voltydse leraars: harles james, francois lamprecht en ......familiefees van vrydag 3 april 2020....

4
Voltydse leraars: Charles James, Francois Lamprecht en Rikus Hangh Jeugwerker: Charné Viljoen Kantoorure: 08:00 - 12:30 Tel: 051- 4224 010 Faks: 051- 4225 738 / 086 605 0459 Epos: [email protected] Bankbesonderhede: ABSA - Brandwagtak Tjekrekening: 1570 580 384 Takkode: 334 334 ZAPPER QR-KODE SONDAG 26 Januarie 2020 08:15 & 10:00 Rikus Hangh “Mekaar” fokus reeks begin Tema: Gee / Ontvang Deurkollekte: Sin. Kol. Sinodale Pensioenfonds 08:15 & 10:00 Kleurkabouters: 4 - 6 jaar in die kleuterkamer by die kerkkantoor 08:15 & 10:00 -KFC: Graad 1 - 4 by Pres. Brand Skool -Fxit: Graad 5 & 6 in die kapel 10:00 Pienkvoetjies: 0 - 3 jaar in die keldersaal 17:15 -opPad: Graad 7 & 8 in die ouditorium -JonkSaam: Graad 9 - 11 18:30 Jong Erediens Tema: Welkom SONDAG 2 Februarie 2020 08:15 & 10:00 Charles James Deurkollekte: Sin. Kol. Sinodale Pensioenfonds 18:30 Jong Erediens DOOPGELEENTHEDE - Elke 1ste Sondag van ‘n maand - Indien jy graag jou baba wil laat doop op: Sondag, 1 Maart 2020 Sondag, 5 April 2020 word jy versoek om die doopregistrasievorm te voltooi en nie later as Maandag, 27 Januarie 2020 by die kerkkantoor in te handig nie. NEEM ASB KENNIS! Die doopkategese strek oor vier weke (Woensdae) van 5 Februarie tot 11 Maart om 18:30 by die kerkkantoor. FOKUS 26 Jan - 8 Mrt. As jy sou belangstel om vir die fokus by ‘n omgeegroep in te skakel kan jy gerus na die erediens by die tafel in die voorportaal aanmeld. As julle as huisgesin die fokus op julle eie wil doen, meld ook asb. by die tafel in die voorportaal aan. Ons sien uit om die volgende paar weke saam met julle te reis. Moenie hierdie geleentheid om geestelik te groei mis nie! Indien jy nog inligng verlang kontak asb. vir Rikus by 084 620 6000 of [email protected] Deurkollekte 19 Januarie - Boufonds: R2 027 Ons kom elke Saterdagoggend om 06:00 by die kerk bymekaar om saam te gesels, te bid en mekaar te ondersteun. “God vir almal”. Getuienis van Thailand en Indië. Vir verdere inligting, skakel Wouter de Kock by 082 821 7474. Alle manne baie welkom! Parkering tydens Sondae eredienste n Vriendelike versoek Help ons asb. om nie lidmate en besoekers vas te parkeer nie. Indien jy Sondae in die parkeer-area of buite om die kerk parkeer, vra ons dat jy asb. mooi sal kyk (voor en langs jou) dat jy slegs een parkeerplek beset, sodat ons die beperkte parkeerplek opmaal kan gebruik.

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Voltydse leraars: harles James, Francois Lamprecht en ......Familiefees van Vrydag 3 April 2020. Houers sal in die voorportaal wees waarin jy enige geur blikkies koeldrank kan plaas,

Voltydse leraars: Charles James, Francois Lamprecht en Rikus Hattingh Jeugwerker: Charné Viljoen

Kantoorure: 08:00 - 12:30 Tel: 051- 4224 010 Faks: 051- 4225 738 / 086 605 0459 Epos: [email protected]

Bankbesonderhede: ABSA - Brandwagtak Tjekrekening: 1570 580 384 Takkode: 334 334 ZAPPER QR-KODE

SONDAG 26 Januarie 2020

08:15 & 10:00 Rikus Hattingh “Mekaar” fokus reeks begin

Tema: Gee / Ontvang

Deurkollekte: Sin. Kol. Sinodale Pensioenfonds

08:15 & 10:00 Kleurkabouters: 4 - 6 jaar in die kleuterkamer by die kerkkantoor

08:15 & 10:00 -KFC: Graad 1 - 4 by Pres. Brand Skool -Fxit: Graad 5 & 6 in die kapel

10:00 Pienkvoetjies: 0 - 3 jaar in die keldersaal

17:15 -opPad: Graad 7 & 8 in die ouditorium -JonkSaam: Graad 9 - 11

18:30 Jong Erediens

Tema: Welkom

SONDAG 2 Februarie 2020

08:15 & 10:00 Charles James

Deurkollekte: Sin. Kol. Sinodale Pensioenfonds

18:30 Jong Erediens

DOOPGELEENTHEDE - Elke 1ste Sondag van ‘n maand -

Indien jy graag jou baba wil laat doop op: Sondag, 1 Maart 2020 Sondag, 5 April 2020 word jy versoek om die doopregistrasievorm te voltooi en nie later as Maandag, 27 Januarie 2020 by die kerkkantoor in te handig nie. NEEM ASB KENNIS!

Die doopkategese strek oor vier weke (Woensdae) van 5 Februarie tot 11 Maart om 18:30 by die kerkkantoor.

FOKUS 26 Jan - 8 Mrt.

As jy sou belangstel om vir die fokus by ‘n omgeegroep in te skakel kan jy gerus na die erediens

by die tafel in die voorportaal aanmeld.

As julle as huisgesin die fokus op julle eie wil doen, meld ook asb. by die tafel in die voorportaal aan.

Ons sien uit om die volgende paar weke saam met julle te reis. Moenie hierdie geleentheid om geestelik

te groei mis nie!

Indien jy nog inligting verlang kontak asb. vir Rikus by 084 620 6000 of [email protected]

Deurkollekte 19 Januarie - Boufonds: R2 027

Ons kom elke Saterdagoggend om 06:00 by die kerk bymekaar om saam te gesels, te bid en mekaar te

ondersteun. “God vir almal”. Getuienis van Thailand en Indië.

Vir verdere inligting, skakel Wouter de Kock by 082 821 7474. Alle manne baie welkom!

Parkering tydens Sondae eredienste ‘n Vriendelike versoek

Help ons asb. om nie lidmate en besoekers vas te parkeer nie.

Indien jy Sondae in die parkeer-area of buite om die kerk parkeer, vra ons dat jy asb. mooi sal kyk (voor en

langs jou) dat jy slegs een parkeerplek beset, sodat ons die beperkte parkeerplek optimaal kan gebruik.

Page 2: Voltydse leraars: harles James, Francois Lamprecht en ......Familiefees van Vrydag 3 April 2020. Houers sal in die voorportaal wees waarin jy enige geur blikkies koeldrank kan plaas,

Kom geniet ‘n gratis koppie tee/koffie of koeldrank by die ontvangs-area na die erediens. Daar is ook heerlike koek en

cappuccino te koop @ R5 elk.

2020

Skakel asb. die kerkkantoor indien jy een van

die onderstaande wil bywoon. :

18:30 - Bybelskool - 5 Februarie tot 4 Maart

Skakel asb. die kerkkantoor voor of op 3 Februarie.

18:30 - Huweliksverryking / Voorbereiding 5 Februarie tot 11 Maart 2020 (ses geleenthede) Vir alle paartjies wat trouplanne het in hierdie jaar of vroeg volgende jaar asook getroude pare wat net hulle huwelik wil verryk. Koste R300 per paar. Neem asb. kennis! Ons versoek dat alle voornemende trou-pare dit moet bywoon. Skakel asb. die kerkkantoor voor of op 3 Februarie.

18:30 - Volwasse Kategese 1 -29 April 2020 (Vyf geleenthede) Indien jy belangstel om in te skakel by die toerustingsgeleenthede met die oog op lidmaatskap, voltooi asb. die Aansoek om Belydenisaflegging vorm volwassenes (groen vorm), wat beskikbaar is in die voorportaal, deure of by die kerkkantoor.

Handig asb. jou vorm by die kerkkantoor in, nie later as 30 Maart.

Belydenis van Geloof vir Jongmense Datum 16 Februarie om 18:30

Belydenis-oriëntasie 7 Februarie om 14:30 tot 16:00 by die kapel

Belydenis-ete 13 Februarie om 18:30 in die kapel.

Handig jou aansoekvorm in by die kerkkantoor nie later as 27 Januarie 2020. Stel asb. jou mentor en bedieningsleier in kennis, want hulle moet vir jou ‘n getuigskrif skryf. Die aansoekvorm is in die voorportaal, deure asook kerkkantoor besikbaar.

DVD van EREDIENSTE Bestel jou DVD van die eredienste /

doop by die TOONBANK in die voorportaal.

DVD’s word die daaropvolgende Sondag afgehaal, of kontak Basie Botha by 082 777 2211 of

Johan Botha by 083 501 0517.

'n Internasionaal erkende “Divorce Care”-program word gevolg. Vanaf Donderdag, 6 Februarie om

18:00 te Brebnerstaat 29 Westdene.

Dit strek oor 13 weke en is gemik op persone wat besig is om te skei of reeds geskei is. Koste: R350 per

persoon.

Bespreek asb. by Martie Barnard by 083 379 9147 indien jy bogenoemde wil bywoon.

Pellissier @ Wêreld Volhard in gebed!

Wees daarby waaksaam en dankbaar - Kol 4:2 Ons bid vir die wêreld. Kom bid saam en beleef hoe

die Here in die wêreld werk! Dinsdag 28 Januarie om 18:00 in die kleuterkamer

by die kerkkantoor. Almal welkom!

Hospitaalbesoeke

Mense wat graag wil betrokke raak by die Siekebediening kan gerus vir Rossouw Botes kontak.

Besoeke geskied op grond van AANMELDING!

Ons wil jou graag besoek, maar ons kan dit slegs doen as ons van jou weet!

Indien jy besoek wil word, of weet van iemand wat besoek wil/moet word skakel asb. vir Sandra by die kerkkantoor OF SMS/WHATSAPP Rossouw Botes by

083 653 2287 OF meld asb. by die INLIGTINGS-TOONBANK in die voorportaal aan.

NUWE LIDMATE EN BESOEKERS

Indien jy meer wil weet oor ons gemeente, lidmaat wil word of by ‘n omgeegroep wil inskakel, kan jy

gerus na die erediens by die INLIGTINGS-TOONBANK in die voorportaal aanmeld.

Alternatiewelik kan jy gedurende die week die kerkkantoor skakel of besoek.

Page 3: Voltydse leraars: harles James, Francois Lamprecht en ......Familiefees van Vrydag 3 April 2020. Houers sal in die voorportaal wees waarin jy enige geur blikkies koeldrank kan plaas,

Joh 15:12. Dit is my opdrag: "Julle moet mekaar liefhê soos ek julle lief het."

1. Bid vir ons gemeente se fokus wat hierdie week af-skop. Bid vir al die omgeegroepe wat oor die volgende 7 weke aan die fokus deelneem.

2. Dank die Here vir die oop harte van gemeentelede wat hulle naasteliefde uitleef en onvoorwaardelik vir mekaar omgee en ondersteun.

3. Bid vir ons gemeente se jeug bediening. Bid vir al die mentors en almal wat betrokke is by die vorming van ons jeug.

KAN ONS VIR JOU BID? Indien jy ‘n behoefte het aan voorbidding sal daar ‘n persoon / persone in die voorportaal wees met ’n groen knoop op hul klere. Jy kan ook jou gebedsversoek in die houtposbus in die voorportaal plaas. Gebedsversoeke kan anoniem hanteer word as jy dit so verkies. Kontak Sammy Holliday by 082 554 7264.

KOELDRANKBLIKKIE-PROJEK

Die Familiefees is ‘n groot datum op ons gemeente kalender. ‘n Dag van heerlike saamkuier en winskopies.

Op Sondag 2 Februarie & 9 Februarie loods die bestuur van die Familiefees weer hul

jaarlikse koeldrankblikkie-projek gemik op die Familiefees van Vrydag 3 April 2020.

Houers sal in die voorportaal wees waarin jy enige geur blikkies koeldrank kan plaas, asb.

Koorkompetisie borgskappe gesoek

Om as borg op te tree, kan u, u besigheid bemark deur advertensies te koop @ R200 en R400 elk (afhangende van grootte) vanaf Jan tot Maart 2020 wat elke Sondag op die kerk se projektorafkondigings sal verskyn. Verskeie bemarkingsgeleenthede vir u besigheid ingesluit en om wye blootstelling te geniet. Vir meer info, skakel Zandra by kerkkantoor by 051-4224 010.

2020

Het jy ’n passie vir

blommerangskikking?

Kom leef dit uit in Pellissier Gemeente!!

Ons nooi jou om deel te word van

hierdie prag bediening.

Kontak asb. vir Steven Gouws by 083 307 2808.

Beginnersklasse in Sesotho - NG Langenhovenpark

Dié gewilde kursus word weer in 2020 aangebied. Dit strek oor 28 weke en die totale koste beloop R2250 pp. Die kursus begin DV Donderdag 27 Februarie 2020 om 18:00 en vind in die Gemeentesentrum van die NG Kerk Langenhovenpark plaas (in die Kleinkerk). Registreer asseblief vóór of op Maandag 17 Februarie om 10:00, telefonies by 051 446 2225, of per e-pos by [email protected]. ’n Nie-terugbetaalbare deposito van R750 is betaalbaar vóór, of op Maandag 17 Februarie om 10:00. Belangrik - daar is plek vir slegs 25 studente. Vir verdere navrae skakel die kan-toor by bogenoemde nommer, of vir Riaan Stander op 051 446 1131.

Almal wat graag as

Omgeegroepleier opgelei wil

word, kontak asb. vir Rikus

Hattingh by 084 620 6000.

Koffie@Vrydagaand

7 Feb en 28 Feb om 18:30 by die kerk Navrae: Elsmarie Engelbrecht by 082 829 5144 of Rozel Brand by 072 358 3817.

Kampeer Belangegroep

Bevestig asb. bespreking met sms van Naam + Pellissier na 083 462 7522.

Kreatiwiteit Belangegroep Ons kom Saterdag 8 & 22 Feb; 7 & 21 Maart; 4 & 8 April; 2, 16 & 30 Mei asook 13 & 27 Junie vanaf 09:00 tot 12:00 by die kerkkantoor bymekaar. Vir navrae, kontak Leana van Vuuren by 073 310 7436.

Page 4: Voltydse leraars: harles James, Francois Lamprecht en ......Familiefees van Vrydag 3 April 2020. Houers sal in die voorportaal wees waarin jy enige geur blikkies koeldrank kan plaas,

20/01/2019

Hebr 13:2 “Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves.”

Bybel Tyd: So: Matt 10:40-42; Ma: Rom 12:13 Di: 1 Tim 3:2 Wo: Tit 1:8 ; Do: 1 Pet 4:9

Vr: Hebr 13:2; Sa: 1 Kon 17:15-16

Bid Tyd:

Aanbid (Sang en Gebed) – Doen saam lof en aanbidding

Dankgebed (gebed voor ete): Here laat ons tafel ‘n tafel wees waar almal tuis voel.

Seëngebed (seen mekaar elke oggend so): Here help my om gasvry te gaan leef vandag.

Gesels Tyd: Kyk DVD (1)

Oopskop vraag: Gee elkeen in die groep/huis ’n geleentheid om hulle grootste vreugde of hartseer van die afgelope week te deel.

Raakvat vrae:

1. Gesels met mekaar oor die DVD video. Wat was vir jou opvallend? 2. Lees Matt 10:40-42. Wat leer julle uit

hierdie gedeelte? 3. Lees Hebr 13:2. Vertel vir mekaar stories wat met jou gebeur het toe jy gasvry was. Het jy

dalk al “engele” gehuisves? 4. Wat dink julle beteken dit as die Bybel sê dat ons moet gasvry wees? (Rom 12:3/1

Tim 3:2/ 1 Pet 4:9 ens) 5. Die Griekse woord vir gasvryheid is philoxenia – “liefde vir vreemdelinge”. Gesels met

mekaar hieroor. 6. As ons gasvry wil wees moet ons grense breek. Watter grense dink julle moet julle nog oor-

steek? 7. Maak saam planne hoe julle “gasvryheid” in julle huise gaan toepas.

Speel Tyd: (Ons spandeer kwaliteit tyd saam)

1. Trek ‘n kaartjie uit die gasvryheidskaarte. (kontak die kantoor as jy belangstel in die kaarte)

2. Gesels hierdie week met iemand wat jy nog nooit ontmoet het nie en drink saam koffie.

Doen Tyd: (Ons oefen ons geloof op ‘n praktiese manier)

Na wie toe reik ons hierdie week uit? Gesels oor julle uitreikprojek.

Herinner “mekaar” om gereeld ook julle dankoffer te gee, sodat God se koninkrykswerk kan voortgaan.