wanneer doringbosse brand- ds j van rooy

19
©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849 WANNEER DORING BOSSE BEGIN BRAND! ñ Preekbundel deur DS JURIE VAN ROOY

Upload: cab-cdm

Post on 03-Mar-2017

56 views

Category:

Government & Nonprofit


3 download

TRANSCRIPT

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

WANNEER DORING BOSSE

BEGIN BRAND!

ñ Preekbundel deur

DS JURIE VAN ROOY

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

Voorwoord

Wanneer Doringbosse Brand!

Die uitreiking van hierdie Preekbundel val saam met die hou van ons streekkongresse in CAB

gedurende 2016. Dit beslaan verskeie temas en die hoop word uitgespreek dat u dit tot seen sal

kan gebruik.

Die preke is geskryf soos wat dit in verskillende gemeentes gelewer is en die taal is eie aan die

manier waarop die prediker dit gepreek het.

Hierdie bundel word opgedra aan al die senior burgers binne die CAB wat tot in die rype

ouderdom nog vrug dra.

Aan die HERE al die eer.

Worcester

10 September 2016

Ds. Jurie van Rooy

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

INHOUDSOPGAWE WANNEER DORGINBOSSE BRAND.

INHOUDSOPGAWE WANNEER DORINGBOSSE BRAND WANNEER DORINGBOSSE BRAND! .................................................................................................. 6

JESUS GAAN HUISTOE .......................................................................................................................... 7

1. Waar Moes hulle gaan werk? .................................................................................................... 7

3. Waarom het hulle oor Jesus gepraat: ......................................................................................... 8

HOOR DIE ENGELE SING ....................................................................................................................... 9

1. Wat was die omstandighede toe die Engele gesing het: ................................................... 9

2. Die inhoud van die boodskap: .................................................................................................. 9

DIE KONGING DRINK ASYN ................................................................................................................ 11

DIE HARTE VAN PA EN KIND .............................................................................................................. 12

OUJAARSNAG DIENS ............................................................................................................................ 13

Die pad wat ons nie weer sal loop nie! ............................................................................................. 13

Ñ Pad wat aan die verlede Behoort het: ....................................................................................... 13

Die pad van die toekoms ..................................................................................................................... 13

HIER VOLG DIE NUUS ........................................................................................................................... 15

Hier volg die Nuus ................................................................................................................................ 15

Nuus van die Saligmaker: ................................................................................................................... 15

Nuus oor Christus: ............................................................................................................................... 15

Nuus oor die Here ................................................................................................................................ 15

OUJAARSDIENS – GOD SLUIT DIE DEUR ....................................................................................... 17

God sluit die deur ................................................................................................................................. 17

God self het die deur toegesluit ......................................................................................................... 17

Die Ark se geslote deur praat ook van geande ............................................................................... 17

KINDERBOODKSAP - GOD SE WINKEL ............................................................................................ 18

Kinderbooskap – God se Winkel ....................................................................................................... 18

God se genadewinkel .......................................................................................................................... 18

Skoonmaakmiddels .............................................................................................................................. 18

Brood ...................................................................................................................................................... 18

Medisyne ............................................................................................................................................... 19

Koek ....................................................................................................................................................... 19

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

WANNEER DORINGBOSSE BRAND! EXODUS 3:3

Eenmaal baie, baie jare gelede het ñ man van Midian skape in die woestyn opgepas. Hy was

een van baie skaapwagters in daardie gebied.

Om destyds ñ skaapwagter te wees was een van die eenvoudigste beroepe wat ñ mens kan

beoefen. Om ñ skaapwagter te wees was geen skoolopleiding nodig nie. Jy hoef nie matriek te

slaag om skaapgwagter te kon wees nie.

Daarom was dit gewoonlik dogters of jong seuns of slawe wat hierdie nederinge werk verrig het.

Al wat die skaapwagters moes doen, was om die skape soggends by die veekraal uit te lei,

hulle dan na die beste weiveld te neem, te kyk dat hulle water kry, te sorg dat hulle nie wegraak

nie en hulle dan teen die aand weer na die kraal terug te lei.

Die skaapwagters het geen status in die gemeenskap gehad nie.

In Exodus 3 ontmoet ons egter ñ ander tipe skaapwagter..

Hy was ongeveer 80 jaar oud.

Hy was ñ geleerde man wat aan die beste skole en universiteite van Egipteland studier het. As

hy vandag onder ons gewoon het sou ñ mens heel waarskynlik een of ander graad agter sy

naam kon skrywe.

As Lukas later oor hom skrywe dan sê hy: “hierdie skaapwagter was magtig in sy wysheid en

woorde”.

Verder was hierdie skaapwagter ñ opgeleide soldaat wat aan menige oorlog deelgeneem het.

Hy het geweet wat dit was om aan gevaar blootgestel te word, want hy was opgelei in die beste

leer wat destyds beskikbaar was, die leer van Egipte.

Verder was hy ook ñ staatsman. Hy het in die hoogste kringe insy land beweeg, konings en

ministers was sy vriende ………………………………………………………………………………

……………………………………………………………………………………………………………..

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

JESUS GAAN HUISTOE HANDELING 1:8

Daar is seker plekke op hierdie aarde wat ons altyd sal onthou as plekke van afskeid

Soos die lughawe

Of die taxi staanplek

Of die bushalte

Of die begraafplaas waar ons vir oulaas ons geliefdes groet.

En altyd wanneer een van ons dierbares vir ñ lang tyd weggaan, dan bly ñ mens agter met ñ

gevoel van hartseer en vermisting.

Daar was eenmal ñ man.

Hy was gebore in ñ bitterlike klein plekkie met die naam van Bethlehem.

Hy het grootgeword in ñ nog kleiner dorpie met die naam van Nasaret. Nasaret het nie ñ goeie

naam gehad nie, en die Jode het smalend daarna verwys as die agtergebuurte van hul land.

Hierdie Man was nooit op Universiteit nie. Hy het wel saans skoolgegaan in die kerskooltjie van

Nasaret.

Hy het net een keer geskrywe, met sy vinger in die sand! Wat Hy geskrywe het, dit weet ons tot

vandag toe nie, want die winde het sy woorde doodgewaai en weg gewaai.

Hy het nooit oorsee gereis nie, en Hy was nooit buite die grense van Palestina nie. Hy het nooit

ñ kaart en transport van sy eie huis gehad nie, en het geslaap waar die aand Hom oorval het.

Soms het hy onderdak gekry in die huis van vriende, maar meestal het Hy buite in die veld

geslaap met ñ klip onder sy kop.

Hy het nooit sy eie vervoer gehad nie en het gestap waar Hy sou wees. Net eenmal het Hy ñ

eselsvul geleen ……………………………………………………………………………………….

……………………………………………………………………………………………………………

1. Waar Moes hulle gaan werk?

Hul opdrag het gelui begin in Jerusalem. Sommer daar vlakby die Olyfberg was hulle

eerste bestemming.

In die Godstad daar waar die kerk gestaan het, daar waar die mense deur al die eeue

onder die gekland van die woord gesit het.

Daar waar die slim kerkmense gewoon het wat gemeen het dat hulle alles rondom die

woord van God geken en geweet het. ………………………………………………………

……………………………………………………………………………………………………

2. Wat was die aard van hul werk?

Hulle moes oor Jesus gaan praat.

Die opdrag was glashelder: “Julle sal My (Jesus se) getuies!

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

Ñ Getuie is iemand wat eerstehands kennis dra van dinge wat gebeur het. Ñ Getuie was

op die toneel toe die gebeure plaasgevind het. Hierdie getuie moet vertel wat hy/sy

gesien of gehoor het. ………………………………………………………………………

………………………………………………………………………………………………..

3. Waarom het hulle oor Jesus gepraat:

Behalwe die feit dat Jesus hulle bel het om dit te doen was daar ook ander

beweegredes. Die belangrikste rede was seer sekerlik omdat hulle dankbaar was. Jesus

het groot dinge vir hulle gedoen. Jesus het hulle in diens geneem.

Dwarsdeur die Geskiedenis sien ñ mens hierdie verskynsel dat mense wat dankabaar is

nie kan stilbly nie.

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

HOOR DIE ENGELE SING LUKAS 2:14

In die ooste was daar eeue gelede ñ tuin. Dit was die mooiste tuin wat ooit op hierdie aarde

aangele was, want dit was God se tuin.

God het self gesorg vir die blomme en die plante en die gras en die vrugtebome. In God se tuin

het die vrugtebome elke dag vrugte gedra, die blomme het nooit verwelk of hul geur verloor nie,

reën was nie nodig nie en alles in God se tuin het van volmaaktheid gespreek.

God self het aan hierdie tuin ñ naam gegee, die naam parady wat beteken dat ñ stuk van die

hemel het op die aarde geval.

Hierdie hemeltuin was Adam en Eva se huis.

Dit was ñ huis van volmaakte vrede en geluk.

Dit was ñ huis waarin die lam en die leeu saamgewei en die krokkedil en wildsbok saam

gelukkig was.

En saans wat die hoogtepunt van Adam en Eva se bestaan, want dan het God vir hulle in die

geruis van die aandwindjie kom opsoek en kon hulle met God praat soos een vriend met ñ

ander.

Maar toe het alles oornag verander, want sonde het toegang tot die hemeltuin gekry en skielik

was alles anders…..

Vir die eerste keer het harde woorde geval. Adam en Eva het mekaar misverstaan

Vir die eerste keer was daar vinger na mekaar gewys, en was die paartjie diep ongelukkig…

Die vrede van voorheen was daarmeen heen.. Adam en Eva het hulle tuiste en hul sorgvrye

lewensbaan verloor. Skielik was die diere ook nie meer sulke groot maats soos vantevore nie…

En buite die paradys het die onvrede gegroei., want Adam en Eva se oudste kind Kain, …….

……………………………………………………………………………………………………………

1. Wat was die omstandighede toe die Engele gesing het:

Dit was moelike tye.

Die Romeinse soldate het dreunvoet deur God se land gestap. Die jode was

gevangenes in hulle eie land en die soldate was so wreed dat hulle nie omgegee het om

die kindertjies van 2 jaar en jonger met die sward dood te maak nie.

Daarom was inwoners van God se land vreesbevange, wanhopig en opstandig……

……………………………………………………………………………………………….

2. Die inhoud van die boodskap:

Die engele het gesing van vrede op aarde.

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

Vrede in Palestina waar dit has oontmoontlik gelyk het maar ook, vrede in die wêreld

waar onrus en spanning hoogty gevier het…

As ñ mens mooi na hierdie vredeslied luister dan kom jy agter dat die vrede waarvan

hier gesing word sy oorsprong by God self het.

Net God kan werklik vrede verskaf en vrede verseker.

…………………………………………………………………………………………………….

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

DIE KONGING DRINK ASYN JOHANNES 19:30

Was u al teenwoordig waar iemand besig was om te sterf.

Miskien in ñ hospitaalkamer of ouetehuis of iewers tuis omring deur sy dierbares.

Wanneer iemand besig is om te sterwe, dan word daardie sterftekamer ñ besondere plek.

Dit word ñ plek van stilte… besoekers aan die sterftekamer praat nie onnodig en hard nie uit

eerbied vir die dood.

Dit word ñ plek van liefde waar die familie vir oulaas liefdevol proveer om die sterwende se

vetrek van hierdie aarde af makliker te maak. Die lippe word saggies natgemaak, die koue

doodsweet word met ñ liefdeshand van die voorhoof afgeveeg……

Dit word ñ plek van hulp! Die naasbestaandes doen moeite om die laaste versoek van die

sterwende uit te voer.

En as ñ gelowige sterwe dan word die sterftekamer ñ kerkie waar daar uit die Bybel gelees en

die persoon uit God se Woord bemoedig word.

En die herinneringe aan daardie laaste paar oomblikke word soos ñ stukkie goud diep in die

hart bewaar en vir baie maande daarna word daar nog gepraat oor die persoon se laaste woord

of sy laaste opgdragte. …………………………………………………………………………………

……………………………………………………………………………………………………………….

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

DIE HARTE VAN PA EN KIND MALEAGI 4:6

Aan die linkerkant van ñ mens se borskas lê daar ñ besondere orgaan wat ons die hart noem.

As die dokters en wetenskaplikes van die hart praat dan is dit vir hulle bloot ñ spier wat bloed na

alle dele van die liggaam pomp.

En wanneer die hart op ñ dag tot stilstand kom, dan word ñ mens dood verklaar, want sonder ñ

hartklop kan niemand lewe nie.

As ons egter God se woord oopmaak dan vind ons dat God heeltemal anders oor die hart praat.

265 keer word daar van die hart in die bladsye van die Bybel gepraat.

AS God van Dawid praat dan sê God: “hy is ñ man na My hart”.

Wanneer die Emmausgangers die aand nadat hulle Jesus ontmoet het by die huis kom dan vra

hulle vir mekaar: “was ons harte nie brandende in ons nie? Wanneer Dawid gesondig het en hy

voor God belydenis doen dan roep hy uit:” skep vir my ñ rein hart O God”.

En so kan ñ mens voortgaan.

Elke keer wanneer die Bybel van die hart praat dan gebruik die Bybel dit as voorbeeld waar ñ

mens jou diepste gevoelens belewe.

Ook in ons alledagse lewe verwys ons geduring na ons hart:

Wanneer ons iemand aan die dood afgestaan het dan sê ons gewoonlik: “my hart is stukkend of

ek is bitterlik haartseer”

Die jongman wat iewers op die lewenspad die jongmeisie van sy drome ontmoet het sê

gewoonlik: “ek het verlief geraak en my hart klop vining wanneer ek haar sien”.

Wanneer ñ mens bedankings doen dan sê ñ mens dikwels: “ek is jou uit die dielpte van my hart

dankbaar”.

Maar die mooiste van alles is dat God ook oor Sy hart in die bybel praat. ………………

……………………………………………………………………………………………………………….

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

OUJAARSNAG DIENS JOB 16:22

Die pad wat ons nie weer sal loop nie! Aan die buitekant van die meeste dorpe en stede van ons land le daar ñ stuk grond wat

afgekamp is. Ons ken dit as die stortingsterrein of die ashoop.

Die ashoop is die weggooiplek van alles wat stukkend en uitgediend geraak het.

Alles wat ñ mens nie meer wil hê, of nie meer kan gebruik nie beland later op die ashoop. En as

ñ mens so op die ashoop tussen die weggooigoed deurloop dan sien jy verskillende goed wat

eenmaal gebruik was en nou nutteloos geraak het…..

Miskien vind jy daar iewers ñ ou stukkende buiteband wat eenmaal ñ huwelikspaartjie na hulle

wittebrood geneem het.

Miskien lê daar iewers stukkende speelgoed waarmee kinders hulleself urelank kon besig hou.

Tussen die Rommel lê daar miskien ou stukkende portrette van mense wat lankal nie meer

saam met ons is nie, of iewers lê daar, ou stukkende klere wat eenmaal met groot trots iewers

heen gedra was.

Die ashoop is seker die laaste plek waar ñ mens vir ñ preek sou gaan soek om vir mense te

versterk op die lewenspad wat voorlê…………………………………………………………….

…………………………………………………………………………………………………………

Ñ Pad wat aan die verlede Behoort het: In sy ashoop huis het Job terugekyk op die pad wat hy afgelê het.

Hy het gedink aan die gisters en eergisters wat hy belewe het.

Hy het begin terugdink:

Aan die gelukkige oomblikke op sy lewenspad….

Aan die dae van blydskap wat hy beleef het.

Hy het teruggedink aan die geboortes van sys ewe seuns en drie pragtige dogters wat God aan

hom geskenk het. …………………………………………………………………………………………

……………………………………………………………………………………………………………….

Die pad van die toekoms Daar op die ashoop het Job besef: Die pad eindig nie hier nie, want ñ mens se lewe bestaan nie

net uit die verlede nie.

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

Daar is ñ toekoms wat oorbly

En toe het daar oor Job se lippe seker een van die sterkste geloofsbelydennise gekom: “Ek

weet my Verlosser lewe. Ek weet my verlede en my toekoms is veilig in God se hande.

Ten spite van dit wat gister en eergister verkeer geloop het, ten spite van die gebreekte goed in

my lewe weet ek dat ek op God kan staatmaak…..

En toe het daar vir Job op die ashoop ñ nuwe jaar aangebreek. Die ou dinge van gister en

eergister het verbygegaan dit het alles nuut in sy lewe geword.

En nou staan daar so partig in Job se verhaal ….

……………………………………………………………………………………………………………….

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

HIER VOLG DIE NUUS LUKAS 2:11

Hier volg die Nuus Hier volg die nuus….

Die afgelope jaar het ons hierdie woorde by verskillende geleenthede en op verskillende

maniere verneem.

Ons het die woorde gereeld oor die radio gehoor en ons het in koerante en op die televiseskrem

daarvan kennis geneem.

En elke keer wannner ons die dag se nuus verneem het, dan het ons geweet dat hierdie nuus

belangrik was, dat sekere dinge iewers gebeur het wat dit nodig gemaak het dat mense daarvan

moes weet. ………………………………………………………………………………….

………………………………………………………………………………………………………………

Nuus van die Saligmaker: Die woordjie salig beteken gelukkig, en as die Kersnuus praat van die Saligmaker dan beteken

dit Iemand wat mense gelukkig maak.

Reg aan die begin van die mens se geskieden was almal gelukkig.

Die mense was volkome gelukkig want Adam en Eva het nie hartseer of teleurstelling of die

dood geken nie.

Die diere van die veld was gelukkig want hulle het in volkome harmonie met mekaar saam

gewoon. …………………………………………………………………………………..

………………………………………………………………………………………………………………

Nuus oor Christus: Die naam Christus beteken iemand wat tot ñ amp gesalf is.

In die Ou Testament was konings en priesters en profete met geurige olies gesalf om ñ

bepaalde diens te verrig.

Priesters was gesalf om as God se verteenwoordiges sy werk op aarte te verrig.

………………………………………………………………………………………………………………

Nuus oor die Here By die berg Sinai het God uit die vuur geflikker van weerligstrale en met die volk van Israel

gepraat.

Daar het Hy vir hulle gesê: “Ek is die Here jou God wat jou uit die slawehuis bevry het”. Op

Kersdag is hierdie boodksap herhaal, maar so anders as wat die volk verwag het. Want

wanneer die Engele die hemelse nuus oordra dan handel die nuus oor ñ KIndjie in die krip.

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

Jesus was en is die HERE.

As Hy die nag die storm op die see tot stilstand bring dan vra die dissipeles vir mekaar: “Wie is

Hy dat selfs die wind en die golwe aan Hom gehoorsaanm is”?

En wanneer HY van Sy dissipels afkeid neem dan sê Hy vir hulle: “Aan my is gegee alle mag in

hemel en op aarde. Ek is die HERE”.

Nou sit ons vandag in die huis van die Here.

U het so pas na hemelse nuus geluister.

Hoe voel u nadat u geluister het? …………………………………………………..

………………………………………………………………………………………………………………

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

OUJAARSDIENS – GOD SLUIT DIE DEUR GENESIS 6:9-16

God sluit die deur 1,200 jare het verbygegaan nadat God vir Adam en Eva geskape het.

Baie dinge het in daardie jare gebeur.

Die mense het die paradys verloor.

Die aantal mense wat op aarde gewoon het, het baie meer geword,

Die aardbewonders eht geleer om die grond te bewerk en te plant en te oes.

Die aarde was vir hulle goed en hulle het gerieflik gelewe.

Maar hulle het ongelukkig ook ander dinge geleer.

Hulle het geleer om mekaar te haat en mekaar dood te maak.

Hulle het geleer om God uit hulle wêreld te verban.

Hulle het begin leef asof God geen seggenskap oor hulle lewe en oor die aarde ….

………………………………………………………………………………………………………………

God self het die deur toegesluit Daardeur het God gesê: “Ek neem verantwoordelikheid vir julle veiligheid!”

Daar sit iets finaals in hierdie woorde. Die geslote deur praat van ñ tydperk wat afgehandel was

en ñ nuwe tydperk wat begin het.

Die geslote deur praat van skeiding, van twee groepe mense, die groep aan die buitekant en die

ander groupie wat die veligheid van die ark opgesoek het. Net agt mense was binne die ark.

Buitekant was daar duisende mense………

………………………………………………………………………………………………………………

Die Ark se geslote deur praat ook van geande Vir Noag het die Nuwe jaar begin die oomblik toe God die deur agter hom toegsluite het. Hulle

sou ñ volle jaar lank op die waters ronddrywe.

Dit was nie altyd maanskyn en rose op daardie skip nie.

Noag was ñ mens net soos ons en daarom kan ons aanneem dat daar ook maar

twyfelgedagtes in sy kopbeen omgegaan het.

Miskien was daar ook oomblikke van kleingeloof toe hy gewonder het wat die toekoms vir sy

familie in die ark ingehou het.

Miskien het Noag ook gewonder, ……………………………………………………..

………………………………………………………………………………………………………………

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

KINDERBOODKSAP - GOD SE WINKEL JESAJA 55:1

Kinderboodskap – God se Winkel As ñ mens vandag deur die strate van enige dorp stap, dan sien jy in amper elke straat iewers ñ

winkel.

Soms is die winkels groot, jy kan omtrent enigiets daar koop.

Ander winkels is weer klein, oral stamp jy teen die rake en die goed wat rondstaan, en baie keer

word dit sommer vanaf die sypaadjies bedrywe.

By al die winkels is een ding egter dieselfde: as jy iets by daardie winkel wil hê… moet jy

daarvoor betaal. Elke item het ñ prys………………………………….

………………………………………………………………………………………………………………

God se genadewinkel Kom ons kyk vanmôre na ñ paar items wat ñ mens by ñ gewone winkel kan koop en kom ons

vergelyk dit met wat ons in God se winkel kan kry.

Dis ñ siekte wat veroorsaak word deur sonde.

Iemand wat sonde doen word later so siek dat almal dit kan raak sien, want so ñ persoon raak

later lelik. Hy kom met niemand oor die weg nie. Sy woorde raak lelik. Sonde maak nie net

mense vuil nie ………………………….

………………………………………………………………………………………………………………

Skoonmaakmiddels Uit hierdie inkopsiesak haal ek vanoggend seep, waspoeier, bleikmiddels en opwasmiddels.

Ñ mens koop hierdie goed omtrent elke week. Hierdie goed is bedoel om skoon te maak en te

reining. Mense hou van goed wat vuil is……..

………………………………………………………………………………………………………………

Brood Die tweede item in my inkopiesak is hierdie brood. Dwarsdeur die wêreld eet mense brood.

Soms verskils die brood wat mense eet van mekaar. So eet mense in ñ gedeelte van Rusland

swart rogbrood. Die Grieke weer hou van ronde brode. Die Franse van lang brode en ons eie

brood se vorm ken ons baie goed.

Brood praat van mense wat honger is en wat daarom boor eet en versadig en gevoed word.

………………………………………………………………………………………………………………

©2016 Ds Jurie Van Rooy [email protected] Posbus 1157, Worcester 6849

Medisyne In my inkopsiesak is daar vanoggend ook medisyne, pille en hoesstroop en oogdruppels.

Mense raak soms siek en wanneer ñ mens siek is, voel jy nie lekker nie…

Wanneer iemand in die huis siek word dan word daar gewoonlik eers sommer met huisrate

gedokter.

Met lewensessens en wilde als, Met keurtjies en versterkdruppels.

As die siekte voortduur gaan ñ mens dokter toe, en as jy terugkom keer jy terug met pille en

medisyne…………………

………………………………………………………………………………………………………………

Koek Dis die laaste item uit die inkopiesak.

Wanneer ñ mens ñ koek in die huis of in ñ saal sien dan weet ñ mens dat hier iets is om te vier.

Dit praat van blydskap…

………………………………………………………………………………………………………………