· web viewdit veroorsaak dat die deurvloei van die baan belemmer word en al die voertuie agter...

3
1 DIE KETTIE GAZETTE UITGAWE # 5 (2) 8 Mei 2015 Uit die Hoof se pen……. 2015-05-08 Geagte Ouer / Voog Met verwysing na vorige skrywes in die verband, bevestig ons dat daar vanaf Maandag 11 Mei pogings aangewend sal word om ons verkeersvloei in Emdon-weg meer vloeiend te maak. Daar is ‘n baie groot opeenhoping van verkeer in veral die oggende by ons skool en dit gaan uiteraard gepaard met baie frustrasie. Soos aan u bekend is daar in die oggende twee “bane” wat gebruik word om leerlinge af te laai. Die uitdaging ontstaan wanneer ouers soms in die baan naaste aan die skool, in die afgemerkte parkeerruimte parkeer om leerlinge af te laai. Dit veroorsaak dat die deurvloei van die baan belemmer word en al die voertuie agter die motor dan regs moet gaan om te kan aanbeweeg. Vanaf Maandag, 11 Mei, sal daar ‘n versperring geplaas word tussen die eerste en tweede baan sodat voertuie slegs agter mekaar kan deurbeweeg. Hierdie versperring sal van toepassing wees tot aan die boonste punt, reg teenoor die hoofingang van die skool. Indien daar ouers is wat vir een of ander rede moet parkeer, kan u aan die regterkant, ( Netbalbane se kant ) parkeer. Die leerlinge wat so afgelaai word, maak dan gebruik van die voetoorgang om oor die straat te loop na die skool toe. Daar sal personeel aan diens wees om hulp te verleen, indien nodig. Hierdie is ‘n proefneming wat ons hoop die gewensde uitwerking sal teweegbring. Ons vra dat elke ouer ons asseblief hierin sal ondersteun en dat ons positief sal saamwerk om die uitdaging aan te spreek. Hierdie reëling geld slegs vir die oggend verkeer. In die middae nadat die skool gesluit het vir die dag, sal daar geen versperrings wees nie. Wat ons wintersport betref sê ons weer baie geluk aan elke seun en dogter wat deel is van ons rugby- en netbalspanne. Heelwat wedstryde het reeds plaasgevind en ons is opgewonde oor die uitslae van ons spanne. Welliswaar is daar nog intense oefeninge nodig maar ons glo dat die einde van die seisoen heelwat verrassings gaan oplewer. Die rugbywedstryde teen Laerskool Krugersdorp Noord op 2 Junie is afgestel.

Upload: others

Post on 30-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1:   · Web viewDit veroorsaak dat die deurvloei van die baan belemmer word en al die voertuie agter die motor dan regs moet gaan om te kan aanbeweeg. Vanaf Maandag, 11 Mei, sal daar

1

DIE KETTIE GAZETTE

UITGAWE # 5 (2) 8 Mei 2015

UIT DIE HOOF SE PENUit die Hoof se pen…….

2015-05-08

Geagte Ouer / Voog

Met verwysing na vorige skrywes in die verband, bevestig ons dat daar vanaf Maandag 11 Mei pogings aangewend sal word om ons verkeersvloei in Emdon-weg meer vloeiend te maak. Daar is ‘n baie groot opeenhoping van verkeer in veral die oggende by ons skool en dit gaan uiteraard gepaard met baie frustrasie. Soos aan u bekend is daar in die oggende twee “bane” wat gebruik word om leerlinge af te laai. Die uitdaging ontstaan wanneer ouers soms in die baan naaste aan die skool, in die afgemerkte parkeerruimte parkeer om leerlinge af te laai. Dit veroorsaak dat die deurvloei van die baan belemmer word en al die voertuie agter die motor dan regs moet gaan om te kan aanbeweeg. Vanaf Maandag, 11 Mei, sal daar ‘n versperring geplaas word tussen die eerste en tweede baan sodat voertuie slegs agter mekaar kan deurbeweeg. Hierdie versperring sal van toepassing wees tot aan die boonste punt, reg teenoor die hoofingang van die skool. Indien daar ouers is wat vir een of ander rede moet parkeer, kan u aan die regterkant, ( Netbalbane se kant ) parkeer. Die leerlinge wat so afgelaai word, maak dan gebruik van die voetoorgang om oor die straat te loop na die skool toe. Daar sal personeel aan diens wees om hulp te verleen, indien nodig. Hierdie is ‘n proefneming wat ons hoop die gewensde uitwerking sal teweegbring. Ons vra dat elke ouer ons asseblief hierin sal ondersteun en dat ons positief sal saamwerk om die uitdaging aan te spreek. Hierdie reëling geld slegs vir die oggend verkeer. In die middae nadat die skool gesluit het vir die dag, sal daar geen versperrings wees nie.

Wat ons wintersport betref sê ons weer baie geluk aan elke seun en dogter wat deel is van ons rugby- en netbalspanne. Heelwat wedstryde het reeds plaasgevind en ons is opgewonde oor die uitslae van ons spanne. Welliswaar is daar nog intense oefeninge nodig maar ons glo dat die einde van die seisoen heelwat verrassings gaan oplewer. Die rugbywedstryde teen Laerskool Krugersdorp Noord op 2 Junie is afgestel. Krugersdorp Noord het Donderdag onttrek van die wedstryde en gevolglik ontvang Kenmare die ligapunte. Ons vra verskoning vir hierdie verandering op ons ligabepalings.

Ons Welpies en Mini-Netbal presteer ook puik en dit is duidelik dat die grondslag baie deeglik gelê word deur die onderskeie afrigters. Baie geluk met mooi uitslae na die afgelope wedstryde by Laerskool Helderkruin en Hekpoort.

U word weer herinner aan ons skool se jaarlikse Gholfdag wat DV plaasvind op Donderdag 4 Junie te Krugersdorp Gholfbaan. Indien u sou belangstel om deel te neem moet u asseblief met mev Charmaine Schutte ( 078 526 2926 ) in verbinding tree om u deelname te bespreek.

Die nuwe meerdoelige saal nader nou baie vining voltooing en groot afwagting heers onder ons personeel en leerlinge om die fassiliteit in gebruik te neem. Ons is tans in die proses om die onthaallokaal op die B-veld sowel as die meerdoelige saal, elk ‘n naam te gee. Indien u enige voorstelle het sal ons graag daarvan wil hoor.

Page 2:   · Web viewDit veroorsaak dat die deurvloei van die baan belemmer word en al die voertuie agter die motor dan regs moet gaan om te kan aanbeweeg. Vanaf Maandag, 11 Mei, sal daar

Ons jaarlikse opedag vind plaas op Saterdag 9 Mei. Ons is baie trots op die geleenthede en blootstelling wat ons enige voornemende graad 1-leerling sowel as sy/haar ouers kan bied en is opgewonde om dit met voornemende ouers te kan deel. Sou u kennis dra van potensiële inskrywings, sal ons dit hoog op prys stel indien u bogenoemde inligting sal oordra. Dankie ook vir die talle kere waar u as ouers vir ons skool bemarking doen deur informele gesprekke.

Aan al die moeders van ons skool wens ons graag toe ‘n baie geseënde en ontspanne Moedersdag op Sondag 10 Mei. Ons spreek die hoop uit dat u heerlik bederf sal word deur u gesinslede.

Vriendelike groete

Wouter Immelman I am not a product of my circumstances. I am a product of my decisions.– Stephen Covey

2

LEERDERS WAT NA SKOOL RONDDWAAL

LEERDERS WAT NA SKOOL RONDDWAAL EN NIE BY ‘N NASKOOLSENTRUM INGESKRYF IS NIE IS ONTOELAATBAAR WANT HIERDIE LEERDERS HET NIE TOESIG NIE EN DIE SKOOL KAN NIE VERANTWOORDELIKHEID NEEM VIR HUL NA SKOOLURE NIE, U SAMEWERKING IN HIERDIE VERBAND SAL HOOG OPRYS GESTEL WORD.

PARKERINGOns versoek asb vriendelik dat ouers NIE van die personeel se parkering agter die Admin blokke gebruik maak NIE.

PHOTO

ONDERRIGGELDEMet hierdie skrywe wil ons baie dankie sê aan ons staatmaker-ouers, wat die skoolgelde so gereeld betaal. U maak dit vir ons moontlik om ons vele verpligtinge n ate kom. Nogmaals baie

dankie!Daar is egter enkele ouers wat nog nie betaal het nie, ons vra u

samewerking ook in hierdie verband. Kontak mev Magda Senekal by die Kantoor indien u problem ondervind met betaling van

skoolgelde.te betaal.

In terme van Afdeling 39 van die SASA is ouers aanspreeklik om verpligte skoolgelde te betaal.

Bankbesonderhede:ABSA – KRUGERSDORP; TJEKREK.NO. 01099240152;

TAKKODE: 632 005; Naam: LAERSKOOL KENMARE, meld asseblief die verwysingsnommer: ( bv 3CRON04)

Dit is baie belangrik sodat die gelde na die regte rekening geallokeer kan word. Faks asb. bewys van betaling na 011-955-1075 of e-pos na [email protected] of [email protected] Dankie dat ons hier

ook op u samewerking kan staatmaak.

Page 3:   · Web viewDit veroorsaak dat die deurvloei van die baan belemmer word en al die voertuie agter die motor dan regs moet gaan om te kan aanbeweeg. Vanaf Maandag, 11 Mei, sal daar

3

ADVERTEER IN DIE

KETTIE GAZETTE:

¼ BLAD = R150½ BLAD = R300

VOL BLAD = R600PAMFLET VERSPREIDING = R250

(u voorsien pamflette)

D6 = R100 VIR 4 WEKE

BANK BESONDERHEDE:

LAERSKOOL KENMAREABSA

REK NR 1099 2401 52KEY WEST TAK

E-POS BEWYS VAN BETALING EN ELEKTRONIESE ADVERTENSIE NA

[email protected]

LEERDERS WAT NA SKOOL RONDDWAAL

LEERDERS WAT NA SKOOL RONDDWAAL EN NIE BY ‘N NASKOOLSENTRUM INGESKRYF IS NIE IS ONTOELAATBAAR WANT HIERDIE LEERDERS HET NIE TOESIG NIE EN DIE SKOOL KAN NIE VERANTWOORDELIKHEID NEEM VIR HUL NA SKOOLURE NIE, U SAMEWERKING IN HIERDIE VERBAND SAL HOOG OPRYS GESTEL WORD.

PARKERINGOns versoek asb vriendelik dat ouers NIE van die personeel se parkering agter die Admin blokke gebruik maak NIE.