verslag aan donateurs
TRANSCRIPT
1
RAILTON GEMEENSKAPSASSESSERING (GAP)
Railton Stigting en
die Universiteit Stellenbosch
NAVORSINGSVERSLAG VIR
DIE RAILTON STIGTING
November 2010
2
Navorsingspan: Sandy Lazarus
1 (Navorsingspan-leier), Tony Naidoo
2 (Navorsingspan Mede-
leier), Grant Demas2, Lorenza Williams
2, Deidre Sauls
3, Fiona Filander
3, Reagan Kamfer
3,
Annuske Klaasin3, Searle Korasie
3, en Jamie-Lee Martin
3, Basil May (Projekbestuurder).
1. Mediese Navorsingsraad/Universiteit van Wes-Kaap; 2. Stellenbosch Universiteit;
3. Railton Gemeenskap/Swellendam
Agter: Grant, Reagan, Sandy, Tony, Searle en Basil
Voor: Jamie-Lee, Deidré, Annuske, Fiona en Lorenza
3
DANKBETUIGING
Eerstens wil ons die Railton Stigting (Nederland), in besonder mnr. Thomas van der Ven, en die
Universiteit Stellenbosch bedank vir hul ruim finansiële ondersteuning tot hierdie projek. Mnr.
Basil May, koördineerder van die GAP projek, word in besonder bedank vir die belangrike rol
wat hy gespeel het om hierdie hele inisiatief “bymekaar te hou”.Die navorsing sou ook nie
moontlik gewees het sonder die deelname van die Railton-inwoners nie, asook die mense van
die verskillende dienssektore wat aan verskeie aktiwiteite binne hierdie projek deelgeneem het.
Ons hoop dat hierdie verslag en ander uitsette vanaf die navorsing verdere ontwikkeling binne
hierdie gemeenskap sal stimuleer en steun.
Ons wil graag die GAP Projek Adviserende Komitee (PAK) vir hul ondersteuning in die
ontwikkeling en implementering van hierdie samewerkende inisiatief bedank.
• Mnr. Basil May (Voorsitter)
• Mnr. Harry Prince (Sekretaris)
• Prof Sandy Lazarus (Navorsingspan leier)
• Prof Tony Naidoo (Mede- Navorsingspan leier)
• Me. Elizabeth Nelson (Verversings-koördineerder)
• Me. Frances Petersen (Bestuurder van die Thusong Sentrum)
• Me. Deidré Sauls (Administratiewe assistent: Navorsingspan)
• Me. Margaret Lotz (Lewens Oriëntering: Swellendam Sekondêre Skool)
• Me. Mary-Anne Juries (Lewens Oriëntering: Bontebok Primêre Skool)
• Mnr. Kosie Sefoor (Gemeenskapsleier)
• Me. Agnes Mbatyaswa (Gemeenskapsleier)
• Mnr. Grant Demas (Stellenbosch Universiteit Navorser)
• Me. Lorenza Williams (Stellenbosch Universiteit Navorser)
• Me. Jamie-Lee Martin (Railton Navorsingspanlid)
Me. Elizabeth Nelson word in besonder bedank dat sy die spyseniering tydens vergaderings en
ander geleenthede gedeon het. Haar onbaatsugtige diens en ondersteuning aan die
navorsingspan word hartlik waardeer.
Ons wil graag ons dank uitspreek aan die Rektor en personeel van die Universiteit Stellenbosch
wat op verskeie maniere tot hierdie projek bygedra het. Veral die volgende mense wat fondse,
hul kennis en vaardighede asook tyd opgeoffer het in hul amptelike, maar ook persoonlike
hoedanighede:
• Prof. Julian Smith (Vise-Rektor: Gemeenskapsinteraksie)
• Prof. Arnold van Zyl (Vise-Rektor: Navorsing)
• Dr. Jerome Slamat (Senior Direkteur: Gemeenskapsinteraksie)
• Prof. Tony Naidoo (Hoof: Sielkunde Departement)
• Me. Inge Scholtz (Prof. van Zyl se assistente)
• Me. Laetitia van der Merwe (Prof. Smith se assistente)
4
• Mev. Cecile Joubert (Prof. Naidoo se assistente)
• Mnr. Howard Gordon (Dr Slamat se assistent)
Die volgende lede van Stellenbosch Universiteit word vir hul direkte bydrae bedank:
• Claudia Alexander en Jamil Khan van die Sielkunde Departement, Universiteit
Stellenbosch, wat die data vanaf die gemeenskapsopname vraelys, vasgelê het.
• Sielkunde Departement, Universiteit Stellenbosch, vir vervoerkoste vir die
navorsingspanlede vanaf die universiteit om vergaderings, opleiding en werkswinkels in
Swellendam by te woon.
• Garth Stephenson van die Geografie Departement, Universiteit Stellenbosch, vir
raadpleging met GIS
ʼn Spesiale woord van dank word uitgespreek aan mnr. Maarten van der Ven, Voorsitter van die
Railton Stigting Raad Swellendam, wat die projek se finansies saam met mnr. Basil May bestuur
het. Saam met hom bedank ons ook die Raad vir die oorsig oor die projek en vir die voorsiening
van ʼn geouditeerde finansiële verslag nadat alle rekeninge vereffen is.
Ons bedank ook vir mnr. Jan Jansen, Burgermeester van Swellendam vir sy onbaatsugtige
ondersteuning aan hierdie projek. Danksy sy intervensie is munisipale fasiliteite soos die
burgermeesters-buitehuis by die munisipale kampterrein en die Thusong sentrum gratis of teen
ʼn nominale fooi gebruik. In hierdie verband wil ons ook eer betuig aan Me. Bernedette Scholtz
(Munisipale Verbinding-offisier), Me. Carmen Cupido (Waarnemende Burgermeesters-
sekretaresse) en Me. Frances Petersen (Bestuurder: Thusong sentrum) wat ons in vele opsigte
bygestaan het.
Ons is baie dankbaar vir SwellendamTV, en Me. Cathy van Eeden in besonder, vir hul
bereidwilligheid om ons navorsingsproses vrywilliglik op te neem en ʼn DVD te skep wat die
sleutelaspekte van die navorsing vasgelê het. Dit is ʼn waardevolle bron vir hierdie proses en
betoon eer aan die mense van Railton.
Ons bedank vir Mnre Japie Kellies (Waarnemende hoof: Swellendam Sekondêre Skool) en
Eugene van Niekerk (Adjunkhoof: Swellendam Sekondêre Skool) vir hul bereidwilligheid om die
navorsingspan toe te laat om die koshuis-saal te gebruik wanneer daar geen ander fasiliteite
binne Railton beskikbaar was nie.
‘n Verdere woord van dank gaan aan Me. Alma Jacobs vir die Afrikaanse vertaling van die
verslag uit die oorspronklike Engelse teks.
En laastens, die inhoud van hierdie verslag is ʼn produk van die kollektiewe werk van die Railton
Navorsingspan. Die span word bedank vir die uitmuntende toewyding en goeie werk gedurende
die GAP proses tydens 2010.
5
INHOUDSOPGAWE
Bladsy nommer
1. INLEIDING EN OORSIG 6
2. RAILTON GESKIEDENIS ONTVOU… 7
3. RAILTON SE GEMEENSKAPSBATES 8
4. PRIORITEIT-BEHOEFTES IN RAILTON 11
5. PRIORITEIT STRATEGIESE AREAS VIR GEMEENSKAPSAKSIE 15
6. KRITIESE ANALISE VAN NAVORSINGSDATA 20
7. AANBEVELINGS 22
8. TEN SLOTTE 25
6
1. INLEIDING EN OORSIG
Hierdie verslag is spesiaal vir die Railton Stigting as een van die vennote van die Railton
Gemeenskapsassessering-projek saamgestel, en bied ʼn opsomming van die navorsingsproses en
resultate wat gedurende 2010 gedoen is. Besonderhede van die proses, sowel as al die
resultate word in die hoof Navorsingsverslag gevind. Die hoofdoel van hierdie verslag aan die
Railton Stigting is om aanbevelings te maak vir aksie oor die volgende vyf jaar.
Hierdie verslag dek die volgende areas:
• Railton geskiedenis ontvou…
• Railton se gemeenskapsbates
• Prioriteit- behoeftes in Railton
• Prioriteit strategiese areas vir gemeenskapsaksie
• Kritiese analise vir navorsingsdata
• Aanbevelings
• Ten laaste, kommentaar
Die navorsingsdoelwitte en -vrae sal eerstens bespreek word, asook ‘n kort opsomming van die
navorsingsproses en –ontwerp, en daarna sal die bogenoemde fokus-areas hanteer word.
Die hoofdoel van die navorsing was om ʼn gemeenskapsassessering in Railton, binne
Swellendam, uit te voer om die gemeenskap en die Railton Stigting by te staan om
prioriteitsareas vir gemeenskapsontwikkeling te identifiseer. Hierdie doel is nagestreef deur die
kartering van gemeenskapsbates (insluitende sterkpunte en hulpbronne), sowel as die
assesseringsproses van prioriteits-behoeftes. Spesifieke navorsingsvrae het die volgende
ingesluit:
• Watter belangrike geskiedkundige gebeure, sowel as inligting moet in ag geneem word
om die sosio- kulturele- ekonomiese konteks van Railton te verstaan?
• Wat is die sterkpunte, bates en hulpbronne wat tans bydra tot
gemeenskapsontwikkeling binne Railton?
• Wat is die waargenome prioriteits-behoeftes met betrekking tot
gemeenskapsontwikkeling binne Railton?
• Op grond van bogenoemde, wat is die prioriteits-strategiese areas vir gemeenskapsaksie
oor die volgende paar jaar, en hoe kan huidige bates en sterkpunte gebruik word om
geïdentifiseerde behoeftes aan te spreek?
Hierdie navorsing is uitgevoer binne ʼn Gemeenskapsgebaseerde Deelnemende Navorsing
(GGDN) benadering. GGDN is ʼn deelnemende benadering tot navorsing wat alle vennote binne
die navorsingsproses insluit en die unieke sterkpunte wat elkeen bring, erken. GGDN begin met
ʼn navorsingsontwerp wat van belang is vir die gemeenskap met die doel om kennis en aksie vir
sosiale verandering bymekaar te bring.
7
Die GAP navorsingspan het bestaan uit elf lede, onder die leiding van mnr. Basil May, Professore
Sandy Lazarus en Tony Naidoo, tesame met twee doktorale studente vanaf Stellenbosch
Universiteit (die ander vennoot in hierdie projek) en ses jongmense van die Railton-
gemeenskap. Die span was getrou aan die GGDN-benadering en het vanaf Februarie tot
November 2010 saamgewerk en hul kennis en vaardighede gedeel. Hierdie samewerking het die
volgende omvat: Hulle het die navorsing saam beplan; dit in die gemeenskap uitgevoer; die
data-analise is saam gedoen; en die span het hul kollektiewe ervaring en insigte gebruik om
aanbevelings vir aksie in die gemeenskap en die Railton Stigting te maak.
Die navorsingsproses het uit die volgende 10 fases bestaan:
1. Voorbereiding
2. Historiese en huidige konteks-analise
3. Werkswinkels vir die kartering van Gemeenskapsbates (met Jeug, Volwassenes,
Oueres, en Dienssektore): 66 deelnemers in totaal
4. Uitvoer van opnames (insluitend jeug en volwassenes vanuit 200 huishoudings,
vanuit alle sones binne Railton)
5. Onderhoude met sleutelinformante (saam met 29 bykomende belanghebbendes)
6. Foto-stories
7. GIS Kartering van Gemeenskapsbates
8. Algehele analise van data (saamvoeging rondom die vier navorsingsdoelstellings)
9. Aanbiedings oor resultate en aanbevelings vir gemeenskap
10. Uitsette (gemeenskap feiteblad, navorsingsverslae en ʼn gemeenskapshandleiding)
Vervolgens word die opsomming van die navorsingsresultate weergegee, en spesifieke
aanbevelings vir die Railton Stigting in terme van aksie vir die volgende vyf jaar.
2. RAILTON GESKIEDENIS ONTVOU…
Die inligting verkry van die oueres (werkswinkels), die jeug (skool-opstelle), onderhoude en
dokumentasie, het die volgende opsomming tot gevolg gehad…
Tussen 1922 en 1925 het ʼn groepie gesinne hulle in die area, nou bekend as Railton,
Swellendam, gevestig. Een van hierdie gesinne was die Bloemfontein’e. Na die nuwe wetgewing
van die 1950’s en die Groepsgebiede wet, is Railton verklaar tot ʼn gebied vir gekleurde mense.
Dit het veroorsaak dat baie mense vanaf die dorp Swellendam na Railton moes verhuis. Die
gemeenskap was ʼn hegte groep vanaf die vroeë 1960’s tot 1980’s en geleenthede soos
konserte, mode-parades, atletiek, trompoppies en saamtrek-byeenkomste, was aan die orde
van die dag. Die gemeenskap het oor die jare gegroei en bestaan tans uit meer as 20 000
inwoners. Die eenheid wat voorheen geheers het, is egter nie meer so sterk nie, aangesien baie
mense Railton verlaat en elders gaan woon het, terwyl ander weer Railton hul nuwe tuiste
gemaak het. Alhoewel die gemeenskap al baie hartseer-insidente beleef het, soos die
busongeluk van 1975 (28 mense is dood) sowel as die huidige dwelmmisbruik en fisiese geweld,
het Railton steeds baie om te vier. Baie ontwikkeling het die afgelope jare plaasgevind: Twee
8
skole is gebou, ʼn dorpsbiblioteek, dagsorgsentrums, ʼn paar kerkgeboue ʼn gemeenskapsaal en
die Thusong-meerdoelige sentrum, om net ʼn paar positiewe bydrae van
gemeenskapsontwikkeling te noem. Baie mense het ook sukses behaal op die gebied van sport,
akademie en die besigheidswêreld. Railton is waarlik ʼn sterk gemeenskap en streef steeds na ʼn
beter lewe vir sy inwoners.
3. RAILTON SE GEMEENSKAPSBATES
Die navorsingsvraag wat hierdie deel van die navorsing gerig het, was: Wat is die sterkpunte,
bates of hulpbronne wat bydra tot gemeenskapsontwikkeling binne Railton? Bates kan
omskryf word as daardie hulpbronne en sterkpunte wat deur die gemeenskapdeelnemers,
binne hul gemeenskap, so geag word. Dit kan fasiliteite, mense, waardes, gedeelde ervarings of
gemeenskapsprosesse, insluit.
Die data-insameling wat met hierdie deel van die navorsing gepaard gegaan het, was
werkswinkels met oueres, jeug, volwassenes en diensverskaffers (66 mense in totaal), vraelyste
aan die gemeenskap (200 huishoudings, jeug en volwassenes vanuit elke deel van Railton), en
onderhoude met 29 sleutelinformante. In totaal het 295 mense van die Railton-gemeenskap hul
sienings oor die navorsingsvraag gedeel.
Die finale proses van triangulering van verskillende data-insamelings metodes, het die volgende
gemeenskapsbates in Railton/Swellendam identifiseer:
Tabel 1: Gemeenskapsbates: Vergelyking van resultate: Verskillende metodes
Kategorieë Spesifieke bates Werkswinkels Vraelyste Onderhoude
Geboue/strukture Gemeenskapsaal
Strate, huise
Sportgronde
Thusong sentrum
√
√
√
√
√
√
√
√
√
√
Gesondheidsdienste Hospitaal √ √ √
Kliniek √ √ √
Mediese hulp √
Menslik sterkpunte Talente √ √ √
Menslike potensiaal √ √ √
Opvoedkundige dienste en
projekte
Skole √ √ √
Volwasse Basiese
Opvoeding en
Onderrig (VBOO)
klasse
√ √ √
9
Buitemuurse
aktiwiteite
√
Kategorieë Spesifieke bates Werkswinkels Vraelyste Onderhoude
Gemeenskapsgroepe en -
organisasies
Gemeenskapsprojekte √ √ √
Love life √ √
Diere Beskermings
Vereniging (DBV)
√ √ √
HIV projek √ √
Organisatoriese
samewerking
√ √
Kulturele en erfenis
projek
√
Openbare werke
programme
√
Slagoffer
ondersteuning
√
Vulindlela projek √
Leierskap, afrigting en
lewensvaardigheid
kursusse
√
Regeringstrukture en –
dienste
Biblioteek √ √ √
SAPD √ √ √
Poskantoor √ √ √
Elektrisiteit √
Weegbrug √ √
Geloofsgebaseerde
organisasies
Kerke √ √ √
Vermaaklikheid Sportsgronde √ √
Dansgroepe √ √
Huis van Kuns √
“Games shop” √
Sport √ √
Natuurlike en geboude
omgewing
Die berg √ √ √
Waterval √
Natuurreservaat
(Bontebok park)
√ √ √
10
Skougronde √ √
Hotel/ B&B’S √ √
Ekonomie/Besigheid/Werk B&B’s/ hotel √ √ √
Winkels √ √ √
Restaurante √ √
Wanneer ons na die gekombineerde data-analise van die verskillende metodes kyk, is dit
duidelik dat die gemeenskap die volgende as die belangrikste bates in Railton sien:
• Geboue/strukture, veral strate, huise en die Thusong gemeenskapsentrum
• Gesondheid, insluitend die hospitaal en kliniek
• Menslike sterkpunte, met die fokus op talente en menslike potensiaal
• Opvoedkundige dienste en projekte, veral skole en volwasse onderrig-klasse
• Gemeenskapsgroepe en -organisasies, sluit verskillende projekte in
• Regeringstrukture en -dienste, veral die biblioteek, SAPD en die poskantoor
• Geloofsgebaseerde organisasies, veral kerkgenootskappe
• Natuurlike en beboude omgewing, veral berg en natuurreservate
• Ekonomie/Besigheid/Werk, veral winkels en plekke vir toeriste (hotelle, B&B’s en
restaurante)
• Vermaaklikheid
Die volgende opsomming van die resultate is by die gemeenskapsvergadering op 24 September
2010 aan die gemeenskap weergegee.
Tabel 2: Opsomming van die resultate: Bates, sterkpunte of hulpbronne in Railton
Bates Genoemde voorbeelde
Geboue/strukture Gemeenskapsaal; Thusong-sentrum;
sportgronde; strate; huise
Gesondheidsdienste Hospitaal; kliniek
Menslike sterkpunte Talente; menslike potensiaal
Opvoedkundige dienste en projekte Skole; Volwasse Basiese Opvoeding en Onderrig
(VBOO) klasse
Gemeenskapsgroepe en -organisasies Diere Beskermings Vereniging; “Love-life”-
projek
Regeringstrukture en -dienste Dorpsbiblioteek; Suid Afrikaanse Polisie Diens
11
4. PRIORITEIT-BEHOEFTES IN RAILTON
Die navorsingsvraag wat hierdie deel van die navorsing gerig het, was: Wat is die
prioriteitsbehoeftes met betrekking tot gemeenskapsontwikkeling in Railton? Die data-
insameling wat met hierdie deel van die navorsing gepaard gegaan het, was werkswinkels met
oueres, jeug, volwassenes en diensverskaffers (66 mense in totaal), vraelyste aan die
gemeenskap (200 huishoudings, jeug en volwassenes vanuit elke deel van Railton), en
onderhoude met 29 sleutelinformante. In totaal het 295 mense vanuit Railton hul sienings oor
die navorsingsvraag gedeel.
Die finale proses van triangulering van die verskillende data-insamelingsmetodes, het die
volgende prioriteitsbehoeftes in Railton/Swellendam identifiseer:
Tabel 3: Prioriteitsbehoeftes in Railton:
Vergelyking van resultate regoor verskillende metodes
Kategorieë Spesifieke
behoeftes
Werkswinkels Vraelyste Onderhoude
Voorsiening van voedsel Kos vir
minderbevoorregte
mense
√ √ √
Sopkombuise √ √ √
Voedingskemas √
Jeug-ontwikkeling Jeugsentrum √ √ √
Jeugprojekte √ √
Opleidings-
geleenthede vir die
jeug
√
(SAPD); poskantoor
Geloofsgebaseerde organisasies Verskillende kerkgenootskappe
Vermaaklikheid Sportgronde; sportklub; dansgroepe
Natuurlike en geboude omgewing Die berg; natuurreservaat (bv. Bontebok park)
Ekonomie/Besigheid/Werk B&B’s; hotel; winkels
12
Kulturele aktiwiteite Moet Railton en
Swellendam se
geskiedenis insluit
√ √ √
Erfenisdag viering √ √
Kategorieë Spesifieke
behoeftes
Werkswinkels Vraelyste Onderhoude
Kulturele aktiwiteite Sport fasiliteite/
kompetisies
√ √
Verskillende
kulture te eer
√
Besighede en werk Werksgeleenthede √ √ √
Voortgesette
landbou
√ √
Geleenthede √ √
Bakkery √ √
Geloof Kerkkore / kerk-
aktiwiteite
√ √ √
Huisbesoeke deur
kerke
√ √
Gesondheidsdienste Gesondheid-
sentrum
√ √ √
Beter samewerking
tussen kliniek
personeel en
samewerking
√ √
Beradingseenheid
en advieskantoor
√ √ √
Professionele hulp √ √
Opvoedkunde en
vaardigheidsontwikkeling
Meer skole in
Railton
√ √ √
Dagsorgsentrums √ √ √
Meer onderwysers √ √ √
13
Tuiswerkhulp- en
toesig
√ √ √
Verdere opleiding √ √
Geleenthede vir
opleiding
√ √ √
Kategorieë Spesifieke
behoeftes
Werkswinkels Vraelyste Onderhoude
Respek vir self en
ander
√ √ √
Werkswinkels oor
ouerskap
√ √ √
Vermaaklikheid Ontspannings-
geriewe
√ √ √
Drama/kuns klubs √ √ √
Musieksentrum/
klasse
√ √ √
Klubs
√ √
Winkelsentrum √ √ √
Speletjies sentrum √ √
Gemeenskapsfasiliteite Swembad √ √ √
Ouetehuis √ √ √
Opgradering /meer
speelgronde
√ √
Bioskoop
√ √
Beter
kommunikasie/
samewerking
tussen organisasies
√ √ √
Aanwending van
die ou
gevangenis/tronk
vir verskeie doel-
eindes
√ √
14
Gemeenskapsinfrastruktuur Meer huise √ √ √
Teerpaaie √ √ √
Goedkoper vervoer √ √
Bruikbare/skoon
toilette
√ √ √
Kategorieë Spesifieke
behoeftes
Werkswinkels Vraelyste Onderhoude
Maatskaplike dienste Beter sorg vir
bejaardes
√ √ √
Beter
polisiedienste
√ √ √
Veiligheid √ √
Rehabilitasie-
sentrum
√ √
Ondersteuning vir
alkoholverslaafdes
√
Morele ontwikkeling Leierskap √ √ √
Respek vir self en
ander
√ √ √
Liefde en vrede √ √
Bemoediging om
drome en
doelwitte na te
streef
√ √ √
ʼn Gevoel van
samehorigheid
(gemeenskap)
√
Die bogenoemde tabel weerspieël die prioriteit-behoeftes wat deur die deelnemers
geïdentifiseer is:
• Besighede en werk, veral werkverskaffing
• Die voorsiening van voedsel, veral aan die minderbevoorregte kinders
• Gemeenskapsinfrastruktuur, byvoorbeeld huise en paaie
• Gesondheidsdienste, insluitend berading
• Maatskaplike dienste, veral alkohol- en dwelmmisbruik
• Polisiedienste om veiligheid te bevorder
• Opvoeding en die ontwikkeling van vaardighede
15
• Jeugontwikkeling, veral ‘n jeug-sentrum
• Gemeenskapsfasiliteite, insluitend ‘n swembad vir Railton en ‘n ouetehuis
• Beter samewerking tussen organisasies
• Geloof/geestelike aktiwiteite
• Kulturele aktiwiteite, wat spesifiek daarop sal fokus om die geskiedenis van Railton te
ontwikkel
• Vermaaklikheid/ontspanningfasiliteite
• Morele ontwikkeling
Die volgende opsomming van die prioriteitsbehoeftes is by die gemeenskapsvergadering op 24
September 2010 aan die gemeenskap weergegee:
Tabel 4: Opsomming van analise oor prioriteit-behoeftes in Railton
Behoeftes Genoemde voorbeelde
Voorsiening van voedsel Voedingskemas en sopkombuise
Jeug-ontwikkeling Jeugsentrum; jeugprojekte; opleidingsgeleenthede vir die
jeug
Kulturele aktiwiteite Moet Railton en Swellendam se geskiedenis insluit
Besighede en werk Werkgeleenthede; winkelsentrum
Geloof Kerkkore; kerk-aktiwiteite
Gesondheidsdienste Gesondheidsentrum; beradingseenheid en advieskantoor
Opvoeding Meer skole en dagsorgsentrums in Railton self; meer
onderwysers
Behoeftes met betrekking tot
die mens
Opleidingsgeleenthede; leierskap en ontwikkeling
Vermaaklikheid Ontspanningsgeriewe; dans-, drama- en kunslesse;
musieksentrum
Gemeenskapsfasiliteite Swembad; ouetehuis; opgradering van sportfasiliteite
Gemeenskapsinfrastruktuur Teerpaaie; meer en beter kwaliteit behuising; gebruik die
ou gevangenis vir verskeie doele (opleidingsentrum)
Maatskaplike dienste Beter polisiedienste; beter sorg vir die oueres; rehabilitasie
(alkohol en dwelms)
Morele ontwikkeling Respek vir self en ander; werkswinkels oor ouerskap;
bemoediging om drome en doelwitte na te streef
5. PRIORITEIT-STRATEGIESE AREAS VIR GEMEENSKAPSAKSIE
Die navorsingsvraag wat hierdie deel van die navorsing gerig het, was: Wat is die prioriteit-
strategiese areas met betrekking tot gemeenskapsaksie in Railton? Die data-insameling wat
met hierdie deel van die navorsing gepaard gegaan het, was werkswinkels met oueres, jeug,
volwassenes en diensverskaffers, vraelyste aan die gemeenskap, en onderhoude met
16
sleutelinformante. Die finale proses van triangulering van verskillende data-insamelings
metodes, het die volgende prioriteit-strategiese areas in Railton/Swellendam identifiseer:
Tabel 5: Prioriteit gemeenskapsaksie: Vergelyking van resultate regoor verskillende metodes
Kategorieë Spesifieke aksies Werkswinkels Vraelyste Onderhoude
Samewerking Verbeter samewerking
tussen
Geloofsgebaseerde
organisasies en skole
√ √
Gebruik Swellendam se
natuurlike hulpbronne
√ √
Geloofgebaseerde
organisasies en kerke
moet saamwerk
√ √
Bevorder samewerking
tussen organisasies
√ √
Fasiliteer integrasie
tussen rasse en sosiale
klasse
√
Bevorder integrasie
tussen skole
√ √
Opvoedkundige- en
vaardigheidsontwikkeling
Ekologiese skole √ √
Meer en beter
toegeruste skole
√ √ √
Rus die biblioteek toe
en gebruik dit meer
√ √
Kursusse om
vaardighede te
ontwikkel
√ √
Vermaaklikheid en
sportgeriewe
Swembad in Railton √ √ √
Oefensentrum in
Railton (in Thusong)
√ √
Ontspanningsgeriewe/
insluitend “gameshop”
√ √ √
Beter speelparke en
sportgronde
√ √ √
17
Vakansie-oord √ √
Gebruik Thusong meer √ √
Gebruik die natuurlike
omgewing
√ √
Kategorieë Spesifieke aksies Werkswinkels Vraelyste Onderhoude
Jeug-ontwikkeling Jeugsentrum √ √ √
Geleenthede om die
jeug se talente ten
toon te stel
√ √ √
Beveg tiener-
swangerskap
√ √
Omgee vir die
jeug/kinders
√ √
Jeugprojekte √ √ √
Kulturele aktiwiteite en
fasiliteite
Musiek-, dans en
drama-klasse
√ √ √
Gemeenskapskoor √ √
Ontwikkel klubs en
verenigings
√ √ √
Gesondheidsdienste Opgradering van
hospitaal/kliniek
√ √
Rehabilitasie-sentrum √ √ √
Beter sorg vir oueres
√ √
Holistiese
gesondheidsdienste
√ √ √
Psigo-sosiale dienste
vir families
√ √ √
Regeringsdienste en
maatskaplike
ontwikkeling
Elektrisiteit vir almal √ √ √
Teerpaaie; spoedbulte √ √ √
Verbeter binnelandse
sake- dienste
√ √
18
Ouetehuis in Railton √ √
Kom beloftes na √ √
Opgradering van die
afdraaipadtot Railton
√
Kategorieë Spesifieke aksies Werkswinkels Vraelyste Onderhoude
Regeringsdienste en
maatskaplike
ontwikkeling
Ontwikkel Railton se
infrastruktuur sodat dit
op dieselfde standaard
as die res van
Swellendam kan wees
√
Besigheidsgeleenthede en
ekonomiese ontwikkeling
Bou ‘n winkelsentrum √ √ √
Skep werkgeleenthede √ √ √
Bakkery √
Fabrieke in
Swellendam
√ √ √
Versekerdheid van
voedsel
Voedingskemas √ √ √
Sopkombuis √
Behuising Toilette binne alle
huise
√ √ √
Maak informele
nedersettings kleiner
√ √
Beter kwaliteit
behuising
√
Morele ontwikkeling Programme wat
waardes soos respek
bevorder
√ √ √
Programme wat
eenheid bevorder
√ √
Deel ouerskap/om vir
die kinders in ons
gemeenskap om te gee
√ √ √
Programme vir morele
ontwikkeling
√ √
19
Gee erkenning aan
rolmodelle in Railton
(Heldesaal in Thusong)
√
Kategorieë Spesifieke aksies Werkswinkels Vraelyste Onderhoude
Veiligheid en sekuriteit Verbeter
polisiedienste/
polisiestasie in Railton
√ √ √
Los meer misdade op √
Maak sjebeens toe √ √
Veilige paaie √
In die lig van die bogenoemde tabel, is die volgende kern-areas vir gemeenskapsaksie oor die
volgende vyf jaar, geïdentifiseer:
• Verbeterde samewerking tussen groepe en organisasie in Railton/Swellendam
• Opvoedkundige- en vaardigheidsontwikkeling, veral meer en beter toegeruste skole
• Ontspannings-fasiliteite, insluitend ʼn swembad in Railton, asook verskeie ander
ontspannings-fasiliteite en sportgronde
• Jeug-ontwikkeling, veral daarop gefokus om die jonges se talente te ontwikkel, die
ontwikkeling van projekte wat op die jeug fokus, en die skep van ʼn jeugsentrum
• Kulturele aktiwiteite en fasiliteite, insluitend verskeie klubs en verenigings
• Gesondheidsdienste, veral gefokus op holistiese gesondheidsdienste, psigo-sosiale
dienste, en ʼn rehabilitasie sentrum om alkohol- en dwelmmisbruik aan te spreek
• Ander regeringsdienste wat daarop gefokus is om infrastruktuur in Railton te verbeter
• Ekonomiese ontwikkeling, met die doel om werksgeleenthede binne Railton te skep
• Voorsiening van voedsel
• Veiligheid en sekuriteit
• Morele ontwikkeling, gefokus op die bevordering van respek, omgee en kohesie in die
gemeenskap.
Die volgende opsomming van die prioriteit-aksies wat vir die volgende vyf jaar voorgestel word,
is by die gemeenskapsvergadering op 24 September 2010 aan die gemeenskap weergegee:
Tabel 6: Opsomming van analise oor prioriteit gemeenskapaksies in Railton
Aksie Genoemde voorbeelde
Opvoedkundige- en
vaardigheidsontwikkeling
Meer skole; beter toerusting in skole; kursusse om
vaardighede te ontwikkel
Vermaaklikheid en Swembad in Railton; ontspanningsgeriewe; beter
20
sportgeriewe speelparke en sportgronde
Jeug-ontwikkeling Jeugsentrum; jeug-projekte; geleenthede om die talente
van jonges te ontwikkel en geleenthede vir die talentvolle
jonges om op te tree
Kulturele aktiwiteite en
fasiliteite
Musiek-, dans en drama-klasse; ontwikkel klubs en
verenigings; samewerking tussen kerkgenootskappe
Gesondheidsdienste Rehabilitasie-sentrum (dwelm- en alkohol misbruik;
holistiese gesondheidsdienste
Regeringsdienste en
maatskaplike ontwikkeling
Teerpaaie; spoedbulte bou; elektrisiteit vir almal;
ouetehuis
Besigheidsgeleenthede en
ekonomiese ontwikkeling
Winkelsentrum in Railton; skep werksgeleenthede;
Fabrieke in Swellendam
Voorsiening van voedsel Voedingskemas
Behuising Meer en beter kwaliteit behuising; die vermindering van
informele nedersettings
Morele ontwikkeling Programme wat waardes soos respek en eenheid
bevorder; werkswinkels oor ouerskap
Veiligheid en sekuriteit Satelliet-polisiestasie in Railton
6. KRITIESE ANALISE VAN NAVORSINGSDATA
In ʼn poging om aanbevelings vir die Railton-Stigting te identifiseer, het die GAP navorsingspan ʼn
kritiese analise van die navorsingsdata gedoen om sodoende prioriteite vir die volgende vyf jaar
te identifiseer. Die navorsingspan het daarop gefokus om ‘tussen die lyne te lees’ om
sleutelkwessies uit te lig wat die ‘stemme van Railton’ weergee. Die beginsels van
gemeenskapsontwikkeling en geregtigheid is ook deurgaans in ag geneem. Die volgende
belangrike punte is geïdentifiseer:
• Dit blyk uit die opname dat baie gemeenskapslede voel asof hulle nie ‘raakgesien’ word
nie, veral in terme van basiese infrastruktuur en die lewering van regeringsdienste (bv.
behuising en paaie). Rakende hierdie kwessies beleef die mense van Railton baie
wanhoop en min-agting.
• Dit is duidelik dat werkloosheid en ander kwessies wat met armoede verband hou (soos
honger) uiters belangrike uitdagings binne Railton is. Hierdie armoede kan op verskeie
maniere gesien word, maar is veral sigbaar in die vorm van strukturele geweld. Dit is
21
verstaanbaar dat die aanbevelings sterk op die areas van werkskepping en ander basiese
menslike kwessies fokus.
• Dit het uit die navorsing geblyk dat daar ‘n sielkundige afstand tussen Railton en die res
van Swellendam bestaan. Hierdie skeiding het ‘n historiese basis en word aangevuur
deur rasse-dinamiek, verskille in sosiale klas en politieke verskille. Die oueres het veral
gepraat oor die verwaarlooste sosiale strukture wat deur die gruweldade van apartheid,
soos die groepsverwydering, veroorsaak is, maar ook die onlangse ontwikkeling rondom
die dwelm- en alkoholmisbruik en verhoogde voorkoms van geweld in die gemeenskap.
Baie mense voel dat hierdie kwessies belangrik is en dat hierdie sake aangespreek moet
word.
• Die impak van apartheid het tot groot skade gelei vir die mense van Railton/Swellendam,
veral die menslike siel en die gemeenskap se sosiale strukture, soos belig deur die ouer
geslag van die gemeenskap. Die persoonlike skade sluit in geïnternaliseerde
onderdrukking wat Fanon (1968) verduidelik het as ʼn proses waar mense self die agente
van onderdrukking in hul eie lewe word. Mense wat in onderdrukte gemeenskappe (bv.
Ons apartheid-geskiedenis) gebly het, ervaar baie keer geïnternaliseerde onderdrukking
wat daartoe kan lei dat die persoon destruktief mag optree teenoor homself, sowel as
lede van die familie en gemeenskap. Dit hou in baie gevalle verband met dwelm-
en/alkoholmisbruik, psigiatriese versteurings, geweld en misdaad. Wanneer die konsep
van historiese trauma verstaan word, bied dit ʼn raamwerk om hierdie dinamiek binne en
buite Suid-Afrika te verstaan. Historiese trauma word gedefinieer as kumulatiewe
emosionele en sielkundige wonde wat oor ʼn leeftyd, asook regoor generasies opgedoen
word as gevolg van traumatiese groep-ervarings. Sommige het genoem dat dit belangrik
is om jou koloniale geskiedenis te verstaan, veral die kolonialisering van die lewende
wêreld van mense binne en buite gekolonialiseerde kontekste, veral die geestelike en
sielkundige wond (sielswond) en inter- generasionele trauma wat dit as gevolg gehad het
(Duran en Duran, 1995). Dit is dus noodsaaklik dat die geskiedenis van Railton
gedokumenteer word as deel van die gemeenskap se identiteit.
• In die opname het die deelnemers van die hoofsaaklik informele nedersetting-area in
Railton en waar die meeste IsiXhosa-sprekende bevolking leef, genoem dat hulle
gemarginaliseer voel binne Railton, sowel as die groter Swellendam-omgewing.
• Baie mense in die gemeenskap het genoem dat hulle nie voel dat die bejaardes in die
gemeenskap goed versorg word nie. Om die rede is ’n ouetehuis deur vele mense sterk
aanbeveel.
• Baie deelnemers in hierdie studie het op die jeug gefokus, met spesifieke verwysing na
areas van kwesbaarheid vir negatiewe gedrag te make met die blootstelling aan
dwelmmiddels. Die deelnemers het ook die volgende kwessies uitgelig: ʼn Gebrek aan
alternatiewe maniere “om-te-voel-dat-jy-behoort”; aanbevelings rakende opvoeding en
opleiding om persoonlike gedrag te bevorder; en, die voorsiening van
ontspanningsgeleenthede, insluitend sport.
• Alhoewel die gemeenskapsassessering op Railton gefokus het, is dit duidelik dat
deelnemers voel dat daar baie bates in Swellendam is en dat hierdie bates aan hulle ook
behoort. Daar is egter deelnemers wat voel dat sommige van hierdie bates (bv. die
polisiestasie en winkelsentrum) in Railton self moet wees.
22
• Dit blyk dat die kerk ‘n belangrike rol in die lewens van baie mense in Railton, speel. Dit
is ‘n belangrike hulpbron in die gemeenskap, maar daar bestaan ook uitdagings, veral
met betrekking tot die behoefte van beter samewerking tussen kerkgenootskappe (en
ander geloofgebaseerde organisasies) tot voordeel van die gemeenskap.
• Die rol van gesondheid- en maatskaplike dienste in die ontwikkeling van Railton, is deur
baie deelnemers genoem. Hierdie dienste word as bates in die gemeenskap gesien, maar
verbeterde dienste en verdere ondersteuning is uitgelig.
• Baie deelnemers het die natuurlike omgewing as ‘n belangrike bate gesien. Naas die
natuurskoon van die Railton/ Swellendam-omgewing het die mense van die gemeenskap
ook die geleenthede om die natuur, aarde en hul gemeenskaplike grond te geniet en te
waardeer.
• Ongeag die uitdagings en behoeftes wat in hierdie navorsing geïdentifiseer is, is dit
belangrik om te noem dat die navorsing ook hoop en trots in Railton bevorder het en dat
baie deelnemers hul drome vir die gemeenskap gedeel het.
7. AANBEVELINGS
Die resultate wat in die vorige afdelings genoem is, bied ‘n duidelike beeld van
gemeenskapsaksie in Railton vir die volgende vyf jaar en daarna. Die areas wat geïdentifiseer is,
moet oorweeg en verder ondersoek word deur enigeen wat ‘n bydrae wil lewer tot die
ontwikkeling van Railton.
7.1 Algemene beginsels
Projekte wat geïdentifiseer word vir fisiese, asook ondersteuning in enige ander vorm, moet die
volgende algemene kriteria (sommige of almal) nakom:
• Skep ‘n omgewing waar die ondersteuning van gemeenskapsontwikkeling bevorder
word
• Ondersteun veral leierskap en bestuursontwikkeling van kern-individue en projekte,
asook organisasies wat die gemeenskap dien
• Ondersteun samewerking of relevante organisasies en groepe om verskeie uitdagings
binne die gemeenskap, aan te spreek
• Wees realisties ten opsigte van werklikhede wat in die konteks voorkom
• Bou aspekte in wat die projek oor ‘n lang tydperk volhoubaar sal maak
• Bou voort op bestaande sterkpunte van die gemeenskap - benut die gemeenskapsbates
• Ondersteun bestaande belowende projekte en aktiwiteite
• Ondersteun en ontwikkel werkskepping waar moontlik, hetsy deur indiensneming (waar
dit finansieel moontlik en van toepassing sal wees) en /of die ontwikkeling van
vaardighede wat indiensnemingsmoontlikhede sal verbeter
• Ondersteun betaalde indiensneming van sleutelmense in projekte van die Railton
Stigting om goeie leierskap, bestuur en verantwoording te verseker
23
• Gebruik reeds bekende leiers in die gemeenskap, maar ook belowende talentvolle
mense en leiers om by die Railton Stigting se strukture en projekte betrokke te raak
• Moedig mense aan om vrywillige werk te doen wat onderlinge ondersteuning en omgee
tussen mense bevorder.
7.2 Aanvanklike prioriteit vir aksie (2011 … en verder)
Die eerste prioriteit is om die ontwikkeling van ‘n “gemeenskapsontwikkeling infrastruktuur”
te ondersteun.
• Voorsiening van leierskap en bestuur ontwikkelingsgeleenthede aan lede van die Railton
Stigting.
• Voorsiening van leierskap en bestuursopleiding aan kern-leiers van bestaande projekte
en organisasies (formeel en informeel).
• Bogenoemde opleiding sluit netwerkingsvaardighede in, wat daarop gemik is om
samewerking en algemene uitdagings aan te spreek
• Om voortdurende ondersteuning aan projek- en organisasie leiers te verskaf
• Die skep of ondersteuning van forums of taakspanne om relevante organisasies te help
om saam te werk rondom spesifieke uitdagings in die gemeenskap. ‘n Moontlike
voorbeeld wat genoem kan word is die voorgestelde Geestelike en Geloofbate-Studie
van die Mediese Navorsingsraad/UNISA en Veiligheid en Vrede Bevorderings
Navorsingseenheid. Hierdie instansies wil met Railton onderhandel oor ‘n projek wat
fokus op die geloof- en geestelike bates wat vrede en veiligheid sal bevorder. Hierdie
projek is gemik daarop om veral mans - vir wie die risiko hoër is om oortreders van die
wet, sowel as slagoffers te word -, te ondersteun. Hierdie instansies sal saam met alle
Geloofsgebaseerde organisasies, die polisie en ander relevante regerings- en nie-
regeringsstrukture werk om die uitdaging van veiligheid en vrede aan te spreek.
• Bevordering van vrywillige werk en omgee binne die gemeenskap. Dit word voorgestel
dat die jeug van Railton wat deur die Beursfonds ondersteun word, deel word van ‘n
georganiseerde vrywillige werkprogram, onder die vaandel van die Railton Stigting, wat
hulle sal verbind met ander gemeenskapsprojekte binne Railton. Hul betrokkenheid sal
bepaal word deur die aantal jare wat hulle deur die Stigting ondersteun is.
• Bevorder gemeenskapstrots en genesing: Dit word voorgestel dat die geskiedenis-
projek wat deur die GAP navorsingsproses begin is, voortgesit en verder ontwikkel word.
7.3 Fokusareas vir prioriteitsaksie
Die volgende areas vir prioriteitsaksie is deur die GAP navorsingsproses geïdentifiseer op grond
van die analisering van die gemeenskapsassessering se navosingsresultate. Sommige van hierdie
areas fokus op die bestaande sterkpunte en vermoëns van die gemeenskap.
24
• Ontwikkeling van leierskap: Vir die jeug en gemeenskapsleiers in Railton (sien
bogenoemde).
• Samewerking tussen organisasies: Ondersteun organisasies om saam te werk om
belangrike kwessies aan te spreek (sien bogenoemde).
• Samewerking tussen skole: Ondersteun pogings van verskeie skole binne Railton
/Swellendam om saam te werk – ondersteun jeug-ontwikkeling (sien onder), sowel as
gemeenskapsontwikkeling.
• Jeug-ontwikkeling: Sluit in die ontwikkeling van leierskap, benutting van jongmense se
talente, voorsiening van ontspanning en vermaaklikheid, kulturele aktiwiteite, en sport...
hierdie pogings sal die ontwikkeling van ʼn positiewe selfbeeld van die jongmense in
Railton bevorder en beskerming kan bied teen negatiewe gedrag soos alkohol- en
dwelmmisbruik.
• Opvoeding en ontwikkeling van vaardighede: Voorsien verskeie geleenthede vir
ontwikkeling wat verband hou met leierskap en bestuur (sien bogenoemde), sowel as
werkskeppingsvaardighede.
• Kuns en kultuur: Ondersteun verskeie kulturele aktiwiteite (dans, musiek, kuns, sport,
geskiedenis/erfenis, ens.) ... wat sal help met die ontwikkeling van ʼn positiewe selfbeeld
van die jongmense in Railton, en beskerming kan bied teen negatiewe gedrag. Die
geskiedenisprojek (waarna bo verwys is) kan as só ʼn area gesien word, aangesien dit ʼn
kanaal kan bied vir genesing (veral van die apartheid in die verlede) en
gemeenskapstrots kan bevorder.
• Gesondheid- en maatskaplike ontwikkeling: Om inisiatiewe wat die belangrikste
gesondheid- en maatskaplike ontwikkeling in die gemeenskap aanspreek, te ondersteun,
bv. die verligting van armoede, werkskepping, alkohol- en dwelmmisbruik, sowel as
geweld.
• Infrastruktuur: Om indirek die ontwikkeling van infrastruktuur (bv. behuising en paaie)
binne die gemeenskap waar moontlik te ondersteun.
7.4 Verdere navorsing
Daar is vele navorsingsmoontlikhede wat vanuit hierdie gemeenskapsassessering vloei. Die
volgende voorstelle word gemaak vir beide akademiese en gemeenskapsnavorsers wat graag ‘n
beter verstaan wil bekom en ‘n bydrae wil lewer om die uitdagings aan te spreek en die
positiewe gemeenskapsontwikkeling van Railton/Swellendam te bevorder:
• Die gemeenskapsassesseringproses wat in die Gemeenskapshandleiding - een van die
GAP navorsingsuitsette - bespreek word, kan in ander gemeenskappe binne Suid-Afrika,
maar ook nog verder, uitgevoer word.
• Die GGDN-benadering wat in die GAP navorsing gebruik is, kan as ‘n gemeenskap-
intervensie op sy eie, nagevors word. Dit sluit die kartering van gemeenskapsbates wat
in die proses gebruik is, in. Dit is duidelik uit die literatuur en praktiese ervarings dat
25
hierdie benadering tot navorsing ‘n belangrike verskil kan maak deur die waardes en
beginsels waardeur dit gerig word.
• Die gemeenskapsinteraksie-proses wat tussen Stellenbosch Universiteit en die Railton
Stigting bestaan, kan ondersoek word om vas te stel hoe, en of dit bydra tot positiewe
gemeenskapsontwikkeling.
• Die assesseringsproses, wat op prioriteit- bates en behoeftes gefokus het, kan verder
uitgebrei word deur spesifieke studies wat op verskeie aspekte van Railton/Swellendam
fokus. Dit kan byvoorbeeld op een spesifieke bate (bv. geloof- en geestelike bates) fokus
om ‘n spesifieke uitdaging binne die gemeenskap aan te spreek.
• Die uitdaging van samewerking tussen amptelike en nie-regerings organisasies en ander
groepe wat Railton bedien, is duidelik in hierdie navorsing geïdentifiseer. Studies wat
hierdie dinamiek van samewerking kan ondersoek, word benodig. Indien hierdie studies
‘n “sterkpunte”-benadering sou aanneem, kan dit bydra tot die ontwikkeling en beter
samewerking en koördinering, wat op sy beurt kan veroorsaak dat daar meer effektiewe
intervensies rondom kern-uitdagings van die gemeenskap kan plaasvind.
7.5 Railton Stigting
Ten slotte word die volgende aanbeveling met betrekking tot die prosedures en strukture
van die Railton Stigting in Railton/Swellendam, aangebied:
• Dit word voorgestel dat die basiese beginsels wat aan die begin weergegee is, tesame
met ander beginsels wat reeds deur die Stigting geïdentifiseer is, sal dien as kriteria om
projekte te assesseer wat finansiële of enige ander vorm van ondersteuning, vanaf die
Stigting verlang, asook om nuwe projekte te identifiseer.
• Dit word voorgestel dat finansies so bestuur word dat plaaslike inwoners
indiensgeneem word om projekte wat deur die Stigting ondersteun word, te lei en te
bestuur. Fondse moet ook beskikbaar gestel word sodat kundige/tegniese hulp wat
benodig word om projekte te lei, bekom kan word.
• Dit word voorgestel dat ‘n leierskap en bestuursopleidingsprogram ontwikkel word en
aan die lede van die Railton Stigting, asook mense wat projekte lei, beskikbaar gestel
word om hul vermoëns te bou en om verantwoording binne projekte te bevorder.
• Dit word voorgestel dat ‘n Railton Stigtingskantoor geopen word. Hierdie kantoor kan
dien as ‘n stoorplek vir die toerusting reeds bekom en gebruik deur die lede van die
Railton Stigting. Dit kan ook gebruik word vir alle Stigtings- en projekvergaderings en kan
ook dien as ‘n plek waar die gemeenskap en organisatoriese leiers kan gaan indien hulle
ondersteuning benodig.
• Dit word voorgestel dat die vennootskap tussen die Railton Stigting en Stellenbosch
Universiteit voortgesit word ná die GAP navorsingsproses (Desember 2010 en verder).
26
8. TEN SLOTTE
Ons hoop dat hierdie navorsing bygedra het tot die insig oor sterkpunte en uitdagings van die
Railton-gemeenskap en dat die ‘stem’ van die gemeenskap gehoor is: Deur voorsiening te maak
vir gemeenskapslede om te praat oor wat hulle nodig het en watter aksies geneem kan word
om hul behoeftes aan te spreek.
Indien ons getrou wil bly aan die GGDN-benadering is dit belangrik dat daar ‘n beweging vanaf
data na aksie is. Dit beteken dat die vennote moet verseker dat beide ‘n navorsings- en aksie
opvolg van die GAP navorsingproses gedoen word. Ons hoop dat dit tot positiewe verandering
in die Railton gemeenskap en Swellendam as geheel, sal lei. Ons hoop ook dat dit sal lei tot die
nodige genesing van Railton/Swellendam – van die seer van die verlede sowel as die
voortdurende sosio-ekonomiese uitdagings, en dat ons saam, ‘n gemeenskap sal bou wat
waarlik omgee. Ons kan rolmodelle vir Suid- Afrika word!
Die Railton Stigting het en speel steeds ‘n belangrike rol in hierdie opwindende uitdaging. Die
Stigting voorsien strukture en mense van onmeetbare waarde om effektiewe en aktiewe
ondersteuning aan die gemeenskap te bied. Die Universiteit Stellenbosch het ook onlangs ‘n
belangrike rol in die Railton-gemeenskap gespeel. Ons hoop dat beide vennote betrokke sal bly
(in passie en op ander maniere) in die ontwikkeling van die gemeenskap deur effektiewe
gemeenskapsinteraksie.
20 November 2010
GAP navorsingspan