vooraf: (8:54) - api.ning.com file · web viewal was julle skarlakenrooi van sonde, julle...

12
Lynnwood Liturgie 12/2/2012 Goddelike Skoonheid verlig Menslike Gebrokenheid Vooraf: (8:54) Video van skepping (creation calls) (6 min 22s) Onder op skerm tema van preek. Votum: Ps 8 Here, ons Here G: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde. V1: (MvW) Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. V2: (IvT) So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring. G: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde. V1: (MvW) As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U ’n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? V2: (IvT) U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon. G: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde. V1: (MvW) U laat hom heers oor die werk van u hande, V2: (IvT) U het alles aan hom onderwerp: skape en beeste, alles, selfs die diere in die veld, die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis. G: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde. Seëngroet: (MvW) Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!... Lofsang LB 104:1, 8, 13, 16

Upload: ledat

Post on 31-Jan-2018

240 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Vooraf: (8:54) - api.ning.com file · Web viewAl was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. (Jes 1:18)

Lynnwood Liturgie 12/2/2012 Goddelike Skoonheid verlig Menslike Gebrokenheid

Vooraf: (8:54)

Video van skepping (creation calls) (6 min 22s) Onder op skerm tema van preek.

Votum: Ps 8 Here, ons Here

G: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde.V1: (MvW) Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring

het. V2: (IvT) So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.G: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde.V1: (MvW) As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre

waaraan U ’n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?

V2: (IvT) U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon.

G: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde.V1: (MvW) U laat hom heers oor die werk van u hande, V2: (IvT) U het alles aan hom onderwerp: skape en beeste, alles, selfs die diere

in die veld, die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis.

G: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde.

Seëngroet: (MvW)

Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!...

Lofsang

LB 104:1, 8, 13, 16

Gebed: IvT bid ..... vir Lig in duisternis, kleur, kreatiewe Gees, Skoonheid skep

Sang: LB 254 (Almal, Mans, Chene du Toit (diensmaagd), Almal

Teks: Jes 53 (IvT)

PREEK:

Goddelike Skoonheid (IvT)

2 Kor 4 (MvW)....verlig Menslike Gebrokenheid (MvW)(oa Jakaranda kinderhuis video/verhale van God wat gebrokenheid verlig)

SLOT: IvT > Nuwe definisie vir Skoonheid: Goddelike Skoonheid is God teenwoordig in ons Menslike Gebrokenheid

Page 2: Vooraf: (8:54) - api.ning.com file · Web viewAl was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. (Jes 1:18)

ANTWOORD:

L: Dit is die boodskap wat ons gehoor het en verkondig:G: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.V: As ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap.G: Genadige God, ons staan skuldig voor U. Ons bely dat ons dikwels onaangeraak is deur die nood van die wêreld. V: Here, mense ly rondom ons, maar ons voel nie altyd saam met lyding nie.G: Here, wees ons genadig!V: Ons verontskuldig onsself maklik en erken nie ons sonde nie.G: Here, wees ons genadig!V: Ons leef soms net vir ons eie belange.G: Here, wees ons genadig!V: Ons vergewe ander nie altyd nie.G: Here, wees ons genadig!V: Ons wil soms graag beter as ander wees.G: Here, wees ons genadig!V: Ons is dikwels te gejaag en te moeg om vir ander om te gee.G: Here, wees ons genadig!V: Ons luister nie altyd in liefde na ander nie.G: Here, wees ons genadig!V: Ons motiewe is dikwels liefdeloos en ons agendas verskuil.G: Here, wees ons genadig!V: Soos die Vader Jesus gestuur het, stuur Hy julle ook. Vrede vir julle!G: Amen.

SANG SOLO Chene du Toit met klavier Flam 58. Skepper Gees

O Heer, ons staan voor U gebroke As mens verstaan ons nie U weëMaar U stuur vir ons 'n Leidsman trouHy lei ons na U

Kom o Skepper GeesLewendmakend GeesKom in al U volheidKom in al U kragLei my in U waarheidLeer my van die SeunWees U ook my trooster,Kom o Skepper Gees

Genadeverkondiging: (MvW) Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. (Jes 1:18)

Page 3: Vooraf: (8:54) - api.ning.com file · Web viewAl was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. (Jes 1:18)

SPAANSE GELOOFSBELYDENIS: (Lees IvT) – As daar tyd is(Justo Gonzales/Afrikaans: Marti Hellferscee-Gerber)Ons glo in God die Almagtige,Skepper van die hemel en aarde;Skepper van alle nasies en kerke;Skepper van alle tale en rasse.Ons glo in Jesus Christus, sy Seun, ons Heer,God wat vlees geword het as ‘n mens vir die mensdom,God wat vlees geword het in tyd vir alle tye,God wat vlees geword het in een kultuur vir alle kulture,God wat vlees geword het in liefde en genade vir heel die skepping.Ons glo in die Heilige Geesdeur wie God in Jesus Christus sy teenwoordigheid bekend maak in onsmense en in ons kulture, deur wie God, die Skepper van alles wat bestaan,aan ons die krag gee om nuwe skepsels te word, wie se oneindige gawes onseen liggaam maak: die Liggaam van Christus.Ons glo in die Kerkwat universeel is omdat dit die teken van God se heerskappy is, wie segetrouheid in al sy skakerings getoon word,waar al die kleure saam net een landskap teken,en alle tonge dieselfde lof besing.Ons glo in die Heerskappy van God – die dag van die groot Fiestawanneer al die kleure van die skepping ‘n harmonieuse reënboog sal vorm, wanneer allemense sal deelneem aan ‘n vreugdevolle feesmaal, wanneer alle tonge van die heelal dieselfdelied sal sing.En omdat ons glo, verbind ons onsom te glo vir hulle wat nie glo nie, om lief te hê vir hulle wat nie liefhet nie,om te droom vir hulle wat nie droom nie,tot die dag wanneer hoop ‘n werklikheid word.AMEN.

DANKOFFERS

Aankons

Data Debietorders >>> Bets Mense wat deur versorging > Bets Kontak: gedruk NUWE Lidmate welkom in Kapel na die tyd! NEEM Kalender en Lynnwooorde Pannekoek en Muffins vir Jakaranda Kinderhuis

Page 4: Vooraf: (8:54) - api.ning.com file · Web viewAl was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. (Jes 1:18)

Maartje > Video en daarna gesprek: Hoe kan mense help? Ivt Verduidelik dat kerk nou alleen verantwh neem vir fondse!

SLOTLIED:

LB 464 : 3 U Seun word mens; in ons gebroke wêreldkom vestig Hy sy koningheerskappy.Hy maak weer heel wat sonde hier gebreek het.Hy bring weer hoop en redding - ook vir my.

Refrein:Dan moet ek juig, my Redder en my God!Hoe groot is U; hoe groot is U!Want deur die hele skepping klink dit saam:

hoe heerlik, Heer, u grote Naam!

LB 464 : 4U maak ons deel van al u grootse werke.U laat ons bid, Heer, dat u ryk mag kom.En kom U weer, in heerlikheid op wolke,maak U volkome nuut u eiendom.

Refrein:Dan moet ek juig, my Redder en my God!Hoe groot is U; hoe groot is U!Want deur die hele skepping klink dit saam: hoe heerlik, Heer, u grote Naam!

Seën: IvT

May the beauty of God amaze us with joy.

May the oneness of GodKeep us balanced and free.

May the Goodness of GodGive us courage and strength.

May God’s coming in ChristHold us in Light and in dark.

May the dying of ChristLead us in Light

May the Rising of ChristRemake us in Light

May the Wisdom of the WordMake us supple and kind.

May the truth of God’s SpiritTend the place of our hearts.

May the Mystery of Gods dream Draw us to DO and to BE.

And mat the Blessing of God,Father, Son, and Holy Spirit,Shape our lives now

Page 5: Vooraf: (8:54) - api.ning.com file · Web viewAl was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. (Jes 1:18)

And in all times to come.

Amen

Page 6: Vooraf: (8:54) - api.ning.com file · Web viewAl was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. (Jes 1:18)

Goddelike Skoonheid verlig Menslike Gebrokenheid

Die Skepping is toonbeeld van skoonheid. Die Gees van God het oor die onbewoonbare aarde gesweef, toe het God lig geskep en gesê dit is goed! Die skoonheid van die skepping het ontvou van die een skeppingsdag na die ander... elke keer het die Kunstenaar van Skepping terugstaan en sê: Dit is baie goed!

Gen 2:9 vertel oor die skepping: Die Here God het verder allerlei bome, mooi om na te kyk en lekker om van te eet, uit die grond laat uitspruit...

Hierdie Skoonheid/ “Beauty” is ‘n inherente eienskap van die skepping omdat dit die vingermerke van God op het. Berge, bome, blomme, grasse, voëls en diere stal die skoonheid van God uit. Die mens kom dan op die toneel as kroon van die skepping met asemrowende skoonheid omdat hy na die beeld van God geskep is.

Maar dan word die skoonheid van skepping bedreig deur die diep donker van die kwaad! Die sondeval het die skoonheid van die skepping ingrypend geskaad, maar nie vernietig nie. Selfs die beeld van God in die mens is geskaad maar nie vernietig nie!

Kuns het die krag om die skone, maar ook die gebroke kant van die werklikheid uit te druk. Pablo Picasso het gesê: “Art is the lie which makes us realise the truth”.

In sy skildery Guernika beeld hy die liederlike waarheid van die gebroke skepping uit as hy die lyding van die Tweede wêreldoorlog op doek vasvang: liggaamsdele is uitmekaar te trek en te verstooi. Die kyker hoor as’t ware die krete van die mense se geskreeu. Selfs die natuur in die vorm van die perd ly. Alles is stukkend...selfs lelik.

In sy boek On Beauty van Umberto Eco skryf hy dat die lelikste van die lelikste nie dinge uit die natuur is wat ons nie van hou nie – paddas, monsters, likkewane en slange – nie. Dit is die walging van egoïsme met sy verraderlike kyk en misdaad! Die lelikste van die lelikste is die geweld van egoïsme!

Hierdie egoïsme (selfgerigtheid) het die skepping geskaad! Nou ly almal!

Page 7: Vooraf: (8:54) - api.ning.com file · Web viewAl was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. (Jes 1:18)

Hoe gaan die skoonheid van die skepping ooit herstel word? Wat kan God doen om die liederlike egoïsme te vernietig?

Deur presies die teenoorgestelde te doen... Homself te gee! Prys te gee, op te offer!

Picasso se kruisiging verwoord eintlik die diep Antwoord van God op die gebroke wêreld.

Picasso skilder sy kruistoneel met swart en rooi en sentraal die oopgesperde mond van Jesus wat uitroep. Jesus word deel van hierdie verskeurdheid en menslike wreedheid waar liggaamsdele oral verstrooi word soos in die Guernika!

God se antwoord op die stukkende wêreld is om self gebreek te word. Op die skildery word met bloedrooi en pikswart gemeng maar op die Goddelike palet gee die twee kleure saam: sneeuwit! Die mooi rooi meng met lelike swart en verkleur na die wonderlike wit.

Alle vorige prente gemaklike prente van skoonheid word uitmekaar geskiet....

In Jes 53:2-4 se grusame beskrywing word die lydende dienaar uitgebeeld as iemand wat nie skoonheid en prag gehad het nie, mense sou nie na hom wou kyk nie, ‘n man van lyding wat pyn geken het....soveelso dat mense hulle gesig vir hom weggedraai het! Jesus sluit by dié prentjie aan as hy aarde toe kom

Hebr 2 en 4: Omdat Hy self gely en versoek is, kan hy ons help as ons ly en versoek word.

Hy sweet bloed as hy intense angs beleef sodat hy ment ons intense angs en bloedsweet kan meng om wit te word!

Page 8: Vooraf: (8:54) - api.ning.com file · Web viewAl was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. (Jes 1:18)

Hy is verag verwerp en ook verraai deur sy vriende sodat hy sy Goddelike Rooi met ons swart kan meng om wit te gee...

Plato skryf dat die siel ontwaak in die teenwoordigheid van Skoonheid. Dis presies wat gebeur as God meng hom met menslike lyding!

Die Goddelike kuns van Gologota skep wit, om mense te verlig! Sodat hulle duister verdryf kan word, heling kan beleef en die mooi uit die lelike navore kan kom.

God skep ‘n nuwe Skoonheid: Goddelike Skoonheid! Griekse skoonheid het gesoek na perfekte vorm en harmonie maar God het ‘n ander vorm van skoonheid. Hier kom skoonheid na vore uit die gegeselde Christus, gekroon met dorings, met uitdrukking van pyn en lyding gekruisig word!

So het Paulus ook in die Gekruisigde God se swakheid, skoonheid vind! God omarm ons gebrokenheid en dit word mooi!

Skoonheid is nie perfeksie nie maar ‘n verhouding! ‘n Musiekstuk kan met tegniese perfeksie uitgevoer word, maar sonder hart kommunikeer dit nie.

Hierdie foto van Ockert Pistorius is eintlik so mooi! Hoekom is dit mooi? Nie die perfeksie nie, maar die hart, die goedheid, die verhouding, die eenwees, daarwees, liefde! Dis skoonheid wat oorvloei om die gebroke te genees....

...die siel ontwaak in die teenwoordigheid van Goddelike Skoonheid.

Goddelike Skoonheid gee homself. In Goddelike skoonheid is daar Goedheid en liefde van God wat deel word van die gebroke werklikheid...

Geen wonder dat die Psalmdigter in ps 27:4 uitroep: Behold the Beauty of the Lord!

Maartje vertel verder hoe Goddelike Skoonheid menslike gebrokenheid verlig!

Page 9: Vooraf: (8:54) - api.ning.com file · Web viewAl was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. (Jes 1:18)

SLOT

Die eerste skeppingswoord van God was “LIG”! Lig wat duisternis verdryf het. Lig is die Skoonheid wat verskeidenheid kleure laat blom en alles in eenheid en harmonie laat saam dans.

Goddelike Skoonheid verlig jou siel, jou diepste wese ontwaak!. Dan gaan ons oë oop om die skoonheid op duisende plekke te sienDan gaan ons harte oop om God se lig te bring waar ons donkerte sien

Daar waar jy lig bring, is jy ‘n kunswerk van God se Skone Kuns!