· web view2019-11-11 · redenasies 5en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van god...

3
Pitkos Teksgedeelte: Mt 21: 23 – 27 Teksvers: Mt 21: 25b Tema: Hou vas aan die waarheid Hierdie prentjie is nogal gewild in ons tyd! Mense probeer daarmee bewys dat daar nie so iets is soos “absolute waarheid” nie. Nee, sê die moderne samelewing, dit hang alles af van jou hoek waarmee jy kyk, jóú visie. Dit impliseer dat mens baie versigtig moet wees voor jy ander “oordeel” Elkeen glo mos maar soos hy glo, en alkeen word “in sy eie geloof salig”. Hierdie lewensbenadering word “relativisme” genoem. Dit is inderdaad een van die grootste gevare van ons tyd!

Upload: others

Post on 17-Mar-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Pitkos

Teksgedeelte: Mt 21: 23 – 27 Teksvers: Mt 21: 25b Tema: Hou vas aan die waarheid

Hierdie prentjie is nogal gewild in ons tyd!

Mense probeer daarmee bewys dat daar nie so iets is soos “absolute waarheid” nie. Nee, sê

die moderne samelewing, dit hang alles af van jou hoek waarmee jy kyk, jóú visie. Dit

impliseer dat mens baie versigtig moet wees voor jy ander “oordeel” Elkeen glo mos maar

soos hy glo, en alkeen word “in sy eie geloof salig”. Hierdie lewensbenadering word

“relativisme” genoem. Dit is inderdaad een van die grootste gevare van ons tyd!

In Matteus val die Fariseërs in hierdie strik! Hulle antwoord nie met die waarheid nie, maar

‘n antwoord aangepas by hulle eie penarie.

Maar in 2 Kor 10 lees ons: ”4Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie,

maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die

redenasies 5en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem

elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

Die menslike redenasies is nie oortuigend nie, ons moet alles bekyk vanuit die oog of hoek

van Christus. Ons soek Goddelike wysheid, nie menslike redenasies nie. Dit kan net gebeur

as ons na die Woord gaan. Die Woord is ekstern, nie verdraai deur die mense se sonde nie,

maar dit is die ewige, gesagsvolle kommunikasie van God met sy kinders. Dáár leer ons van

God se waarheid. En die Woord word beliggaam (sigbaar) in Jesus Christus. Hy is die Weg

en die Waarheid en die Lewe (Jh 14: 6). Niemand kom by die Vader uit buite Jesus om nie.

AS ons dus sê dat ons die Woord moet opsoek, is die die Bybel, maar die Bybel vat ons na

die eintlike Woord – Jesus. En wat leer die Vleesgeworde Woord ons? Liefde vir God en

liefde vir die naaste! Liefde gebou op ‘n verhouding met God. Dit is die hoogste waarheid.

Relativisme kom op verskeie maniere na vore:

Situasie-etiek. Dan pas jy die “waarheid” aan by jou eie belange. Jy is in die middel,

nie God nie. Jy het nie respek vir die Absolute nie. Só ‘n persoon het geen probleem

met die leuen nie!

Morele relativisme. Dan doen jy soos die samelewing dikteer, maar nie in

gehoorsaamheid aan God nie. Jy het nie respek vir God en sy gebod nie. Jy het nie

morele waardes waarby jy hou nie.

Godsdienstige relativisme. Dan het j nie respek vir God se heiligheid, sy uniekheid

en majesteit nie, maar stel alle godsdienste gelyk, asof God deur mense uitgedink is.

“Alle paaie loop na God” is dan jou motto. Maar dan kan jy ook maar

lidmaatskapskap van die kerk opsê, omdat só ‘n godsdiens jou nie by die Waarheid

uitbring nie.

Die oplossing is: Vra na die Outersbedoeling. Wat bedoel God? Daarom maak selfs mense ‘n plan om misverstande te voorkom, jy skryf 6 of 9. Só vind ons die Absolute Waarheid by God. Hy sê dit soos dit is!

Mag ons almal God se waarheid ken!