waenhuiskrans/arniston …arnistonalive.org.za/wp-content/uploads/2013/10/wacdt...unisa; sy het...

12
Waenhuiskrans/Arniston Gemeenskapsontwikkelingstrust Oorsig 2007 / 2008

Upload: others

Post on 07-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Waenhuiskrans/Arniston …arnistonalive.org.za/wp-content/uploads/2013/10/WACDT...UNISA; sy het tevore al die Sertifikaat in Toerismebestuur aan die SA Kollege vir Toerisme behaal)

Waenhuiskrans/Arniston Gemeenskapsontwikkelingstrust

Oorsig 2007 / 2008

Page 2: Waenhuiskrans/Arniston …arnistonalive.org.za/wp-content/uploads/2013/10/WACDT...UNISA; sy het tevore al die Sertifikaat in Toerismebestuur aan die SA Kollege vir Toerisme behaal)

Oorsig 2007/08

2 | Waenhuiskrans/Arniston Gemeenskapontwikkelingstrust

Oorsig ----------------------------------------------------------------- Besluit: Uitvoerende Burgemeesterskomitee -----------------------------Finansiële State --------------------------------------------------------

Indeks

356

Bo en agterblad: skooluitstappie na Tafelberg. Foto’s: Percy Cloete.

Page 3: Waenhuiskrans/Arniston …arnistonalive.org.za/wp-content/uploads/2013/10/WACDT...UNISA; sy het tevore al die Sertifikaat in Toerismebestuur aan die SA Kollege vir Toerisme behaal)

Oorsig 2007/08

W.A.G.O.T. | 3

Oorsig

Die Trust se bedrywighede vir die afgelope jaar was beskeie. Studiehulp aan studente en kleiner aksies gaan deurlopend voort. Vordering met die beplande besoekersentrum is egter stadiger as wat ons dit sou wou hê.

1. Projekte

Die Trust verleen hulp aan mense en organisasies in Waenhuiskrans en onderneem ook kleiner aksies, soos die jaarlikse skooluitstappie, wat verlede jaar na Robbeneiland en vanjaar na Tafelberg was. Daar is egter nog net twee projekte wat op die lange duur ‘n groter impak kan hê: die studiebeurse aan studente en die beplande projek om ekonomiese ontwikkeling op klein skaal te stimuleer.

• Beurse

Die Trust het al meer as R300 000 aan beurse aan studente uit die plaaslike gemeenskap toegeken. Ons gaan nou probeer om potensiële beurshouers reeds vroeg op te spoor, om op skool al met motiver-ing en beplanning te help, en so groter sukses met naskoolse studies te verseker. Ons steun in 2009 ook ‘n groep volwassenes wat die skool vroeg verlaat het, maar nou daardie opleiding wil voltooi.

Studente wat al deur die Trust gesteun is en wat ons nou al weet aanstaande jaar verder gaan studeer is:

• Wilhelm Afrika (Vyfde jaar medies, Universiteit Stellenbosch) • Unine Baatjes (B.A. Informasiekunde, UNISA; sy het tevore al die Sertifikaat in Toerismebestuur aan die SA Kollege vir Toerisme behaal) • Johnelize Europa (Finale jaar, Sertifikaat in Gasvryheidsbedryf, Boland Kollege; sy het tevore al die Sertifikaat in Be-markingsbestuur aan dieselfde instelling behaal) • Janine Marthinus (Finale jaar Sertifikaat in Gasvry-heidsbedryf, Boland Kollege) • Mettler Newman (Finale jaar, Sertifikaat in Finansiële Bestuur).

Alecia Mortlock het vanjaar haar Diploma in Sakebestuur verwerf.

• Projek om ‘n besoekersentrum/erfenissentrum/steunsentrum te vestig, ter ondersteuning van kleinskaalse ekonomiese ontwikkeling in Waenhuiskrans

Ons het twee jaar gelede al argiteksplanne en beloftes vir geldelike steun vir die bou van dié sentrum gehad, asook ‘n sakeplan om kleinskaalse ekonomiese ontwikkeling te stimuleer, sodat mense uit die vissersgemeenskap ‘n groeiende en volhoubare aandeel in inkomste uit plaaslike toerisme kan kry. ‘n Soortgelyke projek by ‘n trust in Stellenbosch het reeds oor die afgelope paar jaar goeie, meetbare re-sultate behaal.

‘n Ooreenkoms met die Vissersunie om die beplande sentrum op grond net langs die hawe op te rig, was later nietig. Die landmeter het ontdek dat dié grond nie aan die Vissersunie behoort nie, maar aan die Kaap Agulhas Munisipaliteit.

Die destydse munisipale bestuurder het op navraag te kenne gegee dat die grond nie vir ons beskikbaar sal wees nie, maar gedurende ‘n besoek aan Waenhuiskrans in Augustus 2007 deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme, mnr. Marthinus van Schalkwyk, het me Eve Marthinus, destydse burge-meester, gesê die Munisipaliteit kan grond vir ‘n sentrum beskikbaar stel. Daar is toe besluit dat die Trust ‘n aansoek by die Munisipaliteit sou indien en dat die burgemeester sou toesien dat die saak dringend aandag kry.

Die Trust het die aansoek in September 2007 ingedien. In Julie en Augustus vanjaar is ontvangs van die

Page 4: Waenhuiskrans/Arniston …arnistonalive.org.za/wp-content/uploads/2013/10/WACDT...UNISA; sy het tevore al die Sertifikaat in Toerismebestuur aan die SA Kollege vir Toerisme behaal)

Oorsig 2007/08

� | Waenhuiskrans/Arniston Gemeenskapontwikkelingstrust

voorstel erken deur mnr Richard Mitchell, wat intussen as burgemeester oorgeneem het, sowel as mnr Reynold Stevens, wat sedert middel vanjaar die nuwe munisipale bestuurder is. Die Uitvoerende Burgemeesterskomitee het op 25 Augustus vanjaar besluit dat, hoewel die Raad in beginsel nie beswaar het teen die voorgestelde sentrum op ‘n gedeelte van die grond aangrensend aan erf 172 en die hawe nie, daar nietemin geen besluit geneem sal word vóórdat ‘n verslag oor die voorgestelde ontwikkeling en benutting van die hawe van die Nasionale Departement van Omgew-ingsake en Toerisme ontvang is nie.

Ons het sedertdien met instemming van die munisipale bestuurder en met die oog op ‘n opvolgver-gadering in Waenhuiskrans aan mnr Van Schalkwyk geskryf. Ons glo steeds dat so ‘n projek op klein skaal met ekonomiese ontwikkeling in Waenhuiskrans kan help.

2. Nuwe donateur

Ons het die afgelope jaar mooi steun gekry van Martine Aubin, die fotograaf, skrywer en uitgewer van die boek Arniston/Waenhuiskrans. Wins uit die verkoop van die boek word aan die Trust geskenk. Dit is ‘n puik boek; ons is bly om daarmee verbind te wees. Ons voors-ien dat inkomste uit die boek in komende jare nog na die Trust sal vloei en moedig u aan om die boek aan te koop, ook as geskenk vir andere.

3. Finansiële state

Ons sluit vir u die geouditeerde finansiële state vir die boekjaar 2007/2008 vir u in. Donasies vir die jaar toon ‘n geringe daling, van R175 00 tot R139 000. Die Trust het aan die einde van die boekjaar kontant en beleggings van sowat R88 000 gehad.

�. Toesig

Die Trust is geregistreer by die Meester van die Hooggeregshof (Nommer: IT3854/2004); by die Departe-ment van Gemeenskapontwikkeling (042-478-NPO); en by die Ontvanger van Inkomste, onder afde-lings 30 en 18a van die Inkomsebelastingwet

Die ouditeure van die Trust is PricewaterhouseCoopers Ing. (Reg nr: 1998/012055/21). Die oudit word volgens die vereistes van algemeen aanvaarde rekenkundige praktyke (GAAP - generally accepted accounting practices) gedoen. Die trustees is: Catheleen Marthinus, Colin Bird, Vivian Lourens, André Marthinus en Hannes van Zyl.

5. Ten slotte

Al was dit ‘n beskeie jaar vir die Trust, het ons nietemin goeie vertroue dat die bedrywighede en vlak van befondsing vinnig sal kan versnel, sodra ons sekerheid oor die beskikbaarheid van grond vir die beplande besoekersentrum/erfenissentrum/steunsentrum van die owerhede verkry het.

Voorsitter

Page 5: Waenhuiskrans/Arniston …arnistonalive.org.za/wp-content/uploads/2013/10/WACDT...UNISA; sy het tevore al die Sertifikaat in Toerismebestuur aan die SA Kollege vir Toerisme behaal)

Oorsig 2007/08

W.A.G.O.T. | 5

Besluit: Uitvoerende Burgemeesterskomitee, 25 Augustus 2008

OORWEGING VAN ‘N GEDEELTE GROND AANGRENSEND AAN ERF 172, WAENHUISKRANS/ARNISTON VIR GE-MEENSKAPSONTWIKKELING- EN TOERISME PLAN (7/1/3/1 - DGD) (WYK 5)

DOEL VAN VERSLAG

Om oorweging te verleen om ’n Gemeenskapsontwikkelingsentrum te vestig op ’n gedeelte grond aangrensend aan erf 172, Waenhuiskrans/Arniston (sien kaart aangeheg as Bylae A op bladsy 384).

AGTERGROND

’n Skrywe (sien Bylae B op bladsy 385) is ontvang van mnr Hannes van Zyl wat wil begin met ’n toerismesentrum as deel van ’n gemeenskapsontwikkelingsprojek.

Die Kaap Agulhas Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (2005), opgestel deur Urban Dynamics Stads- en Streekbeplanners se primêre doel is om ruimtelik-gebaseerde riglyne en voorstelle te formuleer waardeur verandering, behoeftes en groei in die area bestuur kan word tot die voordeel van die omgewing en sy inwoners.

Die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk definieër die rol van Waenhuiskrans/ Arniston binne ‘n oorhoofse munisipale per-spektief as die van ‘n vissersdorp en vakansie dorp met ‘n unieke karakter en toerisme potensiaal weens die Kaapse volks-boukundige styl van die goed-bewaarde historiese Kassiesbaai.

Arniston word gekategoriseer as ‘n derde orde node in Kaap Agulhas en word beskou as ‘n nedersetting met beperkte uitbreidingspotensiaal inaggenome die karakter van hierdie eksklusiewe dorp. Van die 131 dorpe in die Wes-Kaap is Waenhuiskrans/Arniston 112ste op groeipotensiaal lys. Die beplanningseenheid en grondgebruikkarakter is hoofsaaklik residensieel; enkele besighede en wye verskeidenheid erfgroottes. (Kaap Agulhas Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk, Vol. II, Bladsy 19-21).

Vanuit ’n stadsbeplanningsoogpunt sal die sentrum gebruik word tot voordeel van die gemeenskap. Mense word opgelei in verskeie fasette tot opbouing van die algemene welsyn en opvoeding van die gemeenskap.

BESTUURSAANBEVELING

(i) Dat die Raad in beginsel nie beswaar het teen die voorgestelde toerisme sentrum op ‘n gedeelte grond direk aan-grensend aan erf 172 (noorde kant), Waenhuiskrans/Arniston nie.

(ii) Dat die Raad nie bogenoemde gedeelte grond benodig vir die effektiewe lewering van noodsaaklike dienste nie.(iii) Dat die aansoeker ‘n volledige besigheidsplan en terreinontwikkelingsplan by die Direkteur van Gemeenskapsdienste

indien.(iv) Dat alle ander wetlike prosesse gevolg moet word, ten opsigte van publieke deelname en die saamstel van oor-

eenkomste.(v) Dat die Raad die gebruik van die grond adverteer vir belangstellende groepe om te ontwikkel as toerisme sentrum.(vi) Dat die grond in beginsel verhuur word aan die Waenhuiskrans Ontwikkelingsentrum vir ‘n periode van 30 jaar en

jaarliks sal eskaleer met die gemiddelde styging van die munispale tariewe.(vii) Dat die Raad ’n markverwante huurbedrag vas stel.(viii) Dat ‘n skriftelike ooreenkoms met die huurder aangegaan word, met ‘n terugval klousule indien die Raad die verhuur-

ing sal goedkeur.(ix) Dat die huurder verantwoordelik sal wees vir alle kostes met betrekking tot die verhuringsproses, ingesluit stadsbe

planingsprosesse.

AANBEVELING : EKONOMIESE ONTWIKKELINGSKOMITEE

(i) Dat mnr Hannes van Zyl in kennis gestel word dat geen besluit geneem kan word alvorens die verslag van Nasionale Toerisme- en Omgewingsake ontvang is waarin die hawe ontwikkeling uiteengesit word nie.

(ii) Dat die Raad ‘n ingeligte besluit sal neem oor die ontwikkeling van erf 172 sodra die verslag ontvang is.

BESLUIT BK221/2008

Dat die aanbeveling van die Ekonomiese Ontwikkelingskomitee aanvaar word.

Page 6: Waenhuiskrans/Arniston …arnistonalive.org.za/wp-content/uploads/2013/10/WACDT...UNISA; sy het tevore al die Sertifikaat in Toerismebestuur aan die SA Kollege vir Toerisme behaal)

Oorsig 2007/08

6 | Waenhuiskrans/Arniston Gemeenskapontwikkelingstrust

Finansiële State

Page 7: Waenhuiskrans/Arniston …arnistonalive.org.za/wp-content/uploads/2013/10/WACDT...UNISA; sy het tevore al die Sertifikaat in Toerismebestuur aan die SA Kollege vir Toerisme behaal)

Oorsig 2007/08

W.A.G.O.T. | 7

Page 8: Waenhuiskrans/Arniston …arnistonalive.org.za/wp-content/uploads/2013/10/WACDT...UNISA; sy het tevore al die Sertifikaat in Toerismebestuur aan die SA Kollege vir Toerisme behaal)

Oorsig 2007/08

8 | Waenhuiskrans/Arniston Gemeenskapontwikkelingstrust

Page 9: Waenhuiskrans/Arniston …arnistonalive.org.za/wp-content/uploads/2013/10/WACDT...UNISA; sy het tevore al die Sertifikaat in Toerismebestuur aan die SA Kollege vir Toerisme behaal)

Oorsig 2007/08

W.A.G.O.T. | �

Page 10: Waenhuiskrans/Arniston …arnistonalive.org.za/wp-content/uploads/2013/10/WACDT...UNISA; sy het tevore al die Sertifikaat in Toerismebestuur aan die SA Kollege vir Toerisme behaal)

Oorsig 2007/08

10 | Waenhuiskrans/Arniston Gemeenskapontwikkelingstrust

Page 11: Waenhuiskrans/Arniston …arnistonalive.org.za/wp-content/uploads/2013/10/WACDT...UNISA; sy het tevore al die Sertifikaat in Toerismebestuur aan die SA Kollege vir Toerisme behaal)

Oorsig 2007/08

W.A.G.O.T. | 11

Page 12: Waenhuiskrans/Arniston …arnistonalive.org.za/wp-content/uploads/2013/10/WACDT...UNISA; sy het tevore al die Sertifikaat in Toerismebestuur aan die SA Kollege vir Toerisme behaal)

Hannes van Zyl

[email protected]

Colin Bird

021-425 3218083 675 [email protected]

Catheleen Marthinus

073-565-1221

Vivian Lourens

072-633-1894

André Marthinus

[email protected]