laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · web view9.kan jy...

25
Gr 4 Afrikaans: 13-17 Julie 2020 Dag Werkkaarte Afrika boek Maandag 13 Julie Lees die leesstuk en beantwoord die vrae Geen Dinsdag 14 Julie Doen taalwerkkaart m.b.v. die leesstuk Geen Woensdag 15 Julie Direkte en indirekte rede Geen Donderdag 16 Julie Direkte en indirekte rede Geen

Upload: others

Post on 12-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

Gr 4 Afrikaans: 13-17 Julie 2020Dag Werkkaarte Afrika boek

Maandag13 Julie

Lees die leesstuk en beantwoord die vrae Geen

Dinsdag14 Julie

Doen taalwerkkaart m.b.v. die leesstuk Geen

Woensdag15 Julie

Direkte en indirekte rede Geen

Donderdag16 Julie

Direkte en indirekte rede Geen

Vrydag17 Julie

Direkte en indirekterede Geen

Page 2: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

‘n Sssssssagte drukkie...

¹’n Baba se beste maat is gewoonlik iets sags en

²warms. Maar Natalie Anderson, wat maar net

³vyf maande oud is, het ‘n baie vreemde

⁴speelmaat. Sy kry haar drukkies by Kaa, haar

⁵troetelslang van twee meter lank.

⁶Natalie en Kaa is op hulle gelukkigste

⁷wanneer hulle op die rusbank

⁸kan ontspan. Daar sit hulle styf teen mekaar

⁹opgekrul – heerlik warm en snoesig.

¹⁰Kaa is bang vir Natalie. Soms gee

¹¹sy hom ‘n harde byt met haar

¹²skerp nuwe tandjies.

¹³Natalie se pa sê die groot luislang is glad nie

¹⁴gevaarlik vir haar nie. Kaa weeg wel swaarder

¹⁵as sy, maar sy verdedig haarself gou-gou met

¹⁶haar tande as sy voel hy druk haar vas. Al

¹⁷wanneer Kaa wys dat hy ‘n ware luislang is, is

¹⁸wanneer hy elke tien dae ‘n reuse rot verslind!

¹⁹Natalie se pa het ‘n slangpark. Hy gebruik

²⁰Kaa om kinders en ander besoekers te wys dat

²²’n mens nie sommer slange moet doodmaak

Page 3: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

AFRIKAANS HUISTAAL GR. 4MAANDAG, 13 JULIE

LEES DIE LEESSTUK EN BEANTWOORD DIE VRAE

1. Hoekom dink jy is ‘n baba se beste maat gewoonlik iets sags en warms?

__________________________________________________________

_________________________________________________________(1)

2. Omkring die korrekte antwoord

Natalie Anderson is _________ oud.

a) 1 jaar

b) 2 maande

c) 5 maande

d) 5 jaar

e) Nie een van bogenoemde nie (1)

3. Wie is Natalie se beste maat?

a) ‘n Troetelslang

b) Haar pa

c) ‘n Baba

d) ‘n Beertjie

e) Nie een van bogenoemde nie (1)

4. Sê of die volgende stelling waar of onwaar is.

Page 4: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

Kaa en Natalie is op hulle gelukkigste in die slangpark.

__________(1)

5. Waarvoor is Kaa baie bang?

_________________________________________________________(1)

6. Hoekom dink jy is Natalie se tandjies so skerp?

___________________________________________________________

_________________________________________________________(1)

7. Omkring die korrekte antwoord

7.1 Waar werk Natalie se pa?

a) By ‘n troeteldierwinkel

b) By ‘n slangpark

c) By ‘n dieretuin

d) Hy werk nie

e) Nie een van bogenoemde nie (1)

Page 5: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

7.2 Hoe voel Natalie se ouers oor haar troeteldier?

a) Hulle voel dat Kaa glad nie gevaarlik is vir Natalie nie.

b) Hulle is bekommerd.

c) Hulle sou ‘n ander troeteldier verkies.

d) Hulle is woedend.

e) Nie een van bogenoemde nie.(1)

8. Skryf die samestellings in die leesstuk neer.

Reël 4: ___________________

Reël 7: ___________________ (2)

9. Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan?

Hoekom?

_________________________________________________________(2)

10. Soek ‘n antoniem vir die volgende woorde. Kry jou antwoord in die leesstuk.

10.1 bekende (r.3)

10.2 ou (r.12)(2)

Page 6: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

11. Is dit waar dat Kaa elke dag ‘n rot eet?

__________________ (1)

12. Skryf enige telwoord uit die leesstuk neer.

_________________________________ (1)

13. Natalie en Kaa is baie gelukkig saam. Wat is die intensiewe vorm van

gelukkig?

_________________________________ (1)

14. Voltooi die volgende intensiewe vorme.

14.1 warm (r.9)

14.2 styf (r.8)(2)

Page 7: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

15. Soek sinonieme vir die volgende woorde in die leesstuk.

15.1 opeet (r.18)

15.2 opgepas (r.24)(2)

16. Sou jy van ‘n slang as ‘n troeteldier hou? Motiveer jou antwoord.

_________________________________________________________(1)

17. Wat sal jy doen as jy ‘n baba sien wat met ‘n slang speel?

_________________________________________________________(1)

18. Dink jy dit is belangrik dat slange bewaar moet word? Gee ‘n rede.

_________________________________________________________ (1)

Omkring die korrekte antwoord.

19. Watter tipe slang is Kaa?

a) huisslang

b) luislang

c) giftige adder

d) rubber slang

Page 8: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

AFRIKAANS HUISTAAL GR. 4DINSDAG, 14 JULIE 2020

GEBRUIK DIE LEESSTUK OM DIE VRAE TE BEANTWOORD.

VRAAG 1Skryf die volgende sinne in die ontkenning.

1.1 Natalie se pa het ‘n slangpark. (reël 19)

_________________________________________________________(1)

1.2 Kaa is bang vir Natalie. (reël 10)

_________________________________________________________(1)

VRAAG 2Voltooi die tabel. Gebruik die voorbeeld om jou te help.

Voorvoegsel

Basis Agtervoegsel

Voorbeeld gelukkig - geluk -ig

2.1 bedreigde

2.2 bewaar

2.3 besoekers

2.4 kinders

Page 9: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

VRAAG 3Kyk mooi na die volgende sin en beantwoord dan die vrae:

3.1 Skryf die sin oor in die verlede tyd.

___________________________________________________________

___________________________________________________________

_________________________________________________________(1)

3.2 Skryf ‘n soortnaam neer.

___________________________ (1)

3.3 Skryf twee eiename neer.

_____________________________________________________ (2)

3.4 Skryf ‘n werkwoord neer.

___________________________ (1)

3.5 Skryf ‘n byvoeglike naamwoord neer.

___________________________

(1)

3.6 Skryf ‘n voornaamwoord neer.

___________________________

Natalie en Kaa is op hulle gelukkigste wanneer hulle op die rusbank kan ontspan. (Reël 6)

Page 10: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

3.7 Verdeel gelukkigste (reël 6) in lettergrepe. Dui aan of die lettergreep oop of geslote is.

__________________________ (1) _________________ (1) (2)

Page 11: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

Direkte en indirekte redeWoorde wat verander

Vandag – daardie dagGister – die vorige dagNou – toeMôre – die volgende dagHier – daarHierdie – daardieOormôre – die volgende dagVerlede jaar – die vorige jaarHierheen – daarheenKom – gaanHiernatoe – daarnatoeGelede – tevore

Page 12: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

Voornaamwoorde wat verander

(Voornaamwoord: woorde wat in die plek van ‘n naam gebruik word soos ek, hy, sy, ons, ens.)

Ek – hy/syJy – hy/syOns – hulleMyself – haarself/himselfMyne – syne/hareJoune – syne/hareOns s’n – hulle s’nJulle s’n – hulle s’nMy – hom/haar of sy/haarJou – hom/haar

Page 13: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

Afrikaans Huistaal Gr. 4Woensdag 15 Julie 2020

Strokiesprent: Voorbeeld

Hallo Illie. Dis so lekker om jou weer te sien na hierdie lang grendeltydperk.

Hallo Liezl. Ek’s ook bly om jou weer te sien, maar ek is eintlik so bang om terug te wees!

Ek weet! Ek wil nie siek word nie, so ek was my hande deesdae amper die heeltyd!

Ek het ‘n botteltjie hand sanitizer wat ek die heeltyd by my hou.

Saniteer jy ook jou hande na jy aan iets gevat het?

Ja! Ek maak ook seker dat ek altyd my masker dra wanneer ek nie in die huis is nie.

En wanneer jy van die winkels af kom?

Ek trek sommer dadelik my skoene uit en los dit buite. Dan saniteer ek alles wat ek gekoop het. Daarna was ek my hande en dan stort ek, net om seker te maak dat al die kieme weg is.

Page 14: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

Woensdag 15 JulieStrokiesprent

Maak nou jou eie strokiesprent waar jy en jou maat gesels oor die Covid 19 pandemie en hoe om gesond te bly.

- Onthou om direkte rede te gebruik.- Geen aanhalingstekens in die spraakborrels nie.- Teken ‘n prentjie in elke blokkie wat by die gesprek in die spraakborrels pas.

Page 15: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

Skryf die volgende sinne oor in die direkte rede.

1. Zackie sê dat hy ‘n verrassingspartytjie hou.

_____________________________________________________________________

2. Nita sê dat dit lekker klink.

_____________________________________________________________________

3. Zackie sê dat niemand mag uitvind nie.

_____________________________________________________________________

4. Mev. Langenhoven sê dat hulle moet skoonmaak.

_____________________________________________________________________

5. Zackie sê dat daar springkastele gaan wees.

_____________________________________________________________________

6. Nita sê dat hy die koek moet onthou.

_____________________________________________________________________

7. Zackie sê dat hulle gaan motorfiets ry.

_____________________________________________________________________

8. Anton sê dat hy nie omgee oor die partytjie nie.

_____________________________________________________________________

Afrikaans Huistaal Gr.4Donderdag 16 Julie 2020

Direkte rede

Page 16: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede.

1. Zackie sê: “Ek is nou-nou terug.”

_____________________________________________________________________

2. Nita sê: “Ek kry hom nogal jammer.”

_____________________________________________________________________

3. Vincent sê: “Ek kan my oë nie glo nie.”

_____________________________________________________________________

4. Zackie sê: “Dit was amper ‘n groot flop!”

_____________________________________________________________________

5. Ma vra: “Moet ek ‘n ambulans bel?”

_____________________________________________________________________

6. Nita sê: “Die partytjie is nie meer ‘n verrassing nie.”

_____________________________________________________________________

7. Zackie vra: “Het Anton ons geheim verklap?”

_____________________________________________________________________

Afrikaans Huistaal Gr. 4Vrydag 17 JulieIndirekte rede

Page 17: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

8. Nita vra: “Gaan daar ponies wees?”

_____________________________________________________________________

9. Vincent vra: “Is julle gereed vir baie pret?”

_____________________________________________________________________

Page 18: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

MemorandumsMaandag 13 Julie

Dinsdag 14 Julie

Page 19: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

AFDELING A PUNTE

1. Babas hou van sagte speelgoed. Babas hou nie van koud kry nie. 1

2. c 13. a 14. Onwaar 15. Natalie se skerp nuwe tandjies. 16. Nuwe tandjies of babas se

babatandjies is nog nuut en skerp. 17. b 18. Hulle voel dat Kaa glad nie gevaarlik

vir Natalie is nie. 19. Speelmaat, rusbank, reël 4: drukkies 210.

Ja, dis die geluid wat ‘n slang maak. 2

11.

vreemde, nuwe 2

12.

Hy verslind elke 10 dae ‘n reuse rot. (Nee)

1

13.

vyf/twee/tien 1

14.

Dolgelukkig 1

15.

vuurwarm, stokstyf 2

16.

verslind, bewaar 2

17.

Ja, ek hou van slange of ek wou nog altyd ‘n slang gehad het.Nee, ek is bang vir slange of slange is gevaarlik.

1

18.

Eie interpretasie 1

19.

Ja en eie rede 1

20.

b 1

TOTAAL 25AFDELING B PUNTE

VRAAG 11.1

Natalie se pa het nie ‘n slangpark nie. 1

1.2

Kaa is nie bang vir Natalie nie. 1

VRAAG 22.1

be-voorvoegsel, dreig-basis, de-agtervoegsel

1

2.2

be-voorvoegsel, waar-basis 1

2.3

be-voorvoegsel, soek-basis, ers-agtervoegsel 1

2.4

kind-basis, ers-agtervoegsel 1

Page 20: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

Donderdag 16 Julie

Direkte rede

Zackie sê dat hy ‘n verrassingspartytjie hou.

Zackie sê: “Ek hou ‘n verrassingspartytjie.”

Nita sê dat dit lekker klink.

Nita sê: “Dit klink lekker.”

Zackie sê dat niemand mag uitvind nie.

Zackie sê: “Niemand mag uitvind nie.”

Mev. Langenhoven sê dat hulle moet skoonmaak.

Mev. Langenhoven sê: “Julle moet skoonmaak.”

Zackie sê dat daar springkastele gaan wees.

Zackie sê: “Hier gaan springkastele wees.”

Nita sê dat hy die koek moet onthou.

Nita sê: “Jy moet die koek onthou.”

Zackie sê dat hulle gaan motorfiets ry.

Zackie sê: “Ons gaan motorfiets ry.”

Anton sê dat hy nie omgee oor die partytjie nie.

Anton sê:”Ek gee nie om oor die partytjie nie.”

Page 21: laerskoolkruinsig.co.zalaerskoolkruinsig.co.za/wp-content/uploads/2020/07/...  · Web view9.Kan jy uit die opskrif agterkom dat die leesstuk oor ‘n slang gaan? Hoekom? _____(2)

Vrydag 17 Julie

Indirekte rede

Zackie vra: “Is julle oppad ballet toe?”

Zackie vra of hulle oppad ballet toe is.

Nita sê: “Ek kry hom nogal jammer.”

Nita sê dat sy hom nogal jammer kry.

Vincent sê: “Ek kan my oë nie glo nie.”

Vincent sê dat hy sy oë nie kan glo nie.

Zackie sê: “Dit was amper ‘n groot flop!”

Zackie sê dat dit amper ‘n groot flop was.

Ma vra: “Moet ek ‘n ambulans bel?”

Ma vra of sy ‘n ambulans moet bel.

Nita sê: “Die partytjie is nie meer ‘n verrassing nie.”

Nita sê dat die partytjie nie meer ‘n verrassing is nie.

Zackie vra: “Het Anton ons geheim verklap?”

Zackie vra of Anton hulle geheim verklap het.

Nita vra: “Gaan daar ponies wees?”

Nita vra of daar ponies gaan wees.

Vincent vra: “Is julle gereed vir baie pret?”

Vincent vra of hulle gereed is vir baie pret.