juffer.files.wordpress.com · web viewbeantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3....

16
Graad 7: Afrikaans HT EAT Basislynassessering 2020 Naam: ____________________________ Datum: ____________________ Leesbegrip, Taalstrukture en Konvensies, Hardop Lees en Skryf Punte: 50 Tyd: 1 h 30 minute HIERDIE BASISLYN-/AANVANGSASSERING BESTAAN UIT DIE VOLGENDE AKTIWITEITE AFDELING VAARDIGHEID AKTIWITEIT MEETINSTRUMENT PUNT % A LEES EN KYK Begripstoets Memorandum 15 B TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES Taal in konteks Memorandum 15 C LEES EN KYK HARDOP LEES Rubriek 10 D SKRYF Paragraaf Rubriek 10 MERK DIE BLOKKIE WAAR DIE LEERDER SE PERSENTALE WAARDE VAN DIE IDIVIDUELE AKTIWITEIT HOM/HAAR PLAAS. ASSESSERIN G Onvoldoen de (Benodig Elementêr (Baie Swak) Gemiddel d (Bevredigen Knap (Baie goed) Uitsonde rlik (Skitterend) Graad 7 Afrikaans HT/EAT Aanvangsassessering 1

Upload: others

Post on 28-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: juffer.files.wordpress.com · Web viewBeantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3. Skryf netjies en leesbaar. Graad 7 __Afrikaans HT EATJanuarie 2020. Basislyn-/aanvangsassessering

Graad 7: Afrikaans □ HT □ EAT Basislynassessering 2020Naam: ____________________________ Datum: ____________________Leesbegrip, Taalstrukture en Konvensies, Hardop Lees

en SkryfPunte: 50 Tyd: 1 h 30 minute

HIERDIE BASISLYN-/AANVANGSASSERING BESTAAN UIT DIE VOLGENDE AKTIWITEITE

AFDELING

VAARDIGHEID AKTIWITEIT MEETINSTRUMENT

PUNT %

A LEES EN KYK Begripstoets Memorandum 15

B TAALSTRUKTURE EN KONVENSIES

Taal in konteks Memorandum 15

C LEES EN KYK HARDOP LEES Rubriek 10

D SKRYF Paragraaf Rubriek 10

MERK DIE BLOKKIE WAAR DIE LEERDER SE PERSENTALE WAARDE VAN DIE IDIVIDUELE AKTIWITEIT HOM/HAAR PLAAS.

ASSESSERING

Onvoldoende

(Benodig ondersteuni

ng)

Elementêr(Baie Swak)

Gemiddeld(

Bevredigend)

Knap(Baie goed)

Uitsonderlik

(Skitterend)

0 – 29% 30 39%

40 49%

50 – 59%

60 -69%

7079%

80 –100%

Vlak 1 Vlak 2 Vlak 3 Vlak 4 Vlak 5

LEES EN KYKTAAL IN KONTEKS

Graad 7 Afrikaans HT/EAT Aanvangsassessering 1

Page 2: juffer.files.wordpress.com · Web viewBeantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3. Skryf netjies en leesbaar. Graad 7 __Afrikaans HT EATJanuarie 2020. Basislyn-/aanvangsassessering

HARDOP LEES

SKRYF

Instruksies aan leerders1. Lees al die instruksies en vrae noukeurig deur.2. Beantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3. Skryf netjies en leesbaar.

Graad 7 __ Afrikaans □ HT □ EAT Januarie 2020

Basislyn-/aanvangsassessering

AFDELING A: LEES EN KYK 15 punte

Vraag 1: Leesbegrip

Teks A: Volksverhaal

Lees die onderstaande volksverhaal en beantwoord dan die vrae wat daarop volg:

Graad 7 Afrikaans HT/EAT Aanvangsassessering 2

Page 3: juffer.files.wordpress.com · Web viewBeantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3. Skryf netjies en leesbaar. Graad 7 __Afrikaans HT EATJanuarie 2020. Basislyn-/aanvangsassessering

WAAROM LEEF SEEKOEIE IN WATER?

1 Baie lank gelede in Afrika, toe al die diere saam met die Skepper in die bos gewoon het, was dit baie

warm en die son het elke dag op die aarde neergebak.

2 Die diere het baie sterk velle soos ʼn pels, vere of skubbe gehad om hulle teen die son te beskerm. Seekoei se vel was nie so sterk nie. Soos hy groter geword het, het sy vel gerek en dunner geraak. Toe hy volwassenheid bereik het, was sy vel so dun dat die son hom maklik gebrand het. Sy vel het uitgedroog en gekraak. Dit het baie pyn en ongemak veroorsaak.

3 Eendag, toe Seekoei dit nie meer kon verduur nie, het hy na die Skepper toe gegaan en gevra: ‟Kan ek asseblief in die rivier gaan bly?” Die Skepper het met deernis na Seekoei gekyk en gesê: ‟Ja my vriend, jy mag, maar soos met alles moet jy eers toestemming by die rivierdiere kry.”

4 Seekoei het vir Visarend, Krokodil en Otter gevra: ‟Mag ek asseblief saam met julle in die rivier bly? Kyk na my dun vel! Dit is gebars en baie seer. Die koue water sal vir my groot verligting bring.”

5 Die rivierdiere was ’n bietjie selfsugtig en ook bekommerd. Nadat hulle daaroor nagedink het, sê hulle vir Seekoei: ‟Nee, ons kan dit nie toelaat nie! Kyk na jouself! Jy is vreeslik groot en jy sal al die visse in die rivier opvreet. Dan sal daar geen kos vir ons wees nie.”

6 Seekoei sê vir die rivierdiere: “Julle hoef regtig nie bekommerd te wees nie. Ek eet nie vis nie. Ek sal slegs die gras en die rivierplante eet.” Die rivierdiere het nog steeds getwyfel en het dit nie geglo nie. Toe sê Seekoei vir hulle: ‟Ek belowe om elke dag my mond wyd oop te maak, sodat julle kan sien dat daar geen visgrate of skubbe in my mond is nie. Ek sal ook my mis met my stert oopsprei, sodat julle kan sien dat daar nie bene in is nie.”

7 Dit het die rivierdiere oortuig. Van daardie dag af het die rivierdiere Seekoei toegelaat om in die rivier te bly en Seekoei sal altyd sy mond wyd oopmaak en sy mis met sy stert oopsprei.

[Vertaal en aangepas uit: African Folktales and Legends deur G Lee ]

1. Met watter rivierdiere het Seekoei gepraat?

A Krokodil, Vis en Otter

B Krokodil, Vis en Skilpad

C Krokodil, Krap en Visarend

D Krokodil, Visarend en Skilpad (1)

Graad 7 Afrikaans HT/EAT Aanvangsassessering 3

Page 4: juffer.files.wordpress.com · Web viewBeantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3. Skryf netjies en leesbaar. Graad 7 __Afrikaans HT EATJanuarie 2020. Basislyn-/aanvangsassessering

2. Identifiseer die hoofgedagte van die storie.

A Die vis wou nie hê dat die seekoei saam met hulle moes bly nie.

B Die seekoei wou in die rivier swem.

C Baie diere wou in die rivier bly.

D ʼn Seekoei wat in die rivier wou bly. (1)

3. Waarom het Seekoei gevra om in die rivier te woon?

__________________________________________________________________________________________________________________

___________________________________________________________________________________________________________________

(1)

4. Hoe het die ander rivierdiere daaroor gevoel dat Seekoei saam met hulle woon?

Die rivierdiere was ... om Seekoei in die rivier te hê.

A bekommerd

B geskok

C onvriendelik

D moedswillig (1)

5. Waaroor handel die storie? (1)

__________________________________________________________________

__________________________________________________________________

6. Waarom kon Seekoei in vrede saam met die ander rivierdiere leef? (1)

__________________________________________________________________

__________________________________________________________________

7. Wat beteken die woord “selfsugtig” (reël 16)? Dit beteken dat die rivierdiere ...

A Seekoei gehaat het omdat hy baasspelerig was.

B Seekoei uitgenooi het om saam met hulle te woon.

C nie bereid was om hulle kos met Seekoei te deel nie.

Graad 7 Afrikaans HT/EAT Aanvangsassessering 4

Page 5: juffer.files.wordpress.com · Web viewBeantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3. Skryf netjies en leesbaar. Graad 7 __Afrikaans HT EATJanuarie 2020. Basislyn-/aanvangsassessering

D bang was dat Seekoei hulle sou opeet. (1)

8. Waarom sal seekoeie volgens die storie, altyd met hul monde wawyd oop staan?

Seekoei wil bewys dat hy ...

A nie vis eet nie.

B sy vel rek.

C in die water woon.

D sy mis oopsprei. (1)

9. Wat sou met Seekoei gebeur het indien hy nie toegelaat is om in die rivier te bly nie? (1)

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

10. Wat moes Seekoei die ander diere belowe voordat hulle hom toestemming gegee

het om in die rivier te bly? (1)

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

[10]

TEKS B: VISUELE TEKS

Graad 7 Afrikaans HT/EAT Aanvangsassessering 5

Page 6: juffer.files.wordpress.com · Web viewBeantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3. Skryf netjies en leesbaar. Graad 7 __Afrikaans HT EATJanuarie 2020. Basislyn-/aanvangsassessering

Bestudeer die advertensie en beantwoord dan die vrae wat volg:

11. Watter produk word hier geadverteer?

___________________________________________________________________ (1)

12. Omkring die letter van die korrekte antwoord.

Vir watter groep mense is hierdie advertensie spesifiek geskryf?

A Tieners met styl

B Olimpiese swemmers

C Babas met styl

D Sakemanne (1)

13. Wat belowe die advertensie jou, indien jy een paar tekkies koop?

_________________________________________________________________ (1)

14. Sal jy vir jou so ‘n paar tekkies aanskaf / koop? Motiveer jou antwoord.

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________ (2)

Totaal: ____15

Graad 7 Afrikaans HT/EAT Aanvangsassessering 6

Page 7: juffer.files.wordpress.com · Web viewBeantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3. Skryf netjies en leesbaar. Graad 7 __Afrikaans HT EATJanuarie 2020. Basislyn-/aanvangsassessering

AFDELING B: TAALSTRUKTURE IN KONTEKS

15. Verduidelik die funksie van die aanhalingstekens in die volgende sin: “Mag ek asseblief by julle kom woon?”

__________________________________________________________________

__________________________________________________________________ (1)

16. Identifiseer die onderwerp en die gesegde in die volgende sin.

Sy vel was uitgedroog en gebars.

(2)

17. Voeg die korrekte voorvoegsel by die woord “vriendelik” om dit ʼn antoniem te maak.

A oorvriendelik

B vriendelike

C onvriendelik

D vriendeliker (1)

18. Verbind die volgende sinne deur die voegwoord tussen hakies te gebruik.

Seekoei wou in die water woon. Seekoei het geglo dat die water strelend sou

wees. (omdat) (2)

__________________________________________________________________

__________________________________________________________________

19. Gee ʼn sinoniem vir die woord “gebars” (verwys na paragraaf 2). (1)

___________________________________________________________________

Graad 7 Afrikaans HT/EAT Aanvangsassessering 7

Onderwerp Gesegde

A Sy vel was uitgedroog en gebars.

B Sy vel was uitgedroog en gebars.

C Sy vel was uitgedroog en gebars.

D Sy vel was uitgedroog en gebars.

Page 8: juffer.files.wordpress.com · Web viewBeantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3. Skryf netjies en leesbaar. Graad 7 __Afrikaans HT EATJanuarie 2020. Basislyn-/aanvangsassessering

20. Skryf die volgende sin in die Teenwoordige tyd oor.

Seekoei het elke dag gely.

___________________________________________________________________ (1)

21. Skryf die volgende sin oor in die Verlede tyd.

Die koue water is ’n groot verligting vir Seekoei.

___________________________________________________________________ (1)

22. Gee die meervoudsvorm van die woord “vis”. ______________________________ (1)

23 Gee die verkleining van die woord “ vel”. ________________________________ (1)

24. Gee die intensiewe vorm van droog: ______________________________________ (1)

25. Vul die korrekte voorsetsel in: Die seekoei slaap _________ die grond. (1)

26. Skryf die teenoorgestelde vir die onderstreepte woord neer.

Seekoeie se horings is baie stomp. ______________________________________ (1)

27. Verander die sin in die ontkennende vorm:

Seekoeie slaap snags.

Nee, ______________________________________________________________ (1)

Totaal: _____/15

Graad 7 Afrikaans HT/EAT Aanvangsassessering 8

Page 9: juffer.files.wordpress.com · Web viewBeantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3. Skryf netjies en leesbaar. Graad 7 __Afrikaans HT EATJanuarie 2020. Basislyn-/aanvangsassessering

AFDELING C: LEES EN KYK

1. Lees die fabel oor Seekoeie, eers self stil deur.

2. Lees dan die teks hardop vir jou onderwyser voor.

Leesvlak van leerderVlak 1 Vlak 2 Vlak 3 Vlak 4 Vlak 51 - 2 3 - 4 5 -6 7 - 8 9 - 10

Leerder ken geen of baie min woorde

Leerder sukkel met die herkenning van letterklank verhoudings / klankkombinasies

Leerder ken slegs ‘n paar algemene sigwoorde

Leerder sukkel met die herkenning van sommige letterklank verhoudings

Leerder het baie hulp nodig met die lees van onbekende woorde

Hierdie leerder ken baie algemene sigwoorde

Leerder het hulp nodig met die ontleding van onbekende woorde

Hierdie leerder ken baie algemene sigwoorde en ontleed die meeste onbekende woorde

Leerder het soms hulp nodig om moeilike woorde te ontleed

Leerder lees met ‘n mate van vlotheid

Leerder herken algemene woorde

Leerder ontleed onbekende woorde

Leerder lees met vlotheid en uitdrukking

Dit is een van beste lesers in die klas

Kommentaar:________________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________________

________________________________________________________________________________________

Graad 7 Afrikaans HT/EAT Aanvangsassessering 9

Page 10: juffer.files.wordpress.com · Web viewBeantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3. Skryf netjies en leesbaar. Graad 7 __Afrikaans HT EATJanuarie 2020. Basislyn-/aanvangsassessering

AFDELING D: SKRYF

Ag hemele behoed en bewaar my, aarde sluk my in! Hier staan ek bloedrooi

van skaamte. Dit was een van die mees onvergeetlike dae in my lewe! Skryf

‘n dagboekinskrywing waarin jy vertel wat gebeur het. Beskryf hoe jy daaroor

gevoel het.

Onthou!1. Gebruik die regte formaat vir jou dagboekinskrywing

2. Skryf sowat 80 tot 90 woorde.3. Skryf in die eerste persoon (ek, my) en in die verlede tyd.

4. Skryf die datum en dag bo-aan.5. Vertel in die volgorde waarin dit gebeur het.

6. Gee aandag aan spelling en leestekens.

Graad 7 Afrikaans HT/EAT Aanvangsassessering 10

Page 11: juffer.files.wordpress.com · Web viewBeantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word. 3. Skryf netjies en leesbaar. Graad 7 __Afrikaans HT EATJanuarie 2020. Basislyn-/aanvangsassessering

Nasienrubriek

Kriteria 1 2 3 4

Inhoud Inhoud en idees is nie samehangend nie.

Baie min detail ondersteun onderwerp.

Idees en inhoud matig samehangend.

Sommige detail ondersteunonderwerp.

Inhoud en idees voldoende samehangend.

Sommige detail ondersteun onderwerp.

Inhoud en idees algeheel samehangend en hoogs uitgebreid. Alle detail ondersteun onderwerp.

Taal Taalgebruik is swak en belemmer die vloei van die teks.

Taalfoute is minimaal en belemmer nie die vloei van die teks nie.

Grammatikaalakkuraat en puiksaamgestel.

Spelling en Punktuasie

Besaai met foute en verwar die leser.

Verskeie foute word bespeur.

Feitlik foutvry.

Totaal: _____ / 10

Graad 7 Afrikaans HT/EAT Aanvangsassessering 11