vraag 1: wat is bevolkingsdigtheid? - hoërskool...

15

Upload: vannhan

Post on 26-Feb-2019

237 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid?

Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mensedaar in ‘n gebied is.

Vraag 2: Wanneer is dit ‘n ylbevolkte plek?

Ons sê plekke met slegs ‘n paar mense in verhoudingtot die beskikbare grondgebied is ylbevolkte plekke.

Dit is dikwels plekke waar dit moeilik is om te woon.

Dit is gewoonlik plekke met omgewings waar dit tewarm, te koud, te droog, te nat, te ruig of te bergagtigis om te woon.

Vraag 3: Wat is bevolkingsverspreiding?

Bevolkingsverspreiding beskryf die manier waaropmense oor die wêreld se oppervlak versprei is.

Die wêreld se bevolkingverspreiding is oneweredig. (Daar is baie mense in sommige gebiede en min mensein ander.)

Vraag 4: Bespreek AGT feite oor die verspreidingvan mense oor die aardoppervlakte.1. Die meeste mense woon tussen die subtropiese en gematigde

lengtegrade van 20⁰ N en 60⁰ N, en op die rande van kontinente.2. 60% van die wêreldbevolking woon binne 500km van die kus af.3. Mense verkies om in laagliggende gebiede te woon, selfs al is daar ‘n

risiko van oorstroming.4. Meer as 50% van die wêreldbevolking woon in gebiede wat minder as

200m bo seevlak is.5. Dit beteken dat net ‘n biedjie meer as 20% van die aarde se

grongebied mense het wat daarop woon.6. ‘n Groot gedeelte van die ander landstreke is te koud, te warm of te

bergagtig om mense daarheen aan te lok.7. ‘n Groot aantal mense woon in gunstige gebiede van die wêreld.8. Bevolkingverspreiding word met behulp van ‘n stippelkaart

aangedui.

Vraag 5: Wat dui ‘n Choropleetkaart aan en hoe dui hy dit aan?

‘n Choropleetkaart word gebruik ombevolkingsdigtheid aan te dui.

Dit gebruik skakering of kleure om gebiede met dieselfde bevolkingsdigtheid te toon.

Vraag 6: Kyk na figuur 2.1 en sê in watterhemisfeer (halfronte) is die digste bevolkte strekeop aarde?

Mees digbevolkte streke kom in die noordelikehemisfeer voor, bv. Europese lande, Indië en dele van Asië.

Vraag 7: Vind uit watter streke het al ‘n totalebevolking van ‘n biljoen of meer bereik. Maak ‘n lys van die streke en sy totale bevolking.

Suid-Asië (1,5 biljoen)

Oos-Asië (1,5 biljoen)

China (1,371,170,000)

Indië (1,274,730,000)

Vraag 8: Bespreek SES fisiese faktore watbevolkingsverspreiding en –digtheid beïnvloed.1. Toeganklikheid: Bevaarbare riviere en kuslyne wat maklik

bereik kan word, speel ‘n belangrike rol.2. Reliëf: Laagliggende gebiede word verkies eerder as hoë

bergagtige gebiede.3. Grondvrugbaarheid: Hoe vrugbaarder die grond, hoe groter

die opbrengs. As die grond vrugbaar is, kan meer mense ‘n bestaan maak per area.

4. Klimaat: Klimaattoestande wat te nat, te droog, te warm of tekoud is, help nie grootskaalse boerderyaktiwiteite aan nie.

5. Natuurlike plantegroei: ‘n Tekort aan geskikte natuurlikeplantegroei vir weiveld lei tot oorbeweiding en yl bevolking.

6. Die teenwoordigheid van delfstowwe: Die teenwoordigheidvan minerale soos goud, diamante en steenkool in Suid-Afrikahet baie mense gelok.

Vraag 9: Bespreek SES menslike faktore watbevolkingsdigtheid en –verspreiding beïnvloed.1. Tegnologie: In tegnologies gevorderde lande ontwikkel baie

sekondêre en tersiêre bedrywe. Dit dra by tot digtebevolkingskonsentrasies.

2. Godsdienstige en ander kulturele oorwegings: Mense is gelukkigwanneer hulle by ander mense met dieselfde geloofsoortuigings en waardes woon.

3. Geskiedenis: Die opkoms en ondergang van beskawings het die verspreiding van mense beïnvloed.

4. Ekonomiese faktore: Ontwikkelings in mynbou, landbou, besproeiing, hawens, snelweë en infrastruktuur bring ekonomiesevoordele wat mense en besighede lok.

5. Politiek: Regering en plaaslike beleid kan bevolkingsverspreiding en –digtheid beïnvloed. Segregasiebeleide kan bepaal waar mensetoegelaat word om te woon.

6. Demografiese faktore: Natuurlike bevolkingsgroei en bevolkingsbeweging beïnvloed bevolkingsdigtheid en –verspreiding.

Vraag 10: Kyk na die kaarte in jou handboek bl. 154 en 155 en beantwoord die volgende:(a) Benoem 10 lande met die digste bevolking (per km²). Sê wat elke land se bevolking is

per km² is.

1. Monaco (16 135 km²) 6. Bangladesj (1028 km²)

2. Singapoer (7641 km²) 7. Taiwan (709 km²)

3. Malta (1256 km²) 8. Mauritius (660 km²)

4. Maledive (1131 km²) 9. Barbados (649 km²)

5. Bahrein (1095 km²) 10. Nauru (610 km²)

(b) Benoem 10 lande met die ylste bevolking (per km²). Sê wat elke land se bevolking per km² is.

1. Mongolië (1.8 km²) 6. Ysland (2.8 km²)

2. Namibië (2.3 km²) 7. Mauritanië (2.9 km²)

3. Australië (2.6 km²) 8. Libië (3.2 km²)

4. Botswana (2.7 km²) 9. Kanada (3.5 km²)

5. Suriname (2.7 km²) 10. Guyana (3.6 km²)

(c) Het die noordelike of suidelike halfront die digste bevolking?

Noordelike halfront

(d) Gee 2 tipes kenmerke wat by die ylste bevolkte lande voorkom. Kykveral na hulle klimaat.

Dit is gewoonlik plekke met omgewings waar dit te warm, te koud, tedroog, te nat, te ruig of te bergagtig is om te woon.

(e) Watter land het die grootste bevolking in verhouding tot sy grootte? Kan jy moontlike redes hiervoor gee.

Monaco. Dit is baie intensiewe bewoningseenhede.

(f) Watter land het die kleinste bevolking in verhouding tot sy grootte? Kan jy redes gee hoekom?

Mongolië is hoog, koud en droog. Dit ervaar lang koue winters en kortsomers.

Vraag 11: Kyk na die kaarte in jou handboek bl. 154 en 155 en beantwoord die volgende: Vergelyk die ligging van Singapoer, Mongolië en Libië.(a) Watter een sal ‘n ekwatoriale klimaat hê en watter een tropies?

Singapoer – Tropies

Mongolië – Ekwatoriaal

Libië – Ekwatoriaal

(b) Watter een word deur lande omring?

Singapoer – Word nie deur ‘n land omring nie.

Mongolië – Word deur ‘n land omring.

Libië –Word nie deur ‘n land omring nie.

(c) Watter een gematigde somers en winters (maritiem) en wattereen het koue winters en baie warm somers (kontinentaal)?

Singapoer – Het gematigde somers en winters. Mongolië – Het baie koue winters en baie warm somers. Libië – Het gematigde somers en winters.

(d) Watter 2 is naby groot kontinentale woestyne geleë?

Mongolië en Libië.

(e) Watter 2 het toegang tot die see en watter een se klimaat word die meeste geaffekteer deur die invloed van die see?

Singapoer – Het toegang tot die see en word baie geaffekteerdeur die omringende see.

Libië – Het toegang tot die see.