algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · web viewdie bybel beskryf van begin tot einde wie...

32
TUISKATEGESE GRAAD NEGE DIE BYBEL, ‘N BOEK VAN BELOFTES My naam: ______________________________________________________________ My skoolgraad: _________________________________________________________ My woonadres: _________________________________________________________ My ouers/voogde se name: _______________________________________________ My ouers/voogde se tel nr: ______________________________________________ RIGLYNE VIR OUERS/VOOGDE: 1. U kind hoef net EEN les per week te doen. Doen die les op ‘n gemaklike manier sonder om te jaag, sodat u kind dit kan geniet. As jou kind verkies, kan hulle die les op hul eie ook doen. 2. U kan die hele week gebruik om die waarhede van die les met u kind te bespreek en in te skerp. 3. Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te maak aan Bybel lees. 1

Upload: others

Post on 12-Jun-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

TUISKATEGESE GRAAD NEGE

DIE BYBEL, ‘N BOEK VAN BELOFTES

My naam: ______________________________________________________________

My skoolgraad: _________________________________________________________

My woonadres: _________________________________________________________

My ouers/voogde se name: _______________________________________________

My ouers/voogde se tel nr: ______________________________________________

RIGLYNE VIR OUERS/VOOGDE:

1. U kind hoef net EEN les per week te doen. Doen die les op ‘n gemaklike manier sonder om te jaag, sodat u kind dit kan geniet. As jou kind verkies, kan hulle die les op hul eie ook doen.

2. U kan die hele week gebruik om die waarhede van die les met u kind te bespreek en in te skerp.

3. Daar word sterk klem gelê op die voltooiing van Bybelverse om die kind op ‘n natuurlike wyse gewoond te maak aan Bybel lees.

Kopiereg op die Tuiskategese Reeks: Jan Vermeulen

WEEK EEN

GOD DINK AAN JOU

1

Page 2: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Die Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles wat God ooit gedoen het en nog sal doen, raak vir my en jou direk. Ons kan sê dat God in alles wat Hy doen, aan die mens se belange dink. Die Bybel is die boek waarin God dit alles vir ons sê en aan ons baie beloftes van sy goeie sorg en liefde maak.

Voltooi die volgende verse:

Psalm 40:6 Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem.Psalm 115:12 Die Here dink aan ons: Hy seën die huis van Israel, Hy seën die huis van Aäron, Hy seën die wat Hom dien , klein en groot.

Genesis 8:1-2 Toe het God gedink aan Noag en aan al die wilde diere en die mak diere wat by hom in die ark was, en God het ’n wind oor die aarde laat waai, en die waters het teruggetrek . Die fonteine van die groot waters en die vensters van die hemel is toegemaak , en die stortreën uit die hemel het opgehou .

WEEK TWEE

GOD DINK AAN JOU2

Wanneer God aan ons dink, bly dit nie net by dink nie. God kom in aksie. Hy doen iets aan die situasie.

Die Here jou God het jou baie lief, so lief dat Hy elke oomblik aan jou dink en jou in elke omstandigheid sal uithelp.

Page 3: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Mense sê dikwels hulle dink aan jou, maar wat beteken dit vir jou? Laat dit goed voel? Wonder jy soms of hulle regtig aan jou dink, want hoe kan jy ooit weet? Jy sien nie hulle gedagtes nie. Met God is dit anders. Wanneer God aan jou dink, gebeur daar iets. God kom in beweging vir jou.

Een goeie voorbeeld van God wat in beweging vir iemand gekom het, is die verhaal van Noag. Gaan bestudeer hierdie week die verhaal van Noag in Genesis hoofstuk 6 tot hoofstuk 8 en voltooi dan die volgende opdrag.

Voltooi die volgende vers:

Genesis 8:1 Toe het God gedink aan Noag en aan al die wilde diere en die mak diere wat by hom in die ark was.Dit het nie net by dink gebly nie. God kom in beweging vir Noag en almal in di eark. Verduidelik in jou eie woorde wat God vir hulle gedoen het:

Sommige moderne denkers glo nie meer dat daar werklik ‘n ark was waarin die diere en Noag met sy familie gered is tydens die sondvloed nie. Hoe glo jy? Glo jy daar was werklik ‘n ark, of nie? JA of NEE

Verduidelik in jou eie woorde hoekom jy JA of NEE geantwoord het:

WEEK DRIE

GOD DINK AAN JOU

3

Page 4: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

God laat jou nie aan jou lot oor nie. Hy hoor jou gebede. Hy kom in beweging vir jou. So wat dink jy sal Hy doen wanneer jy in die nood of baie bang is en jy roep na Hom?

Voltooi die volgende verse:

Deuteronomium 33:26-29 Die ewige God is ‘n skuilplek , Sy arms is altyd onder jou. Hy verdryf die vyand voor jou uit.

2 Samuel 22:2 Die Here is my rots , my skuilplek en my redder , my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser , my veilige vesting , my toevlug en bevryder .

Jesaja 43:1-3 Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. As jy deur water gaan, is Ek by jou , deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder .

Die Bybel maak dus aan jou wonderlike beloftes van God jou nie aan jou lot sal oorlaat nie, maak nie saak wat met jou gebeur nie. Maar jy kan dalk vandag vra, hoekom gebeur dit dan dat mense wel seerkry en selfs sterf, al het hulle miskien na God om hulp geroep?

Hierop bied die Bybel self ‘n paar antwoorde.

Psalm 23:4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes , sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In U hande is ek veilig .

Romeine 8:38-39 Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

WEEK VIER

GOD DINK AAN JOU

4

DIE BYBEL BELOWE NêRENS VIR ONS DAT ONS NOOIT SAL SEERKRY OF STERWE NIE. DIE BYBEL BELOWE WEL VIR ONS DAT GOD SELFS IN ONS SEERKRY EN ONS STERWE BY ONS

SAL WEES. NIKS KAN ONS VAN HOM SKEI NIE. NIE EENS DIE DOOD NIE.

Page 5: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Die Bybel sê dat God weet wat jy nodig het nog voordat jy dit van Hom vra (Mat 6:8). Maar Hy weet nie net wat jy nodig het nie, Hy gee dit ook vir jou.

Voltooi die volgende verse:

Matteus 6:31-34 Julle moet julle dus nie bekommer en vra: Wat moet ons eet of wat moet ons drink of wat moet ons aantrek? nie. Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee .

Psalm 23:1 Die Here is my herder , ek kom niks kort nie .

Filipense 4:18-19 Maar ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens Sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus.

Die Bybel belowe vir ons op verskeie plekke dat God altyd sal voorsien, Hy sal vir ons gee wat ons nodig het. Tog is daar baie mense op aarde wat arm is en swaar kry. Wat dink jy kan die rede wees daarvoor? Verduidelik in jou eie woorde:

Jakobus van die Bybel gee vir ons nog ‘n rede hoekom ons nie altyd kry wat ons wil hê nie.

Voltooi die volgende verse:

Jakobus 4:1-3 Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid; julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.

WEEK VYF

GOD DINK AAN JOU5

Page 6: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Wanneer God aan jou dink, stuur Hy sy engele om jou te beskerm. Ons besef nie altyd hoeveel keer ons op ‘n dag sou kon seerkry of iets kon oorkom nie. Maar die onsigbare engele was altyd daar om te keer dat iets gebeur.

Lees die hele Psalm 91 en voltooi dan die volgende:

Wie sê vir die Here: U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou?

Voltooi: Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou en jou bewaar van dodelike siekte. Hy beskut jou onder Sy vleuels en is vir jou 'n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante.

Waarvoor hoef jy nie bang te wees nie?

Voltooi: Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie. Hy sal Sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie. Jy sal oor leeus en adders loop, leeus en slange sal jy dood trap. Omdat jy My liefhet , sal Ek jou red , sê die Here, omdat jy My ken, sal Ek jou beskerm .

Engele tree meesal onsigbaar op, maar as jy moes raai, hoe dink jy lyk ‘n engel? Beskryf in jou eie woorde:

WEEK SES

GOD DINK AAN JOU6

Page 7: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Omdat die Bybel sê God dink aan jou, beteken dit mos ook God ken jou. Hy ken nie net jou naam nie, Hy ken alles van jou.

Voltooi die volgende verse:

Psalm 139:1-6 Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U , Here, weet wat dit gaan wees. U omsluit my van alle kante, U neem my in besit . Die wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.

Matteus 10:30-31 Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel . Moet dan nie bang wees nie.

Jesus het geweet dat al sy dissipels Hom in die steek sou laat.

Johannes 13:11 Jesus het geweet wie Hom sou verraai ; daarom het Hy gesê: “Julle is nie almal skoon nie.”

Hy het selfs geweet dat Petrus Hom drie maal sou verloën. Maar Jesus het ook geweet hoe Petrus regtig oor Hom voel.

Johannes 21:15-17 Jesus vra hom die derde keer : Simon seun van Johannes, het jy My lief? Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het : Het jy My lief? ", en hy antwoord Hom: " Here, U weet alles . U weet dat ek U liefhet .

Jesus het ook geweet wat gaan in die harte van sy vyande aan.

Matteus 9:3-5 Party van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: “Hy praat godslasterlik.” Maar Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy sê vir hulle: “Waarom het julle sulke slegte gedagtes in julle harte.”

Hoe voel jy daaroor dat die Bybel sê God ken jou baie goed, selfs jou gedagtes?

WEEK SEWE

GOD DINK AAN JOU

7

Page 8: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Het dit al ooit met jou gebeur dat iemand jou naam vergeet het? Het dit al ooit met jou gebeur dat iemand vergeet het van jopu verjaardag, of vergeet het van ‘n afspraak wat julle gehad het? Dit is nie ‘n lekker gevoel nie. Wanneer die Bybel sê dat God aan jou dink, beteken dit dat hy sonder ophou aan jou dink. Dit beteken dat God nooit van jou sal vergeet nie.

Voltooi die volgende verse:

Jesaja 49:14-16 Sion sê: “Die Here het my verlaat , die Here het my vergeet .” Kan ‘n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in My handpalms gegraveer , . Ek sien jou altyd voor My.

God sal ook nie beloftes wat Hy aan jou maak vergeet nie:

Genesis 9:16-17 Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”

Hosea 12:4-6 Jakob het gehuil en van God hulp verwag : “By Bet-El sal Hy ons ontmoet, daar sal Hy met ons praat. Die Here is die almagtige God, die Here sal onthou .”

Lukas 1:54 Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekom deur te dink aan Sy beloftes van ontferming soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders, aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid .

Daar is wel iets van jou waarvan God sal vergeet, maar dit behoort jou baie opgewonde te maak.

Hebreërs 10:17 Dan sê Hy verder: " Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie."

WEEK AGT

8

Page 9: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

GOD DINK AAN JOU

Wanneer God aan jou dink, beteken dit ook dat Hy nooit sal toelaat dat iemand jou by Hom kan steel of afrokkel nie. Ons weet dat die Duiwel ons baie graag by die Here sal wil wegvat, maar God belowe dat niks my van Hom sal kan skei nie.

Voltooi die volgende verse:

Romeine 8:34-36 Wie kan ons veroordeel ? Christus Jesus het gesterf, meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy . ple vir ons. Wie kan ons van die liefde van Christus skei ? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?

Romeine 8:38 Hiervan is ek oortuig : geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Daar is wel iets wat tussen my en God kan kom staan.

Jesaja 59:1-2 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en Sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God.

Maar ook met daardie skeiding het God ‘n plan gemaak.

Handelinge 3:19 Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis .

Efesiërs 2:11-13 Nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus.

9

Dink nou aan enige iets wat jy al in jou lewe gedoen het waaroor jy baie jammer is. Praat met die Here daaroor en sê

vir Hom dankie dat niks wat jy al ooit gedoen het kan veroorsaak dat daar ‘n blywende muur tussen jou en Hom kan

staan nie. Sê vir Hom dankie dat Hy selfs daardie skeidingsmuur afgebreek het.

Page 10: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

WEEK NEGE

GOD DINK AAN JOU

In hierdie lewe gebeur dit dikwels dat mense kant kies. Daar hoef nie altyd iets mee verkeerd te wees om kant te kies nie. Jy moet tog kies of jy wetsgehoorsaam wil lewe en of jy roekeloos wil lewe. Jy moet kies eerlik of oneerlik wil wees. Jy moet soms tussen vriende kies wanneer jy agterkom dat sekere vriende jou in die moeilikheid kan bring of jou die lewe vir jou onaangenaam maak. Net so het God ook kant gekies. God het jou kant gekies, omdat Hy jou liefhet.

Die Bybel waarsku ons dat as ons kies om vir die Here te leef, daar altyd iemand sal wees wat die lewe vir ons moeilik sal wil maak. Miskien sal vriende ons los. Ons kan selfs vervolg word.

Voltooi die volgende verse:

Romeine 8:36 Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig , dat ons soos slagskape behandel word.

Romeine 8:31-37 Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dit: God is vir ons , wie kan dan teen ons wees? Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet .

2 Kronieke 9:11 Staan sterk en doen julle plig. Die Here is aan die kant van die goeie .

Psalm 14:4-6 Omdat God aan die kant van die regverdiges is, sal daar niks kom van julle planne teen die hulpelose nie: die Here bly sy toevlug.

God sal selfs die Duiwel op sy plek sit as hy jou by God probeer slegmaak:

Sagaria 3:1-2 Ek het die hoëpriester Josua voor die engel van die Here sien staan, en regs van hom het die Satan gestaan, besig om Josua aan te kla . Die Here het vir die Satan gesê: Ek sal jou straf , Satan, Ek wat Jerusalem My woonplek gemaak het, sal jou straf. Hierdie man is soos 'n stuk hout wat uit die vuur gered is .

God het jou kant gekies. Het jy al sy kant ook gekies?

1 Konings 18:21 Hoe lank hou julle aan met hink op twee gedagtes ? As die Here God is, volg Hom ; maar as dit Baäl is, volg hom.

10

Page 11: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

WEEK TIEN

GOD DINK AAN JOU

God belowe vir jou ‘n plek in die hemel. Dit is die grootste belofte wat Hy aan jou kan maak. Hy dink so ernstig aan jou, dat Hy jou vir altyd by Hom in die hemel wil hê.

Voltooi die volgende verse:

Lukas 23:40-43 Verder sê hy: "Jesus, dink aan my wanneer U in die koninkryk kom." Jesus antwoord hom; "Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees ."

Johannes 14:1-5 In die huis van My Vader is daar baie woonplek . As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem , sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Efesiërs 2:5-7 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee.

Die Bybel belowe ook vir jou dat niemand ooit jou plek in di ehemel van jou af kan wegvat nie.

Johannes 10:28 Ek gee hulle die ewige lewe , en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit My hand ruk nie.

Selfs in die Ou Testament het Dawid al gesê hy glo daar is vir hom ‘n plek in die hemel en hy sal vir ewig daar kan gaan bly:

Psalm 23:5-6 U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae .

11

WANNEER GOD AAN JOU DINK, KOM HY IN BEWEGING EN DOEN GODDELIK DINGE VIR JOU.

DIT BELOWE DIE BYBEL VIR JOU.

Page 12: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

WEEK ELF TOT SESTIENEEN BYBELVERS PER WEEK

LEES IN DIE VOLGENDE PAAR WEKE DIE VERHAAL VAN JESUS IN DIE VIER EVANGELIES EN KIES DAN EEN BYBELVERS PER WEEK WAT VIR JOU IETS BETEKEN HET. SKRYF DIE HELE VERS NEER. MISKIEN KRY JY LATER IN JOU LEWE GELEENTHEID OM VAN DIE VERSE MET IEMAND WAT DIT NODIG HET TE DEEL.

WEEK 11

WEEK 12

WEEK 13

WEEK 14

WEEK 15

12

Page 13: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

WEEK 16

WEEK SEWENTIEN

GOD DINK AAN DIE MENSDOM

Behalwe van al God se persoonlike beloftes in die Bybel aan jou, maak Hy ook ‘n paar groot beloftes aan die mensdom en die skepping. Elkeen van hierdie beloftes raak jou ook wel persoonlik. Sommige van die beloiftes het God reeds laat waar word, ander moet nog waar word. Kom ons kyk na ‘n paar daarvan.

BELOFTES IVM MET DIE SLANG (DUIWEL)

Voltooi die volgende:

Genesis 3:15 Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt .

Johannes 3:14-15 Moses het die slang in die woestyn hoog op ‘n paal gesit; so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.

Kolosense 2:13-14 God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker ,het Hy dit vergoed weggeneem.

Openbaring 12:7-9 Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, maar hulle is verslaan. In die hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie, want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi.

Ons kry ‘n persoonlike belofte ook ivm die Duiwel:

13

God het al reeds vir Adam en Eva belowe dat Hy sal sorg dat die Duiwel gestraf word vir wat hy aan hulle gedoen het. Toe Jesus

gekruisig word, het daardie belofte van God waar geword.

Page 14: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Jakobus 4:7 Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug .

WEEK AGTTIEN

GOD DINK AAN DIE MENSDOM

Nadat Adam en Eva uit die paradys gesit is, het die mensdom begin agteruitgaan. Bedrog en geweld was aan die orde van die dag. Toe besluit God om ’n einde aan alles te maak. Jy onthou nog die verhaal van Noag en Sondvloed. Nadat al die lewende wesens, behalwe dié wat in die ark gered is, uitgewis is, het God ’n belofte aan Noag en sy nageslag gemaak.

BELOFTES IVM MET DIE SKEPING

Voltooi die volgende:

Genesis 9:8-11 Verder het God vir Noag en sy seuns gesê: “Kyk, Ek sluit ‘n verbond met julle en julle nageslag en met al die lewende wesens by julle: die voëls, die mak diere en die wilde diere by julle, naamlik met al die wilde diere wat uit die ark uitgekom het. Ek sal my verbond met julle hou: mens en dier sal nie weer deur vloedwaters uitgewis word nie. Daar sal nie weer ‘n oorstroming wees wat die aarde sal oorweldig nie.”

God gee ook vir Noag ‘n teken as waarborg dat Hy sy belofte sal hou:

Genesis 9:12-13 “Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, ‘n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld: My reënboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde.

Die Bybel verseker ons dat selfs die planete deur God se hand veilig gehou word:

Psalm 8:2,4 Here, ons Here, hoe wonderbaar is U Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het. As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U ’n plek gegee het , wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?

SELFSTUDIE: Gaan lees Job 36:26 tot Job 42:6 om te sien hoe wonderlik God sy skepping in sy hande hou. Skryf dan enige vers uit die gedeelte wat jou getref het voluit hier neer:

14

Page 15: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

WEEK NEGENTIEN

GOD DINK AAN DIE MENSDOM

In die heel eerste verse van die Bybel lees ons dat die Gees van God oor die waters van die aarde gesweef het. God se Gees was dus nog van altyd af daar. Sy Gees het in sommige mense kom bly en dan het hulle spesiale krag of vermoëns gekry. Maar God het belowe daar sal ‘n tyd kom wanneer sy Gees in alle mense sal kom bly.

BELOFTES IVM DIE HEILIGE GEES

Hier volg ‘n paar voorbeelde van die Gees van God wat in enkelinge gekom het:

Rigters 6:34 Die Gees van die Here het vir Gideon in besit geneem , en hy het die ramshoring geblaas en die Abiësriete opgeroep om hom te volg.

Rigters 14:5-6 By die wingerde van Timna het ’n jong leeu brullend op Simson afgestorm. Die Gees van die Here het vir Simson sterk gemaak en hy het die leeu kaalhand uitmekaar geskeur asof dit ‘n bokkie was.

1 Samuel 16:13 Samuel het die horing met olie gevat en hom voor sy broers gesalf. Die Gees van die Here het van daardie dag af kragtig in Dawid gewerk.

TOE BELOOF GOD DAT SY GEES NIE NET IN ENKELINGE SAL BLY NIE, MAAR IN ALLE MENSE:

Joël 2:28-29 Wanneer dit gebeur het, sal Ek My Gees laat kom op al die mense , julle seuns en julle dogters sal as profete optree, julle oumense sal drome droom, julle jong mans sal visioene sien. In daardie tyd sal Ek my Gees laat kom selfs op dié wat nie in aansien is nie .

15

Page 16: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

OPDRAG: Lees Handelinge 2:1-16

WEEK TWINTIG

GOD DINK AAN DIE MENSDOMHoe kan jy seker wees die Heilige Gees is ook in jou uitgestort? En wat sal alles met jou gebeur as jy die Heilige Gees ontvang?

NOG BELOFTES IVM DIE HEILIGE GEES

Voltooi die volgende:

Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot aan die uithoeke van die wêreld .

1 Korintiërs 12:3 niemand kan sê: " Jesus is die Here nie", behalwe deur die Heilige Gees .

1 Korintiërs 12:3 Daar is ‘n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is ‘n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is ‘n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.

16

Die belofte van God het reeds waar geword. Op Pinksterdag, tien dae nadat Jesus oopgevaar het hemel toe, is die Heilige

Gees op alle mense uitgestort.

Wanneer die Heilige Gees in jou is, kan jy nie anders as om van Jesus te getuig nie. Al is jy nie iemand wat maklik oor die Here praat nie, sal die Heilige Gees vir jou die krag (die moed)

daarvoor gee. Dan sal jy weet die Gees is in jou.

Aan elke gelowige word ‘n spesiale gawe gegee, soos gasvreidheid, praat in tale, Goddelike genesin. Wee jy al wat jou spesiale gawe is?

As jy glo dat Jesus die Here is en dat Hy vir jou sondes gesterf het, het jy die Heilige Gees in jou.

Page 17: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Galasiërs 5:22-26 Die vrug van die Gees is liefde , vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.

Hoe kan jy dubbeld seker maak dat jy wel die Heilige Gees ontvang het?

Lukas 11:13 Die Vader sal die Heilige Gees vir dié wat vra .

WEEK EEN EN TWINTIG

GOD DINK AAN DIE MENSDOMVan al die groot beloftes wat God in die Bybel aan die ganse mensdom gemaak het, is daar nog net een wat waar moet word.

BELOFTES IVM JESUS SE TERUGKEER AARDE TOE

Die dag toe Jesus opgevaar het hemel toe, het ‘n engel die volgende belofte aan Jesus se dissipels gemaak:

Handelinge 1:9-11 Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ‘n wolk het Hom weggeneem , sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.

Wat is die groot rede vir Jesus se terugkoms?

Johannes 14:3 En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem , sodat julle ook kan wees waar Ek is .

Dit het Jesus al meer as 2000 jaar gelede belowe. Hoekom vat Hy dan so lank om terug te kom? Gaan Hy ooit nog kom?

17

Die Heilige Gees verander ons ten geode sodat ons soos vrugtebome word wat aangename vrugte dra.

Page 18: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

2 Petrus 3:8-9 Vir die Here is een dag soos duisend jaar en duisend jaar soos een dag . Die Here stel nie die vervulling van Sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore moet gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer . Maar die dag van die Here sal so onverwags soos 'n dief kom.

Die dag wanneer Jesus terugkom, gaan daar iets baie erg met die Satan gebeur:

Openbaring 20:10 Die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swael gegooi .

WEEK 22 TOT WEEK 27EEN BYBELVERS PER WEEK

LEES IN DIE VOLGENDE PAAR WEKE PAULUS SE BRIEF AAN DIE ROMEINE IN DIE BYBEL EN KIES DAN EEN BYBELVERS PER WEEK WAT VIR JOU IETS BETEKEN HET. SKRYF DIE HELE VERS NEER. MISKIEN KRY JY LATER IN JOU LEWE GELEENTHEID OM VAN DIE VERSE MET IEMAND WAT DIT NODIG HET TE DEEL.

WEEK 22

WEEK 23

WEEK 24

18

Page 19: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

WEEK 25

WEEK 26

WEEK 27

WEEK AGT EN TWINTIG

GOD SE OOREENKOMS MET JOU

In al die gevalle doen God sy beloftes op grond van sy genade aan jou. Sonder dat jy dit hoef te verdien, maak God beloftes aan jou en kom Hy dit na. Maar daar is tye wanneer God jou aanmoedig om iets vir Hom te doen en dan belowe Hy om jou daarvoor te ‘beloon.’ Kom ons kyk na na die beloftes.

AS JY JOU SONDE BELY

Voltooi:

1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely , Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

Jesaja 1:18-20 Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak , sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu . Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. As julle gehoorsaam wil wees, sal julle die goeie van die land eet , maar as julle weier en opstandig bly, sal die swaard julle eet, want dit is die Here wat dit gesê het.

Hosea 14:2-5 Keer terug na die Here jou God, Israel, want jy het geval deur jou sonde. Bely jou sonde en kom terug na die Here toe. Sê vir Hom:

19

Page 20: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Vergewe tog al ons sonde en neem ons belydenis aan. Ek sal hulle ontrou genees . Ek sal hulle van harte liefhê.Jesaja 2:12-14 Skeur julle harte , nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Hy is bereid om straf te herroep .Jeremia 3:14 Kom terug, kinders wat afgedwaal het, sê die Here. Ek maak julle my eiendom .

WEEK NEGE EN TWINTIG

GOD SE OOREENKOMS MET JOUGod moedig jou aan om net soos Hy ook om te gee vir mense in nood. Daarom maak Hy ook sekere beloftes aan jou as jy vir mense wys dat jy omgee.

AS JY OMGEE VIR MENSE

Lees Jesaja 58:6-12 en Voltooi:

God wil hê dat jy vir iemand wat honger is . As jy iemand sonder klere sien, moet jy vir hom . As jy sorg dat mense nie meer verdruk word nie en ook nie vals , as jy voorsien in mense se behoeftes, sal God die volgende wonderlike dinge vir jou doen:

Vertel in jou eie woorde wat God vir jou belowe as jy vir ander mense doen wat jy hierbo gelees en ingevul het:

20

Mense is soms geneig om jou te verwyt as jy jammer is oor iets wat jy gedoen het en jy erken dat jy verkeerd was en vra

hulle vergifnis. Met God is dit anders. Hy belowe sy volle vergifnis as jy met berou terugkom na Hom toe.

Page 21: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Jesus sê dit is nie nodig dat mense moet weet wat jy alles vir mense in nood doen nie. Maar Jesus belowe wel vir jou iets as jy ander help. Wat belowe Hy vir jou? (Lees Matteus 6:1-4)

Wat sal God vir jou doen as jy so veel vir mense omgee dat jy hulle vergewe vir wat hulle aan jou gedoen het? (Lees Matteus 6:14):

WEEK DERTIG

GOD SE OOREENKOMS MET JOU

As jy gehoorsaam is aan God

Voltooi:

Eksodus 19:6 As julle My gehoorsaam en julle aan My verbond hou, sal julle uit al die volke My eiendom wees, 'n koninkryk wat My as priesters dien, en 'n gewyde nasie. Die hele aarde behoort immers aan My.Jeremia 7:7 As julle aan My gehoorsaam is, sal Ek julle in hierdie plek laat bly , in hierdie land wat Ek vir altyd aan julle voorvaders gegee het.

Jeremia 7:21-24 wat Ek beveel het, is: Julle moet My gehoorsaam. Dan sal Ek julle God wees en julle sal My volk wees. Maar julle moet leef soos Ek julle beveel sodat dit met julle goed kan gaan .

Jeremia 29:13 Dan sal julle My aanroep , tot My bid , en Ek sal julle gebede verhoor . Julle sal vra na My wil en julle sal dan My wil ken as julle met julle hele hart daarna vra .

21

Page 22: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Openbaring 2:26 Aan elkeen wat die oorwinning behaal en tot die einde toe volhou om te doen wat Ek wil hê, sal Ek mag en gesag oor die nasies gee.

Eksodus 15:25-26 Julle moet goed luister na wat Ek, die Here julle God, sê! Julle moet doen wat reg is in My oë, gehoor gee aan My gebooie en alles doen wat Ek vir julle voorskryf. Dan sal Ek geeneen van die siektes waarmee Ek Egipte getref het, oor julle bring nie, want dit is Ek, die Here, wat julle gesond hou.”

Die Here moedig ons aan om gehoorsaam aan Hom te bly en Hy belowe ook sekere ekstra belonings aan ons as ons wel

gehoorsaam bly.

WEEK EEN EN DERTIG

GOD SE OOREENKOMS MET JOUDie Bybel sê God is liefde. Die Bybel sê ook dat God jou liefhet en jou nooit in die steek sal laat nie. Inteendeel die bekende teks in Johannes 3:16 sê die Bybel vir jou dat God jou so liefhet dat Hy sy enigste Seun (Jesus Christus) gegee het sodat jy gered kan word. Dan is dit seker te verstane dat God daarvan sal hou as jy Hom ook terug liefhet.

As jy God liefhet en Hom vertrouVoltooi:

Eksodus 20:6 Ek betoon My liefde tot aan die duisendste geslag van die wat My liefhet en My gebooie gehoorsaam.

Psalm 91:14-16 Omdat hy My liefhet , sal Ek hom red, sê die Here, omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.

22

DINK NA OOR JOU LEWE. KYK OF DAAR NIE DALK DINGE IN JOU LEWE IS WAARIN JY GEREELD ONGEHOORSAAM AAN GOD IS NIE. VRA HOM VIR SY VERGIFNIS, BID HOM OM JOU KRAG EN

GENADE TE GEE SODAT JY VOLUIT GEHOORSAAM AAN HOM KAN WORD.

Page 23: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Ps 91.15-16 Wanneer hy My aanroep , sal Ek sy ; in sy nood sal Ek by hom wees , Ek sal hom red en hom in sy eer herstel. ‘n Baie lang lewe sal Ek hom gee en oor My hulp sal hy hom verbly.Johannes 14:22-23 As iemand My liefhet , sal hy na My woorde ter harte neem; en My Vader sal hom liefhê, Ons sal na hom toe kom en by hom woon ."

Jeremia 39:16-18 Maar daardie dag sal Ek jou red , sê die Here, en jy sal nie uitgelewer word aan die mense vir wie jy bang is nie. Ek sal jou laat ontkom, jy sal nie in die oorlog sneuwel nie. Omdat jy op My vertrou het , sal jy ontsnap , al sal jy net met jou lewe daarvan afkom, sê die Here.

Openbaring 2:10-12 Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie. Kyk, die duiwel gaan party van julle in die tronk laat gooi sodat julle in beproewing sal kom, en julle sal tien dae lank baie swaar kry. Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal die lewe as kroon gee .

Skryf nou in jou eie woorde hoe lief het jy vir God:

WEEK TWEE EN DERTIG

GOD SE OOREENKOMS MET JOU

As jy enduit gelowig blyWanneer jy jou hart vir die Here oopmaak en tot geloof kom, help God jou daagliks om in daardie geloof te kan volhard. Daar is ‘n beloning vir elkeen wat enduit glo.

Kom ons kry net eers ‘n definisie van wat dit is om te glo:

Hebreërs 11:1-2 Om te glo, is om seker te wees van dinge wat ons hoop , om oortuig te wees van dinge wat ons nie sien nie. Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is.

Lees nou Hebreërs 11:1-40 en sê dan kortliks wat elkeen van die volgende persone se beloning vir hulle geloof was:

23

Ek het die Here my God so lief dat ek:

Page 24: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Abel

Henog:

Noag

Abraham

Moses

Simson

Dawid

Nog ‘n paar beloftes van God vir elkeen wat gelowig bly:

Matteus 21:22 As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.

Matteus 10:18-23 Julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word. Maar wie tot die einde toe volhard , sal gered word.

WEEK DRIE EN DERTIG

MY BELOFTES AAN GODDaar is ook ‘n ander aspek van beloftes in die Bybel, naamlik die beloftes wat ek aan God maak. In die volgende paar lesse kan jy gerus dink aan die beloftes wat jy dalk al reeds aan God gemaak het. Vra jouself af of jy die beloftes getrou nakom.

MY OOREENKOMS MET GOD

Kom ons kyk na ‘n paar interessante persoonlike beloftes wat mense in die Bybel aan God gemaak het as God hulle met die een of ander probleem sou help:

24

Page 25: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Voltooi:

Genesis 28:19-22 Jakob het toe ’n gelofte afgelê en gesê: “As U, o God, by my is en my beskerm op my reis en vir my kos en klere gee, sodat ek behoue terugkom by my ouerhuis, sal U, Here, my God wees . Hierdie klippilaar wat ek regop gesit het, sal ’n tempel wees, en van alles wat U my gee, sal ek vir U ’n tiende gee .”

Numirie 21:2-3 Israel het ‘n gelofte aan die Here gedoen: “As U hierdie volk en hulle stede in ons mag gee , sal ons hulle stede as banoffers . Die Here het die gebed verhoor en die Kanaäniete in Israel se mag oorgegee.

1 Samuel 1:11 Sy het 'n gelofte afgelê en gesê: "Here, Almagtige, as U tog op my ellende wou let en aan my , u dienares, wou dink en my nie vergeet nie en aan my 'n seun ge , sal ek hom sy lewe lank aan U gee , en as teken daarvan sal sy hare nie gesny word nie."

Psalm 61:6-9 U, o God, hoor my geloftes, U vervul die wens van hulle wat u Naam eer. Laat die koning lank lewe , laat sy lewensjare oor geslagte strek. Mag hy sy lewe lank regeer voor God, mag u liefde en trou hom bewaar ! Dan sal ek u Naam altyd besing en dag na dag my g eloftes betaal.

KAN JY ONTHOU VAN ENIGE BELOFTES WAT JY AL AAN GOD GEMAAK HET? SKRYF EEN DAARVAN HIER ONDER NEER:

WEEK VIER EN DERTIG

MY BELOFTES AAN GODWanneer mens in die moeilikheid is, maak jy soms maklik ‘n belofte aan God. Die Bybel sê jy moet mooi dink voor jy so ‘n belofte maak en jy moet die beloftes nakom.

ONTHOU OM JOU BELOFTES AAN GOD NA TE KOM

25

Page 26: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Numeri 30:1-2 Dit is wat die Here beveel het: As iemand aan die Here 'n gelofte doen of met 'n eed 'n verpligting op hom neem , mag hy sy woord nie breek nie , hy moet hom aan alles hou wat hy beloof het.

Prediker 5:3-5 As jy aan God 'n gelofte gedoen het, moet jy nie versuim om dit te betaal nie. Hy hou nie van ligsinnige mense nie. Wat jy beloof het, moet jy betaal. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie .

Psalm 56:13-14 Ek moet my geloftes aan U nakom , o God, ek wil U met dankoffers betaal, want U het my van die dood gered, my voet nie laat struikel nie, en met God by my kon ek my pad aanhou loop en die lewenslig bly sien.

Psalm 66:13-14 Ek sal U huis betree met brandoffers en aan U die geloftes betaal wat ek gedoen het, wat ek afgelê het toe ek in nood was .

Ons moet ons beloftes voluit nakom en nie afskeep vir die Here ons God nie:

Levitikus 22:20-22 Geen dier wat ’n liggaamlike tekortkoming het, mag geoffer word nie, want die Here sal dit nie van julle aanneem nie. Wanneer iemand ’n maaltydoffer aan die Here bring om ’n gelofte na te kom of as ’n vrywillige offer, is ’n bees of ’n stuk kleinvee sonder liggaamsgebrek aanneemlik. Die dier mag nie enige liggaamlike tekortkominge hê nie: dit mag nie blind wees of ’n afpoot hê of ’n seerplek of vratjies of brandsiek of enige velkwaal nie.

WAT DINK JY KAN ‘N MENS DOEN AS JY BESEF DAT JY ‘N BELOFTE AAN GOD GEDOEN HET, MAAR DIT NIE NAGEKOM HET NIE.

WEEK VYF EN DERTIG

MY BELOFTES AAN GOD

26

Page 27: algoagemeenskapskerk.files.wordpress.com€¦ · Web viewDie Bybel beskryf van begin tot einde wie God is, wat Hy alles gedoen het en hoe dit wat Hy doen vir my en jou raak. Alles

Die Here jou God het jou baie lief, so lief dat Hy elke oomblik aan jou dink en jou in elke omstandigheid sal uithelp.

27