voorsitter: walter kurten sel: 082 457 1779 sekretaresse ... 1 2017_cd.pdf · voorsitter: walter...

6
Voorsitter: Walter Kurten Sel: 082 457 1779 Sekretaresse: Lana Pepler Sel: 082 335 4874 Tesourier: Hettie Jooste Sel: 084 589 0101 Adres: Posbus 25, Oesterbaai 6305 Dagsê aan al die Oesterbaaiers En so het die eerste helfte van 2017 alweer by ons verbygegaan en ons hoop dat dit goed gaan met u almal. Gelukkig lê die winter amper op sy rug en oral in die natuur begin die tekens van 'n nuwe lente vir ons loer en daarom deel ek graag hierdie met u: ek stuur vir jou 'n boodskap met die grys duif om my dak met die oostewind wat roer in die olyfboom se tak dalk is dit woorde wat jy kry, dalk maak 'n blommetjie jou bly dalk.....net dalk hoor jy vandag hoe vrolik die katjiepiering voor die deur kan lag! (Freda Schoeman) Ook hier in Oesterbaai het die lewe nie stilgestaan nie en ons lig julle graag in aangaande gebeure gedurende die afgelope paar maande in ons dorp! SAND DUNES OVERRUNNING BRANDER STREET AND REPAIRS TO THE SLANG RIVER MOUTH During the Annual General Meeting in December 2016 Joe Meyer gave a detailed report re the work that was done during 2016. With limited funds available, Joe commenced with the work in April 2017 and reported as follows: I have moved more sand with funds we got from the residents and I did a lot of rehabilitation in all the affected areas. The following photos will tell the story: You will see that the large dune has been reduced as well

Upload: others

Post on 19-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Voorsitter: Walter Kurten Sel: 082 457 1779 Sekretaresse ... 1 2017_CD.pdf · Voorsitter: Walter Kurten Sel: 082 457 1779 Sekretaresse: Lana Pepler Sel: 082 335 4874 Tesourier: Hettie

Voorsitter: Walter Kurten Sel: 082 457 1779 Sekretaresse: Lana Pepler Sel: 082 335 4874 Tesourier: Hettie Jooste Sel: 084 589 0101 Adres: Posbus 25, Oesterbaai 6305

Dagsê aan al die Oesterbaaiers En so het die eerste helfte van 2017 alweer by ons verbygegaan en ons hoop dat dit goed gaan met u almal. Gelukkig lê die winter amper op sy rug en oral in die natuur begin die tekens van 'n nuwe lente vir ons loer en daarom deel ek graag hierdie met u: ek stuur vir jou 'n boodskap met die grys duif om my dak met die oostewind wat roer in die olyfboom se tak dalk is dit woorde wat jy kry, dalk maak 'n blommetjie jou bly dalk.....net dalk hoor jy vandag hoe vrolik die katjiepiering voor die deur kan lag! (Freda Schoeman) Ook hier in Oesterbaai het die lewe nie stilgestaan nie en ons lig julle graag in aangaande gebeure gedurende die afgelope paar maande in ons dorp! SAND DUNES OVERRUNNING BRANDER STREET AND REPAIRS TO THE SLANG RIVER MOUTH During the Annual General Meeting in December 2016 Joe Meyer gave a detailed report re the work that was done during 2016. With limited funds available, Joe commenced with the work in April 2017 and reported as follows: I have moved more sand with funds we got from the residents and I did a lot of rehabilitation in all the affected areas.

The following photos will tell the story:

You will see that the large dune has been reduced as well

Page 2: Voorsitter: Walter Kurten Sel: 082 457 1779 Sekretaresse ... 1 2017_CD.pdf · Voorsitter: Walter Kurten Sel: 082 457 1779 Sekretaresse: Lana Pepler Sel: 082 335 4874 Tesourier: Hettie

The funds have dried up for moving the rest of the sand .

We still have to clear Brander Street in two areas which include from my house to Johan Bouwer’s house and also

on the other side of Johan Bouwer’s house to the Branstettor’s house.

We have requested funds/equipment for three weeks to complete all the sand movement to open Brander Street

in the Kouga Budget for 2017/18 which will be finalised at the end of May 2017. If we can get the equipment,

then I can finish the job quickly and open the road for use again.

The rehabilitation went well and with the rain that have fallen so far, a lot have started to grow.

I have opened the Slang River mouth again as no water has flown in the river since October 2016. It is however

open if any heavy rain falls soon. The sand bag wall for which we had bags have been completed

WATERVOORSIENING Ten spyte van die onlangse reën is Oesterbaai se waterbronne nog steeds onder groot druk. Die OIV Bestuur het omvattende voorstelle betreffende die watervoorsiening in Oesterbaai/Umzamowethu aan die Munisipale amptenare en betrokke raadslede gemaak, o.a. dat 2 addisionele boorgate benodig word. Raadslid Diana Biggs het ons onlangs meegedeel dat die twee boorgate goedgekeur is en in Desember hierdie jaar gesink en in werking behoort te wees. As gevolg van die ernstige droogte en die Kouga-raad het die munisipale area reeds in Mei tot plaaslike rampsgebied verklaar. Hiermee 'n berig wat op 2 Augustus in die Our Times gepubliseer is:

Page 3: Voorsitter: Walter Kurten Sel: 082 457 1779 Sekretaresse ... 1 2017_CD.pdf · Voorsitter: Walter Kurten Sel: 082 457 1779 Sekretaresse: Lana Pepler Sel: 082 335 4874 Tesourier: Hettie

VULLISSTORTINGSTERREIN Die OIV het oor die jare verskeie vertoë tot die Munisipaliteit oor die onaanvaarbare stand van ons afvalstortingsterrein, gerig. Dit is aangenaam om te berig dat konstruksie aan die nuwe stortingsterrein in aanvang geneem het. Die DA Munisipale Raad het ‘n kundige op die gebied van afvalbestuur betrek, met wie ons samesprekings gevoer het. Na verneem word sal elke eiendom met ‘n vullishouer met ‘n deksel voorsien word. Skeiding en herwinning van afval word ook as ‘n groot prioriteit beskou en dit word in die vooruitsig gestel om daardeur werk vir ‘n plaaslike inwoner te skep. In die verlede het ons verskeie versoeke gerig dat u, wanneer u Oesterbaai vir 'n vakansie of naweek besoek, u nie u vullissakke op die sypaadjie voor u huis laat nie. Vullisverwydering word net op Donderdae gedoen en indien die sakke oornag, of vir 'n paar dae, op die sypaadjies staan, is die enigste herinnering wat ons aan die vakansie- en naweek-gangers het, rommel wat die hele wêreld vol lê aangesien die apies, muishonde en rondloperhonde die sakke plunder. Indien dit vir u moeilik is om die sakke na die vullisstortingsterrein te neem voor u vertrek en u nie 'n toe asblik beskikbaar het nie, versoek ons u vriendelik om dan die sakke in een van die blou asdromme wat ons oral in die dorp aangebring het, te plaas. SKOONMAAK VAN ERWE. Die onlangse brande in Knysna, Thornhill en by Woodridge College en die tragiese gevolge daarvan, is nog vars in ons almal se geheue en dit is noodsaaklik dat ons, as Oesterbaaiers, alles in ons vermoë doen om te verhoed dat so 'n traumatiese ramp ons dorp tref. Die Kouga Munisipaliteit, op versoek van die OIV, is tans in die proses om aan eienaars met erwe wat oorgroei is, kennis te gee om die erwe te laat ontbos. Ons wil graag alle eienaars wie se erwe oorgroei is, versoek om dringend hieraan aandag te gee. Ons doen ‘n ernstige beroep op alle huiseienaars om erwe naby aan u eiendom wat moontlik 'n brandgevaar mag inhou, om dit dringend te rapporteer. U kan skakel met Mev J Maddatt by 073 075 2279 of per e-pos by [email protected]. Dit is bemoedigend om te rapporteer dat goeie samewerking van die Munisipaliteit in die verband verkry is.

Page 4: Voorsitter: Walter Kurten Sel: 082 457 1779 Sekretaresse ... 1 2017_CD.pdf · Voorsitter: Walter Kurten Sel: 082 457 1779 Sekretaresse: Lana Pepler Sel: 082 335 4874 Tesourier: Hettie

LIDMAATSKAP VAN DIE OESTERBAAI INWONERSVERENIGING ‘n Ernstige beroep word weereens gedoen op alle eienaars/inwoners of enige ander persone wat die belange van Oesterbaai op die hart dra, om as lede van die Vereniging te registreer. Soos reeds in die verlede genoem dra Oesterbaai minder as 1% by ten opsigte van Kouga Munisipaliteit se begroting en indien ons as eienaars/inwoners nie self verantwoordelikheid neem nie, gaan ons dorp definitief stagneer. Ons herinner graag bestaande lede daaraan dat lidmaatskapgelde vir 2017 reeds vanaf 1 November 2016 betaalbaar was en indien u ledegeld nog uitstaande is, sal betaling waardeer word. Lidmaatskapgelde is steeds R50/persoon. Dit beteken dat indien daar meer as een persoon in die huishouding is wat ouer as 18 jaar is en graag sy/haar deel vir ons mooi dorp wil doen, elkeen R50 kan betaal. Inbetalings kan by Hettie Jooste gedoen word of u kan dit ook direk in ons rekening inbetaal met u naam en erfnommer as verwysing. Bankbesonderhede ABSA BANK

Tak : 632 005 Rekening no. : 405 217 8885

Stuur asseblief bewys van betaling aan Hettie by [email protected] KERSMARK – DESEMBER 2016 Verlede jaar se Kersmark was baie gewild. Ons begin reeds beplan om vanjaar s'n nog beter te maak. Diegene wat

daarin belangstel om ’n tafel te bespreek, kan solank vir Riekie Pienaar by 082 822 6574 skakel. Enige voorstelle in

die verband sal baie waardeer word.

Page 5: Voorsitter: Walter Kurten Sel: 082 457 1779 Sekretaresse ... 1 2017_CD.pdf · Voorsitter: Walter Kurten Sel: 082 457 1779 Sekretaresse: Lana Pepler Sel: 082 335 4874 Tesourier: Hettie

T-HEMDE Baie Oesterbaaiers het gedurende die 2016 Desembervakansie ewe spoggerig in hul Oesterbaai T-hemde rondgestap en ons kan met trots berig dat hierdie projek voorwaar baie suksesvol was. Daar is nog heelwat T-hemde beskikbaar en indien u belangstel, kontak gerus vir Hettie by 084 589 0101 of [email protected]. OESTERBAAIERS IN DIE NUUS Pieter du Preez Pieter du Preez is 'n klompie jare gelede ernstig beseer nadat 'n motor hom van sy fiets afgery het en is

sedertdien 'n kwadrupleeg, maar het voorwaar nie opgegee nie en het reeds verskeie prestasies behaal.

Na 'n uitblinkjaar, word hy genomineer vir 'n Laureus World Sport Award en woon die toekenningseremonie in

Berlyn op 18 April 2016 by (foto). Die toekenning is vir die volgende prestasies:

Wen 4 maratons (Berlyn Marathon 4de jaar in 'n ry);

5 Afrika rekords en die wêreldrekord in die 10 000m op die atletiekbaan;

Onoorwonne die jaar as dubbel wêreldkampioen in fietsry;

Hy voltooi ook sy 3de Ironman kompetisie, steeds die enigste kwadrupleeg in die geskiedenis.

Dit was vir hom en sy gesin baie spesiaal om op wêreldvlak as atleet erken te word!

Hy het ook in Maart vanjaar die Robbeneiland na Kaap 8km swem in 3 uur 17 minute voltooi, die eerste spinaal

beseerde in die geskiedenis om dit te doen.

En dan, om die kersie op die koek te sit, het Pieter en Illse onlangs die trotse ouers van 'n babaseuntjie (Pietman)

geword.

Baie geluk Pieter! ons Oesterbaaiers is trots om jou as deel van die gemeenskap te hê!

Actual Ironman race footage: 5min https://www.youtube.com/watch?v=3n5rCZBJfJY&feature=youtu.be Robbeneiland swem https://youtu.be/Fi6Aq_EJldg Lizelle Els se avontuurlike stap in die Himalayas Op 10 April vertrek ons vol moed na Nepal, om groot hoogtes te bereik, min wetende wat op ons wag! 11 April arriveer ons in die besige Kathmandu – die hoofstad van Nepal. Hoe sou mens Kathmandu beskryf anders as totale chaos, kosmopolitaans, stof, karre, fietse, motorfietse mense en beeste almal gelyk op die paaie met geen reëls. Stupas en eienaardige beelde wat al die Hindu en Boedha gode uitbeeld. 13 April vlieg ons na Lukla wat 2840m hoog is met ‘n 400 meter aanloopbaan reguit in die berg in – dit is vreesaanjaend. Ons ontmoet ons 2 portiere en Nara, ons gids. Daarna durf ons die berg aan. Ons stap die 1ste dag tot by Phakding, waar ons oornag in een van die “tea houses” - basiese akkommodasie, maar daar is ‘n eetvertrekkie wat warm gemaak word met ‘n vuur van yak mis, en ‘n basiese menu van sop en noodles…

Die Langenhoven familie

Die Van Rensburg familie

Page 6: Voorsitter: Walter Kurten Sel: 082 457 1779 Sekretaresse ... 1 2017_CD.pdf · Voorsitter: Walter Kurten Sel: 082 457 1779 Sekretaresse: Lana Pepler Sel: 082 335 4874 Tesourier: Hettie

Die volgende oggend pak ons die groot stap aan na Namche Bazaar. Die paadjie is steil, die hangbruggies met vlaggies hoog en ons moet kort-kort uit die pad staan vir die yak’e en muile wat gelaai is met voorrade, om nie te praat van die klein, kort mensies wat met tot 80 kg op hul rûe by ons verbykom nie. Ons styg oor die 800 meter in een dag en die lugdruk begin liggies aan ons longe vat. Ons stap tot by Portche Thenga, oornag daar en besluit om die minder bekende roete te stap na Gokyo Mere i.p.v. Gorak Shep. By beide hierdie punte kan Everest gesien word. Die volgende dag stap ons na Dole waar ons deur ‘n sneeustorm getref word en oornag daar. Op hierdie punt het ons al agtergekom dat ‘n “hot shower” ‘n bak met warm water en ‘n blikbeker in 'n sementkamertjie met temperature so -8 grade is. Almal ontwikkel die “Khumbu cough” en een van die mans in ons geselskap raak al hoe sieker. Die dag daarna bereik ons die pragtige Gokyo mere onder die Ngozumba gletser – die grootste in Nepal – Dit is indrukwekkend. - ons is 4800 meter hoog. Ons bly 2 dae hier oor en besluit om die Cho La pas oor te steek in die rigting van Lobuche, maar dit sneeu so dat dit baie moeilik sou wees om die pas oor te steek en die 3’de persoon in ons geselskap raak al sieker. Ons besluit om terug te draai. Op die 4de dag op ons pad terug reën dit geweldig, die paadjies is glad en modderig en ons vriend kan byna nie meer op sy voete staan weens erge brongitis nie. Laat daardie middag strompel ons in Lukla in, gedaan, maar met ‘n ware lewensondervinding agter ons. Ons vlieg die volgende dag terug vanaf Lukla na Kathmandu, waar ons vriend in die hospitaal opgeneem word. Alles het ‘n gelukkige einde – hy is terug na Suid-Afrika waar hy goed aangesterk het. Ek en Willem het Nepal en Thailand verder verken.

ALGEMEEN

Indien u enige nuuswaardigheid het om met ons te deel of Indien daar enige iets is wat u onder ons aandag wil

bring, kontak asseblief enige een van die komiteelede en ons gee graag aandag daaraan.

Oesterbaaigroete!

Uitvoerende Komitee Oesterbaai Inwonersvereniging N.S. Die OIV Bestuur is in voortdurende kontak met die Munisipaliteit oor ons Dorp. In die volgende uitgawe sal ons meer inligting hieroor met u deel.