· web view2019-08-13 · aangebied word nie, ... el al wat om 21 uur sal vertrek. ... berséba...

7
ISRAEL 23 Maart - 2 April 2019 9 dae van toer en 2 dae van heen en terug reis As Israel op jou hart is, moet jy dalk plan maak. Daar is net iets in, om dáár te wees, die land en klimaat en mense te beleef en te onthou dat dit is waar so baie dinge waarvan ons in die Woord lees, afgespeel het. Hoewel niks daarvan is soos dit in Kinderbybelprentjies aangebied word nie, weet jy tog dat dit werklik is. Die droog van die woestyn teenoor die groen van kolle waar daar water is. Die blommeprag van die Noorde!! Die reuse vrugte en groente! Die mense – soveel soorte en verskillend van aard! Israel is ‘n land wat jy met al jou sintuie beleef. En om die Woord daar oop te maak en ter plaatse te lees waar dinge gebeur het ... kom beleef dit seblief self! Toerleier: Esté Geldenhuys TOERPLAN (O) Ontbyt (M) Middagete (A) Aandete (*) Ete aan boord van vliegtuig Dag 1 Maandag 23 Maart 2020 Johannesburg na Tel Aviv Ons vlieg met die Israel se lugredery – EL AL wat om 21 uur sal vertrek. Dit is ‘n nagvlug en as mens nou net die opgewondenheid kan hokslaan, kan jy na die lugwaardinne se aanbod van “Chicken, beef or fish” ‘n heerlik slapie inkry voordat ons om 05:45 in Tel Aviv op die ben Gurion Lughawe sal land. Omdat veiligheid by die Israelies ‘n baie groot priotiteit is, sal ons vier ure voor ons vertrektyd reeds by die lughawe ontmoet. Ons kan later meer daaroor praat. Aan Boord *A / *O Dag 2 Dinsdag 24 Maart 2020 Berséba / Dooie See Wanneer ons die doane en bagasie ding gedoen het, sal ons op pad wees na ons eerste besoekpunt - Berséba. Toe ons Vader besluit het om vir Hom ‘n volk tot stand te bring wat in Egipte in afsondering “volk” kon word, het die hele proses met Abraham begin. Berséba is die plek waar verbonde gesluit is ook met Isak en Jakob. Ons sal ook hoor van die puttewat tussen Abraham en Abiméleg ‘n kwessie was.

Upload: others

Post on 29-Dec-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1:   · Web view2019-08-13 · aangebied word nie, ... EL AL wat om 21 uur sal vertrek. ... Berséba is die plek waar verbonde gesluit is ook met Isak en Jakob. Ons sal ook hoor van

ISRAEL23 Maart - 2 April 2019

9 dae van toer en 2 dae van heen en terug reis

As Israel op jou hart is, moet jy dalk plan maak. Daar is net iets in, om dáár te wees, die land en klimaat en mense te beleef en te onthou dat dit is waar so baie dinge waarvan ons in die Woord lees, afgespeel

het. Hoewel niks daarvan is soos dit in Kinderbybelprentjies aangebied word nie, weet jy tog dat dit werklik is. Die droog van die woestyn teenoor die groen van kolle waar daar water is. Die blommeprag van die Noorde!! Die reuse vrugte en groente! Die mense – soveel soorte en verskillend van aard! Israel

is ‘n land wat jy met al jou sintuie beleef.En om die Woord daar oop te maak en ter plaatse te lees waar dinge gebeur het ... kom beleef dit

seblief self!Toerleier: Esté Geldenhuys

TOERPLAN(O) Ontbyt (M) Middagete (A) Aandete (*) Ete aan boord van vliegtuig

Dag 1 Maandag 23 Maart 2020 Johannesburg na Tel AvivOns vlieg met die Israel se lugredery – EL AL wat om 21 uur sal vertrek. Dit is ‘n nagvlug en as mens nou net die opgewondenheid kan hokslaan, kan jy na die lugwaardinne se aanbod van “Chicken, beef or fish” ‘n heerlik slapie inkry voordat ons om 05:45 in Tel Aviv op die ben Gurion Lughawe sal land. Omdat veiligheid by die Israelies ‘n baie groot priotiteit is, sal ons vier ure voor ons vertrektyd reeds by die lughawe ontmoet. Ons kan later meer daaroor praat. Aan Boord *A / *O

Dag 2 Dinsdag 24 Maart 2020 Berséba / Dooie SeeWanneer ons die doane en bagasie ding gedoen het, sal ons op pad wees na ons eerste besoekpunt - Berséba. Toe ons Vader besluit het om vir Hom ‘n volk tot stand te bring wat in Egipte in afsondering “volk” kon word, het die hele proses met Abraham begin. Berséba is die plek waar verbonde gesluit is ook met Isak en Jakob. Ons sal ook hoor van die puttewat tussen Abraham en Abiméleg ‘n kwessie was. Vandaar sal ons na die laagste vlak van binnelandse water in die wêreld reis - die Dooie See (450m onder seevlak). Ons sal kans kry om lekker te baljaar en dryf op die Dooie see! Jy mág nie jou baaibroek tuis los nie! Die sout-konsentrasie is 33% - in ons oseane is dit 3%.Oornag: Dooie See A / O

Dag 3 Woensdag 25 Maart 2020 Masada / En Gedi / QumranOns Tweede dag van toer, neem ons eerste na Masada. Dit is waar Herodus ‘n bergvesting gebou het waar hy wou skuil teen gevaar. Hy het ‘n paleise gebou het en ook woonplek vir gaste en soldate. Dit was by Masada waar 967 Jode vryheid in die dood gekies bo die lewe van ‘n slaaf, sonder toegang tot die Torah! Net 2 vroue en 4 kinders het oorleef om die storie te vertel. Ons volgende besoekpunt verte

Page 2:   · Web view2019-08-13 · aangebied word nie, ... EL AL wat om 21 uur sal vertrek. ... Berséba is die plek waar verbonde gesluit is ook met Isak en Jakob. Ons sal ook hoor van

die verhaal van ‘n ander koning wat hierdie keer in grotte moes skuiling soek. En Gedi is waar Koning Dawid vir koning Saul weggekruip het. Die wonderlike kontras tusen woestyn en die groen lewe wat water in hierdie kloof meebring, bly mens vir altyd by. Daar is ook altyd bokke sodat Ps 42 hier vir jou nuwe betekenis kry. Qumran is waar die Dooie See Boekrolle in die jare 1940 en 1950 gevind is. Dit is hier waar die Essene gebly het. Hier het hulle die teks van die Bybelboeke weer en weer oorgeskyf. Dit word beweer dat ook Johannes die doper ‘n tyd lank hier geleef het. Ons slaappek vir daardie aand is Kibbutz Kalia direk langs Qumran. Oornag: Kibbutz by Kalia A / O

Dag 4 Donderdag 26 Maart 2020 Beit She’an / Nasaret dorpie / Arbel Daar is onder andere koeie op hierdie Kibbutz, Van die manne op toer gaan graag vroegoggend ‘n draai by die boerdery maak! Van Kalia af, reis ons Noord al met die Jordaan Vallei op. Op pad sal ons Beit Sheán besoek, een van 10 stede wat Romeine in die tyd van hul heerskappy in daardie area gebou het. Uit die opghrawings wat hiier blootgelê is, leer mens baie van die leefstyl vab dardie tyd en dinge waarteen Paulus gewaarsku het. Vandaar neem ons reis ons na Nasaret wat op die Noordelike koppe van die Jisriël vlakte lê. Daar sal ons die “Nazareth Village” besoek waar Nasaret van 2000 jaar gelede herleef. Hierdie besoek is ‘n heerlike hoogtepunt. Vandaar na Galilea waar ons ‘n kort stappie teen berg Arbel sal uitstap sodat ons die Meer van Galiléa en die hele vallei bo van die berg af kan begroet. Om hier te lees uit die Bergpredikasie is ‘n groot seën. Vandaar na Tiberias, waar ons weer in ‘n Kibbutz sal tuisgaan. Hierdie keer vir drie nagte! Oornag: Tiberias - Shaar Hagolan A / O

Dag 5 Vrydag 27 Maart 2020 Galiléa Op hierdie Vrydag sal ons begin by Yardenit, ‘n hedendaagse doop-plek in die Jordaan. Persone wat nog nooit die doop van die gelowige ontvang het nie, kan dit hier beleef. Daarna sal ons graag op ‘n boot op die meer van galilea gaan – na die doop het mens die stilte van die water nodig! Daarna sal ons die Berg van Saligsprekinge besoek, asook Kapérnaüm waar Petrus gebly het – ‘n plek waar vele wondererke plaasgevind het. Ons sal ook Tabgha besoek waar die eerste vermeerdering van die vissies en brood plaasgevind het. Direk langsaan is St Peter Primacy waar Jesus vir Petrus sy tweede kans gegee het. Die gebeure van Johannes 21 het hier afgespeel. Êrens tussenin sal ons ‘n heerlike visete geniet – en hierdie ete is by die toerprys ingesluit. ‘n Lekker vol dag wat sal eindig op ‘n fees!Hierdie dag se aandete sal ons nuttig by ‘n bediening op die berg bo Tiberias, waar die tradisies van die vier van Shabbat asook Hebreuse danse aan ons bekendgestel sal word. Heerlike vooruitsig!Oornag: Tiberias - Shaar Hagolan A / O / M

Dag 6 Saterdag 28 Maart 2020 Hulda Vallei / Dan / Banias /Golan Hoogland Op hierdie dag besoek ons drie parke. Die eerste is ‘n park waar navorsing gedoen word oor die meer as 500 miljoen voëls wat twee keer per jaar tussen Noord en Suid deur die klein bottelnek van Israel migreer. Ook hier sal ons lekker stap in die natuur. Die tweede park wat ons sal besoek is Dan waar Koning Jerobiam een van sy goue kalwers geplaas het en ‘n altaar gebou het. Hier beleef mens ook ware “lewende water” in die bolope van die Jordaan! By Dan besoek ons ook die eerste stad wat Abraham in Israel besoek het. Die stad, van klei gebou, dateer uit die tyd voor die steentydperk . Ook Banias, of Caesarea Philippi is ryk aan geskiedenis maar tegelyk ook vrot in getuienis vanweë die aanbidding van afgode wat oor baie eeue ook hier gebring is. Op pad terug sal ons koers kies oor die

Page 3:   · Web view2019-08-13 · aangebied word nie, ... EL AL wat om 21 uur sal vertrek. ... Berséba is die plek waar verbonde gesluit is ook met Isak en Jakob. Ons sal ook hoor van

Golan Hoogland. Dit is goed om die boerdery op die Golan te sien en ook te besef watter bastion hierdie bergreeks vir vryheid in Israel is. Oornag: Tiberias - Shaar Hagolan A / O

Dag 7 Sondag 29 Maart 2020 Karmel / Caesarea / SiloOp hierdie oggend word dit tyd om die Galiléa area te groet. Altyd hartseer. Ons sal die eerste deel van die oggend reis deur die Vallei van Armageddon, bekend as “Die Broodmandjie van Israel”. Aan die verste ent van die vallei is ons eerste besoekpunt – die Berg Karmel, Muhraqa, waar Elia die 400 profete van Baal getroef het. Hier is groot lesse te leer. Ons sal op toer verseker daaroor gesels. Vandaar neem ons reis ons na die Miditerreense see waar ons Caesarea besoek. Dit is hier waar Petrus die eerste nie-Jode, Kornelius en sy huishouding, gedoop het. Paulus is ook van hier af gestuur na Rome toe. Ook hier is daar veel meer te leer as wat mens gedink het. Na hierdie besoek wag nog ‘n toer-hoogtepunt op ons – Silo. Ons roete draai een Suid en dan Suid-Oos, binneland in. Silo is die plek waar Josua die volk bymekaar gehad het en vanwaar die stamme uitgestuur is na hulle nuwe grindgebied in die Beloofde land. Dit is ook waar die tabernakel permanent opgerig is en waar Eli as Hoëpriester gedien het toe Hanna gebid het vir haar Samuel. Silo is ‘n betekenisvolle besoekpunt. Vandaar reis ons “op na Jerusalem”! Oornag: Jerusalem Gardens Hotel A / O

Dag 8 Maandag 30 Maart 2020 Dawid Stad / Yad Vashem / BetlehemOns roete begin op hiedie dag by al die interessante dinge wat gebeur by die Dawid Stad. Daar word steeds interessante dinge opgegrawe. Ons sal stap in watertonnels wat dateer uit die dae voordat die volk in die lend gebly het. Daarna sal ons besoek aflê by Yad Vashem – “Onthou die Name” Dit is die museum waar die menseslagting van Jode tydens die tweede wêreldoorlog onthou word. Sommige mense wil nie daar ingaan nie en ander kan nie lank geoeg daar binne rondloop en inneem nie.Vandaar vertrek ons na Betlehem waar die Seun van YHWH gebore is om vir ons Sy Stem te kom word! Betlehem beteken ook “Huis van Brood”. Naomi, Rut en Boas se verhaal speel ook hier af. Ook Koning Dawid is hier gebore. In Betlehem besoek ons die Herdersvelde.Oornag: Jerusalem Gardens Hotel A / O

Dag 9 Dinsdag 31 Maart 2020 Olyfberg / Getsémané / Bad van BetésdaVia Dolo Rosa / Ecco Homo /Ou Stad

Op hierdie dag fokus ons in Jerusalem steeds op die gebeure rondom Jesus se gevangenskap en kruisiging. Ons roete begin by die Olyfberg waar ons die Paternoster-kerk besoek. Dit is waar Jesus die woorde van Matthéüs 24 gespreek het. Ons stap van die uitsigpunt bo-op die berg, af na Getsémané. Op pad met Palm Sunday Road, berg-af, is daar die kerkie Dominos Flevit wat ontwerp is om uitdrukking te gee aan Jesus se hartseer toe Hy oor Jerusalem geween het. Ons besoek Getsémané waar ons ook kan bid in ‘n private tuin. In die Ou Satd besoek ons die Bad van Betésda. Vandaar – as deel van Via Dolo Rosa, besoek ons Ecco Homo – ‘n groot hoogtepunt. Dit is hier waar Joh 19:5 afgespeel het: “En Jesus het uitgekom buitentoe en die doringkroon en die purperkleed gedra. En Pilatus sê vir hulle: Dáár is die mens! (Ecco Homo) Ons roete neem ons deur die hart van die Ou Stad. Ons sal genoeg tyd gee om sommer net in die atmosfeer daarvan “weg te raak”.En dan is dit tyd om aan jousel verslag te doen van ‘n grootse ervaring. En tyd om te pak!! Oornag: Jerusalem Gardens Hotel A / O

Page 4:   · Web view2019-08-13 · aangebied word nie, ... EL AL wat om 21 uur sal vertrek. ... Berséba is die plek waar verbonde gesluit is ook met Isak en Jakob. Ons sal ook hoor van

Dag 10 Woensdag 1 April 2020 St Peter in Gallicantu / Bo-vertrek/ Tuingraf /Ou Stad

Op hierdie laaste dag in Jerusalem fokus ons op die gebeure rondom Jesus se gevangenskap en kruisiging. Ons dag begin by St Peter in Gallicantu, waar Jesus aangehou is voor sy onwettige verhoor plaasgevind het. Ons besoek die Bo-vertrek – gebou in die area waar Jesus die Nuwe Testament aan Sy dissipels bedien het. Vandaar na die Tuingraf waar ons vir oulaas saam verbondsmaal gebruik. Ons tyd sal bepaal wat ons nog op daardie dag kan inpas, maar die opelug mark – die shuk – Machne Yehuda Mark is ‘n moet!! Hier beleef jy waarlik Israel met al jou sintue!Vandaar sal ons bus ons lughawe toe neem. Tyd om finaal te groet – ook ons gids en busbestuurder. Op die lughawe is dit weer sekuriteit, doane en KOFFIE voor ons aan boord gaan om net na middernag terug te vlieg na SAOornag aan boord *A / *O

Dag 11 Woensdag 2 April 2019Ons vlug met EL AL sal om 08h25 in O.R.Tambo landDalk moeg, maar baie vol sal ons mekaar groet asof ons mekaar ons lewe lank ken. Dit is maar so – diegene saam met wie jy die sak sout in Israel geëet het, bly op ‘n manier naby aan jou.En daarmee ook groot lof en dank aan ons Vader wat ons deur nog ‘n toer gedra het en ons Self daar ontmoet het – volgens Sy belofte aan my in September 2006.Vader! Ons eer U! Dankie.

KOSTE van die toer: Verwys na die kolom hier onderDie toerprys word beïnvloed deur die aantal mense wat saam toer. Die prys van die toer sal ook beïnvloed word deur die waarde van die Rand teen die Amerikaanse Doller. Ons betaal Israel in Doller. Die vlug word in Rand betaal.

Wisselkoers – Rand op een USD R13.00 R14.00 R15.00 25 mense wat saam toer R31 507 R32 943 R34 37730 mense wat saam toer R31 069 R32 477 R33 886

Page 5:   · Web view2019-08-13 · aangebied word nie, ... EL AL wat om 21 uur sal vertrek. ... Berséba is die plek waar verbonde gesluit is ook met Isak en Jakob. Ons sal ook hoor van

INGESLUIT BY DIE TOERPRYS Ekonomiese klas retoervlug met EL AL

lughawebelasting en brandstofheffing ingesluit

Oorplasings tussen lughawe en hotelle Etes soos in program aangedui (O) – ontbyt

(A) – Aandete en een middagete Verblyf in goeie 4 * hotelle Engelssprekende gids Luukse busvervoer Besigtigingstoere en toegang soos per

program

Fooitjies vir gids, busbestuurder en hotelpersoneel

Oorfone

NIE INGESLUIT IN DIE NIE Opsionele enkelkamer USD 616 Opsionele Reisversekering (ek kan dit vir

jou reël teen R22 per dag) Sakgeld

KONTAK ESTÉ GELDENHUYS

083 292 5663 / [email protected] / 012 803 3277 / faks 086 766 0999

Bankbesonderhede: ABSA Taknaam “The Grove” taknommer 632005

Naam van rekening: Este Geldenhuys Promosies

Spaarrekeningnommer: 9262284663 BK Registrasienommer: 2011/024741/23

Betaal asseblief R4000 deposito wat jou sitplek op die toer sal bevestig.(Die deposito sal ten volle terugbetaal word indien ek gedwing word om te kanselleer. Anders is dit nie terubetaalbaar nie)Vul asseblief die Registrasievorm in en stuur terug na my e-pos adres of faks na 086 766 0999

Betaal asseblief teen 28 Januarie 2020 ‘n verdere R15 000 in. Betaal asseblief teen 28 Februarie 2020, nog R11 000 sodat die totaal inbetaal dan R30 000 sal wees.Wat dan nog uitstaande is, sal aangevra word 3 weke voordat ons vertrek en daardie bedrag sal bepaal word deur die wisselkoers asook die getal persone wat saam reis.

I'll set up a station at the center. I'll send the survivors of judgment all over the world: Spain and Africa, Turkey and Greece, and the far-off islands that have never heard of me, who know nothing of what I've done nor who I am. I'll send them out as missionaries to preach my glory among the nations. They'll return with all your long-lost brothers and sisters from all over the world. They'll bring them back and offer them in living worship to GOD. They'll bring them on horses and wagons and carts, on mules and camels, straight to my holy mountain Jerusalem," says GOD. "They'll present them just as Israelites present their offerings in a ceremonial vessel in the Temple of GOD.

Isa 66:19 – 20 Message

Skrif wat ons Vader my gegee het to Hy bevestig het dat Hy my roep om mense na Israel te neem.