voltydse leraars: harles james, francois lamprecht en rikus … · 2019. 4. 26. · voltydse...

4
Voltydse leraars: Charles James, Francois Lamprecht en Rikus Hangh Jeugwerker: Charné Mathewson Kantoorure: 08:00 - 12:30 Tel: 051– 422 4917 / 4224 010 Faks: 051- 4225 738 / 086 605 0459 Epos: [email protected] Bankbesonderhede: ABSA - Brandwagtak Tjekrekening: 1570 580 384 Takkode: 334 334 ZAPPER QR-KODE SONDAG 28 April 2019 DEURKOLLEKTE: Donderdag, 18 April: Sin. Kol. Bybelverspreiding. Bedrag ingesamel: R6 608 Sondag, 21 April 2019: Sin. Kol. Vennootskappe: Lesotho. Bedrag ingesamel: R 2 943 08:15 & 10:00 Rikus Hangh (DOOP) Deurkollekte: Sin. Kol. Middestad- en Arbeidsbediening 18:30 Jong Erediens 08:15 & 10:00 Charles James Teks: Eksodus 3: 1-14 Tema: “Ek is...” Deurkollekte: Sin. Kol. Vennootskappe: Reformed Church in Zambia 08:15 & 10:00 Kleur Kabouters: 4 - 6 jaar in die kleuterkamer by die kerkkantoor 08:15 & 10:00 -KFC: Graad 1 – 4 by Pres. Brand skool -Fxit: Graad 5 en 6 in die kapel 10:00 Pienkvoetjies: 0 - 3 jaar in die keldersaal 17:15 -opPad: Graad 7 en 8 in die ouditorium -JonkSaam: Graad 9 tot 11 18:30 Jong Erediens Tema: Vlam in die bos SONDAG 5 Mei 2019 Kaartjies beskikbaar by: Kiki Corner Langenhovenpark Pick ‘n Pay Crazy Daizy Checkers Hyper Fleurdal 19 - 22 Mei Prediker Tom Smith, skrywer van Raw Spirituality Gemeenteraad vakature beskikbaar Nominasievorms by die kerkkantoor beskikbaar. Maak gerus gebruik van ons gras Wifi. Skakel in op die netwerk genaamd "Pellissier". GEEN password is nodig nie. Gras Wifi

Upload: others

Post on 26-Sep-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Voltydse leraars: Charles James, Francois Lamprecht en Rikus Hattingh Jeugwerker: Charné Mathewson

Kantoorure: 08:00 - 12:30 Tel: 051– 422 4917 / 4224 010 Faks: 051- 4225 738 / 086 605 0459 Epos: [email protected]

Bankbesonderhede: ABSA - Brandwagtak Tjekrekening: 1570 580 384 Takkode: 334 334 ZAPPER QR-KODE

SONDAG 28 April 2019

DEURKOLLEKTE: Donderdag, 18 April: Sin. Kol. Bybelverspreiding. Bedrag ingesamel: R6 608

Sondag, 21 April 2019: Sin. Kol. Vennootskappe: Lesotho. Bedrag ingesamel: R 2 943

08:15 & 10:00 Rikus Hattingh (DOOP)

Deurkollekte: Sin. Kol. Middestad- en Arbeidsbediening

18:30 Jong Erediens

08:15 & 10:00 Charles James

Teks: Eksodus 3: 1-14

Tema: “Ek is...”

Deurkollekte: Sin. Kol. Vennootskappe: Reformed Church in Zambia

08:15 & 10:00 Kleur Kabouters: 4 - 6 jaar in die kleuterkamer by die kerkkantoor

08:15 & 10:00 -KFC: Graad 1 – 4 by Pres. Brand skool

-Fxit: Graad 5 en 6 in die kapel

10:00 Pienkvoetjies: 0 - 3 jaar in die keldersaal

17:15 -opPad: Graad 7 en 8 in die ouditorium

-JonkSaam: Graad 9 tot 11

18:30 Jong Erediens

Tema: Vlam in die bos

SONDAG 5 Mei 2019

Kaartjies beskikbaar by: Kiki Corner Langenhovenpark Pick ‘n Pay Crazy Daizy Checkers Hyper Fleurdal

19 - 22 Mei

Prediker Tom Smith, skrywer van

Raw Spirituality

Gemeenteraad vakature beskikbaar

Nominasievorms by die kerkkantoor beskikbaar.

Maak gerus gebruik van ons

gratis Wifi. Skakel in op die

netwerk genaamd "Pellissier".

GEEN password is nodig nie.

Gratis Wifi

DOOP - Doopgeleenthede vind elke

eerste Sondag van ’n maand plaas.

Indien jy graag jou baba wil laat doop op Sondag, 2 Junie word jy versoek om die

doopregistrasievorm te voltooi en nie later as Maandag, 6 Mei by die kerkkantoor in te

handig nie.

Doopgesprek met ouers Dinsdag, 14 Mei om 18:00 by kerkkantoor.

NUWE LIDMATE EN BESOEKERS Indien jy meer wil weet oor ons gemeente, of by ‘n

omgeegroep wil inskakel, kan jy gerus na die eredienste die INLIGTINGS-TOONBANK in die voorportaal

besoek. Alternatiewelik kan jy gedurende die week die kerkkantoor skakel of besoek.

Baie welkom aan die volgende lidmate: Jannie, Annetjie, Carla en Nadia Bredenkamp

Crawfordstaat 4, Fichardtpark

Leon, Lisl, Magda, Leon jr en Stefan de Vries Jansen van Rensburg straat 10, Wilgehof

McKenzie Richter Buccaneer 17, Pellissierrylaan, Pellissier

André en Charlene van Schalkwyk en Dominick van der Westhuizen

Summer Crest 20, Tiekiedraaisingel, Pellissier

Marius en Annelize van der Bank Koringsnystraat 27, Pellissier

“En onthou: Ek is by julle tot die einde van die

wêreld.” Matteus 28:20

Gebedsversoeke vir die week

1. Bid vir vrede in ons land, daar is soveel geweld en opstande. Bid vir hulle wat die vrede moet herstel en handhaaf. 2. Bid vir die verkiesing wat op 8 Mei sal plaasvind en dat die aanloop tot die verkiesing vreedsaam sal verloop. 3. Bid dat mense wat nie ‘n verhouding met Jesus het nie, Hom sal leer ken. KAN ONS VIR JOU BID? Indien jy ‘n behoefte het aan voorbidding sal daar ‘n persoon / persone in die voorportaal wees met ’n groen knoop op hul klere. Jy kan ook jou gebedsversoek in die houtposbus in die voorportaal plaas. Gebedsversoeke kan anoniem hanteer word as jy dit so verkies. Kontak Sammy Holliday by 082 554 7264.

Kom bid elke eerste Sondag van ’n maand saam met ons tussen die twee eredienste in die moederskamer. Almal is welkom!

Hospitaal of Tuisbesoeke Mense wat graag wil betrokke raak by die Siekebediening kan gerus vir Rossouw Botes kontak. Besoeke geskied op

grond van AANMELDING! Ons wil jou graag besoek, maar ons kan dit slegs doen as

ons van jou weet! Indien jy besoek wil word, of weet van iemand wat besoek

wil/moet word skakel asb. vir Sandra by die kerkkantoor OF SMS/WHATSAPP Rossouw Botes by 083 653 2287 OF

meld asb. by die ONTVANGS-AREA in die voorportaal aan.

Die besonderhede sal daar geneem word.

Bloemfontein Gebedsnetwerk se Gebedswaak vir die

Nasionale verkiesing van 8 Mei 2019, strek van 5 Mei tot 9 Mei 2019.

Pellissier gemeente se gebedstyd is die 24 uur van 7 Mei.

Na afloop van die diens kan u u naam opgee by die tafel in die portaal of tuin. U kan een uur in gebed deurbring vir ons land en die verkiesing.

U bid by u eie huis en kies self die uur waarin u sal bid.

Gebedsriglyne sal voorsien word.

Pellissier @ Wêreld Volhard in gebed!

Wees daarby waaksaam en dankbaar - Kol 4:2 Ons bid vir die wêreld. Kom bid saam en beleef hoe die

Here in die wêreld werk! Dinsdag 30 April om 18:00 in die kleuterkamer by

die kerkkantoor. Almal welkom!

Deel jou lekker gebak met ons....bak vir ons Koektafel ‘n koek, melktert, souttert of twee

asook beskuit, tuisgebakte brood en klein koekies. Skakel Marzanne Nel 076 901 8042

Dis altyd lekker om opgewonde kinderjies met blink ogies te sien. En waar sien jy dit?.....By ’n Lekkergoedtafel vol lekker eetgoed om van te kies en te keur. Ons kort baie fudge, klapperys, brownies, windmeulens, rice krispie koekies, kondensmelk inspuitings, cup cakes en nog baie meer... Skakel Pieter Ploos van Amstel 083 400 0983

Ons kort nog baie bestanddele vir die Poedingtafel....Ideal melk, kondensmelk, blikkie fyn pynappels, karamel kondensmelk, meel, appelkooskonfyt, tennisbeskuitjies, blikke vrugteslaai, langlewe vla, jellie, malvalekkers, butterscotch & piesang kits poeding. Skakel Elsa Vermeulen 083 391 8328

Alle vars produkte kan op Dinsdag 30 April tussen 09:00 en 21:00 by die kerkkantoor in Kaapse Nooistraat

afgegee word.

FAMILIEFEES Woensdag 1 Mei 2019 08h00-14h00 Gratis toegang

•Koorkompetisie - R20pp - Ouditorium 09h00-11h00

•Babynastix - Ontwikkel jou peuter/kleuter tot volle potensiaal - R50pp – Auditorium 12h00-13h00

•22 Verskillende kunsstalletjies

•Kerrie & rys

•Potjiekos

•Poeding

•Kwekery

•Vleistafel

•Teetuin

•Baie speletjies vir kinders

•WIT OLIFANTTAFEL

KOM ONDERSTEUN ASB ONS

GEMEENTE!!

Addisionele parkering is beskikbaar

in die parkie in Kolpardstraat.

Het jy items in en om jou huis wat jy nie meer wil hê of gebruik nie, skenk dit vir ons asb.

Gereedskap, speelgoed, ornamente, juweliersware,

kombuisware ens. is baie welkom!

Bring dit asb. vir ons Sondae kerk toe en plaas dit in die Wit Olifant se houtkas onder die afdak, of skakel Jimmy Kramer by 082 688 6197 en hy sal dit by jou

kom afhaal.

Baie dankie aan elkeen wat ons help om van die Wit Olifanttafel ‘n sukses te maak!

‘n Besonderse Braaier te koop! Gaan loer gerus onder die afdak na die braaier. Dis langs die Wit Olifant kas.

Maak ‘n aanbod - vorm beskikbaar op die braaier.

Plaas aanbodvorm in houtkassie op braaier.

Die hoogste bod sal tydens die dag van die Familiefees bepaal word.

DVD van EREDIENSTE: Bestel jou DVD van die

eredienste / doop by die ontvangs-area in die voorportaal of alternatiewelik SMS/ WhatsApp jou

naam, kontaknommer en die erediens-datum na Basie Botha by 082 777 2211.

DVD’s word die daaropvolgende Sondag afgehaal.

Koffie@Vrydagaand

17 Mei 18:30 tot laat in die kapel Is jy lus vir ‘n bietjie koffie/tee en goeie

geselskap na ’n lang week? Dan is Koffie@Vrydagaand net vir jou! Kom maak ‘n draai, kom ontspan saam

met ons. Die koffie/tee is gratis en die Cappuccino en iets kleins

om te eet is R5. Vir meer inligting, kontak Elsmarie Engelbrecht by 082 829 5144 of Rozel Brand

by 072 358 3817. ALMAL IS WELKOM!

Kreatiwiteit

Belangegroep

Bring jou stokperdjie en kom kuier saam terwyl jy afskakel van die week se gejaag.

Ons kom Saterdag, 11 & 25 Mei en 8 & 22 Junie vanaf 09:00 tot 12:00 by die kerkkantoor bymekaar. Bring net asb. jou eie beker vir tee/koffie. Vir navrae, kontak Leana van Vuuren by 073 310 7436.