wapad - 5 maart 2015

12
SMS 31750 Teken in vir Wapad® se nuusbrief Iets om te sê? met die woord ‘wapad’ vooraan NUUS.INTERAKTIEF Van Schalkywk neem regstappe teen 'on- grondwetlike skorsing' NUUS 3 5 Maart 2015/ VOL 3 LEES JOU KAMPUS K&V 9 WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 69 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected] 11 Patria eet gras Mode vir elke lyf SPORT

Upload: wapad

Post on 08-Apr-2016

269 views

Category:

Documents


10 download

DESCRIPTION

Monica van Schalkwyk neem regstappe, Bellatrix se koshuisvader neem spiking saak polisie toe, steroides, Francois van Coke, Mode vir elke lyf, Haji Dawjee skryf oor vrouens se rol in Afrikaanse koerante en Patria eet gras,

TRANSCRIPT

Page 1: Wapad - 5 Maart 2015

SMS 31750 Teken in vir Wapad® se nuusbrief

Iets om te sê? met die woord ‘wapad’ vooraan

NUUS.INTERAKTIEF

Van Schalkywk neem

regstappe teen 'on-

grondwetlike skorsing'

NUUS 3

5 Maart 2015/ VOL 3

LEES JOU KAMPUS

K&V 9

WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 69 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected]

11

Patria eet gras

Mode vir elke lyf

SPORT

Page 2: Wapad - 5 Maart 2015

Nuus 2 5 Maart 2015

InterkampusInterkampusSAAMGESTEL DEUR ISABEL MOISES

Vuurvonke verwoes Maties-gebou ’n Brand het sowat twee weke gelede die agterste deel van die Universiteit Stellenbosch (US) se Van der Sterr-gebou verwoes.

Die brand was vermoedelik

Matie glo ’n vrouestudent verkrag

’n Vrouestudent is glo deur ’n 21-jarige student op die Universiteit Stellenbosch (US) verkrag.

Die verdagte het op 9 Februarie in die hof verskyn ná die voorval glo in een van die manskoshuise gebeur het.

Die verdagte is ook na aanleiding van die ondersoek teen hom, versoek om die koshuis te verlaat.

deur ’n kortsluiting veroor-saak en het die derde ver-dieping erg beskadig.

Dié Ekonomiese en Weten-skapgebou akkommodeer so-wat 2500 studente per periode.

Volgens prof. Leopoldt van Huyssteen, waarnemende rektor en visekanselier, is die universiteit met hul eie ondersoek besig.

“Ek doen ’n beroep op al ons studente om die erns van hierdie saak te begryp en die SAPD ’n billike geleentheid te gee om die ondersoek af te handel,” het Van Huyssteen gesê.

Wits geldskenker eindelik ontblootDie onbekende skenker wat die grootste bedrag geld aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se R1- miljoen veldtog geskenk het, is onlangs bekend gemaak.

Studente aan die Univer siteit van die Witwatersrand het begin Februarie ’n R1-miljoen veldtog geloods om medestudente wat nie vir die National Student Finan-

cial Aid Scheme (NSFAS) ge kwalifiseer het nie, te help.

Basetsana Thokoane, die vorige minister van Land-bou, Bosbou en Visserye, was eers ’n onbekende skenker, maar is onlangs bekend ge-maak. Hy het R553 000 – die grootste bedrag – aan dié veldtog geborg.

Studente kon ook ’n R100-bydrae lewer.

Laat die speke sing!

Fietsryers op kampus het sedert die NWU-Puk se berugte parkeerprobleme aansienlik vermeerder.

FOTO: Lize Lombard

(Fietsry) is goedkoop en gesond en vat my van punt A na punt B

- Thomas Swart

Fietsfeite

Jy kan ’n betroubare �ets vir onder R2 000 koop.

Fietsry kan vir jou daardie paar bene gee wat jy begeer.

Dis gesond en jy verbrand lastige vet in ’n oogwink.

Fietse word gesteel – belê dus in ’n goeie ketting en slot.

MARNUS KOK

Die sêding “Waar jy graad-kry, voor jy parkeerplek kry met lekkerkry klaarkry” is

al ’n ou gesegde op kampus. Om parkeerplek op kampus te

kry, is ’n nagmerrie. Aangesien dit nie lyk of ’n oplossing oppad is nie, wend ál hoe meer studente hulle na fietse as vervoermiddels.

Die Fakulteit Opvoedings wetenskappe het drie jaar gelede ’n projek geloods om fietse aan studente uit te verhuur.

Dié projek het volgens dr. Schalk Raadt, wat destyds by die implementering van dié projek betrokke was, skipbreuk gelei “om-dat die gehalte van die fietse veel te wense oorgelaat het en omdat die kontrole oor die gebruik van die fietse swak was”.

Nietemin maak baie studente steeds van fietse gebruik om oor die weg te kom.

José Silva, eienaar van Park-fietswinkel, meen hy doen aan die begin van elke jaar flink besigheid. “Studente koop beslis fietse. Die prysklas van R2 000 en meer, is die gewildste.”

Volgens Rudolph van Heerden, ’n eiendomsagent, wat veral aan studente woonstelle verhuur, bly die gemiddelde student “nie verder as 1km van kampus af nie”, wat moontlik die rede vir die groeiende getal fietsryers op kampus mag wees.

Wat die toeganklikheid tot die NWU-Pukkampus betref, is daar toegangshekke vir fietse by al die motoringange.

Boonop het al die geboue voldoende fietsparkeerplekke. Daar is ook “verskeie pro-aktiewe

programme om fietsdiefstal te beperk,” het Cassie van Rooijen van Beskermingsdienste gesê.

Thomas Swart, ’n bemarkings-bestuurstudent, meen fietsry is “goedkoop en gesond en vat my van punt A na punt B”.

Nog ’n bemarkingsbestuur student, Hennie Fritz, beaam dié

woorde. Volgens hom is “daar in elk geval nie parkering nie”.

“Ek woon 5 minute se ry met die fiets van kampus af. As ek kar ry, soek ek 10 minute lank vir parkeerplek.”

Parkering hoef dus nie ’n prob-leem te wees nie. Klim op jou fiets en laat die speke sing.

Kollig val dié keer op Potch se straatligkatte

Helping Paws gee méér as net liefde vir die kat.

JACO-MARI FUTCHER

Potchefstroomse straatkatte ont-vang baie liefkosing en versorging van die gemeenskap.

Studente en inwoners span saam met Helping Paws, ’n liefdadigheidsorganisasie, om só vir die wildgeworde viervoete hoop te gee.

“Ons het so twee jaar gelede met wilde katte begin werk,” het Angelique Dunn van Helping Paws gesê. “Ons doel is om die lyding van wilde, verdwaalde en verlate katte en honde in Potchefstroom te verlig.”

Hulle fokus hoofsaaklik op wil-de katte. Dié straatligkatte word

versorg, by veeartse gesteriliseer, ingeënt en ontwurm. Dié katte kry ook minstens weekliks kos.

Helping Paws rehabiliteer ook

enige siek of beseerde katte en soek vir hulle liefdevolle huise wanneer die katte gesond is.

Hulle werk soms met ander

FOTO: Lize Lombard

plaaslike- en nasionale organisa-sies en benut vrywilligers om die katkolonie te versorg.

Carina Bries, tweedejaar BCom kommunikasiestudent, is een van dié vrywilligers.

“Hulle is seker so vyf wat van tyd tot tyd hier kom eet,” het Bries gesê. “Daar is net twee wat permanent hier eet.”

“Van laas jaar af gaan ek so een-keer ’n week na die DBV en speel met die katte en gesels deur die hekke met die honde.”

“Ek het vir Angelique gekon-tak en gesê dat hier katte is wat ek wil laat steriliseer en só het ek begin met die rehabilitasie van die straatkatte.”

Helping Paws het tans een volwasse- en twee tienerkatte wat huise soek. Hulle sorg ook vir so-wat 70 straatkatte in drie kolonies.

Hulle het verlede jaar vir 27 katjies nuwe huise gesoek, 36 katte gesteriliseer en vele ander kostes gedek.

Volgens Briers is dit hartseer om die katte te sien, want “êrens het die lewe hulle te na gekom”.

“Ek raak baie geheg aan die katte, omdat ek my eie kat het en dit laat ’n mens besef dat selfs ’n straatkat daartoe in staat is om liefdevol te wees,” het Bries gesê.

Helping Paws is afhanklik van skenkings, het Dunn gesê.

Page 3: Wapad - 5 Maart 2015

3 Nuus5 Maart 2015

Steroides: van Kleinjan na pa se grootseunMARNUS KOK

Om steroides te gebruik en soos ’n god gebou te wees, gee jou selfbeeld ’n hupstoot, veral as die meisies twee keer kyk terwyl hul ouens jou jaloers aanstaar.

Volgens dr. Emile Kotze, be- stuurder van die Gesondheids-orgsentrum, “het die mens se uiterlike vir homself alles geword. Mense sal enigiets doen om ten spyte van die gevare bo uit te kom”.

Ons bly in “’n kitswêreld, waar prestasie en die mens se begeerte aan aandag oorheersend geword het,” het Kotze gesê.

Dit is alombekend dat top sportmanne groot salarisse verdien. Daar is ’n groot aanbod sportmanne en –vroue, maar slegs etlike van hulle verdien werklik fortuine. Dit is dus nie verbasend dat sommiges hul tot hulpmiddels wend nie.

Bertus van Wyk* het in sy eerste jaar op universiteit steroides gebruik. “Jy wil nie in die gym instap en al die ouens stoot groot gewigte en jy speel met die kleintjies nie.”

Steroides is ’n “vinnige manier om spiere te bou. Jy kan resultate binne agt weke sien,” het Van Wyk gesê.

Hy het egter erken dat hy van die gevare bewus was, “maar dis mos môre se worries”.

Conrad van Vuuren* vertel dat hy in sy derdejaar besluit het om bietjie “spiere te bou”.

Volgens hom was dit nooit sy bedoeling om steroides te gebruik nie. Hy het by die gym ’n ou met “groot arms raakgeloop”.

“Ek wou ook sulke arms gehad het,” het Van Vuuren gesê.

Kort voor lank het Van Vuuren en dié ou bevriend geraak.

Sy nuwe vriend was behalwe

vir sy grootte ook “baie intimi-derend”.

“Ek het gesukkel om vir hom nee te sê,” het Van Vuuren gesê.

Dié vriend het aan Van Vuuren Dianabol aangebied met die doel om hom met “gewigsverlies” te help.

Volgens Van Vuuren het hy binne 14 dae sowat vier kilogram verloor. Hy het egter agtergekom hy raak humeurig.

“Ek sou in die klas sit en my humeur vir dosente verloor.”

Hy het uiteindelik besluit om sy Dianabol-gebruik te staak.

Van Vuuren se nuwe beste vriend was egter nie ingenome

‘Farmaseutiese aanmoediging’, oftewel steroides, kom in verskeie vorms voor. Dié opkikker kan gebruikers tot R4 000 uit die sak jaag en hou baie gevare in. HOOFFOTO: broscience.co

met sy besluit nie.“Hy het my tot twee keer

per dag ge-message om te hoor

wanneer ek weer gaan koop,” het Van Vuuren gesê.

Navorsers meen dat die gebruik van steroides verskeie gevare soos lewer- en hartkwale inhou.

Pieter Buitengracht* meen weer “enige ding wat mens teveel (sic) van vat en gbruik (sic) is nadelig nes rook en drink”.

Volgens Buitengracht is dit ’n “roomer (sic) dat steroids mens se gemoedstoestand beïnvloed. Ek is oor die algemeen gladi (sic) miskik (sic) nie.”

Om spiere te bou is egter ook ’n duur storie. Steroïies kan jou maklik R4 000 per siklus (wat oor agt weke strek) uit die sak jaag.

Uitgevang!Chris Muir, ’n persoonlike afrigter, skryf daar is nege maniere om te bepaal of iemand “farmaseutiese aanmoediging” ontvang:

die gebruik van groeihormone.

man boobs weens ’n vergroting in hul borsweefsel.

spiermassa optel.

beenstruktuur.

meer self vervaardig nie.

Dit sluit die koste van proteïen--aanvullings én gym-fooie uit.

“Ek kry R5 000 per maand sak-geld. My ouers betaal alles: huur, petrol en kos. Dis my spending money,” het Van Wyk gesê.

Om steroides te los is nie so maklik soos om by die busstop af te klim nie. Van Wyk meen dit het “wilskrag soos min” geverg om sy steroidegebruik te staak.

* Skuilname

Dis ’n roomer (sic) dat steroids mens se ge-moedstoestand beïnvloed. Ek is oor die algemeen gladi (sic) miskik (sic) nie.

FOTO: Lize Lombard

As die saak nie sensitief hanteer word nie, kan dit lelik raak - JP Jansen Van Vuuren, SR: MEK

NWU-Puk studenteraadvoorsitter maak stem dik en word die weg gewys ná geskil met mede ISR-lede

Geskorste ISR-lid neem regstappe JACO-MARI FUTCHER

Die NWU-Pukkampus se SR- v o o r s i t t e r, M o n -i c a v a n S c h a l k -

wyk, wat onlangs van die Institusionele Studenteraad (ISR) geskors is, het eksterne regsadvies gekry wat sal bewys dié skorsing is ongrondwetlik.

Sy eis dat die skorsing van dié raad bestaande uit SR-lede van al drie NWU-kampusse voor of op 6 Maart teruggetrek word.

“Indien die universiteit nie hieraan gehoor gee nie, sal Van Schalkwyk se regsverteen- woordigers om ’n dringende hofbevel aansoek doen,” het Maroela Media berig.

Van Schalkwyk het bevestig dat sy ’n prokureursbrief “aan die NWU-raad en spesifiek aan prof. Dan Kgwadi (visekanselier) gestuur het om te sê dat die skorsing ongrondwetlik was”.

Volgens Van Schalkwyk het dit “op sosiale media uitgelek”.

“Ons weet glad nie waar dit gelek het nie, maar dit was nie van ons kant af nie.”

Sy meen sy is geskors omdat sy “’n besluit teengestaan het”.

“Dit handel spesifiek oor kon-sensus. Hulle wil dit só verander dat die ander twee kampusse basies teen ons kampus kan stem.

“Ná sekere prosesse nie gevolg is nie, het ek die besluit teengestaan.”

Volgens Van Schalkwyk het die ISR ná haar teenstand buite hul magte opgetree. Sy meen hulle sou by magte wees as hulle ’n klag ingedien het of ’n waarskuwing gegee het, maar dit was ongrond-wetlik om haar te skors.

Van Schalkwyk meen dit is vir haar belangrik dat die studente van die NWU-Potchefstroom- kampus hul eie ding kan doen en dat al die studente eienaarskap oor hul eie studentelewe het.

“Ek is bereid om te veg dat ons kampus en al die kulture en kleure wat daarmee saamgaan steeds aanspreeklikheid binne ons strukture kan hê en dat dit nie van ons ontneem word nie,” het Van Schalkwyk gesê.

Sy sou verkies dat dié skors-ing intern hanteer word en was “nogal onkant gevang” toe dit op sosiale media uitgelek het.

Volgens haar sou die NWU dit wel later bekend maak, “maar dit

was noodsaaklik vir die integrit-eit van die saak dat dit vir tyd en wyl konfidensieel gehou word”.

“As die saak nie sensitief hanteer word nie, kan dit lelik raak,” het JP Jansen van Vuuren, SR: Media en Kommunikasie, gesê.

Louis Jacobs, die NWU-Raad se woordvoerder, het bevestig dat ’n interne ondersoek rondom die skorsing ingestel is.

Volgens Jacobs het Beeld hulle verlede Vrydag geskakel met inligting oor dié saak wat hulle by AfriForum gekry het.

Jacobs meen die raad het geen idee hoe AfriForum dié inligting bekom het nie, maar “die aangeleentheid word hanteer”.

Volgens Henk Maree van Afri-Forum het ’n lid van hul tak op kampus hom laat weet dat dit op die Dankie Puk-Facebookblad is en gevra of hy daarvan bewus is.

“Ons het rond gebel en die inligting is bevestig en ons het tot aksie oorgegaan,” het Maree gesê.

Van Schalkwyk se skorsing uit die ISR beïnvloed nie haar pos as die NWU-Puk se SR-voorsitter nie.

“Ek dink die belangrikste is dat haar posisie op die Potchefstroom-kampus nie verander nie,” het Jansen van Vuuren gesê.

Almal is baie ondersteunend teenoor haar. “Ek kry baie boodskappe en kommentaar en ek waardeer dit baie,” het Van Schalkwyk gesê.

FOTO: roids.info

Page 4: Wapad - 5 Maart 2015

Nuus4 5 Maart 2015

Hollywood

Die 32-jarige Jamie Dornan wat die hoofrol, Christian Grey, in 50 Shades of Grey vertolk, het besluit om ter wille van sy vrou nie in die twee opvolg�ieks te speel nie.Volgens die Australiese tydskrif NW was Jamie se vrou, die Britse aktrise Amelia Warner, ongemaklik met die �lm se eksplisiete sekstonele. Om sake te vererger het Jamie glo nie met sy medester, Dakota Johnson, oor die weg gekom nie. Tog meen die akteur se woordvoerder dat “al die tydskrif-berigte slegs blote gerugte is,” aangesien die ateljee hom nog nie tot ’n opvolg verbind het nie.

Vae toekoms vir 50 Shades

Frankryk

Minstens vyf afstandbeheerde vliegtuie is by onder meer die Eiffel toring, die Louvre Museum en die Amerikaanse ambassade opgemerk. Die polisie in Parys is tans besig om dié vreemde vliegtuie te ondersoek. Dosyne van dié vliegtuie het ook onlangs oor kernaanlegte en militêre instansies, sowel as die presidensiële paleis gevlieg.

Vyf afstandbeheerde vliegtuie lok agterdog

Bangladesj70 Bangladesjers sterf in veerbootramp

Ten minste 70 mense is dood ná die veerboot, M.L. Mosta, deur ’n vragboot in die Padma-rivier in Dhaka getref is.Sowat 150 passasiers wat aan boord was, word tans vermis. Volgens Rasheda Ferousi, ’n plaaslike regeringsadministra-teur, sal die rivier vir die vermiste mense gefynkam word. Veerbootongelukke is niks nuut in Bangladesj, wat deur 130 riviere deurkruis word.

WêreldnuusKortliksSAAMGESTEL DEUR ISABEL MOISES

Zuma has walked among usISABEL MOISES

The Potchefstroom residents had to adjust to the constant noise of practicing aircrafts

and jets that flew over the town in preparation for the annual Armed Forces Day.

Roads were closed on Saturday, 21 February, in order to accomo-date the participants and specta-tors who took part in the day’s proceedings.

Wolmarans Street was one of the roads that had to close, causing Paint Master that is situated in this street to close its doors as well.

“We were well prepared and had enough time to inform our clients,” Yvonne Vosloo, owner of Paint Master, said.

Many spectators stood in the closed down streets to see the SANDF’s showcase of their equipment such as the Rooivalk and Oryx helicopters and the Lockheed C-130 aircraft.

At the town’s library disci-plined military officers braved the heavy rain as President Jacob Zuma was saluted with 21 guns while a military band played the national anthem.

“The success of our defence forces means safety and secu-rity for our people as the South

African Defence Force exists to protect our people and our borders,” Zuma said.

The South African National Defence Force (SANDF) also handed the honorary flag over to the SA Navy during the Keeper of the Flag ceremony.

According to Jeanette Tshite, chief communication officer at Tlokwe Local Municipal-ity, “it was a team effort from all parties”. Tshite said that amongst others the public safety department, the South African Police Service (SAPS) and the infrastructure department all helped the SANDF with the preparations for this event.

Interesting facts The first Armed Forces Day parade was held

in Atteridgeville two years ago.

More than 1200 soldiers took part in this year’s celebration.

More than 80 military vehicles and 25 air-crafts took part in the event.

21 February was also the commemoration of the sinking of the SS Mendi in 1971.

Police escorts, military tanks and a parade of trained soldiers welcomed Pres. Zuma during his visit on this year's Armed Forces Day. PHOTO: Nico Blignaut Fotogra�e

Page 5: Wapad - 5 Maart 2015

5 5 Maart 2015 Nuus

MARITA HERSELMAN

Lover’s Lane se bome was verlede week met herwin-bare produkte en opbouende

boodskappe verfraai terwyl die sonkar op die grasperk gepronk het.

Die koshuise het die hele week lank krag gespaar en van die blikkieskosstalletjies was met origami en plante in plastiek- bottels versier. ’n Hele paar studente het ook waarskynlik maagkrampe ná die boontjie-eet-kompetisie gehad.

Die oorvleueling van Groen- en Waardeweek het die NWU-Pukstudente opnuut aan hul ve-rantwoordelikhede teenoor die samelewing én die omgewing herinner.

“Groen- en Waardeweek is niks anders as ’n bewusmakingsweek nie. Deur die studente bewus te maak, help ons hulle om hopelik ’n klein bietjie anders te dink as hulle verby ’n lig stap wat aan is of ’n kraan wat loop,” het Jean-Marc Stidworthy, NWU-skakelbeampte, gesê.

“('groen’ wees) is nie net om ’n lig af te sit nie, nie net om water te spaar nie. Dit is ’n ander ma- nier van dink.”

Volgens Stidworthy is “diensbaarheid”, ’n groot waarde, nagestreef. Hulle het ook gratis water in die amfiteater uitgedeel.

Volgens Stidworthy het baie mense reeds nie water nie. “Navorsing wys dat Suid-Afrika teen 2015 ’n baie groter waterkri-sis sal hê, as die elektrisiteitskri-sis wat ons tans in ons land het,” het Stidworthy gesê.

Blikkieskosdag het ook in dié week geval.

Brenden Fourie, SR: SJGD, meen die idee agter Blikkieskos-

Die NWU-Puk se koshuise, sowel as die verskeie fakulteite se ASV's het duisende blikkies kos tydens verlede week se Blikkieskosdag ingesamel. FOTO: Alta Grundlingh

Kyk net hoe baie blikkies het ons hier

dag se tema, “living green”, was om uit te beeld wat dit beteken om so na as moontlik aan die omgewing te leef.

“Die blikkieskos wat ons ingesamel het, gaan dan weer

terug na ons eie gemeenskap toe waar ons vir hulle kos gee en die nood verlig,” het Fourie gesê.

Volgens Elrisa Opperman, sosiale lid van Karitas (maats-kaplike werkers) wat tydens Blik-kieskosdag met TSV (teologie) geskakel het, gaan dié dag oor die plig wat bevoorregte mense teenoor minder-bevoorregtes het.

Ná die afloop van Blikkieskos-dag was die top-drie koshuise, ASV stalletjies én sleepkoshuise in die Amfi aangekondig en het só Groen- en Waardeweek afges-luit. Daar was altesaam 23857 blikkieskos ingesamel.

Bellatrix se koshuisvader betrek SAPD by spiking-ondersoekJACO-MARI FUTCHER

Bellatrix-vrouekoshuis se kos-huisvader, dr Chris Van der Walt, het die ondersoek in verband met die gebeure tydens ’n aksie met Over De Voor-manskoshuis aan die Suid Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oorgegee.

Sowat 10 Bellatrix-vrouens het simptome van naarheid en geheueverlies getoon tydens die Back to School-aksie saam met

Overs sowat ’n maand gelede.Die meisies wat siek geword

het, is deur hul mede-koshuislede huistoe geneem.

“Omdat die meisies tydens ’n aksie tussen twee koshuise op die NWU-Puk siek geword het, is die gebeure eers met Janco Jordaan (voorsitter van die verteenwoor-digende studenteraad) bespreek,” het Van Der Walt gesê

Die gebeure is ook deur die ko-shuisvaders van Bellatrix en Over

De Voor bespreek, asook met lede van die universiteitsbestuur voor ’n ondersoek geloods is.

“Die patroon wat daar in die simptome van diegene was wat siek geword het, het dit egter wenslik laat lyk dat die SAPD eerder die saak moes ondersoek. Die saak is gevolglik by die SAPD aanhangig gemaak,” het Van Der Walt gesê.

Volgens Van Der Walt sal daar stappe teen die betrokkenes ge-

neem word “indien vuilspel be-wys kan word”.

“Aangesien die simptome ooreengestem het met simptome wat deur spiking veroorsaak word en laasgenoemde ’n kriminele oortreding is, is die gebeure by die SAPD aangemeld.”

Volgens Jean-Marc Stidworthy is die ondersoek deur die polisie reeds afgehandel.

“Die polisie het tot die gevolg-trekking gekom dat niks tydens

die aksie gebeur hetnie,” het Stid-worthy gesê.

“Ons kon nie ’n saak oopmaak by die polisie nie, want daar is nie enige verdagtes nie. ’n Ondersoek is begin en die polisie het leidrade gevolg. Ek werk altyd met kolonel Nick Rautenbach, hy is in beheer van hierdie tipe ondersoeke ron-dom die universiteit,” het Van Der Walt gesê.

“Daar is egter baie vrae hieroor wat onbeantwoord bly.”

NWU-Pukstudente samel meer as 20 000 blikkies kos in, sit ligte af tydens Groen-waardeweek

('groen’ wees) is nie net om ’n lig af te sit nie... - Jean-Marc Stidworthy

23 857 blikkies ingesamel.

15 260 blikkies ingesamel.

blikkies ingesamel.

ingesamel.

die meeste blikkies ingesamel.

Blikkies ingesamel Groenweek-feite

elektrisiteitsbegroting vir die

kragonderbrekings.

sing oor nuwe maniere om

olie uit kafeterias, Drakenstein en eetsale vir die maak van bio-diesel om moontlik in

FOTO: Lize Lombard

Page 6: Wapad - 5 Maart 2015

6 5 Maart 2015Nuus

Interracial friendships - not just another colour in the rainbowKATLEHO DAWN MEJE

The NWU-Potchefstroom Cam-pus has had a rocky past, including a struggle for diversity and language issues.

Last year, Dr Blade Nzimande, the Minister for Higher Education and Training, referred to the cam-pus as an “apartheid enclave”.

The receptivity of other cul-tures remains a complex issue for some students, yet it remains im-portant for individual growth as well as the country's democracy.

According to Prof Dan Kw-gadi, the NWU needs to “make sure that we move the university

We were made to live in communication with one another. In other words, be a society and that can only happen through transcultural relationships

community, both staff and students, towards a social cohesion direction”.

As stated in the previous issue of Wapad, the campus demographics are very diverse. With that being said, intercultur-al friendships are bountiful at the NWU-Potchefstroom Campus.

Some BA- and BCom commu-nication modules even cover the benefits of engaging in inter cultural friendships.

“We were made to live in com-munication with one another, in other words, to be a society,” Chantel Barnard, a BSc Pharma-cy student said. “That can only

happen through transcultural relationships.”

Thembisile Makamba, an hon-ours student in BSc Environmen-tal Studies, said “intercultural friendships are a doorway to highly rewarding life experienc-es for everyone involved, but they can also end with misunderstand-ings and uneasy feelings caused by cultural differences”.

Some people in intercultur-al friendships tend to be too comfortable, which leads them to be oblivious to the issues that concern their peers.

Jolanda Andrag, third year BA Political studies and Humanities

student, has stated that most of her intercultural friendships “ex-ist owing to the faculty that she belongs to her residence”. Andrag said she is not likely to randomly go up to a person of another race and start up a conversation. According to her, the chances that there will be a mutual inter-est in conversation are slim.

Nevertheless intercultural friendships are an integrated part of society.

“If the friends (from inter- cultural backgrounds) are willing to make it work, then why not?” asks Mokgampi Matsebe, a BSc Actuarial Science student.

MVG-eienaars spog oor nuutste giggelgroen klub op die Bult MARITA HERSELMAN

Sonic, Popeye en ander karak-ters wat partytjiegangers in die verlede by Arcade Empire en The Tap gefassineer het, is nou vergete onder die plaasvervanger-sirkels op Club MVG (Music, Vibes en Good Times) se mure.

Club MVG stel dit duidelik dat hulle nie Yoof, Arcade Empire of The Tap is nie.

“The Tap en Arcade Empire was bands gewees. Ons doen nie bands nie. Ons sal bands en live entertainment doen as dit Aardk-lop is,” het Zandré Pieters, mede-eienaar en bestuurder, gesê.

Volgens Pieters gaan hulle nie gereeld lewendige vermaak bied nie. Volgens die bestuur het hulle reeds die eerste aand sowat 300 kuiergaste ontvang sonder dat hulle enigsins geadverteer het.

Pieters meen hulle hier is om te bly. “Baie mense gebruik die term “Yoof-Curse” vir dié gebou. Dit is vir ons interessant, omdat ons nie in sulke goed glo nie,” het Pieters gesê.

’n Tipiese aand by Club MVG verloop soos volg: “Ons skop ge-woonlik af met lekker langarm, daarna gaan ons oor na commer-cial dansmusiek,” het Pieters gesê.

“Tussen twaalf en twee het ons ’n ding wat ons ‘Fist Pump Na-tion’ noem.”

Volgens Pieters sal hulle ’n amptelike bekendstelling hou sodra al die opknappingswerk voltooi is.

In die toekoms wil Club MVG die agterste area van die gebou slegs vir vasdans gebruik.

Pieters beweer Club MVG sal uit vier dansareas bestaan.

Speel-speel koshuispret manewales MARITA HERSELMAN

Deur bloot aan sport te dink laat sommiges van milt-steek krul, terwyl dit weer

ander se hartklop versnel. Jy het dalk al aflos gehardloop, maar het bier-sluk al as die aflosstok gedien?

Sportweek is ’n inisiatief in verskeie koshuise, waartydens algemene sport en aktiwiteite in lukraakheid gedoop word om sodoende in pret te ontaard en mense saam te bind.

Gedurende sportweek kompe-teer onderskeie gange van ’n ko-shuis teen mekaar en elke koshuis se program vir die week se verri-gtinge verskil.

“Sportweek bou interne gees op die gange, wat bydra tot die algehele gees in die koshuis,” het Lezaan Groenewald, Heide-vrouekoshuis se sport HK-lid gesê.

Volgens Groenewald is “broom-ball” ’n Sportweektradisie in

Heide. “Broomball” werk só: Spanlede het elk ’n besem in die hand waarmee hokkie op ’n meel-bestrooide ontspanningsaalvloer gespeel word.

Die voorheengenome aflos is een van Caput-manskoshuis se bedrywighede tydens Sportweek. Individue in die aflosspanne moet eers ’n bier afsluk wanneer ’n spanmaat nader, voordat hy die res van die aflos kan aflê.

Een van Vergeet-My-Nie-vrouekoshuis se Sportweekakti-witeite is om pons te maak.

“Elke gang moet hul eie pons maak en aan die beoordelaars verklaar watter bestanddele ge-bruik is – daarna speel ons beer-pong met die pons wat ons ge-maak het,” het Carli Grobbelaar, Vergeet-My-Nie-vrouekoshuis se sport HK-lid vertel.

’n Potjiekoskompetisie is onder meer een van Laureus-mans-koshuis se doenighede gedurende Sportweek.

Eddie Prins, Laureus-mans-

koshuis se sport HK-lid, het geno-em dat Sportweek ’n gevoel van broeder- en kameraadskap in dié koshuis skep.

Anna-Mart Adriaanse, Eiken-hof-vrouekoshuis se sport HK-lid, meen dat “dit deelname in die ko-

shuis skep. “Mense wat nie gewoonlik aan

sport vir die koshuis sou deel-neem nie, kry nou die geleen-theid,” het sy gesê.

Van armdruk en vlugbal oor na wie-kan-die-vinnigste-hotdogs-

eet en handjietennis. Sportweek bied ’n wye verskeidenheid ak-tiwiteite aan en varieer tussen fisiese, kreatiewe en kognitiewe speletjies. Klaarblyklik hoef jy nie ’n fitness freak te wees om Sportweek te geniet nie.

Nie-sportiewe koshuisbrakke kry kans om tydens Sportweek ’n oomblik op die ‘sportveld’ te geniet

Koddige sportspeletjies word tydens Sportweek in verskeie kampuskoshuise gespeel. FOTO: Rhynard Aucamp

Club MVG het gespog met hul “vierduisend likes” op Facebook. Hulle het sowat 100 likes.

Page 7: Wapad - 5 Maart 2015

7K&V5 Maart 2015

Fifty Shades of Grey – onkonvensionele liefde?FLIEK

5 Maart - 19 Maart

Canvas ondergaan totale gedaanteverwisseling ARISA JANSE VAN RENSBURG

Canvas is uiteindelik met swart toe geverf en met ’n skitterwit kleed genaamd Skeppende Kuns oorgetrek waaronder al die kun-ste op 25 Februarie saam gedrom het.

Tydens dié kunste-aksie se debuut moes koshuise in sleep verband ’n struktuur uit herwinbare materiale optower wat die tema “YOLO” uitgebeeld het.

“Die tema is deur die Puk se kunsgalery gekies om hulle ook te betrek. Die wen-struktuur gaan in die Botaniese Tuine uitgestal word,” het Juanmarie Schoonraad, SR-Kunste, gesê.

Die kenmerkende verfelement van Canvas was egter nie ten volle van kant gemaak nie.

’n Wit lap was op die verhoog geplaas waarop koshuise hul embleme kon verf en studente dus steeds hul hande op dié manier

Almal fokus op Van Coke solo-album

vuil kon maak. Tog meen Jolinda Coetzee,

Kunste HK-lid van Klawerhof, dat die diversiteit van Skeppende Kuns ’n goeie ding is.

“Dit is baie lekker. Ek kan soveel mense in die koshuis betrek wat voorheen nie kon deelneem nie. Daar’s nou mense wat kan sweis en teken en alles,” het sy gesê.

’n Wye verskeidenheid plaas-like, akoestiese bands het ook tydens dié aand in die JOOL-stoor opgetree.

“Ons moes iets anders doen en Puk-Kunste het hulself heelte-mal oortref,” het Hendri Lartz , hoofsanger van die groep Paper Plane Pilots, gesê.

Dié groep was onder meer een van die bands wat in die JOOL-stoor te siene was.

Die grootskermfliek en verskeie kosstalletjies het ook studente se kreatiwe kante laat opvlam.

“Ek hoop dat dit net meer sal groei en dat ons al hoe meer mense sal betrek,” het Schoonraad gesê.

Donderdag 5 Maart - 19:30Potpourri! The ComebackKonservatoriumKaartjies R75-R50 beskikbaar by Konservatorium

Saterdag 7 Maart - 9:00 Life Market

Dinsdag 10 Maart - 19:30Jacques le Roux teenoor Albie van Schalkwyk - KlavierKonservatorium

MARITA HERSELMAN

Francois van Coke het aanhangers verlede week tydens sy akoestiese

vertoning te Die Mystic Boer behoorlik in bekoring gehad.

Van Coke en mede Van Coke Kartel groepslid, Jedd Kossew, het tydens dié vertoning snitte in kronologiese volgorde vanaf hul 2003-album tot waar hulle tans is, gesing. Van Coke het ook die gehoor aan drie snitte wat op sy debuut solo-album voorkom, bekendgestel.

Volgens Van Coke is daar ’n

drastiese verskil in sy solo-album se klank in vergelyking met dié van die ander twee musiekgro-epe, Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, waarby hy betrokke is.

“Ek dink nie dit klink soos een nie. Dis nogsteeds in die rock

genre, maar dit het elemente van baie ander goed, soos folk, country en alternative, selfs pop. Ek dink daar is ’n groot variety van musiek daarop. As mense dit gaan hoor, gaan hulle hoor dis anders,” het Van Coke oor sy

album gesê.Volgens Van Coke is die tema

van sy solo-album “vorentoe beweeg”.

Hoewel hy van mening was dat al twaalf snitte op dié album sy gunsteling is, kon hy ’n paar

Dis nogsteeds in die rock genre, maar dit het elemente van baie ander goed, soos folk, country en alternative, selfs pop

uitsonder.“Skree”, “Hulle Sê” en ook “Toe

Vind Ek Jou”, wat hy saam met Karen Zoid sing, is onder meer dié waarvan hy die meeste hou.

Hoewel die vollengte album op 8 April vrygestel word, het Van Coke reeds sy debuut enkelsnit “Moontlik Nooit” op 20 Februarie vir gratis aflaai op die internet vrygestel.

Aanhangers kan ook verwag om die volledige album tydens Van Coke se volgende optrede in Potchefstroom op 16 April by Die Mystic Boer in lewende lywe te hoor.

Die Suid-Afrikaanse rocker, Francois van Coke, se solo-album beloof om dié sanger van sy musiekgroepe te skei. FOTO'S: Ida Steenkamp

Kunstiges kon vanjaar tydens Skeppende Kuns hul kreatiwiteit laat vloei.

FOTO's: Heinz Schoeman-Struwig

Page 8: Wapad - 5 Maart 2015

8 5 Maart 2015K&V

JOHANÉ VAN DEN BERG

Dis ’n probleem wat elke student al mooi vierkan-tig in die gesig gestaar het: platsak wees. Natuurlik sal Murphy’s Law veroorsaak dat dié probleem jou juis in die week van ’n goeie vriendin se verjaarsdag oorval.

Ons weet dat jy nogal

Sakpas-swartbord binne sekondesgraag vir haar iets wil gee wat nie sommerso in Car-dies of ’n soortgelyke ver-beeldinglose plek wat ver-jaarsdaggeskenke smous, gekoop is nie.

Gelukkig het Wapad Leefstyl ’n lekker, maklike oplossing vir jou dilemma en jy hoef nie juis hon-derde rande of tallose ure daaraan te spandeer nie.

Afrika-kultuur deur allerhande lenseJEANELLE GREYLING

Hoewel al wat ’n kunsaan-hanger vanaand tydens die openings-aand eers die kun-suitstallings gaan sien, kan jy reeds ’n agtergrondprikkel van die meesterstukke kry.

Block A Thokoza Women’s Hostel

Die NWU-galery bied 19:00 Block A Thokoza Women’s Hos-tel, deur Angela Buckland.

Dié foto-uitstalling “bied ’n opname van die lewe in ’n kontemporêre Afrika-stad van informele handelaars en werk-ende vrouens wat buite die ge-wone konteks van familie en tradisie woon,” skryf prof Rod-ney Harber.

Volgens Harber is dit ’n nuwe plek van kontemporêre, vrou-like stadslewe. Dié blok word deur sowat 5 000 inwoners per hektar bewoon, wat dit die mees digbewoonde plek in Dur-ban maak.

Die inwoners woon in swak toestande. “Hulle begin deur vir maande te wag vir vaka-tures om op te duik, dan trek hulle in ’n slaapsaal in en uit-eindelik op ’n vloer van een van die kamers,” skryf Harber.

“Hulle kry gewoonlik een van die drie beddens in die ka-mer en betaal maandeliks hul huur.”

Hoewel dié blok baie tekort-kominge het, verkies die in-woners dit bo die informele nedersettings. Anders as die informele nedersettings is die losieshuise redelik goed geleë, goedkoop, veilig en bied goeie dienste, skryf Harber.

Die inwoners word snags toegesluit om veiligheid te verseker.

Indien jy dié geleentheid (met gratis wyn) misloop, bied Buckland môre ’n begeleide toer.

Ik ben Een Afrikaander

Die NWU Botaniese Tuin-galery bied om 17:30 die ge-mengde-media uitstalling: Ik ben Een Afrikaander: The Un-equal Conversation, Lizamore & Associates, aan.

“Om ’n ‘Afrikander’ te wees is nie ’n eenvoudige taak nie,” het Mandy Rossouw, politieke joernalis by City Press, desty-

ds geskryf. “Die kompleksiteit is sigbaar wanneer jy die woord probeer vertaal, aangesien dit verskillende betekenisse in ver-skillende tale het.”

“Ons lys het baie swaar ge-weeg teenoor wit manlike kun-stenaars,” het Teresa Lizamore gesê. Vier wit manlike kun-stenaars, een wit vrouekun-stenaar en ’n swart vroulike kunstenaar se werke word “in gesprek met mekaar” uitgestal.

Die tema se inspirasie is Hendrik Biebouw, wat homself eerste as ’n ‘Afrikaander’ voor-gestel het.

Ik ben Een Afrikander se kunstenaars bied môre om 12:30 ’n besprekingspaneel.

Goodness from Hammarsdale vanuit die Block A Thokoza Wom-en’s Hostel uitstalling. FOTO: Verskaf

Jy het die volgende nodig...

Ma-hulle.)

ordentlik.

gemaak is.

'Hoe pak ek dit aan?'

Page 9: Wapad - 5 Maart 2015
Page 10: Wapad - 5 Maart 2015

10 5 Maart 2015

KommentaarRedaksioneel

SMS 31750SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

OmbudsmanAs jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: [email protected]

5 Maart 2015

HoofredaksieDie volgende uitgawe vanWapad verskyn op 19 Maart.

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875

HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Eugenie Gregan NUUSREDAKTEUR: Jaco-Mari Futcher KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Johané van den Berg FOTOREDAKTEUR: Lize Lombard UITLEGREDAKTEUR: Lerine Miller HOOFSUBREDAKTEUR: Nicole Kemp WEBREDAKTEUR: Justin Hocking BEDRYFSREDAKTEUR: Arline Louw BEMARKING- EN ADVERTENSIEBESTUURDER: Lynette Strydom SKAKELING- EN KANTOORBESTUURDER: Marita HerselmanTeksversorgers: Marnus Kok, Madelein van Straaten.

Wapad:

Dit is nou twee weke na mekaar dat ons die rugby in die SS kyk en dan kom die mense en sit al die ligte en tv’s af terwyl ons nog kyk en jaag n mens uit in n ombeskofte manier. Op die borde buite staan daar dat die SS eers 9uur toe maak maar, hulle gooi jou al kwart voor 9 uit in die dood snikke van die wedstryd Dit is nie hoe n mens diens lewer nie en ek hoop daar word hierna gekyk – WMP

2015/02/28 09:13:06 PM

NWU se einde nog nie in sig

Redaksioneel

Aside from the front page, where are the women in Afrikaans newspapers?

A couple of weeks ago, BY – a supplement of an Afrikaans publication pub-

lished a front page which posed the question “what is beauty?’

The first problem depicted by the collage of women on display on said cover – and as raised by many on social media was that all of the women were white (except for the first picture, which was one of Neftriti. I’m not sure if whether, as a brown woman myself, I am supposed to be comforted by the fact that the only inclusion of a non-white wom-an was the first picture. In case you’re wondering, the answer is no, I am not comforted by it).

To an extent, I am not surprised. I myself have raised the fire against some of these publications for what I think is biased reporting. Granted, they are catering to an audience who only seems to care about certain things – this sells newspapers but we will open that can of ethical… or unethical worms later.

More than that, some publica-tions are fixated on making ob-jects out of women. Just things. No different from a pimped out car, or a not so pimped out car, which all men seem entitled to have an opinion about. This is not new. And it was for this rea-son that my opinion of this very co-ver leaned toward just that. That is, the cover itself is not surpri-sing so much as our reac-tion to it. Why are we surprised that this keeps happening? Perhaps, the only thing that needs to change is our constant shock and horror when it comes to ill and ignorant publishing choices.

Why do we constantly subject ourselves to being disappointed by something that inevitably disappoints. No amount of criti-cal thinking, by even a hand-ful of readers who are capable of independent thought is ever going to employ the same degree of critical thinking by people who make those decisions and send that drivel to the printer. Trust me. You could spell it out and it would be met with some jaded bureaucratic response – beyond help and beyond reason.

Professionals at the “isms”

these people are. So much so that it really does seem that they pride themselves on it - Racism, sexism etc.

There is no strength in num-bers when it comes to something like this (the post on Facebook garnered a lot of engagement). This fell on deaf ears as something like this often does when one even dares to try and pierce the bubble of a white patriarchy. (Please let me be very clear about the fact that I realize that patriarchy does exist when it comes to other races, it is however factual, that in this specific context, the patriarchy does happen to be white. Perhaps just for fun someone should make the editor of Die Burger black, just for a day… let’s see what happens then?).

My problem is this however, there exists among those people, among any group of editors or big dogs or whatever you want to call it, people who have power. People who have the power to change minds, change decisions and make the right choices - Even if it is in restrospect. And the truth of the matter is, that yes, the gender divide in these chief posi-tions still remains vastly unequal, but there are women in positions of significant power who choose to do nothing at all as well. Per-haps some women are employed as demographic pawns- (let’t not kid ourselves, it looks on paper, and it does happen) but we cer-tainly don’t have to play that part. Isn’t that the point of having a more representative organiza-

Haji Mohamed Dawjee is the deputy news editor and a columnist at the Mail & Guardian. She has been featured on HuffPost Live and BBC Radio as well as Al-Jazeera. Follow her on Twitter: @sage_of_absurd

tion? So that backward norms are at least debated? Questioned? And if not changed at the outset, then at least brought to light after the fact so that people are made aware for future reference?

Back to the point I made before… White male patriarchy in these organisations are too consumed by their own sense of centuries worth of entitlement to change. It not dissimilar from the old adage of trying to teach an old dog new tricks.

But a woman who consciously makes decisions to perpetuate her entrenchment in an already flawed system is even worse because she stands in the way of the advancement and support of other women.

This is an old-boys club. You may be just a number. It’s time for you to make your own club, a fu-ture club - a better one. One that’s more representative, and one that certainly does not sit idly by while decisions like these slip – nay – parade through the cracks.

PHOTO: Supplied

Klagtes en gedagtes

Wapad het op Facebook gesien dat arme Kgwadi al wéér blameer word vir die onderonsie tussen die ISR-lede.Erger nog bid party mense dat God die NWU-Puk teen die "duister

magte" moet beskerm. Ander kies om "hulle" met die afskuwelikse spelling te vloek. Waarvoor is almal so bang? Die groot vrees klink baie meer apokalip-

ties as die blote feit dat die institustionele studenteraad die SR-voor-sitter geskors het.Ons moes seker verwag dat dit 'n rasse- en talekwessie gaan word.Monica van Schalkwyk, onse SR-voorsitter, wil sélf nie eers oor die

saak uitbrei nie, want sy glo dit moet intern hanteer word. Praat van "storm in a teacup".Hoewel dit vir ons koerantmanne altyd goed is om nuus in te kry, is

die redaksielede in ons NWU-Pukhoedanigheid moeg daarvoor dat alles op dié kampus in kontroversie moet ontaard.Ons wil trots wees op die kampus sonder om vir onsself hoef te

baklei. Ons wil slegs op die kwaliteit van ons akademiese kwali�kasies beoordeel word. Dis immers waarom ons hier is.Die meeste studente is vry gebore - vry van die apartheid-chip op

ons skouers en al wanneer ons verkies om oor kleur te baklei is wan-neer ons stry of die rok goud en wit of blou en swart is.As ons met ander rasse en kulture baklei, is dit omdat ons nie van hul

besluite en/of persoonlikhede hou nie. Wapad fokus op wie die storie uitgelek het. Wie het die motief om die

NWU-Pukkampus wéér onder die radar te plaas?Ongelukkig vang hoë bome baie wind en Van Schalkwyk besef dit.

Sy het probeer om in haar professionele hodanigheid op te tree en die regte kanale gevolg. Die feit dat elke Jan Raap en sy Maat in sy Facebook-hoekie sit en dit 'n rassekwessie maak, bewys opnuut dat ons die rassehaat van die apartheidsjare nog glad nie agter ons gesit het nie.Elkeen kan maar uit sy "fallout bunker" klim. Die apokalips is nog ver.

Kommunikasiegaping Hierdie stuk is die opinie van die skrywer en nie van Wapad nie.

"Wat is die verskil tussen ’n BA-graad en ’n pizza?" vra my ingenieurswesevriend aan tafel in ons gunstelingkroeg.

" ’n Pizza kan ’n familie van vier voed."

Almal lag. Almal behalwe die twee Engelse

kêrels wat oorkant my sit. Die een het jare gelede sy graad

in BCom-iets by UNISA verw-erf en die ander een werk sedert

matriek vir sy pa. Dis ’n skerp grappie en verdien tenminste ’n halwe grynslag ná die tiende keer wat jy dit gehoor het... al moet ek dit nou self erken.

Dalk verstaan hulle nie die Afrikaans so lekker nie, dink ek en vertaal die grappie.

Die een maak darem of hy verstaan wat so snaaks is en vervals 'n laggie.

Die ander een sluk ongemak-

lik aan sy Black Label en kyk kamstig op sy foon hoe laat dit is om oogkontak te vermy.

My kommunikasie-opvoeding maak die kulturele gaping skielik duidelik.

Onbekend met die stigma van ’n BA-graad se nut (of die afwe-sigheid daarvan) en die see stu-dente wat almal blykbaar net ’n man wil vang, tree ek as kommu-nikeerder in en maak ons wêreld

as studente oop aan die twee met hul ervarings op ander plekke.

Die grappie, lankal nie meer snaaks nie, maar darem toegank-lik vir almal, word afgesluit.

Na so oomblik van stilte staan ek op en stap kroeg toe vir nog ’n bier. Ek tel die 50-, 20-, en 10 sente wat in my sak klingel af tot ek voor in die tou staan.

Net-net genoeg vir 'n laaste enetjie. ROBBIE BOLTMAN

Page 11: Wapad - 5 Maart 2015

11 19 Februarie 2015 Sport

Patria val vas

SUNELLE VAN DER WATEREN

Dinki en Heimat het in van-jaar se indoor hokkie uitge-haal en gewys om die wen-

titels voor die kampuskoshuise weg te raap.

Die vroue se eindstryd was ’n harde wedstryd waartydens Dinki sake teen Klawerhof moes uitspook, maar op die einde het die dorpskoshuis as wenners we-ggestap deur ’n enkele doel van ’n korthoekie af aan die einde van die eerste helfte aan te teken, wat die telling 1-0 vir Dinki gemaak het.

“Ons meisies het regtig hulle harte uitgespeel, en well done vir

Klawerhof ook. Hulle het regtig hulle beste gegee,” het Maryke Botha, Dinki se sport HK-lid, ná die eindstryd gesê.

“Ek dink dis ’n goeie stappie vir die winterliga en ek sien regtig uit daarvoor.”

Volgens Christine Pretori-us, Klawerhof se spankaptein, moet daar eerder onpartydige skeidsregters vir die wedstryde gebruik word.

“Ek dink as die indoor hokkie nog aangaan moet hulle onpar-tydige skeidsregters kry. Soos jy gesien het was een skeidsregter van Dinki en een van Klawerhof en ek dink hulle moet onpartydige skeidsregters kry sodat daar nie

Nóg foto's van die NWU-Pukke se naelbyt-oorwinning oor Tuks

DEVAN DU TOIT

Villagers en Bellatrix is vanjaar se korfbal-kampioene, ná hulle verlede week onderskeidelik vir Veritas en Karlien geklop het.

In die wedstryd tussen Villa-gers en Veritas was die eindtel-ling 50-36, terwyl Bellatrix met ’n reuse-telling van 61-30 oor Karlien geseëvier het.

“Ons seisoen het baie goed

begin met opeenvolgende wen-wedstryde wat gesorg het vir deurgaanse selfvertroue,” het Quinton van Schalkwyk, Villa-gers se kaptein, ná die wedstryd gesê.

Volgens Bellatrix se sport HK-lid het die finaal vir goeie kos-huisgees en sportmanskap ge-sorg. “Dit is vir ons wonderlik om nog ’n wen in die sak te steek,” het sy bygevoeg.

Villagers en Bellatrix kampioene op korfbalbaan

Die seëvierende korfbalspanne van Villagers en Bellatrix. FOTO'S: Devan du Toit

Patria het Maandag in hul eerste wedstryd van vanjaar se Steinhoff Liga vir koshuisrugby teen Mopanie van Tukkies vasgeval.Die eindtelling was 13-10 in Mopanie se guns. Patria se volgende wedstryd is op 23 Maart teen NMMU se Stallions.

FOTO: SASPA

Dinki en Heimat seëvierend indoorbad feelings tussen die koshuise is nie,” het Pretorius gesê.

“Ek voel Dinki was ’n baie goeie teenstander, hulle het baie talent. Dit was ’n tough indoor finaal maar dit was baie fun.”

In die mans se liga het Heimat met ’n telling van 4-0 teen Villag-ers geseëvier.

“Ek voel die finaal teen Villag-ers was ’n baie goeie game gewees. Hulle is nog altyd ons grootste kompetisie,” het JJ Vosloo, Hei-mat se afrigter gesê.

Die liga het vir ons stadig begin, maar dit het opgetel nader aan die einde en ek voel ons peak was die finaal gewees.”

’n Speler van Klawerhof in aksie tydens hul eindstryd teen Dinki. FOTO: Nannette Erasmus

FOTO'S" SASPA

Page 12: Wapad - 5 Maart 2015

11

Sport5 Maart 2015

NWU-Pukke trap Tukkies se tjank af

FOTO: SASPA

Pretorianers kry slae in Potchefstroom

Varsity Cup-uitslaeIkeys 90 - 8 CUT

Shimlas 21-16 Maties

UJ 42 - 13 NMMU

EUGENIE GREGAN

Die NWU-Pukke het eindelik hul stemme in vanjaar se Varsity Cup-toernooi dik

gemaak toe hulle Tukkies Maan-dagaand op skouspelagtige wyse met 42-37 in Potchefstroom geklop het.

Beide spanne het aanskoulike hardlooprugby ten toon gestel en tien drieë is tussen dié twee spanne gedruk.

Die NWU-Pukke kon eerste punte op die bord sit toe Dalen Goliath kort ná die afskop gaan druk het en ná 15 minute was die Potchefstromers reeds met 10-0 voor.

Tukkies se kaptein, Wiaan Lie-benberg, het egter hierna met ’n kraglopie oor die doellyn geduik. Die momentum was aan die be-soekers se kant en nog twee drieë het hierop gevolg wat Tukkies ’n voorsprong van 21-10 gegee het.

Die tuisspan het egter terug-geveg en Dean Stokes het twee keer agter die witkalk gekuier om sy span halftyd ’n voorsprong van 26-21 te gee.

Die wipplankstryd het in die tweede helfte voortgeduur en beide spanne het om die beurt die voortou geneem.

Twee minute voor die eindfluit-jie geblaas het, het ’n drie deur die besoekers die telling 37-34 vir Tuk-

kies gemaak en het dit gelyk of dit ’n droewige aand vir Potchef-stromers sou wees.

In die doodsnikke van die wed-stryd het die Pukke se losska-kel, Johnny Welthagen, byna sy skuld van verlede jaar se eind-stryd afbetaal toe hy ’n skoppie in die hoek geplaas het, wat deur Marno Redelinghuys opgeraap en gedruk is.

Ek dink almal sien uit na volgende week se game ná laas jaar se �nal. Vir ons is dit maar net nog ’n wedstryd wat ons moet wen om in die semi-�nals te kom en dan Varsity Cup te wen.

“Ons het regtig die wen nodig gehad, veral na laas week se wed-stryd teen UJ. Die ouens het goed gespeel en alles op die veld gelos. Ek dink dit was ’n goeie perfor-mance deur die ouens en dis al-tyd lekker om Tukkies te wen,” het Jeandre Rudolph, die NWU-

Pukke se kaptein gesê.“Ek dink almal sien uit na vol-

gende week se game ná laas jaar se final. Vir ons is dit maar net nog ’n wedstryd wat ons moet wen om in die semi-finals te kom en dan Varsity Cup te wen.

Dit gaan verseker weer dieselfde tipe wedstryd wees as wat Tukkies was, dieselfde fisiekheid, dieselfde tempo, dieselfde groot atmosfeer.

Ons gaan dit soos enige ander wedstryd benader en sien ook baie uit daarna. Ek glo die ouens sal opdaag en julle sal vir ’n game van julle lewe in wees.”

Puntemakers:Pukke 42 (26). Driëe: Dalen Goli-

ath, Dean Stokes (2), Dillon Smit, Marno Redelinghuys. Strafdoele: Rhyno Smith. Doelskoppe: Smith (5).

Tukkies 37 (21). Driëe: Wiaan Liebenberg, André Warner, Clyde Davids, Damian van Wyk, Jaco Visagie. Doelskoppe: Joshua Stander (4).

Die NWU-Pukke se kaptein, Jeandre Rudolph, word deur ’n speler van Tukkies platgetrek in die twee spanne se kragmeting Maandagaand.

Varsity Cup-punteleerSPAN GS W G V T

1. Shimlas 4 3 1 0 16

2. Tuks 4 2 1 1 15

3. UJ 4 3 0 1 14

4. NWU-Pukke 4 2 1 1 14

5. Ikeys 4 2 1 1 13

6. Maties 4 0 2 2 7

7. NMMU 4 1 0 3 6

8. CUT 4 0 0 4 0

GS - GespeelW - WenG - GelykopV - VerloorT - Totaal