wouwtjienuuswouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/04/nuusbrief-12-13-april... · dinah motileni...
TRANSCRIPT
WOUWTJIENUUS Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief 12 13 April 2018
DAGBOEK! REVUE:
Oefennaweke: 13-14 April, 20-21 April,
4-5 Mei, 11-12 Mei,
18-19 Mei; 25-26 Mei.
Kleedrepetisie en
fotodag vir die program:
1 Junie
REVUE OPTREDES: Ma. 18 Junie
Di. 19 Junie
Wo. 20 Junie
OUPA- en
OUMADAG
Gr.1-3: Vry. 22 Junie
(terwyl Oupa en Ouma
hier is vir die groot
Revue…)
VEREFEES: 15 September (Omdat
die Revue in Junie
plaasvind, skuif ons dié
saamkuier effens later)
Byvoorbaat dankie
vir u ondersteuning!
KASKAR Woensdag, 18 April - 17:00
2
MUSIEKSENTRUM
Daar is nog plek vir SANGLESSE by ons nuwe
sangjuffrou, Alta van Huyssteen (0825774991).
Skakel haar gerus vir meer inligting.
Vir blokfluitles, skakel gerus vir Nico Pienaar
(079 889 5774).
Klavierlesse: Skakel gerus vir Mariana du
Toit (082 570 5411) indien u belangstel.
NB! PRAATJIE Gevare van sosiale media met betrekking tot kinders Datum : Ma. 23 April
Tyd : 17:30
Plek : Skoolsaal
Die skool en die Voortrekkers het hande
gevat om hierdie inligtingsessie/praatjie
moontlik te maak. Ons nooi álle Gr. 4 tot
7 ouers uit om na hierdie belangrike
onderwerp te kom luister, aangebied deur
Carla de Beer van The Digital Law Co.
LW: Die Intersenfase-oueraand begin
direk ná die praatjie om 19:00 en sal
duur tot en met 20:30.
LIEF & LEED Lief:
Hartlik geluk aan juf. Felicia Bornman (Pre-primêr) wat die afgelope vakansie getroud is.
Ons wens haar en haar eggenoot baie seën op hul huwelik toe.
Hartlik geluk aan juf. Marista Pearson (Pre-primêr) met die geboorte van haar seuntjie,
George Charles.
Hartlik welkom aan juf. Marisa Pollard wat vir die volgende ses maande Kinetika by
Pre-primêr sal aanbied.
Leed:
Dit is met groot leedwese dat ons verneem het van die afsterwe van me. Carolie Kruger,
ouer van Ana-Kari (Gr.4) en me. Helene Gelderblom, ouer van oud-Wouwtjies Emma en
Magdalene.
Ons dink met opregte meegevoel en simpatie aan hierdie twee gesinne.
OUERMIDDAG - GR. 1 TOT 3
Maandag, 16 April 2018.
Afspraaklyste is by elke klas opgeplak.
Afsprake is ingedeel in tydsgleuwe van 10
minute en duur van 15:30 tot 18:30.
Kom maak gerus ‘n afspraak!
SKOOLHEKKE: TYE Die hek in Langestraat Suid sal in die
middae om 12:45 oopgesluit word vir
toegang tot die parkeerarea. Die hek
op die hoek van Lange- en Deystraat,
sowel as alle ander toegangshekke tot
die skoolterrein, sal voortaan eers om
13:00 oopgesluit word.
3
-KULTUUR- Ons versoek ons u om alle prestasies (soos aangedui) voor of op die gegewe datums, by me. Gerda Jacobs in te handig. Gebruik die vorm wat in die Nuusbrief verskyn en ook op ons webtuiste en Skoolkommunikeerder beskikbaar is. Die afsny-datums is soos volg: Vrydag, 11 Mei, vir prestasies behaal ná die 2017-Kultuurmerieteaand, tot op hede. Vrydag, 22 Junie, vir prestasies behaal vanaf 1 Mei tot gegewe datum. Vrydag, 7 September, vir prestasies behaal vanaf 16 Junie tot gegewe datum. Vrydag, 5 Oktober, vir prestasies behaal vanaf 1 September tot gegewe datum. Donderdag, 2 November, vir prestasies behaal vanaf 25 September tot op datum. Die finale afsnydatum sal gekommunikeer word sodra die datum van die merieteaand vasgestel is. U sal sien dat die datums (effens) oorvleuel, omdat sertifikate nié altyd dadelik beskikbaar is nie. Ons rig ʼn vriendelike, dog dringende versoek dat u ons hande sterk en moeite doen om by hierdie sperdatums te hou. Die volgende kultuuraktiwiteite se uitslae word nié ingehandig nie. Dit word van die betrokke personeel ontvang. 1. Wouwtjie Kunstefees : Me M Bakkes 2. Speech Festival : Me T Lagerwall 3. Juniorkoor : Me A Friedrich 4. Seniorkoor : Me L Botha 5. Musieksentrum (eksamens): Me M du Toit 6. Voortrekkers : Mnr P vd Zwaard 7. Redenaars : Me N McCord 8. Toastmasters : Me L Bowker Proses: 1. Ouers voltooi die vorm volledig. 2. Plaas afskrifte van sertifikate in dieselfde volgorde as wat die prestasies gelys is, saam met die vorm in ʼn plastiek A4-sakkie. 3. Handig vóór of op die afsnydatum by me. Gerda Jacobs in. 4. Prestasies word in die amfi-teater gelees en verskyn in die Nuusbrief. 5. Medaljes en trofees moet in ʼn duidelik gemerkte sakkie/houer ingehandig word, indien dit in die amfi oorhandig moet word. 6. MOET ASB. GEEN OORSPRONKLIKE SERTIFIKATE SKOOL TOE STUUR NIE.
Die volgende prestasies word deur ouers ingehandig: (Kunswedstryde; Eisteddfods; Eksamens; Optredes) 1. Kuns 2. Drama 3. Dans 4. Musiek (klavier/solo-instrumente) 5. Sang 6. Enigiets nié genoem nie
KULTUURPRESTASIES - 2018
Naam: Gr. Sperdatum: Di. 11 Mei 2018
Afdeling Kunstefees/Optrede/
Eksamen Kategorie Simbool Besondere prestasie
bv. Musiek Pta. Eisteddfod Klavier A+ Trofee / Kategoriewenner / Medaljewenner ens.
4
SKAAK
Ligabepalings:
25 April/ 9 Mei/ 16 Mei/ 23 Mei/ 30 Mei
Elke speler sal ook ‘n skrywe in
verband met die liga ontvang.
Een van die Tshwane skaaktoernooie
waarvoor daar gekwalifiseer moet
word om aan die Etienne Lewis
proewe deel te neem, is die Chris
Greyling Toernooi wat op 21 April by
Laerskool Swartkop plaasvind. Meer
inligting hieroor is op die Tshwane
webbladsy beskikbaar.
Skaakgroete
Juffrou Anè Friedrich en
Juffrou Elrika Bierman
0825619389
HOKKIE Ons is opgewonde oor die hokkieseisoen wat reeds dié week afgeskop het. Ons nuwe Astro word in drie aparte velde verdeel. Spelers moet dus asseblief betyds by die Astro aanmeld. Laerskool Anton van Wouw kan met trots sê dat die volgende Wouwtjies in die Noord-Gautengse oefengroep speel: o.12 Dogters Anouk du Plessis o.12 Seuns Sekgotha Dikgale Ethan Rademeyer Sebastiaan Steenkamp o.13 Dogters o.13 Seuns Mosa Phoka Reuven Ferreira Dinah Motileni Ons wens dié leerders geluk met hierdie uitsonderlike prestasie. Ons weet dat julle Laerskool Anton van Wouw se naam hoog gaan hou!
SKIET Baie geluk aan Rouxhan Roux en Karmi Roux wat kranige skuts
(buite-skoolverband) is.
Albei leerders het aan die o.13 drukluggeweer (pellet) en
randslag (.22 kaliber) -skietkampioenskappe deelgeneem.
Rouxhan verwerf goud in beide items. Karmi, wat 11 jaar oud
is, het silwer verwerf in drukluggeweer en brons in randslag.
Welgedaan aan hierdie twee leerders. Hou so aan!
Oefentye: Astro 1 Astro 2 Astro 3
16:15 - 17:15 o.13 Seuns o.13 Dogters o.11 Groep
17:30 - 18:30 o.12 Seuns o.12 Dogters o.10 Groep
SPORT-TOERE Krieket o.9 en o.10 : 2-5 Julie 2018
o.11 : 12-15 Julie 2018
o.12 en o.13 : 24-30 Junie 2018
5
Program - 2de kwartaal Die Voortrekkers skop die nuwe kwartaal op Maandag, 16 April 2017 af. Mnr. Jackie
Grobler (oud-lektor in Geskiedenis aan UP) gaan weer vir ons ’n praatjie lewer oor ons
geskiedenis, spesifiek die tydperk rondom die ontdekking van die Kaap en die koms van
Jan van Riebeeck. Alle Wouwtjies en hul ouers is welkom om saam te kom luister in die
skoolsaal om 16:30, Maandag, 16 April.
Op Maandag, 23 April, ná Voortrekkers, is daar saam met die skool ‘n spreker gereël
om met al die ouers te kom gesels oor DIE GEVARE VAN SOSIALE MEDIA VIR ONS
KINDERS. Dagboek asseblief solank hierdie datum. (Meer inligting hieroor op bl. 2 van
hierdie Wouwtjienuus)
Daar vind heelwat GGA/N aktiwiteite hierdie kwartaal plaas. Daar word vir alle grade
Spesialisasies aangebied.
Opsomming:
GGA - Gebieds Georganiseerde Aksie (dag),
GGN - Gebieds Georganiseerde Naweek (naweek)
4-6 Mei - GGN Garsvallei Singkamp (Graad 1 tot 7)
5 Mei - GGA dag Genl Hertzogh (Graad 1 tot 7)
11-13 Mei - GGN Rietvallei (Graad 1 tot 7)
18 & 19 Mei - GGA dag Noordpos (Graad 1 tot 7)
25-27 Mei - GGN Oord Goudrand
(Graad 4 - Ruimtewaarneming en
Graad 6 - Sterrekunde)
- Bespreek betyds... baie gewild! -
Voriegroete
Pieter van der Zwaard (082 556 3596)
WOUWTJIENUUS Leerders ontvang hierdie week ook ‘n swart/wit harde kopie van die
Wouwtjienuus Onthou gerus: Die Wouwtjienuus word Vrydae per epos aan al
ons ouers versend. Maak gerus seker dat ons u korrekte epos-adres het. Die
nuusbrief is ook weekliks beskikbaar op ons webwerf en die
Skoolkommunikeerder.
6
Idioom van die week
Het jy geweet?
DIE GROOT
TREK
Buite verkleur die bome se blare... die winter is
op pad. Wilde swane, swaeltjies en baie ander voëlsoorte
maak gereed vir hul groot trek na warmer lande.
TREKVOËLS het ‘n verstommende vermoë om jaar ná jaar
hul weg te vind na warmer streke. Wetenskaplikes krap
nog kop oor hierdie fenomeen, maar vermoed dat hierdie
voëls die aarde se magneetveld as kompas gebruik om
hul pad te vind.
In die winter raak kos en vars water skaars. Daarom
migreer trekvoëls na warmer streke, waar kos, water en
skuiling volop is.
Swaeltjies keer jaar ná jaar terug na dieselfde nessies.
Wouwtjies, kyk gerus... julle sal groot swerms voëls sien
wat nou begin trek!
(Dit reën baie hard en aanhoudend)
Soek verskille in die twee prentjies
5
7
KULTUUR
KLEREBANK-WINKEL
(GOEIE, GEBRUIKTE SKOOLKLERE)
Nuwe Klerebank-tye
Maandae : 07:00-08:00
Dinsdae : 13:00-13:45
Woensdae : 07:00-08:00
Vrydae : 07:00-08:00
Die klerebank sal vanaf Maandag, 16 April 2018 tot Vrydag, 27 April,
elke dag tussen 07:00–08:00 en 13h00–13h40 oop wees, om ouers te
akkommodeer vir
die aankope van tweedehandse winterskooldrag.
Winter-uitverkoping: 16 April – 27 April
Langmou skoolhemde (wit en blou) - R20
Seuns grys langbroeke - R40
Die klerebank het tans ‘n dringende behoefte aan winterskoolrokke.
Enige skenkings sal baie waardeer word!
Baie geluk aan die volgende leerders met hul pragtige kultuuruitslae:
Naam Instansie Kategorie Simbool
Rudo van Diemen UNISA Teorie Gr.2 Lof 86%
Nina Kirsten AIDT Hip Hop Exam Honours 86%
SA Dance School Championships
Hip Hop A++ Altimate Gold
Lisa Ferreira Gauteng Chamber Music Festival
Viool Deelname in Junior Orkes Gala-aand optrede
8
ENVIROUW HERWINNING
Baie dankie vir u getroue herwinning. U samewerking hou nie nét vir die natuur groot voordeel in
nie, maar ook vir ons skool.
Ná deeglike oorweging het ons besluit om die eerste en tweede kwartaal se getalle saam te tel en
dan die pryse uit te deel.
Blouhokke: Papier– en kartonherwinning
Onthou asseblief dat karton en witpapier apart van ander papier herwin word. Plaas asb. alle
witpapier en karton in die blou hokke.
Glass Recycling Company: Glaskompetsie
Baie geluk, Wouwtjies! Ons het weereens eerste in Gauteng geëindig in Februarie.
Envirouwgroete
Juffrou Anè Friedrich
0825619389
Dit is
Lekker
om ‘n
Wouwtjie
te
wees!
9
at wou jy adverteer? Jy kan ook in die Wouwtjienuus adverteer! Kontak: [email protected]
LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
Koelkamers, vrieskamers, houerbakke vir
verkoelingstrokke en ander geïsoleerde ruimtes. Piet Pretoriusstraat 1, Rosslyn, Pta.
Tel (012) 541 1797/8 [email protected] www.isobodies.co.za
CUPCAKES & KOEK
Mooiste cupcakes/koek
op bestelling gebak
Enige ontwerp/styl
Kontak: 082 442 8099
LOCAL AU PAIR LINK
AU PAIRS MET ONDERVINDING EN GOEIE
VERWYSINGS BESKIKBAAR
HUISWERK, TOESIG EN ONDERSTEUNING
VERVOER NA BUITEMUURSE AKTIWITEITE
VOLDAG OF HALFDAG
SKOLIERE / KLEUTERS / BABAS
PAULINE GERICKE
082 441 0439
www.localaupairlink.co.za
Huis te huur in Ashlea Gardens
Huis te huur 4.5km vanaf Laerskool Anton van
Wouw in dié sentrale woonbuurt, Ashlea Gardens.
4 Slaapkamers, 2.5 badkamers, oopplan kombuis
en woonkamer, “pajama lounge”, stoep met inge-
boude braaier, buite toilet met stort en dubbel mo-
torhuis. Goeie sekuriteit in ‘n stil straat.
Naby verskillende skole asook winkelsentrums.
Prys: R13 600 per maand
Kontak: Mari 071 681 7652
Yolande: 084 821 8881
SUIWER HEUNING
Kontak ons
L/s Anton van Wouw
Deystraat
Nieuw Muckleneuk Pta.
Tel: 012 460 6181/3024
Bemarking:
Advertensies en
Wouwtjienuus:
Verhuring van fasiliteite:
Sport:
Volg ons op:
WOUWTJIEGROETE
MNR. CR HENNING
HOOF
Ons maak tyd vir jou kind