€¦  · web viewdie graad 8-leerders moet asseblief om 7h00 – 14h20 op 15 januarie 2020 by...

4
22 Oktober 2019 Beste ouer en voornemende Waggie Baie welkom by Hoërskool Brandwag! Ons glo dat u kind baie gelukkig hier by ons sal wees. Ons glo en vertrou dat u en u kind gou tuis en welkom sal voel in ons midde. Aangesien die jaar op ‘n besige noot afskop, gee ons graag ‘n paar reëlings vir u deur: 1. Graad 8 Kamp : Wanneer: 17 – 19 Januarie 2020 Waar: Paradeisos Vervoer: Skool verskaf busvervoer Kostes: R850 per leerder Etes: Ingesluit Benodighede: Deel van dokumentasie in lêer Die kampgelde moet asseblief ten volle betaal wees op die laatste 15 Januarie 2020. Leerders sal meer inligting ontvang sodra die skool begin. Toestemmingsbriewe moet op 15 Januarie 2020 aan die skool terugbesorg word. Let asseblief op dat daar TWEE toestemmingsbriewe en ‘n mediese dokument is wat deur u voltooi moet word. Heg asseblief ook ‘n afskrif van u identiteitsdokument, leerder se geboortesertifikaat en mediesefondskaart aan. Ouers word ook hartlik uitgenooi om Sondag 19 Januarie 2020 by ons aan te sluit op die kampgronde vir ‘n kerkdiens saam met u kind.

Upload: others

Post on 27-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

22 Oktober 2019

Beste ouer en voornemende Waggie

Baie welkom by Hoërskool Brandwag! Ons glo dat u kind baie gelukkig hier by ons sal wees. Ons glo en vertrou dat u en u kind gou tuis en welkom sal voel in ons midde.

Aangesien die jaar op ‘n besige noot afskop, gee ons graag ‘n paar reëlings vir u deur:

1. Graad 8 Kamp :

Wanneer: 17 – 19 Januarie 2020

Waar: Paradeisos

Vervoer: Skool verskaf busvervoer

Kostes: R850 per leerder

Etes: Ingesluit

Benodighede: Deel van dokumentasie in lêer

Die kampgelde moet asseblief ten volle betaal wees op die laatste 15 Januarie 2020. Leerders sal meer inligting ontvang sodra die skool begin. Toestemmingsbriewe moet op 15 Januarie 2020 aan die skool terugbesorg word. Let asseblief op dat daar TWEE toestemmingsbriewe en ‘n mediese dokument is wat deur u voltooi moet word. Heg asseblief ook ‘n afskrif van u identiteitsdokument, leerder se geboortesertifikaat en mediesefondskaart aan.

Ouers word ook hartlik uitgenooi om Sondag 19 Januarie 2020 by ons aan te sluit op die kampgronde vir ‘n kerkdiens saam met u kind. Ongelukkig sal hierdie ‘n verdere uitgawe van R30 per persoon beloop. Indien u sou belang stel, moet u dit net so vir ons aandui op die skeurstrokie.

2. Eerste dag:

Die graad 8-leerders moet asseblief om 7h00 – 14h20 op 15 Januarie 2020 by Brandwag aanmeld waar die VLR die leerders sal ontmoet en verdere reëlings met hulle sal tref in verband met die inburgeringproses en belangrike datums. Die leerders word versoek om in volledige somerskooldrag by die skool te wees. Let asseblief op dat die leerders ook ‘n skoolbaadjie moet dra saam met hulle eerste dag se skoolklere. Die skoolklere kan aangeskaf word by Ekspa of Rynfield Drapers. Ons klerebank het goeie klere en ouers wat belangstel om daarvan gebruik te maak teen ‘n baie billike tarief, is meer as welkom.

3. Skoolgelde :

Die voorlopige skoolfonds vir 2020 is as volg:

R19 250 vir die eerste en tweede leerder (per leerder) R9 900 vir die derde leerder (hierdie leerders kwalifiseer nie vir meriete nie) R5 500 vir die vierde leerder (hierdie leerders kwalifiseer nie vir meriete nie)

*betaalbaar oor 11 maande teen die derde van elke maand

Indien u die totale (jaarlikse bedrag) voor 28 Februarie 2020 vereffen, ontvang u ‘n 5% korting op die uitstaande bedrag na meriete toegestaan is. Aansoek vir meriete sluit 24 Januarie 2020. Aansoeke sal nie oorweeg word indien die nodige bewyse nie aangeheg is nie. Laat aansoeke sal gepenaliseer word. Subsidie-aansoeke sluit 28 Februarie 2020.

Neem asseblief kennis dat alle kampe en toere nie by die skoolfonds ingesluit is nie en dus addisioneel betaalbaar is. Alle skrifte en skryfbehoeftes moet self deur die ouers aangekoop word. Die lys van benodighede is hierby aangeheg. Slegs die handboeke wat op u benodigthedelys aangedui word moet aangekoop word. Skooldagboekie waarin huiswerk aangeteken moet word, is verpligtend vir alle leerders en sal op eerte skooldag aan leerders uitgedeel word.

‘n Ondersteuningshemp wat leerders dra met geleenthede word teen R180 deur die skool verskaf.

4. Wagsport :

Interne Wagsport sal op 16 Januarie 2020 tydens skoolure plaasvind. Hierdie sal dan ook dien as uitdunne vir die atletiekspan. Ons versoek dat die leerders na die Wagsport nie dadelik huis toe sal gaan nie, omdat dit die graad 8’s se verantwoordelikheid is om die terrein weer op te ruim. Die VLR sal verdere reëlings met die betrokke leerders tref. Ons versoek ook net dat die leerders nie sal vergeet om genoeg water, sonroom en ‘n hoed te dra nie. Die leerders moet gemaklik aangetrek wees met die nodige sporttoerusting vir die betrokke item. Tydens die Wagsport moet die leerders spandrag dra wat bestaan uit die huis waaraan hulle behoort se kleure. Dit is op hierdie stadium nog nie nodig om atletiek- drag aan te skaf tot u kind span gehaal het nie. Moedig asseblief u kind aan om deel te neem aan alle bedrywighede sodat dit hulle vinniger kan inburger in Brandwag se kultuur.

5. Mentor

Teen die tyd moes u kind se VLR-mentor al met hom of haar kontak gemaak het. Indien nie, kontak asseblief die skool en maak seker dat ons die regte inligting van u en u kind het.

6. D6 Communicator

Brandwag gebruik die D6 Communicator om inligting aan ons ouers deur te gee. Die inligting op hierdie stelsel word daaglik geplaas en sal u op hoogte hou van enige nuus wat by die skool gebeur. Laai dit gerus op u foon of rekenaar af.

7. Klokseremonie

In 2018 het Brandwag met ‘n nuwe tradisie begin waar ons graad 8-leerders na inburgering die skool se klok lui as simbool van die begin van hulle Hoërskoolloopbaan. Die ouers word hartlik genooi om hierdie seremonie by te woon wat plaasvind op 31 Januarie 2020 om 8h00.

8. Musieksentrum

Die skool het ‘n musieksentrum indien u sou belangstel om u kind deel te maak van hierdie oulike sentrum. Die kontakpersone is Mariette Scheepers (Klavier, blokfluit, klarinet en klassieke kitaar – 083 309 7214), Leonie Kirsten (Klavier, klawerbord en fluit – 078 523 8020) en John Skinner (Snaar instrumente, viool, tjello en harp – 072 761 5180/082 607 1029). Kontak hulle gerus vir enige verdere inligting.

Ons sien daarna uit dat u by ons Waggie-familie sal aansluit. Indien u enige navrae,het kan u gerus die skool tydens kantoorure kontak by (011) 849 8911.

Brandwaggroete;