rsgbybeldramas.co.za/aflaai/verhoogdramas/ek_sal_self_cope.… · web viewdis net tralies en...

49
"EK SAL SELF COPE…" ‘n Gesinsdrama deur Joey van Niekerk ROLVERDELING: Oupa Gerhardus: 'n Waardige, wyse, afgetrede boer (60+ jaar oud) – Kan nie vrede maak met die lewe by sy kinders in die stad nie. …………………………………………………………………… Ouma Griet: 'n Moederlike ouma en oud-onderwyseres (± 60 jaar) – Verskeurd tussen verskillende lojaliteite. ……………………………………………………………………. Pa Gert: 'n Man van 40-45 jaar - Skielik gekonfronteer met 'n situasie en in 'n rol wat hy moeilik vind om te hanteer. ……………………………………………………………………. Ma Jo-Anne: Gert se vrou, 38-40 jaar oud - Moet onvoorbereid leiding neem in 'n manswêreld wat vir haar totaal vreemd is. …………………………………………………………………….. Lindie: 'n Koppige en emosionele dogter van 14-15 jaar wat worstel met haar eie tienerprobleme in ‘n disfunksionele gesin. ……………………………………………………………………… Marnus: ‘n Seun van 17 jaar. Ernstig, intelligend. Wil nie emosie wys nie, 1

Upload: others

Post on 27-Apr-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

"EK SAL SELF COPE…"

‘n Gesinsdrama

deur

Joey van Niekerk

ROLVERDELING:

Oupa Gerhardus: 'n Waardige, wyse, afgetrede boer (60+ jaar oud) – Kan nie vrede maak met die lewe by sy kinders in die stad nie.……………………………………………………………………

Ouma Griet: 'n Moederlike ouma en oud-onderwyseres (± 60 jaar) – Verskeurd tussen verskillende lojaliteite.…………………………………………………………………….

Pa Gert: 'n Man van 40-45 jaar - Skielik gekonfronteer met 'n situasie en in 'n rol wat hy moeilik vind om te hanteer.…………………………………………………………………….

Ma Jo-Anne: Gert se vrou, 38-40 jaar oud - Moet onvoorbereid leiding neem in 'n manswêreld wat vir haar totaal vreemd is. ……………………………………………………………………..

Lindie: 'n Koppige en emosionele dogter van 14-15 jaar wat worstel met haar eie tienerprobleme in ‘n disfunksionele gesin.………………………………………………………………………

Marnus: ‘n Seun van 17 jaar. Ernstig, intelligend. Wil nie emosie wys nie, maar bekommerd oor, en intens betrokke by sy rebelse jonger suster.

Twee rowers: Praat in swak “uitlandse” Engels. Met balaklawas vermom.

Kopiereg voorbehou: Opvoerregte: Hierdie drama mag J.G. van Niekerk alleen opgevoer word met die toe- Knysnalaan 299, stemming van DALRO, Posbus 31627, SINOVILLE, 0182 Braamfontein, 2017. Fax: 011-4049094

E-pos” [email protected]: (011) 712-8301

1

Page 2: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

TONEEL 1

Plek: Speelvlak 1: Die oopplan woonkamer-kombuis van 'n huis in 'n voorstedelike woonbuurt. Die woonkamergedeelte is prominent op die voorgrond. Van die kombuis-gedeelte kan net die kas met werksblad gesien word waaragter en waarop Ouma soms doenig raak, terwyl sy tog nog met die mense in die woonkamer kan gesels. Twee deure is nodig: een binnedeur wat na die res van die huis lei en een (onsigbare) buitedeur tussen die spelers en die gehoor.Speelvlak 2: Lindie se slaapkamer met ‘n bedjie (divan) daarin.

Dekor: Op vlak 1: ‘n Tafel met ‘n paar stoele in die woonkamergedeelte (middel van verhoog.) Op die tafel doen Marnus sy huiswerk, tee kan daar bedien word, goed kan daarop neergesit word, ens. Ten minste twee gemakstoele weg van tafel af is ook noodsaaklik. Meubels moet toon dat hulle welgesteld is, maar dis ‘n woon- en werkkamer wat nie weelderig hoef te wees nie. Op vlak 2: Net ‘n enkelbed is noodsaaklik. Gebruik die minimum dekor.

Tyd: Ongeveer 3 uur die middag. Byklanke in agtergrond dus hoofsaaklik stadsverkeer, voëls, soms 'n geblaf van 'n hond of twee en soms dalk kinderstemme (verweg)..

OUPA SIT EN KOERANT LEES, NABY OUMA WAT IN DIE KOMBUISDEEL DOENIG IS WAAR SY OOR DIE WERKSBLAD SIGBAAR IS VIR DIE GEHOOR.

1. OUPA: Vrou, ek dink ons het 'n fout gemaak om die plaas te verhuur en by die kinders te kom bly. Ek wil teruggaan plaas toe. Hier sal ek my Heiland kwytraak.

2. OUMA: Ons kan nie nou teruggaan nie, Gerhardus. Jy't kontrak geteken toe jy die plaas verhuur het. Buitendien, die kinders het ons nodig – veral omdat Jo-Anne deesdae ook so laat moet werk. Ons moet 'n ogie oor die huishouding en die drie kinders hou.

3. OUPA: Kosmaak en kinders rondkarwei, ja. Maar dis sover dit strek. Jy sien mos ons maak nie hond haaraf met Lindie se opvoeding nie. Marnus is nie ‘n moeilike kind nie, maar Lindie? Jy kry haar met moeite by haar boeke. Sy lê net heeldat in haar kamer en televisie kyk of sit ure met haar selfoon en speel. Dis ‘n ongesonder toedrag van sake.

OUMA KOM UIT DIE KOMBUISDEEL UIT MET ‘N SKINKBORDJIE MET TWEE KOPPIES DAAROP. SY GEE VIR OUPA SY DRINKGOED EN GAAN SIT. HULLE DRINK SO TUSSENDEUR.

4. OUMA: Ja. Kinders het oefening nodig. Al oefening wat hierdie twee kry, is om tussen die televisie en die yskas te beweeg. Marnus sit darem nog by sy boeke. Maar altwee sit net die heeldag.

2

Page 3: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. OUPA: Marnus swem darem af en toe, maar die naaste wat Lindie aan die swembad kom, is om haar naaktheid met twee lappies te bedek en die jongetjies toe te laat om haar lyf met olie te besmeer.

2. OUMA: Ek is ook bekommerd oor daardie sonêery en oliesmeerdery.Haar ma sal met haar moet praat. Sy luister tog nie vir ons nie.

3. OUPA: Juistemis. Jy sien mos ons is oorbodig hier. Kom ons trek terug, Vrou.

4. OUMA: (BESLIS) Ons kan nie vir Jo-Anne in die steek laat nie, Gerhardus!

HY STAAN OP EN PRAAT.

5. OUPA: (VERERG) Maar watse ge-Jo-Anne is dit met jou? Is Johanna of Hannetjie nie meer goed genoeg nie? Skielik het ons dogter te opstêrs geraak vir haar ordentlike Boerenaam. Nou sterk jy haar nog in haar kwaad.

6. OUMA: Dis nie skielik nie, Gerhardus. Sy word al Jo-Anne genoem vandat sy universiteit toe gegaan het. Dis al baie jare

7. OUPA: (BESLIS) Griet, ek is moeg vir die hele spul. Ek gaan terug plaas toe – al gaan woon ek alleen in die voormanshuis tot die kontrak verval het. Sal die plek gou kan opknap.

8. OUMA: Gerhardus, jy weet tog hoekom ons hierheen verhuis het. (MET KLEM) Dit het te gevaarlik geword op die plaas. Die moord op Hermaans en Betta was maar net die laaste strooi.

9. OUPA: Gevaarlik se voet! HY BEWEEG NA VORE, PRAAT MET DIE GEHOOR OOK. (SNORK MINAGTEND.) Hier is ek in 'n tronk! Ek wil nie so ingeperk leef nie. My keel word toegedruk hier. Voel of ek wurg. (WYS)Dis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk.Dit wys mos dis hier gevaarliker as op die plaas.

10. OUMA: Dié dinge is nodig vir ons veiligheid, my man.

11. OUPA: (KOPPIG) Bog! Al daai slimpraatjies was net 'n slenter van die kinders om ons hier te kry sodat Johanna kon gaan werk. En waarvoor werk sy? Vir nog meer weelde! Stap deur hierdie huis en erf [WYS OM HOM] en maak jou oë oop. Kyk na al die weelde. Dink jy rêrig dis nodig dat sy moet werk en dat ons hier in 'n tronk moet leef?

12. OUMA: Hulle lewe in 'n ander wêreld as ons, Gerhardus. In hierdie stadswêreld moet jy bybly, anders sien ander op jou neer.

3

Page 4: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

'N DEUR GAAN OOP EN KLAP HARD TOE. VOETSTAPPE KOM DRIFTIG NADER. GERT KOM VAN DIE GEHOOR SE KANT AF BY ‘N (ONSIGBARE) DEUR BINNE. HY LYK ONTSTELD.

1. OUMA: O, Gert? Jy's vroeg vandag. Is jy siek?

2. GERT: Nee, Ma. Net keelvol. HY WYS NA SY KEEL. Vol tot hiertoe!Toe vat ek my goed en ek LOOP!

3. OUMA: (ONTSTELD) By die werk? Het jy jou werk gelos?

4. GERT: (ONGEDULDIG) Ja, Ma. Gequit, gedros, uitgechicken. Noem dit wat Ma wil. Maar moenie panic nie. Ek sal nie op julle nekke lê nie. Sal 'n plan maak.

5. OUPA: (KALMEREND) Ou seun, wag … wag. (STAAN OP EN BEWEEG NADER AAN GERT.) Ek weet jy moet 'n rede hê vir so 'n drastiese stap. Maar het jy goed gedink?

6. GERT: Pa, die “CEO” het vandag die verhogings aangekondig. Ek bly sit in die pos waarin ek nou al vier jaar sit. Maar my 'liewe vrou', Jo-Anne, is vandag in 'n pos bo my aangestel. En sy weet eintlik nog niks! (AFGEMETE) Alles wat sy van daardie afdeling in Shuter en Simmons weet, het EK haar die afgelope jaar geleer!

7. OUPA: Maar my kind, as jy haar self opgelei het, kan sy mos nie niks weet nie? En moenie vergeet nie: sy's 'n slimkop. Was dit nog altyd.

8. GERT: (VERONTWAARDIG) Sy't geen ervaring nie, Pa. Sy ken nog net die basiese dinge. Die moeilike take en probleme het ons, wat langer daar werk, self hanteer. (OORGANG. NADENKEND, SAGTER): Het gedink ek doen die regte ding. Ek wou haar beskerm. Nou word sy vir die wolwe gegooi. (MET KLEM) Daar's g'n manier waarop sy kan 'cope' nie, Pa, geen manier nie!

9. OUPA: Maar hoe het dit gebeur, Gert?

MOTOR WAT STILHOU. MOTORDEUR KLAP TOE. VAN BUITE AF (REGS) KOM JO-ANNE, NETJIES UITGEVAT, MOTORSLEUTELS IN DIE HAND, VINNIG NADER GESTAP.

10. GERT: Die kwotastelsel, Pa. Daar moet vanjaar 10% vroue in seniorposte in die maatskappy wees. Volgende jaar nog meer. (OORGANG)

(BITTER) Die vernedering! My onervare vrou - my baas!

4

Page 5: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. OUPA: (VERONTWAARDIG) Tel 'n man se jare van ervaring en lojale diens dan niks meer nie?

JO-ANNE KOM BY DIESELFDE “VOORDEUR” AS GERT IN.

2. JO-ANNE: (FERM, BEVELEND) Gert, kom klim in die kar. Dadelik. Ons gaan terug werk toe.

MOTORSLEUTELS KLINGEL AS SY DIE SLEUTELS SKUD.

3. GERT: Jy kan maar teruggaan, (SARKASTIES) liefste vroutjie. Ek werk nie meer by Shuter en Simmons nie. (OORGANG) En terloops: by die werk kan jy bevele gee, maar hier in MY huis is EK baas! (AFGEMETE) Jy praat nie weer so met my nie!

4. JO-ANNE: (PLEITEND) Jy kan jou werk nie net so los nie, Gert. Ons het die geld nodig. En EK het JOU nodig. Bitter nodig. Jy weet dit self. Ek sal nie die mas sonder jou opkom nie.

5. GERT: (KORTAF): Gaan sê dit vir die “CEO” en die “MD” . Dis hulle wat jou, wat boggherol weet, bo my aangestel het. Ek laat my nie so rondneuk nie.

6. JO-ANNE: (PLEITEND): Jy's kwaad, my man. En ek verstaan dit heeltemal. Maar Jules het gesien hoe jy daar uitgestorm het. Dis nie goed nie. Kom asseblief terug, my man. (POUSE) Jules het vir my gesê hulle het gedink jy sal dit kan hanteer, want jy's 'n sterk man en sal verstaan dat dit alles net interne politiek is. Niks persoonliks nie. Jou salaris is tog ook verhoog en is in elk geval steeds hoër as myne.

7. GERT: (SARKASTIES) Jules, né? Sommer klaar op intieme vlak. Nog nie eers amptelik in jou nuwe pos nie, toe skinder julle al saam oor jou wash-out van 'n man wat nie eers 'n nok kan vat nie. Spaar jou asem, Vrou.

(AFGEMETE) Ek gaan nie terug nie. Nou minder as ooit!

8. JO-ANNE: (ONTHUTS) Wat gaan met jou aan, Gert? Niemand het van jou geskinder nie. En jy noem Jules óók op sy naam. Waarom mag ek dit nie doen nie. Ek is immers nou ook in 'n bestuurspos.

9. GERT: (BITTER, AFGEMETE): Twintig jaar van my lewe het ek aan Shuter en Simmons gewy. En al wat ek nou daarvoor kry, is stank vir dank.

10. JO-ANNE: As jy my alleen daar los, gooi jy my vir die wolwe, my man.

11. GERT: Jy is klaar in die wolf se kake, Jo-Anne. Jules is 'n wolf in skaapsklere. Daardie man soek jou lyf, my vrou.

5

Page 6: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. JO-ANNE: (GESKOK) Wat? Is jy stapelgek?

2. GERT: (SINIES) Moenie vir my sê jy't nie gesien hoe Casanova na jou kyk nie. Jy moet ligloop, Vrou. Hy's 'n rokjagter.

3. JO-ANNE: (VERONTWAARDIG) Jy's net jaloers, Gert, rasend jaloers. Jy hoop seker ek sal bedank en jy sal dan MY pos kry. (POUSE) Wel, ek het nuus vir jou, my man. Ek gaan nie bedank nie. Ek het nie verniet jare lank gestudeer nie. My kinders is groot genoeg om sonder my klaar te kom. As ander vrouens ministers en hoofde van departemente en leiers van politieke partye kan wees, kan ek ook by die werk leiding neem.

4. GERT: (SARKASTIES) Ongetwyfeld. Die supervroue van vandag kan alles doen. Dis waarom dié Amazones nie meer rokke dra nie, soos skoorstene rook en motor bestuur asof die hele pad net aan hulle behoort.

5. JO-ANNE: (DRIFTIG) Jy's onredelik, jaloers en kleinlik. Jy kan dit nie soos 'n man vat dat jou 'dom', onderdanige vroutjie wat haar jarelank by die huis vir man en kinders afgesloof het, nou 'n hoër pos as jy het nie.

6. GERT: (KORTAF) Dink wat jy wil.

7. OUPA: (VERWARD. VERSTOM) Wat gaan tog aan? Hoe kon hulle so-iets doen?

8. GERT: (SINIES) Hulle dink seker maar sy het die potensiaal, Pa,. Mense word mos deesdae op potensiaal aangestel. Kennis en kundigheid en ervaring en lojaliteit maak nie meer saak nie.

9. JO-ANNE: Die toetse wat hulle gedoen het voordat hulle my aangestel het, het gewys dat ek intelligent en ondernemend is - en 'n finisher wat nie tou opgooi nie. Ek was dit nog altyd.

10. GERT: (KORTAF) Toemaar, ons praat oor 'n paar maande weer.

11. JO-ANNE: (KWAAD) Jy's net jaloers, Gert du Toit. Ek sal jou wys: ek het jou nie nodig nie. Ek het NIEMAND nodig nie… Ek sal self cope … (DRIFTIG) Totsiens!

SY STAP DRIFTIG WEG. DIE DEUR KLAP HARD TOE. SY STAP VOOR DIE GEHOOR VERBY EN AF. ‘N MOTORDEUR KLAP OOK HARD TOE EN ‘N MOTOR TREK MET SKREEUENDE BANDE WEG.

6

Page 7: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

TONEEL 2

LINDIE KOM BY DIE BINNEDEUR IN. SY LYK ONTSTELD EN VERWARD.

1. LINDIE: Wat gaan hier aan, Pa? Het ek Ma se stem gehoor? Wie ry daar? (POUSE) En wat lyk julle almal so gestres?

2. GERT: Ja, dit was jou ma. Maar sy is weer terug werk toe.

3. LINDIE: Maar wat maak Pa by die huis? Dis nog nie eers vieruur nie. Pa en Ma is nooit voor ses of sewe-uur by die huis nie.

4. GERT: Ek gaan bedank, my kind. En jou ma is kwaad daaroor.

5. LINDIE: (ONTSTELD): Bedank? Pa se werk quit? Waar gaan ons dan geld kry om van te leef?

6. GERT: Ek sal 'n ander werk kry, my kind.

7. LINDIE: (EMOSIONEEL): Moenie bedank nie, Pa, asseblief nie! Miranda se pa het ook sy werk verloor. Hy kon nie 'n ander werk kry nie. Nou moet hulle hul huis verkoop.(MET 'N TIKKIE HISTERIE) Netnou sit ONS ook sonder 'n huis, Pa!

8. GERT: (PAAIEND) Dit sal nie gebeur nie, my kind. Miranda se pa het in die staatsdiens gewerk en is ge-retrench. Dis anders met my.

9. LINDIE: (BAIE EMOSIONEEL): Miranda se pa is 'n ingenieur, Pa. Maar hy soek al byna 'n jaar na werk! Nou verloor hulle hulle huis, Pa. Sy't my dit net gister vertel. Miranda huil die hele tyd.

10. GERT: Kalmeer, Lindie. Jy sien spoke wat nie bestaan nie, my kind. Ek skep werk as ek nie werk kry nie en word ek my eie baas. Moes dit lankal gedoen het.

11. OUMA: LindIe is reg, Gert. Die hele wêreld se ekonomie is opgemors. Moenie jou veilige werk nou los nie.

12. LINDIE: (ANGSTIG) Hulle weet nie eers waar hulle nou sal gaan bly nie. Dalk gaan hulle nog hulle kar ook verloor. Ek sal doodgaan as ons ook ons huis verloor. En wat sal my pelle sê?

13. GERT: SIT SY ARM PAAIEND OP HAAR SKOUER. Jy sal nooit sonder 'n dak oor jou kop sit nie, my kind. As dinge regtig moeilik raak, kan ons nog altyd plaas toe trek en saam met Oupa-hulle op die plaas gaan boer.

7

Page 8: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. OUPA: STAAN OP EN KOM ENTOESIASTIES NADER. Goeie plan, Gert. Daar's werk en plek vir baie. En twee huise. Ons knap net die voormanhuis vir ons twee oues op.

DRAAI NA LINDIE TOE. Toe nou, kind, dis nie nodig om te huil nie. Alles sal regkom.

2. LINDIE Dis net vir 'n dag of twee lekker op die plaas, dan raak dit boring daar. (OORGANG. SMEKEND) Pa, moenie bedank nie – 'seblief nie! En ons moenie trek nie. Al my pelle is hier. Sê liewer Ma moet ophou werk. Dis nie lekker as sy nie by die huis is nie.

3. GERT: (KORTAF) Jou ma sal nie ophou werk nie, my kind. Sy het vanoggend gehoor sy het 'n hoë pos gekry. Sy is nou 'n belangrike vrou in die maatskappy.

4. OUPA: (NUGTER) Gert, jy kan nie sommer uitstap nie. Gaan terug, gee kennis en kry jou finansies agtermekaar. 'n Mens kan nooit sê: "Fonteintjie, uit jou sal ek nooit weer drink nie”. En as jy dan moét weggaan, gaan waardig en op 'n beskaafde wyse daar weg.

5. GERT: (KALMER) Dalk moes ek nie daar uitgestorm het nie. Ek sal doen wat Pa sê

en met 'n skoon rekord weggaan. Maar wees verseker daarvan: ek gaan net daarvoor terug. Ek gaan nie daar aanbly nie!

MUSIEKBRUG OF KOORDANS OM TYDSVERLOOP AAN TE DUI.DIT GEE LINDIE OOK TYD OM ANDER KLERE TE GAAN AANTREK.

TONEEL 3

SLEGS LINDIE SIT BY DIE TAFEL EN BEKYK ‘N KONDOOM IN HAAR HANDE. SY IS TAAMLIK GEWAAGD AANGETREK EN SWAAR GEGRIMEER. TOE SY DIE KONDOOM OOR HAAR VINGER TREK, KOM MARNUS STIL AGTER HAAR BY DIE BINNEDEUR IN, HY STEEK VAS EN KYK WAT SY DOEN.

6. MARNUS: Lindie, wat doen jy?

7. LINDIE: SY SKRIK. (VERBOUEREERD) Ek .... ek kyk hoe dié ding werk.

8. MARNUS: Waarom? Jy’t nie ‘n kondoom nodig nie.

8

Page 9: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. LINDIE: Ons het vandag vir die soveelste keer in die LO klas die ABC van AIDS behandel, maar dis die eerste keer wat ons kondome kon bekyk en kon hanteer. (HALF ONGEËRG) Seker omdat daar alweer ‘n meisie uit die skool is omdat sy ... e...e...in die moeilikheid is.

2. MARNUS: Ek dink julle moet liewer van die C-opsie vergeet en julle op die A-opsie toespits: ABSTAIN! Weerhou julle van seks!

3. LINDIE: (WIP HAAR) Jy’s nog lank nie ‘n predikant nie, Boet. Moenie vir my preek nie. Ek het nog nooit oor die tou getrap nie. Buitendien is ek groot genoeg om my eie keuses te maak en myself op te pas.

4. MARNUS: Ek is nie so seker daarvan as ek na jou keuse van daardie Jimmy-vent kyk wat deesdae hier boer nie. Hy’s nie jou portuur nie, girlie, en ook nie ons soort nie.

OUPA EN OUMA KOM BY DIE BINNEDEUR IN. OUPA FRONS TOE HY HAAR VINGER SIEN WAAROOR DIE KONDOOM NOG HALFPAD GETREK IS, EN STAP NADER.LINDIE PLUK DIT VAN HAAR VINGER AF EN PROBEER DIT WEGSTEEK.

5. OUPA: STEEK LANGS HAAR VAS.Dogter, wat het jy daar? Gee dat ek sien.

6. LINDIE: Dis sommer .... ‘n.... ‘n ballon, Oupa.

7. OUPA: (STRENG) Sien jy my vir ‘n uilskuiken aan? Dis g’n ballon nie. Dis ‘n kondoom!OUMA LYK GESKOK. (Trek asem in, oë rek, sit hand voor mond.)

8. MARNUS: (PROBEER WAL GOOI) Dis reg, Oupa. Hulle het vandag by die skool die ABC van AIDS behandel. A staan vir abstain, B vir be faithful en C vir condoms. Sy kyk nou maar net hoe ‘n kondoom werk.

9. OUMA: (VERONTWAARDIG) Maar dis duiwelsgoed daardie, my kind. Smyt dit weg! Watse verkeerde dinge leer hulle deesdae vir julle op skool?

10. LINDIE: Ons moet van AIDS leer, Ouma. Dis mos daardie lelike siekte wat mense laat doodgaan.

11. OUMA: Ons weet daarvan, my kind. En die Afrikaans vir AIDS is VIGS. Maar julle is heeltemal te jonk om oor sulke dinge te praat.

12. OUPA: Of om met kondome te oefen. Dis grootmenssake daardie. Gee daardie ding vir my.

9

Page 10: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. LINDIE: Nee Oupa. Juffrou sê ons moet van die dinge weet, want VIGS is ‘n lelike siekte.

2. OUMA: Maar my kind, dis net mense wat … sek …e.e.. s.saamslaap wat kondome nodig kry. Julle is nog jonk - en buitendien ongetroud!

3. LINDIE: Maar Ouma, kinders weet mos ook van seks en saamslaap. En dis nie net getroude mense wat saamslaap nie.

4. OUPA: (ONTHUTS): Wat? En wat weet julle, bogsnuiters, van seks?

5. MARNUS: Ons sien dit op TV. En op party van die ouens se selfone... en... kinders praat daaroor, en ...

6. LINDIE: en party van my maats doen dit. (POUSE) Ek is en my maats is al klaar grootmeisies. Ons lywe is reg vir ‘n man en vir kinders kry. Dis waarom ons van die dinge moet leer. Ons moet onsself beskerm.

7. OUPA: (GESKOK.) Reg vir ‘n man? Vroeg ryp vroeg vrot, meisietjie. (POUSE. KWAAI) Gee daardie duiwelsdrek hier. Dadelik!

SY DRUK DIE KONDOOM VOOR BY HAAR HALS IN.

8. LINDIE: Ek kan … ek mag nie. Dis … dis nie myne nie. Dis dis… die skool s'n. Ek moet dit Maandag teruggee.

9. OUPA: Jy jok, meisiekind. Gee dit hier of ek haal dit self daar uit.

HY TREE DREIGEND NADER. SY DEINS TERUG.

10. LINDIE: Ek jok nie, Oupa. Wat wil Oupa daarmee maak?

11. OUPA: Ek sal dit persoonlik Maandag skool toe neem – reguit hoof toe. Hy moet hoor hoe hulle julle die verderf in lei.

12. LINDIE: ('N KREET) Nee!

MARNUS KYK FRONSEND NA DIE TONEEL.

13. OUMA: (KALMEREND): Wag, wag Gerhardus. Laat ons rustig daaroor praat. Die skool moet die dinge vir hulle leer. Waar sal hulle anders daarvan hoor.

14. OUPA: By hulle ouers. By wie anders?

10

Page 11: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. OUMA: Hulle ouers is nooit hier nie. En buitendien: Het JY ooit by jou ouers van dié dinge geleer? Myne was te ... te verleë om met my daaroor te praat. Buitendien het ons in ons tyd nie vigs en al die aaklige goed gehad nie.Die kinders moet daarvan weet.Kom. Kom sit, Gerhardus. Ek wil met Lindietjie praat.

SY DRUK OUPA STOEL SE KANT TOE. HY GAAN BROM-BROM SIT. OUMA DRAAI NA LINDIE TOE.

2. OUMA: (SIMPATIEK) Lindietjie, sê vir Ouma, hoekom dink jy jou lyf is reg vir ‘n man?

3. LINDIE: (EFFENS ONSEKER): Ek … ek is al groot, Ouma. Kan julle nie sien nie? En ek hou van soentjies en drukkies… en … en sulke dinge.

4. OUPA: KOM WEER VINNIG ORENT. (ONTSTELD) Sulke dinge? Watse "sulke dinge"?

5. OUMA: Wag Gerhardus.

SY DRUK HOM WEER TERUG IN SY STOEL. DRAAI NA LINDIE TOE.

6. OUMA: (SAG, SIMPATIEK) Het jy al met jou ma oor dié dinge gepraat, my kind?

7. LINDIE: Toe ek … grootmeisie geword het, het ons 'n bietjie gesels. In die begin. Maar nou nie meer nie. Vandat sy daai posh job gekry het, bodder sy nie meer met ons nie.

8. MARNUS: Die rukkies wat Ma by die huis is, is sy anyway altyd gestres.

9. LINDIE: Dis seker waarom sy so baie rook. En ook so baie huil. Ons ken nie meer ons ma nie, Ouma.

10. OUMA: (SUG) Ja, sy het baie verander. Ek ken my kind ook nie meer nie. (OORGANG) Maar 'n ma het altyd tyd vir haar kinders, Lindietjie. Jy moet met jou ma praat as jy hulp en raad nodig het.

11. LINDIE: Ma het nie eers tyd om, soos in die ou dae, lekker met Pa te chat nie. Waar sal sy nog tyd vir my kry?

12. MARNUS: En Pa doen ook nooit meer dinge saam met my nie. Help ons ook nooit meer met iets nie. Ons sal maar moet leer om self te cope.

13. OUMA: Jy moet met jou ma praat, Lindietjie. Jy - julle almal - het haar nodig.

11

Page 12: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. MARNUS: Ja, en Pa ook, al hou hy hom so hardekwas. Ons is bekommerd oor Pa en Ma. Hulle praat skaars met mekaar. En hulle lag nooit meer nie.

2. LINDIE: (ANGSTIG) Dis … scary om hulle so te sien. Ek kan snags nie meer slaap nie. Sê nou Pa en Ma skei ook – soos so baie van my pelle se ouers? By wie gaan ons bly? Hoe kies jy tussen jou pa en jou ma? Ek het altwee lief !

3. OUMA: (KALMEREND) Hulle gaan deur ‘n moeilike tydjie, maar hulle sal nie skei nie, my kind. Jy moet jou nie so daaroor verknies nie. Jy moet snags behoorlik slaap. 'n Groeiende kind het genoeg slaap nodig.

4. LINDIE: Ek is nie meer 'n groeiende kind nie, Ouma. Ek is 'n vrou.

5. OUPA: (KNORRIG) Vrou se voet, meisiekind. Jy's nog nie eers droog agter jou ore nie. Die wet sê 'n mens is eers groot as jy agtien jaar oud is.

6. LINDIE: Ek en my pelle voel lankal nie meer soos kinders nie.

7. MARNUS: Ek en my maats ook nie. Oupa moet ophou om ons soos kinders te behandel, veral voor ons pelle. Hulle spot al met ons. Die lewe het verander, Oupa.

8. OUPA: Sekere dinge in die lewe verander nooit, kinders.

9. LINDIE: Soos wat, Oupa?

10. OUPA: Dinge soos God en sy Woord, goed en kwaad, reg en verkeerd... en ... en liefde en trou ... veral die liefde en trou van God. Hou vas daaraan!

11. MARNUS: Ons sien deesdae maar min daarvan, Oupa. Dis net moord en doodslag en rusies en twis.

12. OUPA: Glo net, Seun. God se liefde en trou en vergifnis is nie altyd sigbaar en tasbaar nie, maar dis ONS skuld. Ons is sy verteenwoordigers op aarde. Dis óns wat Hom sigbaar moet maak, maar ons doen nie ons werk nie. Dis waarom ons so min van God se liefde en vergewende genade om ons sien.

13. MARNUS: Dis juis deel van my probleem, Oupa. Hoe kan ons in God se vergifnis en genade en liefde glo as Pa en Ma mekaar nie eers kan vergewe en in liefde kan saamwoon nie?

14. OUPA: (SUG) Ai, Seun. Ek wens dit was anders. (OORGANG) HY DRAAI NA LINDIE TOEVan liefde gepraat. Ek sien jy het baie maats. Dis veral die jongetjies wat hierdie drumpel deurtrap.

12

Page 13: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. LINDIE: Jongetjies? Ek het nie jong pelle nie, Oupa.

2. OUMA: Jongmanne, my kind. Die kêreltjies wat hier boer.

3. LINDIE: O, hulle? As dit nie vir hulle was nie, sou ek maar baie depressed gewees het. Hulle laat my goed voel. En mooi, en belangrik. Veral Jimmy. By hom voel ek soos … 'n vrou.

4. OUMA: (VERMANEND) Jy's 'n mooi meisietjie, Lindie. Jy sal jouself moet oppas. Die gevare vir mooi meisies is altyd groter as vir ander.

5. LINDIE: (RUK HAAR OP) Ag Ouma, moet net nie weer preek nie. Ek kan na myself kyk.

6. OUPA: Daardie Jimmy-kêrel lyk vir my 'n bietjie oud vir iemand van veertien jaar, dogter. Jy moet ligloop vir hom.

7. LINDIE: Ek is amper vyftien, Oupa. Maar ek voel en lyk ouer. Buitendien, Jimmy is nie oud nie, Oupa. Hy was drie jaar gelede nog in matriek.

8. OUPA: (BESLIS) Hy's heeltemal te oud vir jou, nooientjie. Vry met skoolseuns van jou portuur en bly in die bondel. Dis die veilige weg. Glo my, as ouer mans met jonger meisies begin afpaar, dan kom daar moeilikheid.

9. LINDIE: Die seuns in my klas verveel my. Hulle is so ... kinderagtig.

'N ONGEDULDIGE GETOETER VAN 'N MOTORFIETS BUITE.

10. LINDIE: O, daar's Jimmy nou net. Ek sal moet hol. Sien julle later. Ba-baai!

SY BEWEEG HAASTIG DEUR SE KANT TOE.

11. OUPA: (ONTSTELD) Wag, wag my kind, jy kan nie só uitgaan nie!

STEEK VAS EN KYK VRAEND OM

12. LINDIE: Hoe, Oupa!

13. OUPA: Met daardie smeersels op jou gesig. Nie eers jou ma beplak haar gesig so nie. Ek dog jy moet gaan oefen vir 'n konsert of iets toe ek jou netnou só sien. Nou kom die Jimmy-kêrel jou oplaai. A nee a, meisiekind. En ook nie in daardie klere nie.

14. LINDIE: (OP HAAR PERDJIE) Wat's verkeerd met my klere?

13

Page 14: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. OUPA: Dis onbehoorlik, Dogter. Te kaal. Jy soek moeilikheid om so te lyk, veral as jy met 'n warmbloedige ouer man uitgaan.

2. LINDIE: Ons almal trek so aan, Oupa. My pêlle sal sê ek is 'n kloosterkoek as ek aantrek soos julle dit wil hê. Baai.

SY BEWEEG DEUR TOE.

3. OUMA: Nee wag, wag my kind! Waar gaan julle heen? Wanneer kom julle terug?

PRAAT OOR HAAR SKOUER TERWYL SY STEEDS DEUR TOE BEWEEG.

4. LINDIE: Weet nog nie. Ons ry sommer net rond. Moenie stres nie, Ouma. Ek kan vir myself sorg. Ba-baai …

SY DRAF HAASTIG BY DIE DEUR UIT EN BEWEEG UIT DIE GESIGSVELD.

5. OUPA: (BEKOMMERD) Ek hou nie hiervan nie, Griet. Ook nie van hierdie rondritsery op die motorfiets nie. Dis 'n doodskis op wiele daardie.

6. MARNUS: Ek sal kan doen met ‘n vinnige swempie. HY GAAN BY BINNEDEUR IN.

TONEEL 4

7. OUPA: (SUG) Wanneer het jy Lindie laas sien huiswerk doen, Vrou? Die kind ruk heeltemal handuit. Ek gooi handdoek in. Ons kan haar tog nie toesluit of pakgee nie.

8. OUMA: Praat help in elk geval nie. Sy bly vriendelik, luister terwyl ons praat, maar doen net wat sy wil. (MOEDELOOS) Hoe maak 'n mens so 'n eiewys dogter groot?

9. OUPA: (FERM) Met gesag en struktuur in ‘n gesin. Daar moet ‘n hoof in ‘n huis wees wie se woord wet is. En die Woord sê die hoof van die huis is die man! Maar die mannetjies van vandag met hulle “ekskuus dat ek leef”-houding maak dit onmoontlik vir vrou of kinders om hulle te respekteer.

10. OUMA: Dinge is vandag anders as destyds, Gerhardus. Vandag se vroue het regte, en hulle staan op hulle regte. Hulle kan vir hulleself sorg en hoef nie meer te buig onder die man nie – veral nie as hy ‘n slaplies is nie.

14

Page 15: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. OUPA: Gert is g’n slaplies nie, Griet. Dis jou dogter wat haar so hardekwas hou.

2. OUMA: Hy’t baie verander, Gerhardus. Hy’s nie meer die skadu van die man wat hy voorheen was nie. G’n rolmodel vir sy kinders meer nie. (POUSE)G’n wonder daar’s geen huis te hou met Lindie nie. Sy kort ‘n PA na wie sy kan opsien en ‘n ma wat dáár is vir haar as sy haar nodig het. (SUG.)

3. OUPA: (OPSTANDIG) Ek wil nie meer op hierdie ouderdom met koppige tieners sukkel nie, Vrou. Ons het klaar kinders grootgemaak. Johanna se kinders is nie ons verantwoordelikheid nie.

4. OUMA: Die kinders het ons nodig, Gerhardus.

5. OUPA: Ons moes teruggegaan het plaas toe toe ek die eerste keer wou teruggaan. Dan sou Johanna moes ophou werk en self na haar kinders moes omsien. Gert kon dalk haar pos gekry het en hulle sou dalk nog gelukkig gewees het.

6. OUMA: Dis wensdenkery, my man. Hannetjie sal nie ophou werk nie. Kyk net hoeveel vrouens werk deesdae.

7. OUPA: En baie van hulle gee nie 'n flenter om wat van hulle kinders en huwelike word nie.

8. OUMA: (SUGTEND): Jy veralgemeen, Gerhardus. Dis net party vroue. Die meeste wat werk moet werk om siel en liggaam aanmekaar te hou. Ek kry hulle só jammer. Hulle smag na halfdagposte, soos vroeër, sodat hulle smiddags by hulle kinders kan wees, maar dié is deesdae so skaars soos hoendertande.

9. OUPA: Wees eerlik, Vrou. Dis nie die geval met Johanna nie. Verlustig haar in die mag wat sy nou het en ry lekker op haar eie soustrein. Haar man en kinders is bysaak.

10. OUMA: (BEDRUK) Juis daarom moet ons bly, Gerhardus. Kan die bloedjies tog nie aan hulle eie lot oorlaat nie.

11. OUPA: Jy's seker reg. Maar dit bly tweede-beste, Vrou. Ons kan nooit die ouers se plek volstaan nie. Die kloof tussen ons en hierdie geslag stadskinders is so groot soos die Visriviervallei.

12. OUMA: (SUG) Om te dink ek het gedink dit sal maklik wees. Ek was dan my hele lewe lank ‘n onderwyseres. Ai tog, hoe het ek my misreken.

15

Page 16: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. OUPA: (NUGTER) Ons sal moet praat, Vrou. Met Johanna en Gert . Gou ook. Sommer vanaand nog.

MUSIEKBRUG.(Dalk ‘n kort stukkie disco-musiek met ‘n paar vrolike jongmense, onder andere ook Lindie en Jimmy, wat dans. Jimmy lei Lindie weg en hulle verdwyn uit die gesigsveld. Ligte en musiek doof stadig uit.)

TONEEL 5

GERT KOM TYDENS DIE KORT TUSSENSPEL OP DIE VERHOOG EN AS DIE LIGTE DAAR VERHELDER, SIT HY BY DIE TAFEL OP GROOT VELLE PAPIER EN WERK. OUPA SIT IN ‘N GEMAKSTOEL EN KOERANT LEES . OUMA KAN MET ‘N SKINKBORD TEE INKOM EN HULLE BEDIEN. JO-ANNE KOM MOEG BY DIE VOORDEUR INGESTAP. SY SIT HAAR HANDSAK OP DIE STOEL, EN HAAR SKOOTREKENAAR EN KANTOORLÊERS OP DIE TAFEL NEER.

2. GERT: (SARKASTIES) Aa... My belangrike vrou is eindelik tuis! Bly om te sien dat jy jou uiteindelik darem kon wegskeur van jou nagtelike vergadering om ‘n paar oomblikkies van jou kosbare tyd aan ons af te staan.

3. JO-ANNE: (SY IGNOREER GERT EN PRAAT DIREK, KORTAF MET OUPA.)Naand julle. Pa, wat is so belangrik dat dit nie kan wag tot môre nie? (GAPEND) Ek het 'n lang en moeilike dag agter die rug en sien nie kans vir nóg drama hier by die huis ook nie.

SY SAK MOEG OP ‘N GEMAKSTOEL NEER.

4. OUPA: Ons is bekommerd oor julle almal, maar veral oor Lindie.

5. JO-ANNE: (GEÏRRITEERD): Tog nie weer 'n preek nie, Pa. Dis die laaste ding waarvoor ek nou kans sien. Ek is moeg. Tot die dood toe moeg. En ek het belangrike besluite wat ek moet neem en nog werk wat ek moét afhandel voor ek gaan slaap.

6. GERT: (WRANG) Ja, ek sien die laptop is weer hier. Jou tweede man. Gaan selfs saam met jou slaapkamer toe.

7. JO-ANNE: Ek het ‘n verantwoordelike werk met baie probleme, Gert. Ek kry nie bedags alles gedoen nie.

16

Page 17: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. GERT: Jy's nie al een wat moeg is en probleme het nie, Jo-Anne. Kom ons hoor wat Pa-hulle te sê het.

2. JO-ANNE: (GAPEND EN VERVEELD) Nouja, praat dat ek hoor.

3. OUMA: Lindie se sosiale lewe is deesdae van so 'n aard dat sy bitter min aandag aan haar skoolwerk gee, Jo-Anne.

4. JO-ANNE: Liewe aarde, Ma! Is dit waaroor ons hierdie tyd van die nag vergadering moet hou?

5. GERT: (KWAAD) Hou op om elke keer te sê hoe laat dit is, Jo-Anne. Dis JY wat nooit meer op ordentlike tye beskikbaar is vir jou familie nie.

6. JO-ANNE: (WIP HAAR) Ekskuus my, Gert du Toit. Wie praat nou? Wanneer laas was JY beskikbaar vir enige een van ons – VERAL VIR MY wat alleen moet opsnork?

7. OUPA: (STRENG) Stop julle gekyf! Dit gaan nou oor Lindie, nie oor julle nie.

8. JO-ANNE: (VERVEELD) Lindie, ja. Waar was ons nou weer? O ja. (SARKASTIES) By ons dogter se bedrywige sosiale lewe. (POUSE) Het julle vergeet hoe bedrywig my sosiale lewe was toe ek op skool was?

9. OUMA: Ons onthou baie goed. Maar dit was anders, my kind.

10. JO-ANNE: Wat was anders?

11. OUPA: Jy't in die bondel gevry met jongetjies wat saam met jou op die skoolbanke gesit het. En ons het altyd geweet waar julle heen gaan en wanneer julle terugkom. En julle het by ons reëls gehou. Maar Lindie is halfnaak en gepoeier en gepaint op 'n motorfiets hier weg saam met daardie Jimmy-kêrel. En hulle is nou nog nie terug nie. Dis al na tien.

12. JO-ANNE: Ek vertrou my kind, Pa. Ek weet sy is uit goeie hout gesny.

13. OUPA: Selfs die beste hout bars uitmekaar as jy dit onversorg buite gooi en son en reën toelaat om hulle verwoestingswerk aan te rig, my kind.

14. JO-ANNE: Ek gooi nie my kind weg nie, Pa. Sy is goed grootgemaak, veilig en goed versorg. En julle is mos hier.

15. OUMA: Ons kan nooit jou plek inneem nie. Wanneer het jy laas met jou dogter oor Ma- en dogterdinge gepraat?

17

Page 18: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. JO-ANNE: (SPOTTEND): Oor bytjies en blommetjies? Moenie dat ek lag nie, Ma. Daardie tyd is lankal verby!

2. OUMA: 'n Dogter het haar ma se leiding nodig.

3. JO-ANNE: Ons kinders is beter ingelig as ons, Ma. Daarvoor sorg die skole. Ek wens ek het Lewensoriëntering op skool gehad. Ek kan hulle niks meer leer nie. Party van vandag se kinders kan hulle ouers 'n ding of twee leer.

4. OUPA: Ja, dit het ons vandag self gesien. Op die ouderdom van veertien sit julle dogter oor haar vinger met ‘n kondoom en oefen.

5. JO-ANNE: Wat? (SY BEGIN ONBEDAARLIK LAG EN PRAAT TUSSEN DIE SPOTTENDE LAGBUIE DEUR) Nou het julle my dag gemaak! Dit was die moeite werd dat julle hiervoor wakker gebly het. Vir een keer wens ek ek was 'n voëltjie op die dak om julle twee se gesigte te kon sien.

6. OUPA: (KWAAI) Johanna, jy praat ...

7. JO-ANNE: (ONDERBREEK HOM MET NOG ‘N LAG) Dink julle regtig dat kinders op hierdie ouderdom en in hierdie tyd nog niks van kondome af weet nie – dit met al die vigs-veldtogte wat aan die gang is? Word wakker, Rip van Winkels. Word wakker!

8. OUMA: (GEDULDIG) My kind, hulle mag baie kennis hê, maar die vraag is: Is hulle emosioneel ryp genoeg om die dinge te kan hanteer? Ek het deur die jare baie kinders gesien wat …

9. JO-ANNE: (VERVEELD): Ag, spaar my dit, Ma. Dis 'n ander wêreld hierdie as dié waarin Ma skoolgehou en kinders grootgemaak het.

10. OUMA: Kinders bly kinders. Hulle het hulle ouers nodig, Jo-Anne.

11. JO-ANNE: Lindie is nie meer ‘n kind nie, Ma. Sy word binnekort vyftien. Het Ma al behoorlik na haar gekyk?

12. OUPA: Vroeg ryp, vroeg vrot, my kind. 'n Dogter van veertien is nog lank nie groot nie.

13. JO-ANNE: Moenie na my toe kom met die "vroeg-ryp-vroeg-vrot"-storie nie, Pa. Pa het dit holrug gery toe ek jonk was (OORGANG) En wat is daar wat ek haar beter kan leer as wat die skool haar leer?

14. OUPA: Wat het van respekte en godsdiens en morele waardes geword? Wat van dinge soos selfbeheersing en kuisheid?

18

Page 19: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. OUMA: Daardie dinge is nie die taak van die skool nie. Dis jou en Gert, die ouers, se verantwoordelikheid, my kind.

2. JO-ANNE: (VERVEELD) Kuisheid? 'seblief tog, Pa. G'n kind ken die betekenis van daardie argaïese woord nie. En spaar my tog die preek. Ek sien nie vanaand daarvoor kans nie.

3. GERT: Jy is nooit meer daar vir jou kinders nie, Jo-Anne.

4. JO-ANNE: Dis nie die kwantiteit tyd wat saak maak nie, Gert …

5. GERT: (SARKASTIES) … dis die kwaliteit! Ja, ons almal ken daardie cliché. Ook dit is al holrug gery.

6. JO-ANNE: Holrug of te nie. Dit bly waar.

7. GERT: Elke werkende ma met jong kinders wat haar aandag en liefde moet ontbeer, sus haar gewete met daardie soppy storie.

8. JO-ANNE: (BITSIG): Hou jou liewer uit hierdie gesprek, Gert. Jy's die laaste een wat kan praat.

9. GERT: Ek bly hulle pa, Jo-Anne. Ek het hulle net so lief soos jy. Daarom het ek die reg om te praat.

10 JO-ANNE: Jy het as man en ouer gefaal toe jy tien maande gelede by Shuter en Simmons uitgestap het en my aan my eie lot oorgelaat het.

11. GERT: O, ek sien. Dis nou MY skuld. Alles net myne!

12. JO-ANNE: Ja, net joune! As jy nie so ‘n chauvenis was nie en nie jou stertjie gewip en geloop het nie, sou ek minder gesukkel het om die mas op te kom. Ek sou vroeër saans huis toe kon kom en dan sou ek meer tyd vir julle almal gehad het. En dan was vandag my dalk gespaar...

13. GERT: Vandag? Wat het gebeur?

14. JO-ANNE: Vergeet dit. Dis verby.

15. GERT: Ek wil weet wat gebeur het, Jo-Anne. Het Casanova jou lastig geval? Het iets by die werk skeef geloop? Het ...

16. JO-ANNE: Vanwaar die skielike belangstelling? Dit nadat jy my maandelank uit jou lewe uitgesluit het en my sonder hulp of raad alleen laat aanploeter het?

19

Page 20: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. OUPA: Los dit daar, kinders. Julle kan hierdie dinge alleen in julle slaapkamer uitsorteer.

2. GERT: (SINIES) Ons slaapkamer? Dié is deesdae óf 'n verlate ysveld … óf 'n slagveld.

3. OUPA: Dis omdat julle die dubbelbed vir twee enkelbeddens verruil het.

4. GERT: Ek wens ons het 'n vyfde slaapkamer gehad dat ek daar kon intrek. Met so 'n Amazone in my slaapkamer, voel ek of ek heeltemal … ontman is.

5. JO-ANNE: Jy het jouself "ontman" toe jy jou soos 'n stout kind gedra het wat vloermoere gooi as hy nie sy sin kry nie.

6. OUMA: (KALMEREND) Toe, toe nou julle twee. Julle sê dinge waaroor julle later spyt gaan wees. Julle moet vir berading gaan.

7. JO-ANNE: Berading? Ek het nie berading nodig nie, Ma.

8. OUPA: (STRENG) Nie berading nodig nie? Julle hele lewe staan op sy kop. Julle huwelik spat aan skerwe. Julle dogter stuur op 'n ramp af, en jy sê julle het nie hulp nodig nie?

9. OUMA: My kind, die spreekwoord sê: "Alleen sterke bene kan weelde dra." Jou bene is nog nie sterk genoeg vir die weelde of die las wat jy nou so alleen moet dra nie.

10. OUPA: 'n Groot grondverskuiwing is besig om in ons land – in die hele wêreld - plaas te vind, Johanna. Dis soos 'n aardbewing. Alles verander dag na dag.

11. OUMA: Juis daarom het julle hulp nodig.

12. JO-ANNE: (KOPPIG) Ons het nie hulp nodig nie. Ons sal self cope, dankie!

13. OUPA: Vra julle nog waar Lindie aan haar koppigheid kom?

14. JO-ANNE: As ek reg onthou, is hierdie 'vergadering' aangevra ter wille van Lindie. Laat ons by die punt bly, asseblief. Wat is nog op die agenda?

15. OUMA: Jy weet dit goed, Jo-Anne. Ons is bekommerd oor Lindie.

16. GERT: Ek is ook bekommerd. Vernon sê vandag vir my dat hierdie Jimmy-kêrel met wie Lindie so rondflenter, se motorfiets baie dikwels op die onmoontlikste tye voor Hoekstraat nr. 9 staan. En dit lyk nie of die dame baie kieskeurig is nie.

20

Page 21: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. JO-ANNE: Wie woon daar?

2. GERT: Vernon-hulle se sexy rooikop buurvrou - en 'n baie "gasvrye" een daarby. Haar drempel word deurgetrap deur besoekers – dag en nag.

3. JO-ANNE: (FRONSEND, NADENKEND) Dit klink nie goed nie.

4. OUMA (ONTSTELD): Dis verskriklik! Julle moet daardie vent die huis belet!

5. OUPA: Sommer vanaand nog as hy Lindie terugbring!

6. JO-ANNE: Ons moet iets doen, maar om hom weg te jaag sal nie werk nie.

MOTORFIETS TREK BRULLEND WEG. BEWEEG WEG.

7. JO-ANNE: Buitendien, daar ry hy nou weg. (NADENKEND.) Snaaks dat ons hulle nie hoor naderry en hoor stilhou het nie. Wonder hoe lank hulle al terug is. Ek sal moet dink …

8. OUPA: Ek sê steeds: Jaag hom weg!

9. GERT: (MET KLEM) Ek sal dit persoonlik doen. Laat hom net weer sy voete hier sit!

10. JO-ANNE: Ek sê weer: Dit sal nie werk nie. Julle sal Lindie dan juis in sy arms dryf. Jongmeisies is so. Draai teen die kêrel, en sy draai teen jou. Belet haar iets, dan gaan doen sy dit juis.

11. GERT: (WRANG) Gelukkig dat ek jou nie belet het om troos by Casanova te gaan soek nie. Dan was dit dalk nou ‘n geval van “Like mother, like daughter”.

12. JO-ANNE: (WOEDEND) Staak dit! Jy’t die sensitiwiteit van ‘n renoster. Waarom, dink jy, praat ek nie met jou oor ...

13. OUPA: (STRENT) Kry ent met julle gekyf. Ons praat oor Lindie.

14. OUMA: Ons sal Lindietjie moet beskerm. Sy is nog so bitter jonk, en so mooi... so verward en soekend na liefde en vastigheid... so 'n maklike prooi vir mans soos daardie.

LINDIE KOM VAN BUITE AF SKOORVOETEND NADER. STEEK BY DIE VOORDEUR VAS TOE SY STEMME HOOR EN LUISTER STIL.

15. GERT: Lindie moét weet van Jimmy se besoek aan die rooikop.

21

Page 22: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. JO-ANNE: Ek dink julle moet hierdie saak aan my oorlaat. Julle kan begin deur Lindie uit te los. Los haar heeltemal uit!

2. OUPA: (STRENG) Dit werk nie so nie, Johanna. Dis jou ouerlike plig om te sorg dat haar oë oopgaan. Sy moet weet hy's 'n wolf in skaapsklere.

3. JO-ANNE: Pa, hou tog op om my te wil leer hoe ek my eie kind moet grootmaak. Ek verstaan vandag se kinders beter as julle.

4. OUPA: Nou maar goed. As ons nie meer hier nodig is nie, kan ons sommer môre ons goedjies pak en terugtrek plaas toe.

5. JO-ANNE: Dis nie wat ek bedoel het nie, Pa. Ons het julle nodig.

6. OUPA: Ja, om kos te maak en kinders rond te karwei. Maar ons mag nie inmeng met jou kinders se opvoeding nie. Ons moet sit en toekyk hoe jou pragtige dogter ten gronde gaan omdat jy nie jou ouerlike plig doen nie. Nee, Johanna, ek is nie langer bereid om jou vuilwerk te doen nie.

7. JO-ANNE: (GESKOK) Noem Pa dit "vuilwerk"? Ek dog Ma hou van kosmaak. En is dit nie vir julle 'n vreugde en voorreg om by julle kleinkinders te wees en iets vir hulle te beteken nie?

8. OUPA: (STRENG) Ek het klaar gepraat, Johanna. As jy nie iets aan Lindie se probleem doen nie, trek ek terug plaas toe.

9 JO-ANNE: Pa, ek doen iets, maar op my eie manier.

10. GERT: Presies wat doen jy vir Lindie, Jo-Anne? Ons sal graag wil hoor.

11. JO-ANNE: (STADIG, AFGEMETE) Kinders leer net deur ervaring. Jy kan vandag se kinders nie voorsê nie. Die lewe het my geleer dat kinders net deur hulle foute leer. Veral eiewys, koppige kinders moet eers hulle koppe stamp, soms eers goed seerkry, voordat hulle leer.

12. GERT: En as hulle hulle in die proses te pletter val, slim vrou, wat dan?

13. JO-ANNE: Dan moet ons maar net sorg dat ons dan vir hulle dáár is om die skerwe te help optel. Dis hard, maar dis hoe die lewe is.

14. GERT: Maar as Humpty Dumpty se skerwe nie weer aanmekaar gesit kan word nie, wat dan?

15. OUMA: Dan's dit te laat, my kind. Vir ewig te laat.

22

Page 23: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. JO-ANNE: (SINIES) Ag tog. Soveel melodrama en dit so laat in die nag. (OORGANG) Het julle dan geen vertroue in julle eie vlees en bloed nie? (POUSE) As my kind 'n glipsie kry, is daar hordes kundiges wie se hulp ingeroep kan word: dokters, beraders, terapeute – selfs party dominees is goed daarmee.

2. GERT: Vreemdelinge, my vrou. Almal vreemdelinge.

3. OUMA: Wat kinders nodig het, is die ouers se liefdevolle leiding.

4. OUPA: En dissipline. Dis vandat die lat gebêre is, dat g'n mens meer met die jongklomp kan huishou nie.

5. JO-ANNE: (ONGEDULDIG) Ag, hou op preek, julle! Al daardie dinge – en nog meer - het ek dertien jaar lank vir Lindie gedoen.

6. OUMA: Opvoeding hou nooit op nie, Jo-Anne.

7. JO-ANNE: Ek glo ek het 'n goeie grondslag gelê en my dogter die belangrikste ding geleer wat ek haar kan leer.

8. GERT: En dit is?

9. JO-ANNE: Om self besluite te neem, haar eie keuses te maak en die gevolge te dra as sy verkeerd kies. Hoe gouer 'n kind dit leer, hoe beter. Veral in die veeleisende wêreld van vandag.

10. OUMA: Lindie is nog te jonk om sulke keuses te kan maak, my kind.

11. JO-ANNE: Ek vertrou my dogter se goeie oordeel. Ek is moeg en gaan nou slaap. Goeienag.

STAAN OP EN BEWEEG WEG.

12. OUPA (KWAAI): Johanna, bly sit! Ons is nie klaar ge…

13. JO-ANNE: TERWYL SY ONGESTOORD VERDER WEG BEWEEG Ek het gesê: "Nag" Pa. Mors maar julle tyd. Daar lê 'n moeilike dag vir my voor.(VERDER WEG) Julle kan heelnag gesels as julle wil. Lindie is groot. Sy’t my nie meer nodig nie. Is heeltemal in staat om self te cope.

14. GERT: (DRIFTIG) Loop, loop in jou maai in en gaan slaap jou beauty sleep. (OORGANG. ONGEDULDIG) Los haar, Pa. Sy's nie meer 'n ma of 'n vrou se voet nie! Dink deesdae net aan haarself. Sy moet môre mooi lyk vir haar skoothondjie by die werk. Ons sal hierdie saak maar self moet hanteer.

23

Page 24: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

JO-ANNE VERSKYN WEER. KYK SOEKEND ROND.

1. JO-ANNE: Ag, waar’s my handsak tog nou weer? Het een van julle dit gesien?

2. GERT: Daar, onder die kussing op die stoel.

(SY STAP DAARHEEN EN TEL DIE HANDSAK OP.)

3. GERT: (SARKASTIES) En moet tog nie jou laptop vergeet nie. Jy kan eerder sonder my as sonder hom kamer toe gaan.

4. JO-ANNE: (VIES) Ag, gaan vlieg, man.

5. OUPA: (VERMANEND) Kinders, kinders ...

6. OUMA: (ONRUSTIG) Ek wonder waar Lindietjie so lank wegbly? Dalk moet julle gaan kyk. Die motorfiets het al lankal weggery.

LINDIE BEWEEG DIE VERTREK VAN BUITE AF BINNE.

7. LINDIE: (STIL) Hier is ek, Ouma. (GESKOKTE STILTE)

8. GERT: Hoe lank staan jy al hier, my kind?

9. LINDIE: Lank genoeg om te kon hoor, Pa.

10. GERT: Wat het jy gehoor, my kind?

11. LINDIE: (IN 'N DOOIE, TOONLOSE STEM): Genoeg, Pa. Meer as genoeg. (POUSE) Nag Pa. Nag almal.

SY BEWEEG WEG NA DIE BINNEDEUR TOE.

12. GERT: Nee wag, wag, Lindietjie.

13. LINDIE: (GESMOORD, TERWYL SY BLY WEGBEWEEG) Ek wil nie nou praat nie, Pa. En julle kan ook maar relax en gaan slaap. Jimmy sal nie weer hierheen kom nie. Nooit weer nie. Ek het hom weggejaag.

SY VERDWYN UIT DIE GESIGSVELD.

14. GERT (VERLIG, TERSYDE): Dankie tog daarvoor! Nou hoef ek nie nog te bodder om die vent die deur te wys nie. (NADENKEND, HARDER) Lyk my Jo-Anne was hierdie keer tóg reg: Ons dogter hét self besluit en die regte keuse gemaak.

24

Page 25: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. OUPA: (TWYFELEND) Hoop jy's reg, Gert. Hoop regtig jy's reg.

HY STAAN KREUNEND UIT DIE STOEL OP.

2. OUPA: Laat ons kamer toe gaan. Maar ek glo nie ek sal vannag kan slaap nie.

TONEEL 6

TWEE ROWERS MET BALAKLAWAS OOR HULLE GESIGTE BARS BY DIE DEUR IN. DIE EEN HET ‘N REALISTIESE (SPEELGOED)- REWOLER/PISTOOL IN SY HAND.

3. ROWER 1: (BARS, IN ‘N GEBROKE, UITLANDSE ENGELS) Stay! Hands up.

OUMA GEE ‘N GILLETJIE

4. ROWER 1: Shut up! We shoot! (HAASTIG, GESPANNE) Money. Where’s money. And jewels. Your rings. Jewels. Give it to him, or I shoot!

5. JO-ANNE: (SAG) Nie my trouring nie. SY HAAL HAAR TROURING VINNIG AF EN GOOI DIT VOOR BY HAAR HALS IN.

6. GERT: (SAG. DRINGEND) Nee. Gee dit, Jo-Anne.

7. JO-ANNE: Nee! SY HAAL HAAR HALSSNOER AF EN GEE DIT VIR DIE ROWER.

8. ROWER 2: (DREIGEND) Shut up! No talk. Your ring! Where’s it? I saw it.

HY GRYP HAAR HAND EN KYK NA HAAR VINGER.

9. JO-ANNE: Los my uit! SY PLUK LOS.

10. ROWER 2: Your ring! And cell phone. Where’s your cell phone?

11. OUMA: (PLEITEND) Gee dit, my kind. Onthou vir Betta en Hermaans.

12. JO-ANNE: SY GEE VIR HOM ‘N RING. Dé. Vat dit!

13. ROWER 2: The other one. I saw it. Where’s it?

14. ROWER 1: And more cell phones. More money. Laptops. We want laptops.

‘N SIRENE VAN DIE HUIS SE ALARMSTELSEL BEGIN SKEL SKREEU.

15. ROWER 1: Shit! Let’s go. There’s the laptop. Take it. Run!

25

Page 26: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

ROWER 2 GRYP DIE REKENAAR EN HULLE LAAT SPAANDER.GERT STORM OP DIE EEN MET DIE REKENAAR AF.

1. GERT: Bliksem. Daai rekenaar kry jy nie.

2. JO-ANNE: (GIL) Nee Gert! Los dit! Hy gaan jou skiet!

3. GERT: Gee hier! Jy kry dit nie!‘N SKOOT KLAP AS ROWER 1 SKIET. DIE REKENAAR VAL. DIE ROWERS HARDLOOP WEG.

4. LINDIE: (HISTERIES) Hy’t Pa geskiet. SY STORM OP GERT AF.

5. MARNUS: Ons was te laat by die paniekknoppie.

6. LINDIE: (PANIEKERIG) Pa, moenie doodgaan nie! Kyk die bloed. Pa, asseblief!Dit was my skuld. Moet tog nie doodgaan nie!

MARNUS EN JO-ANNE STORM OOK NADER.

7. MARNUS: Kalmeer, Lindie. Kyk, die bloed is aan sy arm. Dis net Pa se arm wat raakgeskiet is.

8. LINDIE: (HISTERIES) Is nie. Kyk die baie bloed! Pa gaan doodgaan! En dis my skuld! Ek het die hek oopgelos!

JO-ANNE DRUK HAAR HAND OP DIE WOND.

9. JO-ANNE: (FERM) Vat haar hier uit, Marnus. Sy is histeries. Gaan gee vir haar suikerwater of een van my kalmeerpilletjies. Hou haar hier weg tot sy kalmer is. Sy ontstel jou pa. (OORGANG) Ma, bring skoon lappe. Ek druk solank die wond toe. Ons moet die bloeding stop. (OORGANG) Toe, toe, loop julle twee.

LINDIE WORD HUILEND DEUR MARNUS WEGGELEI. SY REM EN KYK AL HUILEND OM NA HAAR PA. OUMA STORM DIE KOMBUISIE BINNE. OUPA KYK TOE.

10. OUPA: Gaan sit, Gert. Dit lyk na ‘n vleiswond. Sekuriteit sal nou hier wees.

11. JO-ANNE: Ontspan, my man. Ons stop net die bloeding. Die nooddienste reageer vinnig op die druk van die noodknoppie.

12. GERT: Bly jy is hier, Jo-Anne. Kalm, paraat en in beheer – soos altyd.

26

Page 27: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. JO-ANNA: (VERWONDERD) My liewe man, wat het jou besiel om die rekenaar te probeer terugkry? Jou lewe is meer werd as daai simpel laptop!

2. GERT: Jy kan nie daarsonder nie, my vrou. Alles waaraan jy al byna ‘n jaar lank so hard werk, is daarop.

3. JO-ANNE: Werk kan ek oordoen. Maar ek kan jou nie terugbring as jy dood is nie.

4. GERT: Maak dit saak?

5. JO-ANNE: (EMOSIONEEL) Hoe kan jy so-iets vra? (POUSE) Toe hy daardie pistool oplig en na jou mik, het ek gevoel ek sterf van binne. Hoe kón jy jou lewe so in gevaar stel? As dit nog ter wille van een van ons was. Maar vir daardie laptop wat jy so verfoei! Ek begryp dit nie.

6. GERT: Al waaraan ek op daardie oomblik gedink het, was net wat ‘n gemors dit sal wees as jy al daardie werk moet oordoen. Hoe jy jou ooreis, jou dag en nag afsloof. En die ongelooflike dinge wat jy reeds bereik het – en dit in so ‘n kort tydjie.

7. JO-ANNE: (SAG, ONTROERD) Ek het nie gedink dat ek daardie woorde ooit uit jou mond sal hoor nie...(OORGANG) Maar dis nou ‘n bietjie laat.

8. GERT: Hoe so?

9. J0-ANNE: Ek het vanaand finaal besluit dat ek môre gaan bedank.

10. GERT: (VERBAAS) Wat? Jy is dan so ‘n blink nuwe ster in die sakewêreld.Moenie dink ek hoor nie hoe almal jou lof besing nie. Ek is trots op jou, my vrou.

11. JO-ANNE: Hulle misbruik my, Gert. Ek wou myself bewys. Ek wou jou ook wys dat ek self kan cope. Het JA gesê vir elke opdrag wat na my kant toe gekom het. Het my afgesloof! Vir wat? En hoe meer ek gedoen het, hoe meer het hulle op my afgelaai. Ek, julle almal, het daaronder gely.

12. GERT: En jy sê my niks?

13. JO-ANNE: Ek is al lankal in verset daarteen, maar was te trots om te erken dat hulle my misbruik. Maar ek het my vanoggend voorgeneem om vandag nog te besluit of ek wil voortgaan om die stom, dom, gewillige pakesel van die Woodrow en Simmons te bly. En nou het ek besluit. Finaal.

27

Page 28: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. GERT: (VERSLAE, BEROUVOL) My vrou, my arme vrou. En ek het niks gedoen om jou te help, jou las ligter te maak nie. Het jou net heeltyd verwyt... myself bejammer en my gek bekommer oor wat Jules alles sal doen om my mooi, slim vrou vir hom aan te keer.

2. JO-ANNE: Hy was die grootste slawedrywer van almal, Gert. Ek verfoei hom! Laat ander die werk doen en palm die eer vir homself in. Ek werk duisend maal eerder vir my eie man, as vir Woodrow en Simmons.

3. GERT: Is jy ernstig? Ek het jou só nodig! Kan jy my ooit vergewe, Jo-Anne?

4. OUMA: (SAAKLIK) Bly julle maak vrede, kinders. Maar dis nie nou tyd vir gesels nie. Gert moet rus. Dé, Hannetjie. Hier’s skoon vadoeke. Al wat ek kon kry. Maak ‘n drukkussing en bind die bloed af. Julle kan dinge later uitsorteer.

GELUID VAN POLISIE / AMBULANS-SIRENES WAT VINNIG NADERKOM EN TOT STILSTAND KOM.

5. OUPA: OUPA TUUR NA BUITE EN ROEP: Hier’s hulp, Gert. Byt vas! KOM AL PRATEND NADER: Die ambulansmense sal jou help en die polisie is ook hier. Hulle sal die vloeksels vang. Daardie noodknoppie van julle werk goed.

6. OUMA: As Betta en Hermaans ook maar so-iets gehad het....

MUSIEKBRUG.

TONEEL 7

LIGTE VERDOF TOT SKEMER.LINDIE LÊ OP HAAR BED OP VLAK 2. HARDE SNIKKE (dalk elektronies versterk). MARNUS KOM BY DIE BINNEDEUR IN. HY BUK HALF OOR HAAR.

7. MARNUS: (FLUISTEREND) Lindie, wat makeer? Ek hoor jou in my kamer huil.

8. LINDIE: (GESMOORD) Gaan slaap, Boet.

9. MARNUS: Ek gaan nie slaap voor ek nie gehoor het hoekom jy huil nie.

10. LINDIE: (SNIKKEND) Los my uit. (HARDER) Los my net uit!

11. MARNUS: Nou goed. Dan praat ons nie. Maar ek bly hier by jou.

28

Page 29: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

HY GAAN LÊ HALF SKUINS OP SY ELMBOOG OP DIE VOETENEND VAN HAAR BED.

1. LINDIE: (HALF HISTERIES, STEEDS GESMOORD) Nee. Loop!. Gee pad van my bed af! Loop!

2. MARNUS: SIT REGOP. (ONTSTELD) Ek wil net by jou voete sit. Wat is dit vanaand met jou? (POUSE) Het daardie robbies met jou gemors? (DIE GESNIK HOU OP. DOODSE STILTE)

3. LINDIE: (WAAKSAAM) Wat bedoel jy?

4. MARNUS: Jy weet wat ek bedoel.

5. LINDIE: (BOT) Ek wil nie daaroor praat nie.

6. MARNUS: As jy nie met MY daaroor wil praat nie, praat dan met een van die grootmense daaroor.

7. LINDIE: Met wie?

8. MARNUS: Wat van Oupa of Ouma?

9. LINDIE: Oupa-hulle is moeg vir ons. Hy het vanaand gesê hulle gaan terugtrek plaas toe. Ons is net 'n las vir hulle.

10. MARNUS: Is nie. Ek het ook afgeluister. Oupa en Ouma is oukei. En hulle is lief vir ons.

11. LINDIE: Ek is bang vir Oupa. Sy oë sien alles raak. Soos … God se oë. Kwaai oë. Straf-oë. Dis scary as hy so ... dwarsdeur jou kyk, so asof hy alles sien en alles weet – net soos God.

12. MARNUS: Straf oë? (NADENKEND) Snaaks. Oupa se oë maak my nie bang nie. Vir my is sy oë sagte oë … liefhé oë ... Jesus oë. (OORGANG) Ag Sus, jymoét met iemand praat. Wat van Pa?

13. LINDIE: Pa gaan loop, Marnus. As hy hier bly, gaan hy inkonk. Ma wat deesdae so high en mighty is en oor alles uitfreak, maak hom klaar.

14. MARNUS: Ja, Pa voel nie meer goed oor homself nie. En hy sukkel ook met sy nuwe besigheid. G'n wonder hy's so gestres nie. Het nie nog tyd vir ons dingetjies nie. (OORGANG) Maar vanaand was hy weer my held, Lindie. Ek kan nie glo dat hy die boewe aangedurf het nie – en dit om Ma se laptop te red!

29

Page 30: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. LINDIE: ‘n Dwase held. Hy kon dood gewees het. Dan kon hy my in elke geval nie gehelp het nie.

2. MARNUS: Maar wat van Ma? Praat met haar oor jou probleme.

3. LINDIE: Ma wil nie meer met ons gebodder wees nie, Boetie. Sê ek moet self kies en self die gevolge dra. Vergeet van haar.

4. MARNUS: (HUIWERIG) Daar is darem nog … Jesus. Na Hom toe kan jy altyd gaan.

5. LINDIE: Moenie nou al predikant wil speel nie, Boet. Jy is nog nie eers deur matriek nie. (BEGIN WEER SNIK) Maar Jesus sal my ook nie wil help nie. Ek was te … stout. (OORGANG) Oupa was reg. Hy't my gewaarsku oor die klere en oor my gesig. (DRINGEND, ANGSTIG) Oupa mag nie weet nie, Boetie. Jy moet hom nie vertel nie. Nooit nie! Belowe?

6. MARNUS: Promise. Op my erewoord. (POUSE)

7. LINDA: Oupa was al die tyd reg, Boetie. En Jimmy het dit geweet. Daarom het hy so gelag. Lelik gelag. Soos Ma gelag het toe ons hieronder stilgehou het. Hulle twee se gelag was creepy.

8. MARNUS: Ma se gelag het my ook gepuzzle. Ek wou uitfigure wat aangaan. Toe luister ek af.

9. LINDIE: Waaroor het sy so gelag?

10. MARNUS: Oor jy geoefen het met die kondoom. Gedink dis baie snaaks en het met Ouma-hulle gespot.

11. LINDIE: (SY BEGIN WEER SNIK)

12. MARNUS: Toe, toe nou, Sus. Wat is dit?

13. LINDIE: Dit … dit het geskeur, Boetie. Die kondoom het geskeur!

14. MARNUS: Geskeur? (ONTSTELD) Het jy dit dan gebruik?

15. LINDIE: (SNIKKEND) Ek het gedink dit gaan … lekker wees. Ek wou so graag groot wees, liefgekry word. Maar dit was niks lekker nie. Hy was rof met my. Baie rof. Daarom het dit geskeur. (PANIEKERIG) En Juffrou het gesê dit mag nie skeur nie,

15. MARNUS: Ai, Lindie. G’n wonder jy is in so ‘n toestand nie.

30

Page 31: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. LINDIE: Ek was so bang, Boetie. (POUSE) Toe lag hy. En hy sê ek sal niemand kan vertel nie want almal by die klub het vanaand my klere en gesig gesien. As klein dogtertjies met vuur speel, brand hulle hul hande.

2. MARNUS: Die klub? Ek dog kinders word nie daar toegelaat nie

3. LINDIE: Dis waarom ek so sexy aangetrek het. As ek so aantrek, lyk ek baie ouer. (POUSE) Oupa was reg oor die klere en oor my gesig en … en die kondoom. Ek moes dit vir Oupa gegee het toe hy dit wou vat. (POUSE)Almal sal sê dit was my eie skuld. Ek kan niemand vertel nie. (WANHOPIG) Wat gaan ek doen, Boetie? (SY HUIL.)

4. MARNUS: Toemaar, toemaar. Moenie so huil nie.

5. LINDIE: (STOTTEREND) Hy't my buite afgelaai. Toe sê ek ek wil hom nooit weer sien nie. Toe vra hy of ek dan gedink het hy gaan terugkom. Toe lag hy weer en ry weg.

6. MARNUS: Die vark!

7. LINDIE: Ek het … vuil gevoel, Boetie, so vuil. (FLUISTER HARD) Dit was so … scary, daar alleen in die donker nag. Dis waarom ek vergeet het om die hek toe te maak. En nou is ek nog banger as daarbuite. Sê nou …sê nou Pa gaan dood, en sê nou ek kry …

8. MARNUS: (VINNIG) Pa sal nie doodgaan nie, Lindie. En jy sal nie siek word nie! En jy is nie alleen nie. Ek is darem nog hier.

9. LINDIE: Jy kan my nie help nie, Boetie. Niemand kan my help nie. Ek is alleen. (POUSE. DAN SAG) Maar ek sal cope. Hoor jy my?(HARDER) Ek het niemand nodig nie. (NOG HARDER) Ek sal self cope !'N PAAR SAGTE EGGO'S VAN "COPE'. DAN STILTE.

OUPA, STEEDS IN SY DAGKLERE, KOM STADIG VAN DIE BINNEDEUR AF NADER. STEEK BY HAAR VAS.

10. OUPA: (SAG) Jy is nie alleen nie, Dogter. Ek is hier.

11. LINDIE: KYK VERWONDERD OP. (FLUISTER) Oupa?

12. OUPA: Jy kan nie self cope nie, Lindietjie. Niemand kan self cope nie. Nie in hierdie deurmekaar wêreld nie. Ons het mekaar nodig.

31

Page 32: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. LINDIE: Humpty Dumpty het geval, Oupa. Sy lê stukkend. Flenters.

2. OUPA: Ons is hier om die stukke op te tel, my kind. Almal van ons.

3. LINDIE: Optel, ja, maar ek bly steeds stukkend – soos Humpty Dumpty.

4. OUPA: Net Een kan jou weer heel maak, Dogter, en dit is die Groot Geneesheer – Hy wat self onder versoekings gely het, smarte verduur het en die dood oorwin het.

5. LINDIE: (STAMELEND) Jesus sal nie help nie, Oupa. Ek ... ek het Hom eenkant toe geskuif. Lankal al. (POUSE) Ek het ophou bid toe my gebede dat Pa en Ma moet vrede maak, nie verhoor is nie.

6. OUPA: Ons maak almal foute, Lindietjie. Maar foute kan reggemaak word. Sê vir die Goeie Vader dankie vir vanaand se twee rowers. Hulle het jou pa en ma laat besef dat hulle nie sonder mekaar kan of wil lewe nie. Nadat julle daar uit is, het hulle vrede gemaak. Hulle is lief vir mekaar, my kind. Alles sal nou regkom.

7. LINDIE: (HOOPVOL) Regtig, Oupa?

8. OUPA: Het jou oupa al ooit vir jou gejok?

9. LINDIE: Nee. (STAMELEND) Maar Oupa, ek ... ek het vir Oupa gejok. En Oupa en Ouma was reg oor oor my rok... en ... en die kondoom...en Jimmy...

10. OUPA: Ek weet, my kind. Ek het vanmiddag al geweet. Ek het netnou ook gehoor wat jy en Marnus gepraat het. Ek het alles gehoor.

11. LINDIE: Kan Oupa my vergewe?

12. OUPA: (TEER) Kom hier, Dogter. Kom, dat jou oupa jou kan vashou.

SY KOM NA HAAR OUPA TOE. STEEK VOOR HOM VAS.

13. LINDIE: (VERWONDERD) Is Oupa nie kwaad nie?

14. OUPA: Hartseer, ja. Maar kyk in my oë.

HY SIT SY HAND ONDER HAAR KEN EN LIG HAAR KOP OP SODAT SY IN SY OË KAN KYK

Lyk ek vir jou kwaad? (POUSE)

32

Page 33: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

1. LINDIE: Oupa se oë? Oupa se alles-weet oë? (OORGANG)(VERWONDERD. ONTROERD) Marnus was reg. Dis sagte oë… Jesus-oë… liefhê oë (POUSE)

SY BEWEEG NADER. (ONTROERD) O, Oupa…hou my vas, hou my tog net styf …. styf vas.

OUPA VOU HAAR IN SY ARMS TOE. SY DRUK HAAR KOP TEEN SY BORS EN HULLE BLY NET SO STAAN.

EINDE

Moontlike besprekingstemas vir ‘n gemeentekonferensie/ ...

33

Page 34: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

TEMAS VIR MOONTLIKE BESPREKING IN KLEINGROEPEOF DALK VIR ‘N GEMEENTEKONFERENSIE

(nadat die drama gesien, of gehoor of gelees is)

1. Grootouers as primêre opvoeders: In baie gesinne pas oupas en oumas deesdae die kinders op, terwyl pa en ma moet spartel om die pot aan die kook te hou.1.1 Grootouers se opvoedings- en dissiplineringsmetodes verskil dikwels van die van

die ouers. ♦ Wie se reëls moet geld indien daar sulke verskille bestaan? ♦ Hoe hanteer julle so ‘n situasie in julle familie?

1.2 Hoe hanteer julle generasiegapings in die familie? (Indien dit wel by julle bestaan? Baie moderne oupas en oumas is heel byderwets!)

2. Omgekeerde rolle: In ons tyd is die vrou deesdae dikwels die broodwinner of het sy ‘n hoër pos en kry sy meer geld as die man. Dit krap dinge soms deurmekaar. ♦ Soos Gert, voel sommige mans dikwels “ontman” as hulle nie meer die leier, broodwinner en gesagsfiguur in die huis is nie. • Sommige raak aggressief daaroor en dwing hulle wil met geweld op die gesin af (gesinsgeweld); • ander aanvaar dit gelate, onttrek hulle aan vrou en kinders en word die afwesige pa (gesinsverwaarlosing); • ander gaan soek groener weivelde waar hy dink dat hy na waarde geskat word (ontrouheid). ♦ Het jy raad oor hoe om so ‘n situasie van omgekeerde rolle te hanteer sodat man en vrou ten minste gelyke vennote binne die gesin kan wees en kinders respek vir albei sal behou. ♦ Oupa Gert se standpunt is: “Daar moet ‘n hoof in ‘n huis wees wie se woord wet

is. Die Woord sê die hoof van die huis is die man. Maar die mannetjies van vandag met hulle ‘ekskuus dat ek leef’-houding maak dit onmoontlik vir vrou of kinders om hulle te respekteer.” Wat is jou standpunt daaroor?

3. Seksvoorligting: (Dit sal interessant wees om ook te hoor wat tieners

hieroor te sê het.) ♦ Wie se taak is dit om seksvoorligting aan die kinders te gee?

Die ouers (wat dikwels te verleë is om daaroor te praat. Waarom?)Die skool (wat dit objektief, vanuit menseregteperspektief, reguit en eksplisiet aanbied)?Die kerk (wat bitter min aandag daaraan gee. Waarom?)Hoe kan skool, kerk en ouers hande vat en so sorg vir gebalanseerde seksvoorligting vir hulle kinders?

♦ Die ABC van “Aids” bestaan uit die volgende: A = Abstain (weerhou jou van seks);

B = Be faithful (hou by een seksmaat en bly getrou aan mekaar);

34

Page 35: RSGbybeldramas.co.za/aflaai/Verhoogdramas/EK_SAL_SELF_COPE.… · Web viewDis net tralies en elektriese drade en ysterhekke en kameras waar jy kyk. Dit wys mos dis hier gevaarliker

C = Condoms (gebruik kondome as jy wel seks het).Miljoene kondome word jaarliks (ook aan skoolkinders) uitgedeel.Wat is jou standpunt daaroor?

♦ Aborsie: In Suid-Afrika het jong hoërskooldogters deesdae die reg om sonder die

toestemming van hulle ouers ‘n aborsie te ondergaan.Watter implikasies en probleme hou dit in? Watter oplossings is daar vir al bogenoemde probleme rondom seksopvoeding?

4. Berading: ♦ Baie mense weier botweg om berading te ondergaan as hulle huwelike of gesinne

in stormwaters beland.• Waarom? (Is daar bv. geldige besware waaraan beraders aandag moet gee?) • Redes waarom berading in sommige gevalle noodsaaklik is, bv. traumaberading. • Hoe kan jy ‘n onwillige lid van die gesin sover kry om wel saam met die res vir berading te gaan?• Watter tipe berading en hulp is in julle omgewing vir watter verskillende tipes probleme beskikbaar?

5. Godsbegrip: Dis ‘n bekende feit dat jong kinders se godsbegrip gevorm word deur die eienskappe van die rolmodelle in hulle lewens. Omdat hulle konkreet dink, kan hulle bv. net verstaan wat die liefde, trou, vergifnis, genade, ens. van God behels as hulle dit in die lewens van hulle geliefdes weerspieël sien. • Hoe weerspieël JOU lewe die eienskappe van God?• Hoe kan ons God se verteenwoordigers op aarde wees wat Hom sigbaar en tasbaar maak in ‘n verwarde wêreld vol ellende?

35