God wanneer jy bid,

asook wanneer jy Hom in sang aanbid en loof?

Die Psalmdigter het ‘n manier om God te loof vir

Sy werke, die skepping, of God se verlossingsdade

in die verlede. Dan fokus hy daarop, eerder as

om God te probeer visualiseer. Dieselfde geld vir

wanneer hy God teenoor die afgode, of die

goddeloses, vereer. Dan fokus hy eerder op die

goddeloses of die afgode, maar hy vereer God

wat meer is as hulle, sonder om God te

visualiseer.

Die Openbaring boek gee vir ons pragtige beelde

waarmee God se (op Sy) troon beskryf word.

Engele, trompette ens. ens. Weereens vervul lig

hier ‘n prominente rol, asook die beelde wat

vanuit hierdie lig te voorskyn kom.

Enige voorbeeld van ‘n ervaring van die

teenwoordigheid van God in die Bybel

beklemtoon ook eerder die spreke / woorde (=

Woord) en die stem van God. Daarop moet

eerder gefokus word.

Drie lewenssituasies help ons ook om die

visualisering van God in perspektief te sien. 1.

Kindertjies kan nie in abstrakte terme oor God

dink nie. Volwassenes kan dalk wel. Maar

wanneer dit kom by die visualisering van God,

word die mens maar weer van vooraf kind en kan

nie heeltemal loskom daarvan om op ‘n menslike

manier aan God te dink nie (= in antropomorfe

terme). 2. ‘n Ontoereikende vergelyking is dié

van ‘n anonieme telefoonoproep. Al het mens

geen idee van hoe die persoon aan die ander kant

lyk nie, praat mens tog met die persoon. ‘n Mens

het wel ‘n vae idee dat die ander persoon min of

meer soos enige ander mens lyk, die detail

ontbreek net. Inderdaad ‘n ontoereikende

vergelyking, maar tog help dit ‘n mens om tot

God te kan bid – met God te kan praat. Sou mens

redeneer dat jy dan nie ‘n stem hoor, of ‘n reaksie

aan die ander kant kry nie, bied dit geleentheid

vir ‘n ander bespreking, want dit is juis die

probleem by baie gelowiges in hulle gebedslewe:

dat hulle voel hulle bid tot niks. Die vraag aan die

orde is hoe om God voor te stel.

3. ‘n Komiese lewenssituasie kan ook hier ‘n

bydrae maak: wat sien jy wanneer jy met jouself

praat? Jouself? Nee, nie regtig nie.

Dit is eerder ‘n retoriese gesprek waar jy net jou

gedagtes uiter en teen jouself toets. En tog maak

dit sin!

Hierdie drie simplistiese lewenssituasies klaar tog

wel die vraag op. Wanneer jy tot God bid of selfs

in sang en musiek loof, sien jy óf niks, óf roep jy

bekende beelde op. Die beelde kan wees, óf dit

waarvoor jy God loof, óf jy sien in jou geestesoog

iets van wat die Psalmdigter en Openbaring ons

leer. Die mees prominente beeld is seker maar

lig. Dit kan die blou hemelruim wees met ‘n

ligstraal of net lig, of dit kan dalk swart wees met

‘n lig. Laasgenoemde kom dikwels voor wanneer

mense uit benoude, bedrukte ervarings God

aanbid of loof.

‘n Persoonlike getuienis: toe ek in graad 11,

daardie jare nog sommer standerd 9, was, het ek

twee keer binne ‘n kort tydjie dieselfde droom

gehad. Ek het gedroom dit is die helderste oop

sonskyn dag. Maar daar was tog ‘n spierwit wolk

in die lug. In beide die drome kom daar uit

hierdie wolk twee hande na my uitgesteek. En

Page 9: Vanuit die redakteur se pen GEESTELIKE ERVARING Kwartaal 4 - 2014.pdf · Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het

met elkeen van die drome het ek op hierdie punt

wakker geskrik. Ek wou al sedert my voorskoolse

jare ‘n dominee word. Met daardie twee drome

glo ek dat ek bevestiging van God gekry het dat

Hy my roep. Dit is dikwels die beeld in my

geestesoog wanneer ek tot God bid. Selfs op die

kansel!

Groete in Christus!

Dominee

&&&&&&&&&&&&&&&&&&

Dinkskrum?? Dinkskrum!!!!

Na vele maande van dink en skrum, kan die

gedagtes/voorstelle van lidmate nou saamgevoeg

word. Wat ‘n lywige dokument! Dankie aan al

die medewerkers wie vir ons die dokument

saamgestel het. Lidmate was en is vol idees en

die Kerkraad is nou besig om dit te bestudeer.

Van hierdie idees kan spoedig realiseer.

Dit is nodig dat daar nuut gedink sal word aan ons

gemeente. Ons gemeente is drie jaar oud, en u

weet self hoe dit in die gemeente en tussen u en

u mede broeder en suster gaan. Sou u sê dat die

verhoudinge tussen lidmate verbeter het die

afgelope drie jaar? Sou u sê dat lidmate nou

makliker/lekkerder saamwerk as drie jaar gelede?

Kom ons wees eerlik! Dinge gaan nie aldag in ons

gemeente soos dit behoort te gaan nie. Moet ek

vir u die onaangename dinge noem? Dis nie

nodig nie, u behoort self daarvan bewus te wees.

Ek bedoel dit nie negatief nie. Natuurlik sal daar

‘n aanpassings tydperk wees. Elke gemeente het

mos sy eie etos, manier van dinge doen en nie

doen nie, gehad. En nou is al hierdie “dinge”

saamgevoeg in een gemeente. Daarom sal daar

natuurlik verskille wees en kan ‘n mens verwag

dat dinge nie sommer vanaf die eerste dag na

samesmelting vlot sal verloop nie. Dit is ‘n proses

van mekaar leer ken. Maar ons noem ons almal

kinders van die Here daarom moet dit mos

makliker wees om met mekaar saam te werk en

dinge saam te doen. Ons lewe mos nie vir

onsself nie, ons is op aarde net vir een doel, en

dit is om God se naam te verheerlik. As ons

hierdie doel in ons lewe en

in die gemeente mis, dan kan ons net sowel maar

verwyder word.

Maar alles is nie negatief nie, al is dit goed

bedoel. Daar het ook mooi dinge gebeur in ons

gemeente die afgelope drie jaar. Dinge waaroor

ons almal kan bly wees en die Here daarvoor loof

en prys.

Daar het nogal idees/gedagtes na vore gekom

wat drastiese v eranderinge in die gemeente

teweeg kan bring. In sommige gevalle kan/gaan

die appelkar behoorlik omgekeer word. Waarom

nie? A change is as good as a holiday! (daar sal

nie gekrap word waar dit nie jeuk nie)

Een van die Kerkraad se besluite is om u as

lidmaat saam te neem met veranderinge en dat u

geken sal word in elke saak. Natuurlik, as ‘n idee

nie prakties werk nie, dan is daar mos nog ‘n

manier om dit te benader. Daarom is dit

noodsaaklik dat u u insette sal gee soos die

resultate van die dinkskrum realiseer. Kom ons

maak dit vir onsself en ons mede broer en suster

lekker eerder as om groener weivelde te gaan

soek.

Aan die einde van die dag, kom ons wees positief

en opgewonde oor al die idees en gedagtes wat

op die tafel is. Ons leef in uitdagende tye en ons

is sterk genoeg om dit te kan hanteer op ‘n

Christelik volwasse wyse. 2015 kan mos net

interessant wees!

(opgewonde lidmaat)

++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++

Page 10: Vanuit die redakteur se pen GEESTELIKE ERVARING Kwartaal 4 - 2014.pdf · Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het

13 November 2011, en drie jaar verder............Droom

saam met my..............................

+ Dat ons as gemeente elke dag nader aan God sal

lewe, dat ons mekaar in liefde en harmonie hierin sal

ondersteun. Dat die verskillende aksies sal groei en

almal wie daarby betrokke is geestelik versterk sal

word.

+ Dat ons gemeente sal groei van krag tot krag, dat

die gemeenskap sal sien en ervaar dat ons kinders van

die lewende God is.

+ Dat ons daagliks vernuwe sal word deur die Gees

sodat ons gereed sal wees wanneer ons geroep word

tot hoër diens.

+ Dat ons prakties en op die grond besig sal wees met

Koninkrykswerk.

Polisie waarskuwing

Ons leef in ongemaklike tye. Nie nodig om ver te

gaan soek nie. Deesdae gebeur ongemaklike

dinge dat ons dit tot selfs aan ons lywe voel. Die

gereg waarsku ons dat ons oplettend en paraat

sal wees. Die volgende het onlangs in die pers

verskyn. Moet dit nie ignoreer nie, wees op die

uitkyk vir hierdie tekens. Deur saam te werk en

oplettend te wees, kan ons ook hierdie euwel

bekamp en uitroei in ons gemeente.

Laat ons ook nie nalaat om vir die polisie, maar

ook vir die misdadigers te bid nie:

Page 11: Vanuit die redakteur se pen GEESTELIKE ERVARING Kwartaal 4 - 2014.pdf · Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het

ETHEKWINI MUNICIPALITY

CONTACT NUMBERS

Switchboard 031 311 1111 0/H 7.30am – 5pm Mon – Fri General Advertising and Signage (including complaints) 031 311 7046 Durban Solid Waste Illegal dumping 031 303 1665 031 311 8804 0/H 7:30am – 4pm Mon to Fri 031 311 8804 Refuse Removal 031 311 8804 031 311 8824 0/H 7.30am – 4pmMon to Fri Inner West: 031 322 3021 Removal of dead animals 031 311 8809 Revenue Call Centre 031 324 5000 0/H 7.30am – 4.30pm Mon to Fri 7.30 – 11.30am on Sat Rates, Electricity, Water Refuse & Sewerage and Billing queries Electricity Call Centre 080 13 13 111 0/H 24Hrs, 7 days a week Fax: 031 328 1050 Street lights, Faults, Outages Cable theft & Tampering hotline 031 311 9611/080 031 1961 Engineering Services Centre 080 13 13 013 0/H 24hrs, 7 days a week Road repairs Stormwater Blockages/ Repairs Replacement of manhole covers Repairs of guardrails and roadside fencing

Sidewalk and Kerb repairs Sewer Repairs/Blockages Water Reconnections/ Accounts Flooding coastal Infrastructure Water meter faults, leaks & pollution SMS: 083 707 3013 Environment 031 311 7875 eThekwini Transport Authority 080 13 13 013 0/H 24Hrs, 7 days a week Road Marking and Street Signs Faulty traffic signals & Robot Faults: 0800 333 467 Public Transport Call Centre 0861 000 834 Durban Transport Timetable Info: 031 309 3250/1/2 Emergency Services 031 361 0000 0/H 24Hrs, 7 Days a week: • Fire • Noise nuisance • Disaster Management 031 306 4074 031 361 0000 (O/H) Metro Police Central: 031 322 4541 Chatsworth: 031 402 0680 Inner West: 031 311 6753 North: 032 533 1027/8/9 Outer West: 031 767 1222 South: 031 910 7321 Animal Nuisance and Abandoned Vehicles: 031 311 2814 Health 031 311 3555 0/H 8.00am – 4.00pm Mon – Fri A/H contact Emergency Services

031 361 0000 Air Pollution 031 311 3122 Ambulance (public) 10177 Ambulance (private) 082 911 Environmental noise Illegal dumping (private) Food safety Communicable diseases Hazardous chemical Substances Vector Control (mosquitoes, flies, rats, etc) Parks, Leisure and Cemeteries 031 322 4000 0/H 7.30am – 4pm Mon – Fri North: 031 566 3712 Central: 031 205 1418 Inner West Verges: 031 311 5722 031 311 5733 Outer West: 031 767 3908 South: 031 311 5573 Verge and grass maintenance Fallen and trimming of trees after hours 080 13 13 013 Ombudsperson and Head Investigations 0800 20 20 20 (Hotline) 031 311 4002 0/H 8.00am – 4.00pm Mon – Fri Reporting fraud, corruption and maladministration in the Municipality One Stop Shops access/ payments for council services 031 311 6101 Central: 031 311 1111 North: 031 561 1101 South: 031 311 5844 Umkomaas: 031 311 5407 Outer West: 031 311 2717 Inner West: 031 311 6286 (Ingestuur : Andre Mitchell)

Page 12: Vanuit die redakteur se pen GEESTELIKE ERVARING Kwartaal 4 - 2014.pdf · Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het

STOF TOT NADENKE:

Die mond van 'n bejaarde man is sonder

tande, maar nooit sonder woorde van

wysheid nie.

As ek geweet het dat kleinkinders soveel

pret is, sou ek hulle eerste gehad het!

Kinders het nog nooit baie goed na hulle

ouers geluister nie, maar hulle het nog

nooit versuim om hulle na te boots nie. -

James Baldwin

As jy baie besit, gee van jou besittings; as

jy min het, gee van jou hart.

Jeugdiges praat eers en luister dan; die

bejaarde luister en praat dan.

Ongeag jou verhouding met jou ouers, jy

sal hulle mis wanneer hulle nie meer daar

is nie

Daar is slegs een volmaakte kind in die

wêreld, en elke ma het een.

‘n Man wat oorgee wanneer hy verkeerd

is, is eerlik. ‘n Man wat oorgee wanneer

hy onseker is, is wys. ‘n Man wat oorgee

wanneer hy reg is,..... is getroud!

IETS OM JOU MEE BESIG TE HOU

1. Terwyl jy sit, lig jou regtervoet van

die grond af en maak sirkels in ‘n

kloksgewyse rigting.

2. Nou terwyl jy dit doen, teken die

syfer 6 in die lug met jou regterhand.

Ekskuus, wat gebeur nou? Waarom wil

die regter voet nie meer kloksgewyse

bewegings uitvoer nie, dit wil dan nou in

die teenoor-gestelde rigting beweeg?

Kan jy nog twyfel wie jou aanmekaar

geweef het??

13 November 2011, en drie jaar

verder............Droom saam met

my..............................

+ Dat ons as gemeente elke dag nader aan

God sal lewe, dat ons mekaar in liefde en

harmonie hierin sal ondersteun. Dat die

verskillende aksies sal groei en almal wie

daarby betrokke is geestelik versterk sal

word.

+ Dat ons gemeente sal groei van krag tot

krag, dat die gemeenskap sal sien en

ervaar dat ons kinders van die lewende

God is.

+ Dat ons daagliks vernuwe sal word deur

die Gees sodat ons gereed sal wees

wanneer ons geroep word tot hoër diens.

+ Dat ons prakties en op die grond besig

sal wees met Koninkrykswerk.

Page 13: Vanuit die redakteur se pen GEESTELIKE ERVARING Kwartaal 4 - 2014.pdf · Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het

Hoe slim is jy?

1 X 8 + 1 = 9

12 X 8 + 2 = 98

123 X 8 + 3 =

1234 X 8 + 4 =

12345 X 8 + 5 =

123456 X 8 + 6 =

1234567 X 8 + 7 =

12345678 X 8 + 8 =

123456789 X 8 + 9 = 987654321

‘N BIETJIE BAIE SPOG!!!

Drie seuntjies spog by die skool oor hulle

pappas. Die eerste seuntjie sê: My pa

skryf ‘n paar woorde op ‘n stuk papier, en

noem dit ‘n gedig en dan gee hulle hom

R 500.00.

Die tweede seuntjie sê: Dis nog niks, my

pa skryf ‘n ding op ‘n stuk papier en hy

noem dit ‘n lied, en dan gee hulle hom

R 1000. Die derde seuntjie sê: My pa is

nog beter, hy skryf ‘n paar woorde op ‘n

stuk papier (ipad) en noem dit ‘n preek, en

dan vat dit agt manne om al die geld

bymekaar te maak!

2015 lê en loer vir jou...............

Gryp hom met albei hande en

hou hom vas. Geseënde en

voorspoedige 2015 word jou

toegebid. Mag dit een van

die beste jare van jou lewe wees.

Wesnuus

Page 14: Vanuit die redakteur se pen GEESTELIKE ERVARING Kwartaal 4 - 2014.pdf · Vanuit die redakteur se pen En daar is die laaste uitgawe vir 2014 van die Wesnuus in u hand! Hoe vinnig het

Jaargang 1, No 5, Kwartaal 4, November 2014

---------------------------------------------------------------------------------------

WANT ‘N KIND IS VIR ONS GEBORE, ‘N SEUN IS AAN ONS GEGEE, EN DIE

HEERSKAPPY IS OP SY SKOUER, EN HY WORD GENOEM : WONDERBAAR,

RAADSMAN, STERKE GOD, EWIGE VADER, VREDEVORS!

EER AAN GOD IN DIE HOOGSTE HEMEL EN VREDE OP

AARDE VIR DIE MENSE IN WIE HY `N WELBEHAE

HET .