veminim uitgawe 2

16
ve mi nin VMN sleeptoneel vergeet-my-nie inhuisjoernaal junie 2013 uitgawe 2 verbaas, skok, wen. verbaas, skok, wen. & enkeltoneel Partyfest: VMN doen dit WEER SJGD Tom-skoen projek maak voete bly Oud VMN’ers kom kuier soos in die OU dae! Sport bo!

Upload: marine-opperman

Post on 19-Mar-2016

286 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Veminim uitgawe 2

ve mi nin

VMN sleeptoneel

vergeet-my-nie inhuisjoernaal junie 2013 uitgawe 2

verbaas, skok, wen.verbaas, skok, wen.& enkeltoneel

Partyfest:VMN doen dit

WEER

SJGDTom-skoen projek maak voete bly

Oud VMN’erskom kuier soos in die OU dae!

Sport bo!

Page 2: Veminim uitgawe 2

ve mi ninbladsy 2

Nog voor ons, ons oë kon uitvee kom die semester ook tot ‘n einde. Soos die engelse man sou se: “all good things must come to an end”. Suné was laasjaar geken aan haar susterskap praatjies, en ek kan nou getuig na my vierjaar in VMN dat ek werklik ‘n suster of twee ryker geword het.

Ek onthou op laerskool het mens so maklik baklei met jou maatjie, want hoekom wil sy dan nou nie pouse langs jou sit nie en ek het altyd by my ma gehuil dat ek nooit beste vriendinne gaan hê nie. Haar antwoord was, wag tot op hoërskool dan is jy ouer en weet van beter en sal jy jou beste vriendinne vind. Ek het die jare omgewens en was uiteindelik in die hoërskool en ek het vir my hartvriendinne gewag. Terwyl ek op hoërskool myself tussen

tiener en meisiewees bevind het, het ek ook my bestevriendin gevind. Maar in 2010 het my paadjie my gelei tot by VMN en letterlik duisende kilometers van my vriende. Ek het toe weer by my ma gehuil en haar woorde was: “ek het vir jou gejok, dis op universiteit wat jy jou ware vriende ontmoet.”

Soos gewoontlik weet ma’s van beter en sy was 100‰ reg, want hier sit ek en ek kan my lewe nie indink sonder die mense wat ek hier gevind het nie, hier het ek susters gekry.

So ek sluit af met die woorde van Jack Parow: “there’s a lot of good things that happened back then but I can’t keep going on about way back when so that’s enough of that, no way no how..Cause I’ll miss all the shit that I’m doing right now.”

Susterskap Uit die pen van die redaktrise& all that jazzN

Suzaanredaksieinhoudsopgawe

HK-LidMarine Opperman

RedaktriseSuzaan Rossouw

Inhoud redaksieCollette Botha, Ilza van Zyl,

Marine Opperman, Suzaan Rossouw

JoernalisteAnel de Meyer, Anica Scheepers,

Chantezette de Winnaar, ChrisandaSchneider, Collette Botha, Crizeldie

Gray, Desire’ Fourie, Elizma Stander, Ilzavan Zyl, Inge Jonck, Jonell Kuyler, Lhune’

Jansen van Vuuren, Marele’ Keyter,Marjietjie Oberholzer, Mia Gerber,

Nadia Schultz, Celetia Reinders, AndreaViviers, Lisia Labuschagne, Ronel Swanepoel

UitlegIlza van Zyl, Desire’ Fourie

Marine Opperman

Anel de Meyer, ChrisandaSchneider, Lhune’ Jansen

van Vuuren, Marele’ Keyter,Marjietjie Oberholzer

Reklame en verspreiding

Taalversorging

Nicole Aucamp

Voorbladstories

Ook in hierdie uitgawe

RubriekeVMN’er van die Uitgawe bl. 3Vox Pops - bl. 1010 Dinge - bl. 14Mode: Winter 2013 - bl. 12Martha - bl. 15Spotprent - bl. 15

junie 2013

Toneel beindruk - bl. 5 SJGD - bl. 740 Jaar Reünie - bl. 8-9Partyfest, 4 in ‘n ry - bl. 11VMN sport presteer - bl. 14

VMN groet Anna - bl. 3Mej. VMN - bl. 4Big Prims - bl. 5Opedag - bl. 6Reëls is reëls - bl. 6Ma & Dogter - bl. 10VMN by Talentfees - bl. 13Midetermyn uitslae - bl.13

Page 3: Veminim uitgawe 2

A

ve mi nin bladsy 3

Ma HeleenVMN groet:

As klein dogtertjie, was haar grootste droom net “om groot te word” - met lang hare wat op haar enkels hang en armbande wat aan haar arm klingel.

Nooit sou sy haar kon indink om die koshuismoeder van vele Vergeet-My-Nie-dames te wees nie.

“Tien jaar gelede, het ek gedink ek gaan ’n skakelbeampte by ’n korporatiewe maatskappy óf ’n joernalis word,” vertel Ma Heleen (Coetzee).

In die jare 1996 tot 1999, het sy haar merk in óns koshuis kom maak.

Sy het haar skoene as Primaria, tydens die termyn van 1998/1999, vol gestaan.

“My ma was die eerste Primaria van Vergeet-My-Nie. Sy was toe Triena Roestorf, maar is nou Triena Mulder.”

Wanneer ’n mens haar uitvra oor haar passie vir die koshuis, sê sy, “Eintlik sê die naam, Vergeet-My-Nie, mos alles!”

Sy vertel op ’n meer ernstige noot, dat Vergeet-My-Nie ’n baie besonderse en vormende rol in elke inwoner se lewe speel en dat dít die plek is, waar ’n mens vriendskappe en herinneringe vir ’n leeftyd vorm. Hiér word ’n mens geslyp vir die grootmenslewe as

Geluk!

berig deur anica scheepers

Ons nuwe koshuismoeder, Ma Heleen. FOTO: ANICA SCHEEPERS

Koshuismoeder

Ma Heleen se beste koshuisherinneringe•Ontbyt maak op Molesnes.•Sportnaweke en al die lekker daarmee saam: “Bacchus dames, die Bacchus dames!”•Die eerste keer toe die H2O’s my, as door, op Gorgo gestort het en ek Jan Pierewiet in die

stort moes sing.•Slaap op Yolinde se “magic“ bank op Molesnes (sy was my beste vriendin en het op Molesnes gebly, toe ek as Primaria Bacchus toe moes trek).

Baie geluk aan Tannie Rozanne wat vir die eerste keer ouma geword het. Sy het op 3 Junie ‘n kleindogter ryker geword.

Veminin hoop dat die bondeltjie vreugde vir haar net soveel plesier verskaf as haar 250 VMN-dogters! ;)

Dit was ‘n hartseer dag toe Anna op die 31ste Mei vanjaar vir VMN vir oulaas gegroet het. Die squeesa het oor die jare diep in almal se harte ingekruip, veral R-blok inwoners.

Daar is op haar laaste dag ‘n braai vir haar en die ander squeesas gehou waar Anna ook ‘n paar geskenkies gekry het.

Na 31-jaar se diens in VMN sien Anna uit daarna om nou “net te rus by huis.”

‘erjunie 2013

werkende.“Dit sal vir my ’n voorreg wees, om te kan

deel en ’n bydra te maak aan hierdie vorming.”Nadat sy Kommunikasiekunde, hiér op die

Puk, studeer het, het sy besluit om Londen toe te gaan. Vir ’n wyle was sy nuut en alleen in die vreemde stad, totdat sy haar man, Theo, by SA Gemeente ontmoet het.

Sy sluk haar trots, wanneer sy vertel dat hy eintlik ’n oud-Kovsie is en dat universiteite toe nie meer vir haar saak gemaak het nie.

Na haar termyn, as Primaria, het sy ’n jaar op die Studenteraad gedien - vir die portefeulje, Bemarking en Openbare Betrekkinge (BOB). En die jaar daarna, was sy Voorsitter van die Studenteraad.

“Dit was die eerste jaar wat die Voorsitter en Ondervoorsitter dames was. Ek dink ons twee saam was ’n fenomenale span – Women Power!”

Ma Heleen noem hoe lekker sy ’n ander dag gelag het, “In al my beleidsverklarings en swete, op Universiteit, het ek gesê: If better is possible, good is not enough.”

Vandag is haar motto: “Live well, laugh often, love much and listen to the music of your soul!”.

VMN van die uitgawe &Anna

Anna voor VMN. FOTO: RIKA

Maria, Liesbet, Anna, Liesbet. FOTO: RIKA

Page 4: Veminim uitgawe 2

N

ve mi ninbladsy 4

Mej. VMN !...maar wat nou?

Na afloop van dié geleentheid, is die vraag op almal se lippe egter wat die doel daaraan verbonde is en wat van die wenner verwag word na sy as Mej. VMN bekroon is.

Volgens Schane Venter, HK-Lid met die portefeuljes: Finansies, Klerasie en Mej. VMN, word finaliste gekeur op grond van hul betrokkendheid by die koshuis. Sy noem ook dat die keuringsproses hierdie jaar meer per-soonlikheid, as voorkoms georiënteerd was.

“Die meisie moet ‘n liefde en passie vir ons koshuis hê en sy moet iemand wees wat ‘n tip-iese VMN-dame beeld na buite straal.”

Venter meen die hoofdoel van Mej. VMN is om geld in te samel vir Fin-Jool en elke finalis moet ’n sekere bedrag insamel voor sy aan die geleentheid kan deelneem.

“Mej VMN is glad nie ‘n winsbejaagte geleentheid nie. Die hoofdoel is ter insameling vir fin-JOOL,” het Venter gesê.

Pearl Mashego, Top 10 finalis 2012, voer aan dat die titel-wenner meer betrokke moet wees by die koshuis, ná sy gewen het.

“Sy moet byvoorbeeld betrokke raak by Opedag en SJGD en ander koshuisaktiwiteite. Sy moet nie net verdwyn na sy gekies is nie,”

voer Mashego aan.Venter voer aan dat daar van die wenner

verwag word om haar eie projek/inisiatief te loods vir VMN se SJGD projek. Die wenner gaan nou saamwerk met die SJGD HK-lid en sy gaan haar eie projek by VMN se SJGD pro-jek implimenteer.

“Vorige jare was daar gesê dat Mej VMN haar eie SJGD projek moet loods, maar dit was nooit opgevolg of gedoen nie, maar die jaar gaan Milanie beslis haar eie projek loods voor sy haar titel aan haar opvolger gaan oorhandig in 2014.”

Mej. Vergeet-My-Nie (VMN) is ’n jaarlikse instelling wat as tradisie die naweek van Ma en Dogter plaasvind.

berig deur colette botha

Mej. VM(ilanie)N Candy Land 2013Mberig deur chantezette de winnaar

1. Wat was vir jou die beste deel van Mej. VMN?

“Dit was vir my so lekker om tyd te spandeer saam met die ander finaliste, al was dit soms in die vroeë oggendure.”

2. Sou jy dit eendag aan jou klein-kinders oorvertel?

“Ja, verseker. Ek sal hulle vertel van die hele ervaring en hoe alles – koppe wat gestamp is, hakskoene wat uitgeval het, aantrek agter tafels en 12 ander ongeloof-like meisies – bygedra het tot ‘n onver-geetlike aand.”

3. Die aankondiging. Wat het deur jou brein gehardloop voordat jy jou naam gehoor het?

“Ek het rustigheid in my hart gehad, omdat ek voel dat die uitkoms in die Here se Hande is, en dat enige een van die final-iste ‘n goeie Mejuffrou VMN kon wees.”

4. Wat was jou eerste gedagte nadat jy as wenner aangekondig is?

“My eerste gedagte was: “Het die aankondiger die regte naam gelees?” en daarna het ek gedink aan hoe bevoorreg ek is.”

5. Wie dink jy is jou “biggest fan”?“Ek dink my ouers is my grootste

“fan(s)”. Hulle ondersteun, motiveer en moedig my altyd aan met enige iets wat ek aanpak. Alhoewel ek moet erken dat ek ook hulle grootste “fan” is.”

6. Sal jy sê Mej. VMN het jou enige waardevolle lewenslesse geleer? Indien so, kan jy dit noem/beskryf?

“Die een waardevolle lewensles wat ek geleer het, is dat ‘n skoonheidskompitisie nie net oor jou uiterlike gaan nie, maar dat innerlike skoonheid uitstraal na buite en ‘n groter impak maak.”

7. As jy kon terug gaan tyd, sou jy dit wou oordoen?

“Ja. Dis ‘n baie goeie herinnering om te herleef, maar ek sou glad nie iets wou

verander nie.”

8. Wat was die mees stresvolle deel van die hele kompetisie?

“Ek dink die mees stresvolle deel was om my balans te hou op verhoog. Aangesien party hakskoene en rokke nie altyd wou saamwerk nie.”

9. As Mej. VMN, hoe voel jy oor ons nuwe SJGD projek?

“Ek is baie opgewonde oor ons nuwe SJGD projek en ek sien uit om deel te wees en ook by te dra tot die verskil wat ons in hulle lewens kan/gaan maak”

10. Enige iets wat jy sal wil byvoeg?“baie dankie sê vir Schané, Anke, Cari-

na, die Mejuffrou VMN-komitee en al die finaliste vir die ongelooflike ervaring.”

Milanie Cilliers is op 17 Mei aangekondig as die nuwe mej. VMN. Chantezette het by haar gaan uitvind hoe sy oor dié prestasie voel.

Rina by Milanie. FOTO: MILANIE Elizma en Rizaan. FOTO: ELIZMA

junie 2013

Page 5: Veminim uitgawe 2

Big Prims

aktrise. ʼn Hashtag: #Annikawelldonnit! is aan die

orde van die dag! Die hele Puk kan getuig dat VMN die standaarde oortref, met die voorstel-ling van poligamie. Baie geluk met die alge-hele 5de plek! Deidre/Jan... Wie het dit sien kom? Jan kan maar gereeld kom kuier as dit beteken dat Deidre aangewys gaan word as beste ondersteunende aktrise. Ongelooflike toneelspel deur Deidre het die skare hoender-vleis gegee.

Ons sleeptoneel het die beste in ons wesies, Luné, Annika, Riaan en Wikus, voortgebring. Uitspattigheid en trots was volop in die Totius, want die toneel van 2013 was ʼn belewenis en hoogtepunt vir die jaar.

Dve mi nin bladsy 5

Toneel 2013VMN hét Verteenwoordig

Dit was vreemd en dit was vreemd, maar al-mal wou deel wees. Dit was uitstekend!

Vergeet-My-Nie en Patria verteenwoor-dig weereens in toneelweek. Annika, Deidre, Milanie, Deanne, Heleen en Luné het die Puk op die punte van hulle stoele gehad, toe hulle hul besondere talente na die tafel gebring het, naamlik om hulself in te leef in vreemde, eie-naardige en effense abstrakte karakters. Mid-dae se harde oefening buite die koshuis was uit en uit die moeite werd, né Deanne? Annika het opgetree in beide; die sleeptoneel, wat ʼn welverdiende eerste plek behaal het, en die enkeltoneel, wat spog met ʼn uitmuntende 3de plek in die damesafdeling. Annika het haar rolle so goed vertolk en is genomineer as beste

Die hele PUK kan getuig dat VMN die standaarde oortref

berig deur mia gerber

berig deur elizma stander

VLNR: Die enkeltoneel in aksie; Die lewende dekor wat grootliks bygedra het tot die regie; Sleeptoneel vermaak. FOTO’S: VERSKAF

die hande, of liewers toiletbakke, gekry het. Droë wors was op ’n kol binne die glaskas, maar wel afgeneem. Daar was verskeie akti-witeite om die prims mee te vermaak en het toeskouers ook soms laat skaterlag. Veral toe iemand ‘n waterbalon in die gesig of eier teen die klere gekry het? Wie sou ook kon raai dat dit moontlik is om tot 4kg te verloor binne 48 uur?

Van die aktiwiteite was onder andere Mus-iekpret, Eat your Heart out en die Ysbreker, waar VMN deel van die wen-groepe was. Ma-rine het ’n pizza vinnig kafgedraf en die ander HK-lede in haar stof laat BYT. Die mans het gesorg vir ’n definitiewe “turn-OFF” terwyl die pizza net ingeprop was. Die prims kon hulleself ook vermaak met Xbox, tafeltennis en verskeie bordspeletjies. Sommiges het tot

laat gesit en mekaar uitgedaag vir nog ’n ron-dte Teken 6! Onder die prims was daar ook twee verliefde paartjies, wat mekaar vertroos het om van die honger te vergeet.

Icel Burger, SR:Finansies Voorsitter, was van mening dat die prims vanjaar ’n positiewe gees gehad het en het Big Prims ook baie geniet! Die lekkerste van Big Prims was vir Rika dat sy haar foon kon los! Die snaaksste deel was toe Magda vies was toe hulle by die “Catch me if you can” aktiwiteit vinnig uit-geVAL het. Rika was darem nooit te honger nie, maar het erken dat sy na die Woensdag-aand se hokkie ’n hoofpyn ontwikkel het.

Prim(ses) Rika het die nare Koning oorwin en nou hoef niemand in haar koninkryk ooit honger te lei of swaar te kry nie. Fluit-Fluit die storie is uit!

EEendag, lank-lank gelede, was daar ‘n prim(ses). Haar naam was Rika en sy moes vir 48 uur in ’n kas gaan bly, saam met 27 ander prims(e) en prim(sesse), sodat sy geld kan insamel vir minderbevoorregtes in haar koshuis. Die nare Koning van die glaskas het al die inwoners se kos weggeneem en Kaptein Blaasmasjien (daardie aaklige vent wat stof in jou oë, op jou kar en in jou kamer inblaas) het hulle elke oggend wakker lawaai. Ron-dom die kas het die Koning se handlangers gewoon, heeltyd voor die honger prims(e) en prim(sesse) geëet en hulle aangegluur wanneer hulle wou slaap…

Big Prims was nie vir almal ’n pretverhaal nie en sommige prims het swaar getrek. Ons prim het haar baie goed van haar taak gekwyt, nes altyd. Daar was egter prims wat kos in

Die Veëverhaal Weergawe...

junie 2013

Page 6: Veminim uitgawe 2

Daar word ‘n nuwe

koshuisreglement

opgestel aangesien

die ou een van

2007 is en verou-

derd is.Reëls is reëls

ve mi ninbladsy 6

Koshuis-berig deur marietjie oberholzer

Opedag 2013

Mag my hare nat wees in die voor-portaal?

Ja, daar is nie ‘n reël wat jou nat hare in die voorportaal verbied nie. Sorg maar net dat jou hare nie drip op die vloer nie. Iemand kan dalk gly.

Mag ek in nagklere in die voorpor-taal wees?

Nee, die koshuisreëls laat nie nagklere in die voorportaal toe nie. Daar is ‘n UITSONDER-ING op dié reël. Die uitsondering is dat jy dit mag doen as die koshuis gesluit is.

Met formele koshuisvergadering, moet ek formele koshuisdrag of net iets VMN’s aan hê?

‘n Vereiste vir formele koshuisvergadering is formele koshuisdrag. Tydens gangvergader-ings mag jy aantrek net wat jy wil, aangesien dit informeel is.

Mag ek in ‘n door se kamer ingaan?Seniors word nie in ENIGE door se kamer

toegelaat nie, tensy dit jou koshuiskind of bloedverwante is. Dieselfde geld andersom vir die dore!

Mag ek AL my mansvriende in die koshuis inteken?

Nee, elke meisie (van 2de jaar en op) mag slegs tydens hulle TOELAATBARE mansbe-soektye, twee mans in teken.

Word rook in jou koshuisdrag ver-bied en mag ek drink as ek dit aan het?

Rook in koshuisdrag word nie toegelaat nie. Die rede is dat mense nie jou assosieer met die rook nie, maar vir VMN. Kommentaar sal wees: VMN rook, in plaas van: Sannie rook. Jy mag ook nie drink in jou koshuisdrag nie, maar jy mag Draak toe gaan, al het jy dit aan.

Wat is die reëls aangaande die forme-le koshuisdrag?

Dit is VERSEKER dat jy SWART onder móét dra. Geen vaste reël is nog gemaak aangaande ‘n swart langbroek of lang romp-ie wat gedra móét word nie. Die “moenie ‘n kort rompie dra nie” is slegs ‘n waarde wat jy as meisie moet hê, dat jou boudjies nie moet uithang nie.

Daar is altyd iets wat jy doen of graag wil doen in die koshuis, maar dan wonder jy of jy besig is om onbewustelik ‘n reël te oortree. Hier is ‘n paar reëls waaroor mense wonder.

Liefde, Blomme en Balonneberig deur anel de meyer

Een van hierdie dames bied vriendelik aan om as gids op te tree en jou aan die unieke koshuislewe in VMN bekend te stel. Julle staan stil op die bloksitkamer waar die pers uil jou nooi om koffie saam met jou vriendinne te drink en uit te sien na die sambreel seremonie. Die kamer is dalk bietjie klein, maar jou hart klop amper hoorbaar (doef - doef). Jy is nie bang nie, net opgewonde. Skielik weet jy net: VMN is die huis waar jy jou meisie-wees en student-wees op Potchefstroom gaan uitleef.

Ons almal onthou nog daardie eerste ko-shuisbesoek aan VMN, waar die ongelooflike atmosfeer en dames die eerste saadjies van koshuisliefde gesaai het. Met Opedag 2013, het VMN weer sy hartsdeure oopgemaak vir honderde skoolmeisies, om te kom deel aan ‘n voorsmakie van ons spesiale koshuislewe, en na afloop van die dag, is dit duidelik dat werwings HK-Lid, Lizané Goosen en haar komitee daardie aanvanklike saadplantjies gekweek het tot rankplante wat blomme van VMN-trots en -passie dra.

2013 se tema was Liefde, Blomme en Bal-lonne - Welkom by die huis. Die idee daar agter was dat jou huis is, waar jou geel VMN hart is. Lizané se doel met opedag was om ge-balanseerde meisies te werf en daarom was dit belangrik dat die meisies weet VMN pres-teer op alle vlakke, en dat daar ‘n plekkie is

vir elke VMN’er wat wil deelneem. Volgens Lizane is voorbereiding die sleutel tot Opedag se sukses, sy en haar komitee het reeds aan die einde van 2012 skouer aan die wiel begin sit: “Daar is baie fyn detail waaraan ‘n mens moet dink, en soms onthou jy dit drie-uur in die oggend. Die moeilike deel is die laaste week; wanneer dit voel asof jy so hard gewerk het en nou val alles uitmekaar uit, dit is wanneer jou voorbereiding jou rots word.”

Uit die koshuistoere het daar geblyk dat

ouers en meisies beïndruk was met die vrien-delikheid, gees, netheid en prestasie van die koshuis. Tog wil dit voorkom asof die mei-sies amper meer beïndruk was met die oulike geskenksakkies wat naellak bevat het.

Tydens die Amfi aankondigings is VMN as 5de prinses in die Opedag kompetisie aange-kondig. Lizane sê sy is dankbaar vir die harde werk en bystand deur haar komitee en HK-lede, en meen ons kan met ‘n glimlag, VMN as die beste koshuis op die Puk bemark.

Jou oë dartel rond tussen die kaleidoskoop van blou en borrie-geel portefeulje uitstallings, en dames in VMN koshuisdrag.J

Die VMN stalletjie, daar is vanjaar gegaan vir die ‘tuis gevoel’. FOTO: LIZANE

junie 2013

Page 7: Veminim uitgawe 2

op ’n plot in Ikageng vir hulle ’n nuwe skool te bou, dit is dus ‘n volhoubare projek. As die skool eers gebou is, is daar nog ongelooflik baie vir ons om te doen.” Marli sê ook dat die groot hoeveelheid koshuishande op die komitee ’n pluspunt is, omdat Serve the City meer op ’n finansiële basis betrokke is.

Die SJGD-komitee en ook die res van die koshuis kan nou help om die nuwe skool te bou en daarna om die skool te versier en om in te trek. Die kinders kom tans bymekaar in ’n baie klein plek en het nie veel nie; die hulp wat ons kan bied het op hierdie stadium nie grense nie. Marli noem ook dat die skakelper-soon, Wendy, baie moeite doen en regtig oulik is, vir VMN se SJGD is daar baie positiewe vooruitsigte!

D

ve mi nin bladsy 7

Positiewe Vooruitsigte vir SJGD

VMN bids farewell to “Haven For Angels”

The three and a half year journey with “Haven for Angels” has come to an end, but for good reasons.

Die nuwe SJGD-projek wat VMN vanjaar aanpak is ’n kleuterskool in Ikageng, baie soos die vorige een, net nie so versadig nie. Marli vertel van die projek met opgewondenheid: “Daar’s baie werk om te doen.”

Die eerste aksie by die nuwe skool het in hierdie week plaasgevind en die kinders by die skool was baie opgewonde om te speel, prentjies in te kleur en liedjies te sing. Dit is natuurlik hartseer om te skuif, maar ons kan die ander skooltjie met ’n geruste hart los om-dat ons weet hulle het nou alles wat hul nodig gehad het en is in goeie hande.

Die nuwe projek word reeds befonds deur Serve the City, ’n gemeenskapsprojek waarby Rika betrokke is. “Serve the City is besig om

A new SJGD project has been taken on by Ver-geet-My-Nie’s SJGD committee. The project that has been replaced, “Haven for Angels”, has been satisfied in terms of needs.

It has been a 3 and a half year journey with “Haven for Angels”, with many highs and lows; and the committee, as well as the rest of the residence that has been involved, will be sad to leave the project. Although it is heart-breaking to break the bond with the project and although we all know that the little smiling

Die nuwe projek word reeds befonds deur Serve the City

berig deur nadia schultz

berig deur desire’ fourie

faces will be sorely missed, it is a gratifying feeling to know that Vergeet-My-Nie has been able to make such a difference and helped so much in the last 3 and a half years, that we are no longer needed.

In an instance such as this one, any residence member can see what and how much the SJGD committee has done and given for the project. Almost every single person in Vergeet-My-Nie has somehow been involved with “Haven for Angels”, whether it was just the very first

visit in the O & B period or afterwards as part of the committee.

It can honestly be said that whoever has not been in touch with the project, has missed out on something incredible. It is time to let “Haven for Angels” keep going on; to sustain themselves with all the love and experience that VMN has given them and to take on a new challenge and make a new and even bigger dif-ference in the new project.

junie 2013

VLNR: Die Tom-skoen aan die regterkant; Skoolkinders opgewonde vir nuwe skoene; Marli by die kinders. FOTO: MARLI

Page 8: Veminim uitgawe 2

V

ve mi ninbladsy 8

V(eertig)MNReünie 2013

Die eerste ontmoeting...berig deur ilza van zyl

Vrydag

Vure het hoog gebrand, kersies het geflikker en die Patria-plebs was reg om te braai. So het VMN hulle 40-jaar reünie afgeskop op Vry-dag 10 Mei.

Met die reën wat dreig en 15% kans om don-derweer, het niks die (oud)VMN’ers afgeskrik om dié langverwagte aand in tipiese VMN styl te spandeer nie. Alhoewel die atmosfeer met die eerste aankomelinge effe “awkward” was, het dit vinnig oorgewaai (soos die reën) en kort voor lank het almal stories begin uitruil.

Wat ‘n wonderlike gevoel om 40 jaar se inwoners op een patio bymekaar te kry! Die musiek in die klubhuis het gedonder en die reuk van braaivleis het die lug gevul – dié aand was in volle swang.

Selfs Magda, reünie HK-lid, was in haar noppies met die aand, sowel as al die besoek-ers: “Ek het presies die gevoel gekry van hoe

die koshuis is. Elkeen wat oor daardie drumpel gestap het, het dadelik soos ‘n student begin dink. Daar is ‘n kind in almal van ons.”

Dit is veral op toepassing van die pret wat na die braai gevolg het. Na die eerste paar rondtes, het die partytjie begin met midder-nagtelike afkondigings (“algemeen aandag alle dames, aandag alle dames... kan Barney asb afkom voorportaal toe”) en het van die in-woners Saterdagoggend gou die matte in die sitkamer gestofsuig (dankie Ninke) – wie sou kon raai dat paptert so lekker kan gooi?!

Dit was duidelik dat na 40 jaar, alle dames steeds ‘n groot liefde vir VMN kweek. Dinge het dalk verander (ontgroening is nou O&B en vleg is nie meer heeltemal so taboe nie), maar steeds het elke (oud)inwoner ‘n liefde in hul hart vir die mense, die blommetjie en die ge-bou, want sonder dit was daar nie genoeg goud in die lewe nie.

junie 2013

Page 9: Veminim uitgawe 2

ve mi nin bladsy 9

Antisjiek, klassiek... Onvergeetlik.

La Boheme het gegons en die groot aand, die middelpunt van reünie, het aangebreek. Dié koue aand is aangedurf in regte antisjiek styl en het ‘n moderne weergawe van alles wat oud is gebied. ‘n Paar verrassings het op gaste gewag, maar eers was daar voorgereg, sop, wat elke Dame (en metgesel) ingewag het. In hul swart-en-wit pakkies het die Eerstejaars almal bedien en so die aand afgeskop en opgewarm.

In die markiestent het die Shimmies reeds die atmosfeer geskep en hul akoestiese musiek het elkeen betower. ‘n Hoogtepunt was beslis toe tannie Triena, eerste prim van VMN (en Ma Heleen se Ma) gepraat het oor die “goeie ou dae” en afgesluit het met haar eie eerste-jaarslied (“goor door, goor door”).

Nog ‘n verrassing (wat sommige dames se hare laat rys het), was die onverwagte H2O “besoek”. Tannie Engela was oppad om self ‘n toespraak te lewer, toe die ligte dramaties be-gin flikker (en uitdoof), musiek oor die klank-sisteem begin krap en 20 swartgekleede (oud)H2O’s die saal instorm. Sommiges het foto’s

berig deur ilza van zyl

geneem en ander het onder tafels ingeduik, maar een ding was verseker – elke paar oë in die vertrek was op hulle gefokus. ‘n “Sies, dis gross” , sowel as ‘n “dis AWESOME” het uit die gehoor geklink en elkeen het aan die “be-soek” sy eie weergawe geheg.

Christel van Eeden, wat as ‘hooforgani-seerder’ vir die dinee aangestel is, en Magda Nieuwoudt, Reünie HK-lid, het net lof: “Ab-solute blessing vir ‘n goeie komitee. Hulle het alles in hulle hande geneem. That was close to perfection. Altyd lekker as iets lyk soos jy drie maande terug beplan het.”

Foto’s is geneem, dressed for success is gedans en selfs ‘n mini-veiling is gehou. Elke bywoner het iets van VMN saamgevat – hetsy ‘n vergete herinnering, ‘n nuwe storie om te vertel of net ou vriendskapsbande wat weer herstel is. Die dinee is die hoogtepunt van ‘n reünie naweek en het beslis daarin geslaag. Oor 40 jaar kom ons almal weer bymekaar en praat steeds van onverwagte besoeke, lekker kos, en die onvergeetlike tye in VMN.

‘n Koshuis-reünie is nie bloot net ‘n feesvier-ing van tradisies en goeie herinneringe van die koshuis nie, maar ook van verskeie gange se unieke stempel wat op elke VMN-inwoner af-gedruk is. Tydens die reünie-naweek het elke gang iets besonders gedoen om die gangin-woners oor al die jare terug te verwelkom en die ganggevoel te herdenk.

Op Villa Hê was daar ‘n cowboy boot piñata propvol rooi lekkergoed, sjampanje en natuur-lik tequila. Daar is pin the ear on Leroy gespeel en vir afwarming is die patio sonlig ingeneem. Daar was ‘n fotohoekie en terwyl almal besig was, het die oud HK-lede Marli se kamer gaan besoek, met of sonder haar toestemming, om inspeksie te hou, of meer spesifiek, te kyk of hulle name nog in die kas staan. Skuus, tannie Rozanne….

Histeria het doelgerig die sjampanje bot-tels kaf gedraf ter voorbereiding vir die pons-kompetisie. Die oud ganginwoners was so

dankbaar dat Salomé gelukkig haar pad kon terugvind Histeria toe, betyds vir die reunie, want hulle wou graag ‘n paar fotos saam met hierdie legende neem.

Op Molesnes is daar afgeskop om vir Mol-lie, die uil, te groet. Daarna het almal hulle ou kamers gaan besoek en was daar geleentheid vir elkeen om op die plankies teen die muur iets oor die gang te skryf. Die terug-in-tyd-aksie is afgesluk met ‘n bietjie Po10C, waar almal mekaar vertel het van die ou en nuwe tradisies. Die Mollies het tuis gevoel te midde hulle heimwee.

Verder was daar ‘n patio en Gorgo was daar te vinde met groen shooters en Oros. Daar was ’n konsert opgevoer deur die dore met swart-sakke om hul voete; netnou kry hulle die idee dat hul die patio mag betree…. Hulle het die dorelied gesing en die paddasprong gedoen, alles vrywillig en in goeie gees. Dit was ‘n lek-ker Gorgo-patio-kuier, net soos dit moet wees.

Na afloop van die gangkuiers het die pons-kompetisie afgeskop. Elke gang moes een per-soon aanwys om bestanddele te kry, waarvan daar slegs ‘n beperkte aantal bestanddele per gang beskikbaar was. Die gange moes kies va-nuit dit wat daar was om ten einde ‘n gangpons bymekaar te slaan vir ‘n eerste plek. Die gang-kleure in elke pons het duidelik uitgestaan, asook die voorleggings van elke gang.

Die beoordelaars het ‘n moeilike keuse ge-had, aangesien die hoofbestandeel, alkohol, tog die gemeenskalike faktor tersprake was. Op die ou einde was daar twee gange naby aan die wenstreep. Bacchus en Histeria het vir al-mal gewys: P en R verskil nie veel as dit oor ‘n ponsie gaan nie. Histeria het weggevlieg met ‘n eerste plek en met pienk ja.

‘n Gangkuier wat uitloop op ‘n pons-aksie, want dis hoe VMN dit doen – al vir 40 jaar.

berig deur andrea viviers

junie 2013

Saterdag

Page 10: Veminim uitgawe 2

2013ve mi ninbladsy 10

Ma & Dogterberig deur inge jonck

Hierdie jaar het ma en dogter naweek plaasgevind op die naweek van 17-19 Mei. Wanneer mens Vrydag gou koshuis toe gekom het, kon mens al sien die opge-wondenheid loop hoog met al die ma’s wat so een vir een hier aankom. Die naweek het afgeskop met Mej. Vergeet-My-Nie, wat ook � �a�� ��oot ��k��� wa�� �at���� �a�� ��oot ��k��� wa�� �at��� �a�� ��oot ��k��� wa�� �at��-da� �� plann� h�t ����n m�t � piekniek agter die koshuis, waar vanjaar se sêr ook � ����k�n�n� ��maak h�t� �aa�na kon al� verskyning gemaak het. Daarna kon al-mal net rustig wees saam met die ma’s. Ons almal weet: om te gaan klere koop en inkopies doen wanneer mamma kom kuier, help die geldsake. Later is aandete ��d��n �n d�� kl��h���� �aa�na wa� daa� ook � � ��kak��� ��n �o� �laapkl��� nat��� � ��kak��� ��n �o� �laapkl��� nat�� ���kak��� ��n �o� �laapkl��� nat�-urlik), wat die jaar nuut was. En natuurlik mo�� almal n�t Th� G��at Gat��� �aan ���k t��w�l h� no� �o �a�� �n d�� ���k� ��� ��� �onda�o���nd wa� daa� � spreker, Christelle Liversage, en � l�kk�� ont��t ��� oulaas saam met jou ma. Ma en dogter naweek is � �a�� �p���al� ��l��nth��d �n d�� ko�h���, �o of �� � ����t��aa� of � ������ ����t��aa� of � ����� ����t��aa� of � ������ vier-dejaar is, dit is herinneringe wat jy vir ewig saam met jou kan dra. Who ran to help me when I fell, and would some pretty story tell, or kiss the place to make it well? My mother – Ann Taylor

A mother’s treasure is her daughter. Ma �n do�t�� naw��k �� � ��oot aant�k�n�� ��oot aant�k�n� groot aanteken-�n� �n m���t� �an on� �� da��o�k�: d�t �� wanneer � d��l �an �o� h��� ���t��� �aam kom �l� �n VMN�

�oo� ��woonl�k, wa� kl���d�a� �n deelnamevorms weer hoog op die p�o�l��ml��� ‘n Voo��t�l wa� ��maak dat ons meer eenvormig moet lyk, aangesien almal �� �d�� �an �wa�t ‘ond��’ ����k�l �n dit onnet lyk op Maandae. Dalk, voordat daar weer verander word, moet die huidige reëls eerder strenger toegepas word.

�aa� wa� ook ‘n n�w� �oo��t�l dat man����o�kt�� ��h����al���� mo�t word, maar hierdie voorstel was vinnig d��� d�� P��ma��a ���w��p� ��� �azaa� kw����� �ak�nd� d�� �a�aa� wat w��� uitgestel is, het ook aandag geniet.

Maar skottelgoed en vuil sitkamers het verseker die koek gevat en heelwat het oo� d�� to��tand �an d�� kom����� ��kla�

Midertermynswete het oor die algemeen goed verloop. Mens wonder egter tog soms of hierdie swete in die middel van d�� HK �� t��m�n �� do�l �����k �n wat ������ a� daa� n�� aanda� ����� wo�d aan klagtes nie, faal die proses dan in sy doel?

N��t�m�n, �� m�dt��m�n�w�t� ‘n geleentheid vir jou om jou kwessies te laat aan�p���k� G�����k d�t�

Midtermynsweteberig deur suzaan rossouw

Vanjaar se midtermynswete het rustig ����n �n ‘n paa� HK�l�d� h�t w����kom �ond�� �n��� ��a� �n and�� h�t ‘n komplement of twee raakgeslaan, terwyl ander persoonlik aangevat was oor hulle keuse van verjaarsdagdatum.

Vox PopsSal jy die “swart onder” reël inruil vir ‘n CHINO???

Megan-Lee Erasmus , 3de jaar, Gorgo

Nee, ons is nie wildbewaarders nie. Hou by die swart - sal liewer daarin bos gaan. Swartes bo!

Monique Kilian, 1ste jaar, VH

Ek LOVE chino-broeke! Ek sal my swart broek enige tyd inruil - dit sal ’n groot ‘trend’ word.

Leane Kotze, 1ste jaar, Histeria

Ek sal definitief nie my swart broek inruil nie. Chino, navy en geel gaan nie saam nie.

Michelle Rousseau, 2de jaar, Histeria

Ek hou van ons kleredrag net soos dit is, want as mens dit reg dra, kan dit baie mooi en netjies

Mariska Botha, 2de jaar, Molesnes

Ek dink nie dis ’n goeie idee nie, ‘Im-agine’ ’n chinobroek met ’n doorbaadjie!?

Nadia Schultz, 4de jaar, Histeria

Swart is stylvol en eenvormig. Dis maklik om ’n goeie swart broek te kry, alle winkels het dit!

berig deur celetia reinders

‘n Bietjie ‘tuis’ in ons huis.

Letsie en haar ma. FOTO: VERSKAF

Lune en mammas. FOTO: VERSKAF

junie 2013

Page 11: Veminim uitgawe 2

stampvol Impala. “Dressed for success” was ’n hoogtepunt wat die trots van Vergeet-My-nie uitgestraal het.

’n Ware onvergeetlike aand. As ek my drie wense kon kry daardie aand sou dit wees eerstens dat Vergeet-My-Nie altyd so trotse koshuis kan bly, dat mense die aand altyd sal onthou (die dore sukkel nogal met geheuev-erlies) en dat daar regtig vlieënde matte was.

Genie: “You have been a fabulous audience! Tell you what, you’re the best audience in the whole world. Take care of yourselves! Good night, Alice! Good night, Agrabah! Adios, amigos!”

A

ve mi nin bladsy 11

Partyfest SuksesWe ‘ ve got the magic

Aladdin: “So, three wishes. I want them to be good... what would you wish for?”

Partyfest is die aand in die jaar waar goed gebeur wat as “magical” beskryf kan word. Impala was omskep in ’n stukkie Indië, sonder die koeie en met goue weelde en beelde, matte, sagte en kleurvolle lappe asook ’n paar on-verwagse blou genies. Vergeet-My-Nie het weereens net buite die boks gedink en Genie se raad gevolg: “You’ve heard of the golden rule, haven’t you? Whoever has got the gold, makes the rules”. Luné en die sosiale komitee het verseker nuwe reëls opgestel met Oosterse dekor, rokende hubbly’s en swaaiende danse. Veminin het ondersoek ingestel om vas te stel wat dié partyfest van ander jare onderskei het.

Die tema het die hele koshuis toegelaat om anders aan te trek as die gewone en aandag te trek met baie juwele en vloeiende klere. Baie koshuisinwoners meen dat die sukses van die partyfest (ons het weereens gewen, vir die wat nie weet nie) toegeskryf kan word aan die da-tum waarop dit plaaasgevind het. Die party-fest was net na die semestertoetsweek gehou en daarom was baie mense lus om weer uit te gaan en het hulle ook minder akademiese verpligtinge gehad. Vergeet-My-Nie het net weereens bewys dat “we’ve got the gold” met ’n reputasie van ’n suksesvolle partyfest en ‘n

berig deur lisia labuschagne

VMN is vir die vierde jaar in ‘n ry Partyfest

wenners!

Lune en Jancke FOTO: LUNE

Crisanda, Ninke, Zane. FOTO: VERSKAF

Marine, Christel,Lauren. FOTO: VERSKAFLichelle, Rozanne, Janneke, Suzaan. FOTO: VERSKAF

Van die dekor, die tema was Oosters. FOTO: VERSKAF

junie 2013

Page 12: Veminim uitgawe 2

Nve mi ninbladsy 12

Mode: moets & moenies‘n Fabelagtige seisoen, romantiese

woorde tussen blare en óh die seisoen van amateurmodelle se drome, hierdie is net ‘n paar van die gedagtes wat aan herfs gekop-pel word. ‘n Pragtige seisoen inderdaad, maar nie juis die gerieflikste een nie. Sog-gens is dit ‘n taak om te kyk hoeveel kled-ingstukke jy kan aantrek voordat soos ‘n poffertjie lyk, daarna word dit een vir een afgeskud en teen middagete wil jy die laaste stukkie warm laat val in die bedompige, sweterige en ongemaklike hitte. “Beauty takes pain,” holruggeryd, maar definitief

een van die mees akkuraatste aanmerkings, óóít .

Die vraag bly staan, wat word as aanvaar-baar beskou tydens hierdie oorgangsfase? ‘n Paar van ons mede-inwoners het dit, soos gewoonlik, in die kol. Leerafwerkings is GROOT dames! Baadjies, broeke en selfs truie met leer in, is ín. Onderbaadjies sorg ook vir ‘n “thumbs up”, en groot, bonkerige serpe kikker enige uitrusting op. Doen jou-self ‘n guns en belê in knie-hoogte kouse, dra dit altyd saam stewels, dit verleen net daardie ekstra detail.

Soos gewoonlik moet daar ook weer geraas word, ai dames. Jou toon-koekeloer hakskoene is werklik pragtig, en dit doen wondere vir jou agterste, maar as jy dit weer saam met sykouse dra gaan ons moet ving-ers wys. Die hele somersbroekie/sykouse/stewels “vibe” is hipster en als, maar weer-eens daar is perke. Net omdat jou gunsteling lemmetjie groen broekie waarmee jy net 2 maande terug op Margate geparadeer het, jou gunsteling is, maak hom nie COOL om oor sykouse te dra nie.

Nou toe nou, hou die blink kant bo. xxx

junie 2013

WINTERberig & foto’s deur chrisanda schneider

Leer boots is in die seisoen. Gekleurde sykouse en hakke is terug.

Lauren illustreer die moet’s.

Page 13: Veminim uitgawe 2

Vve mi nin bladsy 13

Midtermyn Uitslae

Voorlopige Datums: Derde kwartaal

Pukki Talent FeesVir die afgelope 30 jaar is die NWU Puk se Kampus Talentfees al ‘n gebeurtenis om na uit te sien. Daar is groot pryse te wen en met die hoë standaarde wat gehandhaaf word, is die erkenning self ‘n eer.

Hierdie jaar se fees het op die 17de Mei plaasgevind, en dit het glad nie telleurgestel nie. Die kombinasie van ‘n lewendige orkes, die oudit se gordyne wat lig en die belofte van hope talent, verseker jaarliks ‘n skouspel wat definitief die moeite werd is. Soos ander jare is daar wel een ander aspek wat vir die Veminin-lesers vir so ‘n bietjie ekstra opwinding sorg, die Vergeet-My-Nie deelnemers, wat nooit telleurstel nie.

berig deur crizeldie gray

Feesvieringe op die Verhoog

Anja Kocks het die solo dans afdeling gew-en, met ‘n roerende vertolking en Abundance het ook weggestap met die prys vir beste dans-groep. Louisa van der Walt, ‘n oud-inwoner van Vergeet-My-Nie, het vir die tweede jaar in ‘n ry die visuele kuns afdeling gewen, sowel as die Visekansellierstrofee vir die algehele wenner van die skeppende kuns afdeling.

Die talentfees is gevolg deur ‘n feeskonsert waar bekende oud-Pukke, en voormalige Tal-entfees wenners opgetree het, onder andere, Anna Davel, asook Flip-a-Coin, wat hul laaste vertoning saam gedoen het. Na die konsert sien ek sommer van voor af uit om te sien wat die Vergeet-My-Nie deelnemers nog in die toekoms gaan vermag.

berig deur jonelle kuyler

HHierdie jaar se midtermynuitslae was vir VMN miskien nie heeltemal so goed soos almal gehoop het nie. Hoewel daar ‘n paar ligpuntjies was, is ons naam maar min genoem. Ons was darem algeheel tweede met JOOL (waar Karlien gewen het en Bellatrix tweede was), maar FINJOOL het ons ontglip. Hier was Karlien weer die wenners, met Bellatrix en Wag-‘n-Bietjie onderskeidelik tweede en derde. Tog het ons saam met Patria die ander slepe uitgestof met PRAKJOOL, waar Karlien en Excelsior tweede en Wag-‘n-Bietjie en De Wilgers derde was. VMN en Patria het ook JOOLnarre gewen. Ons wen toe darem weer BigPrims, met Excelsior en Minjonet onderskeidelik tweede en derde. VMN het seker baie hard gefokus op PartyFest, want ons akademiese uitslae het ook nie opgemaak vir die tekort aan pryse in die ander kategorieë nie.

Werwing het ook moeilik gegaan. VMN het nie onder die top 3 geval wat koshuisbesoeke betref het nie. Miskien moet ons ook maar volgende jaar die dore opsteek om met maskers voor ons deur te staan en dans. Klawerhof het Opedag gewen, met Karlien in die tweede plek en Huis Republiek in die derde plek.

Hoewel hierdie midtermynuitslae miskien ‘n bietjie van ‘n demper plaas op almal se entoesiasme wat koshuisaktiwiteite en kompetisie betref, moet ons altyd onthou dat dit ook vrek lekker was om aan al hierdie goed deel te neem. Vir die wat regtig kompeterend is, is dit dalk ‘n aansporing om ‘n bietjie meer in te sit om voor die einde van die jaar op te skuif in die kategorieë. Bo alles, onthou: Gaan vir Goud vir Hom!

Anja tydens haar solo. FOTO:VERSKAF Abundance in aksie. FOTO:VERSKAF

Skryf dit neer...

JulieAugustus

September

15 Klasse + proef begin

23 Dames sêr

29 Geen aksie tyd: SR Swete

Aksie tyd weer oop + proef eindig

29 Intervarsity

12-17 Sportweek

17 Informal

22 Prestige aand

4 Zoep begin

12 Toetsweek begin

21 Vakansie

junie 2013

Page 14: Veminim uitgawe 2

2

4

3 67

5

10

89

1

ve mi ninbladsy 14

Blinkste SportsterreVMN presteer op verskeie sportvelde

berig deur marele keyter

Almal weet VMN meisies is die mooiste op kampus, maar dis nie van staan en niks doen, dat hul lyfies so lyk nie. In hierdie koshuis word daar geSPORT!! Van sokker, tot netbal en swem – VMN doen dit alles. En hulle doen dit goed.

Die muurbal en vlugbal het ook uitstekend gevaar! Die eerstespanne van albei sporte het gewen en die tweedespan van die vlugbal het tweede geëindig.

Daar is darem een gelukkie (of ongelukkie) so tussendeur al die sport: Netbal se Winterliga het tot ’n einde gekom. Dit beteken geen meer koue aande langs die netbalbane nie, maar vir die kanniedood-ondersteuners is daar goeie nuus: Somerliga begin net na die vakansie.

Dit is goed om te sien dat VMN nie net

swot nie, maar tussendeur ’n gebalanseerde, gesonde studentelewe ook geniet. Eksamen is om die draai en binnekort sien jy net die bin-nekant van jou boeke. So geniet die deelneem, geniet die ondersteun, want een van die dae is jy spyt jy’t nie meer ‘n rede om uit jou kamer te kom nie.

EN…Moet nie iets beplan vir 12 tot 18 Au-gustus nie, want dan is dit SPORTWEEK! Dit beloof om heeltemal anders as in die verlede te wees en baie meer pret! Sien uit!

Onlangs is daar met ’n nuwe drafgroepie begin. Daar is nog nie verskriklik baie belang-stelling nie, maar wanneer die eksamen eers begin, sal die meisies gou ietsie soek wat hulle agter die boeke kan uitkry!

Verder spook ons dit uit op die Hokkie-veld. Alhoewel die liga nog nie klaar is nie, is dit reeds alombekend dat VMN ’n doring in al die ander spanne se vlees is. Die eerstes het sover alle wedstryde gewen, met een gelykop-telling, terwyl die tweedes nog geen wen af-gestaan het aan enige iemand nie – hulle klou vir die Goud. Die liga eindig vroeg volgende semester, so tot dan sal ons maar eers moet wag voor VMN se naam op die trofee ge-graveer kan word.

En terwyl die Goud en Navy op die hok-kie veld dit uitspook vir die wen-titel, is die sokker net langsaan besig om self skoonskip te maak. Die eerstespan het sover al hulle wedstryde gewen, en die tweedespan het nog net een verloor en die res gewen.

10 Dinge...Wat verkeerd gaan in die eksamen

“Ek gaan hierdie afdeling van die werk uitlos, want die dosent het nie baie aandag hieraan gegee nie.” Famous last words.

So jy skryf Vrydag. Vandag is Woensdag. Jou vriendinne wil gaan kuier en oorreed jou dat jy NOOIT weer so ‘n kans gaan kry voor die eksamen eindig nie. “Jy gaan mos môre die hele dag leer”. Nee, jy gaan nie...

Indien jy gelukkig genoeg is om ‘n kêrel te hê, is die kanse goed dat hy die dag voor jou moeilikste vraestel gaan besluit om iets simpel te doen wat NET erg genoeg is om jou buite aksie te stel. Sluit hom in ‘n hokkie toe. Indien jy nie ‘n kêrel het nie, hou dit so tot na die eksamen.

Hier is die scenario: jy het regtig baie min tyd om vir ‘n vak te leer. So jy besluit om die dag af te vat en klomp Red Bull te gaan koop om reg te maak vir ‘n deurnagsessie. Daar is absoluut niks met hierdie

plan fout nie, behalwe dat die krag 23h00 afgaan. Nerdy kopliggies, hier kom ons.

Griep, diarree-aanvalle en migraines. Dit ge-beur met die beste van ons. Heeltyd. Leer op die toilet en vee die snotdruppels van jou boeke af, OF gaan skryf die tweede geleentheid.

‘n Klein wenkie aan my mede stres-eters: Vyf ekstra kilo’s aan daardie boudjies gaan nie die stres wegvat nie. Drink eerder ‘n pilletjie.

Jy is besig om al jou boekies in te pak, want jy gaan by die huis leer vir ‘n paar dae. Ek weet jy mis jou mamma, maar jy gaan haar BAIE sien wanneer jy by die huis sit en leer vir jou her terwyl al jou maatjies vakansie hou in Jeffreys. Moenie vir jouself lieg nie.

In die klas is 1 + 1 = 2. In die eksamen is 5x2 6ab = WAT??! Die eerste stap is omش∏∑∆⅝ +aan jouself te erken dat jy geskroef is. Weet dit, aanvaar dit, gaan dien jou leë vraestel in en be-weeg aan.

Jy is laat vir jou vraestel. Jou lift Potch toe het laat gekom, jy’t jou studentekaart vergeet OF jyt hopeloos verdwaal op soek na ‘n eksamenlokaal waarvan jy nog nooit in jou lewe gehoor het nie. Almal kyk op wanneer jy instep, want dit is die enigste geluid wat hulle oor die afgelope 45 minute gehoor het. Boonop moet jy awkwardly verby mense stamp en skuifel om by die enigste oop sitplek in die lokaal uit te kom.

Jy druip die vraestel as gevolg van een van die bogenoemde redes of andersins. Dalk het ‘n hond by jou venster ingeklim en jou boeke geëet. Wat die rede ook al mag wees, hou jou kop hoog en onthou: HERRE IS VIR STERRE!

berig deur lhune jv vuuren

Die eksamen is hier en almal loop rond met wit kneukels en waansinnige bekommerde uitdrukkings op hul gesigte. Hier is 10 dinge waarvoor jy jou kan voorberei indien Murphy’s Law op jou toesak.

junie 2013

Ronel skiet ‘n doel vir die tweede span. Die eerste sqaush span met die trofee.

Page 15: Veminim uitgawe 2

Kve mi nin bladsy 15

Martha...Kom ons begin onder, by die dore. Hulle gee my ‘n nood, Belmy as jy dieselfde voel... Vir sommige is die voorportaal die Betsie plek om uit te hang, maar vir die meeste is dit die lekkerste in hul kamer agter slot en grendel, besig om met plebs te Skype of seniors te invite op Facebook.

Al wanneer hulle nie vasgekluister sit in hul kamers nie is as hulle met Partyfest tot twee uur die oggend Impala se dansbaan kan volstaan of die kroeg leegdrink. O wag, dit gebeur nie net by Partyfest nie. Dis mos sommer elke aand se ding, maar watter door villa he dit moet dan nou anders wees, mens kan mos net die volgende dag bietjie uitrus op jou bed, al is dat dan nou ook Opedag. Gepraat van Opedag, vat vyf Lizane!(Maar niks meer nie, daai is al wat jy kry). VMN is terug om die dak te lig(of is dit Ratau en Ver-itas...), geluk aan die ander mense se presta-sies, mens Willie bitter klink nie maar dis darem lekker om Jool algeheel te wen met jou plebs wat sooooooooooo hard gewerk het op die joolplaas... Maar sulke dinge ge-BEER maar soms, soos tamaties komkom-mer en rys.

Gepraat van groe(n)te, Rika het nog nie eers al haar bokse uitgepak nie en mense wil alreeds ‘n nuwe prim voorspel, en op hierdie stadium is dit net die jonges wat wil bly. Ag

enige een van die twee kan dit eintlik doen, hulle moet net leer om basiese dinge te doen, soos ordentelik afkondig (jy was immers twee jaar terug nog self op TD)... En daar-mee bedoel ek nie die een met die grappies of vreemde aksente nie, jy het genoeg oefen-ing gehad in jou tweede jaar. Ek bedoel die een wat moet leer om stembeheer toe te pas. Volume. Toonhoogte. Intonasies.

Sien, as jy nie hierdie regkry nie gaan mense dalk nie jou afkondigings hoor oor koshuisdrag nie en soms raak mense dan KORT van draad, en rompies, en dan is dit moeilik om te duikweg van konflik af, en alles maak mos maar weer ‘n verskyning in midtermynswete. Al wat nie so gereeld ver-skyn nie, is mans en hul besoektye. Maar ons kan nou daaroor stem as julle wil...

Terwyl ons nuwe koshuisma so lief is vir vergadering hou, kan ons nie maar stem oor tweedejaars in die koshuis nie? Sodat hulle net kan besluit of hulle die dore se lewe wil hel maak en hulle gedra soos mense wat al enkelkamers verdien, of eerder wil oornag in die dore se kamers na ‘n hele dag se shop-ping saam as hartsvriendinne.

Gepraat van hartsvriendinne. Lekker die toneel. Ek wonder wel wanneer Crizeldie ‘n normale, vriendelike karakter gaan speel in die sleeptoneel. Miskien sal dit gebeur die

dag wat enkeltoneel nie gewen word deur lekker tranetrekkers wat op jou groei soos ‘n kanker of so oudtyds en vervelig is soos ‘n skilpad nie.

Op die onderwerp van waterdiere, die padda kwaak maar stillerig deesdae, geluk-kig, anders was daar dalk binnekort nie dore oor om op te gil nie... Dis darem beter as die mermaids op die ander grondvloer wat dink die hele koshuis behoort aan hulle, en nou dink hulle dore ook so...

Verder is daar meer mense wat skelm rook as tweedejaars wat skelm by dore kuier, as jy nie die moves van Dressed for Success ken nie moet jy Marliewer nie in die middel dans nie. Oorpluisies vir afkondigings oor stoelkussings, sakke op TD of stompies op die balkonne is nou beskikbaar by enige HK-lid, met ‘n gratis kalmeerpil.

Sterkte met die eksamen, onthou: Wie suip druip, wie leer kom deur, en Martha sien als…

Spotprentvir die

uitgawe

junie 2013

Page 16: Veminim uitgawe 2

ve mi nin

bladsy 16junie 2013

Vergeet-My-N

ie 2013Vergeet-M

y-Nie 2013

ve mi nin

bladsy 16junie 2013