vertroue - instituut vir christelike onderwys · die sluitingsdatum is 27 januarie 2017! (sien...
TRANSCRIPT
-
1
Jaargang 2017 Uitgawe 8
h/v Starkey en Spioenkop str Waverley
[email protected] 012 332 0336
Vertroue
In hierdie uitgawe...
Vertroue bl 1
Verwelkoming nuwe skool bl 2
Boustene kursus bl 2
Kurrikulum nuus bl 3
Atletiek bl 4
Lees toepassing bl 4
Terugvoer bl 2
Belangrike datums bl 2
My Dopper-dagboek bl 3
Beskikbare pos bl 3
Ons verwelkom almal hartlik terug na ‘n heerlike rustyd. Die
terugvoer van die skole getuig dat hier al met groot spoed
gewerk word op die pad van 2017.
Voordat die wedloop ons heeltemal insluk wil ons u
bemoedig met die volgende skrifgedeelte: Spreuke 3: 5-6
”Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op
jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou
paaie gelykmaak”
‘n Teks wat mooi sou lyk teen u studeerkamer-, kantoor-, of
klaskamermuur. Dit herinner ons, om ons insig (verstand) te
gebruik, dit is ook wat ons aan die kinders wil leer. Die
Here het aan ons insig en denkvermoë gegee en Hy wil hê
dat ons dit tot sy heerlikheid moet gebruik. Daar is natuurlik
‘n groot verskil tussen jou verstand te gebruik en op jou
verstand te vertrou.
Om jou verstand reg te gebruik hou in dat jy die Here
volkome vertrou. Met so ‘n teks teen jou klaskamer se
muur is dit goed om te onthou dat jy jou verstand moet
gebruik tydens lesvoorbereiding, verdere studie, navorsing
en assessering en om dan terselfdertyd bewus te wees van
jou volkome afhanklikheid van God. Jy steun dus nie op jou
eie insig of verstand nie, want dan word jou verstand ‘n
afgod.
In Matt. 22 leer Jesus ons dat die verstand belangrik is en
dat ons die Here God met ons verstand moet liefhê. Dit
beteken dat ons ons verstand moet ontwikkel en Hom
daarmee moet dien. Die humanisme leer dat die verstand
heers oor die Skrif. As gelowiges leer ons egter dat die Skrif
oor die verstand en alle menslike vermoëns heers.
Die mens met sy hele verstand onderwerp hom dus aan God
en sy Woord. Hierdie teks beklemtoon dat ons die Here moet
vertrou met ons hele hart.
Dit is ’n oproep wat gevolge het vir ons denke sowel op ons
lewenswandel. In ons lewe word ons geroep om te wandel
ooreenkomstig sy wil. Die teks belowe as ons Hom ken in
ons wandel hier op aarde Hy ons paaie sal gelykmaak. Dit is
met ander woorde ’n teks wat vir ons die weg aanwys op
hierdie pad, die weg na ware lewensgeluk. In elke situasie,
elke besluit, alle sorge, alle vreugdes, alle onsekerhede
moet ons Hom ken.
Die woord weg of weë kom baie voor in die Bybel, lees maar
in Psalms 1, 25, 37, 139 ens. Vir ons lê daar groot troos in
dat Jesus Christus Homself die Weg noem. Daarom kan ons
sê, wandel in al jou weë in die Weg, dit is Christus.
Ken Hom, dit beteken erken Hom, vra na Hom, lê aan Hom
alles voor, ook alle skoolsake, moeilik of maklik.
Wie so in sy lewenswandel op God vertrou en Hom erken
word geseën. Dit beteken nie dat daar geen sorge gaan
wees nie, maar dat die Here jou optel bo jou sorge. Om die
Here te ken en te erken is om Hom te dien in
gehoorsaamheid en Hom lief te hê.
Dan onderwerp ons ons ook met al ons verstandelike
vermoëns aan Hom, die soewereine God.
-
2
Welkom Boustene vir
Christelik Normatiewe Onderwys
Johannes 14:6 “ Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie”
Departementeel: Die skooljaar het ’n stormagtige begin gehad
met duisende leerlinge in Gauteng wat vergeefs op ‘n plek wag.
Die media het ook wye dekking gebied aan die omstrede
taalkwessie waar Hoërskool Overkruin en Montana gedwing word
om Engelse leerders in te neem. Dit is tekenend van swak
beplanning by die onderwysdepartement of soos Paul Colditz van
FEDSAS sê, feitlik geen beplanning wat plaasgevind het nie. In
2015/2016 het die kindertal in Gauteng met 50 000 toegeneem,
slegs 3 skole is in die tydperk gebou. Selfs as daar elke maand ‘n
nuwe skool gebou word gaan dit steeds nie in die behoeftes
voorsien nie. Wat beteken dit vir ons?
Die department pas dieselfde swak administrasie op die
privaatskolesektor toe. Een van die kritiese aspekte waarop
gesubsidieerde privaatskole nog nie terugvoer ontvang het nie is
die subsidie toewysings. Hierdie inligting moes reeds in
September/Oktober 2016 bekend gewees het, sodat skole hul
begrotings daarvolgens kon beplan.
Matriekslaagsyfer: Tog moet ons nie net op die negatiewe
fokus en vergeet van al die goeie wat die afgelope jaar in ons eie
skoolfamilie gebeur het nie! Die ICO skole spog met ‘n 100%
slaagsyfer. Baie geluk ons is dankbaar dat dit so goed gegaan het.
Nooitgedacht Akademie het die 2e plek in die distrik behaal en
van Dirk Postma se 20 matrikulante was daar 46
onderskeidings. Baie geluk aan Laeveld Akademie asook
Juventus met ’n 100% slaagsyfer. Ons besef dit is nie slegs die
graad 12 jaar wat die deurslaggewende rol gespeel het nie.
Hierdie kinders is van kleins af opgevoed in die weë van die
Here wat insluit dat daar ‘n hoë premie op werksetiek gestel
word.
Ouers, onderwysers en ander volwassenes het ‘n groot rol
gespeel in hulle vorming. Ons wens hierdie kinders dan ook die
seën van die Here toe op hul toekomspad, ’n pad waarin hulle
aangemoedig word om altyd die Here te ken in alles wat hulle
aandurf.
Navrae: Loer gerus op www.ico.org.za. Belangrike dokumente insake beleid oor geslotekringtelevisie asook skole en opvoeders se plig by die vermoede van mishandeling is daarop beskikbaar. FEDSAS was ons hier behulpsaam.
Terugvoer
Hartlik welkom aan ds. Paula Eksteen en haar span van Midrand Afrikaanse Akademie. Hierdie skool, wat nou deel is van die ICO familie, is gegrond op die Woord van God en die uitleef van Christelike waardes, ’n plek waar eenheid in waardes, godsdiens, en taal gevier word. Die skool waar elke lid voel asof hulle deel is van ’n familie, bied uitnemende akademiese onderwys aan. Hier werk die hele gemeenskap saam. Kinders voel geborge en geniet hul skoollewe!
Teken die volgende datum in u dagboek aan: 18 Februarie 2017.
Ouers, sowel as al die nuwe onderwysers is
welkom om die kursus wat by SARO geakkrediteer is
by te woon.
Die inhoud berus daarop dat Jesus Christus die
groot Leermeester is, Hy maak van gewone sondige mense gebruik om dit wat
Hy wil, te onderrig.
Die belangrike rol wat die Christen-onderwyser
sowel as die Christen-ouer t.o.v. die Christelike-skool
inneem, word hierin duidelik.
Bespreek u plek betyds.
Boekvoorlesing deur een van die gemeenskap se predikante:
‘Huppel en sy maats’
9 Februarie: Amptelike opening van uitgewery
25 Februarie: ICO atletiek aangebied deur CCL
22-29 Julie: Reformasieweek
24 Julie: ICO onderwysseminaar
3 September: ICO kunstefees
31 Oktober: Hervormingsdag
Ds Paula Eksteen
-
3
Nuwe kurrikulum
Dopper-dagboek Die pragtige Dopper-dagboek doen al in menige
huis diens! Hy pryk sowaar in Protea boekhandel
sowel as Jasmyn se boekrakke en les bes daar het
ook ‘n resensie in verskeie dagblaaie sowel as
Huisgenoot verskyn!
Vir ons rede tot
dankbaarheid. Op
hierdie wyse beland
die ICO se naam in
vele Suid-Afrikaanse
huise.
Bestel vandag jou
eksemplaar vir slegs
R100.
(Posgeld uitgesluit)
Die Waterstroomreeks is by uitstek ʼn Christelike waardegedrewe kurrikulum. Die doel van die kurrikulum is
om leerlinge te lei na ’n grondige kennis en begrip van
vakinhoud en beginsels, sodat hulle toegerus is om met hulle
gawes en talente die nuwe kennis in diens van God en die
gemeenskap te kan aanwend.
Leerlinge word deur die hele skoolloopbaan gelei om op ʼn
geïntegreerde wyse in elke vak drie hoofwaardes as
begronding van die inhoud raak te sien. Hierdie drie
hoofwaardes is:
Godsaanskouing: Openbaring. God openbaar Homself
in Jesus Christus aan die mens.
Mensbeskouing: Beeldskap. God skep die mens as
unieke wese, na die beeld van God. God tree in ʼn
verbondsverhouding met die mens, daarom kan die
mens in ʼn verbondsverhouding met God tree. Vanuit
hierdie verbondsverhouding is die mens nie net ʼn
individu nie, maar ʼn gemeenskapswese wat aan God en
sy naaste verbind is. Hierdie verbondsverhouding is deur
die sondeval gebreek, maar deur die verlossing van
Jesus Christus herstel.
Skeppingsbeskouing: Roeping. Die mens kry ʼn unieke
taak of roeping op aarde. Die skepping moet bewerk,
bewoon en bewaar word (kultuuropdrag) waaraan hy
gehoorsaam moet beantwoord.
Hierdie roeping word d.m.v. unieke gawes vanuit ʼn individuele
roeping binne ʼn bepaalde gemeenskap uitgevoer.
Elke hoofwaarde word in fyner detail in die leerinhoud verwerk
sodat die leerling uiteindelik drie vrae kan beantwoord naamlik:
Wie is God? (Openbaring)
Wie is ek? (Mensbeskouing)
Wat moet ek doen? (Roeping)
Die waardegedrewe handboeke is deur ICO saamgestel en
voldoen aan die KABV leeruitkomste soos deur die
departement van onderwys vereis. Dit is ook met ekstra inhoud
verryk. Die handboeke dek ʼn aantal aspekte van God se
skepping en die menslike vermoëns om dit te benut, dus hoe
om natuur in kultuur te omskep.
God gee in sy Woord duidelike opdragte oor hoe en met watter
doel sy skepping gebruik moet word. Hierdie handboeke plaas
ʼn deel van die skepping en die mens se bedrywighede in die
lig van wat die Bybel ons daaroor leer.
Met dankbaarheid het ons 2017 afgeskop met die publisering
van Bybel graad 4 asook Natuurwetenskap graad 4, 5 en 6
handboeke wat reeds deur van die skole gebruik word.
Heelwat skole het ’n proefvoorbeeld ontvang. Ons sal enige
kritiese bydraes opreg waardeer om sodoende van hierdie
kurrikulum ’n uitnemende produk te maak. Ons werk met groot
entoesiasme aan die res van die kurrikulum.
Met groot opgewondenheid betree ons in
samewerking met Aros en Gereformeerde Skool
Dirk Postma ‘n nuwe opwindende uitbreiding. Daar
is al vir ‘n geruime tyd ‘n behoefte aan ‘n uitgewery
hier in die Moot en
saam het die drie
rolspelers besluit om
hierdie weg te betree.
Heelwat aansoeke vir
hierdie pos is ontvang.
Die sluitingsdatum is 27
Januarie 2017! (sien
advertensie hiernaas)
Hou die pers dop vir
verdere verwikkelinge.
Uitgewery
Ps. 27:11 ”Here leer my u weg en lei my op ‘n gelyk pad, vanweë my vyande”
-
4
Nuusflitse
Flink Dink is die tweede opwindende leestoepassing in die ICO Lees-reeks.
Die vermoë om effektief te lees is krities tot suksesvolle akademiese prestasie.
Daarom fokus hierdie leestoep, net soos LEES 1 om leesvaardighede op ʼn
prettige wyse te verbeter.
Kort waardegedrewe leesstukke word afgewissel met leesspeletjies wat deur
Wise Eyes ontwikkel is.
Hierdie leesstukke en speletjies word volgens moeilikheidsgraad in 24 vlakke
verdeel. Elke vlak bestaan uit drie dele wat suksesvol bemeester moet word
voordat daar na die volgende vlak beweeg kan word.
Die toepassing fokus op: Vaslegging van etiese waardes, leesspoed, oogspier-
oefening, woordeskat, spelling, visuele geheue, leesbegrip en kennisuitbreiding
Die kompakte eenvoudige aanbieding van die inhoud maak dit moontlik om
lees op ʼn drafstap en genotvolle wyse te oefen.
Die toepassing is gratis beskikbaar op google playstore, die skakel is as volg:
https://play.google.com/store/apps/details?id=tech.livx.lees&hl=en
Produkte
Spreuke 3:5-6 Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie
op jou eie insig nie. Ken hom in al jou weë, dan
sal hy jou paaie gelyk maak
Vriendelike ICO-groete
Saskia Meijer
Waterstroom-reeks ICO atletiek
Plaas u bestelling by die ICO Pryse sluit nie posgeld in nie
https://play.google.com/store/apps/details?id=tech.livx.lees&hl=en