vuurwapens: die a tot z van - phasa...foto: unsplash.com 18 c / 25 c tuis nuus sport sake stemme...

7
1/23/2020 Vuurwapens: Die A tot Z van amnestie | Netwerk24 https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/vuurwapens-die-a-tot-z-van-amnestie-20200122 1/7

Upload: others

Post on 27-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Vuurwapens: Die A tot Z van - PHASA...Foto: Unsplash.com 18 C / 25 C TUIS NUUS SPORT SAKE STEMME VERMAAK DIE STUDENT NW24 TV LEEFSTYL E-PUBLIKASIES S O E K Streeknuus Profiel SKAKELS

1/23/2020 Vuurwapens: Die A tot Z van amnestie | Netwerk24

https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/vuurwapens-die-a-tot-z-van-amnestie-20200122 1/7

NUUSBULLETIN GEWILDSTE

1. SA bly een van korrupste landeter wêreld

2. Parktown-tragedie: Maat‘waarsku’ oor seun severdrinking

3. Eskom delf diep innoodvoorraad om beurtkrag afte weer

4. VSA-navorsing: SA burgersvertrou regering die minste

5. Die weer in jou streekDonderdag

Stemme

Ballen en die skadu van diedood

Lena, die luiperd en die blindemeisie

Murray La Vita is 'nbekroonderubriekskrywer enprofielskrywer virNetwerk24.

Murray La VitaRubriekskrywer

Twee maande nadat die derde vuurwapen-amnestieveldtog sedert 1994 in die landbegin het, heers ’n Babelse verwarring steeds oor presies wat dit behels en wat diegevolge is wanneer jy jou vuurwapen inhandig of verkies om dit nie te doen nie.

Aan die een kant waarsku die polisie diegene wie se vuurwapenlisensies verstryk hetdat hulle vervolg kan word as die wapens nie ingehandig word nie. Die besit van ’nongelisensieerde vuurwapen kan tot tronkstraf van tot 15 jaar lei.

Aan die ander kant vrees eienaars dat hulle hul duur of waardevolle wapenspermanent sal verloor of hulle glo nie dat die polisie bevoeg is om die insameling vandie vuurwapens te hanteer nie.

Soms het ’n eienaar vergeet om ’n lisensie betyds te hernu. Dit beteken dat hy of syongelisensieerde wapens in hul besit het. Daar is selfs organisasies wat hul ledeaanmoedig om nie aan die amnestie deel te neem nie.

Baie debatte word gevoer, maar uiteindelik sal elke eienaar wie se lisensie verval het,self moet besluit of hy of sy aan die amnestieproses wil deelneem om ’n nuwe lisensievir hul vuurwapens te bekom (en die vuurwapens by die polisie in te handig) of dierisiko loop om later moontlik vervolg te word, sê Juan Kotzé, ’n prokureur watspesialiseer in vuurwapenreg.

Verskillende kante

Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die amnestie “is in die belang vanelkeen wat onwettig in besit van 'n vuurwapen is”.

Hy moedig mense aan om die amnestietydperk te gebruik om vervolging ná 31 Mei,wanneer die amnestietydperk verstryk, te voorkom.

Vuurwapens: Die A tot Z vanamnestieDeur  Jana Marx 23 Januarie 2020 06:10

POLITIEK

Foto: Unsplash.com

18°C / 25°C

TUIS NUUS SPORT SAKE STEMME VERMAAK DIE STUDENT NW24 TV LEEFSTYL E-PUBLIKASIES SOEK

Profiel Streeknuus SKAKELS

Page 2: Vuurwapens: Die A tot Z van - PHASA...Foto: Unsplash.com 18 C / 25 C TUIS NUUS SPORT SAKE STEMME VERMAAK DIE STUDENT NW24 TV LEEFSTYL E-PUBLIKASIES S O E K Streeknuus Profiel SKAKELS

1/23/2020 Vuurwapens: Die A tot Z van amnestie | Netwerk24

https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/vuurwapens-die-a-tot-z-van-amnestie-20200122 2/7

“Mense moenie hulle deur ander laat lei nie. As jy gevang word met ’nongelisensieerde vuurwapen – selfs in dié tyd – sal jy jou regstryd alleen veg,” sêNaidoo.

Bheki Cele, minister van polisie, het op 14 Januarie op ’n mediakonferensie in

Johannesburg gesê: “Die amnestietydperk is baie suksesvol. Elke wapen watingehandig word, is ’n sukses want dit is een minder vuurwapen wat vir misdaadgebruik kan word.”

Cele het gewaarsku dat daar ná dieamnestietydperk streng opgetree salword teen mense wat ongelisensieerdewapens in hul besit het.

Die organisasie Gun Free SA staanbankvas agter die minister en diepolisie. Organisasies soos die SAJagters-en-wildbewaringsvereniging(SAJWV of SA Jagters), die NasionaleJag-en-sportskietvereniging (NHSA) endie Vuurwapeneienaars van Suid-Afrika(Gosa) is egter nie so gemaklik met dieamnestieveldtog nie.

Die gedagte om onwettige wapens uitdie hande van misdadigers te kry, isseker die droom vir Suid-Afrika, waar 21022 moorde volgens die polisie semisdaadsyfers in die 2018-’19-boekjaargepleeg is.

Wat is dan fout?

Maar sal amnestie werklik die probleemvan ongelisensieerde vuurwapens oplos? En watter ander probleme lei tot dié chaosmet die vuurwapensituasie in Suid-Afrika?

Volgens die polisie se jongste jaarverslag was daar in die laaste boekjaar ’n toenamein gesteelde vuurwapens teenoor die vorige boekjaar - 9 609 wapens is in 2018-’19gesteel. Sowat 607 van die gesteelde wapens het aan die polisie behoort.

Volgens ’n prestasieverslag van die polisie vir 2018-’19 is 45 710 ongelisensieerdevuurwapens en 77 073 gelisensieerde vuurwapens in die vorige amnestietydperke in2005 en 2010 ingehandig.

SA Jagters meen die amnestie dra niks by om vuurwapens wat in misdade gebruikword van die strate te verwyder nie. In ’n ope brief aan Cele sê die organisasie tallevan die 45 710 wapens wat in die vorige twee amnestietydperke as “onwettig”beskou is, was voorheen gelisensieer. Dit is dus nie asof dit wapens is waarmeenoodwendig misdade gepleeg is nie.

Amnesie word aankondiging

Volgens Naidoo is 2 782 vuurwapens en 37 763 patrone reeds op 17 Januarielandwyd ingehandig sedert die amnestietydperk op 1 Desember begin het.

Die kennisgewing vir die amnestieveldtog van 1 Desember 2019 tot 31 Mei 2020 isop 27 November in die Staatskoerant gepubliseer.

Volgens die kennisgewing moes amnestie-aansoekers wat in besit is van ’n wapenen/of ammunisie waarvan die lisensie verval het, hul wapens by polisiekantoreinhandig. Hulle sal dan vervolging vryspring.

Volgens die amnestie-kennisgewing kan die wapeneienaar dan binne 14 dae daarnaom ’n nuwe vuurwapenlisensie aansoek doen. As die aansoek goedgekeur word, salhy of sy die wapen terugkry nadat die vuurwapen ballisties getoets is. As hulle dit niédoen nie, sal die wapen vernietig word.

Die kennisgewing sê amnestie-aansoekers moet skriftelik by ’n toegewysdeamnestie-beampte in ’n polisiekantoor om amnestie aansoek doen. Die beamptemoet ’n kwitansie uitreik.

Volgens Kotzé is dit nog nie duidelik watter kriteria die polisie gaan toepas met diegoedkeuring van nuwe aansoeke om lisensies wat verval het nie

Foto: Unsplash.com

Profiel Streeknuus

 |  ALLE REGTE VOORBEHOU © 2020 MEDIA24

SKAKELS

18°C / 25°C

Page 3: Vuurwapens: Die A tot Z van - PHASA...Foto: Unsplash.com 18 C / 25 C TUIS NUUS SPORT SAKE STEMME VERMAAK DIE STUDENT NW24 TV LEEFSTYL E-PUBLIKASIES S O E K Streeknuus Profiel SKAKELS

1/23/2020 Vuurwapens: Die A tot Z van amnestie | Netwerk24

https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/vuurwapens-die-a-tot-z-van-amnestie-20200122 3/7

goedkeuring van nuwe aansoeke om lisensies wat verval het nie.

Die reg om aansoek te doen om ’n nuwe lisensie geld nie as die persoon nieeienaarskap kan bewys nie. Beslag sal dus onmiddellik gelê word op só ’n wapen endit sal tot niet gemaak word.

Die amnestietydperk maak ook nievoorsiening vir die hernuwing vanlisensies nie.

Die gevaar van ’n nuwe aansoek is datdit dalk afgekeur kan word, sê ’nadvokaat, verbonde aan die Pretoria-balie, met kennis vanvuurwapenwetgewing. Hy praat opvoorwaarde van anonimiteit.

Sowat 400 000 vuurwapen-eienaarshet ongelisensieerde vuurwapens

Hoe gebeur dit dat sowat 400 000 Suid-Afrikaners met ongelisensieerde wapens sit?

Netwerk24 het in 2018 al oor ’n groot hofgeding oor wapens berig dat sowat 300

000 wapeneienaars se lisensies verval het. Volgens Kotzé is dit nou al 400 000 ofmeer.

Die advokaat sê die polisie is self nie seker hoeveel ongelisensieerde wapens werklikin omloop is nie.

Die toename in mense met ongelisensieerde vuurwapens weens lisensies wat vervalhet, kom nadat die nuwe Wapenwet in 2006 die “ou” Wet op Wapens en Ammunisie(1969) vervang het.

Derduisende wapeneienaars wat ingevolge die vorige wetgewing hul lisensiesbekom het, moes met die inwerkingtreding van die nuwe wet aansoek doen om hullisensies te hernu.

Die aansoek om hernuwing moet plaasvind binne 90 dae voordat ’n lisensie verval.Dit het uit die aard van die saak nie oral gebeur nie.

Die hooggeregshof in Pretoria het SA Jagters in 2017 gelyk gegee dat dele in dienuwe wet onder meer vaag is, en dat wapeneienaars se grondwetlike regte opgelykheid en die beskerming van eiendom (in dié geval hul vuurwapens) skend. Diehof het byvoorbeeld bevind dat die nuwe wet nie duidelik stel wat ’n wapeneienaarte doen staan as hy die sperdatum van 90 dae misloop, of hoe om dan van sy wapenontslae te raak nie.

Talle het gehoop dat die konstitusionelehof dié uitspraak sou bekragtig, envolgens Kotzé het duisende andervuurwapeneienaars met geldigelisensies daarna probeer om hullisensies te hernu, maar is glo deurpolisiebeamptes weggewys en gesê omte wag op die hoogste hof se uitspraak.

Die hof het egter 11 maande later teendie hooggeregshof se uitspraak beslis.Dit het dié groot aantal mense ingeweldige moeilikheid gelaat, omdat

hulle toe sit met ongelisensieerde vuurwapens en nie weet hoe om dit te laatlisensieer of wat om daarmee te maak nie.

Krisisse ná die amnestie-kennisgewing

Die nuwe amnestie het nie sonder probleme begin nie.

* Bevoegdheid

’n Groot probleem was ’n geldige bevoegdheidsertifikaat, wat saam met ’n lisensieverval.

“Jy het 14 dae (ingevolge die amnestie-kennisgewing) nadat jou wapen ingehandig isom aansoek om ’n nuwe lisensie te doen, maar min wapeneienaars weet dat hulle ’ngeldige bevoegdheidsertifikaat moet hê om enigsins aansoek te kan doen,” sê dr.H El i di NHSA

Foto: Unsplash.com

Foto: Unsplash.com

Profiel Streeknuus

 |  ALLE REGTE VOORBEHOU © 2020 MEDIA24

SKAKELS

18°C / 25°C

Page 4: Vuurwapens: Die A tot Z van - PHASA...Foto: Unsplash.com 18 C / 25 C TUIS NUUS SPORT SAKE STEMME VERMAAK DIE STUDENT NW24 TV LEEFSTYL E-PUBLIKASIES S O E K Streeknuus Profiel SKAKELS

1/23/2020 Vuurwapens: Die A tot Z van amnestie | Netwerk24

https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/vuurwapens-die-a-tot-z-van-amnestie-20200122 4/7

Herman Els, voorsitter van die NHSA.

Gewoonlik sou ’n wapeneienaar eers aansoek doen om sy bevoegdheidsertifikaat tehernu, maar dit kan tot ses maande duur, sê Els.

Teen die tyd dat dit bekom is, sou die amnestietyd verstryk het en sou die aansoekom ’n nuwe lisensie nie verwerk word nie.

In Desember het die NHSA  ’n dringende hofaansoek gebring om die amnestie

ongeldig te laat verklaar. Die aansoek is op 14 Januarie vanjaar geskik nadat diepolisie sy eie beleid verander het om vir die gelyktydige indiening van aansoeke omnuwe bevoegdheidsertifikate en nuwe vuurwapenlisensies voorsiening te maak.

Els sê die NHSA wil graag met die polisie praat oor probleme wat tydens dieamnestie kan ontstaan, maar tot nou toe is geen gesprekke nog metvuurwapenorganisasies gevoer nie.

* Gefragmenteerde wetgewing

Daar is ’n chaos in die wapenwetgewing, sê die advokaat met kennis van wetgewingoor vuurwapens.

“Ons het die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000), die Wapenwetsoos dit nou al deur SA Jagters se tussentydse bevel van 2009 en dieVuurwapeneienaars van Suid-Afrika (Gosa) se interdik aangepas is. Ons het nie ’ngekonsolideerde dokument waarin alles vervat is nie.”

Die bevel van 2009 sê ’n ou lisensie, wat uitgereik is voordat die nuwe Wapenwet in2000 in werking getree het, bly geldig. Dit beteken al die ou lisensies wat voor 2000uitgeneem is, bly geldig ongeag enige verdere ontwikkelinge.

Luidens Gosa se tussentydse interdik teen die polisie wat op 27 Julie 2018 bekom is,mag die polisie nie vuurwapens inneem waarvan die lisensie verval het of mensedaarvoor vervolg nie.

Die aansoek het nog nie voorgekom nie, maar die polisie het verlof gekry het omteen die tussentydse bevel te appelleer. Daar is ook ’n staande ooreenkoms dat dieinterdik nié die amnestie sal raak nie.

Tim Flack van Gosa sê die organisasie moedig sy lede aan om nie vuurwapens in tehandig nie, omdat die interdik hulle sal beskerm.

“Ons glo ons opkomende hofsaak is voldoende om die probleem te hanteer.”

Luidens ’n regsmening is dit nog onduidelik hoe lank Gosa se tussentydse bevel aanvuurwapeneienaars met lisensies wat verval het, beskerming sal bied, of wat dieuitslag van die hoofsaak sal wees.

* Kommer oor SAP 13-pakkamers

Daar heers steeds groot kommer by wapeneienaars oor die veiligheid van die SAP13-pakkamers, waar die vuurwapens gestoor word waarop beslag lê en insamel is.

In 2016 is ene kol. Chris Prinsloo (55)  tot effektief 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy

aan wapendiefstal, rampokkery en geldwassery skuldig bevind is.

Prinsloo, wat in beheer was van die Gautengse vuurwapenregister, het volgens diebeskikbare inligting 2 400 vuurwapens uit die polisie se SAP 13-stoorkamers gesteelen aan bendes op die Kaapse Vlakte verkoop.

Volgens Jacques Pauw se boek The President’s Keepers het hy ook wapens wateienaars vir vernietiging ingehandig het aan ’n wapenhandelaar in Vereenigingverkoop.

Pauw skryf in sy boek dat net 900 van die vuurwapens teen publikasie teruggekry is.Dié 900 wapens word verbind met 2 784 geweldsmisdade in die Wes-Kaap, wat 1066 moorde, 1 403 pogings tot moord en 315 ander misdade insluit.

Genl.maj. Jeremy Veary, Wes-Kaapse speurhoof, het in 2015 reeds versoek dat diesoektog na Prinsloo se vuurwapens (Operasie Impi) moet voortgaan.

Netwerk24 verneem betroubaar dat die operasie steeds aan die gang is en nogwapens ná die publikasie van Pauw se boek opgespoor is.

Op 20 Mei 2016 het die portefeuljekomitee oor polisie oor die Central FirearmsRegistry (CFR) se vorderingsverslag vergader. Die CFR moes ’n omkeerstrategieontwikkel om sy swak werkverrigting op te skerp.

Profiel Streeknuus

 |  ALLE REGTE VOORBEHOU © 2020 MEDIA24

SKAKELS

18°C / 25°C

Page 5: Vuurwapens: Die A tot Z van - PHASA...Foto: Unsplash.com 18 C / 25 C TUIS NUUS SPORT SAKE STEMME VERMAAK DIE STUDENT NW24 TV LEEFSTYL E-PUBLIKASIES S O E K Streeknuus Profiel SKAKELS

1/23/2020 Vuurwapens: Die A tot Z van amnestie | Netwerk24

https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/vuurwapens-die-a-tot-z-van-amnestie-20200122 5/7

Op ’n vraag van ’n komiteelid het lt.genl. Fannie Masemola, adjunk- nasionalekommissaris van die polisie, geantwoord dat “die stoorkapasiteit in die land nievoldoende is om die polisie in staat te stel om al die vuurwapens wat mense wilinhandig terwyl hul lisensies goedgekeur word te bewaar nie.

Oor die veiligheid van SAP 13-pakkamers het Naidoo aan Netwerk24 gesê daar isminstens nege sentrale “baie veilige stoorgeriewe in die land”.

“Polisiekantore word nie toegelaat om die vuurwapens vir ’n lang ruk op die perseelte hou nie. Hulle moet binne 24 uur die vuurwapens na die sentrale vuurwapen-pakkamer in die provinsie vervoer.”

Om nog ’n Prinsloo-geval te voorkom sê Naidoo: “Ondanks die sentralestoorgeriewe (moes) alle amnestiebeamptes ondersoek word voordat hulle vir dietaak van amnestiebeampte oorweeg is.”

Volgens Naidoo was daar nog geen inbrake in pakkamers sedert die begin van dieamnestie op 1 Desember nie.

Op die vraag of enige van die wapens wat reeds ingehandig is, met misdaad verbindword, het Naidoo gesê dis nog te vroeg om te sê. “Hierdie inligting sal eers ná dieamnestietydperk bekend gemaak word nadat die ouditproses afgehandel is.”

Op die vraag hoeveel vuurwapens wat gedurende die vorige twee amnestiesgekonfiskeer is, tot vervolgings gelei het of tot strafregtelike sake gevoeg is, hetNaidoo gesê hy het die navraag na die CFR verwys. Hy sal ’n antwoord verskaf sodrahy van die speurders gehoor het.

Vraag en antwoordVraag: Hoeveel vuurwapens en ammunisie wat in die jongste amnestietydperkingewin is, is al vernietig?

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder: Nog niks. Al die wapens moeteers deur ’n ouditproses gaan wat ballistiese toetse insluit.

Vraag: As ek 'n vuurwapen ingee met die doel om dit te laat vernietig, sal ekvergoed word?

Naidoo: Daar sal geen vergoeding wees nie.

Vraag: Wapenhandelaars sê ek moet liewer my vuurwapen aan hulle verkoop as omdit aan die polisie te oorhandig. Kan ek in die moeilikheid beland as ek dit doen?

Naidoo: Ja, daar sal regsimplikasies vir ’n vuurwapen-eienaar wees as die vuurwapenonwettig is. ’n Onwettige vuurwapen kan uit die aard van die saak nie verkoop wordnie. Ons moedig mense met onwettige wapens dus aan om voordeel te trek uit dieamnestietydperk en dit in te handig. As dit ’n vuurwapen is met ’n lisensie wat vervalhet, sal ons stelsel dit so aandui. Daar is geen ander manier om daarvan ontslae teraak as om die amnestietydperk te gebruik om dit by die polisie vir vernietiging in tehandig of om weer om ’n lisensie aansoek te doen nie.

Vraag: Gaan ek noodwendig my vuurwapen verloor as ek dit by die polisieinhandig?

Naidoo: Net as die wapen onwettig is. As dit ’n vuurwapen is waarvan die lisensieverval het, is daar ’n geleentheid vir die eienaar om weer om ’n lisensie aansoek tedoen of vrywillig die vuurwapen vir vernietiging in te handig.

Vraag: My lisensie het verval, maar ek wil nie my vuurwapen verloor nie. Moet ek ditsteeds inhandig?

Naidoo: Ja, die vuurwapen moet ingehandig word en daar moet opnuut om ’n nuwelisensie aansoek gedoen word.

Vraag: My lisensie verval binnekort, maar die tydperk van hernuwing mag dalk myvervaldatum oorskry. Wat nou?

Naidoo: Die ideaal is om die lisensie 90 dae voor dit verval te hernu, maar dievuurwapen-eienaar sal toegelaat word om die lisensie te hernu, selfs al is daar minderas 90 dae oor voordat die lisensie verval.

Vraag: ’n Familielid wil ontslae raak van sy gelisensieerde vuurwapen, maar wil ditnie inhandig om vernietig te word nie, hy wil dit liewer vir my gee. Ek het egter nognie ’n lisensie nie. Hoe dra jy ’n vuurwapen oor aan iemand anders in die Profiel Streeknuus

 |  ALLE REGTE VOORBEHOU © 2020 MEDIA24

SKAKELS

18°C / 25°C

Page 6: Vuurwapens: Die A tot Z van - PHASA...Foto: Unsplash.com 18 C / 25 C TUIS NUUS SPORT SAKE STEMME VERMAAK DIE STUDENT NW24 TV LEEFSTYL E-PUBLIKASIES S O E K Streeknuus Profiel SKAKELS

1/23/2020 Vuurwapens: Die A tot Z van amnestie | Netwerk24

https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/vuurwapens-die-a-tot-z-van-amnestie-20200122 6/7

Nog stories

Amnestie: Polisie en jagvereniging bereik skikking

Amnestie: Polisie ontvang reeds talle wapens

Amnestie: Duisende vuurwapens reeds ingehandig

Hofgeding oor vuurwapen-amnestie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na [email protected] en ons sal dit vir

publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp ofstad in te sluit.

amnestietydperk?

Naidoo: Die ontvanger kan aansoek doen om die vuurwapen te besit op dieselfdemanier as wat enigiemand anders sou. Hulle kan meer besonderhede by dieaangewese vuurwapen-beampte (DFO) in die plaaslike polisiekantoor aanvra.

Vraag: Verduidelik die proses van die oomblik dat ek my ongelisensieerdevuurwapen inhandig.

Naidoo: Die persoon wat die vuurwapen inhandig, word versoek om ’n vorm tevoltooi. Die oorspronklike sal aan die vuurwapen-eienaar teruggegee word om tebewaar as ’n bewys dat hy of sy dit ingehandig het. Die vuurwapen sal ingeneemword. Dieselfde vuurwapen sal geoudit word, wat ballistiese toetse insluit. As onsuitvind dat die vuurwapen gebruik is om ’n misdaad te pleeg sal ’n strafregtelike saakondersoek word, afhangende van die saak waarmee die vuurwapen verbind word.As dit nie die geval is nie, sal die vuurwapen eenkant vir vernietiging gehou word(mits daar nie aansoek om ’n nuwe lisensie is nie).

Vraag: Is daar enige waarborg dat my vuurwapen nie vernietig sal word nie,hangende my aansoek om ’n nuwe lisensie?

Naidoo: Ons het goed opgeleide annestiebeamptes wat dit hanteer en so ’nvuurwapen sal nie vernietig word nie. Daar sal ernstige gevolge wees vir die lid/ledewat verantwoordelik is, sou so iets gebeur.

Vraag: Ek het my lisensie laat hernu, omdat ek in die buiteland was. Ek het hernudebevoegdheid ontvang, maar nie my lisensie nie. Wat staan my te doen?

Naidoo: Die stelsel laat nie laat-hernuwing van die lisensies toe nie. Ja, ’n mens kanenige tyd om bevoegdheid aansoek doen, maar as dit goedgekeur is, sal dit niegenoeg wees vir iemand om ’n vuurwapen te besit nie. Die vuurwapen-eienaar moet’n lisensie vir daardie wapen hê om “wettig in besit” van die wapen te wees. As ditnie die geval is nie, moet die wapen as ’n ongewenste wapen of vir die heraansoekvan ’n lisensie ingehandig word.

Vraag: Kan ek my vuurwapen by enige polisiekantoor in die land inhandig?

Naidoo: Ja, by al die aangewese polisiekantore in die land. Daar is net 46 van 1 145polisiekantore wat nie bevoeg is om vuurwapens vir die amnestietydperk in te neemnie.

Hier is ’n lys van die polisiekantore wat nie bevoeg is om wapens in te neem nie

Vraag: Wapenorganisasies sê die polisie wil amnestie gebruik om mense wie sevuurwapenlisensies verval het, te teiken en te probeer om hulle van hul vuurwapenste ontneem. Moet ek bekommerd wees?

Naidoo: Dit is in die belang van enige persoon wat onwettig in besit van ’nvuurwapen is om die amnestietydperk aan te gryp en sodoende ’n vuurwapen in tehandig en vervolging ná 31 Mei (wanneer die amnestie eindig) te voorkom. Mensemoet hulle nie deur ander laat lei nie, want as hulle met ’n ongelisensieerdevuurwapen gevang word, sal die persoon sy of haar regstryd alleen moet voer.

Meer oor:  Vuurwapen-Amnesties  |  Amnestie  |  Vuurwapens  |  Amnestie-Periode

Profiel Streeknuus

 |  ALLE REGTE VOORBEHOU © 2020 MEDIA24

SKAKELS

18°C / 25°C

Page 7: Vuurwapens: Die A tot Z van - PHASA...Foto: Unsplash.com 18 C / 25 C TUIS NUUS SPORT SAKE STEMME VERMAAK DIE STUDENT NW24 TV LEEFSTYL E-PUBLIKASIES S O E K Streeknuus Profiel SKAKELS

1/23/2020 Vuurwapens: Die A tot Z van amnestie | Netwerk24

https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/vuurwapens-die-a-tot-z-van-amnestie-20200122 7/7

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deurons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Joumening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldigekritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak ofpersoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is,sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

0 Comments Netwerk24 Magda Naude

t Tweet f Share Sort by Best

Start the discussion…

Be the first to comment.

Subscribe✉ Add Disqus to your siteAdd DisqusAdddDi ' P i P li P i P li P i🔒

Recommend

 |  ALLE REGTE VOORBEHOU © 2020 MEDIA24

SKAKELS

18°C / 25°C