€¦  · web view2020. 6. 25. · invloed het op ons emosies. 4. muurskilderye kan op enige plek...

12
Kuns & Handwerk Jaar 3 Week 6 Muurskildery as ‘n vorm van Kuns: Onsderwerp: Muurskilderye is skilderye op grootskaal, direk op mure, plafonne en baie ander oppervlaktes geverf. ‘n Kort geskiedenis van ‘n muurskildery: Die woord muurskildery kom van die Latynse woord “murus”, wat “muur” beteken. Vandag kan ons muurskilderye definieer as enige kunswerk wat direk op 'n muur, plafon of ander groter permanente oppervlaktes geverf of aangebring is. Die vroegste kuns muurskilderye was grotskilderye. Muurskilderye is geskep uit verhale, waardes en drome van verskillende groepe mense en dit vloei uit hul siel uit. Muurskilderye is gebruik om die ongeletterde mense te verdrink. Uitbeeldings is teen die mure van kerke geskilder en in klip of hout gegraveer. Muurskilderye is ook gebruik om mense in moeilike tye te inspireer. Hierdie tradisie word vandag nog beoefen. Voorbeelde van Muurskilderye: Mural On The Tower Records Building, Berlin Wall Mural East Side Austin’s University Area, Austin, Texas Gallery Berlin Germany

Upload: others

Post on 02-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Kuns & HandwerkJaar 3Week 6

Muurskildery as ‘n vorm van Kuns:

Onsderwerp: Muurskilderye is skilderye op grootskaal, direk op mure, plafonne en baie ander oppervlaktes geverf.

‘n Kort geskiedenis van ‘n muurskildery:

Die woord muurskildery kom van die Latynse woord “murus”, wat “muur” beteken. Vandag kan ons muurskilderye definieer as enige kunswerk wat direk op 'n muur, plafon of ander groter permanente oppervlaktes geverf of aangebring is.

Die vroegste kuns muurskilderye was grotskilderye. Muurskilderye is geskep uit verhale, waardes en drome van verskillende groepe mense en dit vloei uit hul siel uit. Muurskilderye is gebruik om die ongeletterde mense te verdrink. Uitbeeldings is teen die mure van kerke geskilder en in klip of hout gegraveer.

Muurskilderye is ook gebruik om mense in moeilike tye te inspireer. Hierdie tradisie word vandag nog beoefen.

Voorbeelde van Muurskilderye:

Mural On The Tower Records Building, Berlin Wall Mural East Side

Austin’s University Area, Austin, TexasGallery Berlin Germany

Pixel Pancho and Vhils, 2013 – LisbonPastel – Mural for Milestone Project, Girona, Spain, 2015

Voordele van muurskilderye:

1. Muurskilderye trek die oog. Dit dwing die aandag van almal af.

2. Muurskilderye maak ‘n standpunt. Omdat muurskilderye uniek is, maak dit ‘n

duidelike, persoonlike standpunt.

3. Muurskilderye kan die gemoed lug. Studies het herhaaldelik getoon dat kleure ‘n

invloed het op ons emosies.

4. Muurskilderye kan op enige plek werk. Dit is nie slegs beperk tot ‘n buitemuur nie.

Jy kan ook jou klaskamer, of ‘n vaal gang omskep in ‘n nuwe landskap.

Hoe om ‘n muurskildery te skep:

Om ‘n muurskildery te skep neem tyd, talent en navorsing. Maar hierdie hele proses word in 5 basiese stappe voltooi:

1. Kry ‘n ontwerp / prent:

2. Kies die regte muur en berei die muur voor:

3. Verf die onderlaag op die muur:

4. Teken die prente op die muur:

5. Verf die muur:

Toerusting en metode van elke stap:

Stap 1: Kry ‘n ontwerp / prent:

Die ontwerp / prent wat jy kies, sal afhang van waar jy die muurskildery wil maak en vir watter doel dit is. Byvoorbeeld: as dit vir ‘n Kleuterskool is, sal jy iets soos Disney karakters wil gebruik, ens.

· ‘n Goeie plek om te begin met die soeke na die regte ontwerp of prent, is om deur tydskrifte te blaai of om op die internet te kyk.

· Kry jou eie idees, of kombineer idees en laat die kreatiwiteit vloei.

· Teken jou ontwerp op papier.

· Beplan watter kleure jy gaan gebruik.

Toerusting:

TydskrifteInternet Potlood & Papier Kies jou kleure

vir teken

Stap 2: Kies die regte muur en berei die muur voor:

(Opvul van gate en krake en om die oppervlakte glad te maak)

Jy wil hê dat jou kunswerk sigbaar moet wees vir ander mense, omdat jy nie jou kosbare tyd wil mors deur ‘n monumentale kunswerk te skep wat niemand gaan sien nie. Maak seker dat die oppervlakte glad is.

· Bestudeer die muur vir gate en krake.

· Vul elke gat en kraak met vuller deur die vuller op die troffel te sit en dan in die gat of kraak af te smeer.

· Versprei die vuller in die gat of kraak.

· Skraap met die troffel oor die vuller om dit gelyk te maak met die muur.

· Skraap die oortollige vuller af..

· Laat dit droog word.

· Maak die growwe gedeeltes glad deur dit met skuurpapier te skuur.

Toerusting:

Troffel Vuller Skuurpapier

Stap 3: Verf die onderlaag op die muur:

Gebruik ‘n onderlaag om ‘n skoon en blanko oppervlak te skep waarop jou kuswerk moet kom.

· Sit plastiek of koerantpapier op die vloer waar jy gaan verf. Dit moet reg teen die muur wees om sodoende die vloer te beskerm teen verfspatsels.

· Plak maskeerband op die vloer reg teen die muur om die vloer te beskerm teen verfspatsels. .

· Meng die verf goed deur dit met ‘n skoon stok te roer.

· Gooi nou verf in die verfpan.

· Rol die roller versigtig in die pan en skraap oortollige verf af teen die plat kant van die pan.

· Rol die roller eweredig op rn af teen die muur.

· Gebruik ‘n klein plat kwas om die kante en die hoeke meet e verf.

· Gebruik ‘n leer om by die hoë plekke by te kom.

· Wanneer jy klaar geverf het, moet jy die oortollige verf in die blik teruggooi.

· Maak seker die blik is behoorlik toe.

· Was die kwas, roller en die verfpan dadelik na elke gebruik.,.

· Bêre die plastiek en gooi die gebruikte koerantpapier weg.

· Maak seker dat alle verfspatsels met ‘n nat lap skoongemaak is.

Toerusting:

Hierdie verf word “Universele Onderlaag” genome. Dit is ‘n wit verf en het ‘n waterbasis wat beteken dat jy die kwaste met water kan skoonmaak.

verfpan roller onderlaagleer

klein plat kwas maskeerbandplastiek

Stap 4: Teken die prente op die muur:

· Kies die prente wat jy op die muur wil hê.

· Indien jy ‘n oorhoofse projekter het, moet jy die volgende doen:

· Sit die plastiek/lêersakkie op die prent wat jy geteken het.

· Teken dit nou versigtig oor op die plastiek/lêersakkie met ‘n permanente merkpen. .

· Plaas nou die plastiek/lêersakkie waarop die prent geteken is, op die oorhoofse projekter sodat dit teen die muur skyn.

· Trek nou die lyne op die muur met ‘n potlood af.

· Indien jy nie ‘n oorhoofse projekter het nie, is die beste ander manier om jou ontwerp op die muur oor te plaas, om dit deur middel van blokkies te doen.

· Deel jou skets op in klein blokkies in proporsie met die muur.

· Deel jou muur op in groter blokke in proporsie met die skets.

· Teken nou blokkie vir blokkie op die ooreenstemmende blokke op die muur.

· Na die skets klaar is, kan jy die blokke uitvee.

Toerusting:

oorhoofse projekterplastiek/lêersakkiepermanente merkpen

potlood blokke prent

Stap 5: Verf die prente op die muur:

Die beste verf om te gebruik, is die normale muurverf - “Akriel PVA”. Hierdie verf het ‘n waterbasis wat beteken dat jy die kwaste met water kan skoonmaak

· Gooi plastiek of koerantpaier op die vloer tot teenaan die muur waar geverf gaan word sodat die vloer beskerm kan word teen verfspatsels.

· Roer die verf met ‘n skoon stok sodat dit goed meng.

· Gooi van die kleure van die verf wat jy gaan gebruik in ‘n palet.

· Gebruik skilderkwassies om die getekende prente te verf.

· Gebruik die leer om by die hoë plekke by te kom.

· Wanneer daar klaar geverf is, word die verf weer teruggegooi in die verfblikke.

· Maak seker die blikke is behoorlik toe.

· Was die kwaste en palette elke keer na dit gebruik is met water af.

· Bêre die plastiek en gooi die gebruikte koerantpapier weg.

· Maak seker dat alle verfspatsels wat gemors het, skoongemaak is met ‘n nat lap.

Toerusting:

Akriel PVA verfpallet en verfkwaste leer

 

Aktiwiteit Datum:___________________

Beantwoord die volgende vrae:

VRAAG 1:

Gee ‘n kort beskrywing van wat ‘n MUURSKILDERY is:

______________________________________________________________________________________________________________________________________

(2)

VRAAG 2: WAAR OF ONWAAR

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.

Maak ‘n KRUISIE(X) in die korrekte kolom langs die stelling:

STELLING

WAAR

ONWAAR

1.1 Die vroegste muurskildery was op ‘n plafon in ‘n kerk.

1.2 Muurskilderye is gebruik om mense in moeilike tye te inspireer.

1.3 Muurskilderye kan mens se gemoed beter maak.

1.4 Muurskilderye kan slegs op die buitemure geverf word.

1.5 Muurskilderye trek almal se aandag.

(5)

VRAAG 3:

Noem die VYF (5) basiese stappe om ‘n muurskildery te maak:

1. ______________________________________________________________

2. ______________________________________________________________

3. ______________________________________________________________

4. ______________________________________________________________

5. ______________________________________________________________

(5)

VRAAG 4:

Dui aan watter van die volgende toerusting word gebruik wanneer jy ‘n muurskildery maak. Trek ‘n sirkel om die korrekte prente: (5)

VRAAG 5:

Jy het die opdrag gekry om 'n muurskildery vir ‘n babakamer te maak. Maak 'n tekening in die ruimte hieronder om jou voorstel vir die muur aan te toon. Gebruik volkleur. (7)

Reflect on the difference between Art & Crafts (Year 2)

Mixed Media

The term “mixed media art” is a broad definition that covers many arts and crafts, including collage, assemblage (both 2D and 3D), altered objects, including books and boxes, handmade greeting cards, artist trading cards (ATCs) and tags, art journaling and book making.

The “mixed media” used includes paints, papers and board of all descriptions, glues, buttons, fabrics, found objects, photos, metal bits, fibres, things from nature, inks, pencils, crayons, markers, pastels and polymer clays, to name a few.

Kunsstyle