vemenin uitgawe 3

16
vergeet-my-nie inhuisjoernaal derde uitgawe 2012 ve mi nin VMN doen dit weer! VMN doen dit weer! Pot-en-Pons: Bingle gaan GROOT verlede KOL op die VMN ‘er GROET van die jaar VMN ’er

Upload: marine-opperman

Post on 08-Mar-2016

280 views

Category:

Documents


14 download

DESCRIPTION

Vemenin is Vergeet-My-Nie se kwartaalikse inhuisjoernaal.

TRANSCRIPT

Page 1: Vemenin Uitgawe 3

vergeet-my-nie inhuisjoernaal derde uitgawe 2012ve mi nin

VMN doen dit weer!VMN doen dit weer!Pot-en-Pons:

Bingle gaanGROOT

verledeKOLop die

VMN ‘erGROET

van die jaarVMN ’er

Page 2: Vemenin Uitgawe 3

ve mi ninbladsy

Van kleins af was lente nog altyd my gunsteling seisoen.

Grotendeels omdat ek weet my verjaarsdag is uiteindelik op pad, maar dis die reën waarna ek elke jaar so baie uitsien, aangesien ek glo dat reën geluk bring. Elke jaar het my ma vir my ’n swempartytjie gereël, en soos wat die reën gode dit wou hê, het dit elke jaar gereën. Toe ons

dus JOOLympics, Cycle Challenge en Pot-en-Pons afskop saam met die reën, het ek geweet dit gaan ’n goeie naweek wees, en dit was inderdaad ’n naweek wat nie ek of enige ander VMN’er gou sal vergeet nie!

Met die reën wat nou juis hier teen my venster dans, raak ek nostalgies oor al die herhinneringe van hierdie jaar, herhinneringe wat so baie beteken en

herhinneringe wat ek nooit sou gehad het sonder VMN nie.

Karen Kingsburg som VMN se jaar mooi op; “Jy kan nie wen deur bloot te speel om nie te verloor nie.”

Hou jou herhinneringe naby jou hart sodat Liewe Jesus jou elke dag kan herhinner hoe bevoorreg jy is om ’n plekkie in VMN se geskiedenis te hê.

Uit die pen van die Redaktrisenovember 2012

Reën bring geluk

Kaalvoetdag - bl. 3Res safety and security - bl.4HK: Popluariteit of bekwaamheid - bl. 5Kamerskiet - bl. 13Sosiaal: Pa & Dogter - bl. 102013 Voorlopige datums - bl. 10Social: VMN Formal - bl. 11Class is: having grace - bl. 12VMN’ers neem voortou op kampus - bl.12

inhoudsopgawe redaksie

2

V&‘geluk’

Voorbladstories:

Ook in hierdie uitgawe:

Rubrieke:

Bingle laat die vet spat - bl. 3VMN’er van die Jaar - bl. 4Pot-en-Pons - bl.8Magda vat VMN internasionaal - bl. 14

Vox Pops - bl. 5Mode: Vind jou styl - bl.610 Dinge: Wat die IB nog kan red - bl. 1310 jaar: ’n Dekade(dente) blik op VMN - bl. 7Oefening: Kry jou vakansie lyf - bl. 15Martha - bl. 16Spotprent - bl. 16

Anel de Meyer, Anica Scheepers, Chantezette de Winnaar, Chrisanda Schneider, Collette Botha, Crizeldie

Gray, Desire’ Fourie, Elizma Stander, Ilza van Zyl, Inge Jonck, Jonell Kuyler, Lhune’

Jansen van Vuuren, Marele’ Keyter, Marjietjie Oberholtzer, Mia Gerber,

Nadia Schultz, Ronel Swanepoel

RedaktriseJoernaliste

Uitleg:

Suzaan Rossouw

Desire’ Fourie, Ilza van Zyl, Marine Opperman

HK-lidMarine Opperman

TaalversorgingAnel de Meyer, Chrisanda

Schneider, Lhune’ Jansen van Vuuren, Marele’ Keyter,

Marjietjie Oberholtzer

Reklame en verspreidingNicole Aucamp

* Hiermee verlwelkom die redaksie graag enige voorstelle of klagtes m.b.t. hierdie publikasie. Enige idees kan aan die redaksie kommunikeer word per epos na: [email protected]

Page 3: Vemenin Uitgawe 3

november 2012

Hierdie jaar was die tema “Hoe groter, hoe groener” en UitsPATig VERby se stalletjie het op die konsep van Shrek en sy swamp berus.

SJGD HK–lid, Marli Oosthuizen, sê die idee was dat mense moet teruggaan na hul natuurlike manier van lewe.

Studente moet, net soos Shrek, wat aan die begin van sy lewensreis nie omgegee het nie, en later meer bewus geraak het van die omgewing om hom, ook minder apaties wees en meer betrokke raak by liefdadigheid.

“Om tweede plek te wen is ʼn wonderlike prestasie, en ʼn bewys van die hoë hoogtes wat UitsPATig VERby nog in die 2012/2013 termyn gaan bereik. Ons moet egter onthou dat Kaalvoetdag oor meer gaan as wen. Dit is ʼn inisiatief om die minder bevoorregtes van klere en skoene te voorsien, en hierdie

doel moet nooit uit die oog verloor word nie” was Barry, HK-lid van Patria, se gevoel oor die dag.

Die tradisionele laptapyt is vroegoggend weer uitgehaal vir duisende studente om hulle voetafdruk na te laat op die besonderse dag.

Groen voet vir “I see trees of green, red roses too…” is die eerste gedagte wat meeste Pukke opgeval het toe hulle in Lover’s Lane afstap tydens Kaalvoetdag 2012.

berig ANEL DE MEYER

FOTO: VERSKAFDie tradisionele rooitapyt, waarop studente elke jaar hul voetafdruk kan maak, is vanjaar geruil vir ’n groen tapyt.

Daar was koffie op die kostuums van die deelnemers gespuit, om dit soos sweet te laat lyk vanuit die gehoor, en sommige van die mense het selfs ’n fat suit onder hul klere aan gehad.

Lhune’ Jansen Van Vuuren, wat self ’n deelnemer was, het laat hoor: “Ek was aanvanklik bietjie onseker, maar toe begin

ons bond en toe raak dit vrek lekker. Hierdie jaar se Bingle is ’n ervaring wat ek altyd saam met my sal dra. Dit was AWESOME!”

“Dit was een groot span poging,” meen Marine Opperman, Kunste HK-lid. “Van die mense wat dekor gedoen het, tot die wat rondgery het, dié sukses sou nie moontlik gewees het sonder elkeen se bydrae nie.”

Een ding is seker, die is ’n tema wat nie sommer gou sal vergeet word nie! “Hokaai, check my r-r-r-rollieeeeeeee!”

“Sweet is net eintlik vet wat huil,” hang die woorde nog aan almal se lippe na vanjaar se Binglesêr, wat plaasgevind het op 16 Oktober 2012.

FOTO: VERSKAFuitsPATig VERby se “F.A.T. CAMP” tema is as wen tema aangewys.

VMN en ons 2012/2013 sleep, Patria, het nie net weggestap met die eerste plek nie, maar óók met beste multikulturele lied, beste uitbeelding van tema en beste eie komposisie. Dit is die eerste keer sedert die ontstaan van Bingle wat een sleep alle pryse só inryg, en die eerste keer in meer as vyf jaar wat VMN met die titel spog.

Die tema was F.A.T. Camp, en lekker om na te kyk, die humor was uit die skerpste laai uitgetrek en die kostuums was besonders .

Dit was AWESOME

ve mi nin bladsynovember 2012 3

berig INGE JONCKS

FOTO: VERSKAF

Bingle laat die sweet spat

Anika in aksie.

Kaalvoetdag 2012

I

Die mode parade het ook oudergewoonte vir baie vermaak gesorg, en (non) Marli se vertoning op dirty dancer was uitsonderlik.

Kaalvoetdag 2012 was weereens ʼn sukses en met die volhoubare implementasie van sulke projekte, dra die Puk en sy studente beslis by tot ʼn “Wonderful World.”

om tweede plek te wen is ’n wonderlike prestasie

‘n Vetterige JOL

Page 4: Vemenin Uitgawe 3

VMN ‘er van die jaarLess JESS is more...

Dit gaan so gou verby. Geniet elke liewe oomblik in die koshuis

That awkward moment when the HK sounds like your mother about

ve mi ninbladsy november 20124

Die VMN’er van die jaar vir 2012 is Jessica Hanekom; die passievolle vyfde jaar wat altyd te sien is by enigiets geel en navy-blou. Jessica het haar LLB voltooi en in die laaste jaar Besigheidskool gedoen. Ons het vir Jessica ʼn paar vragies gevra sodat almal kan strewe om koshuistrots só goed uit te leef:

Hoe voel dit om VMNer van die jaar te wees:Ek voel nogal gebless!! Ek meen...ons is die BESTE koshuis op die Puk so dis nogal ʼn lekker toekenning, maar almal is eintlik VMN’ers van die jaar, anders sou ons koshuis nie gewees het waar hy nou is nie! Wat maak ʼn ware VMN’er:TROTS! Wat is jou gunsteling oomblik nog ooit in die koshuis:Jis, daar is baie, maar ek moet sê: die eerste keer wat ek Tough Girls gesing het na Prim groet en Sêr 2010. Oor wat in die koshuis verander kan word:Ag klein goedjies soos warm water..haha.

Oor wat enige koshuisinwoner in hul koshuisloopbaan MOET probeer doen:ALLES!! Dit gaan so gou verby. Geniet elke liewe oomblik in die koshuis. Neem deel aan alles, al staan jy net langs die baan of sit jy en kyk hoe die Sêr oefen, dis waar mens mekaar leer ken. Oor wat die VMN blommetjie beteken:Liefde, omgee, sussies, respek en trots.

berig NADIA SCHULTZ

VMN ‘er van die jaar

D

* Een ding is baie seker: Die koshuis gaan dié VMN dame baie mis volgende jaar. Daar is wraggies net een Jess!

FOTO: VERSKAFJess by twee SJGD kindertjies

security & safetysecurity & safetyarticle: MARINE OPPERMAN

Just as we were announced, at the very beginning of our new term, we became aware of the fact that a man has presumably spent the night in VMN recently...

We know this because he left before nine on a Sunday morning, without anyone escorting him. No permission had been given for any man to enter, and it wasn’t visiting hours yet.

Now, this remains only a presumption at this point in time, and maybe a lekker topic for discussion, but the fact is that events such as these could lead to dire consequences for all of us. Not to mention the consequences of a wandering man being identified belonging to VMN’er

and the consequences for her. Events such as these pose a real

threat to every VMNer’s safety and privacy. And while we, as a HK, do have the duty to ensure that the dore keeps

a man has presumably spent the night in VMN recently

unauthorised people from entering, and yes they do, do the contrary, every VMN’er has the responsibility to stick to the men’s times, and to inform us immediately should someone be in the residence outside the allowed times.

We have had incidents in the past, remember that crazy woman earlier this year, going all the way to Molesnes? I also recall how men from residences would try to sneak in during my first and second year, due to some or other dare or the fun of it.

These stories are funny, until someone gets hurts or suspended. Let’s work together; working together we can achieve more, as some political party states. Cheesy as that may be, how true is it not?

J

Page 5: Vemenin Uitgawe 3

november 2012

FOTO: VERSKAF

security & safety

HK: Populariteit VS berig LHUNE’ JANSEN VAN VUUREN

Die anderkant van die debat is suiwer populariteit

VMN het onlangs weer ’n nuwe HK verkies. Met meer kandidate wat gestaan het as ooit van tevore, kan ons met sekerheid sê dat die bestes verkies is. Die volgende vraag sal egter altyd op ons lippe bly: “Kies ons die HK op grond van hulle populariteit, of stem ons slegs vir die mense wat, volgens ons, die beste werk sal doen?”

Die eenkant van die argument is dat ons vir kandidate stem op grond van suiwer bevoegdheid. Ons vorm elkeen ons eie opinie van ’n persoon se vermoë op grond van wat ons al van hulle gesien het deur die loop van die jaar. Soms dien ons saam met hulle op komitees of soms is hulle van ons naaste vriendinne.

As mens egter nie die persoon goed ken of gereeld gesien het nie, is dit dalk moontlik dat ons opinie oor ’n persoon se vermoë slegs ’n refleksie is van ons opinie oor die persoon self?

‘Ek sê populariteit,’ is Aneska van Zyl se mening, terwyl anoniem meen dat 70% populariteit en 30% bevoegdheid

in ag geneem word.Die anderkant van die debat is suiwer

populariteit. Sommige mense is van mening dat ons slegs vir mense stem van wie ons hou.

Ons wil soms nie ʼn HK-posisie aan iemand toevertrou van wie ons nie hou nie, omdat ons hulle onbewustelik nie hierdie groot eer wil gun nie. Ons stem graag vir iemand vir wie ons bereid is om te volg. Daar is egter gewoonlik ’n goeie rede waarom iemand populêr is. Maak dit dan werklik saak of ons net vir die populêre mense stem?

In die meeste gevalle is dit ’n

kombinasie van die twee. Die ideale HK-kandidaat is beide populêr sowel as bevoeg.

‘Ek dink dis ’n kombinasie van beide. Die populariteit het tog ’n invloed, maar ek glo dat die mense wel ook kandidate verkies op grond van hulle bevoegdheid,’ het Rozanne Robertson aan Vemenin vertel.

‘As jy werklik bevoeg is, sal mense weet dat jy altyd jou werk sal doen omdat jy reeds betrokke is by die koshuis. Nie populêr nie, maar hardwerkend,’ meen voormalige HK-lid, Albertina Ngobeni.

‘Dis ’n kombinasie van beide. Jy moet eerstens bevoeg en betrokke wees voordat jy seker werklik populêr sal wees? Daar is bevoegde kandidate en gewilde kandidate. Op die ou end skuur hulle mekaar en vorm ʼn gebalanseerde HK,’ deel eerstejaar, Elizma Stander haar wysheid.

Ten slotte, as mens kyk na die HK’s van oor die jare heen, blyk dit tog dat ons mense op die ou end verkies wat hulle goed van hulle taak kwyt (met een of twee uitsonderintjies hier en daar), ongeag die redenasiemetodes wat hierdie besluite motiveer.

Moet Dore se stemme minder tel as seniors s’n?

VOX POPSHoe HK-stemmery behoort te werk

Sumari van der MerweBS.c. DieetkundeDelmas1ste jaarGelyk of minder. Die dore ken nie die seniors op ’n persoonlike vlak nie.”

berig LISIA LABUSCHAGNE

Hanri OberholzerBedryfsielkundeNelspruit4de jaar“Elkeen se stem behoort ewe veel te tel.”

Mathabo BaseBA.Regte ,SielkundeKlerksdorp3de jaar“Ja, die seniors weet of die meisie ‘capable’ is om HK te wees. ”

Annica BrinkBA. KommunikasiePretoria3de jaar“Ja, dore ken nie die seniors soos wat hulle regtig is nie.’’

Elani SchütteBS.c. MBWZeerust4de jaar“Ja. Dore sien die seniors soos die seniors gesien wil word.

Megan-Lee ErasmusOnderwysCenturion2de jaar“Ja, want seniors sit ’n front op. Dore is nuut en weet nie regtig hoe die kandidate is nie. ’’

ve mi nin bladsynovember 2012 5

Koshuiskwessies:

VBevoegdheid

foto’s NICOLE AUCAMP

Page 6: Vemenin Uitgawe 3

ʼn Onderwerp selfs meer holruggery as: “Die tien nuutste mode moéts,” of “Loopplank Lente,” is dat dit waansinnig is om mode na te jaag en dat ʼn mens eerder daarna moet streef om jou eie styl aan te neem. Sonder om twee keer te dink, bly dit steeds dié tipe artikel wat eerder gelees sal word.

Mode is duur, gedurig veranderend en elkeen begeer tog sy eie stukkie individualiteit, vryheid en erkenning. Almal wil geken word vir hul uitmuntende smaak, eerder as hul besondere vermoë om iemand na te aap. Sommiges is van mening dat dit moeilik is om tred te hou met die nuutste modegiere; dit is egter baie meer ingewikkeld om jou eie styl te ontwikkel en gemaklik

Stylskepper skop modeberig CHRISANDA SCHNEIDER

Soek jouself, jou

gemaksone en jou styl

daarin te voel. In vandag se samelewing

sal selfs ʼn klip nie verskoon word as hy nie bewus is van wat Armani aanraai en wat Valentino verbied nie. Om soos ʼn vensterpop rond te paradeer in

ve mi ninbladsy november 20126

met ses sentimeter stiletto’s...‘n uitrustings wat deur ander as

aanvaarbaar gemerk is, is nou nie juis ʼn prestasie nie, of hoé?

Sit vir ʼn slag oogklappe op en bly so ’n bietjie binne die boks, want wat daar buite aangaan is ʼn gier wat oor ʼn maand reeds

vergete is. Dit gaan jou gatsak ruk, jou kreatiwiteit inperk en die wenkbroue lig as jy dit waag om daarin gesien te word, nadat dit vervang is deur net nog ʼn neiging.

Soek jouself, jou gemaksone en jou styl. Wees altyd ʼn skepper, nooit ʼn aanvaarder. Minder is altyd meer, en geen hak is ooit te hoog nie.

VMN ‘ers bekend vir hul kenmerkende stylLet wel: indien jou foto hier verskyn, het ’n vriendelike redaksie-lid jou waarskynlik gestalk. Pasop wat jy op Facebook sit, ons kyk vir jou...

FOTO’s: FACEBOOK

VMN is bekend nie net as die koshuis met van die mooiste dames nie, ons het ook geen tekort aan stylvolle dames nie.

Modelle Bo van links na regs: Pearl, Vanessa, Careshia en Tilla.

Modelle Onder: Euodia en Anja.

Page 7: Vemenin Uitgawe 3

november 2012 ve mi nin bladsy 7november 2012

Met die 40-jaar reünie wat vlak op die horison lê, is dit ook nodig om terug te kyk op die 40-jaar wat agter die geel blommetjie en haar vriendelike knipoog lê.

1. [1973] Op 13 Augustus word Vergeet-My-Nie ʼn volwaardige Dameskoshuis. Die inkomtyd vir ALLE INWONERS is half agt, waarna die HK-lede tot half twaalf voordeur-diens moes doen.

2. [1974] Vergeet-My-Nie stel TWEE onderprimaria’s aan. Daar is besluit om ‘n onderprimaria uit elke blok aan te stel, sodat die twee blokke ‘n eenheid kan vorm.

3. [1975] Die koshuis ervaar probleme met die dienswerkers

Een dekade in:Vergeet-My-Nie; ‘n Dekade(nsie)berig ILZA VAN ZYL (in konteks: apartheidsjare).

Wanneer dienswerkers se skofte verby is, slaap hulle in die geboue, gange en patio’s.

4. [1976] Vergeet-My-Nie se Sondagsêr-groep is ʼn groot sukses onder manskoshuise. Koshuiskas word ingestel en elke inwoner betaal R2.

5. [1977] Die koshuis ervaar ʼn probleem met veiligheid. Een nag het twee mansstudente teen die muur opgeklim en ʼn inwoner se kamer betree.

6. [1978] Telefoondiens word ingestel. Vergeet-My-Nie is die eerste dameskoshuis op die Puk met hul eie kaskar: Buksie.

7. [1979] Vergeet-My-Nie wen Akademiese koshuis van die jaar, sêr, swem, skopfiets en

MEen dekade in:

vlotbou.

8. [1980] Vergeet-My-Nie sleep met Over-de-Voor en wen eerstejaarskonsert, Karnaval (Jool), kano, trapkar, netbal en hokkie.

9. [1981] Vergeet-My-Nie kry nuwe huisouers en is weereens wenners van die sêr.

10. [1982] Die Vergeet-My-Nie blommetjie word vanaf die duikweg na die koshuis geskuif (a.g.v. reëls). Inwoners loods ʼn onwettige aksie om die blommetjie op sy oorspronklike plek, te verf en slaag.

Dore maak die blommetjie,1983. Argiewe en jaarboeke FOTO’S: Puk Argief

Die koshuis se amptelike

verjaarsdag is 13 Augustus

Page 8: Vemenin Uitgawe 3

ve mi ninbladsy 8

Pot-en-Pons vorm deel van Joolympics en die punte wat met die stalletjie verdien word, word bygereken by die JOOL-vlot se punte. Vergeet-My-Nie en Patria se sleepnaam, uitsPATig VERby, is kort na die geleentheid bekend gemaak en Pot-en-Pons was beslis ’n goeie begin vir die sleep.

uitsPATig VERby het as wenners van Pot-en-Pons weggestap met die ontploffende tema, “Coollaboratory”. Dit is ook die vierde keer in ’n ry wat VMN met die titel as Pot-en-Pons wenners wegstap.

Hierdie jaar het die stalletjie uit twee dele bestaan. Toeskouers se nuuskierigheid is reeds met eerste oogopslag geprikkel aangesien slegs wit lakens van buite af sigbaar was.

Die beoordelaars het hulle besoek begin in die lab en besige

wetenskaplikes het hulle gehelp om hulle pons aan mekaar te slaan. Magda Niewoudt, Jool HK-lid, vertel hoe die beoordelaars hul eie pons in proefbuise gemaak het, en hoe hulle ook sherbet gebruik het om die beoordelaars aan ’n regte eksperiment te herinner.

Na die afloop van ’n eksperiment wat ‘verkeerd loop,’ was beoordelaars met ’n tyd-masjien na die Tuin van Eden geneem. Hier het hulle vir Adam en Eva ontmoet en ’n heerlike skaap-pot geniet.

“Alles het volgens plan verloop en ek was baie tevrede aan die einde van die dag,” het Magda laat hoor.

Ten spyte van die feit dat baie inwoners teleurgesteld was daarin dat daar nie vir almal pot en pons was nie, was dit steeds ’n lekker gesellige, en baie suksesvolle, geleentheid.

Vergeet-My-Nie & Patria laat Pot-en-Pons gons

’n Tweeling met hase, en Sune’ en Bernard = Wen kombinasie! Adam en Eva(Milanie), was verlei deur die verbode potjie.

Die somme is aan Patria se mans oorgelaat.

Patria manne hard aan die werk. VMN dames, Anrie, Aneska en Bianca, hard aan die kuier. e=mc =Pot-en-Pons = wen!2

JOOL

P

Page 9: Vemenin Uitgawe 3

Vergeet-My-Nie & Patria laat Pot-en-Pons gons

2

ve mi nin bladsy 9JOOL

C

Joolympics is ’n jaarlikse gebeurtenis wat plaasvind, wat boeresport soos Chicken- en Nappy Run, trollie resies en, ’n nuwe brein baba, Cycle Challenge, behels.

Joolympics is ’n voorloper van JOOL en die punte wat verower word, word in berekening gebring by JOOL 2013.

Vergeet-My-Nie het dus nog nie ’n finale posisie wat Joolympics behels nie, aangesien X-Spele van 2013 se punte inberekening gebring moet word, maar tans lê Vergeet-My-Nie vierde met JOOL-sporte.

Nappy Run is ’n item wat geen bydra maak tot JOOL nie en bloot vir die pret daar gestel is. Slegs die SJGD-HK lid mag hierdie resies voltooi, maar daar is ’n paar hindernisse aan verbonde.

Marli moes met ’n loopring of krukke tot by een punt hardloop, oor sand en bande beweeg en dan met ’n rolstoel die hindernisbaan voltooi.

Chicken Run is ’n resies tussen koshuise waar dit afskop met ’n eet-kompetisie. Die deelnemers loop of hardloop dan met ’n eier na die volgende punt.

’n Volgende deelnemer neem oor en beweeg met die eier oor ’n olierige seil waar die laaste deelnemer oorvat, tot by die eindstreep hardloop en die eier terug na die beginpunt gooi.

Volgens Carli Grobbelaar, Vergeet-My-Nie se enigste hoender, was dit ’n baie lekker ervaring om vir die eerste keer aan Chicken Run deel te neem. “Die race was iets uniek en dit was interessant. Al het ek perongeluk die eier laat val, het ek dit nogsteeds baie geniet.”

Volgens Magda was die dag ’n groot sukses:

“As ons speel, speel ons hard, maar as ons werk, werk ons harder,” het Magda ten slotte gesê.

Cycle Challenge is ’n nuwe projek wat vanjaar geloods is en behels ’n fietsry marathon waar elke koshuis ’n fiets vir 30 ure aaneen trap.

Cycle Challenge het Vrydag 12 Oktober om 12:00 afgeskop en het 13 Oktober om 18:00 geëindig. Vergeet-My-Nie het ’n paar struikel blokke gehad betreffende die fiets, maar dit het nie vir Magda teruggehou nie.

Magda het getrap vir die dood en almal op die JOOL plaas se amfi laat sleg lyk toe sy twee uur die oggend 21km getrap het. In 30 minute. Op ’n bergfiets wat nie van ratte kon verander nie. Intussen was daar geleentheid vir elke VMN’er wat wou deelneem om ook hul deel te trap vir liefdadigheid.

Die projek is deur Amalgamated Beverage Industries (ABI) geborg en R10 000 is aan

Joolympics + Pret = Sonbrand J

VMN wen vier jaar agtereenvolgendVMN wen vier jaar agtereenvolgend

As ons speel, speel ons hard, maar as ons werk, werk ons harder

VMN’ers trap fiets - deurnag Childline geskenk.

’n Verdere R10 000 se produkte is van ABI ontvang en die wins word tussen al die koshuise se SJGD rekeninge verdeel.

FIN-JOOL was ook deel van die projek, waar JOOL HK-lede die geleentheid gehad het om borge te soek wat per kilometer skenkings maak en sodoende fondse in te kon samel vir FIN-JOOL.

Cycle Challenge is ’n nuwe inisa-tief van die Puk.

Die Joolkomitee en ondersteuners ontspan vir ’n oomblik tydens Joolympics. FOTO’S: MAGDA 2

Michelle met die eier, op pad na ons hoender.

Rika, gereed vir sokker aksie.

Carli, ons hoender, trotseer die gladde seil.

Page 10: Vemenin Uitgawe 3

Aardjie na haar Vaartjieberig ELIZMA STANDER

HB het die Vrydagaand hulle Kaas-en-Wyn gehou, met ’n Moulin Rouge atmosfeer. Die pa’s was met die eerste oogopslag ietwat teruggetrokke, maar was kort voor lank gemaklik met mekaar.

Elke aksie moet sonder twyfel deeglik beplan word en dit was beslis vanjaar die geval, meen Carla. Ons prim, Rika, skryf vanjaar se sukses toe aan die feit dat die ma’s en familie ook betrek is.

Die Ooms was lus om hulle lywe jonk te hou en het die pad Impala toe aangedurf.

“Die pa’s het dit nogal gebring in

Impala!” was Truusje se mening. Inderdaad, want die meisies se

voete was onder hulle uitgedans, nè Carla?

Die Saterdagoggend is behoorlik afgeskop met ’n Draak ontbyt en die families het by ons aangesluit. Die Draak was nie net vir die verskeie gesinne ’n unieke ervaring nie, maar ook vir die eerstejaars, wat die die Draak die eerste keer kon ervaar.

Daar is laatmiddag gebraai en rugby gekyk by Veritas - bietjie

meer in die pa’s se vuurmaak plek.

Die naweek is op ’n gepaste manier afgesluit met ’n kort preek, gevolg deur cup cakes - self gebak deur ons gekroonde “boude” HK-lede, natuurlik...

Inge en Monique kon lekker ‘bond’ met hulle pa’s en die ervaring word goed opgesom in Anna-Mart se woorde: “My verhouding met my pa het soveel sterker geword en ek het ’n heel ander fun kant van hom gesien!”.

Dis heerlike lente en die winter is uiteindelik verby! Die naweek van die eerste September is vanjaar begroet met VMN se jaarlikse Pa- en-Dogter naweek.

Monique en haar pa.

Skryf dit neer...Voorlopige datums vir 2013

ve mi ninbladsy november 201210

Sosiaal

DPa’s en dogters in Impala. FOTO’S:VERSKAF

Januarie O&B begin.12 Vlotbou begin. Eerstejaarskonsert.25

Eerstejaarskonsert.26 Tarentaal.28 Jool-week begin.29

Februarie Vlotoptog.2 Klas begin.4 Kultuur-kom kamp.7 Proewe Naweek.8-10 Bachelorettes.13

Kultuurweek.25-28

Maart Ma & Dogter. Mej. VMN

1-3

Zoep begin.4-12 Ooievaars.12

Canvas deurnag.19 VMN Gholfdag.21

VAKANSIE22

Page 11: Vemenin Uitgawe 3

november 2012

Sosiaal

FOTO’S:VERSKAF

Zoep begin.

Canvas deurnag.

VAKANSIE

The Vergeet-My-Nie formal was held in vintage style this year at the newly redecorated Christa-Galli.

The event was a huge success and everyone who was there agreed that it was a fantastic evening. A concern that came up was about the seating arrangements: whether or not the seating arrangements should be according to seniority. Some residents complained that they were seated in a back corner, while some of the first years were closer to the stage.

When asked about the issue, a House Committee member stated that the issue was addressed and that they tried to avoid it where possible. She added that it is difficult, because of the last minute ticket sales and changes to the seating arrangements.

There is also some speculation about who should organise this evening. Should there be a new committee added to VMN’s list of committees to plan the event, or should the honour still belong to the newly appointed House Committee members?

“Planning the formal is the first event where the HC can really get to know each other, work together and bond,” says resident Isabel Weideman.

Most residents agree with this statement, although some said that a formal committee would have a wider range of experience and ideas, and spread the amount of responsibilities regarding the organisation.

Whether or not the formal is organised by the HC or a specially appointed committee, this event will always be extraordinary - simply because of the people who attend: the ladies of Vergeet-My-Nie.

article DESIRE FOURIE

Planning the formal is the

first event where the HC can really get to know each

other TNew House Committee

BondsDine 2012Dine 2012

ve mi nin bladsynovember 2012 11

Page 12: Vemenin Uitgawe 3

article CHRIZELDIE GREY

Meer as 10 VMN’ers dien reeds op die verkeie UK’s

A patterned purple dress that twirled and swayed wherever she went. After passing through some other phases, the rocker, the tom-boy, the eccentric, I looked at my grandmother one afternoon and I realised that it was not the dress that fascinated me, but the grace.

Even in her old age she seemed to be floating. At first, I thought it was something from their generation that we could never attain, but then someone shared a little wisdom.As women we are born with beauty at our very core. Not

just a beautiful face or body but beauty, like a beautiful piece of music. The kind that can envelop a person and take away the world. As women we have something inviting about us. Femininity.

This does not mean that you cannot be sporty or that we have to wear heels at all times. It means we were born with a gift. Something we can share with all who are

When I was little, and in my dress-up phase, I used to love dressing up in my grandmother’s favourite dress.

dear to us. Caring. Creating. Loving. And kicking sand (and dangerous objects) in the faces of anyone who hurts those we love.

This kind of beauty is the kind you should wear on your sleeve daily. The kind that gets others smiling and just maybe realising that there might be something more to everything.

VMN blink uit op kampusDie goue meisies van kampus

Die koshuis, as ʼn geheel, is egter nie al wat op kampus uitblink nie.

Verskeie individue het ook besluit om vanjaar hul merk op kampus te maak, nadat talle VMN-inwoners verkies is tot verskeie Uitvoerende Komitees, Akademiese Verenigings en ander Puk-verwante organisasies.

’n Hoogtepunt was beslis toe oud-Primaria, Donett, tot die Studenteraad van die Puk verkies is.

Meer as tien koshuisinwoners dien reeds op verskeie Uitvoerende Komitees, terwyl daar ’n getal van amper

berig ANICA SCHEEPERS

Vergeet-My-Nie het in die afgelope tydperk nie gehuiwer om vir goud te gaan nie, en dit is dus alombekend dat dié koshuis stof in elke ander koshuis op kampus, se oë geskop het.

twintig op Akademiese Verenigings dien.Vier VMN-dames is deel van

die kampuskoerant, die Wapad se kernredaksie, asook ander wat optree as Wapad-fotograwe, -joernaliste en -teksversorgers.

’n Klein handjie vol is ook betrokke by sommige van die Puk se onderliggame.

Tydens Mnr. & Mej. Kampus kon VMN trots sê dat drie van die finaliste VMN-dames was en ook met ’n paar pryse

W

ve mi ninbladsy november 201212

She’s a lady...

Goodness, gracious!

V

weggestap het.Met die onlangse aankondiging van

die nuutste Top 14 JOOL-debutante is twee VMN-inwoners ingesluit.

Met sulke prestasies op kampus en ook talle ander prestasies wat VMN-dames behaal, maak dit mos net sin dat óns koshuis dié koshuis op kampus is en ons soveel rede kan hê om breë bors rond te loop.

FOTO: VERSKAF

FOTO: VERSKAF

Van die dames op verekeie komitees.

Page 13: Vemenin Uitgawe 3

november 2012 ve mi nin bladsynovember 2012 13

Kamerskiet 2012Onskuldige slagoffers

berig JONELLE KUYLER

Dit is ook ʼn eenvoudige manier om ʼn lot te verduidelik as vrae soos “hoekom ek?” begin pla na ʼn jaar van ʼn effense laer vlak van betrokkenheid en deelname. Alle wetenskaplike reëls en teorieë vlieg egter saam met ons beste voornemens by die venster uit sodra daar moet besluit word wie nou eintlik volgende jaar waar gaan bly. Daar is immers niks natuurlik aan kamerskiet nie…

Dit was dan hierdie jaar ook geen uitsondering nie. Met gemoedere wat weke aaneen nou al hoog loop in afwagting op hierdie aand, blyk die antwoord redelik eenvoudig te wees: nee, ons almal kan nie net oor die weg kom nie. Hare het gewaai, trane het geloop en oral is “kyk nou net hoe kom haar ware kleure uit” saggies (en minder saggies) gefluister.

Kamerskiet is elke jaar seker die beste motivering wat ʼn mens kan nodig hê voor ʼn wilde eindeksamen. Dis immers in hierdie tyd wat daar hoog en laag belowe word om hard

Darwin was redelik duidelik oor sy bevindinge wat natuurlike seleksie betref. Dit is immers ʼn normale en aanvaarbare (en boonop ʼn wetenskaplike) manier om te verklaar hoekom party lede van ʼn spesie oorleef en ander nie.

te werk in die jaar wat voorlê, sodat volgende keer nie heeltemal so ʼn naelbyt-affêre sal wees nie.

En as daar regtig geen ander uitkoms vir jou is nie, is die opsie natuurlik altyd daar om die waarheid oor jou deelname ʼn bietjie te rek. Wees egter versigtig, want die mure (selfs in jou nuwe enkelkamer) het ore!

10 Dinge...Wat die IB nog moet regmaakberig LHUNE’ JANSE VAN VUUREN

5. ...of om ekstra geld op ’n verwarmer te spandeer omdat dit NIE soos gebrande hare ruik wanneer jy dit aanskakel nie.

6. Dink jou in: Jy is op pad badkamer toe om lekker te ontspan, dan sien jy ’n enorme vreemde voorwerp in die bad. O, nee, wag, dis net die skoonmaker wat daar lê en slaap.

7. Om een-en-’n-halwe kilogram maalvleis stoksielalleen te moet op eet omdat die krag more af gaan wees, sodat dit nie sal vrot in jou vrieskas nie. Ek moet sê, hulle doen al ten minste die moeite om ons vroegtydig te laat weet. Nou moet hulle nog net dieselfde hoeveelheid moeite doen om die probleem te korrigeer.

8. Die klein dingetjies wat verkeerd is in jou kamer. Dit waaroor mens nooit eintlik kla nie, soos bv. jou deur se skarnier wat kraak, jou blinders wat nie heeltemal kan toemaak nie, of jou spieël wat afval as jy jou kasdeur toemaak – dit gebeur.

9. Om die R-blok se hysbak te ry is soos russian roulette. As jy gelukkig genoeg is dat hy werk, gaan die deure nie toe wanneer jy inklim nie en dan moet jy die ‘DEUR TOE’ knoppie druk.

10.Hoeveel van ons moes nie al die questionable gym storte aandurf omdat daar NIKS water is nie. Jy pak maar jou stort tassie (met plakkies, want voet fungus is nie bo aan enigiemand se bucket list nie), knyp jou oë toe en klim in, terwyl jy jouself aanhoudend probeer oortuig dat dit een van die dae sal regkom. En dan doen dit nie!

1. Ons is almal bewus van die stort dansie. Dié een wat ʼn mens doen wanneer die stortwater koud is en jy soveel as moontlik gewas wil kry, terwyl jy so min as moontlik nat wil kry.

2. ’n Twee weke oue pasta bak wat wemel van bakteriese groei en ’n heerlike pikante geurtjie afgee as mens daar verbystap, is uiters onaangenaam. Om dit self uit die wasbak te probeer verwyder, sonder om die water op jou te laat uitloop, is nog erger.

3. Die gangfoon wat in die middel van jou hoogsverdiende middagslapie aanhou lui omdat die beepers nie werk nie. Het ons regtig gedink die eerstejaars gaan uit hulle kamers uit kom om die fone te antwoord?

4. Om angsbevange wakker te skrik omdat jy dink ‘hulle wat nie genoem sal word nie’ is op pad in jou kamer in, en dan is dit net jou verwarmer wat vreemde geluide maak in die middel van die nag!

DFOTO: VERSKAF

FOTO: VERSKAF

10 Dinge...

12

*Hiermee wil die redaksie graag ons nuwe IB, Tannie Rozanne, verwelkom in VMN. Hierdie artikel is geensins gemik op Tannie nie, en steek bloot die draak met probleme wat oor die jare opgehoop het.

Elke VMN’er stem saam dat die verskeie ‘uitdagings‘ in die koshuis reeds eksponensieel verbeter het sedert Tannie in beheer is!

34

56

8

7

910

die mure het ore...

Page 14: Vemenin Uitgawe 3

Magda: Meisie of Masjien?

En toe is ek sommer nie meer moeg nie.

In Januarie reeds het sy haar passie uitgeleef toe sy met ywer aan driekamp kompetisies deelgeneem het ter voorbereiding vir haar grootste byeenkoms nog.

Reeds vyf weke voor die kompetisie het die intensiteit van haar oefensessie aansienlik verhoog, maar dit het haar nie onder gekry nie. Sy sou die vrugte driedubbel pluk.

Magda, kompeterend van aard, het floreer op die pad na die podium. In daardie oorweldigende oomblik toe sy die wenstreep oorsteek, is sy deur hul spanbestuurder aangekeer, wat toe aan haar die nuus oorgedra het, dat sy ’n brons medaljewenner is. Verligting. Trots. “En toe is ek sommer nie meer moeg nie.” het Magda met ’n glimmer in haar oog vertel.

Vergeet-My-Nie se eie Magda Nieuwoudt presteer in Worlds Duathlon in Nancy, Frankryk.

Na ’n voorbereidingsproses van byna twee jaar, het Magda se ontsettende harde oefening en fisiese, sowel as emosionele inspanning, haar tot op die podium gebring met ’n welverdiende derde plek.

Hierdie atleet van formaat het op skool uitgeblink in swem en atletiek, maar dit was eers op universiteit waar haar passie vlam gevat het.

“Ek hou daarvan, want dis ’n uitdaging en dis hard.” Oefening en fiks bly is ’n leefstyl. Sy het hoë verwagtinge, naamlik om onder die top 5 te wees, vir haarself geskep en nie teleurgestel nie.

“Ek was nou eers net derde.” Met haar Silverback Monza fietsmodel, haar Newton tekkies en leuse: “Big heart, light legs, strong mind,” beplan sy om definitief, sodra haar universiteitslewe dit toelaat, weer terug te gaan en haar posisie te verbeter. Magda Nieuwoudt bewys haarself weereens as beide meisie en masjien.

Magda deel haar foto’s van haar toer na Nancy, Frankryk. Van links bo, na regs onder: Saam met haar spanmaats en ’n ander span, op ’n fiets in Frank-ryk, by die treinstasie, voor die Eiffel Toring, en weer saam met spanmaats.

ve mi ninbladsy november 201214

‘n Dag in die lewe van...

Nberig MIA GERBER

FOTO’S: VERSKAF

Page 15: Vemenin Uitgawe 3

november 2012

FOTO’S: VERSKAF

In die winter eet die meeste van ons meer as wat noodsaaklik is en as die somer weer kom moet ons daardie ekstra happie weer afskud. Hier is ʼn paar oefeninge om in jou koshuiskamer te doen sodat jy reg kan wees vir die somer. Carla van Heerden demonstreer die oefeninge.

FiksheidSkud daardie winter vetjies af

berig MARIETJIE OBERHOLZER I Kry jou lyf weer reg vir die somer. Die Geheim? Doen dit in jou kamer!

Staan hande-vier-voet op ʼn handdoek. Lig dan jou een been tot 90º. Laat sak hom weer. Herhaal 20 keer. Sonder om jou been die laaste keer te laat sak, skop aanhoudend agter toe. Herhaal 30 keer. Doen 3 stelle.

Staan regop en kruis jou arms voor jou. Hou jou arms gekruis tot bo jou kop. Laat sak jou arms stadig. Doen 3 stelle van 40.

Staan met jou een voet om die agterkant van jou ander been. Lig jou been deur op jou tone te staan en laat sak dit weer. Doen 3 stelle van 30 met elke been. (Jy mag aan iets vashou om jou balans te hou)

Lê op jou rug met jou arms reguit langs jou, handpalms na bo. Lig nou jou voete ongeveer 15cm van die grond af. Hou hierdie posisie vir ʼn minuut en laat sak. Herhaal 3 keer.

Lê op jou rug. Kruis dan jou bene (soos ʼn man kruisbene sit) met jou hand agter jou kop. Doen dan ʼn gewone sit-up, maar laat jou arm na die teenoorgestelde knie toe gaan. Doen 3 stelle van 20.

ve mi nin bladsynovember 2012 15

Page 16: Vemenin Uitgawe 3

Toe staan die helfte van die koshuis vir HK. Kyk ’n donkie stamp nie sy kop twee keer nie, maar blykbaar doen feëtjies, tog maak die Joker sy merk.

Met elke HK-verkiesing is daar mos altyd ‘n verrassing of twee. Eintlik, twee, om presies te wees. Maar dit daar gelaat.

Magda ooit mans afkondig in die koshuis? Voor jy iets doen, vra jouself die vraag af: Kan ek tug kry hiervoor (of miskien HK). Miskien was dit deel van die plan om meer tyd, soos 48h, in die voorportaal te spandeer.

Dan is daar natuurlik seker warm gesprekke in die HK kamer tussen die droë mense, en die wat pro-water is, of self water was... Gepraat van was. Toe raak die R-Blok mos die cool kant. En nou stort die hele koshuis in chemikalieë. Maar moenie ’n

ve mi ninbladsy november 201216

Martha...skakelaksie daarvan probeer maak nie, dis nie snaaks nie, my ma bel nou Beskermingsdienste.

Dis wel snaaks hoe vinnig mense van ou mense vergeet sodra daar nuwe mense kom. Mens kan nie met dit nie. Dan moet hulle nog waaragtig saam met die res van die koshuis halfprys betaal. En nie kwartprys nie.

Patria en Marli het kaalvoetdag gedoen, VMN en Willie Pot(ter)-en-Pons, dankie tog almal kon saam dit bring en GROOT gaan vir Bingle.

Volgende jaar is die helfte van die koshuis êrens in die Puk dagboek. En die res bly in dubbelkamers op VH en Molesnes...

Kamerskiet het darem goed geëindig, maar die lessie wat mens leer is dat jy soveel kan sing en hokkie speel soos jy wil, as jy nie klas toe gaan nie, sal jy in elke

geval plek kry, want al wat jy sien is net die ice queen...

Sterkte met eksamen, onthou net hierdie punte kan jou laat opeindig agter die derde till in Spar, of in ’n dubbelkamer saam met ’n kamermaat wat jy elke naweek by Jenny’s moet gaan haal. Geniet die vakansie maar gedra jouself, onthou ek sien als en weet als...

Spotprentvir die

uitgawe