wapad - 18 januarie 2016

12
V ryheid, vreeslike vryheid” is waarna Bronwyn Oosthuizen, ’n eerstejaar in BA regte, die meeste uitsien. Die eerstejaars se ver- wagtinge verskil baie met die ervaring van hul huis- komiteelede. Tog stem almal ooreen dat jy jou horisonne op universiteit verbreed, diverse kulture leer ken en – soos die NWU-Puk se leuse lui – “graadkry met lekkerkry klaarkry”. Eerstejaars se ver- wagtinge Hannes Beukes, ’n eerste- jaar in BSc inligtingstegnolo- gie, het die NWU-Puk gekies omdat dit ’n “verskriklike goeie kampus met baie goeie fasiliteite” is. Die NWU-Puk se omgewing het Tumelo Nkosi, ’n eerste- jaar in BA sielkunde, hierheen gelok. Sy verwag om nuwe dinge te leer en nuwe mense te ontmoet. Volgens Nelene Van der Westhuizen, primaria van Bellatrix-vrouekoshuis, is dit lekker om te sien hoe eerste- jaars op sosiale vlak floreer. Die grootste les wat sy in haar eerstejaar geleer het, is om “vir geen geleentheid nee te sê nie”. “Dit is werklik al manier hoe jy lewenslange vriende en her- inneringe maak. Ek het geleer om groot uitdagings aan te pak om te groei en myself in die proses te leer ken.” Ben Pretorius, ’n eerstejaar in BEd onderwys, het trompop gesê die universiteit is anders as skool, omdat dit nie soos ’n tronk voel nie. Hy het gesê hy sal graag by ’n uitreikkomitee soos SJGD betrokke wil raak. Philna Coetzee, ’n eerstejaar in BMus musiek, is ’n bietjie skrikkerig vir die vreemdheid, “want jy’s op jou eie”. Sy sal graag by die NWU-Pukkoor wil aansluit. Wat sê hul seniors? Marike Engelbrecht, pri- maria van Huis Republiek, het gesê eerstejaars groei in hul menswees. “Hulle stap onseker hier in, omdat dit ’n nuwe omgewing is. Deur die loop van die jaar neem hulle meer deel en kom sterker aan die ander kant uit,” het Engelbrecht gesê. Sy het gesê baie eerstejaars kom met die verwagting dat universiteit ’n lekker jol is, sonder om te besef dat jy ewe hard moet leer én speel. Engelbrecht het in haar eerste jaar geleer jy moet ’n bok vir sports wees en alles met ’n goeie gees doen. “Jou eerstejaar is die lekkerste tyd van jou lewe en dit gaan ver- skriklik gou verby.” Elric Pretorius, die pri- geleentheid kry om een-tot- een met hulle te werk en werklik te sien hoe jy ’n verskil in 90 ouens se lewens kan maak”. Seniors pas aan by oorgang tot R&O Benewens opinies van eerstejaars soos Kazumi Saki- moto, eerstejaar in Bellatrix- vrouekoshuis, wat meen dat die huiskomitee “soos vriende” is, het Wapad ook geluister na seniorstudente se menings rondom die oorgang van O&B na R&O. Hoewel baie seniorstudente die ou Ontvangs en Bekend- stelling (O&B) verkies, is ander seniors positief en optimisties oor die huidige Registrasie en Oriëntering (R&O). Jozua Jacobs, die primarius van Thaba-Jäh-manskoshuis, was sewe jaar gelede ’n eerste- jaar. “Ontgroening was nog aanvaar en die HK-lede het die mag gehad om te forseer,” het hy gesê. Jacobs het egter “saam met die verandering gegroei” toe hy verlede jaar op die HK ge- dien het en die transformasie geïmplementeer het. “Die ou tradisies moes ge- skrap word om plek te maak vir nuwe tradisies om meer trots in ons eerstejaars te kweek – nie te forseer nie,” het hy gesê. Jana van der Merwe, ’n derdejaar in Wanda-vrouekos- huis, stem egter nie hiermee saam nie. Hoewel nie 70% van die ou O&B-program uit akad- emiese aktiwiteite bestaan het nie (soos destyds beweer is), is “koshuisbande en groepsdi- namika” bevorder, het Van der Merwe gesê. “Ons was nader aan mekaar toe jy almal se name moes ken. Daar was ’n samesyn omdat almal dieselfde dinge deurgemaak het,” het sy gesê. Waar daar vorheen “blom- metjies gevou, liedjies geskryf en baie rondgestap” is, het Van der Merwe gesê dat die HK deesdae die eerstejaars moet smeek om blommetjies te vou. Boonop is die seniorontmoet- ing “sleg” vandat die eerste- jaars menseregte het. Volgens Welmari Pretch, ’n oud-huiskomiteelid van Wanda, is die enigste veran- dering van O&B tot R&O dat die eerstejaars hul seniors nie meer met titels aanspreek nie. “Ek dink dis wat mense die meeste ontstel het, maar ons lewe nie meer in die jare vyftig nie.” Verward en onseker, maar 'O, die vryheid! JESSICA OOSTHUIZEN & LISA IMMELMAN @Jess_Oh & @lisa_immelman12 18 Januarie 2016/ Eerstejaarsuitgawe LEES JOU KAMPUS Duisende eerstejaars arriveer Duisende eerstejaars arriveer Dit is werklik al manier hoe jy lewenslange vriende en herinner- inge maak. Ek het gel- eer om groot uitdag- ings aan te pak om te groei en myself in die proses te leer ken. marius van Patria, het gesê die eerstejaars ontwikkel ’n trots vir mekaar, asook vir die diversiteit op kampus. Hy hou daarvan dat hy “die FOTO: HARDUS LUDICK

Upload: wapad

Post on 25-Jul-2016

260 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Lees jou kampus.

TRANSCRIPT

Page 1: Wapad -  18 Januarie 2016

Vryheid, vreeslike vryheid” is waarna Bronwyn Oosthuizen,

’n eerstejaar in BA regte, die meeste uitsien.

Die eerstejaars se ver-wagtinge verskil baie met die ervaring van hul huis-komiteelede. Tog stem almal ooreen dat jy jou horisonne op universiteit verbreed, diverse kulture leer ken en – soos die NWU-Puk se leuse lui – “graadkry met lekkerkry klaarkry”.

Eerstejaars se ver-wagtinge

Hannes Beukes, ’n eerste-jaar in BSc inligtingstegnolo-gie, het die NWU-Puk gekies omdat dit ’n “verskriklike goeie kampus met baie goeie fasiliteite” is.

Die NWU-Puk se omgewing het Tumelo Nkosi, ’n eerste-jaar in BA sielkunde, hierheen gelok. Sy verwag om nuwe dinge te leer en nuwe mense te ontmoet.

Volgens Nelene Van der

Westhuizen, primaria van Bellatrix-vrouekoshuis, is dit lekker om te sien hoe eerste-jaars op sosiale vlak floreer.

Die grootste les wat sy in haar eerstejaar geleer het, is om “vir geen geleentheid nee te sê nie”.

“Dit is werklik al manier hoe jy lewenslange vriende en her-inneringe maak. Ek het geleer om groot uitdagings aan te pak om te groei en myself in die proses te leer ken.”

Ben Pretorius, ’n eerstejaar in BEd onderwys, het trompop gesê die universiteit is anders as skool, omdat dit nie soos ’n tronk voel nie. Hy het gesê hy sal graag by ’n uitreikkomitee soos SJGD betrokke wil raak.

Philna Coetzee, ’n eerstejaar in BMus musiek, is ’n bietjie skrikkerig vir die vreemdheid, “want jy’s op jou eie”. Sy sal graag by die NWU-Pukkoor wil aansluit.

Wat sê hul seniors?Marike Engelbrecht, pri-

maria van Huis Republiek, het gesê eerstejaars groei in hul menswees.

“Hulle stap onseker hier in, omdat dit ’n nuwe omgewing is. Deur die loop van die jaar neem hulle meer deel en kom

sterker aan die ander kant uit,” het Engelbrecht gesê.

Sy het gesê baie eerstejaars kom met die verwagting dat universiteit ’n lekker jol is, sonder om te besef dat jy ewe hard moet leer én speel.

Engelbrecht het in haar eerste jaar geleer jy moet ’n bok vir sports wees en alles met ’n goeie gees doen. “Jou eerstejaar is die lekkerste tyd van jou lewe en dit gaan ver-skriklik gou verby.”

Elric Pretorius, die pri-

geleentheid kry om een-tot-een met hulle te werk en werklik te sien hoe jy ’n verskil in 90 ouens se lewens kan maak”.

Seniors pas aan by oorgang tot R&O

Benewens opinies van eerstejaars soos Kazumi Saki-moto, ʼn eerstejaar in Bellatrix-vrouekoshuis, wat meen dat die huiskomitee “soos vriende” is, het Wapad ook geluister na seniorstudente se menings rondom die oorgang van O&B na R&O.

Hoewel baie seniorstudente die ou Ontvangs en Bekend-stelling (O&B) verkies, is ander seniors positief en optimisties oor die huidige Registrasie en Oriëntering (R&O).

Jozua Jacobs, die primarius van Thaba-Jäh-manskoshuis, was sewe jaar gelede ’n eerste-jaar. “Ontgroening was nog aanvaar en die HK-lede het die mag gehad om te forseer,” het hy gesê.

Jacobs het egter “saam met die verandering gegroei” toe hy verlede jaar op die HK ge-dien het en die transformasie geïmplementeer het.

“Die ou tradisies moes ge-skrap word om plek te maak

vir nuwe tradisies om meer trots in ons eerstejaars te kweek – nie te forseer nie,” het hy gesê.

Jana van der Merwe, ’n derdejaar in Wanda-vrouekos-huis, stem egter nie hiermee saam nie. Hoewel nie 70% van die ou O&B-program uit akad-emiese aktiwiteite bestaan het nie (soos destyds beweer is), is “koshuisbande en groepsdi-namika” bevorder, het Van der Merwe gesê.

“Ons was nader aan mekaar toe jy almal se name moes ken. Daar was ’n samesyn omdat almal dieselfde dinge deurgemaak het,” het sy gesê.

Waar daar vorheen “blom-metjies gevou, liedjies geskryf en baie rondgestap” is, het Van der Merwe gesê dat die HK deesdae die eerstejaars moet smeek om blommetjies te vou. Boonop is die seniorontmoet-ing “sleg” vandat die eerste-jaars menseregte het.

Volgens Welmari Pretch, ’n oud-huiskomiteelid van Wanda, is die enigste veran-dering van O&B tot R&O dat die eerstejaars hul seniors nie meer met titels aanspreek nie.

“Ek dink dis wat mense die meeste ontstel het, maar ons lewe nie meer in die jare vyftig nie.”

Verward en onseker, maar 'O, die vryheid! JESSICA OOSTHUIZEN & LISA IMMELMAN

@Jess_Oh & @lisa_immelman12

18 Januarie 2016/ Eerstejaarsuitgawe

LEES JOU KAMPUS

Duisende eerstejaars arriveerDuisende eerstejaars arriveer

Dit is werklik al manier hoe jy lewenslange vriende en herinner-inge maak. Ek het gel-eer om groot uitdag-ings aan te pak om te groei en myself in die proses te leer ken.

marius van Patria, het gesê die eerstejaars ontwikkel ’n trots vir mekaar, asook vir die diversiteit op kampus.

Hy hou daarvan dat hy “die

FOTO: HARDUS LUDICK

Page 2: Wapad -  18 Januarie 2016

2 18 Januarie 2016Nuus

Noordwes-Universiteit se hoë bome

VISEKANSELIER Prof Dan Kgwadi

ADJUNK- VISEKANSELIERNavorsing, innovasie en tegnologie

ADJUNK- VISEKANSELIEROnderrig-leerProf Martin Oosthuizen

Potchefstroom- kampusProf Fika Janse van Rensburg

Vaal DriehoekkampusProf Linda du Plessis

MafikengkampusProf Mashudu Davhana-Maselesele

Prof Susan Visser

Onderrig-leer

Navorsing, innovasie en tegnologie &Onderrig-leer

Navorsing, innovasie en tegnologie

Onderrig-leer

SAAMGESTEL DEUR JEANELLE GREYLING

FOTO'S: HARDUS LUDICK, NWU

OPINIE: Universiteit beteken armoede en selfstandigheid

Die sprong van skool na universiteit behels ’n harde trefslag aarde toe, armoede en min slaap. Die onderwysers op skool is darem nog méns: hulle herinner jou aan toetse, baken jou werk vir jou af en probeer om punte bymekaar te skraap sodat jy kan deurkom. Dosente, daarenteen, gaan jou nie aan elke toets herinner of jou handjie neem om woord vir woord deur die

handboek woord gaan nie. As jy nie ook jouself kan help nie, gaan jy nêrens kom nie. Jy pak ook nuwe verantwoordelikhede op universiteit. Jy leer vinnig om die etiket op jou kledingstukke te lees voor jy dit was of in die tuimeldroër gooi. Jy vind ook gou uit dat Sta-Soft nie direk op klere gegooi kan word nie. Lang storie kort: dis nie lekker om die eerste paar weke met gekrimpte of gevlekte klere rond te loop nie! Nog iets waarvoor jy self

verantwoordelikheid moet neem is jou yskas. Indien die yskas wel kos bevat, moet jy dit wat jy nie eet nie, betyds

weggooi voordat jy ’n nuwe tipe fungi begin kweek. Op skool het jy geweet wat in klasse aangaan en wat die werk behels. Op Universiteit kry jy gereeld ’n oomblik waar jy in die klas sit terwyl die dosent praat en jy het nie ’n idee wat gesê word, waaroor dit gaan of hoekom jy dit enigsins moet weet nie. Jy ervaar soms daardie eksistensiële krisis waar jy jouself afvra: “Wat maak ek hier?” Ten spyte van die

universiteitstres, is dit soveel beter as skool. Hier het jy ongekende vryheid, die mensebronne om jou raak nie op nie, so te sê alles is aanvaarbaar en alhoewel jy arm is, is jy as mens op universiteit eintlik soveel ryker.

Dosente gaan jou nie aan elke toets herin-ner of jou handjie neem om woord vir woord deur die hand-boek woord gaan nie.

INGE JANSE VAN RENSBURG

VISEREKTORE

POTCHEFSTROOMKAMPUS VAAL DRIEHOEK- KAMPUS

MAFIKENGKAMPUS

Navorsing, innovasie en tegnologie

Prof Rantoa Letsosa

Prof Tinie TheronProf Eno Ebenso Prof Luvuyo Lum-

kile Lalendle

KAMPUSREKTORE

Page 3: Wapad -  18 Januarie 2016

3 18 Januarie 2016 Nuus

Opgewonde eerstejaars het verlede Woensdag saam met die kleuterskoolkinders op Ikageng bal en eenbeentjie gespeel, hul gesigte geverf, help koekies versier en vir hulle lekkers uitgedeel.

Sowat 5 000 eerstejaars het 13 Januarie verskeie projekte bygewoon en só teruggeploeg in die gemeenskap.

Wapad het een groep op ’n SJGD-bustoer na Angel Pre-school vergesel.

Carlé Geldenhuys, ’n pro-jekleier, het gesê die bustoere was aanvanklik om bewus-making onder die eerstejaars te kweek.

Eerstejaars soos Lika Preto-rius en Thanette Maritz was aangenaam verras.

“Ek kan sien dat hulle doen regtig moeite vir die kinder-tjies,” het Pretorius gesê.

Anna Nambane, die stigter van Angel Pre-school, het gesê hulle is dankbaar vir die kosskenkings wat hulle ont-

Nuwelinge SJ-Géé-Dvang het. Die skoolfooie wat sommige leerlinge se ouers betaal, “is maar min, want sa-larisse moet betaal word”.

Die meeste van die perso-neel is vrywilligers.

Dié projek is slegs een van die 87 projekte wat SJGD (Stu-dente Jool gemeenskapsdiens) behartig.

Die kategorieë is vroeë kinderontwikkeling, kwesbare volwassenes en –jeug, kinder- en jeugontwikkeling, uitreik-ing en fondswerwing.

Elke koshuis kan een van drie voorgestelde projekte kies. Die kriteria fokus op die gemeenskap se fisiese-, finansiële-, akademiese- en emosionele behoeftes.

As die drie bene van SJGD – volhoubaarheid, bewusmak-ing en bemagtiging – bereik is, onttrek die koshuis.

Volgens Janine Möller, SR-SJGD, is sowat 3 000 stu-dente regoor kampus betrokke by gemeenskapswerk.

“As ons realisties is, help ons so 4 000 mense.”

Projekleier-aansoeke open 2 Februarie. (Navrae: F14 K121)

TYRAH JACOBS

@jacobstyrah

Vermaaklike sprekers soos G.P. van Rheede van Oudtshoorn en

die Lagnes Monsters het die eerstejaars verlede Saterdag-aand oor hul regte ingelig.

Dié improvisasiegroep het op die deelname en emosies van die gehoor staatgemaak

Lagnes beeld jou menseregte uitBOUDINE KRUGER

@BoudineKruger

Sommige eerstejaars is reeds touwys: PG Krüger, ’n eerste-jaar, het gesê hy het reeds ’n diploma in fotografie. Dus gaan hy sy kennis inspan en professionele foto’s vir sakgeld neem.

Die mees algemene werk is egter dié van ’n kelner.

Restaurante soos Café Fiori neem die skedule van ’n vol-tydse student in ag en bied die geleentheid om vir werktye te skiet wat jou pas.

Fiori vereis dat jy jou opleiding van drie skofte slaag. Tydens die eerste skof dek jy die tafels af en maak dit skoon. Jy werk die tweede keer saam met ’n kelner om die sisteem en die betaling-saspekte te leer ken. Jy werk die derde keer op jou eie.

om veral gelykheid, vryheid en menswaardigheid uit te beeld.

Van Rheede van Oudts- hoorn, ’n kommunikasie-dosent met ’n agtergrond in kulturele kommunikasie, het hierdie waardes ook kortliks bespreek.

Gelykheid beteken dat alle mense ongeag hul ras, ouder-dom, kultuur, agtergrond, sek-sualiteit of geloof gelyk is aan mekaar, het Van Rheede van

Lag al die pad bank toe: wenke vir dikker beursieMICHÉLLE VAN WYK

@Michellevanwyk10

Oudtshoorn verduidelik. Dit is dus verkeerd om van sekere groepe mense te verwag om titels te gebruik of persoonlike takies vir ander te verrig.

“Dit wat ons almal hier is, is

gelyk,” het hy gesê.Vryheid spreek selektiewe

perking aan. Dit beteken nie-mand mag toegang tot sekere plekke, soos kuierplekke of badkamers, geweier word nie. Jy kan ook nie van niemand verwag om aktiwiteite by te woon wat op hul studietyd indring nie.

O, en goeie nuus vir die vrouens: niemand mag jou verbied om juwele en grimer-

ing te dra nie. Menswaardigheid, nóg ’n

belangrike reg, beteken geen persoon mag iemand anders in enige manier aantas nie.

Om neerhalend teenoor iemand te praat of hulle te teister, tas dus hulle mens-waardigheid aan.

Hierdie drie regte vorm ’n basis vir die regverdige behan-deling van alle studente op kampus.

Dit wat ons almal hier is, is gelyk

As “gekwalifiseerde” kelner moet jy ten minste drie skofte ’n week werk.

Elke tafel gee vir jou ’n fooi-tjie (tip) en Fiori gee ook vir jou ’n persentasie kommissie op die verkope wat jy vir die restaurant verdien.

Eugenie Cronje, ’n derde-jaar, het gesê sy gaan maar kelnerwerk doen – “wat an-ders is daar?”

As jy egter nie so handig daarmee is om doppe aan te dra nie, kan jy jou kunsvlyt op die Facebook-blad, Maak Iets, Maak meer geld, adverteer.

Nog ’n manier om geld in die sak te bring, is om ekstra klasse by PiTutor, ’n private onderriginstansie, aan te bied.

Jy kan in jou eie tyd vir leerlinge van Graad 1 tot 12 in enige vakgebied waarmee jy vertroud is, klasgee.

Jy word minstens R100 ’n uur betaal.

Die NWU-Potchefstroom-kampus bied ’n verskeiden-heid platforms wat jy kan benut om jou stem te laat hoor.

Dié muntstuk het egter twee kante: omdat ’n stem aan jou gegee word, moet jy jouself verantwoordelik uitdruk, anders kan jy vinnig in die sop beland.

Die 24/7 klagte-en gedag-telyn (31750) word dikwels benadruk, so eintlik mors ons ons asem om te noem dat jy en Pukki oor enigiets kan gesels.

Jy kan vir Pukki sê dat jy motivering vir ’n toets be-nodig en by hom kla as die luidsprekers tydens die ses- sies in die Amfiteater effens te hard vir jou sensitiewe ore is.

Debat: vorm ’n ingeligte opinieRAYNIQUE MEYER

@RayniqueM

O, en kla asseblief oor die Studentesentrum (SS) se kof-fie in die tweede semester (jy sál ná jou eerste eksamen, as jy verstaan wat ek bedoel).

As jy nou regtig mal oor jou eie handskrif is, kan dié kom-munikasie ook skriftelik plaas-vind: gooi ’n oog by die geel houers naby de Jonge Akker.

Mense wat nie hier stu-deer nie, het verlede jaar hul monde vol gehad oor die

Studenteraad (SR), die NWU-strukture, koshuise, die kam-puskultuur en die studente.

Die SR het met ’n oploss-ing vorendag gekom deur die hutsmerk #BreekDieStilte op hul Facebook-blad in te stel.

Hier kan die NWU-Puk-studente (ja, eerstejaars ook) hul opinies deur middel van foto’s, stories of videogrepe lug.

Sê nou: #DankieSR 2, 3.Die NWU-Puk Debate

Society, sowel as ’n jaarlikse koshuisdebattoernooi, voors-ien vir dié met die seepglad-monde.

Laaste, maar beslis nie die minste nie, kan jy nie bekostig om jou gunsteling kampus-koerant te vergeet nie. Trek jou stoute skoene aan en maak Wapad jou “boude” vir die jaar 2016. Ons is jou mondstuk op kampus.

Check ons elke tweede Don-derdag uit.

Omdat ’n stem aan jou gegee word, moet jy jouself verant-woordelik uit-druk

Page 4: Wapad -  18 Januarie 2016

4 18 Januarie 2016Nuus

How to survive residence lifeBIANCA VISAGIE

Chaos. Fear. Gaining weight. These are just a few words associated

with one’s first year of univer-sity.

As you are reading this you’ve already survived your first week, which means you know just how exhausting Registration and Orientation (R&O) can be – especially if you’re in a residence.

R&O is a stressful, yet excit-ing time. You get to know new people, get introduced to campus and residence life and you start to make the NWU-Puk your home.

But surviving the residence life can be hard. The nights are long, you don’t get enough sleep and the seniors are always going off at you for not remembering their names.

Don’t worry, there is light at the end of the tunnel: your second year.

Yet, your second year is too far ahead in the future. You have to focus on surviving your first year. You can do that by following these 10 tips and tricks.

1. Get used to the scowls and frowns.

Let’s face the facts, you are not going to remember all the seniors’ names and faces in your residence. Some of them are not even going to glance at you when you walk by.

That’s fine. The most im-portant thing to remember is to make an effort – don’t just give up.

Ask them what their name is, even if you have to do it repeatedly. Don’t let the dirty looks get you down.

2. Comfy shoes.As you might have realized,

you’re going to walk a lot. According to the NWU’s

website, the Potchefstroom Campus is the largest campus of the NWU. Wear comfort-

@BlinksVisagie

able shoes. Your feet are going to hurt. Wear flats or running shoes.

3. Figure out which en-ergy drink works for you.

You will pull a few all-night-ers, and ‘sleep’ won’t be in your R&O dictionary. It’s best to figure out which energy drink keeps you awake – and stock up.

4. Get to know your roommate and the other first years.

The people in your resi-dence know what you’re going through physically and emo-tionally. They can support you through the madness.

5. Get involvedFirst years’ concert, Rag,

debate, SJGD, AKSA, residence netball, rugby…

The list of things to do and how you can stay involved is a long one.

That’s because being in-volved is the best way to find your feet.

Do as much as you can without wearing yourself out. Plus, if you get involved in your residence, the seniors know you really want to be there.6. Learn to cope with homesickness.

You’re in a new place with a lot of strange people, so you’re bound to miss home.

Find a way to deal with those feelings, like calling your mom or sending emails home.

7. Go out.We’re all adults here (or at

least we’re trying to be) and

we all know about Potch’s vibrant student life.

Sooner or later you’ll find yourself in Impala or Bour-bons. Just remember: every-thing in moderation. Going out is a good way to get rid of the first-year stress, but take it easy. It’s not cool to pass out on Bourbons’ bathroom floor.

8. Declutter your resi-dence room.

Take the iron and all those clothes you don’t wear home. You’re not going to iron any-thing for the next four years and you’re going to wear the same five outfits every week.

No one likes a messy resi-dence room – especially your roommate. Decide what can go home and make things a little easier for yourself when you have to move out.

9. Buy enough underwear. No one has time for laundry,

especially during R&O. Don’t be anti-underwear, it keeps it all together. You can get away with wearing the same pair of jeans for five days straight, but not the same pair of under-wear. Buy enough to last you a month.

10. Be prepared to be completely unprepared.

Your first year is going to be overwhelming and you’re going to feel unprepared – especially after R&O when you don’t know what to do with your time.

Just remember that you're not alone. Even third and fourth year students feel un-prepared, so do the best you can with what you have and enjoy it.

PHOTO: HARDUS LUDICKA residence entails many traditions, yet it is surviving all these quirks that ensures one's pride.

Page 5: Wapad -  18 Januarie 2016

5 18 Januarie 2016 Nuus

Kry rigting!...op kampus

Daardie gebou op jou Puk-dagboek? Nou ja, dis die oudste gebou op kampus.

Hoofgebou (Regtegebou)

Lovers' LaneLoop vanaf die Hoofgebou verby die biblioteek, en draai links. Jy bereik naderhand die Studente-sentrum (SS) as jy Lovers’ Lane volg.

Die eerste gebou wat jy regs in Lovers’ Lane aantref. By die eerste ingang is die kantore van al die hoë bome van die bestuur. Die tweede ingang is waar studente registreer.

F1

Wasgoed-pennetjielaan

Die studente het dié laan so gedoop weens die monument (regs) wat jou aan wasgoedpen- netjies herinner. Die voetpad loop paral- lel met Lovers’ Lane en verbind die SS en die Draak.

Tussen die Hoofge-bou en Wasgoedpen-netjielaan.

Totiussaal

As jy verby die Amfi en SS stap, sal dié gebou voor jou staan. G1 het dié naam gekry weens sy verskeie pilare wat van onder soos die spinnekop in Wild, Wild West se bene lyk.

G1 (Spinnekopgebou)

Loop onderdeur die Spinnekop, tussendeur die twee parkeer-terreine. Die pad neem jou effens links, ‘but follow this yellow brick road’. Jy loop tussendeur groot geboue wat soos skure met rooi dakke lyk. Uiteindelik kom jy by ’n stopstraat tot stil-stand met ’n groot parkeerterrein voor jou. Loop links in die parkeerterrein af, langs die muur, tot jy die duikweg sien.

Ingenieursduikweg

As jy na die Hoofgebou kyk, stap jy links. Jy kom by ’n brug uit en loop onderdeur. As jy met jou rug na die brug staan, loop jy reguit tot jy onderwysstudente sien (hulle staan uit).

Onderwyskampus Is jy lus om by ’n meisie se koshuis te kuier? Sê jou eksamenrooster jy skryf in die Weet en Sweet? Dan moet jy beslis weet dat dié tonnel, versier met die muurskilderye van oudstudente, agter die Hoofgebou geleë is.

(moenie met die Ingenieurs-duikweg verwar nie)

DUIKWEG

DEUR BOUDINE KRUGER @BOUDINEKRUGER

FOTO'S: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Page 6: Wapad -  18 Januarie 2016

18 Januarie 2016Advertensie 6

C

M

Y

CM

MY

CY

CMY

K

tal_newspaper_NWU_390x260.pdf 1 2015/07/01 7:23 AM

Page 7: Wapad -  18 Januarie 2016

7 18 Januarie 2016

Valkenburg is nie Flatlander wat net ’n naamverandering

ondergaan het nie. Hoewel Richann Brüssow

(hoofsanger en kitaarspeler) en twee van die ander Valken-burg-lede ook van Flatlander deel was, is dit “’n hele nuwe projek op sy eie.”

“Flatlander was hoofsaaklik Engelse musiek gewees en Valkenburg gaan nou hoof-saaklik Afrikaanse musiek wees,” het Brüssow gesê.

“As dit ’n mens se emosie van ’n plek na ’n ander plek

Valkenburg ander deuntjie as FlatlanderFOTO: FACEBOOK

TYRAH JACOBS

@JacobsTyra

toe kan vat, dan is dit cool,” het Brüssow oor hul musiek gesê.

Brüssow vertel dat dié mu-siekgroep nie jou normale twee electrics, bass en dromme is nie. Valkenburg gebruik talle instrumente om musiek mee te maak.

Valkenburg bestaan uit Brüssow, Jan-Louis van den Berg (tromme), Deklerk Naudé (you name it, oor die algemeen trekklavier en uku-lele) en André Huyser (elek-triese kitaar).

Dié Potch-band skop vanjaar se JOOL-program af. Jan-Louis van den Berg verlaat egter die groep ná JOOL om die werkslewe te betree.

“Ons het dit saam met hom (Constant van Graan) met Afri-visie begin. Daar was ’n liedjieskryfkompetisie, toe het hy dit saam met ons gedoen en toe het ek net daarna by hom as die hoofsanger oorge-

neem,” het Brüssow vertel.Van Graan gaan tydens

JOOL hul Afri-visie inskry-wingsliedjie, “Slot en Grendel”, saam met hulle sing.

Die oorsprong van die groep se titel is Ingrid Jonker se gedig “Ontvlugting”, wat later deur Chris Chameleon getoonset is. Brüssow het baie van dié toonsetting gehou.

Valkenburg is aanvanklik deur ’n radiostasie gevra om ’n liedjie te skryf wat oor Kerstyd uitgesaai kan word. Die liedjie moes nie so erg met Kersfees self te doen hê nie, maar moes eerder “soos ’n vakansie-song” wees. Só het “Goud en Mirre” ontstaan. Volgens Brüssow mik Valken-

burg om vanjaar ’n EP te maak en om soveel moontlik op te tree.

Valkenburg wil in 2016 baie meer reis om hul naam te be-mark en mense se reaksie op hul genre te sien. ’n Paar nuwe musiekvideo’s is moontlik óók op die horison.

Valkenburg word onder an-dere deur NEEDTOBREATHE, Coldplay, Chris Chameleon, Die Heuwels Fantasties, Imag-ine Dragons en Mumford and Sons geïnspireer.

Brüssow meen dat studente oor die algemeen baie van indie musiek hou – “as jy ’n banjo, ukulele of trekklavier daar uittrek, het jy al klaar hulle aandag”.

As jy ’n banjo, ukulele of trek-klavier daar uittrek, het jy al klaar hulle aan-dag

Kuns & Vermaak

ekhouvanjou,okay! is vier volwasse jong mans, waarvan drie getroud is en twee reeds kinders het, wat nou ná 'n twee jaar lange vakansie weer besluit het om die mikrofone op te tel.

Só beskryf Louis Janse van Rensburg die musiekgroep waarvan hy, Roux Cloete, Arno de Beer en Ruan Kruger deel is.

Dié groep het in Mei verlede jaar met hul nuutste enkelsnit "Moeilikheid" na die musiek-wêreld teruggekeer.

Hulle tree al sedert 2010 saam op.

Cloete het die groep in 2011 verlaat en hulle het Junie 2013 ophou musiek maak.

Volgens Janse van Rensburg het hulle reeds aan die begin van 2015 die opname van ’n nuwe liedjie, sowel as hul vyf jaar reünie tydens Clover-Aardklop (2015), bespreek.

“Roux, nou werksaam by Universal Musiek, het die proses aan die gang gekry en hier sit ons nou,” het Janse van Rensburg gesê.

ekhouvanjou,okay! hedendaagse boksombende

"Moeilikheid" is deur Vaughan Gardiner in Johan-nesburg opgeneem, maar die musiekvideo is eers November in Potchefstroom en op ’n plaas buite Fochville geskiet.

Die musiekvideo is deur die gewilde reeks Trompie en die boksombende geïn-spireer. In dié video vang ekhouvanjou,okay! katte-

kwaad as die boksombende aan en neem onder meer die strate te fiets oor.

“Ons almal was groot aanhangers van die boksom-bende toe ons laaities was. Roux is nogal 'n genius met sulke goed.

Die Trompie-idee was syne en die res het die band net by-gevoeg,” het Janse van Rens-

burg vertel.ekhouvanjou,okay! se

Ghoema nominasie in 2012 is een van die hoogtepunte in hul loopbaan.

“Elke band in die wêreld sal vir jou sê dat hulle nie musiek maak vir toekennings nie, maar om erkenning te kry vir die harde werk wat jy insit, is regtig altyd 'n bonus.”

RENERA LOUWRENS

@JuanitaRenera

FOTO: VERSKAFekhouvanjou,okay! tydens die skiet van "Moeilikheid"

Vrydag & Saterdag, 22 & 23 Januarie

Eerstejaarskonsert Sanlam-Ouditorium (R50)17:00-24:00

EerstejaarsdineeMadiba Banketsaal (R170)17:30-24:00

Donderdag, 28 Januarie

JOOLDorsland Joolplaas (R110)19:00 –Valkenburg20:00 – Bok van Blerk21:00 – DJ Fresh22:00 – Karen Zoid23:00 – Francois van Coke

Vrydag, 29 Januarie

JOOL 19:00 – Joshua na die Reën20:00 – Zebra & Giraffe21:00 – P.H. Fat22:00 – Die Heuwels Fantasties23:00 – The Parlotones

Page 8: Wapad -  18 Januarie 2016

8 18 Januarie 2016Leefstyl

Boba Bubble Tea op die Bult het tot 90 geure om van te kies

Potch nightlife for every walk of life

Bubble tea loop soos stroop

PHOTO: HARDUS LUDICK

BY MARITA HERSELMAN & LISA IMMELMAN

@MaritaHerselman & @lisa_immelman12

Potchefstroom has a buzzing nightlife, but how do you choose

where to go? Here is a list of

the most popular bars.Texas Saloon: With

“wanted” posters on the wall, beautiful wooden longhorns at the bars and flat screens tuned in on Westerns, you feel like you’re part of a modern-day cowboy movie. You can expect cowboy-hatted, bottle-

Club MVG: Club MVG is perfect for the day-drinker. On a nice day you can sit outside and observe life on the Bult. At night MVG is like a neon explosion and the restrooms are bursts of colour. They have a huge dancing area and typi-

cally play club/mainstream music.

The coolest thing about MVG is their Jukebox: you can pick a song to play from the playlist (from R1) or you can search for a specific song (from R4).

PHOTO: HARDUS LUDICK

PHOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Bourbon Street: Bourbons is synonymous with Potchef-stroom and has become an answer to “Bra, you failed two subjects?”.

This Mardi Gras-themed dive is an ingenious blend of sweat-drenched clubbing and an Afrikaner ‘sokkie’ or

juggling bartenders at Texas Saloon – and if you’re lucky, maybe counter-dancing wait-resses reminding of scenes in “Coyote Ugly”.

This is an alternative and rock scene where you are able to enjoy the music and have a conversation without scream-ing. Texas specializes in craft beer – you can’t live in Potch without having a taste.

Oh, and they serve food too.

‘skoffel’ and has been in ac-tion for 21 blissful, alcohol-soaked years. The famous root beer-and-brandy mix, ‘The Gummy(berry)’, has also be-come a crowd favourite in the two-storey establishment.

Bourbons is the Mecca of Potchefstroom’s nightlife.

Beatnik Café: Local bands and anyone with a little Dutch courage get a chance to perform at this karaoke bar. At Beatnik Café it feels like it’s happy hour all the time. Their drinks are affordable beyond belief. Beatnik’s bar area isn’t very big but they have an upstairs lounge as well.

P.S. If you try to do a song over three times, take the hint – it might be a little too much of those alcoholic slushies (except if drunk singing at a karaoke bar like in the movies is on your bucket list).

Agter reënbooghortjies in die gewildste studente-straat in Potchefstroom is ’n wêreld van stroopgevulde borrels en tee versteek.Dié kleurvolle drankie, ’n mengsel van twee soorte tees en borrels, lyk na ’n skemerkelkie. Die tee word volgens kliënte se voorkeure gemeng. Die borrels is deursigtig, maar die kleur van die stroop

bínne die borrels maak dit gekleurd.Boba Bubble Tea op die Bult het tot 90 geure om van te

TYRAH JACOBS

@JacobsTyrah

kies, wat onder meer oolong, jasmyn, Earl Grey, honey melon en ceylon insluit. Dié teekamer se spesialiteit

van die dag was oolong tee. Die borrels van die spesi-fieke mengsel was groen en net bietjie groter as rosyne. Wanneer die borrels stukkend gebyt word, prikkel die stroop die smaakknoppies in jou mond. Diegene met ’n onderontwik-kelde soettand sal nie só mal oor die tee wees nie. Vir ons ander sal dit egter moeilik wees om vir dié tee moeg te raak: jy kan elke keer nuwe mengsels maak. Dit les jou dors en is beslis R25 werd.

If you are broke, a glass of R12-wine at Mystics can always comfort you.

Music Café is the quintessential bar with its wood-pan-elled, cosy interior and karaoke evenings

Music café: Oh, Musics. Potchefstroom’s hidden gem, Music Café is the quintes-sential bar with its wood-panelled, cosy interior and karaoke evenings where shaky, tone-deaf ballads of “I will always love you” are just as common as talented duos performing on the mini-stage to a crowd of enthusiastic bar hoppers. Music Café is the right blend of sit-and-stare drinking and swaying to live

music on a Friday night for those who prefer to be heard when speaking and shy away from the pulsating throb of Bourbon Street.

Die Mystic Boer: Mys-tics is currently the heart of the music scene in Potchef-stroom. If you love live music (who doesn’t?), you’ll love Mystics. They regularly get live

acts throughout the year. This previous mayoral residence is now considered “home” by many. They have vari-ous rooms with comfortable couches and a big outside area where people can have conversation by candlelight. They are especially known for their glorious nachos pizza.

If you are broke, a glass of R12-wine at Mystics can always comfort you. They are also one of the few places serving alcohol on Sundays.

Impala: Located in a histor-ic hotel and eatery, Impala is the sanctuary of the majority of students on the NWU-Puk. The bar boasts the legend-ary (and lethal) concoction known as “Satan’s Whisper”

– a blend of numerous, potent shots served in a vial (a very questionable crimson-colour). The décor in Impala is rus-tic, the staff is friendly and undeniably good-looking and the music varies from Kurt Darren and Calvin Harris to nostalgic croons of “Summer of ‘69”. The quirky originality of Impala lies in the unspo-ken promise that if you can’t dance, someone is always looking for a partner.

Boerebar: For those in search of a happy hour where no tent-pitching for entrance or elbowing at the bar is need-ed, this adequately-named watering hole is situated on the outskirts of Potchef- stroom. Boerebar boasts the infamous ‘Pampoen-boer’ population with their Khaki-shirts who can be seen twirling numerous willing girls around the dance-floor to the strains of "Hokaai, stop die lorrie". This being said, the thumping of commercial dance-and-trance can also be heard throughout the night and with four pool tables, eager, shot-buying staff and questionable décor, this is probably the most underrated bar in Potch.

FOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Page 9: Wapad -  18 Januarie 2016

9 18 Januarie 2016 Redaksioneel

KommentaarRedaksioneel

18 Januarie 2016

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875

HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Marnus Kok KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Marita Herselman FOTOREDAKTEUR: Ida Steenkamp UITLEGREDAKTEUR: Bianca Visagie TEKSREDAKTEUR: Hardus Ludick WEBREDAKTEUR: Heinz Schoeman-Struwig SPORTREDAKTEUR: Raynique Meyer

Uitleg: Heinz Schoeman-Struwig, Inge Janse van Rensburg.

Wapad Hoofredaksie

Beste eerstejaars, In die woorde van Adele:

“Hello”.Ek weet in Afrikaans is dit

eintlik “Hallo”, maar julle weet wat ek bedoel. Ek dink ek is uitgenooi om hierdie te skryf omdat ek ook eens op ’n tyd min of meer in julle skoene was. Hierdie jaar was ek weer vir ’n rukkie saam met julle in die Amfi vir ons Glaskas-optrede.

Wanneer mens terugkeer na ’n bekende plek is dit soms soos om ’n gunsteling reeks weer van voor af te kyk. Jy lag steeds vir die grappies, al weet jy wat gaan gebeur, en jy sien ook goed raak wat jy nie voorheen het nie.

My eerste paar weke op die Puk was moeilik. Dit was ’n kultuurskok, ek was meer as ’n duisend kilometer van die huis af en selfs die kraanwater het vreemd geproe.

Om dit alles te kroon het ek ontdek dat ek ingetrek het in ’n plek (koshuis) waar al die mense wat ek nog nooit ontmoet het nie kwaad is vir my omdat ek nie hulle name ken nie.

Of so het ek gedink.Het julle ooit Rugrats gekyk?

In een episode sukkel Chucky om deur te slaap, want daar is ’n monster onder sy bed.

Dan ontdek hy dat die monster al die tyd net een van sy truie was wat onherken-baar anders gelyk het in die donker.

Monsters, slaapplek en slaggate - DEON MEYRING

Dit is dikwels wat monsters en vrese is: iets wat ons nie herken nie en iets wat anders is.

Ek is nie meer bang as ek terugdink nie, want ek ken nou al die sogenaamde mon-sters se name. Die meerder-heid vreesaanjaende goed wat julle aanvanklik gaan teëkom sal waarskynlik ook so wees.

Tog weet ek ook daar sal ander onbekende dinge wees wat ek nie vir julle kan besweer nie.

In my eerstejaar was # nog vir die meeste mense net ’n simbool vir “nommer.” Nou is daar selfs #MyNWU en #Fees-MustFall.

Wat nogal oulik is van eersgenoemde is dat mens dit in Engels en Afrikaans kan lees. Ek dink ook dit sal goed werk as mens dit in Engels uitspreek as “N-Triple-U”. #FeesMustFall en soortgelyke bewegings fas-sineer my ook, want dit wys hoe invloedryk studente kan wees.

Dinge lyk nou merkwaar-dig anders as voorheen. Ons noem dit die toekoms.

’n Toekoms is iets wat ons almal nodig het, anders word ons dalk geskiedenis.

Dit is hoekom daar gedurig nuwe klasse en slaapplek (soms is dit dieselfde ding) gebou word op die Puk, want daar is ’n toekoms.

Die uitdaging is dat die toekoms terselfdertyd be-dreigend en hoopvol is.

Ek het grootgeword naby Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. Die laaste paar Desembers was daar heelwat klagtes oor kragvoorsiening, slaggate en riool.

Vir sommige vakansie-gangers bederf dit hulle hele vakansie. Ander besluit om steeds die mooi dinge te geniet.

Nog beter: die afgelope Desember het ek gehoor van mense wat besluit het om die slaggate wat hulle elke dag trotseer self reg te maak.

Dis nie hulle werk nie. Het dit hulle vakansie egter beter gemaak? Ek vermoed so. Daar is slaggate in die toekoms ook.

Julle kan die voorreg hê om sommige van daardie slaggate reg te maak.

Dit sal selfs beter wees as julle nuwe paaie en brûe kan bou na plekke en mense wat voorheen onbereikbaar was.

My werk as liedjieskrywer en musikant vereis dat ek gedurig nuwe dinge maak. Ek begin al-tyd met die eenvoudige vraag: "Wat kan ek anders doen?”

Ek hoop julle kan ook ont-dek wat julle anders kan doen. So, toekomstige ruimtevaard-ers, rekenmeesters, onderwys-ers, ontwerpers, ontwrigters en ontdekkers: in die woorde van ’n dorp in die Vrystaat: Welkom. Ek hoop julle gaan karring aan die probleme wat julle pla.

Nie uit vrees nie, maar met waagmoed en verwondering.

FOTO: VERSKAF

Die Voortrekkers het altyd gesê: "Voor in die Wapad brand 'n lig."Ons lewe in 'n tyd waar iets soos 'n Wapad al sy betekenis verloor het.As redaksie glo ons egter dat die metaforiese betekenis in die koerantwese tel. As student moet jy weereens die realiteit in die oë staar dat die samelewing baie meer skynheilig is as wat jy gedink het toe jy agt jaar oud was.Jy sukkel om iemand se ware kleure te sien en mense maak herhaaldelik misbruik van jou naïwiteit. In die soeke na jouself verloor jy baie mense om jou. Tesame met dié eksis-tensiële krisis is die soeke na eerlikheid. Jy is te groot om langer in leuens te glo. Wapad het nog nooit leë beloftes gemaak nie. Wat ons wél - sonder twyfel - kan belowe, is dat ons altyd sal poog om eerlik met jou te wees. Al beteken dit jy gaan nie noodwendig gelukkig wees nie. As publikasie het ons drie verantwoordelikhede: om jou in te lig, te vermaak en op te lei. As studéntekoerant is ons verantwoordelikheid veral om jou studentelewe te reflekteer. Dit sluit die onsmaaklikhede in. Dis nie altyd 'n dankbare werk in die oë van die publiek nie, maar dit is bevredigend om te weet ons is nie bang om die werk te doen waarvoor min kans sien nie. Deur hierdie werk op onsself te neem, word ons saam sterk en marsjeer deur hierdie eksistensiële krisis. En dit bring vir ons geluk. Ons belowe nie dat jy genot daaruit sal vind nie, maar ons belowe dat jy iets van die lewe gaan leer. Kom sluit gerus by ons aan. Voor in dié studentekoerant brand 'n lig. Wapad-groete

Oor ons

Page 10: Wapad -  18 Januarie 2016

10 18 Januarie 2016

10%discount

Every Wednesday

STUDENT DISCOUNTS

Students receive a 10% discount every Wednesday upon the presentation of a valid student card. This offer can not be used in conjuction with other promotions.

Advertensie

Page 11: Wapad -  18 Januarie 2016

Varsitybeker : mooi lees vir nuwe reëlsRAYNIQUE MEYER

@RayniqueM

Sport 1118 Januarie 2016

Die spelkenners sal weer na hul reël-boekies moet te-

rugkeer, want in vanjaar se Varsitybeker-rugbyreeks kan ’n verdoelde drie nou tot 12 punte op die telbord bring.Dít is egter nie al reël wat ver-andering gaan meebring nie.Volgens die Suid-Afrikaanse rugbyunie (Saru) is, afhan-gende van die aantal punte, die fokus egter waar op die veld die beweging van die drie ontstaan het.’n Drie bring steeds vyf punte op die telbord, maar ’n span se meters op die veld word nou beloon.Indien die oorsprong van die span se beweging in hul eie helfte geloods is en hul heel-tyd balbesit kon handhaaf, sal hul met ’n ekstra vier punte beloon word.’n Span wat oor die doel-lyn gaan gly wanneer die oorsprong van ’n beweging tussen die middellyn en die mededinger se kwartgebied is, sal twee bonuspunte ekstra op die telbord toegeken word.As ’n drie op enige ander wyse plaasvind, sal dit as ’n normale vyf-punt drie gesien word.Met die fokus op die oor-sprong van beweging sal díe reëls steeds gedurende ’n

lugskop en bal-herwinpoging geld.Spelers sal op ’n meer strate-giese wyse dwars- en steeks-koppe moet benader.In die geval van ’n lynstaan of skrum, hang die oorsprong van beweging af van waar die

skeidsregter dit aandui.Dieselfde beginsel is van toepassing wanneer ’n onder-skepdrie plaasvind – dit is glo hier waar daardie meters beloon word.’n Doelskop is steeds drie punte in die reeks teenoor ’n

straf- en skepdoel wat twee punte tel.Spelers word slegs ’n witkaart tydens die half- en eind-stryd vanjaar verleen om die skeidsregter se beslissing te bevraagteken.Met die toetslopie van twee

skeidsregters verlede seisoen, word daar weer na een terug-gekeer.Jeandre Rudolph, verlede seisoen se NWU-Pukkaptein, meen dat beide die witkaart en skeidsregter as ’n nadeel vir spelers gesien kan word.“Ek dink om die witkaart net by die half- en eindstryd te gebruik is ’n nadeel. Dit het goed in die vorige Varsitybeker gewerk. Alhoewel dit dalk nie die spel gaan beïnvloed nie, gaan die skeidsregter net goeie besluite moet maak,” het Rudolph gesê.’n Strenger raskwota sal met die verloop van die Varsity-beker geïmplementeer word.In 2015 moes daar, vanuit ’n 23-tal span, minstens ses gekleurde spelers wees, waar-van drie van die spelers in die beginspan moet wees.Vanweë ’n nuwe toelatingsreël in spanne word daar vir vier eerstejaarstudente, 22 jaar of jonger, ’n plek in die span gemaak. Een van hul mag ’n wit speler insluit.Bogenoemde reël maak vir nog drie eerstejaarspe-lers voorsiening. Alhoewel daar geen kwota betrokke is nie, moes hul graad 12 op sekondêre vlak slaag.Die NWU-Pukke se Varsity-beker skop op 8 Februarie teen die Universiteit van Pretoria by die Tuks Rugbysta-dion 16:45 af.

Monday 25/01/2016 18:00

NWU PUK vs Tuks

Senwes Park

Wednesday 27/01/2016 10:00

NWU PUK vs UCT IBBIES Oval

Tuesday 26/01/2016 18:00

NWU PUK vs Maties

Senwes Park

Wednesday 27/01/2016 18:00

NWU PUK vs UWC

Senwes Park

Thursday 28/01/2016 10:00

NWU PUK vs UJ NWU-PUK Oval

Friday 29/01/2016 14:00

NWU PUK vs NMMU

Senwes Park

Saturday 30/01/2016 09:00

Semi Final 1 Senwes Park

Saturday 30/01/2016 12:30

Semi Final 2 Senwes Park

Saturday 30/01/2016 18:00

Final Senwes Park

Everyone is on the lookout for Lindanie Dudula.This 24-year-old, who scored 30 goals for the North-West University (NWU) last sea-son, is said to be considered as a player by the Mamelodi Sundowns, as well as for

Dudula on every team’s to-do listRAYNIQUE MEYER

@RayniqueM

the National First Division (NFD) and the Premier Soccer League (NFD). According to Soccer Laduma,

the Siya crew revealed that Dudula has been training with the Highlands Park in the NFD. The source also con-firmed that many overseas clubs have expressed an inter-est in the player – especially the Brazilians.Additionally, Dudula has been watched in the NWU games with an eagle eye by AmaZulu and African Warriors’s scouts.

2016: sewe gekleurde spelers – drie in beginspan 2017: sewe gekleurde spelers – vier in beginspan2018: agt gekleurde spelers – steeds vier in beginspan2019: agt gekleurde spelers – vyf in beginspan

Die kwotas van Varsitybeker gaan stadig maar seker tot 2019 toeneem:

PHOTO: SUPPLIEDLindanie Dudula, also known as King Dee.

FOTO: SASPATydens vanjaar se varistybeker-rugbyreeks gaan ander reëls geld.

Everyone is on the lookout for Dudula

Page 12: Wapad -  18 Januarie 2016

Kontak: Raynique Meyer 083 875 3801

Sport18 Januarie 2016

FOTO: HARDUS LUDICK

Pukke slaggereed vir Varsity KrieketDie NWU-Pukke krieketspan is slaggereed om hul derdeplek van verlede jaar te verbeter.

Die tweede seisoen van die Varsity Kriekettoernooi skop

eerskomende Maandag in Potchefstroom af.

Ons tuisspan het die af-gelope week teen verskeie spanne in opwarmingswed-stryde meegeding om hul boul- en kolfwedstrydplan af

te rond.Die toernooiwenners sal

Suid-Afrika vanjaar by die Red Bull-kampuskrieket se wêreld-eindstryd verteenwoordig.

Agt universiteitspanne sal by die Puk-Oval, Ibbies-Oval en Senwes Park speel.

Die NWU-Pukke se draai-boul- en veldafrigter, Jimmy Kgmadi, glo hulle moet net op die “basics of the game” fokus om ’n suksesvolle span te wees.

Niel Bredenkamp, kolf-

afrigter, het gesê dié span het tydens die voorbereiding daarop gefokus om “vinnig by

RAYNIQUE MEYER

@RayniqueM

Janneman Malan

Kolwer / Deeltydse draaibalbouler

Marques Ackerman

Kolwer / Draaibal-bouler

JP (Jean-Pierre) le Roux

Naatbalbouler

Armand (Rassie) Erasmus

Veelsydige speler

Dyllan Matthews

Draaibalbouler

Edrich Lubbe

Kolwer / Paaltjiewagter

Henning du Plooy

Draaibalbouler / Kolwer

Richardt Frenz

Kolwer / Paaltjiewagter

Ruan Haasbroek

Veelsydige speler

Julian Soutter

Naatbalbouler

Katleho Leokaoke

Draaibalbouler

Jovaun van Wyn-gaardt

Snelbouler

Wihan Lubbe Puk-kaptein

Veelsydige speler

Andre Malan

Veelsydige speler

FOTO'S: VERSKAF

Name beteken niks vir ons nie – ons speel vir één ding en dít is die wapen.

’n wedstryd-situasie, asook die tipe krieketblad waarop

ons speel, aan te pas”. “Al is die drie velde naby

aan mekaar, is al drie steeds verskillend,” het Bredenkamp gesê. Daar was weens die droogte enkele dae om die krieketvelde en -blaaie vir díe toernooi voor te berei.

Conrad de Swardt, die NWU-Puk se hoofafrigter, het gesê die blaaie lyk goed, “alhoewel die buitevelde nog aandag kort”.

“As dit nou begin reën, sal ek nie kla nie. Dit gee vir ons da-

rem nog tyd om voor te berei,” het hy gesê.

Toe daar na die wedywer tussen die agt universiteite uitgevra word, het De Swardt gesê hulle gaan nie eers name noem waarvoor hulle moet uitkyk nie.

“Dit is die wapen op ons bors: ons speel vir die univer-siteit – dit is baie belangrik. Name beteken niks vir ons nie – ons speel vir één ding en dít is die wapen,” het hy benadruk.