voltydse leraars: harles james, francois lamprecht en ...€¦ · 2. lees 1 korintiërs 12:12....

4
Voltydse leraars: Charles James, Francois Lamprecht en Rikus Hangh Jeugwerker: Charné Viljoen Kantoorure: 08:00 - 12:30 Tel: 051- 4224 010 Faks: 051- 4225 738 / 086 605 0459 Epos: [email protected] Bankbesonderhede: ABSA - Brandwagtak Tjekrekening: 1570 580 384 Takkode: 334 334 ZAPPER QR-KODE SONDAG 2 Februarie 2020 08:15 & 10:00 Charles James (Doop) Tema: Ons het mekaar nodig Teks: Kolossense 4: 7-18 Deurkollekte: Sin. Kol. Geestelike Bearbeiding van Studerende Jeug 08:15 & 10:00 Kleurkabouters: 4 - 6 jaar in die kleuterkamer by die kerkkantoor 08:15 & 10:00 -KFC: Graad 1 - 4 by Pres. Brand Skool -Fxit: Graad 5 & 6 in die kapel 10:00 Pienkvoetjies: 0 - 3 jaar in die keldersaal 17:15 -opPad: Graad 7 & 8 in die ouditorium -JonkSaam: Graad 9 - 11 18:30 Jong Erediens Tema: Kerk en geld SONDAG 9 Februarie 2020 08:15 & 10:00 Danie van Tonder Deurkollekte: Sin. Kol. Bybelgenootskap van SA 18:30 Jong Erediens FOKUS 26 Jan - 8 Mrt. As jy sou belangstel om vir die fokus by ‘n omgeegroep in te skakel kan jy gerus na die erediens by die tafel in die voorportaal aanmeld. As julle as huisgesin die fokus op julle eie wil doen, meld ook asb. by die tafel in die voorportaal aan. Ons sien uit om die volgende paar weke saam met julle te reis. Moenie hierdie geleentheid om geestelik te groei mis nie! Indien jy nog inligng verlang kontak asb. vir Rikus by 084 620 6000 of [email protected] Deurkollekte 26 Januarie - Sinodale Pensioenfonds - R2 208 Koeldrankblikkie-projek Die Familiefees is ‘n belangrike datum op ons gemeente kalender. ‘n Dag van heerlike saamkuier en winskopies. Op Sondag 2 Februarie & 9 Februarie loods die bestuur van die Familiefees weer hul jaarlikse koeldrankblikkie- projek gemik op die Familiefees van Vrydag 3 April 2020. Houers sal in die voorportaal wees waarin jy enige geur blikkies koeldrank kan plaas, asb. Koorkompetisie borgskappe gesoek Besighede kan hulself bemark deur advertensies te koop @ R200 of R400 elk (aangende van die grooe) en sodoende die koorkompesie borg. Die advertensies verskyn tot Maart 2020 elke Sondag op die kerk se projektoraondigings. Dit is ‘n wonderlike bemarkingsgeleentheid vir jou besigheid! Vir meer inligng, skakel Sandra by kerkkantoor.

Upload: others

Post on 29-Jul-2020

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Voltydse leraars: harles James, Francois Lamprecht en ...€¦ · 2. Lees 1 Korintiërs 12:12. Gesels met mekaar oor hierdie baie bekende beeld wat Paulus oor die kerk (gemeente)

Voltydse leraars: Charles James, Francois Lamprecht en Rikus Hattingh Jeugwerker: Charné Viljoen

Kantoorure: 08:00 - 12:30 Tel: 051- 4224 010 Faks: 051- 4225 738 / 086 605 0459 Epos: [email protected]

Bankbesonderhede: ABSA - Brandwagtak Tjekrekening: 1570 580 384 Takkode: 334 334 ZAPPER QR-KODE

SONDAG 2 Februarie 2020

08:15 & 10:00 Charles James (Doop)

Tema: Ons het mekaar nodig

Teks: Kolossense 4: 7-18

Deurkollekte: Sin. Kol. Geestelike Bearbeiding van Studerende Jeug

08:15 & 10:00 Kleurkabouters: 4 - 6 jaar in die kleuterkamer by die kerkkantoor

08:15 & 10:00 -KFC: Graad 1 - 4 by Pres. Brand Skool -Fxit: Graad 5 & 6 in die kapel

10:00 Pienkvoetjies: 0 - 3 jaar in die keldersaal

17:15 -opPad: Graad 7 & 8 in die ouditorium -JonkSaam: Graad 9 - 11

18:30 Jong Erediens

Tema: Kerk en geld

SONDAG 9 Februarie 2020

08:15 & 10:00 Danie van Tonder

Deurkollekte: Sin. Kol. Bybelgenootskap van SA

18:30 Jong Erediens

FOKUS 26 Jan - 8 Mrt.

As jy sou belangstel om vir die fokus by ‘n

omgeegroep in te skakel kan jy gerus na die erediens by die tafel in die voorportaal aanmeld.

As julle as huisgesin die fokus op julle eie wil doen, meld ook asb. by die tafel in die voorportaal aan.

Ons sien uit om die volgende paar weke saam met julle te reis. Moenie hierdie geleentheid om geestelik

te groei mis nie!

Indien jy nog inligting verlang kontak asb. vir Rikus by 084 620 6000 of [email protected]

Deurkollekte 26 Januarie - Sinodale Pensioenfonds - R2 208

Koeldrankblikkie-projek

Die Familiefees is ‘n belangrike datum op ons gemeente kalender.

‘n Dag van heerlike saamkuier en winskopies.

Op Sondag 2 Februarie & 9 Februarie loods die bestuur van die Familiefees weer hul jaarlikse koeldrankblikkie-projek gemik op die Familiefees van Vrydag 3 April 2020.

Houers sal in die voorportaal wees waarin jy enige geur blikkies koeldrank kan plaas, asb.

Koorkompetisie borgskappe gesoek Besighede kan hulself bemark deur advertensies te koop @ R200 of R400 elk (afhangende van die grootte) en sodoende die koorkompetisie borg. Die advertensies verskyn tot Maart 2020 elke Sondag op die kerk se projektorafkondigings. Dit is ‘n wonderlike bemarkingsgeleentheid vir jou besigheid! Vir meer inligting, skakel Sandra by kerkkantoor.

Page 2: Voltydse leraars: harles James, Francois Lamprecht en ...€¦ · 2. Lees 1 Korintiërs 12:12. Gesels met mekaar oor hierdie baie bekende beeld wat Paulus oor die kerk (gemeente)

Kom geniet ‘n gratis koppie tee/koffie of koeldrank by die ontvangs-area na die erediens. Daar is ook heerlike koek en

cappuccino te koop @ R5 elk.

Skakel asb. die kerkkantoor indien jy een van die

onderstaande wil bywoon. :

18:30 - Bybelskool 5 Februarie tot 4 Maart in die keldersaal. Skakel asb. die kerkkantoor voor of op 3 Februarie.

18:30 - Huweliksverryking / Voorbereiding 5 Februarie tot 11 Maart 2020 (ses geleenthede) in die kapel Vir alle paartjies wat trouplanne het in hierdie jaar of vroeg volgende jaar asook getroude pare wat net hulle huwelik wil verryk. Koste R300 per paar. Neem asb. kennis! Ons versoek dat alle voornemende trou-pare dit moet bywoon. Skakel asb. die kerkkantoor voor of op 3 Februarie.

18:30 - Volwasse Kategese 1 - 29 April 2020 (Vyf geleenthede) in die Raadskamer by die kerkkantoor. Indien jy belangstel om in te skakel by die toerustingsgeleenthede met die oog op lidmaatskap, voltooi asb. die Aansoek om Belydenisaflegging vorm volwassenes, wat beskikbaar is in die voorportaal, deure of by die kerkkantoor.

Handig asb. jou vorm by die kerkkantoor in, nie later as 30 Maart.

DVD van EREDIENSTE Bestel jou DVD van die eredienste / doop

by die TOONBANK in die voorportaal. DVD’s word die daaropvolgende Sondag afgehaal, of

kontak Basie Botha by 082 777 2211 of Johan Botha by 083 501 0517.

'n Internasionaal erkende “Divorce Care”-program word gevolg. Vanaf Donderdag, 6 Februarie om

18:00 te Brebnerstaat 29 Westdene.

Dit strek oor 13 weke en is gemik op persone wat besig is om te skei of reeds geskei is. Koste: R350 per

persoon.

Bespreek asb. by Martie Barnard by 083 379 9147 indien jy bogenoemde wil bywoon.

Hospitaalbesoeke

Mense wat graag wil betrokke raak by die Siekebediening kan gerus vir Rossouw Botes kontak.

Besoeke geskied op grond van AANMELDING!

Ons wil jou graag besoek, maar ons kan dit slegs doen as ons van jou weet!

Indien jy besoek wil word, of weet van iemand wat besoek wil/moet word skakel asb. vir Sandra by die

kerkkantoor OF SMS/WHATSAPP Rossouw Botes by 083 653 2287 OF meld asb. by die

INLIGTINGS-TOONBANK in die voorportaal aan.

Ons kom elke Saterdagoggend om 06:00 by die kerk bymekaar om saam te gesels, te bid en mekaar te

ondersteun. “God vir almal”. Getuienis van Thailand en Indië.

Vir verdere inligting, skakel Wouter de Kock by 082 821 7474. Alle manne baie welkom!

Joh 15:12. Dit is my opdrag: "Julle moet mekaar liefhê soos ek julle lief het."

1. Bid vir ons gemeente se fokus reeks “Mekaar”. Bid vir al die omgeegroepe en gesinne wat oor die volgende sewe weke aan die fokus deelneem.

2. Dra ons gemeente se finansies aan die Here op. Bid vir ons gemeentebestuur wat ons gemeente se inkomstes en uitgawes moet bestuur.

3. Bid vir die jongmense wat hulle voorberei om hulle geloof in Jesus in die openbaar te bely.

KAN ONS VIR JOU BID? Indien jy ‘n behoefte het aan voorbidding sal daar ‘n persoon / persone in die voorportaal wees met ’n groen knoop op hul klere. Jy kan ook jou gebedsversoek in die houtposbus in die voorportaal plaas. Gebedsversoeke kan anoniem hanteer word as jy dit so verkies. Kontak Sammy Holliday by 082 554 7264.

Page 3: Voltydse leraars: harles James, Francois Lamprecht en ...€¦ · 2. Lees 1 Korintiërs 12:12. Gesels met mekaar oor hierdie baie bekende beeld wat Paulus oor die kerk (gemeente)

Het jy ’n passie vir

blommerangskikking?

Kom leef dit uit in Pellissier Gemeente!!

Ons nooi jou om deel te word van hierdie prag

bediening.

Kontak asb. vir Steven Gouws by 083 307 2808.

NUWE LIDMATE EN BESOEKERS Indien jy meer wil weet oor ons gemeente, lidmaat wil word of by ‘n omgeegroep wil inskakel, kan jy gerus na

die erediens by die INLIGTINGS-TOONBANK in die voorportaal aanmeld. Alternatiewelik kan jy gedurende

die week die kerkkantoor skakel of besoek.

Baie welkom aan die volgende lidmate: Donné Blochlinger: Kwaggastraat 4, Fauna Christo, Marica en Imoné Coetsee: Hippocratus 27, Hospitaalpark Angelique Davis: Ta Lientjiestraat 8, Pellissier Elandri de Bruin: Corneliasingel 77, Genl. de Wet Theuns, Nicolene en Kaitlyn Dreyer: Marico 8, Pellissierrylaan, Pellissier Marietta du Plessis: Frans Rumpffstraat 36A, Heuwelsig La Clue en Madelie Gerber: Barry Richterweg 151, Fleurdal Bonamy Krohn: Olienhoutstraat 24, Wilgehof Cassie Lötter: Sipreslaan 21, Bainsvlei Ronald Louw: Lugano 6, Jan Marxstraat, Wild Olive Estate Richard Marsh: Erfdeelsingel 45, Pellissier

Motorfiets Belangegroep

‘n VAARDIGHEIDSKURSUS word vir ons jonger motorfietsryers met 125cc motorfietse en kleiner aangebied. WORD STREETWISE OP ONS GEVAARLIKE PAAIE!!! Die kursusse behels: • Pad veiligheid • Oplettendheid • Voorsorg asook waaksaamheid op paaie waar gruis en “potholes” is.

Die kursus gaan ook ons jong “bikers” leer om hulle motorfietse beter te bestuur en te hanteer d.m.v. vaardigheidstoetse en pret-uitdagings. Wanneer: Sondag 9 Februarie Tyd: 15:00 Waar: Pick ‘n Pay Southern Centre parkeerarea tussen biblioteek en vulstasie. Navrae - Charles van Schalkwyk by 082 893 4210.

Koffie@Vrydagaand

7 Feb en 28 Feb om 18:30 by die kerk Navrae: Elsmarie Engelbrecht by 082 829 5144 of Rozel Brand by 072 358 3817. Jong Volwassenes

Kontak, Charné Viljoen 083 294 6640 by vir meer besonderhede of indien jy wil inskakel. Ons sien daarna uit om jou deel van ons groep te maak! Kreatiwiteit Belangegroep

Ons kom Saterdag 8 & 22 Feb; 7 & 21 Maart; 4 & 8 April; 2, 16 & 30 Mei asook 13 & 27 Junie vanaf 09:00 tot 12:00 by die kerkkantoor bymekaar. Vir navrae, kontak Leana van Vuuren by 073 310 7436. Visvang Belangegroep

Kom Hengel saam: Saterdag 8 Februarie Plek: Krugersdrifdam Kry mekaar: 06:15 by Motorhawe oorkant Pretty Gardens Kontak: Frikkie van Wyk 083 441 3907

Almal wat graag as Omgeegroepleier opgelei wil word,

kontak asb. vir Rikus Hattingh by 084 620 6000.

Getuienisbediening Jaarvergadering

Maandag 20 Februarie 2020 om 18:00 in die kleuter-kamer by die kerkkantoor. Ons gesels oor al die bedieninge soos Ooshoek Gemeente, Towers kookbeurte, motorwag kosgee, Lesotho en Botswana uitreike, Thailand/Indië uitreike, Geopende Deure en nog meer. Kom dink en beplan saam ons! Vir navrae, kontak Frikkie van Wyk by 083 441 3907.

Tshepang Jeugsorgsentrum

Tshepang benodig persone wat hierdie jaar sal kan help om ‘n kind se verjaarsdag spesiaal te maak.

Dit behels die volgende:

Eetgoed vir 11 kinders met ‘n koek en koeldrank op die dag wat die kind verjaar of soos met Lempone, die huismoeder, gereël. Aflewering by Tshepang

Kontakpersoon: Jolanda Laubscher (0823438087).

Page 4: Voltydse leraars: harles James, Francois Lamprecht en ...€¦ · 2. Lees 1 Korintiërs 12:12. Gesels met mekaar oor hierdie baie bekende beeld wat Paulus oor die kerk (gemeente)

“Ons het mekaar nodig”

02/02/2020 1 Petrus 4:10 “As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ’n genadegawe ontvang het, die ander dien.”

Bybel Tyd: So: 1 Petr. 4:11 Ma: 1 Petr. 3:8,9 Di: Hebr. 10:24 Wo: Hebr. 10:25 Do: Rom. 12:10,11 Vr: Rom. 12:12, 13 Sa: 1 Kor. 12:22-26

Bid Tyd:

Aanbid (Sang en Gebed) – Doen saam lof en aanbidding

Dankgebed (gebed voor ete): Dankie dat ons saam kan eet vandag..

Seëngebed (seën mekaar elke oggend so): Mag jy besef dat ons as gelowiges mekaar nodig het net soos die verskillende dele van ’n liggaam mekaar nodig het. Mag jy weet dat Hy jou wil gebruik om vir ander tot seën te wees...

Gesels Tyd: Teks: Kolossense 4:7-18

Oopskop vraag: Gee elkeen in die groep/huis ’n geleentheid om hulle grootste vreugde of hartseer van die afgelope week/dag te deel.

Raakvat vrae:

1. Kyk na die snit op die DVD en gesels oor dit wat julle getref het. 2. Lees 1 Korintiërs 12:12. Gesels met mekaar oor hierdie baie bekende beeld wat Paulus oor die kerk (gemeente) gebruik. Hoe help dit ons om nog beter te verstaan dat ons mekaar nodig het? 3. Lees Kolossense 4:7-18. Hierdie is deel van Paulus se groete-lys aan die einde van sy brief aan die gemeente van Kolosse. Kyk na die verskillende name wat Paulus noem (Tigikus, die posman, Onesimus, die wegloop slaaf, Markus die verraaier, Lukas die dokter en Nimfa, die gasvry vrou). Wat leer hierdie gedeelte ons oor spanwerk, oor hoe ons mekaar nodig het? 4. Ons leef in ’n wêreld waar elkeen vir homself wil leef. Ons streef as’t ware na onafhanklikheid! In God se koninkryk werk dit egter anders. Ons het mekaar nodig want ons het verskillende gawes. Verskille help ons ook om te oefen om geestelik te groei, om ons verdraagsaamheid teenoor mekaar te laat toeneem. Dink weer saam oor die opdrag in Fillippense 2:3 en hoe help kontak met verskillende soorte mense my om in hierdie opdrag te groei? 5. Hebreër 10:25 sê dat ons mekaar moet aanmoedig om nie van die samekomste van die gemeente weg te bly nie? In die lig van dit waaroor ons reeds gesels het, waarom dink julle is dit so belangrik dat elke lidmaat aktief by die gemeente moet inskakel? Indien van julle nog nie is nie, help mekaar om by ’n bediening in te skakel wat julle onderskeie gawes pas.

Speel Tyd: (Ons spandeer kwaliteit tyd saam) 1. Trek ‘n kaartjie uit die gasvryheidskaarte (kontak die kantoor as jy belangstel in die kaarte)

Doen Tyd: (Ons oefen ons geloof op ‘n praktiese manier)

Gaan kyk weer na die kalender, die gemeente se webblad en App. Sê dankie vir al die bedieningsgeleenthede wat daar reeds in die gemeente is en indien jy nog nie êrens betrokke is nie, vra die Here waar hy jou wil gebruik. Dalk om ’n nuwe bediening te begin?