vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of...

22
1

Upload: others

Post on 09-Feb-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

1

Page 2: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

Bestandele: 20 ml olyfolie • 200 g strepiespek, gekap • 800 g beenlose stowe-beesvleis, in blokkies gekap • 2 uie, gekap • 3 knoffelhuisies, fyn-gedruk • 2 liter beesvleisaftreksel • 1 blik fyngekapte tamaties • 5 ml ge-droogte tiemie • 5 ml fyngedrukte droë brandrissies • 3 wortels, geskil en gekap • 8 baba-aartappels, geskil • 2 middelslag-soetpatats, geskil en in blokkies gesny • 1 groen soetrissie, in blokkies gesny • suurlem-oen- of lemmetjiesap na smaak • plaasbrood om voor te sit

1 Verhit die olyolie oor medium hitte. Braai die spek en beesvleis in die olie. Voeg die uie en knoffel by en roer dit vir ‘n paar minute oor die hitte.

2 Gooi dan die aftreksel, tamatie, kruie en die brandrissie by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat die sop vir 1½ ure lank met die deksel op prut.

3 Voeg al die groente by en laat dit vir nog 40 minute lank prut of tot die vleis en groente sag is. Gooi ‘n paar druppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam met plaasbrood.

Vleis-en-groentesop

Page 3: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

Bestandele: • 60 ml sonneblomolie • 800 g beesstert • 300 g beessken-kel, in blokkies gesny • 2 uie, gekap • 45 ml koekmeel • 2 liter beesv-leisaftreksel • 6 lourierblare • 10 ml gedroogde tiemie • 3 knoffelhuisies, fyngedruk • 10 ml suiker • 500 ml rooi wyn • 50 ml tamatiepasta • 4 groot wortels, geskil en in groterige stukke gesny • 6 selderystokkies, gekap• 16 baba-aartappels, geskil en middeldeur gesny • 60 ml vars gekapte pietersielie • 5 ml gerasperde suurlemoenskil • melba-roosterbrood vir voorsit

1 Verhit ’n groot swaarboomkastrol. Wanneer dit baie warm is, moet jy ’n bietjie sonneblom-olie ingooi en die vleis bietjies-bietjies oor hoë hitte braai tot bruin. Gooi, indien nodig, nog ’n bietjie olie by om te keer dat die vleis brand en aan die kastrol vassit.

2 Verlaag die hitte en verhit dan die res van die sonneblomolie. Soteer die uie tot goudbruin. Gooi die koekmeel by en roer tot die mengsel begin bruin word. Roer die beesvleisaftreksel by, gooi die vleis terug in

die kastrol en voeg dan die lourierblare, tiemie, knoffel, suiker, rooi wyn, tamatiepasta en die helfte van die wortels en seldery by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte, sit die deksel op en laat dit vir vier uur prut. Haal die kastrol van die plaat af en laat eenkant afkoel. Sit dit oornag in die yskas.

3 Skep die volgende dag die gestolde vet van die sop af en gooi dit weg. Verhit die sop en gooi die res van die wortels en seldery asook die aartappels by. Verhit die sop

Dik beesstertsop

Page 4: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

2

Page 5: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

3

Page 6: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

Bestandele: 1-1,5 kg lamsnek • olyfolie vir braai • 2 uie, gekap •’n bossie spinasie, fyngesnipper • 1 wortel, skoongemaak en grofgekap • 1 ui, in kwarte gesny • 1 selderystingel, grofgekap • 5 ml fyn komyn • 350 ml groen lensies • 2 ml fyn borrie • 1 ml fyn kaneel • 3 ml gerookte pa-prika • suurlemoensap om te geur • natuurlike jogurt, granaatpitte en paprika om voor te sit

1 Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot kastrol en braai die stukke lam alkant bruin. Braai ’n paar op ’n slag. Skep die bruingebraaide stukke uit en hou eenkant.

2 Gooi die oortollige vet af. Voeg die gekapte uie by en soteer dit tot sag. Voeg die spinasie by en kook tot net verlep. Skep uit die kastrol en hou eenkant. Skep die vleis terug in die kastrol. Bedek met 1¼ liter water en voeg die wortel, ui, seldery en komyn by. Verhit tot kookpunt, sit die deksel op en verlaag die hitte. Laat dit vir 2½ uur prut of tot die vleis sag is.

3 Laat die lensies vir 30 minute in koue water week. As die vleis sag is, haal die kastrol van die plaat af. Skep die vleis met ’n gaatjieslepel uit en laat dit effens afkoel.

4 Gooi die kookvloeistof deur ’n sif. Laat dit vir ’n rukkie staan en skep die vetlagie af.

5 Trek die vleis van die bene af. Sit die vleis eenkant en gooi die bene en vet weg.

6 Verhit weer die kookvloeistof en voeg die lensies by. Voeg die borrie, kaneel en paprika by. Laat dit prut tot die lensies sag is. Voeg nog water by indien nodig.

7 Voeg die ui-en-spinasiemengsel en die vleis

Lam-en-lensiesop

Page 7: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

Bestandele: 125 g strepiespek, gekap (opsioneel) • 60 ml oly-folie • 4 preie, opgesny • 2 selderystingels, gekap • 12 ryp tamaties, gekap • 5 ml droë basilie • 3 ml droë origanum • 1 klein blikkie tamatiepasta • 2 liter klaargemaakte hoender- of groenteaftreksel • 150 ml droë witwyn (opsioneel) • 1 pak kaas- of vleis-tortellini • suurroom, pesto en parmesaan-skaafsels om voor te sit

1 Verhit die olie in ’n groot kastrol. Voeg die spek by, braai dit vir ’n paar minute, en voeg dan die preie en seldery by. Kook tot sag.

2 Voeg die tamaties, kruie, tamatiepasta, ’n liter aftreksel en die wyn by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 30 minute.

3 Maak die sop in ’n versapper fyn. Gooi dit terug in die kastrol en voeg die res van die aftreksel by. Verhit dit tot kookpunt en voeg die tortellini by. Laat dit vir drie tot vyf minute kook tot die tortellini heeltemal gaar is.

4 Sit die sop voor met ’n skeppie suurroom, pesto en parmesaan-skaafsels.

Tamatie-en-tortellini-sop

Page 8: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

4

Page 9: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

5

Page 10: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

Bestandele: 100 g botter • 2 uie, gekap • 10-15 ml Marokkaanse spe-sery-vryfmengsel • 700 g patat, geskil en in blokkies gesny • 250 g bot-terskorsie, geskil en in blokkies gesny • 1 Granny Smith-appel, geskil, ontpit en in blokkies gesny • 1 250 ml hoender- of groente-aftreksel • 50 ml gekapte vars koljander • suurlemoensap na smaak • suurroom, om voor te sit (opsioneel)

1 Verhit die botter in ’n groot kastrol en soteer die uie vir omtrent 10 minute oor ’n lae hitte tot sag. Sit die speserymengsel by en kook vir ’n paar minute.

2 Voeg die groente, appel en 150 ml van die aftreksel by. Bedek met ’n dubbele laag bakpapier, en vou die rande teen die kante op. Sit die deksel op en laat dit vir 30 minute stoom – skud die kastrol elke nou en dan sodat die kos nie aan die bodem vassit nie.

3 Haal die papier af; die groente behoort nou sag te wees. Sit dit in ’n versapper saam met die koljander en maak dit fyn. Voeg nog ’n bietjie aftreksel by as die mengsel te dik is.

4 Gooi die mengsel terug in die kastrol en voeg die res van die aftreksel by. Roer goed en verhit weer. Geur na smaak met suurlemoensap en sout en varsgemaalde swartpeper. Sit ’n skeppie suurroom in elke bakkie, as jy wil, en sit voor.

Patatsop met Marokkaanse speserye

Page 11: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

Bestandele: 2 rooi soetrissies, middeldeur gesny en ontpit • 800 g bot-terskorsie, in blokkies gesny • 1 knoffelbol • 50 ml olyfolie • 50 ml (50 g) botter • 2 middelslag-uie, gekap • 120 ml droë sjerrie • 1 liter hoender- of groenteaftreksel • 250 g strepiespek, gesnipper en gerooster tot bros• 1 ryp camembert-kaas, in wiggies gesny

1 Pak die rooi soetrissies en die botterskorsie in ’n oondpan. Sny die bokant van die knoffelbol af sodat die vleis sigbaar is en sit dit ook in die pan. Drup olyfolie oor al die groente. Rooster dit vir 20 tot 30 minute in die verhitte oond of tot dit sag is. Haal die pan uit die oond uit en druk die sagte knoffel uit die skilletjies. Gooi die skilletjies weg.

2 Verhit die botter in ’n kastrol. Soteer die uie tot sag. Voeg die geroosterde groente en

sjerrie by. Sit die deksel op en laat vir 15 minute oor lae hitte prut. Skep die mengsel in ’n voedselverwerker en pols tot glad.

3 Gooi die mengsel terug in die kastrol en voeg die aftreksel by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir 10 minute prut. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.

4 Sit dit voor Rond elke porsie sop af met bros spekstukkies en camembert-wiggies. Sit die sop dadelik voor.

Botterskorsiesop met camembert

Page 12: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

6

Page 13: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

7

Page 14: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

Bestandele: 250 g swoerdlose strepiespek, gekap • 4 preie, gesny • 2 selderystingels, gesny • 1,25 liter hoenderaftreksel • 500 ml elk blok-kies wortels, botterskorsie en patat • 125 ml room • 30 ml gekerfde vars grasuie • 5 ml suurlemoensap

1 Braai die spek in ’n groot kastrol oor lae hitte. Haal die helfte uit sodra dit gaar is en sit dit eenkant.

2 Voeg die preie en seldery by die spek in die kastrol en soteer dit vir twee minute. Voeg die hoenderaftreksel by en laat dit kook.

3 Voeg die groente by en stel die hitte laer sodat dit prut. Sit die deksel op en laat dit vir 15 tot 20 minute prut, tot die groente sag is.

4 Skep ’n derde van die groente uit en maak dit met ’n handmenger of voedselverwerker fyn tot glad. Skep dit terug in die kastrol. Roer die room en die helfte van die grasuie by en geur dit met sout, swartpeper en ’n paar druppels suurlemoensap. Strooi die spek wat eenkant gehou is en die grasuie oor en sit dit voor met mieliebrood.

Herfsgroente-en- speksop

Page 15: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

Bestandele: 300-400 g uitgedopte garnale (of 6-8 hoenderdye, in blok-kies gesny) • sonneblomolie vir braai • 1 ui, fyngekap • 1 knoffelhuisie, fyngedruk • 15 ml gerasperde vars gemmer • 30-45 ml rooi kerriepasta • 125 ml dungesnyde swart sampioene • 1 klein rooi of geel soetrissie, ontpit en fyngesny • 1 liter hoenderaftreksel • 15 ml skerp rissiesous (opsioneel) omtrent 150 g Pad Thai-rysnoedels, in stukkies gebreek • 1 blik klappermelk • 30 ml vissous • sap van 1 lemmetjie of ’n klein su-urlemoen •’n hand vol gekapte vars koljander, ment of basilie om voor te sit • 4 fyngesnyde sprietuie om voor te sit

1 Verhit ’n dun lagie olie oor hoë hitte in ’n groot kastrol en braai die garnale tot goudbruin. Skep dit uit en sit eenkant.

2 Voeg nog ’n bietjie olie by en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel en gemmer by, soteer vir 30 sekondes, en voeg dan die kerriepasta by. Kook vir ’n minuut en voeg die sampioene en soetrissie by. Kook vir nog ’n minuut of tot die sampioene en rissie effens sagter is.

3 Voeg die aftreksel by en roer dan die rissiesous by. Voeg die noedels by en kook tot sag.

4 Gooi die garnale en enige sappe terug in die kastrol en roer die klappermelk en vissous by. Roer om alles te meng en maak deurwarm. Haal van die plaat af en roer die lemmetjiesap by. Proe en geur na smaak. Sprinkel die kruie en sprietuie oor en sit voor.

Thaise kerriesop

Page 16: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

8

Page 17: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

9

Page 18: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

Bestandele: • 30 ml olyfolie • 1 kg beesdikrib, in blokkies van sowat 4 cm gesny • 3 uie, gekap • 3 knoffelhuisies, fyngedruk • 30 ml koekmeel • 30 ml gerookte paprika • 2 x 410 g-blikke pruimtamaties • 1,3 liter beesvleisaftreksel • 2 rooi soetrissies, ontpit en in klein blokkies gesny • 250 ml suurroom • 80 ml roketpesto

1 Verhit ’n swaarboomkastrol oor hoë hitte. Sodra dit warm is, moet jy ’n bietjie olyfolie ingooi en die vleis bietjies-bietjies oor hoë hitte bruin braai. Gooi, indien nodig, nog ’n bietjie olie in die kastrol om te keer dat die vleis brand en aan die kastrol vassit.

2 Gooi die uie in die pan en soteer dit tot bruin. Voeg die knoffel by en gooi die vleis terug in die pan. Strooi die koekmeel en paprika oor.

Roer dit goed en gooi dan die tamaties en die bereide beesvleisaftreksel by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en sit die deksel op. Laat dit saggies prut vir twee uur of tot die vleis baie sag is.

3 Gooi die rooi soetrissies by en laat dit vir nog 30 minute prut. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor met roketpesto en suurroom bo-oor, en rond dit af met nog ’n strooisel paprika.

Ghoelasj-sop met suurroom en pesto

Page 19: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

Bestandele: 1 groot ui, gekap • 250 g botter • 3 knoffelhuisies, fynge-druk • 250 g koekmeel, gesif • 1 liter hoenderaftreksel • 400 g hoen-derborsfilette, in stukke gesny •’n hand vol vars tiemie, gekap, plus ek-stra vir garnering • 150 ml Stork Crèmendous • crème fraîche en vars brood om voor te sit

1 Smelt die botter in ’n groot kastrol en gooi die ui by. Braai die ui tot sag. Voeg die knoffel by en haal die kastrol van die plaat af. Voeg die koekmeel by terwyl jy die mengsel die heeltyd roer sodat dit ’n roux vorm. Sit dit vir twee minute terug op matige hitte.

2 Gooi ’n bietjie aftreksel by en roer dit tot gemeng.

Gaan so voort totdat al die aftreksel bygegooi is. Voeg die hoender en tiemie by en verhit die mengsel tot kookpunt. Verlaag die hitte en voeg dan die Stork Crèmendous by. Laat dit vir 15 minute prut. Sit dit voor met ’n skeppie crème fraîche en ’n takkie vars tiemie met vars brood daarby.

Romerige hoendersop

Page 20: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

10

Romerige hoendersop

Page 21: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam

Notas

Page 22: Vleis-en-groentesopdkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2011/07/Sop-idees.pdfdruppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam