€¦ · verantwoordelik vir die vervoer van leerders na en van die kunssentrum. aansoeke om...

12

Upload: others

Post on 17-Oct-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: €¦ · verantwoordelik vir die vervoer van leerders na en van die Kunssentrum. Aansoeke om toelating tot die Kunssentrum moet by die Kunssentrum geskied. Leerders kan kies tussen
Page 2: €¦ · verantwoordelik vir die vervoer van leerders na en van die Kunssentrum. Aansoeke om toelating tot die Kunssentrum moet by die Kunssentrum geskied. Leerders kan kies tussen

2

Page 3: €¦ · verantwoordelik vir die vervoer van leerders na en van die Kunssentrum. Aansoeke om toelating tot die Kunssentrum moet by die Kunssentrum geskied. Leerders kan kies tussen

3

Page 4: €¦ · verantwoordelik vir die vervoer van leerders na en van die Kunssentrum. Aansoeke om toelating tot die Kunssentrum moet by die Kunssentrum geskied. Leerders kan kies tussen

4

Hoërskool Bosmansdam Die skool wat omgee.

Respek . Eerlikheid . Lojaliteit . Verantwoordelikheid

Page 5: €¦ · verantwoordelik vir die vervoer van leerders na en van die Kunssentrum. Aansoeke om toelating tot die Kunssentrum moet by die Kunssentrum geskied. Leerders kan kies tussen

5

HOëRSKOOL BOSMANSDAM DIE SKOOL WAT OMGEE.

Hierdie openbare hoërskool hou sedert Januarie 1971 tred met die nuutste verwikkelinge wat die toekoms van jongmense sal bepaal. Jongmense word die geleentheid gegun om hulself op akademiese -, kulturele -, sport - en sosiale vlak te ontwikkel en uit te leef. Ons opvoeders is toegewyde, professionele mense wat individualiteit respekteer en die geleentheid om met jong mense te werk, verwelkom. Vir ons is dit beide ‘n verantwoordelikheid en ‘n voorreg. Ons sluit onsself nie af van die wêreld buite die skool nie, maar verwelkom nuwe idees, geleenthede en ondervindinge. Ons leerders word dus afgerond en toegerus om die uitdagings van die arbeidsmark die hoof te bied en dus word hul toekomstige geluk en sukses verseker.

ALGEMENE INLIGTING

ADRES: Adam Taslaan, BOTHASIG 7441 TELEFOON: (021) 558-1070 FAKS: (021) 558-6380 E-POS: [email protected] / [email protected] WEBTUISTE: www.bosmansdam.co.za FACEBOOK: Bosmansdam (Official) SKOOLURE: 08:00 – 14:30 SKOOLHOOF: Mnr D.R. Human ADJUNKHOOF: Mnr D.Dirks

Page 6: €¦ · verantwoordelik vir die vervoer van leerders na en van die Kunssentrum. Aansoeke om toelating tot die Kunssentrum moet by die Kunssentrum geskied. Leerders kan kies tussen

6

VISIE OM DIE LEERDERS VAN HIERDIE SKOOL TOE TE RUS OM IN ‘N PRODUKTIEWE, GEDISSIPLINEERDE, VEILIGE EN POSITIEWE LEEROMGEWING HULLE VOLLE POTENSIAAL TE BEREIK.

MISSIE Die etos van hierdie skool is op Christelike waardes gebaseer en ons doel is dus om die volgende waardes by ons leerders te ontwikkel:

Respek

Eerlikheid

Lojaliteit

Verantwoordelikheid

SKOOLLEUSE UNITATE FORTIOR se vrye vertaling is “Sterker deur eenheid”. As sodanig bevestig dit ons ideaal: Ons staan as leerlinge, personeel en ouers saam.

TAALMEDIUM As parallelmedium skool is dit ons strewe om albei taalgroepe te verenig in ‘n enkele, hegte skoolgemeenskap waarin die taal en kultuur van alle kulture eerbiedig en bevorder word. Vir onderrigdoeleindes word die twee taalgroepe in sekere vakke soms saamgegroepeer. Dit geld egter eers van graad 10 af. Onderrig geskied in sodanige gevalle afwisselend in Afrikaans en Engels tydens dieselfde lesuur. Leerders moet dus in Afrikaans en Engels kan kommunikeer as hulle by die skool inskryf.

ONS SKOOL SE OUERS Ons ondersteun ons ouers in die opvoedingstaak van ons jongmense en ‘n goeie verhouding sal die sukses hiervan verseker. Die opregte belangstelling van ons ouers en hulle fisiese teenwoordigheid by skoolaktiwiteite dra by tot ‘n positiewe benadering wat verdere ontwikkeling bevorder en net tot voordeel van ons jongmense sal strek. Ons verwelkom ‘n oop en hartlike verhouding met ons ouers. Voornemende ouers word ook gevra om ‘n belangstellingslys te voltooi waarin hulle kan aandui op welke manier hulle van die Hoërskool Bosmansdam ‘n beter skool kan maak. Aan die einde van elke akademiese jaar word daar van die ouers verwag om ‘n elektroniese opname te voltooi om terugvoering aan die skool te verskaf. Die uitslae word dan gebruik om die kwaliteit van onderrig by ons skool te verbeter.

Page 7: €¦ · verantwoordelik vir die vervoer van leerders na en van die Kunssentrum. Aansoeke om toelating tot die Kunssentrum moet by die Kunssentrum geskied. Leerders kan kies tussen

7

AKADEMIES JUNIOR SEKONDêRE KURSUS: VAKKEUSE GRAAD 8 en 9 (GEWONE GRAAD) 1. TGK: Afrikaans 2. LLC: English 3. MLMMS: Wiskunde 4. NW: Natuurwetenskappe 5. MSW: Sosiale Wetenskappe 6. TEG: Tegnologie 7. EBW: Ekonomiese Bestuurswetenskappe 8. K&K: Kuns en Kultuur 9. LO: Lewensoriëntering SENIOR SEKONDêRE KURSUS: GR 10 - GR 12 Vanaf 2006 word die VOO-band gevolg deur alle skole. Elke leerder moet die volgende VIER vakke neem. Hierdie vakke word funksionele vakke genoem:

1. Afrikaans Huistaal / Afrikaans Eerste Addisionele Taal. 2. English Home Language / English First Additional Language 3. Wiskunde / Wiskunde Geletterdheid. 4. Lewensoriëntering

Enige DRIE van die volgende vakke wat ons tans aanbied, moet ook geneem word:

5. Rekeningkunde 6. Besigheidstudies 7. Ekonomie 8. Geskiedenis 9. Verbruikersstudie 10. Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) 11. Lewenswetenskap 12. Natuurwetenskap 13. Toerisme

*KUNSSENTRUM Kuns word na skool by die Tygerbergse Kunssentrum te Parow aangebied. Ouers is verantwoordelik vir die vervoer van leerders na en van die Kunssentrum. Aansoeke om toelating tot die Kunssentrum moet by die Kunssentrum geskied. Leerders kan kies tussen Ontwerp en Visuele Kuns as vakke en die vakke is WKOD geakkrediteer. (https://tygerbergartcentre.wikispaces.com) Musiek kan ook geneem word by die Hugo Lambrechts Musieksentrum. (www.hugolambrechts.co.za/)

Page 8: €¦ · verantwoordelik vir die vervoer van leerders na en van die Kunssentrum. Aansoeke om toelating tot die Kunssentrum moet by die Kunssentrum geskied. Leerders kan kies tussen

8

OPMERKINGS IN VERBAND MET VAKKEUSE In graad 9 word aanlegtoetse afgeneem om ouers te help met die leerders se vakkeuse en sinvolle loopbaanbeplanning. In Graad 11 word aanlegtoetse weer gedoen om te help met loopbaankeuses.

REKENAARSENTRUM Die skool beskik oor drie moderne rekenaarsentrums met E-postoegang vir elke leerling se gebruik. Ons is ook ingeskakel by die Internet. Die rekenaarsentrum is Maandag tot Donderdag vanaf 14:30 tot 16:00 oop vir die gebruik deur leerders. Volwasse-onderrrig word ook hier aangebied.

Ons maak gebruik van die Cami-program, wat een van die vooraanstaande ontwikkelaars is van programme om lees- en wiskundevaardighede te ontwikkel. Leerders het toegang tot die program na skool om hulle taal- en wiskundevaardighede te verbeter.

Bosmansdam is ‘n geregistreerde Google Suite - skool vir Onderrig.

SKOOLSIELKUNDIGE: Die skool beskik oor ‘n ten volle opgeleide onderwyser-voorligter wat beskikbaar is om te help met beroepsvoorligting en vakkeuse, sowel as vir remediëring, studiehulp en persoonlike onderhoude. Melissa Ridgway is ‘n geregistreerde opvoedkundige sielkundige (registrasienommer : PS 0121479 ) by die Gesondheidsraad van Suid-Afrika. Sy is voltyds werksaam by die skool. Die skool bied gevolglik berading vir leerders wat probleme ervaar t.o.v. verskeie kwessies. Sy bied beroepsvoorligting en leiding m.b.t. vakkeuses aan, maar konsentreer meestal op terapeutiese intervensies en ouerleiding.

LEERONDERSTEUNING Alle graad 8-leerders sal aan die begin van die jaar ‘n basislyntoets skryf. Hierdie toets sal die leerders identifiseer wat dalk ‘n risiko kan loop om nie aan die vereistes wat hul huistaal vereis, te voldoen nie. Hierdie leerders sal gedurende skoolure intensiewe intervensie in Afrikaans - en Engels Huistaal by me. Liesl Robinson van Metropool - Noord ontvang. Sy is by die skool geplaas om met leerondersteuning te help. Sy is ‘n ten-volle gekwalifiseerde leerondersteunings-onderwyser.

Page 9: €¦ · verantwoordelik vir die vervoer van leerders na en van die Kunssentrum. Aansoeke om toelating tot die Kunssentrum moet by die Kunssentrum geskied. Leerders kan kies tussen

9

FINANSIES SKOOLGELDE Verpligte skoolgelde is in 11 paaiement van Januarie tot November van elke jaar betaalbaar. Die bedrag word jaarliks deur die Bestuusliggaam bepaal. Ouers word aangemoedig om van die debietorderfasiliteit wat beskikbaar is, gebruik te maak Hoofprefekte / hoofseuns / hoofdogters van die plaaslike laerskole kry tot matriek ‘n 50 % afslag op hul skoolgelde wat ‘n aansienlike besparing vir ouers beteken. Graad 7- leerders van die plaaslike skole wat onder die top 5 akademiese presteerders van hul skool tel, kry ‘n verdere 50% afslag op hul skoolfonds vir die eerste jaar in graad 8 en van graad 9-12 indien hulle onder die top 5 akademiese presteerders bly. SUBSIDIE Die skool subsidieer in sommige gevalle die skoolgeld van ouers wat op grond van hul totale bruto jaarlikse inkomste kwalifiseer. Inligting is by die skool beskikbaar. Aansoeke vir subsidies moet jaarliks ingedien word.

HANDBOEKE EN SKRYFBEHOEFTES

‘n Volledige skryfbehoefteslys sal in die vierde kwartaal gesirkuleer word. Handboeke word deur die skool verskaf.

HOëRSKOOL BOSMANSDAM: TUISTE VAN DIE KNIGHTS

Page 10: €¦ · verantwoordelik vir die vervoer van leerders na en van die Kunssentrum. Aansoeke om toelating tot die Kunssentrum moet by die Kunssentrum geskied. Leerders kan kies tussen

10

BUITEMUURSE BEDRYWIGHEDE Ons verwag van ons leerders om aan minstens een vereniging te behoort en om, behalwe waar mediese redes dit verhoed, een wintersportsoort en een somersportsoort te beoefen. Die skool en toekomstige werkgewers plaas ‘n hoë premie op deelname aan buitemuurse aktiwiteite. Leerders wat hulself aan deelname in ‘n betrokke sportsoort(e) verbind, moet vir die hele seisoen vir oefeninge en wedstryde beskikbaar wees.

SPORT Somer: Atletiek Winter: Landloop

Krieket Netbal Tennis Rugby

Sagtebal Hokkie Raakrugby (Seuns) Vyf-aan-‘n-kant hokkie (Dogters) Aksie-krieket Aksie-netbal (Dogters) Gimnasium-fasiliteite is vir die studente beskikbaar om in die middae na skool te gebruik.

KULTUUR

Die leerlinge neem tot op nasionale vlak aan verskeie redenaars-, beleggings- en entrepreneurskapskompetisies deel. Leerlinge word ook blootgestel aan vakansieseminare wat deur professionele maatskappye, die ATKV en winterskole aangebied word.

Die volgende verenigings en kultuuraktiwiteite word aangebied:

Eisteddfod Fotografie Skoolkoerant (VOX) Debatsvereniging Skaakklub Talentkompetisies

Glee-klub Videografieklub Mediaklub

Addicted to Jesus - Jeuggroep Olimpiades

NOODHULP-OPLEIDING

Vir leerlinge wat belangstel, word ‘n noodhulpkursus aangebied (Vlak 1 tot 3) Hierdie leerlinge doen gedurende sportbyeenkomste diens.

Page 11: €¦ · verantwoordelik vir die vervoer van leerders na en van die Kunssentrum. Aansoeke om toelating tot die Kunssentrum moet by die Kunssentrum geskied. Leerders kan kies tussen

11

SKOOLDRAG UITSTAPPIES (winter of somer) - Volledige wintersdrag. L.W. Alle kledingstukke moet duidelik gemerk wees. Vir meer inligting oor skooldrag, sien die bylaag by die gedragskode, wat ouers sal ontvang as hul kind by die skool aanvaar word. Sporthempies word deur die skool verskaf.

LEWERANSIERS

Die skooldra (volgens die voorgeskrewe vereistes) is verkrygbaar by ROTHMANS, Surreystraat, Goodwood. Tel: (021) 591-3124

INSKRYWINGS

Die volgende inligting word verlang: 1. SIMS-rekenaardatavorm 2. Vakkeusevorm (graad 10-12) 3. Afskrif van ID-dokument of geboortesertifikaat van die leerling 4. Afskrif van die jongste skoolrapport van die leerling. 5. Ondernemingsvorm 6. Oorplasingssertifikaat (aan die einde van die jaar) 7. Ouer-betrokkenheidvorm

Voornemende leerders sal teen 3 Junie 2017 skriftelik in kennis gestel word of hulle toelating verkry het.

ALGEMEEN Meer as 90% van graad 8-leerders wat by ons begin, slaag uiteindelik graad 12 by ons skool. Dit is ‘n uitkoms waarop ons baie trots is. Data wat ons jaarliks van ouers en leerders ontvang, word gebruik om ons skool elke jaar te verbeter. ‘n Bewys dat hierdie jaarlikse terugvoer inderdaad vrugte afwerp, is die skool se uitslag van die Heelskoolevaluering van 2016. Die Hoërskool Bosmansdam is oor drie dae deur die WKOD geëvalueer (‘n standaardprosedure) en het ‘n algehele telling van 4 uit 5 gekry (80%), ‘n prestasie wat min skole bereik. ‘n Uittreksel uit die verslag lui: “Both teachers and learners show high levels of commitment, respect and pride. A positive school ethos is exemplified. The school has a wide range of functional, well-utilised resources in support of the curriculum”

Page 12: €¦ · verantwoordelik vir die vervoer van leerders na en van die Kunssentrum. Aansoeke om toelating tot die Kunssentrum moet by die Kunssentrum geskied. Leerders kan kies tussen

12