ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/jaarverslag 2015.doc · web viewfsssi -...

28
JAARVERSLAG Mnr. H. van der Merwe 2015 “Die meeste suksesvolle mense het nie iets bereik deurdat ‘n nuwe geleentheid of talent aan hulle gegee is nie. Hulle het bloot die bestaande geleenthede

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

JAARVERSLAG

Mnr. H. van der Merwe

2015“Die meeste suksesvolle mense het nie iets bereik deurdat ‘n

nuwe geleentheid of talent aan hulle gegee is nie. Hulle het bloot

die bestaande geleenthede wat hulle gehad het, gebruik en

ontwikkel.”- Bruce Morton-

Page 2: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

1. INLEIDING

En so is nog ‘n genade jaar vir Hoërskool Reitz, sy personeel, leerlinge en ouers verby. ‘n Jaar waarin ons Hemelse Vader ons gedra het en ons ryklik geseën is. Tog weet ons dat alhoewel 2015 vir baie goue oomblikke gesorg het, daar ook ouers en leerlinge was wat moeilike tye beleef het. Ons harte gaan uit na die persone wat geliefdes aan die dood afgestaan het. Hul heengaan laat ‘n leemte by soveel mense en word betreur.

2. LEERLINGE (SKOOLROL)Ons het tans 401 leerlinge.3. PERSONEELOns het tans 28 onderwysers (12 beheerliggaamposte), 3 administratiewe personeellede (2 beheerliggaamposte), 1 terreinbestuurder en 5 skoonmakers (4 beheerliggaamposte). By die koshuis is daar 2 matrones en 5 werkers. Die volgende personeellede het vanjaar by ons aangesluit: mnre. Retief Ueckermann (IGO), me. Yzelle de Beer (Gr.3), Therese Fivaz (Afr, Eng), Cornel Stadler (Wisk), Lelanie Haward (Finansiële sekretaresse).

Ons het in 2014 afskeid geneem van mev. Igne Weyers en Heila Krüger en deur die jaar van mnr. Waldie van Heerden, me. Marlene Bam, Alicia Bosman, Nadia de Jager, Rika Knoetze, Annedene Pretorius, Elzette van Zyl en Madrid Mabe (algemene werker by die koshuis) wat ons verlaat het.

Personeel prestasies:

Mnr. Herman van der Merwe: Organiseerder VKB-Rugbyweek, Organiseerder ITEC- Rugbytoer na Italië, Oos-Vrystaat Hoërskole Rugby ondervoorsitter, Oos-Vrystaat Laerskole krieketkeurder en bestuurslid, Oos-Vrystaat 0/16 Rugbykeurder.

Mnr. Uys le Roux: Spanbestuurder: ITEC-Rugbyweek na Italië, Spanbestuurder en Afrigter: O-VS 0/19-rugby VKB, Nasiener Gr.12 Afrikaans.

Mev. Wilna Botha: Nasiener Gr.12 Lewenswetenskappe (vraestel 1), nr.1 in Thabo Mofutsanyana Distrik

Mnr. Christo van Zyl (Landloop: O-VS Bestuur – Keurder en Statistikus, VS-Bestuur – Keurder.

Mev. Ria Barnard: Senior nasiener RTT (vraestel 2), RTT nr.2 in die Vrystaat.

Mev. Minnie Terblanche: O-VS Netbalbestuur (Tesourier), SA-Netbalskeidsregter (C+), O-VS 0/13-keurder, 0/13 Jaquars – SA Skeidsregter.

Mev. Riana Terblanche: Nasiener Gr.12 Reis- en Toerisme (Junie eksamen), Matriekeindeksamen: Gasvryheidstudies en Reis en Toerisme, asook SACAI Nasionale Matriekeksamen, November 2015,

2

Page 3: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

Eksaminator vir Gasvryheidstudies. Nr.1 in die Thabo Mofutsanyana Distrik.

Mnr. Rikus Terblanche: Keurder: Oos-Vrystaat 0/19-Krieket en Griffons 0/12-Rugby, Afrigter: Vrystaat Agri span na 0/13-VKB Rugbyweek.

Mev. Adri van Deventer: Organiseerder Thepa Trading Oos-Vrystaat Netbal, Keurder Oos-Vrystaat (0/16 + 0/18) en Vrystaat Netbal (0/16), Skeidsregter: SA- Netbalskeidsregter (C) en Lynx Spanbestuurder.

Mnr. Johan Broekman: Spanbestuurder: Oos-Vrystaat 0/15-span na VKB-Rugbyweek.

Mev. Magda Venter: Nasiener Afrikaans II en nr.3 in die Vrystaat. Nr. 1 in Thabo Mofutsanyana Distrik.

Mnr. Neels Mollentze: Geografie nr.6 in Vrystaat Mev. Aggie Mostert: Wiskunde nr.1 in Thabo Mofutsanyana Distrik

Ons opregte dank en waardering aan al die personeel vir pragtige werk gedurende die jaar gelewer.

4. BEHEERLIGGAAM

‘n Nuwe beheerliggaam is vanjaar verkies. Baie dankie vir hul harde werk, as lede, van die beheerliggaam gedurende die jaar: mnr. Brand van Deventer (voorsitter, Vervoer, Geboue en Terrein), mnr. Francois Swanepoel (ondervoorsitter, Bemarking, Dissiplinêr), mnr. Marius Bonthuys (Sport), mnre. Danie de Bruyn (Sportgronde, Dissiplinêr), Jaco Heckroodt (Finansies), mev. Malinda Rautenbach (Klere), mnre. Rudi Nel (Borge) Marius Strauss ( Kultuur, IT), Kobus van Niekerk (Koshuis).

5. AKADEMIE

5.1 Matriekuitslae 2014

Dit is vir die 19de agtereenvolende jaar wat Hoërskool Reitz 100% slaagsyfer behaal het.

Drie leerlinge het 8 onderskeidings gehad:*Jacques Duminy: Afrikaans, Engels, Wiskunde, LO, RTT, IGO, Fisiese Wetenskappe, Besigheidstudies.Petr Havenga: Afrikaans, Engels, Wiskunde, LO, Rekeningkunde, RTT, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe*Gordon Read: Afrikaans Engels, Wiskunde, LO, Rekeningkunde, RTT, IGO, Fisiese Wetenskappe.*Ons is veral trots op Jacques en Gordon wat ook onder die Top 50 Presteerders in die VS was.

Twee leerling het 7 onderskeidings behaal:Lettie Beukes: Afrikaans, Engels, Wiskunde, LO, Rekeningkunde, RTT en LewenswetenskappeNelmari Scholtz: Afrikaans, Engels, Wiskunde, LO, Rekeningkunde, Lewenswetenskappe, Fisiewe Wetenskappe

5 Onderskeidings

3

Page 4: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

Dané de Wet: Afrikaans, Wiskunde, LO, Lewenswetenskappe, ToerismeChanté Jacobs: Afrikaans, Wiskunde, LO, Lewenswetenskappe, Toerisme4 OnderskeidingsHannes Aucamp: Wiskunde, LO, RTT, IGMarie-Louise Meiring: Afrikaans, LO, RTT, LewenswetenskappeJaco van Tonder: Wiskunde, RTT, IGO, Geografie

3 Onderskeidings:Hanro Pearson: LO, Lewenswetenskappe, ToerismeJohan Pretorius: Engels, LO, RTT

2 Onderskeidings:Marius Barnard: LO, RTTPieter Henn: Wiskundige Geletterdheid, LOJohan Rossouw LO, Wiskundige GeletterdheidLiza van Coller: LO, RTT

1 Onderskeiding:Alex Hickman (LO), N.P. Linde (LO), Tersia Olivier (LO), Corli Swart (LO), Paul Terblanche (LO) en Sybrand van Deventer (LO)

5.2 Landbouvakke

Vanaf 2013 word die volgende landbouvakke aangebied: Landboubestuur, Landboutegnologie en Landbouwetenskap. Vanjaar is die eerste Landbou-Akademie groep in matriek.

LandboutegnologieDie Gr.10- en Gr.11-leerders leer hier van veiligheid ten opsigte van werkswinkels, toerusting en die gebruik daarvan, ook van enjins, die sweistegnieke, verskillende metale, waterpype, besproeiingstelsels, plaagspuittoerusting en bouwerk. Die Gr. 12- leerders leer van veiligheidsgevare op die plaas, trekkerveiligheid, metaalallooie, sintetiese materiale, elektriese omheinings, alternatiewe energiebronne, sweiswerk, verskillende oes – en gewasverwerkingsmasjiene, trekkerstelsels, aandryfstelsel van ‘n voertuig, oorhoofse besproeiingstelsel, besproeiingskedulering en kommunikasiestelsels (GPS, GIS ens.).

GR10Uitstappies Kwartaal 1 na Boeredag by Roadside naby Reitz, kyk na uitkenning van siektes by ‘n skaap.Kwartaal 2 na Nampo Oesdag, besoek stalletjies en vind uit oor hul produkte, doen verslag daaroor.Kwartaal 3 na van Zyl’s Staalwerke, kyk na sweiswerke, plasmawerke, verf van toerusting. Besoek ook vir Johannes Mathee, kyk na enjins.

PAT vir die jaar is beplanning en kostes van die opsit van sluitkaste in die klas word gemeet op sweiswerk, buigwerk, snywerk, afronding ens.

GR11

4

Page 5: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

Uitstappies Kwartaal 1 na Boeredag by Roadside naby Reitz kyk na uitkenning van siek

skape.Kwartaal 2 na Nampo Oesdag, besoek stalletjies en gee terugvoering oor besoek aan stalletjies. Kwartaal 3 na van Zyl’s Staalwerke, kyk na opset en al die masjinerie daar beskikbaar ook na veiligheidsaspekte.

PAT vir die jaar is die beplanning en kostes van ‘n braaier in groepe van drie, word beoordeel ook op die voorkoms en afronding en sweiswerk en buigwerk.

GR12UitstappiesKwartaal 1 na Boeredag by Roadside naby Reitz kyk na uitkenning van siek

skape.Kwartaal 2 na Nampo oesdag, besoek stalletjies en gee terugvoering oor besoek aan stalletjies.

Landboubestuur Gr.10- en Gr.11-leerders vind hier meer uit oor gewasverbouiing van akkerbougewasse en groentes, grond en waterbestuur, gewasbestuursaspekte, diereproduksie, dierehantering en besoedeling.

Gr.12-leerders doen plaasbeplanning (produksie, hulpbronbenutting, presisie boerdery, meganisering, begroting, proefbalans, kontantvloei, arbeid en implemente), rekordhouding (metodes, finansiële data), produkte oes en kwaliteitsbeheer, bemarking, produksie-organisasies, waardetoevoeging, prasessering, verpakking en verspreiding, bemarking van waardetoegevoegde produkte, agri-toerisme, besigheidsbeplanning (opstel van besigheidsplan, prysvasstelling), entrepreneurskap (eienskappe van entrepreneur, skep van ‘n besigheid), plaas evaluering en plaasbestuur.

GR10Uitstappies Kwartaal 1 gaan na Boeredag by Roadside naby Reitz, kry opleiding in hantering van skape.Kwartaal 2 na Nampo besoek stalletjies en gee terugvoering daaroor in die

klas.Kwartaal 3 na Vetvee Veiling, kyk na vee en aanbieding van veiling. Doen brandmerk van beeste by mnr. J Broekman (prakties).

PAT vir die jaar handel oor ertjies, die voorbereiding van saadbed, kunsmis, saai, uitplant, oes en bemarking. Moet nog geoes word.

GR11UitstappiesKwartaal 1 na Boeredag by Roadside naby Reitz, kyk na skaapsiektes en uitkenning daarvan.Kwartaal 2 na Nampo, besoek stalletjies en gee terugvoering in klas daaroor.

5

Page 6: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

Kwartaal 3 na Vetvee Veiling, kyk na hantering van vee en pryse waarteen verkoop word. Kry ‘n toets daaroor.

PAT gaan oor koring, saadbedvoorbereiding, plant van saad, onkruid beheer, kunsmistoediening, waterbestuur, oes en bemarking daarvan.

GR12Uitstappies Kwartaal 1 gaan na Boeredag by Roadside naby Reitz, kry opleiding in hantering van skape en kyk na kostes.Kwartaal 2 na Nampo besoek stalletjies en gee terugvoering daaroor in die

klas.

PAT vir die jaar handel oor blomkool in die tonnel, die voorbereiding van saadbed, kunsmis, saai, uitplant, oes en bemarking. Kyk na alle kostes. Skryf ‘n praktiese toets.

Landbouwetenskap (ekstra vak)

Gr.12-leerders leer hier van dierevoeding en –spysvertering, dierevoer, diereskuilings en

–bestuur, voortplanting by diere, dieresiektes en –beskerming, landbougenetika, landbouproduksiefaktore en landboubemarking. Hierdie vak is ‘n moet vir die toekoms.

Beplanning vir 2016 – nuwe verwikkelingeLandboutegnologie en -bestuur word nou ten volle in die skool aangebied. Daar word met belangstelling uitgesien na die resultate van matrieks aan einde van die jaar. Hierdie jaar is 10 beeste aangekoop, vir spekulasie. Ons sal moontlik volgende jaar 10 stoetbeeste aankoop. Landbouwetenskap moet nog inkom in die pakket, hoopvol vir die jaar wat kom.

Landboutegnologie

Gr.10: Die beplanning is om weer met omheinings voor te gaan, en die parkeer area

by die laerskool te voltooi met omheining. Wil ook nog sluitkaste bou. Kry drie kwartaal

projekte (take). Sal weer na Nampo gaan en om trekkeraanleg te besoek.

Gr.11: Die beplanning is om weer braaiers te bou, maar dieselfde braaiers en aan skool

te verkoop. Kry drie kwartaal projekte(take). Sal ook Nampo besoek en ‘n trekkeraanleg.

Gr.12: Volgens die nuwe beplanning, sal hulle ‘n PAT van die department af kry. Kry drie kwartaal projekte (take). Nampo sal besoek word en trekkeraanleg.

6

Page 7: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

Landboubestuur

Gr.10 is om weer ‘n wintergewas te vestig, dink dalk aan iets soos kool, dit word

aangeplant buite die tonnel. Kry drie kwartaalprojekte(take).Sal Nampo besoek , veilings besoek en boeredae bywoon

Gr.11 werk ook buite, wil dalk kyk om iets soos pampoen aan te plant. Kry drie kwartaal projekte (take).Sal Nampo besoek, veilings en boeredae bywoon.

Gr.12 kry hul PAT vanaf department, sal dit later ontvang. Kry drie kwartaal projekte (take).Sal Nampo en boeredae bywoon.LANDBOUWETENSKAP

Gr.10: Werk volgens die handboek, besoek nie plekke nie, kry wel drie kwartaal projekte (take).

6. SPORT6.1 Hoërskool Atletiek

Op atletiekgebied het ons weer ‘n besondere seisoen beleef en het van ons leerlinge groot hoogtes bereik.

Die atletiekseisoen skop af met die kleuratletiek waar 2 spanne nl. die Springbokke en Spartane meegeding het om die geestrofee. Die dag is begin met ‘n groot, kleurryke optog deur die onderskeie spanne.

Tydens die Riemlandbyeenkoms het die atlete die volgende prestasies behaal: Eerste plekke: 31Tweede plekke: 19Derde plekke: 16

Baie geluk aan die volgende medalje wenners wat as die beste atleet in hul ouderdomsgroep aangewys is: M.T. Steyn (S 0/14) – Veld, Jacques Heymans (S 0/15) – Baan, Driaan Scheepers (S 0/19) – Veld, Gideon van Zyl (S 0/19) – Baan, Salumé Heymans (D 0/17) – Baan en Desiré van der Linde (D 0/190 – Veld.

Tydens die Oos-Vrystaat byeenkoms het die atlete die volgende prestasies behaal:Eerste plekke: 9Tweede plekke: 9Derde plekke: 4

Twaalf atlete word gekies om aan die VS-byeenkoms in Bloemfontein deel te neem. Hulle behaal die volgende plekke:Eerste plekke: 2

7

Page 8: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

Tweede plekke: 1Derde plekke: 2Vierde plekke: 1

Baie geluk aan Suzanné Linde en Jacques Heymans wat aan die SA-kampioenskappe in Rustenburg deelgeneem het. Hier behaal hul die volgende prestasies:Suzanné Linde – 6de plek en Jacques Heymans – 4de plek

Tydens die ASA-atletiekbyeenkoms behaal hul die volgende prestasies: Jacques (3de plek) en Salumé Heymans (4de).

Jacques Heymans ontvang spesiale erekleure vir sy besondere prestasie op die ASA atletiekbyeenkoms in die 5 000m stap met ‘n skitterende tyd en ‘n 3de plek.

Baie dankie aan elke afrigter vir lang ure van afrigting, ondersteuning en geduld met elke atleet. Dankie ook aan elke atleet wat met trots deelgeneem het en die skool se naam hoog gehou het.

6.2 Laerskool Atletiek

Hierdie jaar was weereens ‘n geslaagde atletiekseisoen, waarin die atlete goed presteer het. 22 Atlete het die Riemlandspan by die Oos-Vrystaat Vierhoekbyeenkoms verteenwoordig. Ses atlete is hierna opgeneem in die Oos-Vrystaatspan wat in Sasolburg, aan die Vrystaatbyeenkoms vir laerskole deelgeneem het. Hulle is Johanne Neethling (70m Hekkies), Mia van der Schyff (Hoogspring), Lezaan Swanepoel (Verspring), Chris Briel (Gewigstoot), Liza-Lee Jordaan (Hoogspring) en Tshepiso Mzizi (Verspring 200m en 100m). Tshepiso is gekis om die Vrystaatspan tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Germiston te verteenwoordig. Hy het deelgeneem aan verspring.

Daar kan met groot verwagting uitgesien word na die 2016 atletiekseisoen.

6.3 Hoërskool Netbal

Die hoërskool netbal beleef ‘n besondere goeie seisoen. Ons toer na Margate Sportskool gedurende die April vakansie en is onoorwonne tydens die toer.  Baie dankie aan elke borg en ouer wat dit moontlik gemaak het. Die dogters het baie geleer en dit baie geniet.

0/19A: Die eerstespan was B-liga wenners. Hulle het slegs twee wedstryde verloor, waarvan een teen Voortrekker Hoërskool was.

0/19B: Die tweedespan was naasligawenners in die B-liga.

Ons kon die jaar spog met vier 0/19-spanne. Ons glo volgende jaar gaan net so suksesvol wees en dat die dogters se vaardighede aansienlik sal verbeter.

8

Page 9: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

0/15A: Wen die B-liga.

Marise Havenga het aan die Bokkieweek te Kroonstad deelgeneem.

Die volgende spelers het aan die Thepa Trading-week te Hennenman deelgeneem: Suzanné Linde (kaptein), Driana van Deventer, Minanté Cronje, Shantel Bouwer, Chandré Strydom.

Janine Steyn en Andené Scholtz (0/19) en Natasha Steyn (0/16) speel in die onderskeie Vrystaatspanne tydens die All Ages SA-toernooi te Margate.

Ons opregte dank aan elke afrigter vir al jul moeite, opoffering en geduld met ons dogters. Baie dankie ook aan al ons ouers vir jul positiewe ondersteuning gedurende die netbalseisoen.  Ons sien uit na 'n belowende 2016-seisoen.

6.4 Laerskool Netbal

Die laerskool netbalspanne 0/13 , 0/12, 0/11 en 0/10 toer die jaar gedurende die Aprilvakansie na Potchefstroom. Hulle het puik afrigting ontvang van Dorette Badenhorst en PUK-studente. Die spelers het verskeie wedstryde gespeel en het teen groot skole kragte gemeet. Dit was ‘n groot geleentheid vir elke speler om haar eie vaardighede en talente te verbeter. Mia van der Schyff en Lenelle Oberholzer verteenwoordig die TBM-netbalspanne en neem deel aan Vrystaatproewe. Mia word gekies vir die 0/12-Vrystaat-Cheetah span en neem deel aan die SA-skole netbaltoernooi gedurende Junie in Boksburg.Ons is ook bevoorreg om by elk van die spanne ‘n ouer te hê wat help met afrigting en skeidsregting.Die volgende ouers was betrokke:0/9 Me. Annalize da Conceicao0/10 Me. Laurinda van den Berg0/11 Me. Therese Fivaz en Marna Hammann0/12 Me. Lelanie Haward0/13 Me. Annalize da Conceicao

Ons bedank hul graag vir hul harde werk en opoffering.

Ons het vanjaar weer vir die eerste keer in baie jare ‘n spannetjie gehad wat deurgedring het na die TBM A-liga se semi-finale. Baie geluk aan die 0/10-span en hul afrigters met die pragtige prestasie!Die mini-netbal het ‘n feestelike afskop gehad met Reitz se jaarlikse Bieliemieliefees! Soos ons Hoërskool Reitz se ouers ken, het hulle die dogtertjies trakteer op allerhande lekkernye. Tydens hierdie toernooi

9

Page 10: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

is me. Yvonne Mathee verkies tot die Bieliemieliekomitee, met die portefeulje: Mini-Netbal.Ons moes baie intensief oefen soos om ‘n bal raak te vang en te kan stilstaan met jou voete – dis voorwaar ‘n kuns vir 6-, 7- en 8-jariges. Me. Lizanne Muller wat ‘n Protea Netbalspeler was, het vir Gr.R – Gr.3 dogters ‘n baie leersame kursus kom aanbied.Die toernooi het einde April begin en ons het soms gewen en dan weer verloor, maar elke toernooi was ‘n fees en ons kon sien hoe die kleingoed ontwikkel.Die afrigters vir Gr.1 was: me. Katrina Bester, Una Aucamp en Marlene Swanepoel. Gr.2 is afgerig deur me. Hanzi van Zyl en Yvonne Mathee. Ons bedank hulle vir hul opoffering en harde werk gedurende die seisoen.Baie dankie aan elke borg, ouer en onderwyser wat bygedra het om die laerskool netbal ‘n groot sukses te maak.

6.5 Laerskool Rugby

Die 0/9-span het ‘n toer na Ficksburg onderneem. Die span het oor die algemeen goed gevaar.

Die 0/11-span het nie ‘n toer onderneem nie. Hulle het ‘n gemiddelde seisoen beleef. Mnr. Lourens Buys het by mnr. Waldie van Heerden oorgeneem as afrigter.

Die 0/13-span het ‘n baie suksesvolle toer na Konka Kampe onderneem. Die toer en fasiliteite was van uitstaande gehalte. Reitz het slegs een wedstryd op die toer verloor. In die liga wen Reitz vir Senekal, Vrede en Frankfort.Die Oos-Vrystaat sewes toernooi is deur Reitz se 0/13-span gewen. Al die skole in die Oos-Vrystaat het deelgeneem.

Die volgende provinsiale spelers is in onderskeie spanne opgeneem:

0/13-Cravenweekspan: Tsepiso Mzizi Griffons B-span: Armand Fivaz en Heinrich Swanepoel Griffons C-span: Chris Briel (Chris word ook aangewys as beste

stut op die week) Riemlandspan na VKB-Week: Wilco Buys, Chris Mostert, Henco

Swanepoel en Christiaan van Deventer 0/12-Griffons: Jandré van der Merwe en André van der Sandt Konka-toerspan na Ierland: Heinrich Swanepoel, Tsepiso Mzizi,

Armand Fivaz, Chris Briel en Christiaan van Deventer.

10

Page 11: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

6.6 Hoërskool Rugby

Vanjaar het ons groot sukses behal met die NWU-Aandreeks in Vanderbijlpark. Ons wen 3 van die 4 wedstryde en klop o.a. HTS Sasolburg en speel gelykop teen Sasolburg Hoër.

Ons klop Parys en Belvedere in verdere opwarmingswedstryde en die seuns wys karakter in hierdie taai wedstryde.

Ons haal die semi-finale deur HS Ficksburg 30 – 23 te klop en verloor in ‘n klipharde wedstryd teen Hoërskool Harrismith 10 – 7.

Die span het deurgaans uitstekende rugby gespeel en dit het bygedra tot die suksesse van die seisoen.

Oos-Vrystaat 0/19-span na die VKB-week: Hardus Benade, J.D. Muller, Drian Scheepers en Paul van Deventer.

Drian Scheepers word ook aangewys as kaptein van die span en lei hy met voorbeeld.

Oos-Vrystaat wen dan ook die SPAR 7’s se plaattrofee.

Tydens die VKB-week word Drian Scheepers en Paul van Deventer ook gekies om die ITEC 0/19-Uitnodigingspan na Italië, tydens die Oktober-vakansie, te verteenwoordig. ‘n Puik prestasie waarop ons baie trots is.

Mnre. Herman van der Merwe (Organiseerder) en Uys le Roux (spanbestuurder) vergesel die ITEC-span na Italië.

Neil van der Merwe het uitstekend gevaar en homself ook as veelsydige agterspeler onderskei. Hy verteenwoordig die Griffons Platteland 0/16-span.

Met puik spel gedurende die seisoen vang Geyer Terblanche die oog van die keurders en word hy welverdiend in die Griffons Platteland Akademie 0/18-span ingesluit wat in Vanderbijlpark aan die Akademieweek deelgeneem.

Dit was ‘n voorreg om met Hoërskool Reitz se eerste rugbyspan geassosieer te word en was hulle ‘n trotse span wat altyd hul beste gelewer het.

2de Rugbyspan: Het ‘n goeie seisoen beleef en in die semi-finaal gespeel.

0/15-Rugbyspan: Reitz het die seisoen aangepak met durf en deursettingsvermoë. Die kinders was vol selfvertroue na die vorige jaar se goeie vertoning. Die uitslae was nie altyd na verwagting nie,

11

Page 12: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

maar ‘n verloor is verwerk en elke wedstryd is as ‘n nuwe uitdaging beskou.

Speel 3 wedstryde in die aandreeks en vaar baie goed. Die wedstryde was beskou as opwarmingswedstryde. Speel ook 2 vriendskaplike wedstryde teen Parys en Belvedere en wen dié wedstryde. Verder was die toer in Maart-vakansie ook ter voorbereiding van die liga. Wen 2 van die 3 wedstryde.

In die liga doen Reitz ook goed en val vas teen Ficksburg en Frankfort, maar dring wel deur tot die semi-finale, waar ons deur Frankfort geklop word.

Daar word ook vyf van ons spelers gekies vir die VKB-week in Frankfort naamlik Brendan du Ru, Louis Potgieter, Dian Terblanche, Gerjansz van Deventer, J.C. van Wyk. Hulle het ons skool goed verteenwoordig en ons is trots op hierdie leerlinge. Dankie aan elke ondersteuner. Ons sien uit na volgende jaar.

6.7 Laerskool Tennis

6.7.1 O-VS Tennis : Ons het weer heelwat spelers wat op die 0/10-, 0/12- en 0/14-

ranglys is. Spelers wat onder die eerste ses is, het Oos-Vrystaat A verteenwoordig en spelers wat nommers 7 – 12 was, het Oos-Vrystaat B verteenwoordig.

Die volgende spelers is in die spanne opgeneem:

0/10: Quriané Charilaou, nr. 3Hendrik Mathee, nr. 4Human Buys nr. 12

0/12: Lezaan Swanepoel, nr. 3Ruan Haward, nr. 9

0/14: Armand Fivaz, nr. 3Wilco Buys, nr. 6Heinrich Swanepoel, nr. 11Johanri Naudé, nr. 13

Ons 0/11-seuns en meisies het weer aan die 0/11-Resolusion, wat in April plaasgevind het, deelgeneem. Ons eerste (seuns) span het weer, soos in die verlede, aan die TKS-toernooi, wat in Augustus plaasgevind het, deelgeneem.

6.7 Hoërskool Tennis

12

Page 13: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

Ons het hierdie jaar in die A-, B- en C-liga van die O-VS deelgeneem. Die spanne het goed gevaar.

Armant van Deventer (nr.2) is in die Hoërskool 0/15-Oos-Vrystaatspan opgeneem. Hulle het op 21 en 22 Augustus teen Noordwes, Noord-Kaap en Noord-Vrystaat in ‘n Interprovinsiale toernooi op Klerksdorp gespeel.

6.9 Landloop2015 was voorwaar ‘n goeie landloopseisoen.Tydens die eerste gedeelte van die seisoen is ses atlete naamlik, Gideon du Toit, Aluschka Heymans, Jacques Heymans, Salume Heymans, Tienus de Wet en Andené Scholtz gekies om aan ‘n Interprovinsiale byeenkoms in Potchefstroom deel te neem. Tydens hierdie byeenkoms het Tienus de Wet ‘n goeie 4de plek in die S 0/16-wedloop behaal.

Tydens die Oos-Vrystaatkampioenskappe (ASA) is Tienus de Wet (S 0/16) en Andené Scholtz (D 0/18), as Oos-Vrystaatkampioene gekroon, nadat hul hul wedlope in puik tye gewen het. Hierna is Gideon du Toit, Aluschka Heymans, Monique Claassens, Salumé Heymans, Tienus de Wet en Andené Scholtz in die Oos-Vrystaatspan opgeneem om aan die Vrystaat Kampioenskappe (ASA) deel te neem.

Tydens die Oos-Vrystaat skole Kampioenskappe het ons atlete hul goed van hul taak gekwyt. Tienus de Wet wen die S 0/16-wedloop. Sodoende is hy weereens die Oos-Vrystaatkampioen en die wenner van ‘n goue medalje.

Andené Scholtz (D 0/19) is die wenner van ‘n brons medalje, terwyl Aluschka Heymans (D 0/12) en Salumé Heymans (D 0/17) die 4de plekke in hul ouderdomsgroepe behaal. Monique Claassens behaal ‘n 5de plek (D 0/13).

Tienus, Andené, Aluschka, Salumé, Monique en Jacques word opgeneem in die Oos-Vrystaatspan wat aan die Vrystaatkampioenskappe in Bloemfontein deelneem.

Tydens die Vrystaatkampioenskappe (ASA) behaal Tienus de Wet (S 0/16) ‘n 5de plek en Andené Scholtz (D 0/19) ‘n 8ste plek. Albei atlete word opgeneem in die Vrystaatspan na die Suid-Afrikaanse Landloopkampioenskappe in Middelburg (Mpumalanga).

Daar kan met verwagting uitgesien word na die 2016-landloopseisoen.

6.10 Laerskool Krieket Met die seisoen wat groot vooruitsigte het, baie geluk aan Luan Strauss en Ruan Haward wat vir die Oos-Vrystaat 0/11B-span en Jandré van der Merwe Oos-Vrystaat 0/13B-span.

6.11 Hoërskool Krieket:

13

Page 14: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

Neil van der Merwe was lid van die Barbarianspan en Aleek Booysen wat lid van die Oos-Vrystaatspan was.

6.12 Gholf: Ons gholfspan het weereens aan die Oos-Vrystaatliga deelgeneem, maar ongelukkig nie gekwalifiseer vir die finale nie.

6.13 Perdry:

Gymkhana: Hanli Hammann het op SA-byeenkoms in Desember 2014 vir Gauteng 0/14A-span deelgeneem.

Uithourit: Hanli Hammann voltooi Fauresmith 201km en behaal ‘n 4de plek en ontvang ‘n trofee vir kinderruiter wat die vinnigste tyd met ‘n geregisreerde Arabier behaal het. Cornel Rautenbach het ook deelgeem aan Fauresmith (Junior Ruiters) en 36ste geëindig van 86 junior ruiters.

Hanli en Cornel word gekies vir die SANESA Schools Vrystaatspan. Cornel eindig 13de van die Junior Ruiters.

6.14 Kaalvoetski: Pieter Terblanche neem weer vanjaar aan die SA Kaalvoetkampioenskappe deel. Hy val vanjaar in die Ope ouderdomsgroep (20 tot 35 jaar) en behaal 2 derde plekke.

6.15 Karate: Vir die Karatekas van REITZ JKA was 2015 ‘n jaar met baie uitdagings, maar ook ‘n jaar waarin hulle weereens baie gegroei het.  Karate Suid-Afrika poog om binnekort ‘n Nasionale span na die Olimpiese spele te stuur en daarom fokus ons om betrokke te bly by Karate SA wat dus deel vorm van SASCOC. 5 - 6 Junie 2015 SAJKA Nasionale Kampioenskappe te Standardbank Arena in Johannesburg: Reitz JKA het 6 deelnemers ingeskryf waarvan 5 leerlinge lid is van Reitz Hoërskool. Hulle het met trots 5 medaljes verower.Liam Strauss (Kata Silwer, Kumite Brons), Leonie Fick (Kumite Silwer), Madelene Fouché (Kata Silwer, Kumite Silver) 24 - 25 Julie 2015 - Karate Suid-Afrika se Nasionale Ontwikkelingskampioenskappe het plaasgevind - te Durban - Kwa Zulu Natal Universiteit 4 Karatekas is opgeneem in die Vrystaat Ontwikkelingspan nl. Helgard Fouché, Madelene Fouché, Liam Strauss en Luan Strauss.Die volgende medaljes is verower: Liam Strauss – (Kumite Brons), Luan Strauss – (Kumite Brons) en Madelene Fouché (Kata Brons, Kumite Goud)

FSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en Rekreasie het ons

14

Page 15: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

uitgenooi na die Vrystaatse Karate Federasie se Provinsiale Kampioenskappe wat gehou sal 2 - 3 Oktober 2015 in Botshabelo gehou is.

Sensei Ian le Roux van Bloemfontein en sy span doen regtig baie om karate by die Departement as Sportsoort te vestig en sodanig fondse beskikbaar te stel tot voordeel van die karatekas.

7. KULTUUR

7.1 Voortrekkers: “Om ‘n Voortrekker te wees, is ‘n duisend ervarings in een!”

2015 was, soos gewoonlik, ‘n baie bedrywige jaar in Piet Geyer Kommando.

21 – 23 Februarie PD GGN Heilbron:Gr.2: Adriaan Bonthuys: Dierewaarneming en VeldkookGr.5: Luke Ellis: Boeresport en SangGr.6: Johanné Bonthuys: Anglo Boere Oorlog

28 – 2 April Doornkloof Gebiedskamp: VerkennersGr.8: Charlene Davis: Nutsman en DansvaardighedeGr.11: Erika Benade, Deseré van der Merwe: Kampbeveiliging en RadiospraakGr.12: Adriaan Davel, Alinda Lange, Annerethe Nieuwenhuis, Aneri Smith, Johan Zandberg

7 – 11 April PD Doornkloof GebiedskapGr.5: Luke Ellis, Martin Rossouw: Ekosorg en TouwerkGr.7: Izeen Janse van Rensburg: Godsdiens

15 – 17 Mei PD Parys GGNGr.4: Marlienke Janse van Rensburg: RuimtewaarnemingGr.7: Izeen Janse van Rensburg: Medemens

10 – 12 Julie: Hoofleierswag en Presidentsverkenners toetsing te DoornkloofDie volgende Gr.12’s is verkies tot die President Verkenners: Adriaan Davel, Alinda Lange, Annerethe Nieuwenhuis, Aneri Smith.

24 – 26 Julie Oord GGN te HarrismithGr.3: Spoorkennis: Janie de Bruyn, Megan Haward, Lisa Hills, Bianka Janse van VuurenGr.4: Gestremdhede: Marlienke Janse van Rensburg, Pieter-Louw van der MerweGr.5: Handvaardighede: Luke Ellis, Martin Rossouw, Carla vd Heever, Lizaan van DeventerGr.6: Sterrekunde: Johanné BonthuysGr.7: Voorslagvoorbereiding: Izeen Janse van Rensburg

15

Page 16: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

4 – 6 September: Voorslag toetsingIzeen Janse van Rensburg (Gr.7) slaag die Voorslag PD eksamen en ontvang ‘n silwertoekenning.

3 – 7 Oktober: PD Doornkloof GebiedskampGr.4: Vlaggiekamp: Noodhulp en Groot Trek: Pieter-Louw van der Merwe en Dullin PeplerGr.5: Klitsgraskamp: Weerkennis en Varswaterdiere: Lizaan van Deventer, Carla van den Heever, Jan-Hendrik LangeGr.6: Murgpypkamp: Beeldende kunste en Seremonies: Johanné Bonthuys.

Piet Geyer Kommando was ook betrokke by liefdadigheidsaksies tydens 2015:

House of St Paul’s (geskenkies is uitgedeel) Huis Sorgvry (Potjiekosfunksie)

Daar is tans 56 Voortrekkers in totaal verbonde aan die Piet Geyer Kommando.32 Penkoppe en Drawwertjies, 12 Verkenners, 12 Offisiere.

“Om te weet waarheen jy op pad is, moet jy weet waarvandaan jy kom.”

7.2 Kunswedstryd: Tydens vanjaar se kunswedstryd het 17 leerders ‘n totaal van 119 simbole behaal (24 x A++, 40 x A+, 37 x A, 18 x B). Ons is trots op elke leerder wat lang ure ingesit het om die puik prestasies te behaal.

7.3 Koor: Die koorleier is me. Katrina Bester en word begelei deur me. Marie van den Berg. Die koor bestaan uit 59 Gr.2- en Gr.3-leerders. As gevolg van ‘n baie besige Wintersportseisoen oefen die koor nie tydens die Tweede Kwartaal nie.

Vanjaar het ons gefokus op toeka se Volkspele liedjies, wat ons kinders baie geniet.

Die koor tree op tydens Hoërskool Reitz se Kultuuraand. In November tree ons op by Reitz-Wes gemeente, met die tema: Gesinne en kinders.

Voor die einde van die jaar maak ons soos altyd ‘n draai by Huis Sorgvry. Dié jaar word op ‘n gepaste wyse afgesluit met ons dorp se jaarlikse Kerssangdiens wat vanjaar in die N.G. Moedergemeente plaasvind.

Soos elke jaar kan Hoërskool Reitz net sy opregte dank uitspreek teenoor tannie Marie wat die koor en kinders met soveel liefde koester. mag ons elkeen uit Tannie Marie se voorbeeld leer om die gemeenskap te dien, selfs in haar gryse ouderdom!

16

Page 17: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

7.4 ATKV-Redenaarskompetisie: Daar het vanjaar elf leerlinge aan die ATKV-Streekskompetisie deelgeneem. Drie van ons leerlinge nl. Chris Briel (Gr.7), Corné Pretorius (Gr.9) en Armand Pretorius (Gr.11) kwalifiseer vir die Vrystaat finaal.

7.5 ATKV-Debat: Nie minder as vyf spanne het vanjaar aan die ATKV-Debatskompetisie deelgeneem. Janco Oosthuizen en Armand Pretorius het hulself oortref deur as naaswenners van die Vrystaat na die landswye finaal by Goudini deur te dring. In die proses het hul afgereken met groot skole soos Oranje, Sentraal, Grey en Voortrekker.

7.6 ATKV-Spelathon: Twee graad 10’s, nl. James Heckroodt en Katinka Botha, asook twee graad 9’s, nl. Jahnel Scheepers en Corné Pretorius het die skool by die Vrystaat-finaal verteenwoordig. Katinka eindig vierde van die Gr.10’s en Corné kwalifiseer vir die landswye finaal, later vanjaar in Johannesburg, met sy tweede plek.

7.7 Skryfkuns: Lunette Visser (Gr.12) se tweede skryfstuk word in ‘n bundel wat deur Kwarts-Uitgewers saamgestel is, gepubliseer.

7.8 Dans: Vier dansers het in Mei deelgeneem aan die Vrystaat Danskampioenskappe in Bloemfontein en ontvang die volgende medaljes:Carla Fivaz -2 Brons (Tap en Modern);Luné Pretorius – 2 Goud (Hip hop en Musical Theater);Marise Havenga  - 2 Silwer (Modern en Hip hop) en 1 Goud (Musical

Theater);Armand Pretorius – 2 Silwer (Modern en Tap) en 2 Goud (Hip hop en Musical Theater)

Armand Pretorius ontvang ook die trofee vir Beste Hip Hop danser in die Vrystaat ouderdom 17 tot 19, asook die trofee vir 2de beste danser wat vier dansstyle gedans het. Armand, Marise en Luné verwerf dan ook hul Vrystaatkleure in dans.Hierdie leerlinge is almal dansers by Dynamic Dance Centre in

Bethlehem.

7.9 SA-Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste

Vier leerlinge het tydens die April vakansie deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste in Rustenburg en behaal die volgende medaljes:

Corné Pretorius - Solo Klavier : 1 goud en 3 silwer;Armand Pretorius – Solo Dans: 3 silwer en 2 brons;

17

Page 18: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

Luné Pretorius – Solo Dans: 1 brons Armand Pretorius en Marise Havenga - Duet Dans: 3 silwer en 1

brons;Armand en Luné Pretorius – Duet Dans: 1 silwer en 1

brons.

Corné, Armand en Luné Pretorius is ook gekies as deel van die Suid-Afrikaanse span wat in Julie deelneem in Los Angeles, VSA by die Wêreldkampioenskappe.

7.10 Eskom-ekspo vir Jong Wetenskaplikes: Hoërskool Reitz se leerlinge het baie goed presteer en die volgende toekennings ontvang:  Izeen Janse van Rensburg (Brons), Lizanie Jacobsz (Deelname - sertifikaat), Liné Liebenberg (Brons), Luné Pretorius (Brons) en Hanré van Tonder (Brons). Chris Briel (Silwer), Corné Pretorius (Brons), Jacques Heymans (Silwer), Herman Smith (Goue en 'n spesiale toekenning as Beste Diere Wetenskap-projek: Armmanslusern - Feit of Foefie?), Bruwer Potgieter (Goud) en Dané Lubbe (Silwer).

7.11 Wêreldkennis Olimpiade: Janco Oosthuizen (Gr.11) verwerf ‘n goue sertifikaat EN sy punte is die hoogste vir Gr.11 in die Vrystaat!

7.12 Afrikaanse Olimpiade: Salumé Heymans verwerf ‘n negende plek in die Vrystaat en Janco Oosthuizen ‘n elfde plek.

7.13 Lewenswetenskappe Olimpiade: Die volgende Gr.12-leerders het brons sertifikate ontvang: Amarie Pretorius, Euandri Opperman, Carol-Mari Schulz, Urico Viljoen.

7.14 Unisa: Quiriane Charilaou (Gr.4) behaal 98% tydens haar Unisa Musiekeksamen (Klavier) vir die uitsonderlike prestasie word haar naam op Unisa Ererol geplaas.

Hesti Bester en Corné Pretorius slaag die Unisa Graad 5 Klavier eksamen met lof. Baie geluk aan ons leerders wat op Nasionale vlak puik presteer. Hoërskool Reitz is voorwaar trots op julle.

8. LEIERSKAP

8.1 Laerskool VRL (2015):Seuns: Armant Fivaz (voorsitter), Chris Briel, Wilco Buys, Heinrich Swanepoel en Christiaan van DeventerMeisies: Luné Pretorius (voorsitter), Lenése Davel, Liza-Lee Jordaan, Johanri Naude en Linzelle Oberholzer

8.2 Hoërskool VRL (2016): Dogters: Erika Benadé, Shantel Bouwer, Minanté Cronjé, Suzanné Linde, Driana van Deventer.Seuns: Janco Oosthuizen, Tiaan Pienaar, Armand Pretorius, Herman Smith, Geyer Terblanche

18

Page 19: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

9. ANDER AKTIWITEITE9.1 VKB-Rugbyweek: Die VKB-rugbyweek is vir die 18de jaar met groot

sukses aangebied en R73 047 ingesamel is. Vanjaar word ‘n toer na Italië (0/18) en Mauritius (7’s) onderneem. Mnre. Uys le Roux en Herman van der Merwe vergesel die 0/18-span.

9.2 Joberg2C: Baie dankie aan almal wat meegehelp het om van hierdie fondsinsamelingsprojek weer ‘n reuse sukses te maak. Ons wins vir vanjaar beloop R238 865,00 en hierdie bedrag help om ons skoolfonds laer te hou.

9.3 Gholfdag: ‘n Suksesvolle gholfdag is op 5 September, deur die Bond van oud-Reitzers, aangebied.

9.4 Mielieprojek: Baie dankie aan die boere wat hierdie mooi inisiatief ondersteun het. Die projek het R81 736,00 ingesamel en die organiseerders beoog om dit DV in 2015 uit te brei.

9.5 Matriekafskeid: Dit was weereens ‘n skitter geleentheid. ‘n Groot dankie aan me. Madelein Mostert en haar span asook die Gr.11-leerlinge en ouers. ‘n Suksesvolle funksie is in die sportkamer vir die Gr.12-ouers deur die Gr.10-ouers aangebied.

9.6 Kultuuraand: ‘n Kultuuraand het op 10 September plaasgevind, waarin ons aan leerders die geleentheid bied om voor ons ouers en leerders op te tree. ‘n Verskeidenheid items is aangebied, naamlik dans, sang, klavier, koor, ens.

9.6 Manneaand: ‘n Geslaagde Manneaand is op Vrydag, 4 September deur die Bond van oud-Reitzers aangebied.

9.7 Adam Tas optrede: Danksy die borg, BASF, kon die skool R19 686 insamel met Adam Tas se optrede.

9.8 Bond van oud-Reitzers: Voorsitter: Mnr. Jors Kriek

Die bond van Oud-Reitzers is ‘n groep ondersteuners met die uitsluitlike doel om Hoërskool Reitz op verskillende terreine by te staan.

Verder onderneem die bond, om Hoërskool Reitz by te staan in die ontwikkeling van die skool, wat uiteindelik sal lei tot positiewe groei ten opsigte van leerdergetalle asook leerkragte.

Die Seunskoshuis asook Lentehof Meisieskoshuis lê die bond spesifiek na aan die hart. Die bond onderneem om hierdie koshuise finansieel te ondersteun.

Die bond bestaan uit oudskoliere sowel as enige persoon wat op een of ander wyse positief by Hoërskool Reitz betrokke wil wees.

19

Page 20: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

Om lid te word, moet ‘n maandelikse debietorder geteken word. Hierdie geld word bedryf deur die bestuur van die Bond van Oud-Reitzers. Die Bond van Oud-Reitzers hanteer die volle administrasieproses rakende die debietorder. Die voornemende lede voltooi die debietorder.

Lede het die volgende opsies: R100,00 of ‘n groter bedrag van eie keuse per lid per maand R50,00 per lid per maand

9.9 Bybelonderrig: Ons unieke opset waar leraars van verskillende denominasies die Bybelonderrigklasse hanteer, het weereens goed gewerk. Baie dankie aan al die leraars vir julle opoffering en harde werk.

9.10 Gebedsgeleenthede: Baie dankie aan elke leraar wat getrou elke Maandag die gebedsgeleentheid bywoon. Dankie ook vir die omgee Ma’s vir hulle gebede.

10. BEDANKINGS

Graag dra ek my opregte dank oor aan die volgende persone en instansies: aan die donateurs van trofeë, pryse en beurse; aan al die ander instansies vir u welkome bydraes gedurende die jaar waardeur ons in staat gestel word om 'n beter diens aan die gemeenskap te lewer.

My dank aan mnr. Brand van Deventer en die beheerliggaam vir julle bemoeienis met die skool en die waardige wyse waarop julle ons skool en gemeenskap dien. Baie dankie dat julle altyd 'n oop hand en hart vir die skool het. Julle is ware steunpilare!

Aan die bestuurspan, dankie vir al julle harde werk, raad en insette. Ek waardeer dit opreg.

Aan die onderwyspersoneel, dankie vir die goeie werk wat julle in belang van ons kinders lewer en die mooi gesindheid waarmee julle jul werk doen. Dankie vir al die ondersteuning wat ek van julle ontvang. Julle is 'n pragtige groep mense aan wie ek my graag verbind en met wie ek graag saamwerk.

Dankie aan die ouers van ons leerlinge vir u lojale en volgehoue ondersteuning aan die skool. Baie dankie aan al ons onmisbare borge! ‘n Skool funksioneer nie sonder u bydraes nie.

Aan die leerlinge van ons skool, dankie vir die wyse waarop julle die goeie naam en beeld van die skool uitdra en vir die harde werk en opoffering in belang van ons skool.

My dank aan mnre. Uys le Roux, Christo van Zyl, me. Wilna Botha, Katrina Bester en al die personeel wat met die prysuitdeling en die organisasie daarvan help.

20

Page 21: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

11. TEN SLOTTE

Ek hoop dat ek vir u ‘n oorsig kon gee oor die werksaamhede van die skool. Dit is onmoontlik om alles te noem. Ek sien dat ons in die toekoms steeds van krag tot krag kan gaan. Met positiewe, gemotiveerde, toegewyde personeel, beheerliggaam, ouers en leerlinge kan ons van die skool nog 'n groter sukses maak, omdat ons glo dat dit wat ons doen, reg en tot voordeel van almal is.

Mag die Here se genade oor ons groot wees. Aan Hom, al die eer en dank van ons harte.

Ek dank u.

H. VAN DER MERWESKOOLHOOF

21

Page 22: Ware adel lê nie daarin dat jy beterreitzhs.co.za/files/Jaarverslag 2015.doc · Web viewFSSSI - FREE STATE SPORT SCIENCE INSTITUTE onder die Departement Sport, Kuns, Kultuur en

Onderwyspersoneel 2015Mnr. Herman van der Merwe (skoolhoof)

Mnr. Uys le Roux (adjunkhoof)Mnr. Christo van Zyl (departementshoof)

Me Wilna Botha (departementshoof)Me Ria Barnard

Me Katrina BesterMe Yzelle de BeerMe Thelma de Wet

Mnr Neels MollentzeMe Nonnie Rautenbach

Me Annelie ScholtzMe Minnie Terblanche Mnr. Rikus TerblancheMe Jolene van Niekerk

Me Hanzi van ZylMe Magda Venter

Me Suryn Barnard (BHL.)Me Nicola Bezuidenhout (BHL.)

Mnr. Johan Broekman (BHL.)Me Therése Fivaz (BHL.)Me Aggie Mostert (BHL.)Me Cornel Stadler (BHL.)

Me Riana Terblanche (BHL.)Me Alma Theron (BHL.)

Mnr. Retief Ueckermann (BHL.)Me Rika van Aswegen (BHL.)

Me Coreli van den Berg (BHL.)Me Adri van Deventer (BHL.)

Nie-onderwyspersoneel 2015Mnr. Francois van Aswegen (Terreinbestuurder)

Me Laurika Linde (BHL. – sekretaresse)Me Lelanie Haward (BHL. - finansies)

Me Hanli Odendaal (sekretaresse) Mnr. Swartbooi Moira (BHL. - skoonmaker)

Mnr. Samuel Makhoba (skoonmaker)Me Thandi Makhoba (BHL. – skoonmaker)

Mnr. Saule Mahamotsa (BHL. – skoonmaker)Mnr. Shadrack Mofokeng (BHL. – skoonmaker)

Koshuispersoneel 2015Me. Joey Botes (matrone)Me Maria Earle (matrone)

Me Alina Mabe (algemene werker)Me Maria Mokoena (algemene werker)

Me Bettie Mazabuku (algemene werker)Me Liesbet Miya (algemene werker)

Mnr. Ben Miya (skoonmaker)

22