voorbereidende eksamen · web viewverskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae...

29
VOORBEREIDENDE EKSAMEN GRAAD 12 LEWENSWETENSKAPPE V2 SEPTEMBER 2019 PUNTE: 150 TYD: 2½ UUR Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Upload: others

Post on 25-Feb-2021

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

VOORBEREIDENDE EKSAMEN

GRAAD 12

LEWENSWETENSKAPPE V2

SEPTEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2½ UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 2: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 2 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.

2.

3.

4.

Beantwoord AL die vrae.

Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK.

Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

5.

6.

7.

8.

Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

9.

10.

11.

MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig.

Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 3: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 3 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

1.1.1 Watter van die volgende verwys na die onvermoë van chromosoompare om gedurende meiose l te verdeel?

ABCD

'n GeenmutasieOorkruisingNie-disjunksieKloning

1.1.2 Die drie molekules wat 'n nukleotied vorm is ...

ABCD

water, suiker en 'n fosfaatgroep. 'n stikstofbasis, water en suiker.'n fosfaatgroep, suiker en 'n stikstofbasis.water, 'n stikstofbasis en 'n fosfaatgroep.

VRAAG 1.1.3 TOT 1.1.5 IS OP DIE TABEL HIERONDER GEBASEER:

In 'n sekere plantspesie is die gene vir verskillende stamkleure onafhanklik van die gene vir planthoogte. Die simbole vir die allele van die twee gene word hieronder getoon.

STAMKLEUR PLANTHOOGTEB: swart T: lankb: rooi t: dwerg

Plant 1 is lank en het 'n swart stam. Plant 1 het 'n ouer wat 'n dwergplant is met 'n rooi stam.

1.1.3 Watter van die volgende verteenwoordig die fenotipe van 'n plant met genotipe BBtt?

ABCD

Lang plant met 'n swart stamDwerglant met 'n swart stamLang plant met 'n rooi stamDwergplant met 'n rooi stam

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 4: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 4 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

1.1.4 Wat is die genotipe van plant 1?

ABCD

BBTTbbttBbTtBBTt

1.1.5 Wat is die moontlike gamete van die plant met genotipe BbTt?

ABCD

BT; BT; bt; btB; b; T; tBT; Bt; bT; btB; B; T; T

1.1.6

Daar is in 'n ondersoek gevind dat 10% van die basisse in 'n DNS/DNA-molekule timien is.

Wat is die verhouding van timien teenoor guanien in dieselfde molekule?

A 1:2B 1:3C 1:1D 1:4

VRAAG 1.1.7 TOT 1.1.10 IS OP DIE ONDERSOEK HIERONDER GEBASEER:

Wetenskaplikes het die weerstand van muskiete teen DDT ondersoek.

Die volgende stappe is gevolg:

Hulle het 'n monster muskiete in die omgewing gevang Die muskiete is toe aan 'n standaard dosis van DDT (4% DDT vir 1

uur per dag) in die laboratorium blootgestel 'n Monster is elke twee maande uit hierdie populasie geneem Die aantal muskiete wat doodgegaan het, is getel Die wat oorleef het, is gelos om voort te plant Dieselfde prosedure is gevolg oor 'n tydperk van 16 maande

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 5: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 5 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

Die resultate word in die tabel hieronder getoon:

TYD (In Maande)

MORTALITEIT VAN MUSKIETE (%)

0 952 874 806 698 60

10 5412 3514 2716 22

1.1.7 Uit hierdie resultate kan mens met redelikheid tot die gevolgtrekking kom dat ...

A

B

C

D

die muskiete GEEN weerstand teen die DDT getoon het nie, en dat hulle getalle afgeneem het.die muskiete 'n weerstand ontwikkel het teen DDT deur natuurlike seleksie, en dat hulle getalle toegeneem het.die afname in die DDT-konsentrasie die muskiete toegelaat het om te oorleef, en dat hulle getalle toegeneem het.'n paar van die weerstandige muskiete aangepas het in die nuwe omgewing, en dat getalle toegeneem het.

1.1.8 Watter stappe moet die wetenskaplikes neem om die geldigheid van die ondersoek te verbeter?

A

B

C

D

Gebruik 'n groot monster muskiete EN herhaal die ondersoekGebruik dieselfde muskietspesie EN laat dieselfde wetenskaplike die telling van die dooie muskiete doenGebruik verskillende laboratorium toestande EN dieselfde muskietspesieGebruik verskillende muskietspesies EN dieselfde konsentraat DDT

1.1.9 Watter van die volgende is die onafhanklike veranderlike in hierdie ondersoek?

ABCD

Die aantal muskiete wat oorleefDie aantal muskiete wat dood isDie tydsduur van die ondersoek in maandeDie tydsduur per dag aan DDT blootgestel

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 6: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 6 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

1.1.10 Die volgende stappe is gedurende die ondersoek geneem:

(i)(ii)(iii)(iv)

(v)

Die eerste monster muskiete is versamelDie DDT-dosis is voorbereiBesluit waar om die muskiete te versamel'n Metode hoe om die muskiete te versamel, is vasgestelDie data is in 'n tabel weergegee

Watter van bogenoemde stappe vorm deel van die beplanningsstappe van die ondersoek?

ABCD

(i) tot (v)Slegs (ii), (iii), (iv) en (v)Slegs (ii), (iii), en (iv)Slegs (iii), (iv) en (v)

(10 x 2) (20)

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDBOEK neer.

1.2.1

1.2.2

1.2.3

1.2.4

1.2.5

1.2.6

1.2.7

1.2.8

1.2.9

1.2.10

Ongedifferensieerde diereselle wat aan gespesialieerde selle oorsprong kan gee

'n Genetiese kruising wat slegs een eienskap behels

Die manier van loop op al vier ledemate

Tipe variasie in 'n bevolking waarin daar 'n reeks intermediêre fenotipes is

Die proses waar gene van een organisme na 'n ander organisme se genoom oorgeplant word

'n Gesig met die kake uitwaarts projekteer

Posisie van 'n geen op 'n chromosoom

Die binding tussen aminosure in 'n proteïenmolekule

Verspreiding van spesies in verskillende dele van die wêreld

Chromosoomtoestand in 'n sel wat 'n enkel stel chromosome het (10)

1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I op SLEGS A, SLEGS B,

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 7: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 7 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II van toepassing is nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.

KOLOM I KOLOM II1.3.1 'n Eienskap van Ardipithecus A: Teenoorgestelde duim

B: Stereoskopiese visie1.3.2 'n Diagram wat gebruik word

om die evolusionêre verhoudings en eienskappe tussen verskillende spesies te verteenwoordig

A: Filogenetiese stamboomB: Kladogram

1.3.3 'n Enkele chromosoom van elke paar beweeg na een pool en die ander chromosoom van die paar beweeg na die teenoorgestelde pool

A: Anafase IB: Anafase II

(3 x 2) (6)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 8: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 8 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

1.4 Die diagram toon die proses van proteïensintese.

1.4.1

1.4.2

1.4.3

Identifiseer die volgende:

(a) Struktuur Q

(b) Molekule R

(c) Stikstofbasis S

(d) Struktuur W

Noem die gedeelte van proteïensintese wat deur proses A voorgestel word.

Skryf die basis volgorde van die antikodon V neer.

(1)

(1)

(2)

(1)

(1)

(2)(8)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Proses A

Q

R

S

Proses B

W

V

Page 9: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 9 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

1.5 Die diagramme hieronder verteenwoordig chromosome gedurende meiose.

1.5.1

1.5.2

1.5.3

Benoem deel:

(a) X

(b) Y

Gee die LETTER van die diagram wat die volgende verteenwoordig:

(a) Oorkruising

(b) Chromosome aan die einde van meiose II

(c) Homoloë chromosome voor oorkruising

Gee EEN rede waarom oorkruising belangrik is.

(1)

(1)

(1)

(1)

(1)

(1)(6)

TOTAAL AFDELING A: 50

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 10: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 10 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Drie babas is per ongeluk in die hospitaal omgeruil. Bestudeer die diagram hieronder wat die DNS/DNA-profiele van die ouers en die babas toon en beantwoord die vrae wat volg.

DNS/DNA-PROFIELE VAN OUERS EN BABAS

2.1.1

2.1.2

2.1.3

Wat is DNS/DNA-profilering?

Baba 2 is deur die Taylor's grootgemaak. Verduidelik waarom Baba 2 moontlik nie hulle kind is nie.

Verduidelik EEN voorsorgmaatreël wanneer daar met DNS/DNA-monsters in die laboratorium gewerk word.

(2)

(3)

(2)(7)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 11: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 11 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

2.2 Die volgende volgorde verteenwoordig drie b-RNS/m-RNA kodons.

AGA AUA GGA

Die tabel hieronder toon die aminosure wat ooreenkom met verskillende DNS/DNA-basisvolgorde.

AMINOSUUR DNS/DNA-KODEIsoleusien TAAGlisien CCTIsoleusien TATArginien TCT

2.2.1

2.2.2

2.2.3

Skryf die korrekte volgorde vir aminosure vir die drie b-RNS/m-RNA kodons van links na regs, neer.

'n Mutasie het veroorsaak dat kodon AUA na AUU verander.

Beskryf hoe hierdie mutasie die vorming van die proteïen sal beïnvloed.

Beskryf die proses van translasie.

(2)

(3)

(6)(11

)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 12: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 12 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

2.3 Lees die volgende uittreksel.

Seesterre het 'n 'supervinnige biologiese evolusie' ondergaan

(In die afgelope 6 000 tot 22 000 jaar het 'n nuwe spesie ontstaan)

Twee spesies van Cryptasterina seesterre word gevind aan die kusgebied van Australië. Cryptasterina pentagona word gevind in warmer water verder noord, terwyl Cryptasterina hystera in die verder suidelike koue water gevind word.

C. pentagona het twee aparte geslagte, manlike en vroulik, wat sperm en eiers in die water vrystel om te bevrug en larwes te word. Hierdie larwes dryf in die water rond voordat dit tot stilstand kom en vestig om tot volwasse seesterre te groei.C. hystera is tweeslagtig wat hulle kleintjies binne in die liggaam broei en geboorte skenk aan klein seesterretjies wat dan ontwikkel tot volwassenes.

Navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie twee spesies van 'n onlangse voorvader afstam deur natuurlike seleksie. Hulle glo dat oor duisende jare heen die see-omgewing verander het met die grenslyn tussen warm en koue water wat verder noord beweeg. Hulle het ook bevind dat water temperatuur en predasie van seesterlarwes deur roofvisse belangrike seleksiedruk faktore vir hierdie seesterre is.

[Verwerk uit: www.livescience.com/sea-stars-fast-evolution]

2.3.1

2.3.2

Definieer biologiese evolusie.

Gebruik die teorie van evolusie deur natuurlike seleksie om te verduidelik waarom slegs die C. Hystera aangetref word in die koeler Australiese water en nie C. Pentagona nie.

(2)

(6)(8)

2.4 Noem DRIE voortplanting isolasie meganismes wat 'n rol kan speel om spesies apart te hou. (3)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Page 13: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 13 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

2.5 Die volgende diagram illustreer die evolusie teorie deur gepunte ewewig.

2.5.1 Gee die name van TWEE wetenskaplikes wat hierdie teorie geformuleer het. (2)

2.5.2

2.5.3

Verduidelik die tendens wat in hierdie grafiek waargeneem kan word.

Noem EEN ooreenkoms tussen die teorie van gepunte ewewig en die teorie van ewewig.

(4)

(1)(7)

2.6 Lamarckisme verwys na die teorie van evolusie deur Jean Baptiste de Lamarck.

2.6.1

2.6.2

Stel die TWEE beginsels (wette) wat Lamarck gebruik het om te verduidelik hoe evolusie plaasvind.

Noem TWEE redes hoekom meeste wetenskaplikes hierdie teorie verwerp.

(2)

(2)(4)

[40]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Spesie 3

Evolusie

Tyd

Spesie 1

Spesie 2

Page 14: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 14 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

VRAAG 3

3.1 Die diagram verteenwoordig die bokaak, skedel en bekkengordel van die moderne mens en die Afrika-aap. Die diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE.

ORGANISM UPPER JAW SKULL

(BOTTOM VIEW)

PELVIC GIRDLE

A

B

3.1.1 Watter organisme het 'n bekkengordel vir tweevoetigheid/bipedalisme? (1)

3.1.2 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 3.1.1. (2)

3.1.3 Tabuleer DRIE sigbare verskille tussen die bokaak van organisme A en B. (7)

3.1.4 Verduidelik die betekenis van bipedalisme vir homoniede. (4)(14)

3.2 Noem DRIE eienskappe van die boonste ledemate wat die mens met die Afrika-ape deel. (3)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

ORGANISME SKEDEL(ONDER AANSIG)

BOKAAKBEKKEN-GORDEL

Foramen magnum

Foramen magnum

Page 15: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 15 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

3.3 Die diagram toon die moontlike verwantskappe tussen spesies van die hominiede.

3.3.1 Noem die familie waaraan al die hominiede in hierdie diagram behoort. (1)

3.3.2 Noem die DRIE Genera wat gedurende die afgelope 4,5 miljoen jaar ontwikkel het. (3)

3.3.3 Noem die mees onlangse voorvader van H. Erectus volgens die diagram. (1)

3.3.4 Noem TWEE Australopithecus fossiele wat in Suid-Afrika gevind is. (2)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Milj

oene

jare

gel

ede

Page 16: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 16 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

3.3.5

3.3.6

3.3.7

Watter van die hominiede in die diagram hierbo word gereken as die eerste wat gereedskap gebruik het?

Noem die paleontoloog wat die eerste Ardipithecus sp. ontdek het.

Beskryf TWEE tydlyne van bewyse wat die idee dat die menslike bevolking sy oorsprong op die Afrika-kontinent het, ondersteun. (2 x 2)

(1)

(1)

(4) (13)

3.4

3.4.1

3.4.2

'n Wyfiekat met 'n skilderkleur word gekruis met 'n oranje mannetjieskat.

Toon die genetiese kruising tussen die twee katte en bepaal die fenotipiese verhouding van die F1-generasie.

(Gebruik XB, XO en Y.)

Verduidelik waarom die manlike katjies nooit die skilderkleur kan hê nie.

(7)

(3)(10)[40]

TOTAAL AFDELING B: 80

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Die oorerwing van pelskleur by katte is geslagsgekoppel. Die skilderkleur van katte is 'n kombinasie van swart en oranje pels. Die allele vir swart pels word deur XB verteenwoordig en die allele vir oranje pels word deur XO verteenwoordig.

WENK: Die geslagschromosoom/gonosome in katte word op dieselfde manier as by mense oorgeërf.

Page 17: VOORBEREIDENDE EKSAMEN · Web viewVerskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer

Lewenswetenskappe V2 17 VS/September 2019Graad 12 Voorb. Eksam.

AFDELING C

VRAAG 4

Menslike bloedgroepe word beheer deur die teenwoordigheid van verskillende allele. Elke persoon het slegs twee allele in hulle DNS/DNA wat vir 'n bloedgroep kodeer.

Beskryf hoe allele vir verskillende bloedgroepe in mense kodeer deur verskillende tipes dominansies. Verduidelik ook hoe die analise van bloedgroepe gebruik kan word om vaderskap te bepaal.

Inhoud: Sintese:

(17)(3)

(20)

LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van tabelle, vloeidiagramme of diagramme toegeken word NIE.

TOTAAL AFDELING C:GROOTTOTAAL:

20150

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief